×
Maas

Die Maas (Duits: Maas, Engels: Meuse, Frans: Meuse, Latyn: Mosa, Limburgs: Maos, Wallonies: Mouze) is 'n Wes-Europese rivier, wat vanaf Frankryk deur België na Nederland vloei. Dit is hoofsaaklik 'n reënrivier. Die herkoms van die naam is nie bekend nie.

Maasrivier
Die Maas-rivier naby Dinant.
Die stroomgebied van die Maas.
Oorsprong Plateau van Langres, Champagne-Ardenne
Monding Maas-delta, Nederland
Noordsee
Stroomgebied Frankryk, België, Nederland
Lengte 925 km (575 myl)
Oorspronghoogte 409 m (1 342 voet)
Gemiddelde afloop 350 m³/s (1 236 ft³/s)
Stroomgebiedopp. 34 548 km² (13 900 myl²)
Kaart van die Maas-bekken in Europa.

Die Maas se oorsprong is naby die dorp Pouilly-en-Bassigny op die Plateau van Langres in die suide van die Franse gewes Champagne-Ardenne. Dit vloei noord (deur Lotaringe en weer deur Champagne-Ardenne) langs die Franse stede Verdun, Sedan en Charleville-Mézières.

Verby Givet vloei die rivier deur België, langs die Waalse stede Dinant, Namur (Namen), Huy (Hoei) en Liège (Luik). Verby Visé (Wezet) vorm die Maas die grens tussen België en Nederland en vloei langs die Nederlands-Limburgse stad Maastricht en die Belgies-Limburgse stad Maaseik.

Vanaf Thorn vloei die Maas alleen nog deur Nederland, langs die Limburgse stede Roermond en Venlo en langs die Noord-Brabantse stede 's-Hertogenbosch en Heusden. Tot 1904 het die Maas met die Waal -die grootste een van die drie Rynarme- naby Woudrichem saamgekom en het daar die Merwe of Merwede gevorm, wat bekend is van die Afrikaanse van Van der Merwe. In 1904 is die Maas daar egter afgesluit en het sy water 'n ander uitweg gekry, deur die Bergse Maas wat suideliker gegrawe is. Via die Hollandsch Diep vloei dit nou in die Ryn-Maas-delta, waar die water van die Maas vermeng met die Ryn se water in die Noordsee uitmond. In dié delta is daar nog stukke rivier soos die Oude Maas naby Dordrecht, die Nieuwe Maas naby Rotterdam -wat homself trots die Maasstad noem- en die Brielse Maas naby Brielle wat die naam Maas dra en herinner aan die oorspronklike loop van die rivier. Die Brielse Maas het tot ná die Tweede Wêreldoorlog in die Noordsee uitgemond, maar is al voor die Watersnoodramp in 1953 afgesluit.

In die middeleeu was die Maas 'n belangrike logistieke roete met kastele.

Die Maas se syriviere is o.a.:

  • Bar
  • Semois
  • Lesse
  • Sambre
  • Ourthe
  • Voer
  • Jeker
  • Geul
  • Roer
  • Niers
  • Dieze
  • Afgedamde Maas
  • Donge
  • Dintel
  1. En langs die dorpie Domrémy-la-Pucelle, wat die geboorteplek van Johanna van Arkel is.
  • Nederlandstalige en Franstalige Wikipedias.
Hierdie artikel is ’n saadjie. Voel vry om Wikipedia te help deur dit uit te brei.

Publikasie datum: Augustus 18, 2021

maas, duits, engels, meuse, frans, meuse, latyn, mosa, limburgs, maos, wallonies, mouze, europese, rivier, vanaf, frankryk, deur, belgië, nederland, vloei, hoofsaaklik, reënrivier, herkoms, naam, bekend, rivierdie, rivier, naby, dinant, stroomgebied, oorsprong. Die Maas Duits Maas Engels Meuse Frans Meuse Latyn Mosa Limburgs Maos Wallonies Mouze is n Wes Europese rivier wat vanaf Frankryk deur Belgie na Nederland vloei Dit is hoofsaaklik n reenrivier Die herkoms van die naam is nie bekend nie MaasrivierDie Maas rivier naby Dinant Die stroomgebied van die Maas Oorsprong Plateau van Langres Champagne ArdenneMonding Maas delta Nederland NoordseeStroomgebied Frankryk Belgie NederlandLengte 925 km 575 myl Oorspronghoogte 409 m 1 342 voet Gemiddelde afloop 350 m s 1 236 ft s Stroomgebiedopp 34 548 km 13 900 myl Kaart van die Maas bekken in Europa Die Maas se oorsprong is naby die dorp Pouilly en Bassigny op die Plateau van Langres in die suide van die Franse gewes Champagne Ardenne Dit vloei noord deur Lotaringe en weer deur Champagne Ardenne langs die Franse 1 stede Verdun Sedan en Charleville Mezieres Verby Givet vloei die rivier deur Belgie langs die Waalse stede Dinant Namur Namen Huy Hoei en Liege Luik Verby Vise Wezet vorm die Maas die grens tussen Belgie en Nederland en vloei langs die Nederlands Limburgse stad Maastricht en die Belgies Limburgse stad Maaseik Vanaf Thorn vloei die Maas alleen nog deur Nederland langs die Limburgse stede Roermond en Venlo en langs die Noord Brabantse stede s Hertogenbosch en Heusden Tot 1904 het die Maas met die Waal die grootste een van die drie Rynarme naby Woudrichem saamgekom en het daar die Merwe of Merwede gevorm wat bekend is van die Afrikaanse van Van der Merwe In 1904 is die Maas daar egter afgesluit en het sy water n ander uitweg gekry deur die Bergse Maas wat suideliker gegrawe is Via die Hollandsch Diep vloei dit nou in die Ryn Maas delta waar die water van die Maas vermeng met die Ryn se water in die Noordsee uitmond In die delta is daar nog stukke rivier soos die Oude Maas naby Dordrecht die Nieuwe Maas naby Rotterdam wat homself trots die Maasstad noem en die Brielse Maas naby Brielle wat die naam Maas dra en herinner aan die oorspronklike loop van die rivier Die Brielse Maas het tot na die Tweede Wereldoorlog in die Noordsee uitgemond maar is al voor die Watersnoodramp in 1953 afgesluit In die middeleeu was die Maas n belangrike logistieke roete met kastele Syriviere WysigDie Maas se syriviere is o a Bar Semois Lesse Sambre Ourthe Voer Jeker Geul Roer Niers Dieze Afgedamde Maas Donge DintelVerwysings Wysig En langs die dorpie Domremy la Pucelle wat die geboorteplek van Johanna van Arkel is Bronne WysigNederlandstalige en Franstalige Wikipedias Wikimedia Commons bevat media in verband met Maas Sien maas in Wiktionary die vrye woordeboek Hierdie artikel is n saadjie Voel vry om Wikipedia te help deur dit uit te brei Ontsluit van https af wikipedia org w index php title Maas amp ol,