×
Malawi

Malawi (Engels: [məˈlɔːwi], [məˈlɑːwi] of [ˈmæləwi]; Chichewa: Malaŵi, [maláβi] of [maláwi]), amptelik die Republiek Malawi (Engels: Republic of Malawi; Chichewa: Dziko la Malaŵi), voorheen bekend as Njassaland, is ’n republiek in Suidoos-Afrika wat heeltemal deur land omring word. Teen 118 484 km² is dit een van die kleinste lande in Afrika, maar dit het ’n verskeidenheid landskappe en ’n wildlewe wat sy belangrikheid as toeristebestemming verhoog. Sowat ’n vyfde van sy oppervlakte word deur die Malawimeer beslaan; dit is die derde grootste meer in Afrika en die tiende grootste ter wêreld.

Republiek Malawi
Vlag Wapen
Nasionale leuse: Unity and Freedom
(Engels vir: "Eenheid en Vryheid")
Volkslied: Mulungu dalitsa Malaŵi
(Chichewa vir: "O God seën ons land Malawi")
Hoofstad Lilongwe

13°57′S33°42′O /13.950°S 33.700°O /-13.950; 33.700

Grootste stad Lilongwe
Amptelike tale EngelsChichewa (omgangstaal)
Regering

President
• Adjunkpresident
Unitêre presidensiële
grondwetlike republiek
Lazarus Chakwera
Saulos Chilima
Onafhanklikheid
• van die Verenigde Koninkryk
• Republiek
• Huidige grondwet

6 Julie 1964
6 Julie 1966
18 Mei 1994
Oppervlakte
- Totaal

- Water (%)

118 484 km2 (98ste)
45 747 myl2
20,6
Bevolking
- 2020-skatting
- 2018-sensus
- Digtheid

19 129 952 (62ste)
17 563 749
153,1 / km2 (56ste)
396,5 / myl2
BBP (KKP)
- Totaal
- Per capita
2019-skatting

$25,167 miljard
$1 240

BBP (nominaal)
- Totaal
- Per capita
2019-skatting

$7,522 miljard
$371

MOI (2018) 0,485 (172ste) –laag
Gini (2016) 44,7medium
Geldeenheid Kwacha (D) (MWK)
Tydsone
- Somertyd
SAT (UTC+2)
nie toegepas nie (UTC+2)
Internet-TLD .mw
Skakelkode +265
Nasa-Satellietbeeld van Malawi
’n Kaart van Malawi

Malawi grens aan Zambië in die noordweste, Tanzanië in die noordooste en Mosambiek in die suide, suidooste en suidweste. Dit het ’n geraamde bevolking van 18 091 575 (2016). Sy hoofstad is Lilongwe, wat ook die grootste stad is, en die tweede grootste is Blantyre. Die naam kom uit die Maravi-taal. Die land is ook algemeen bekend as die "Warm Hart van Afrika".

Migrerende Bantoevolke het die gebied omstreeks die 10de eeu betrek. In die laat 15de eeu is die Maravi-ryk gestig. Die Maravi's het later bekend gestaan as die Chewa – ’n etniese groep wat vandag steeds die meerderheidsbevolking in die land is.

In die 19de eeu het Skotse sendelinge, onder wie David Livingstone, in Malawi aangekom. Hulle was die eerste Europeërs wat die lang en moeilike tog deur die vasteland van Afrika in 1859 voltooi het. In 1891 het Brittanje die gebied gekoloniseer en in 1953 het Njassaland, ’n Britse protektoraat, ’n protektoraat binne die semi-onafhanklike Federasie van Rhodesië en Njassaland geword. Die federasie is in 1963 ontbind en in 1964 is die protektoraat oor Njassaland opgehef. Die land het onder koningin Elizabeth II onafhanklik geword en die naam is na Malawi verander. Twee jaar later het dit ’n republiek geword.

Ná Malawi se onafhanklikwording het dit ’n eenpartystaat geword met Hastings Banda as president. Hy was die lewenslange staatshoof tot in 1994, toe sy lewenslange presidentskap beëindig is nadat hy die land se eerste demokratiese verkiesing verloor het. Lazarus Chakwera is die huidige president en Malawi is nou ’n demokratiese veelpartystaat. Dit het ’n klein militêre weermag met ’n leër, vloot en lugmagvleuel. Die buitelandse beleid is pro-Westers en sluit positiewe diplomatieke betrekkinge met die meeste lande in, asook deelname aan verskeie internasionale organisasies soos die Verenigde Nasies, Britse Statebond en Suider-Afrikaanse Ontwikkelingsgemeenskap.

Malawi is een van die wêreld se swaksontwikkelde lande. Die ekonomie is afhanklik van landbou en daar is ’n groot plattelandse bevolking. Die regering leun swaar op buitelandse hulp vir ontwikkeling, hoewel dié behoefte (en die hulpaanbiedinge) sedert 2000 afneem. Sedert 2005 skenk die land aandag aan die uitbreiding van die ekonomie, die verbetering van opvoeding en gesondheidsdienste, omgewingsbewaring en om finansieel onafhanklik te word.

Die lewensverwagting in die land is laag en die babasterftesyfer hoog. MIV/vigs kom algemeen voor en dit stel groot eise aan die werkmag en die regering se uitgawes. Hoewel streekskonflik voorheen van tyd tot tyd voorgekom het, is daar sedert omstreeks 2008 ’n groeiende gevoel van ’n Malawi-nasionaliteit.

Inhoud

Die gebied in Afrika wat nou as Malawi bekend is, het ’n klein bevolking van jagters gehad voordat Bantoevolke omstreeks die 10de eeu uit die noorde daarheen getrek het. Sommige het suidwaarts aanbeweeg, maar ander het permanent gebly en groepe gestig wat op etnisiteit geskoei was. Teen 1500 n.C. is die Koninkryk Maravi gestig wat gestrek het van wat nou Nkhotakota in die noorde is tot by die Zambezirivier, en van die Malawimeer tot by die Luangwarivier in die huidige Zambië.

Kort ná 1600, toe feitlik die hele gebied onder een heerser verenig was, het plaaslike stamme Portugese handelaars en militêre teengekom en met hulle begin handel dryf en bondgenootskappe sluit. Teen 1700 het die gebied verbrokkel in klein streke wat deur individuele etniese groepe beheer is.

Die sendeling en ontdekkingsreisiger David Livingstone het die Malawimeer in 1859 bereik en die Shirehoogland suid daarvan geïdentifiseer as geskik vir die vestiging van Europeërs. Verskeie Anglikaanse en Presbiteriaanse sendelingsposte is in die 1860's en 1870's begin, die African Lakes Company Limited is in 1878 gestig om ’n handels- en vervoerpos daar te stel wat nou met die sendelinge moes saamwerk, en ’n klein sending- en handelsnedersetting is in 1876 naby die huidige Blantyre gestig. In 1883 het ’n Britse konsul in die gebied kom woon. Die Portugese regering was ook in die streek geïnteresseer en om te voorkom dat dié land dit beset, is Harry Johnston as Britse konsul daarheen gestuur met die opdrag om bondgenootskappe met plaaslike heersers buite Portugese jurisdiksie te sluit.

’n Seël van Njassaland (toe bekend as Brits-Sentraal-Afrika) wat in 1897 deur Brittanje uitgereik is

In 1889 is ’n Britse protektoraat oor die Shirehoogland verklaar – en dit is in 1891 uitgebrei om die hele moderne Malawi in te sluit – as die Britse Sentraal-Afrikaanse Protektoraat. In 1907 is die protektoraat hernoem tot Njassaland.

In 1944 is die Nyasaland African Congress (NAC) deur inwoners gestig om plaaslike belange onder die aandag van die Britse regering te bring. In 1953 het Brittanje Njassaland om hoofsaaklik politieke redes met Noord- en Suid-Rhodesië verenig onder die naam Federasie van Rhodesië en Njassaland, ook bekend as die Sentraal-Afrikaanse Federasie (SAF). Hoewel die federasie semi-onafhanklik was, het dit teenstand van Afrika-nasionaliste ontlok en die NAC se gewildheid het toegeneem. ’n Invloedryke teenstander van die SAF was dr. Hastings Banda, ’n dokter wat in Europa opgelei is en in Ghana gewerk het. Hy is oorreed om in 1958 na Njassaland terug te keer en te help in die nasionalistiese saak. Hy is as president van die NAC gekies en het nasionalistiese sentiment help bevorder totdat die koloniale owerhede hom in 1959 tronk toe gestuur het. Hy is in 1960 vrygelaat en gevra om ’n nuwe grondwet vir Njassaland te help opstel met ’n klousule wat aan Afrikane die meerderheid in die kolonie se wetgewende raad gee.

Malawi se eerste premier en later lewenslange president, dr. Hastings Banda (links), en Tanzanië se pres. Julius Nyerere

In 1961 het Banda se Malawi Congress Party (MCP) ’n meerderheid in die verkiesing vir die wetgewende raad behaal en hy het in 1963 premier geword. Die federasie is in 1963 ontbind en op 6 Julie 1964 het Njassaland as Malawi onafhanklik geword. Die land het ’n republiek geword met Banda as eerste president. Volgens die nuwe grondwet was dit ’n eenpartystaat, met die MCP as enigste wettige party. In 1971 is Banda tot lewenslange president verklaar. Hy het byna 30 jaar lank deur middel van ’n uiters outoritêre bewind regeer. Dit het gewapende opstand voorkom, maar opposisiepartye soos die Malawi-vryheidsbeweging en Sosialistiese Bond van Malawi is buite die land gestig.

Ondanks dié ongunstige politieke toestande is Malawi se ekonomie dikwels gebruik as voorbeeld van hoe ’n arm, landomringde, digbevolkte land met min minerale sukses in beide landbou en nywerheidsontwikkeling kan behaal. Terwyl hy president was, het Banda sy beheer oor die land gebruik om ’n sakeryk op te bou wat eindelik ’n derde van die land se BBP geproduseer het en werk verskaf het aan 10% van die werkmag wat ’n loon verdien. Al die geld wat Banda gemaak het, is in die ontwikkeling van Malawi gestort en is gesimboliseer deur die bou van ’n topskool, die Kamuzu-akademie.

Onder druk vir meer politieke vryheid het Banda ingestem tot ’n demokratiese referendum in 1993, waar die bevolking vir ’n veelpartydemokrasie gestem het. Laat in 1993 is ’n presidensiële raad gestig, sy lewenslange presidentskap is afgeskaf en ’n nuwe grondwet is opgestel wat die MCP se bewind prakties beëindig het. In 1994 is Banda in die land se eerste demokratiese verkiesing deur Bakili Muluzi verslaan. Muluzi is in 1998 herkies en was tot in 2004 president, toe dr. Bingu wa Mutharika verkies is.

Mutharika is in Mei 2009 herkies, ondanks aantygings van verkiesingsbedrog deur sy teenstander. Hy is deur sommige beskou as toenemend outokraties en minagtend teenoor menseregte, en in Julie 2011 het onrus uitgebreek oor onder meer die hoë lewenskoste en swak regering. Agttien mense is dood en nog minstens 44 het skietwonde gehad. In April 2012 is Mutharika aan ’n hartaanval dood en die visepresident, Joyce Banda, het die amp daarna beklee.

In 2014 het Joyce Banda die verkiesing verloor teen Peter Mutharika, broer van die derde verkose president.

Peter Mutharika, voormalige president van Malawi
Parlementsgebou in Lilongwe

Malawi is ’n demokratiese veelpartystaat met Lazarus Chakwera as president. Hy het die vorige president, Peter Mutharika, in 2020 verslaan. Die huidige grondwet is op 18 Mei 1995 aanvaar. Die takke van die regering bestaan uit die uitvoerende, wetgewende en geregtelike gesag. Die president is beide staats- en regeringshoof; daar is ook twee visepresidente en ’n kabinet. Die president word elke vyf jaar verkies en hy kies die visepresident. Hy mag ’n tweede visepresident aanstel as hy wil, maar hulle moet van verskillende politieke partye wees. Hy stel ook die kabinet saam.

Die wetgewende gesag bestaan uit ’n eenkamer-volksvergadering met 193 lede wat elke vyf jaar verkies word. Hoewel die grondwet voorsiening maak vir ’n senaat met 80 setels, bestaan daar nie in die praktyk een nie. As dit geskep word, sal die senaat verteenwoordiging verskaf aan tradisionele leiers en ’n verskeidenheid geografiese distrikte, asook belangegroepe soos gestremdes, vroue en die jeug. Daar is tans nege politieke partye; die Demokraties-Progressiewe Party (DPP) is die regerende party en die hoofopposisie in die volksvergadering is die Malawi-kongresparty (MKP) en die Verenigde Demokratiese Front (VDF). Mense van 18 jaar en ouer mag stem.

Die onafhanklike geregtelike gesag is geskoei op die Britse model en bestaan uit ’n appèlhof, ’n hooggeregshof met drie afdelings (algemeen, grondwetlik en kommersieel), ’n nywerheidshof en magistraatshowe. Die regstelsel is sedert Malawi se onafhanklikwording in 1964 verskeie kere verander. Konvensionele en tradisionele howe is in verskeie kombinasies gebruik, met wisselende grade van sukses en korrupsie.

Malawi bestaan uit drie streke: die Noordelike, Sentrale en Suidelike Streek. Hulle word onderverdeel in 28 distrikte en verder in sowat 250 tradisionele owerhede en 110 administratiewe wyke. Plaaslike owerhede se streeksadministrateurs en distrikskommissarisse word deur die sentrale regering aangestel. Die eerste plaaslike verkiesings sedert die staat ’n veelpartystelsel het, is op 21 November 2000 gehou; die VDF het 70% van die setels gewen.

In Februarie 2005 het die destydse president Bingu wa Mutharika weggebreek van die VDF en sy eie party, die DPP, gestig. Dit het amptenare wat vir hervorming was, van ander partye weggelok en in 2006 verkiesings regdeur die land gewen. In 2008 het die president hervormings ingestel om die land se groot korrupsieprobleem hok te slaan – minstens vyf senior VDF-lede is van misdaad aangekla.

Malawi se mees onlangse verkiesing is in Mei 2020 gehou toe Lazarus Chakwera president Peter Mutharika verslaan het.

Administratiewe afdelings

Die distrikte van Malawi

Malawi word in drie streke met 28 distrikte verdeel:

Sentrale Streek


  • 1. Dedza
  • 2. Dowa
  • 3. Kasungu
  • 4. Lilongwe
  • 5. Mchinji
  • 6. Nkhotakhota
  • 7. Ntcheu
  • 8. Ntchisi
  • 9. Salima

Noordelike Streek


  • 10. Chitipa
  • 11. Karonga
  • 12. Likoma
  • 13. Mzimba
  • 14. Nkhata Bay
  • 15. Rumphi

Suidelike Streek


  • 16. Balaka
  • 17. Blantyre
  • 18. Chikwawa
  • 19. Chiradzulu
  • 20. Machinga
  • 21. Mangochi
  • 22. Mulanje
  • 23. Mwanza
  • 24. Nsanje
  • 25. Thyolo
  • 26. Phalombe
  • 27. Zomba
  • 28. Neno

Buitelandse betrekkinge

Plekke oor die wêreld heen waar Malawi in 2012 ambassadeurs of hoëkommissarisse gehad het

Die voormalige president Hastings Banda het reeds ’n pro-Westerse buitelandse beleid begin. Dit het diplomatieke betrekkinge met baie Westerse lande ingesluit. Die oorgang van ’n een- tot ’n veelpartystelsel het gelei tot sterker bannde met Amerika. Aansienlike getalle studente van Malawi het opleiding in Amerika ondergaan en verskeie Amerikaanse staatsliggame het takke in Malawi. Malawi het ook regdeur die apartheidsjare goeie betrekkinge met Suid-Afrika gehad, wat stremming geplaas het op Malawi se bande met ander Afrika-lande. Ná die afskaffing van apartheid in 1994 het betrekkinge met Suid-Afrika voortgeduur en bande met ander Afrika-lande verbeter. In 2010 het Malawi se betrekkinge met Mosambiek agter versuur, veral weens meningsverskille oor die gebruik van die Zambezirivier en ’n gemeenskaplike elektriese netwerk.

Malawi het in 2007 diplomatieke bande met China aangeknoop en Chinese beleggings in die land het sedertdien bly toeneem, ondanks kommer oor die behandeling wat werkers van Chinese maatskappye ontvang, en die mededinging tussen Chinese en plaaslike besighede. In 2011 het betrekkinge met Brittanje verswak nadat ’n dokument uitgelek het waarin die Britse ambassadeur in Malawi president Mutharika kritiseer. Mutharika het die ambassadeur uit die land gesit en in Julie 2011 het Brittanje aangekondig dat hy alle begrotingshulp opskort omdat Mutharika nie gereageer het op kritiek op sy regering en ekonomiese wanbestuur nie. Op 26 Julie van dié jaar het Amerika dieselfde gedoen weens kommer oor die regering se onderdrukking en intimidasie van betogers en burgergroepe, sowel as beperkings op die pers en verhoogde polisiegeweld.

Malawi word sedert 1985 as ’n toevlugsoord vir vlugtelinge uit ander Afrika-lande beskou, veral Mosambiek en Rwanda. Dit plaas ’n stremming op Malawi se ekonomie, maar het ook aanbiedings van hulp uit ander lande tot gevolg gehad. Skenkers sluit in Amerika, Kanada, Duitsland, Ysland, Japan, Nederland, Noorweë, Swede, Ierland, Brittanje en Vlaandere in België, sowel as internasionale organisasies soos die Wêreldbank, Internasionale Monetêre Fonds (IMF), Europese Unie (EU), Afrika Ontwikkelingsbank en organisasies van die Verenigde Nasies (VN).

Malawi is lid van verskeie internasionale organisasies, onder meer die Britse Statebond, VN, Internasionale Monetêre Fonds, Wêreldbank, Afrika-unie en Wêreldgesondheidsorganisasie. Die land beskou ekonomiese en politieke standvastigheid in Suider-Afrika as noodsaaklik en staan vreedsame oplossings deur samesprekings voor.

Menseregte

Skoolkinders wat deur die Ontwikkelingsfonds van Noorweë befonds word tydens 'n optog op Internasionale Vrouedag, 2016

In die 2010's het internasionale waghonde menseregtekwessies op verskeie terreine waargeneem. Oormatige geweld deur die polisiemag word soms waargeneem, veiligheidsmagte se dade bly soms ongestraf, skaregeweld is gesien, en tronktoestande is steeds benard en soms selfs lewensgevaarlik. Die regering wend egter ’n poging aan om lede van die veiligheidsmagte te vervolg as oormatige geweld gebruik is.

Ander regskwessies sluit in beperkings op vryheid van spraak en ’n vrye pers, lang aanhoudings voor hofsake en lukrake inhegtenisnemings en aanhoudings. Gemeenskapskwessies wat kommer wek, is geweld teen vroue, mensehandel en kinderarbeid. Korrupsie in die regering word beskou as ’n groot probleem, ondanks die Malawi Anti-Corruption Bureau (ACB) se pogings om dit te verminder. Volgens berigte is die ACB suksesvol in opsporings en vervolgings wat laevlakkorrupsie betref, maar dit lyk of hoërvlakamptenaar se dade ongestraf bly. Korrupsie in die veiligheidsmagte is ook ’n kwessie. Malawi het ook ’n groot voorkoms van kinderhuwelike. In 2015 het die land die wettige ouderdom om te trou van 15 tot 18 verhoog. Ander kwessies wat geopper is, is die gebrek aan voldoende regsbeskerming vir vroue teen seksuele mishandeling en teistering, ’n hoë moedersterfesyfer en mishandeling wat verband hou met aantygings van heksery.

Homoseksualiteit is onwettig en in een geval in 2010 is twee mans wat van homoseksualiteit aangekla is, skuldig bevind en ’n lang tronkstraf opgelê: die maksimum straf van 14 jaar dwangarbeid. Hulle is twee weke later begenadig nadat die sekretaris-generaal van die Verenigde Nasies, Ban Ki-moon, tussenbeide getree het. Daar was intussen beloftes dat wette wat van homoseksualiteit ’n misdaad maak, herroep sou word, maar in Mei 2016 was die regering nog besig om die wette te hersien.

Die ligging van Malawi
Die Zomba-plato in die Zomba-distrik
Die strand by Cape Maclear naby Monkey Bay

Malawi is in Suidoos-Afrika. Dit word heeltemal deur land ingesluit en lê in die trope; van omtrent 9°30S in die noorde tot omtrent 17°S in die suide. Dit beslaan ’n dun strook tussen Zambië en Mosambiek wat al met die Shirerivier langs suidwaarts tot in Mosambiek strek. In die noorde en noordooste grens Malawi ook aan Tanzanië. Die land is per spoor aan die Mosambiekse hawens in Nacala en Beira verbind.

Die Groot Skeurvallei loop van noord na suid deur die land, en oos van die vallei is die Malawimeer (voorheen die Njassameer), wat sowat 20% van die land se oppervlakte beslaan en meer as driekwart van die land se oostelike grens uitmaak. Die meer word soms die Kalendermeer genoem omdat dit 365 myl (587 km) lank en 52 myl (84 km) breed is. Die Shire vloei in die suide uit die meer en sluit verder suid, in Mosambiek, by die Zambezi aan. Die oppervlak van die meer is 457 m bo seevlak, met ’n maksimumdiepte van 701 m; dit beteken die bodem is plek-plek meer as 200 m onder seevlak.

In die bergstreek van Malawi om die Groot Skeurvallei rys plato's gewoonlik tot sowat 1 200 m bo die seevlak, terwyl sommige in die noorde tot sowat 2 400 m hoog kan wees. Suid van die meer lê die Shirehoogland, wat sowat 914 m bo die seevlak is. In dié gebied troon die Zomba- en Mulanje-bergspitse onderskeidelik 2 134 en 3 048 m bo die seevlak uit.

Malawi se hoofstad is Lilongwe en die middelpunt van sy handel is Blantyre; albei het ’n bevolking van meer as ’n halfmiljoen. Malawi het twee terreine wat op Unesco se Wêrelderfenislys voorkom: die Malawimeer Nasionale Park (vanaf 1984) en Chongoni-rotskunsgebied (sedert 2006). Daar is vyf nasionale parke:

  • Malawimeer Nasionale Park
  • Kasungu Nasionale Park
  • Lengwe Nasionale Park
  • Liwonde Nasionale Park
  • Nyika Nasionale Park

Klimaat

Malawi se klimaat is warm in die laagliggende suide en gematig in die noordelike hoogland. Die hoogte tem wat andersins ’n ekwatoriale klimaat sou gewees het.

Tussen November en April is dit warm met ekwatoriale reëns en donderstorms. Ná die storms se hoogtepunt in Maart neem die reënval vinnig af en van Mei tot September vloei nat mis van die hoogland na die plato's, en feitlik geen reën kom dan voor nie.

’n Handwerkmark in Lilongwe
Gedroogde vis op Likoma-eiland

Malawi se ekonomie is op landbou gebaseer, en meer as ’n derde van die BBP en 90% van die uitvoerinkomste kom uit dié sektor. In die verlede is staatgemaak op aansienlike hulp van die Wêreldbank, die Internasionale Monetêre Fonds (IMF) en ander lande. In Maart 2011 was Malawi die 119de veiligste beleggingsbestemming in die wêreld.

In Desember 2000 het die IMF hulpvoorskotte aan Malawi gestaak weens kommer oor korrupsie, en baie individuele skenkers het dieselfde gedoen, met die gevolg dat daar ’n daling van byna 80% in die land se ontwikkelingsbegroting was. In 2005 het Malawi egter meer as $575 miljoen se hulp ontvang. Daar is heelwat struikelblokke in die regering se poging om ’n markekonomie te ontwikkel, omgewingsbewaring te bevorder, die vinnig groeiende MIV/vigsprobleem te hanteer, die opvoedingstelsel te verbeter en sy buitelandse skenkers te oortuig dat hy besig is om finansieel onafhanklik te word. Sedert 2005 was daar ’n verbetering in finansiële dissipline onder president Mutharika en die minister van finansies, Goodall Gondwe. Dit is egter in die wiele gery deur die koop van ’n presidensiële privaatstraler in 2009, wat feitlik onmiddellik gevolg is deur ’n landswye brandstoftekort. Logistieke probleme het amptelik die skuld gekry vir laasgenoemde, maar die rede was meer waarskynlik ’n geldtekort as gevolg van die koop van die vliegtuig. Die algehele skade aan die ekonomie (en gesondheidsorgstelsel) is onbekend.

Daar was ook ander terugslae en Malawi het ’n deel van sy vermoë verloor om vir invoergoedere te betaal weens ’n algemene tekort aan buitelandse valuta nadat beleggings in 2009 met 23% afgeneem het. Daar was baie probleme vir beleggers wat die regering nie opgelos het nie, insluitende hoë dienskoste en ’n swak infrastruktuur vir krag, water en telekommunikasie. In 2009 is geraam dat Malawi ’n BBP (koopkragpariteit) van $12,81 miljard het, met ’n per capita-BBP van $900, en inflasie was na raming sowat 8,5%.

Landbou sorg vir 35% van die BBP, nywerheid vir 19% en dienste vir die oorblywende 46%. Malawi se per capita-inkomste is van die laagste in die wêreld, hoewel ekonomiese groei in 2008 sowat 9,7% was. Die armoede word verbeter danksy die werk van die regering en steunorganisasies. Mense wat onder die broodlyn lewe, het afgeneem van 54% in 1990 tot 40% in 2006, en die persentasie "ultra-armes" het in dié tyd afgeneem van 24% tot 15%.

Baie ontleders glo ekonomiese vooruitgang in Malawi hang af van sy vermoë om bevolkingsgroei te stuit.

In Januarie 2015 is Suid-Malawi deur die ergste vloede in menseheugenis getref; minstens 20 000 mense is gestrand gelaat. Die vloede het meer as ’n miljoen mense landwyd geraak, meer as 100 mense is dood en ’n geraamde 64 000 hektaar landbougrond is weggespoel.

Landbou en nywerheid

Grondboontjies word geoes by ’n landbounavorsingstasie in Malawi
Vroue in die Salima-distrik, verkoop grondbone
Kinders woon 'n boerebyeenkoms in Nalifu-dorp, Mulanje, by

Die belangrikste landbouprodukte in Malawi sluit in tabak, suikerriet, katoen, tee, mielies, aartappels, sorghum, beeste en bokke. Die hoofnywerhede is die verbouing van tabak, tee en suiker, saagmeulprodukte, sement en verbruikersgoedere. Die groeikoers in nywerheidsvervaardiging is in 2009 op 10% geraam. Die land gebruik nie veel natuurlike gas nie. Elektrisiteit word nie in- of uitgevoer nie, maar alle petroleum word ingevoer.

Die land se afhanklikheid van tabak plaas ’n groot las op die ekonomie omdat pryse wêreldwyd afneem en die internasionale gemeenskap druk uitoefen om tabakvervaardiging te beperk. Malawi se afhanklikheid van tabak neem egter algaande toe. Saam met tee, suiker en koffie maak dit 90% uit van die land se uitvoerinkomste. As gevolg van die styging van produksiekoste en daling van tabakpryse moedig die regering boere aan om meer winsgewende gewasse te plant, onder meer speserye soos paprika. Mak dagga, of hennep (Engels: Indian hemp), is nog ’n moontlike alternatief, maar daar is al geredeneer dat dit misdaad in die land sal laat toeneem weens die ooreenkoms van dié gewas met variëteite van dagga (cannabis, wat as ’n dwelm gebruik word) en die probleme om tussen die twee tipes te onderskei. Dit is veral belangrik in die lig daarvan dat die groei van Malawi-dagga, ’n dwelm wat as Malawi Gold bekend is, aansienlik toeneem. Malawi is bekend daarvoor dat hy "die beste" dagga in die wêreld vervaardig, volgens ’n Wêreldbank-verslag, en die verbouing en verkoop van die gewas kan bydra tot korrupsie in die polisiemag.

Ander uitvoerprodukte is katoen, grondboontjies, houtprodukte en klere. Die hoofbestemmings van dié uitvoer is Suid-Afrika, Duitsland, Egipte, Zimbabwe, Amerika, Rusland en Nederland. Invoerprodukte sluit in kos, petroleumprodukte, verbruikersgoedere en vervoertoerusting. Die lande waaruit die grootste deel van die invoer kom, is Suid-Afrika, Indië, Zambië, Tanzanië, Amerika en China.

In 2006 het Malawi ná rampspoedige landbou-oeste ’n program begin om kunsmis te subsidieer en so die land se oeste te verbeter. Dit het goeie gevolge gehad en daartoe gelei dat Malawi kos na naburige lande begin uitvoer het.

Die M1-pad tussen Blantyre en Lilongwe

In 2012 het Malawi 31 lughawens gehad, waarvan sewe sementblaaie gehad het. In 2008 het die land spoorlyne van altesaam 797 km gehad en in 2003 paaie van 24 866 km, waarvan 6 956 km geteer was. Malawi het ook waterweë van 700 km op die Malawimeer en die Shirerivier.

In 2011 was daar 3,95 miljoen selfone en 173 500 landlyntelefone. Daar was 716 400 internetgebruikers in 2009 en sowat ’n dosyn radiostasies. Die een TV-stasie het aan die regering behoort.

Malawi se telekommunikasiestelsel is vroeër beskou as een van die swakstes in Afrika, maar toestande verbeter. In stedelike gebiede is landlynfone steeds baie meer toeganklik as op die platteland.

Malawi het ’n bevolking van meer as 15 miljoen en ’n bevolkingsgroei van 2,75%, volgens 2009-ramings. Die voorspelling is dat die bevolking in 2050 oor die 45 miljoen sal wees, byna drie keer soveel as die geraamde 16 miljoen van 2010.

Die bevolking bestaan uit die etniese groepe Chewa, Nyanja, Tumbuka, Yao, Lomwe, Sena, Tonga, Ngoni en Ngonde, sowel as Asiate en Europeërs. Die amptelike taal is Engels; ander belangrike tale sluit in Chichewa, wat deur meer as 57% van die bevolking gepraat word, Nyanja (12,8%), Yao (10,1%) en Tumbuka (9,5%). Verder word Lomwe, Kokola, Lambya, Ndali, Nyakyusa-Ngonde en Sena deur verskeie duisende mense elk gepraat.

Stede en dorpe

Yao-seuns van nege tot tien jaar oud neem deel aan besnydings- en inisiasierituele

Malawi is ’n oorwegend Christelike land met ’n aansienlike Moslem-minderheid, hoewel twyfel bestaan oor die presiese getalle. Beperkte data bestaan met weersprekende ramings van godsdienste affiliasie in die land. Volgens die Malawi-godsdiensprojek van die Universiteit van Pennsilvanië in 2010, is sowat 68% van die bevolking Christene, 25% Moslems en 5% van "ander" gelowe. Ouer data van die CIA uit 1998 dui daarop dat 82% Christene en 13% Moslems is. Die grootste Christelike groepe in die land is die Rooms-Katolieke Kerk en die Presbiteriaanse Kerk van Sentraal-Afrika. Laasgenoemde is die grootste Protestantse geloof in Malawi, met 1,3 miljoen lede. Daar is ook kleiner Presbiteriaanse kerke soos die Hervormde Presbiteriaanse Kerk van Malawi en die Evangeliese Presbiteriaanse Kerk van Malawi. Kleiner groepe sluit in Anglikane, Baptiste, Jehovah se Getuies en Sewendedagadventiste. Die meeste van die Moslems is Soenni. Ander godsdiensgroepe sluit in Rastafariërs, Hindoes, Baha'i en Jode. Sowat 4% van die bevolking is ateïste, hoewel dié syfer mense kan insluit wat tradisionele Afrika-godsdienste beoefen.

Vroue met hul kinders by die gesinsbeplanningsdiens

Malawi het sentrale hospitale, asook streeks- en privaatgeriewe. Die openbare sektor bied gratis gesondheidsdienste en medisyne, en die nie-regeringsorganisasies hef tariewe. Gesondheidsversekeringskemas bestaan sedert 2000. Vier privaat farmaseutiese maatskappye vervaardig medisyne. Malawi se gesondheidsorgdoel is "die bevordering van gesondheid, die voorkoming, vermindering en heling van siektes, en die afname van voortydige dood in die bevolking".

Die babasterftesyfer is hoog en die lewensverwagting is 50,03 jaar. Daar is ’n algemene voorkoms van MIV/vigs onder volwassenes, met ’n geraamde 930 000 individue (of 11,9% van die bevolking) wat in 2007 die siekte gehad het. In dié jaar was daar sowat 68 000 vigs-sterfgevalle. Omtrent 250 mense word elke dag besmet en minstens 70% van die land se hospitaalbeddens word aan MIV/vigspasiënte afgestaan. ’n Geraamde 5,8% van die landbouwerkmag sterf van die siekte. Die regering bestee elke jaar meer as $120 000 aan begrafnisse vir staatsdiensamptenare wat aan die siekte sterf. In 2006 het die superster Madonna die stigting Raising Malawi op die been gebring wat MIV-wesies in die land help. Sy het ook ’n dokumentêr gefinansier oor die probleme wat Malawi se wesies ervaar, met die naam I Am Because We Are. Raising Malawi werk ook saam met die Millennium Villages Project om opvoeding, gesondheidsorg, infrastruktuur en landbou in Malawi te bevorder.

Daar is ’n groot risiko van aansteeklike siektes, insluitende hepatitis A, malaria en hondsdolheid. Malawi het vooruitgang gemaak met die vermindering van kindersterftes en MIV/vigsgevalle, maar vaar nie goed wat moedersterftes en geslagsgelykheid betref nie. Vroulike genitale verminking kom nie wyd voor nie, maar word in sommige plaaslike gemeenskappe beoefen.

Skoolkinders in die klaskamer, in Karonga, Malawi
Kinders in Chilowamatambe in die Kasungu-distrik

In Malawi is primêre onderwys nie verpligtend nie, maar die grondwet vereis dat alle burgers die reg het tot minstens vyf jaar primêre onderwys. In 1994 het die regering gratis primêre onderwys vir alle kinders ingestel. Ál meer kinders woon skool by, en in laerskole het bywoning gestyg van 58% in 1992 tot 75% in 2007. Die getal kinders wat in standerd een begin en standerd vyf voltooi, het toegeneem van 64% in 1992 tot 86% in 2006. Net sowat 25% gaan egter hoërskool toe.

Geletterdheid onder die jeug het ook toegeneem, van 68% in 2000 tot 82% in 2007. Dit is hoofsaaklik te danke aan beter studiemateriaal in skole, beter infrastrukture en voedingsprogramme wat deur die hele skoolstelsel ingevoer is. Onderwys behels agt jaar primêre opvoeding, vier jaar sekondêre opvoeding en vier jaar aan ’n universiteit.

Daar is vier openbare universiteite in die land, naamlik Mzuzu, die Universiteit van Lilongwe vir Landbou en Natuurlike Hulpbronne, die Universiteit van Malawi en die Malawi-universiteit vir Wetenskap en Tegnologie. Daar is ook privaat universiteite soos Livingstonia, Malawi Lakeview en die Katolieke Universiteit van Malawi.

’n Man bespeel die xilofoon
Kinders speel die Bao-bordspeletjie

Die naam "Malawi" kom van die Maravi, ’n Bantoevolk wat omstreeks 1400 uit die Suid-Kongo daarheen getrek het. By die noordoewer van die Malawimeer het die groep verdeel; een groep het teen die wesoewer af suid beweeg en later die Chewa-volk geword terwyl die ander groep, die voorouers van die hedendaagse Nyanja, teen die ooskus afbeweeg het na die suidelike deel van Malawi.

Etniese konflik en voortdurende migrasie het tot aan die begin van die 20ste eeu die vorming voorkom van ’n gemeenskap wat as uniek Malawies beskou kan word. Die afgelope eeu het etniese onderskeid so afgeneem dat daar nie eintlik meer sprake van etniese botsings is nie, hoewel streeksverskille steeds voorkom. Die begrip van ’n Malawiese nasionaliteit het redelik onlangs begin posvat rondom ’n oorwegend plattelandse volk wat oor die algemeen konserwatief en tradisioneel nie-gewelddadig is.

Vlag van Malawi, 31 Julie 2010 tot 28 Mei 2012

Van 1964 tot 2010, en weer sedert 2012, bestaan die vlag van Malawi uit drie ewe groot swart, rooi en groen horisontale strepe met ’n opkomende son in die middel van die swart streep. Dié streep verteenwoordig die Afrika-volke, die rooi streep die bloed van die vegters vir Afrika-vryheid en die groen streep Malawi se immergroen natuur. Die son verteenwoordig die opkoms van vryheid en hoop vir Afrika. Die vlag is in 2010 verander – tot in 2012 is die rooi son vervang deur ’n volle, wit son as ’n simbool van die land se ekonomiese vooruitgang.

Danse vorm ’n groot deel van Malawi se kultuur. In November 1987 het die regering die National Dance Troupe (voorheen die Kwacha Cultural Troupe) gestig. Tradisionele musiek en danse kom voor by inisiasie- en ander rituele, troues en vierings. Kwêla is vanaf die 1960's ’n gewilde musiekvorm – dit het ontstaan uit ’n mengsel van Malawiese en Suid-Afrikaanse straatmusiek danksy die invloed van Malawiese mynwerkers in Suid-Afrika. Dit is steeds gewild in Malawi met moderne kunstenaars soos Daniel Kachamba & His Kwela Band. Die woord "kwela" beteken "om te klim" in Chichewa (en "om op te staan" in Zoeloe). Die xilofoon en tromme word ook bespeel.

Sokker is sedert die Britse heerskappy die algemeenste sportsoort. Basketbal is ook gewild. ’n Algemene tydverdryf is die bordspeletjie Bao, wat ook in omliggende lande gewild is. Dit word met sade gespeel op ’n bord met vier rye van agt holtes elk. Amptelike toernooie word gehou.

Die inheemse etniese groepe in Malawi het ’n ryke tradisie van vleg- en houtwerk, en van dié artikels word steeds in tradisionele seremonies gebruik. Houtsneewerk en olieverfwerk is ook in stedelike gebiede gewild en oral is markte waarop die kunswerke aan toeriste verkoop word. Die land het verskeie internasionaal erkende letterkundefigure opgelewer, onder andere die digter Jack Mapanje, geskiedenis- en fiksieskrywer Paul Zeleza en die skrywers Legson Kayira, Felix Mnthali, Frank Chipasula en David Rubadiri.

Malawiese kookkuns is uiteenlopend. Tee en vis maak ’n groot deel daarvan uit. Suiker, koffie, mielies, aartappels, sorghum, beeste en bokke is ook belangrike elemente van die kookkuns en ekonomie. Die Malawimeer is die bron van vis soos chambo (soortgelyk aan kurper), usipa (soortgelyk aan sardyne) en mpasa (soortgelyk aan salm). Nsima is ’n stapelvoedsel wat gemaak word van fyngemaalde mielies; dit word voorgesit saam met vleis en groente. Dit kan vir middag- of aandete geëet word.

Naas die Malawiese uitsaaikorporasie Malawi Broadcasting Corporation (MBC), wat televisie- en radioprogramme uitsaai, is daar privaat radiostasies soos Capital Radio en Zodiak. Malawi se twee dagblaaie, The Nation en The Daily Times, word aangevul deur 'n aantal weekblaaie soos Weekend Nation, Sunday Times en Malawi News.

Malawi het ’n klein militêre weermag van sowat 25 000 soldate. Dit bestaan uit ’n leër, vloot en lugmag-elemente. Die leër het ontstaan uit die voormalige Britse koloniale magte. Die lugmag is in 1976 gestig met Duitse hulp en bestaan uit ’n klein getal vervoervliegtuie en veeldoelhelikopters. Die vloot het drie bote op die Malawimeer; hul basis is in Monkey Bay.

  1. (en) Berry, Bruce (6 Februarie 2005). . Flags of the World Website. Flags of the World. Besoek op16 Julie 2014.
  2. . National Anthem Lyrics (in Engels). Lyrics on Demand. vanaf die oorspronklike op 18 Mei 2020. Besoek op2 Julie 2020.
  3. (in Engels). Malawi Government. vanaf die oorspronklike op 18 Mei 2020. Besoek op31 Julie 2015.
  4. (in Engels). Regering van Malawi. vanaf die oorspronklike op 16 April 2020. Besoek op2 Julie 2020.
  5. (xslx). Verenigde Nasies se Departement van Ekonomiese en Maatskaplike Sake, Bevolkingsafdeling (custom data acquired via website) (in Engels). Verenigde Nasies. vanaf die oorspronklike op 18 Februarie 2020. Besoek op2 Julie 2020.
  6. (PDF) (in Engels). Malawi National Statistical Office. (PDF) vanaf die oorspronklike op 8 Junie 2020. Besoek op2 Julie 2020.
  7. (en) . Internasionale Monetêre Fonds. Oktober 2019. Besoek op2 Julie 2020.
  8. (in Engels). United Nations Development Programme. 2019. vanaf die oorspronklike op 7 Julie 2020. Besoek op2 Julie 2020.
  9. (in Engels). Wêreldbank. vanaf die oorspronklike op 9 Oktober 2019. Besoek op2 Julie 2020.
  10. . DicionarioeGramatica.com.br (in Engels). vanaf die oorspronklike op 9 Oktober 2019. Besoek op2 Julie 2020.
  11. (en) . Network of Organizations for Vulnerable & Orphan Children. Besoek op26 Januarie 2011.
  12. (en) Cutter, Africa 2006, bl. 142
  13. . Bureau of African Affairs (in Engels). U.S. Department of State. 11 Januarie 2011. vanaf die oorspronklike op 8 Mei 2019. Besoek op2 Julie 2020.
  14. (en) Davidson, Africa in History, bl. 164–165
  15. (en) John G Pike, (1969). Malawi: A Political and Economic History, Londen, Pall Mall Press bl. 77–9, 83–4.
  16. (en) F Axelson, (1967). Portugal and the Scramble for Africa, bl. 182–3, 198–200. Johannesburg, Witwatersrand University Press.
  17. (en) Murphy, Central Africa, bl. xxvii
  18. (en) Murphy, Central Africa, bl. 28
  19. (en) Murphy, Central Africa, bl. li
  20. (en) Cutter, Africa 2006, bl. 143
  21. (en) Meredith, The Fate of Africa, bl. 285
  22. (en) Meredith, The Fate of Africa, bl. 380
  23. (in Engels). BBC News. 22 Mei 2009. vanaf die oorspronklike op 9 Oktober 2019. Besoek op2 Julie 2020.
  24. Sevenzo, Farai (3 Mei 2011). (in Engels). BBC. vanaf die oorspronklike op 28 September 2019. Besoek op2 Julie 2020.
  25. (in Engels). BBC. 20 Julie 2011. vanaf die oorspronklike op 12 Oktober 2019. Besoek op2 Julie 2020.
  26. (en) Jomo, Frank and Latham, Brian (22 Julie 2011). . Bloomberg. Besoek op6 April 2012.AS1-onderhoud: meer as een naam: authors list (link)
  27. (en) . The Telegraph. 6 April 2012. Besoek op6 April 2012.
  28. . BBC (in Engels). 30 Mei 2015. vanaf die oorspronklike op 5 Desember 2019. Besoek op2 Julie 2020.
  29. (en) . Nyasa Times. 27 Junie 2020. Besoek op2 Julie 2020.
  30. (en) . Malawi Judiciary. Besoek op12 Augustus 2013.
  31. Crouch, Megan (18 Augustus 2011). (in Engels). Jurist. vanaf die oorspronklike op 10 Augustus 2017. Besoek op2 Julie 2020.
  32. Benson, Todd. (PDF). Malawi: An Atlas of Social Statistics (in Engels). National Statistical Office, Government of Malawi. p. 2. vanaf die oorspronklike op 9 Oktober 2019. Besoek op2 Julie 2020.
  33. . The World Factbook (in Engels). CIA. vanaf die oorspronklike op 24 April 2020. Besoek op2 Julie 2020.
  34. (en) Dickovick, Africa 2008, bl. 278
  35. Ngozo, Claire (7 Mei 2011). (in Engels). The Guardian. vanaf die oorspronklike op 13 Mei 2011. Besoek op2 Julie 2020.
  36. Nsehe, Mfonobong (17 Julie 2011). (in Engels). Forbes. vanaf die oorspronklike op 20 Julie 2011. Besoek op2 Julie 2020.
  37. (en) Dugger, Celia W. (26 Julie 2011). . The New York Times. Besoek op27 Julie 2011.
  38. (in Engels). VSA-departement van buitelandse sake. 8 April 2011. vanaf die oorspronklike op 19 Januarie 2012. Besoek op21 Julie 2011.
  39. (en) According to the WHO:"The 10 countries with the highest rates of child marriage are: Niger, 75%; Chad and Central African Republic, 68%; Bangladesh, 66%; Guinea, 63%; Mozambique, 56%; Mali, 55%; Burkina Faso and South Sudan, 52%; and Malawi, 50%."
  40. Batha, Emma (16 Februarie 2015). (in Engels). Reuters. vanaf die oorspronklike op 1 Oktober 2015. Besoek op19 Junie 2015.
  41. (PDF). Ohchr.org (in Engels). (PDF) vanaf die oorspronklike op 4 Maart 2016. Besoek op9 Februarie 2016.
  42. (en) (PDF). Ir.lawnet.fordham.edu. Besoek op9 Februarie 2016.
  43. Tenthani, Rafael (18 Mei 2010). (in Engels). Aegis. Associated Press. vanaf die oorspronklike op 8 Maart 2012. Besoek op22 September 2010.
  44. (en) . Irish Times. 29 Mei 2010. Besoek op29 Mei 2010.
  45. David Smith en Godfrey Mapondera (18 Mei 2012). (in Engels). The Guardian. vanaf die oorspronklike op 21 Januarie 2013. Besoek op18 Mei 2012.AS1-onderhoud: gebruik authors-parameter (link)
  46. (en) Judith Moyo (12 Mei 2016). . Nyasa Times. Geargiveer vanaf op 13 Mei 2016. Besoek op15 Mei 2016.AS1-onderhoud: gebruik authors-parameter (link)
  47. (en) Douglas, John (Somer 1998). . Travel Africa (4). Geargiveer vanaf op 14 Januarie 2009. Besoek op22 Augustus 2008.
  48. (en) Turner, The Statesman's Yearbook, bl. 824
  49. . Euromoney Country Risk (in Engels). Euromoney Institutional Investor PLC. vanaf die oorspronklike op 14 Junie 2019. Besoek op15 Augustus 2011.
  50. (en) . Reuters. 10 Maart 2010. Geargiveer vanaf op 10 Mei 2011. Besoek op14 Mei 2016.
  51. (en) . Africa News. 11 November 2009.
  52. (en) . Nyasa Times. 19 November 2009.
  53. (en) . Die Wêreldbank. September 2008. Besoek op3 Januarie 2009.
  54. Banda, Mabvuto (1 April 2009). (in Engels). Reuters Africa. vanaf die oorspronklike op 9 Oktober 2019. Besoek op7 April 2009.
  55. (en) . United Nations Development Programme Malawi. 23 Desember 2008. Besoek op3 Januarie 2009.
  56. (PDF) (in Engels). Department of Population and Development. Ministry of Economic Planning and Development. Government of Malawi. 2012. (PDF) vanaf die oorspronklike op 17 Mei 2017. Besoek op8 Oktober 2014.
  57. (in Engels). Al Jazeera English. 25 Februarie 2015. vanaf die oorspronklike op 9 Oktober 2019. Besoek op9 Februarie 2016.
  58. Tenthani, Raphael (24 April 2000). (in Engels). BBC News. vanaf die oorspronklike op 29 Oktober 2019. Besoek op21 Desember 2011.
  59. (en) . New York Times. 17 Desember 1998. Besoek op21 Desember 2011.
  60. (en) Mpaka, Charles (11 Desember 2011). . Sunday Times. Blantyre Newspapers, Ltd. Besoek op21 Desember 2011.
  61. Dugger, Celia W. (2 Desember 2007). . New York Times (in Engels). vanaf die oorspronklike op 9 Oktober 2019. Besoek op5 Augustus 2008.
  62. . NICI in Africa (in Engels). Economic Commission for Africa. Geargiveer vanaf op 25 Junie 2012. Besoek op6 November 2008.
  63. (en) . Besoek op9 Februarie 2016.
  64. . Ethnologue (in Engels). SIL International. Geargiveer vanaf op 14 Oktober 2012. Besoek op21 November 2008.
  65. (in Engels). Malawi.pop.upenn.edu. vanaf die oorspronklike op 19 Desember 2019. Besoek op31 Desember 2013.
  66. (en) Hans-Peter Kohler. . Repository.upenn.edu. Besoek op9 Februarie 2016.
  67. (en) Richard Carver. . p. 59. Besoek op7 Junie 2014.
  68. (en) Joshua Project. . Joshuaproject.net. Besoek op19 April 2013.
  69. . International Religious Freedom Report 2007 (in Engels). U.S. Department of State. 14 September 2007. vanaf die oorspronklike op 19 Januarie 2012. Besoek op18 Desember 2008.
  70. (en) McCabe, Ariane (Desember 2009). (PDF). Health Systems Outcome Publication. World Bank. (PDF) vanaf die oorspronklike op 3 Maart 2016. Besoek op2 April 2012.
  71. (en) Malawi Investment Promotion Agency, 2008, bl. 20 – Investment Guide
  72. (en) Luscombe, Belinda (6 Augustus 2006). . Time. Geargiveer vanaf op 23 Augustus 2013. Besoek op24 Oktober 2008.
  73. (en) Hutton, Punch (Julie 2007). . Vanity Fair. Besoek op24 Oktober 2008.
  74. (PDF) (in Engels). Geargiveer vanaf (PDF) op 26 Junie 2013. Besoek op20 November 2014.
  75. (PDF). United Nations (in Engels). (PDF) vanaf die oorspronklike op 5 Maart 2016. Besoek op17 Januarie 2012.
  76. (en) Berry, Bruce (6 Februarie 2005). . Flags of the World Website. Flags of the World. Besoek op22 September 2010.
  77. (en) . Nyasa Times. 30 Mei 2012. Besoek op10 April 2013.
  78. Jecks, Nikki (6 Augustus 2009). (in Engels). BBC News. vanaf die oorspronklike op 9 Oktober 2019. Besoek op29 Januarie 2012.
  79. (en) URL besoek op 15 Mei 2016
  80. (en) Gall, James L., red. (1998). Worldmark Encyclopaedia of Cultures and Daily Life. Volume 1 – Africa. Detroit en Londen: Gale Research. pp. 101–102. ISBN 0 7876 0552 2.|volume= has extra text (help)
  81. . Malawiembassy.org (in Engels). Geargiveer vanaf op 14 Maart 2013. Besoek op9 Februarie 2016.
  82. Amt, Auswärtiges. . Auswärtiges Amt DE (in Duits). vanaf die oorspronklike op 19 Oktober 2017. Besoek op22 Junie 2016.
  83. (en) Turner, The Statesman's Yearbook, bl. 822
Algemeen

Regering

Nuus

  • (en) nuus hoofberigte skakels
  • (en) 20 Julie 2006 op Wayback Machine daaglikse koerant

Oorsigte

Gidse

Toerisme

  • (en) Toerisme-inligting oor Malawi op Wikivoyage
  • (en) Toerisme werf aangebied deur lede van die bedryf.

Publikasie datum: September 09, 2021

malawi, engels, məˈlɔːwi, məˈlɑːwi, ˈmæləwi, chichewa, malaŵi, maláβi, maláwi, amptelik, republiek, engels, republic, chichewa, dziko, malaŵi, voorheen, bekend, njassaland, republiek, suidoos, afrika, heeltemal, deur, land, omring, word, teen, kleinste, lande,. Malawi Engels meˈlɔːwi meˈlɑːwi of ˈmaelewi Chichewa Malaŵi malabi of malawi 10 amptelik die Republiek Malawi Engels Republic of Malawi Chichewa Dziko la Malaŵi voorheen bekend as Njassaland is n republiek in Suidoos Afrika wat heeltemal deur land omring word Teen 118 484 km is dit een van die kleinste lande in Afrika maar dit het n verskeidenheid landskappe en n wildlewe wat sy belangrikheid as toeristebestemming verhoog Sowat n vyfde van sy oppervlakte word deur die Malawimeer beslaan dit is die derde grootste meer in Afrika en die tiende grootste ter wereld Republiek Malawi Republic of Malawi Engels Dziko la Malaŵi Chichewa Vlag WapenNasionale leuse Unity and Freedom 1 Engels vir Eenheid en Vryheid Volkslied Mulungu dalitsa Malaŵi 2 Chichewa vir O God seen ons land Malawi source source track Hoofstad Lilongwe 13 57 S 33 42 O 13 950 S 33 700 O 13 950 33 700Grootste stad LilongweAmptelike tale Engels 3 Chichewa omgangstaal 4 Regering President Adjunkpresident Unitere presidensiele grondwetlike republiek Lazarus Chakwera Saulos ChilimaOnafhanklikheid van die Verenigde Koninkryk Republiek Huidige grondwet 6 Julie 1964 6 Julie 1966 18 Mei 1994Oppervlakte Totaal Water 118 484 km2 98ste 45 747 myl2 20 6Bevolking 2020 skatting 2018 sensus Digtheid 19 129 952 5 62ste 17 563 749 6 153 1 km2 56ste 396 5 myl2BBP KKP Totaal Per capita 2019 skatting 25 167 miljard 7 1 240 7 BBP nominaal Totaal Per capita 2019 skatting 7 522 miljard 7 371 7 MOI 2018 0 485 8 172ste laagGini 2016 44 7 9 mediumGeldeenheid Kwacha D a href ISO 4217 html title ISO 4217 MWK a Tydsone Somertyd SAT UTC 2 nie toegepas nie UTC 2 Internet TLD mwSkakelkode 265 Nasa Satellietbeeld van Malawi n Kaart van Malawi Malawi grens aan Zambie in die noordweste Tanzanie in die noordooste en Mosambiek in die suide suidooste en suidweste Dit het n geraamde bevolking van 18 091 575 2016 Sy hoofstad is Lilongwe wat ook die grootste stad is en die tweede grootste is Blantyre Die naam kom uit die Maravi taal Die land is ook algemeen bekend as die Warm Hart van Afrika 11 Migrerende Bantoevolke het die gebied omstreeks die 10de eeu betrek In die laat 15de eeu is die Maravi ryk gestig Die Maravi s het later bekend gestaan as die Chewa n etniese groep wat vandag steeds die meerderheidsbevolking in die land is In die 19de eeu het Skotse sendelinge onder wie David Livingstone in Malawi aangekom Hulle was die eerste Europeers wat die lang en moeilike tog deur die vasteland van Afrika in 1859 voltooi het In 1891 het Brittanje die gebied gekoloniseer en in 1953 het Njassaland n Britse protektoraat n protektoraat binne die semi onafhanklike Federasie van Rhodesie en Njassaland geword Die federasie is in 1963 ontbind en in 1964 is die protektoraat oor Njassaland opgehef Die land het onder koningin Elizabeth II onafhanklik geword en die naam is na Malawi verander Twee jaar later het dit n republiek geword Na Malawi se onafhanklikwording het dit n eenpartystaat geword met Hastings Banda as president Hy was die lewenslange staatshoof tot in 1994 toe sy lewenslange presidentskap beeindig is nadat hy die land se eerste demokratiese verkiesing verloor het Lazarus Chakwera is die huidige president en Malawi is nou n demokratiese veelpartystaat Dit het n klein militere weermag met n leer vloot en lugmagvleuel Die buitelandse beleid is pro Westers en sluit positiewe diplomatieke betrekkinge met die meeste lande in asook deelname aan verskeie internasionale organisasies soos die Verenigde Nasies Britse Statebond en Suider Afrikaanse Ontwikkelingsgemeenskap Malawi is een van die wereld se swaksontwikkelde lande Die ekonomie is afhanklik van landbou en daar is n groot plattelandse bevolking Die regering leun swaar op buitelandse hulp vir ontwikkeling hoewel die behoefte en die hulpaanbiedinge sedert 2000 afneem Sedert 2005 skenk die land aandag aan die uitbreiding van die ekonomie die verbetering van opvoeding en gesondheidsdienste omgewingsbewaring en om finansieel onafhanklik te word Die lewensverwagting in die land is laag en die babasterftesyfer hoog MIV vigs kom algemeen voor en dit stel groot eise aan die werkmag en die regering se uitgawes Hoewel streekskonflik voorheen van tyd tot tyd voorgekom het is daar sedert omstreeks 2008 n groeiende gevoel van n Malawi nasionaliteit Inhoud 1 Geskiedenis 2 Regering en politiek 2 1 Administratiewe afdelings 2 2 Buitelandse betrekkinge 2 3 Menseregte 3 Geografie 3 1 Klimaat 4 Ekonomie 4 1 Landbou en nywerheid 5 Infrastruktuur 6 Demografie 6 1 Stede en dorpe 7 Godsdiens 8 Gesondheid 9 Opvoeding 10 Kultuur 11 Sport 12 Kookkuns 13 Media 14 Verdediging 15 Verwysings 16 Bronne 17 Eksterne skakels 17 1 Regering 17 2 Nuus 17 3 Oorsigte 17 4 Gidse 17 5 ToerismeGeskiedenis Wysig Chongoni rotskunsgebied Die gebied in Afrika wat nou as Malawi bekend is het n klein bevolking van jagters gehad voordat Bantoevolke omstreeks die 10de eeu uit die noorde daarheen getrek het Sommige het suidwaarts aanbeweeg maar ander het permanent gebly en groepe gestig wat op etnisiteit geskoei was 12 Teen 1500 n C is die Koninkryk Maravi gestig wat gestrek het van wat nou Nkhotakota in die noorde is tot by die Zambezirivier en van die Malawimeer tot by die Luangwarivier in die huidige Zambie 13 Kort na 1600 toe feitlik die hele gebied onder een heerser verenig was het plaaslike stamme Portugese handelaars en militere teengekom en met hulle begin handel dryf en bondgenootskappe sluit Teen 1700 het die gebied verbrokkel in klein streke wat deur individuele etniese groepe beheer is 14 Die sendeling en ontdekkingsreisiger David Livingstone het die Malawimeer in 1859 bereik en die Shirehoogland suid daarvan geidentifiseer as geskik vir die vestiging van Europeers Verskeie Anglikaanse en Presbiteriaanse sendelingsposte is in die 1860 s en 1870 s begin die African Lakes Company Limited is in 1878 gestig om n handels en vervoerpos daar te stel wat nou met die sendelinge moes saamwerk en n klein sending en handelsnedersetting is in 1876 naby die huidige Blantyre gestig In 1883 het n Britse konsul in die gebied kom woon Die Portugese regering was ook in die streek geinteresseer en om te voorkom dat die land dit beset is Harry Johnston as Britse konsul daarheen gestuur met die opdrag om bondgenootskappe met plaaslike heersers buite Portugese jurisdiksie te sluit 15 n Seel van Njassaland toe bekend as Brits Sentraal Afrika wat in 1897 deur Brittanje uitgereik is In 1889 is n Britse protektoraat oor die Shirehoogland verklaar en dit is in 1891 uitgebrei om die hele moderne Malawi in te sluit as die Britse Sentraal Afrikaanse Protektoraat 16 In 1907 is die protektoraat hernoem tot Njassaland 17 In 1944 is die Nyasaland African Congress NAC deur inwoners gestig om plaaslike belange onder die aandag van die Britse regering te bring 18 In 1953 het Brittanje Njassaland om hoofsaaklik politieke redes 19 met Noord en Suid Rhodesie verenig onder die naam Federasie van Rhodesie en Njassaland ook bekend as die Sentraal Afrikaanse Federasie SAF 17 Hoewel die federasie semi onafhanklik was het dit teenstand van Afrika nasionaliste ontlok en die NAC se gewildheid het toegeneem n Invloedryke teenstander van die SAF was dr Hastings Banda n dokter wat in Europa opgelei is en in Ghana gewerk het Hy is oorreed om in 1958 na Njassaland terug te keer en te help in die nasionalistiese saak Hy is as president van die NAC gekies en het nasionalistiese sentiment help bevorder totdat die koloniale owerhede hom in 1959 tronk toe gestuur het Hy is in 1960 vrygelaat en gevra om n nuwe grondwet vir Njassaland te help opstel met n klousule wat aan Afrikane die meerderheid in die kolonie se wetgewende raad gee 12 Malawi se eerste premier en later lewenslange president dr Hastings Banda links en Tanzanie se pres Julius Nyerere In 1961 het Banda se Malawi Congress Party MCP n meerderheid in die verkiesing vir die wetgewende raad behaal en hy het in 1963 premier geword Die federasie is in 1963 ontbind en op 6 Julie 1964 het Njassaland as Malawi onafhanklik geword Die land het n republiek geword met Banda as eerste president Volgens die nuwe grondwet was dit n eenpartystaat met die MCP as enigste wettige party In 1971 is Banda tot lewenslange president verklaar Hy het byna 30 jaar lank deur middel van n uiters outoritere bewind regeer Dit het gewapende opstand voorkom 20 maar opposisiepartye soos die Malawi vryheidsbeweging en Sosialistiese Bond van Malawi is buite die land gestig Ondanks die ongunstige politieke toestande is Malawi se ekonomie dikwels gebruik as voorbeeld van hoe n arm landomringde digbevolkte land met min minerale sukses in beide landbou en nywerheidsontwikkeling kan behaal 21 Terwyl hy president was het Banda sy beheer oor die land gebruik om n sakeryk op te bou wat eindelik n derde van die land se BBP geproduseer het en werk verskaf het aan 10 van die werkmag wat n loon verdien 22 Al die geld wat Banda gemaak het is in die ontwikkeling van Malawi gestort en is gesimboliseer deur die bou van n topskool die Kamuzu akademie Onder druk vir meer politieke vryheid het Banda ingestem tot n demokratiese referendum in 1993 waar die bevolking vir n veelpartydemokrasie gestem het Laat in 1993 is n presidensiele raad gestig sy lewenslange presidentskap is afgeskaf en n nuwe grondwet is opgestel wat die MCP se bewind prakties beeindig het 20 In 1994 is Banda in die land se eerste demokratiese verkiesing deur Bakili Muluzi verslaan Muluzi is in 1998 herkies en was tot in 2004 president toe dr Bingu wa Mutharika verkies is Mutharika is in Mei 2009 herkies ondanks aantygings van verkiesingsbedrog deur sy teenstander 23 Hy is deur sommige beskou as toenemend outokraties en minagtend teenoor menseregte 24 en in Julie 2011 het onrus uitgebreek oor onder meer die hoe lewenskoste en swak regering 25 Agttien mense is dood en nog minstens 44 het skietwonde gehad 26 In April 2012 is Mutharika aan n hartaanval dood en die visepresident Joyce Banda het die amp daarna beklee 27 In 2014 het Joyce Banda die verkiesing verloor teen Peter Mutharika broer van die derde verkose president 28 Regering en politiek Wysig Peter Mutharika voormalige president van Malawi Parlementsgebou in Lilongwe Malawi is n demokratiese veelpartystaat met Lazarus Chakwera as president Hy het die vorige president Peter Mutharika in 2020 verslaan 29 Die huidige grondwet is op 18 Mei 1995 aanvaar Die takke van die regering bestaan uit die uitvoerende wetgewende en geregtelike gesag Die president is beide staats en regeringshoof daar is ook twee visepresidente en n kabinet Die president word elke vyf jaar verkies en hy kies die visepresident Hy mag n tweede visepresident aanstel as hy wil maar hulle moet van verskillende politieke partye wees Hy stel ook die kabinet saam 13 Die wetgewende gesag bestaan uit n eenkamer volksvergadering met 193 lede wat elke vyf jaar verkies word Hoewel die grondwet voorsiening maak vir n senaat met 80 setels bestaan daar nie in die praktyk een nie As dit geskep word sal die senaat verteenwoordiging verskaf aan tradisionele leiers en n verskeidenheid geografiese distrikte asook belangegroepe soos gestremdes vroue en die jeug Daar is tans nege politieke partye die Demokraties Progressiewe Party DPP is die regerende party en die hoofopposisie in die volksvergadering is die Malawi kongresparty MKP en die Verenigde Demokratiese Front VDF Mense van 18 jaar en ouer mag stem 13 Die onafhanklike geregtelike gesag is geskoei op die Britse model en bestaan uit n appelhof n hooggeregshof met drie afdelings algemeen grondwetlik en kommersieel n nywerheidshof en magistraatshowe 30 Die regstelsel is sedert Malawi se onafhanklikwording in 1964 verskeie kere verander Konvensionele en tradisionele howe is in verskeie kombinasies gebruik met wisselende grade van sukses en korrupsie 31 Malawi bestaan uit drie streke die Noordelike Sentrale en Suidelike Streek 32 Hulle word onderverdeel in 28 distrikte 33 en verder in sowat 250 tradisionele owerhede en 110 administratiewe wyke 32 Plaaslike owerhede se streeksadministrateurs en distrikskommissarisse word deur die sentrale regering aangestel Die eerste plaaslike verkiesings sedert die staat n veelpartystelsel het is op 21 November 2000 gehou die VDF het 70 van die setels gewen 13 In Februarie 2005 het die destydse president Bingu wa Mutharika weggebreek van die VDF en sy eie party die DPP gestig Dit het amptenare wat vir hervorming was van ander partye weggelok en in 2006 verkiesings regdeur die land gewen In 2008 het die president hervormings ingestel om die land se groot korrupsieprobleem hok te slaan minstens vyf senior VDF lede is van misdaad aangekla 34 Malawi se mees onlangse verkiesing is in Mei 2020 gehou toe Lazarus Chakwera president Peter Mutharika verslaan het 29 Administratiewe afdelings Wysig Die distrikte van Malawi Malawi word in drie streke met 28 distrikte verdeel Sentrale Streek 1 Dedza 2 Dowa 3 Kasungu 4 Lilongwe 5 Mchinji 6 Nkhotakhota 7 Ntcheu 8 Ntchisi 9 Salima Noordelike Streek 10 Chitipa 11 Karonga 12 Likoma 13 Mzimba 14 Nkhata Bay 15 Rumphi Suidelike Streek 16 Balaka 17 Blantyre 18 Chikwawa 19 Chiradzulu 20 Machinga 21 Mangochi 22 Mulanje 23 Mwanza 24 Nsanje 25 Thyolo 26 Phalombe 27 Zomba 28 NenoBuitelandse betrekkinge Wysig Plekke oor die wereld heen waar Malawi in 2012 ambassadeurs of hoekommissarisse gehad het Die voormalige president Hastings Banda het reeds n pro Westerse buitelandse beleid begin Dit het diplomatieke betrekkinge met baie Westerse lande ingesluit Die oorgang van n een tot n veelpartystelsel het gelei tot sterker bannde met Amerika Aansienlike getalle studente van Malawi het opleiding in Amerika ondergaan en verskeie Amerikaanse staatsliggame het takke in Malawi Malawi het ook regdeur die apartheidsjare goeie betrekkinge met Suid Afrika gehad wat stremming geplaas het op Malawi se bande met ander Afrika lande Na die afskaffing van apartheid in 1994 het betrekkinge met Suid Afrika voortgeduur en bande met ander Afrika lande verbeter In 2010 het Malawi se betrekkinge met Mosambiek agter versuur veral weens meningsverskille oor die gebruik van die Zambezirivier en n gemeenskaplike elektriese netwerk 13 Malawi het in 2007 diplomatieke bande met China aangeknoop en Chinese beleggings in die land het sedertdien bly toeneem ondanks kommer oor die behandeling wat werkers van Chinese maatskappye ontvang en die mededinging tussen Chinese en plaaslike besighede 35 In 2011 het betrekkinge met Brittanje verswak nadat n dokument uitgelek het waarin die Britse ambassadeur in Malawi president Mutharika kritiseer Mutharika het die ambassadeur uit die land gesit en in Julie 2011 het Brittanje aangekondig dat hy alle begrotingshulp opskort omdat Mutharika nie gereageer het op kritiek op sy regering en ekonomiese wanbestuur nie 36 Op 26 Julie van die jaar het Amerika dieselfde gedoen weens kommer oor die regering se onderdrukking en intimidasie van betogers en burgergroepe sowel as beperkings op die pers en verhoogde polisiegeweld 37 Malawi word sedert 1985 as n toevlugsoord vir vlugtelinge uit ander Afrika lande beskou veral Mosambiek en Rwanda Dit plaas n stremming op Malawi se ekonomie maar het ook aanbiedings van hulp uit ander lande tot gevolg gehad Skenkers sluit in Amerika Kanada Duitsland Ysland Japan Nederland Noorwee Swede Ierland Brittanje en Vlaandere in Belgie sowel as internasionale organisasies soos die Wereldbank Internasionale Monetere Fonds IMF Europese Unie EU Afrika Ontwikkelingsbank en organisasies van die Verenigde Nasies VN Malawi is lid van verskeie internasionale organisasies onder meer die Britse Statebond VN Internasionale Monetere Fonds Wereldbank Afrika unie en Wereldgesondheidsorganisasie Die land beskou ekonomiese en politieke standvastigheid in Suider Afrika as noodsaaklik en staan vreedsame oplossings deur samesprekings voor Menseregte Wysig Skoolkinders wat deur die Ontwikkelingsfonds van Noorwee befonds word tydens n optog op Internasionale Vrouedag 2016 In die 2010 s het internasionale waghonde menseregtekwessies op verskeie terreine waargeneem Oormatige geweld deur die polisiemag word soms waargeneem veiligheidsmagte se dade bly soms ongestraf skaregeweld is gesien en tronktoestande is steeds benard en soms selfs lewensgevaarlik Die regering wend egter n poging aan om lede van die veiligheidsmagte te vervolg as oormatige geweld gebruik is Ander regskwessies sluit in beperkings op vryheid van spraak en n vrye pers lang aanhoudings voor hofsake en lukrake inhegtenisnemings en aanhoudings Gemeenskapskwessies wat kommer wek is geweld teen vroue mensehandel en kinderarbeid Korrupsie in die regering word beskou as n groot probleem ondanks die Malawi Anti Corruption Bureau ACB se pogings om dit te verminder Volgens berigte is die ACB suksesvol in opsporings en vervolgings wat laevlakkorrupsie betref maar dit lyk of hoervlakamptenaar se dade ongestraf bly Korrupsie in die veiligheidsmagte is ook n kwessie 38 Malawi het ook n groot voorkoms van kinderhuwelike 39 In 2015 het die land die wettige ouderdom om te trou van 15 tot 18 verhoog 40 Ander kwessies wat geopper is is die gebrek aan voldoende regsbeskerming vir vroue teen seksuele mishandeling en teistering n hoe moedersterfesyfer en mishandeling wat verband hou met aantygings van heksery 41 42 Homoseksualiteit is onwettig en in een geval in 2010 is twee mans wat van homoseksualiteit aangekla is skuldig bevind en n lang tronkstraf opgele 43 die maksimum straf van 14 jaar dwangarbeid Hulle is twee weke later begenadig nadat die sekretaris generaal van die Verenigde Nasies Ban Ki moon tussenbeide getree het 44 Daar was intussen beloftes dat wette wat van homoseksualiteit n misdaad maak herroep sou word 45 maar in Mei 2016 was die regering nog besig om die wette te hersien 46 Geografie Wysig Die ligging van Malawi Die Zomba plato in die Zomba distrik Die strand by Cape Maclear naby Monkey Bay Malawi is in Suidoos Afrika Dit word heeltemal deur land ingesluit en le in die trope van omtrent 9 30S in die noorde tot omtrent 17 S in die suide Dit beslaan n dun strook tussen Zambie en Mosambiek wat al met die Shirerivier langs suidwaarts tot in Mosambiek strek In die noorde en noordooste grens Malawi ook aan Tanzanie Die land is per spoor aan die Mosambiekse hawens in Nacala en Beira verbind Die Groot Skeurvallei loop van noord na suid deur die land en oos van die vallei is die Malawimeer voorheen die Njassameer wat sowat 20 van die land se oppervlakte beslaan en meer as driekwart van die land se oostelike grens uitmaak 12 Die meer word soms die Kalendermeer genoem omdat dit 365 myl 587 km lank en 52 myl 84 km breed is 47 Die Shire vloei in die suide uit die meer en sluit verder suid in Mosambiek by die Zambezi aan Die oppervlak van die meer is 457 m bo seevlak met n maksimumdiepte van 701 m dit beteken die bodem is plek plek meer as 200 m onder seevlak In die bergstreek van Malawi om die Groot Skeurvallei rys plato s gewoonlik tot sowat 1 200 m bo die seevlak terwyl sommige in die noorde tot sowat 2 400 m hoog kan wees Suid van die meer le die Shirehoogland wat sowat 914 m bo die seevlak is In die gebied troon die Zomba en Mulanje bergspitse onderskeidelik 2 134 en 3 048 m bo die seevlak uit 12 Malawi se hoofstad is Lilongwe en die middelpunt van sy handel is Blantyre albei het n bevolking van meer as n halfmiljoen Malawi het twee terreine wat op Unesco se Werelderfenislys voorkom die Malawimeer Nasionale Park vanaf 1984 en Chongoni rotskunsgebied sedert 2006 48 Daar is vyf nasionale parke Malawimeer Nasionale Park Kasungu Nasionale Park Lengwe Nasionale Park Liwonde Nasionale Park Nyika Nasionale ParkKlimaat Wysig Malawi se klimaat is warm in die laagliggende suide en gematig in die noordelike hoogland Die hoogte tem wat andersins n ekwatoriale klimaat sou gewees het Tussen November en April is dit warm met ekwatoriale reens en donderstorms Na die storms se hoogtepunt in Maart neem die reenval vinnig af en van Mei tot September vloei nat mis van die hoogland na die plato s en feitlik geen reen kom dan voor nie 12 Ekonomie Wysig n Handwerkmark in Lilongwe Gedroogde vis op Likoma eiland Malawi se ekonomie is op landbou gebaseer en meer as n derde van die BBP en 90 van die uitvoerinkomste kom uit die sektor In die verlede is staatgemaak op aansienlike hulp van die Wereldbank die Internasionale Monetere Fonds IMF en ander lande 33 In Maart 2011 was Malawi die 119de veiligste beleggingsbestemming in die wereld 49 In Desember 2000 het die IMF hulpvoorskotte aan Malawi gestaak weens kommer oor korrupsie en baie individuele skenkers het dieselfde gedoen met die gevolg dat daar n daling van byna 80 in die land se ontwikkelingsbegroting was 34 In 2005 het Malawi egter meer as 575 miljoen se hulp ontvang Daar is heelwat struikelblokke in die regering se poging om n markekonomie te ontwikkel omgewingsbewaring te bevorder die vinnig groeiende MIV vigsprobleem te hanteer die opvoedingstelsel te verbeter en sy buitelandse skenkers te oortuig dat hy besig is om finansieel onafhanklik te word Sedert 2005 was daar n verbetering in finansiele dissipline onder president Mutharika en die minister van finansies Goodall Gondwe Dit is egter in die wiele gery deur die koop van n presidensiele privaatstraler in 2009 wat feitlik onmiddellik gevolg is deur n landswye brandstoftekort Logistieke probleme het amptelik die skuld gekry vir laasgenoemde maar die rede was meer waarskynlik n geldtekort as gevolg van die koop van die vliegtuig 50 51 52 Die algehele skade aan die ekonomie en gesondheidsorgstelsel is onbekend Daar was ook ander terugslae en Malawi het n deel van sy vermoe verloor om vir invoergoedere te betaal weens n algemene tekort aan buitelandse valuta nadat beleggings in 2009 met 23 afgeneem het Daar was baie probleme vir beleggers wat die regering nie opgelos het nie insluitende hoe dienskoste en n swak infrastruktuur vir krag water en telekommunikasie In 2009 is geraam dat Malawi n BBP koopkragpariteit van 12 81 miljard het met n per capita BBP van 900 en inflasie was na raming sowat 8 5 33 Landbou sorg vir 35 van die BBP nywerheid vir 19 en dienste vir die oorblywende 46 53 Malawi se per capita inkomste is van die laagste in die wereld 34 hoewel ekonomiese groei in 2008 sowat 9 7 was 54 Die armoede word verbeter danksy die werk van die regering en steunorganisasies Mense wat onder die broodlyn lewe het afgeneem van 54 in 1990 tot 40 in 2006 en die persentasie ultra armes het in die tyd afgeneem van 24 tot 15 55 Baie ontleders glo ekonomiese vooruitgang in Malawi hang af van sy vermoe om bevolkingsgroei te stuit 56 In Januarie 2015 is Suid Malawi deur die ergste vloede in menseheugenis getref minstens 20 000 mense is gestrand gelaat Die vloede het meer as n miljoen mense landwyd geraak meer as 100 mense is dood en n geraamde 64 000 hektaar landbougrond is weggespoel 57 Landbou en nywerheid Wysig Grondboontjies word geoes by n landbounavorsingstasie in Malawi Vroue in die Salima distrik verkoop grondbone Kinders woon n boerebyeenkoms in Nalifu dorp Mulanje by Die belangrikste landbouprodukte in Malawi sluit in tabak suikerriet katoen tee mielies aartappels sorghum beeste en bokke Die hoofnywerhede is die verbouing van tabak tee en suiker saagmeulprodukte sement en verbruikersgoedere Die groeikoers in nywerheidsvervaardiging is in 2009 op 10 geraam Die land gebruik nie veel natuurlike gas nie Elektrisiteit word nie in of uitgevoer nie maar alle petroleum word ingevoer 33 Die land se afhanklikheid van tabak plaas n groot las op die ekonomie omdat pryse wereldwyd afneem en die internasionale gemeenskap druk uitoefen om tabakvervaardiging te beperk Malawi se afhanklikheid van tabak neem egter algaande toe Saam met tee suiker en koffie maak dit 90 uit van die land se uitvoerinkomste 33 34 As gevolg van die styging van produksiekoste en daling van tabakpryse moedig die regering boere aan om meer winsgewende gewasse te plant onder meer speserye soos paprika Mak dagga of hennep Engels Indian hemp is nog n moontlike alternatief maar daar is al geredeneer dat dit misdaad in die land sal laat toeneem weens die ooreenkoms van die gewas met varieteite van dagga cannabis wat as n dwelm gebruik word en die probleme om tussen die twee tipes te onderskei 58 Dit is veral belangrik in die lig daarvan dat die groei van Malawi dagga n dwelm wat as Malawi Gold bekend is aansienlik toeneem 59 Malawi is bekend daarvoor dat hy die beste dagga in die wereld vervaardig volgens n Wereldbank verslag en die verbouing en verkoop van die gewas kan bydra tot korrupsie in die polisiemag 60 Ander uitvoerprodukte is katoen grondboontjies houtprodukte en klere Die hoofbestemmings van die uitvoer is Suid Afrika Duitsland Egipte Zimbabwe Amerika Rusland en Nederland Invoerprodukte sluit in kos petroleumprodukte verbruikersgoedere en vervoertoerusting Die lande waaruit die grootste deel van die invoer kom is Suid Afrika Indie Zambie Tanzanie Amerika en China 33 In 2006 het Malawi na rampspoedige landbou oeste n program begin om kunsmis te subsidieer en so die land se oeste te verbeter Dit het goeie gevolge gehad en daartoe gelei dat Malawi kos na naburige lande begin uitvoer het 61 Infrastruktuur Wysig Die M1 pad tussen Blantyre en Lilongwe In 2012 het Malawi 31 lughawens gehad waarvan sewe sementblaaie gehad het In 2008 het die land spoorlyne van altesaam 797 km gehad en in 2003 paaie van 24 866 km waarvan 6 956 km geteer was Malawi het ook waterwee van 700 km op die Malawimeer en die Shirerivier 33 In 2011 was daar 3 95 miljoen selfone en 173 500 landlyntelefone Daar was 716 400 internetgebruikers in 2009 en sowat n dosyn radiostasies Die een TV stasie het aan die regering behoort 33 Malawi se telekommunikasiestelsel is vroeer beskou as een van die swakstes in Afrika maar toestande verbeter In stedelike gebiede is landlynfone steeds baie meer toeganklik as op die platteland 62 Demografie WysigMalawi het n bevolking van meer as 15 miljoen en n bevolkingsgroei van 2 75 volgens 2009 ramings 33 Die voorspelling is dat die bevolking in 2050 oor die 45 miljoen sal wees byna drie keer soveel as die geraamde 16 miljoen van 2010 63 Die bevolking bestaan uit die etniese groepe Chewa Nyanja Tumbuka Yao Lomwe Sena Tonga Ngoni en Ngonde sowel as Asiate en Europeers Die amptelike taal is Engels 3 ander belangrike tale sluit in Chichewa wat deur meer as 57 van die bevolking gepraat word Nyanja 12 8 Yao 10 1 en Tumbuka 9 5 33 Verder word Lomwe Kokola Lambya Ndali Nyakyusa Ngonde en Sena deur verskeie duisende mense elk gepraat 64 Stede en dorpe WysigGodsdiens Wysig Yao seuns van nege tot tien jaar oud neem deel aan besnydings en inisiasierituele Malawi is n oorwegend Christelike land met n aansienlike Moslem minderheid hoewel twyfel bestaan oor die presiese getalle Beperkte data bestaan met weersprekende ramings van godsdienste affiliasie in die land Volgens die Malawi godsdiensprojek 65 van die Universiteit van Pennsilvanie in 2010 is sowat 68 van die bevolking Christene 25 Moslems en 5 van ander gelowe 66 Ouer data van die CIA uit 1998 dui daarop dat 82 Christene en 13 Moslems is 33 Die grootste Christelike groepe in die land is die Rooms Katolieke Kerk en die Presbiteriaanse Kerk van Sentraal Afrika Laasgenoemde is die grootste Protestantse geloof in Malawi met 1 3 miljoen lede Daar is ook kleiner Presbiteriaanse kerke soos die Hervormde Presbiteriaanse Kerk van Malawi en die Evangeliese Presbiteriaanse Kerk van Malawi Kleiner groepe sluit in Anglikane Baptiste Jehovah se Getuies en Sewendedagadventiste Die meeste van die Moslems is Soenni 67 Ander godsdiensgroepe sluit in Rastafariers Hindoes Baha i en Jode 68 Sowat 4 van die bevolking is ateiste hoewel die syfer mense kan insluit wat tradisionele Afrika godsdienste beoefen 69 Gesondheid Wysig Vroue met hul kinders by die gesinsbeplanningsdiens Malawi het sentrale hospitale asook streeks en privaatgeriewe Die openbare sektor bied gratis gesondheidsdienste en medisyne en die nie regeringsorganisasies hef tariewe Gesondheidsversekeringskemas bestaan sedert 2000 70 Vier privaat farmaseutiese maatskappye vervaardig medisyne Malawi se gesondheidsorgdoel is die bevordering van gesondheid die voorkoming vermindering en heling van siektes en die afname van voortydige dood in die bevolking 71 Die babasterftesyfer is hoog en die lewensverwagting is 50 03 jaar Daar is n algemene voorkoms van MIV vigs onder volwassenes met n geraamde 930 000 individue of 11 9 van die bevolking wat in 2007 die siekte gehad het In die jaar was daar sowat 68 000 vigs sterfgevalle 33 Omtrent 250 mense word elke dag besmet en minstens 70 van die land se hospitaalbeddens word aan MIV vigspasiente afgestaan n Geraamde 5 8 van die landbouwerkmag sterf van die siekte Die regering bestee elke jaar meer as 120 000 aan begrafnisse vir staatsdiensamptenare wat aan die siekte sterf 34 In 2006 het die superster Madonna die stigting Raising Malawi op die been gebring wat MIV wesies in die land help Sy het ook n dokumenter gefinansier oor die probleme wat Malawi se wesies ervaar met die naam I Am Because We Are 72 Raising Malawi werk ook saam met die Millennium Villages Project om opvoeding gesondheidsorg infrastruktuur en landbou in Malawi te bevorder 73 Daar is n groot risiko van aansteeklike siektes insluitende hepatitis A malaria en hondsdolheid 33 Malawi het vooruitgang gemaak met die vermindering van kindersterftes en MIV vigsgevalle maar vaar nie goed wat moedersterftes en geslagsgelykheid betref nie 55 Vroulike genitale verminking kom nie wyd voor nie maar word in sommige plaaslike gemeenskappe beoefen 74 Opvoeding Wysig Skoolkinders in die klaskamer in Karonga Malawi Kinders in Chilowamatambe in die Kasungu distrik In Malawi is primere onderwys nie verpligtend nie maar die grondwet vereis dat alle burgers die reg het tot minstens vyf jaar primere onderwys In 1994 het die regering gratis primere onderwys vir alle kinders ingestel Al meer kinders woon skool by en in laerskole het bywoning gestyg van 58 in 1992 tot 75 in 2007 Die getal kinders wat in standerd een begin en standerd vyf voltooi het toegeneem van 64 in 1992 tot 86 in 2006 Net sowat 25 gaan egter hoerskool toe 75 Geletterdheid onder die jeug het ook toegeneem van 68 in 2000 tot 82 in 2007 Dit is hoofsaaklik te danke aan beter studiemateriaal in skole beter infrastrukture en voedingsprogramme wat deur die hele skoolstelsel ingevoer is 55 Onderwys behels agt jaar primere opvoeding vier jaar sekondere opvoeding en vier jaar aan n universiteit Daar is vier openbare universiteite in die land naamlik Mzuzu die Universiteit van Lilongwe vir Landbou en Natuurlike Hulpbronne die Universiteit van Malawi en die Malawi universiteit vir Wetenskap en Tegnologie Daar is ook privaat universiteite soos Livingstonia Malawi Lakeview en die Katolieke Universiteit van Malawi Kultuur Wysig n Man bespeel die xilofoon Kinders speel die Bao bordspeletjie Die naam Malawi kom van die Maravi n Bantoevolk wat omstreeks 1400 uit die Suid Kongo daarheen getrek het By die noordoewer van die Malawimeer het die groep verdeel een groep het teen die wesoewer af suid beweeg en later die Chewa volk geword terwyl die ander groep die voorouers van die hedendaagse Nyanja teen die ooskus afbeweeg het na die suidelike deel van Malawi Etniese konflik en voortdurende migrasie het tot aan die begin van die 20ste eeu die vorming voorkom van n gemeenskap wat as uniek Malawies beskou kan word Die afgelope eeu het etniese onderskeid so afgeneem dat daar nie eintlik meer sprake van etniese botsings is nie hoewel streeksverskille steeds voorkom Die begrip van n Malawiese nasionaliteit het redelik onlangs begin posvat rondom n oorwegend plattelandse volk wat oor die algemeen konserwatief en tradisioneel nie gewelddadig is 13 Vlag van Malawi 31 Julie 2010 tot 28 Mei 2012 Van 1964 tot 2010 en weer sedert 2012 bestaan die vlag van Malawi uit drie ewe groot swart rooi en groen horisontale strepe met n opkomende son in die middel van die swart streep Die streep verteenwoordig die Afrika volke die rooi streep die bloed van die vegters vir Afrika vryheid en die groen streep Malawi se immergroen natuur Die son verteenwoordig die opkoms van vryheid en hoop vir Afrika 76 Die vlag is in 2010 verander tot in 2012 is die rooi son vervang deur n volle wit son as n simbool van die land se ekonomiese vooruitgang 77 Danse vorm n groot deel van Malawi se kultuur In November 1987 het die regering die National Dance Troupe voorheen die Kwacha Cultural Troupe gestig 48 Tradisionele musiek en danse kom voor by inisiasie en ander rituele troues en vierings Kwela is vanaf die 1960 s n gewilde musiekvorm dit het ontstaan uit n mengsel van Malawiese en Suid Afrikaanse straatmusiek danksy die invloed van Malawiese mynwerkers in Suid Afrika 78 79 Dit is steeds gewild in Malawi met moderne kunstenaars soos Daniel Kachamba amp His Kwela Band Die woord kwela beteken om te klim in Chichewa en om op te staan in Zoeloe Die xilofoon en tromme word ook bespeel Sport WysigSokker is sedert die Britse heerskappy die algemeenste sportsoort Basketbal is ook gewild 80 n Algemene tydverdryf is die bordspeletjie Bao wat ook in omliggende lande gewild is Dit word met sade gespeel op n bord met vier rye van agt holtes elk Amptelike toernooie word gehou Die inheemse etniese groepe in Malawi het n ryke tradisie van vleg en houtwerk en van die artikels word steeds in tradisionele seremonies gebruik Houtsneewerk en olieverfwerk is ook in stedelike gebiede gewild en oral is markte waarop die kunswerke aan toeriste verkoop word Die land het verskeie internasionaal erkende letterkundefigure opgelewer onder andere die digter Jack Mapanje geskiedenis en fiksieskrywer Paul Zeleza en die skrywers Legson Kayira Felix Mnthali Frank Chipasula en David Rubadiri Kookkuns WysigMalawiese kookkuns is uiteenlopend Tee en vis maak n groot deel daarvan uit 81 Suiker koffie mielies aartappels sorghum beeste en bokke is ook belangrike elemente van die kookkuns en ekonomie Die Malawimeer is die bron van vis soos chambo soortgelyk aan kurper usipa soortgelyk aan sardyne en mpasa soortgelyk aan salm 81 Nsima is n stapelvoedsel wat gemaak word van fyngemaalde mielies dit word voorgesit saam met vleis en groente Dit kan vir middag of aandete geeet word 81 Media WysigNaas die Malawiese uitsaaikorporasie Malawi Broadcasting Corporation MBC wat televisie en radioprogramme uitsaai is daar privaat radiostasies soos Capital Radio en Zodiak Malawi se twee dagblaaie The Nation en The Daily Times word aangevul deur n aantal weekblaaie soos Weekend Nation Sunday Times en Malawi News 82 Verdediging WysigMalawi het n klein militere weermag van sowat 25 000 soldate Dit bestaan uit n leer vloot en lugmag elemente Die leer het ontstaan uit die voormalige Britse koloniale magte Die lugmag is in 1976 gestig met Duitse hulp en bestaan uit n klein getal vervoervliegtuie en veeldoelhelikopters Die vloot het drie bote op die Malawimeer hul basis is in Monkey Bay 83 Verwysings Wysig en Berry Bruce 6 Februarie 2005 Malawi Flags of the World Website Flags of the World Besoek op 16 Julie 2014 Malawi National Anthem Lyrics National Anthem Lyrics in Engels Lyrics on Demand Geargiveer vanaf die oorspronklike op 18 Mei 2020 Besoek op 2 Julie 2020 3 0 3 1 Malawi Government in Engels Malawi Government Geargiveer vanaf die oorspronklike op 18 Mei 2020 Besoek op 31 Julie 2015 Malawi Government in Engels Regering van Malawi Geargiveer vanaf die oorspronklike op 16 April 2020 Besoek op 2 Julie 2020 Overall total population World Population Prospects The 2020 Revision xslx Verenigde Nasies se Departement van Ekonomiese en Maatskaplike Sake Bevolkingsafdeling custom data acquired via website in Engels Verenigde Nasies Geargiveer vanaf die oorspronklike op 18 Februarie 2020 Besoek op 2 Julie 2020 2018 Population and Housing Census Main Report PDF in Engels Malawi National Statistical Office Geargiveer PDF vanaf die oorspronklike op 8 Junie 2020 Besoek op 2 Julie 2020 7 0 7 1 7 2 7 3 en Malawi Internasionale Monetere Fonds Oktober 2019 Besoek op 2 Julie 2020 2019 Human Development Index Ranking in Engels United Nations Development Programme 2019 Geargiveer vanaf die oorspronklike op 7 Julie 2020 Besoek op 2 Julie 2020 Malawi in Engels Wereldbank Geargiveer vanaf die oorspronklike op 9 Oktober 2019 Besoek op 2 Julie 2020 Malawi Malaui Malaui Malaui Malavi ou Malavi DicionarioeGramatica com br in Engels Geargiveer vanaf die oorspronklike op 9 Oktober 2019 Besoek op 2 Julie 2020 en Malawi The Warm Heart of Africa Network of Organizations for Vulnerable amp Orphan Children Besoek op 26 Januarie 2011 12 0 12 1 12 2 12 3 12 4 en Cutter Africa 2006 bl 142 13 0 13 1 13 2 13 3 13 4 13 5 Background Note Malawi Bureau of African Affairs in Engels U S Department of State 11 Januarie 2011 Geargiveer vanaf die oorspronklike op 8 Mei 2019 Besoek op 2 Julie 2020 en Davidson Africa in History bl 164 165 en John G Pike 1969 Malawi A Political and Economic History Londen Pall Mall Press bl 77 9 83 4 en F Axelson 1967 Portugal and the Scramble for Africa bl 182 3 198 200 Johannesburg Witwatersrand University Press 17 0 17 1 en Murphy Central Africa bl xxvii en Murphy Central Africa bl 28 en Murphy Central Africa bl li 20 0 20 1 en Cutter Africa 2006 bl 143 en Meredith The Fate of Africa bl 285 en Meredith The Fate of Africa bl 380 Malawi president wins re election in Engels BBC News 22 Mei 2009 Geargiveer vanaf die oorspronklike op 9 Oktober 2019 Besoek op 2 Julie 2020 Sevenzo Farai 3 Mei 2011 African viewpoint Is Malawi reverting to dictatorship in Engels BBC Geargiveer vanaf die oorspronklike op 28 September 2019 Besoek op 2 Julie 2020 Malawi riots erupt in Lilongwe and Mzuzu in Engels BBC 20 Julie 2011 Geargiveer vanaf die oorspronklike op 12 Oktober 2019 Besoek op 2 Julie 2020 en Jomo Frank and Latham Brian 22 Julie 2011 U S Condemns Crackdown on Protests in Malawi That Left 18 Dead Bloomberg Besoek op 6 April 2012 AS1 onderhoud meer as een naam authors list link en Malawi president dies leaves nation in political suspense The Telegraph 6 April 2012 Besoek op 6 April 2012 Malawi election Peter Mutharika wins presidential vote BBC in Engels 30 Mei 2015 Geargiveer vanaf die oorspronklike op 5 Desember 2019 Besoek op 2 Julie 2020 29 0 29 1 en Chakwera declared winner of Malawi presidential election defeats incumbent Mutharika Nyasa Times 27 Junie 2020 Besoek op 2 Julie 2020 en Jurisdiction Malawi Judiciary Besoek op 12 Augustus 2013 Crouch Megan 18 Augustus 2011 Improving Legal Access for Rural Malawi Villagers in Engels Jurist Geargiveer vanaf die oorspronklike op 10 Augustus 2017 Besoek op 2 Julie 2020 32 0 32 1 Benson Todd Chapter 1 An Introduction PDF Malawi An Atlas of Social Statistics in Engels National Statistical Office Government of Malawi p 2 Geargiveer vanaf die oorspronklike op 9 Oktober 2019 Besoek op 2 Julie 2020 33 00 33 01 33 02 33 03 33 04 33 05 33 06 33 07 33 08 33 09 33 10 33 11 33 12 Malawi The World Factbook in Engels CIA Geargiveer vanaf die oorspronklike op 24 April 2020 Besoek op 2 Julie 2020 34 0 34 1 34 2 34 3 34 4 en Dickovick Africa 2008 bl 278 Ngozo Claire 7 Mei 2011 China puts its mark on Malawi in Engels The Guardian Geargiveer vanaf die oorspronklike op 13 Mei 2011 Besoek op 2 Julie 2020 Nsehe Mfonobong 17 Julie 2011 U K Stops Budgetary Aid To Malawi in Engels Forbes Geargiveer vanaf die oorspronklike op 20 Julie 2011 Besoek op 2 Julie 2020 en Dugger Celia W 26 Julie 2011 U S Freezes Grant to Malawi Over Handling of Protests The New York Times Besoek op 27 Julie 2011 2010 Human Rights Report Malawi in Engels VSA departement van buitelandse sake 8 April 2011 Geargiveer vanaf die oorspronklike op 19 Januarie 2012 Besoek op 21 Julie 2011 en According to the WHO The 10 countries with the highest rates of child marriage are Niger 75 Chad and Central African Republic 68 Bangladesh 66 Guinea 63 Mozambique 56 Mali 55 Burkina Faso and South Sudan 52 and Malawi 50 1 Batha Emma 16 Februarie 2015 Malawi bans child marriage lifts minimum age to 18 in Engels Reuters Geargiveer vanaf die oorspronklike op 1 Oktober 2015 Besoek op 19 Junie 2015 Women And Law In Southern Africa Research And Educational Trust Wlsa Malawi PDF Ohchr org in Engels Geargiveer PDF vanaf die oorspronklike op 4 Maart 2016 Besoek op 9 Februarie 2016 en Witchcraft Accusations And Human Rights Case Studies From Malawi PDF Ir lawnet fordham edu Besoek op 9 Februarie 2016 Tenthani Rafael 18 Mei 2010 Gay couple convicted in Malawi faces 14 year term in Engels Aegis Associated Press Geargiveer vanaf die oorspronklike op 8 Maart 2012 Besoek op 22 September 2010 en Malawi pardons jailed gay couple Irish Times 29 Mei 2010 Besoek op 29 Mei 2010 David Smith en Godfrey Mapondera 18 Mei 2012 Malawi president vows to legalise homosexuality in Engels The Guardian Geargiveer vanaf die oorspronklike op 21 Januarie 2013 Besoek op 18 Mei 2012 AS1 onderhoud gebruik authors parameter link en Judith Moyo 12 Mei 2016 Malawi court dismisses anti gay law morotorium Nyasa Times Geargiveer vanaf die oorspronklike op 13 Mei 2016 Besoek op 15 Mei 2016 AS1 onderhoud gebruik authors parameter link en Douglas John Somer 1998 Malawi The Lake of Stars Travel Africa 4 Geargiveer vanaf die oorspronklike op 14 Januarie 2009 Besoek op 22 Augustus 2008 48 0 48 1 en Turner The Statesman s Yearbook bl 824 Euromoney Country Risk Euromoney Country Risk in Engels Euromoney Institutional Investor PLC Geargiveer vanaf die oorspronklike op 14 Junie 2019 Besoek op 15 Augustus 2011 en Britain reduces aid to Malawi over presidential jet Reuters 10 Maart 2010 Geargiveer vanaf die oorspronklike op 10 Mei 2011 Besoek op 14 Mei 2016 en Malawi Fuel shortage deepens Africa News 11 November 2009 en Forex shortage crimps Malawi ministers foreign trips Nyasa Times 19 November 2009 en Country Brief Malawi Die Wereldbank September 2008 Besoek op 3 Januarie 2009 Banda Mabvuto 1 April 2009 Malawi economy grew by around 9 7 pct in 2008 IMF in Engels Reuters Africa Geargiveer vanaf die oorspronklike op 9 Oktober 2019 Besoek op 7 April 2009 55 0 55 1 55 2 en Malawi releases the 2008 MDGs Report United Nations Development Programme Malawi 23 Desember 2008 Besoek op 3 Januarie 2009 Why Population Matters to Malawi s Development Managing Population Growth for Sustainable Development Department of Population and Development PDF in Engels Department of Population and Development Ministry of Economic Planning and Development Government of Malawi 2012 Geargiveer PDF vanaf die oorspronklike op 17 Mei 2017 Besoek op 8 Oktober 2014 Devastation and disease after deadly Malawi floods in Engels Al Jazeera English 25 Februarie 2015 Geargiveer vanaf die oorspronklike op 9 Oktober 2019 Besoek op 9 Februarie 2016 Tenthani Raphael 24 April 2000 Legal Hemp for Malawi in Engels BBC News Geargiveer vanaf die oorspronklike op 29 Oktober 2019 Besoek op 21 Desember 2011 en Marijuana Cultivation Increases in Malawi New York Times 17 Desember 1998 Besoek op 21 Desember 2011 en Mpaka Charles 11 Desember 2011 Malawi s Chamba valued at K1 4 billion Sunday Times Blantyre Newspapers Ltd Besoek op 21 Desember 2011 Dugger Celia W 2 Desember 2007 Ending Famine Simply by Ignoring the Experts New York Times in Engels Geargiveer vanaf die oorspronklike op 9 Oktober 2019 Besoek op 5 Augustus 2008 Malawi NICI in Africa in Engels Economic Commission for Africa Geargiveer vanaf die oorspronklike op 25 Junie 2012 Besoek op 6 November 2008 en frm Message Besoek op 9 Februarie 2016 Languages of Malawi Ethnologue in Engels SIL International Geargiveer vanaf die oorspronklike op 14 Oktober 2012 Besoek op 21 November 2008 The Malawi Religion Project MRP Malawi Longitudinal Study of Families and Health MLSFH in Engels Malawi pop upenn edu Geargiveer vanaf die oorspronklike op 19 Desember 2019 Besoek op 31 Desember 2013 en Hans Peter Kohler Cohort Profile The Malawi Longitudinal Study of Families and Health MLSFH Repository upenn edu Besoek op 9 Februarie 2016 en Richard Carver Where Silence Rules The Suppression of Dissent in Malawi p 59 Besoek op 7 Junie 2014 en Joshua Project Jews in Malawi Joshuaproject net Besoek op 19 April 2013 Malawi International Religious Freedom Report 2007 in Engels U S Department of State 14 September 2007 Geargiveer vanaf die oorspronklike op 19 Januarie 2012 Besoek op 18 Desember 2008 en McCabe Ariane Desember 2009 Private Sector Pharmaceutical Supply and Distribution Chains Ghana Mali and Malawi PDF Health Systems Outcome Publication World Bank Geargiveer PDF vanaf die oorspronklike op 3 Maart 2016 Besoek op 2 April 2012 en Malawi Investment Promotion Agency 2008 bl 20 Investment Guide en Luscombe Belinda 6 Augustus 2006 Madonna Finds a Cause Time Geargiveer vanaf die oorspronklike op 23 Augustus 2013 Besoek op 24 Oktober 2008 en Hutton Punch Julie 2007 Raising Malawi Vanity Fair Besoek op 24 Oktober 2008 Cultural Practices Report PDF in Engels Geargiveer vanaf die oorspronklike PDF op 26 Junie 2013 Besoek op 20 November 2014 The world youth report youth and climate change PDF United Nations in Engels Geargiveer PDF vanaf die oorspronklike op 5 Maart 2016 Besoek op 17 Januarie 2012 en Berry Bruce 6 Februarie 2005 Malawi Flags of the World Website Flags of the World Besoek op 22 September 2010 en DPP govt blew K3bn on flag change Nyasa Times 30 Mei 2012 Besoek op 10 April 2013 Jecks Nikki 6 Augustus 2009 Reviving Malawi s music heritage in Engels BBC News Geargiveer vanaf die oorspronklike op 9 Oktober 2019 Besoek op 29 Januarie 2012 en Music of Malawi Kwela LiquiSearch URL besoek op 15 Mei 2016 en Gall James L red 1998 Worldmark Encyclopaedia of Cultures and Daily Life Volume 1 Africa Detroit en Londen Gale Research pp 101 102 ISBN 0 7876 0552 2 volume has extra text help 81 0 81 1 81 2 The Official Website of the Embassy of the Republic of Malawi to Japan Malawiembassy org in Engels Geargiveer vanaf die oorspronklike op 14 Maart 2013 Besoek op 9 Februarie 2016 Amt Auswartiges Auswartiges Amt Auswartiges Amt Auswartiges Amt DE in Duits Geargiveer vanaf die oorspronklike op 19 Oktober 2017 Besoek op 22 Junie 2016 en Turner The Statesman s Yearbook bl 822Bronne WysigAlgemeen en Malawi Encyclopaedia Britannica Besoek op 2 Julie 2020 en Malawi Central Intelligence Agency Besoek op 2 Julie 2020 Eksterne skakels WysigWikimedia Commons bevat media in verband met Malawi Sien Malawi in Wiktionary die vrye woordeboek Regering Wysig en Regering van die Republiek Malawi amptelike werf en Malawi Nasionale Vergadering Geargiveer 20 Desember 2009 op Wayback Machine amptelike werf en Ministerie van Inligting en Toerisme Geargiveer 13 Mei 2007 op Wayback Machine amptelike werfNuus Wysig en allAfrica com Malawi nuus hoofberigte skakels en The Nation Online Geargiveer 20 Julie 2006 op Wayback Machine daaglikse koerantOorsigte Wysig en BBC Nuus Landprofiel Malawi en CIA World Factbook Malawi Geargiveer 3 Oktober 2006 op Wayback MachineGidse Wysig en LookSmart Malawi Geargiveer 4 Maart 2016 op Wayback Machine en Open Directory Projek Malawi Geargiveer 11 September 2005 op Wayback Machine en Stanford Universiteit Afrika suid van die Sahara Malawi en Die Indeks van Afrika Malawi Geargiveer 18 Augustus 2004 op Wayback Machine en Universiteit van Pennsylvania Afrikastudiessentrum Malawi en Yahoo Malawi Geargiveer 8 Augustus 2006 op Wayback Machine directory categoryToerisme Wysig en Toerisme inligting oor Malawi op Wikivoyage en Besoek Malawi Toerisme werf aangebied deur lede van die bedryf Ontsluit van https af wikipedia org w index php title Malawi amp ol,