×
Magenta
#FF00FF

Magenta is 'n pers-rooi kleur, wat ook as fuchsia of siklaam bekend staan. Magenta is een van die eerste kunsmatig vervaardigde anilienkleure en is in 1859 deur die Britse chemikus Sir William Henry Perkin (1838–1907) ontdek. Hy vernoem dit na die Italiaanse stad Magenta, waar in dieselfde jaar 'n groot slag tussen die Franse en Oostenrykers plaasgevind het.

Magenta is 'n primêre kleur in die aftrekkende kleurstelsel en 'n sekondêre kleur in die toevoegende kleurstelsel. In albei stelsels is dit die komplementêre kleur van groen. By inkdrukkers is magenta 'n standaardkleur vir die vierkleurdruk.

Volgens verskeie kleurskemas word magenta as volg voorgestel:

Model Koördinate
Heksadesimale kode #FF00FF
RGB-kleurmodel (255, 0, 255)
CMYK (0, 100, 0, 0)
HSV (300°, 100%, 100%)
  • 'n Blom

  • Indonesiese kleredrag

  • 'n Ford-motor in magentakleur

  • 'n Bruindwerg (ster)


Publikasie datum: September 26, 2021

magenta, ff00ff, pers, rooi, kleur, fuchsia, siklaam, bekend, staan, eerste, kunsmatig, vervaardigde, anilienkleure, 1859, deur, britse, chemikus, william, henry, perkin, 1838, 1907, ontdek, vernoem, italiaanse, stad, waar, dieselfde, jaar, groot, slag, tussen. FF00FF Magenta is n pers rooi kleur wat ook as fuchsia of siklaam bekend staan Magenta is een van die eerste kunsmatig vervaardigde anilienkleure en is in 1859 deur die Britse chemikus Sir William Henry Perkin 1838 1907 ontdek Hy vernoem dit na die Italiaanse stad Magenta waar in dieselfde jaar n groot slag tussen die Franse en Oostenrykers plaasgevind het Magenta is n primere kleur in die aftrekkende kleurstelsel en n sekondere kleur in die toevoegende kleurstelsel In albei stelsels is dit die komplementere kleur van groen By inkdrukkers is magenta n standaardkleur vir die vierkleurdruk Kleurkoordinate WysigVolgens verskeie kleurskemas word magenta as volg voorgestel Model KoordinateHeksadesimale kode FF00FFRGB kleurmodel 255 0 255 CMYK 0 100 0 0 HSV 300 100 100 n Blom Indonesiese kleredrag n Ford motor in magentakleur n Bruindwerg ster Sien ook WysigLys van kleureOntsluit van https af wikipedia org w index php title Magenta amp ol,