fbpx
Wikipedia

Maand

'n Maand was oorspronklik gebaseer op die tyd wat die maan neem om 'n siklus van fases te voltooi. Die kalender- of burgerlike maand het vir praktiese redes 'n heelgetal aantal dae. Daarom kan die maande nie almal eweveel dae hê nie.

Die maand April word op 'n kalender uitgebeeld.
’n Animasie van die Maan soos dit deur sy fases beweeg, soos in 2007 gesien. Dit gebeur binne omtrent 29,5 dae en dis waar die woord maand vandaan kom

Met die Gregoriaanse kalender, en ander kalendersisteme wat op die sonjaar gebaseer is, is die lengte van die maand sodanig dat daar 12 maande in een jaar pas. Met sisteme wat op die maan gebaseer is, is die lengte van die maand sodanig dat dit sover moontlik met die sinodiese maand ooreenkom.

Maande in die Westerse jaar

Die Westerse jaar bestaan uit die volgende maande:

Maand Aantal dae Genoem na Ander name
Januarie 31 die Romeinse god Janus loumaand, ysmaand, wolfsmaand, hardmaand
Februarie 28 of 29[1] die Etruskiese god Februus sprokkelmaand
Maart 31 die Romeinse god Mars lentemaand
April 30 aperire ( = open in Latyn) grasmaand
Mei 31 die Griekse godin Maia bloeimaand, wonnemaand, Mariamaand
Junie 30 die Romeinse godin Juno somermaand, weidemaand
Julie 31 die Romeinse veldheer Julius Caesar hooimaand
Augustus 31 die Romeinse keiser Augustus Octavianus oogstmaand
September 30 Latyn vir sewende maand herfsmaand
Oktober 31 Latyn vir agtste maand wynmaand, saaimaand
November 30 Latyn vir negende maand slagmaand
Desember 31 Latyn vir tiende maand wintermaand, feesmaand, kersmaand

By die aanduiding van 'n tydsduur kan dit verwarrend wees omdat die lengte van 'n maand kan wissel van 28 tot 31 dae. 'n Stelling soos "2 maande en 20 dae" is darem onakkuraat in terme van aantal dae, tensy dit duidelik is op watter datum dié periode eindig. Bowendien kan "2 maande en 20 dae" plus "3 maande en 15 dae" byvoorbeeld "6 maande en 5 dae" wees, maar ook "6 maande en 4 dae". Selfs by 'n gegewe begindatum kan die uitkoms ook anders wees by verwisseling van die twee terme ("3 maande en 15 dae" plus "2 maande en 20 dae").

Verwysings

  1. By 'n hoe uitsondering het self 'n 30 Februarie voorgekom

Eksterne skakels

Maand
maand, oorspronklik, gebaseer, maan, neem, siklus, fases, voltooi, kalender, burgerlike, maand, praktiese, redes, heelgetal, aantal, daarom, maande, almal, eweveel, maand, april, word, kalender, uitgebeeld, animasie, maan, soos, deur, fases, beweeg, soos, 2007. n Maand was oorspronklik gebaseer op die tyd wat die maan neem om n siklus van fases te voltooi Die kalender of burgerlike maand het vir praktiese redes n heelgetal aantal dae Daarom kan die maande nie almal eweveel dae he nie Die maand April word op n kalender uitgebeeld n Animasie van die Maan soos dit deur sy fases beweeg soos in 2007 gesien Dit gebeur binne omtrent 29 5 dae en dis waar die woord maand vandaan kom Met die Gregoriaanse kalender en ander kalendersisteme wat op die sonjaar gebaseer is is die lengte van die maand sodanig dat daar 12 maande in een jaar pas Met sisteme wat op die maan gebaseer is is die lengte van die maand sodanig dat dit sover moontlik met die sinodiese maand ooreenkom Maande in die Westerse jaar WysigDie Westerse jaar bestaan uit die volgende maande Maand Aantal dae Genoem na Ander nameJanuarie 31 die Romeinse god Janus loumaand ysmaand wolfsmaand hardmaandFebruarie 28 of 29 1 die Etruskiese god Februus sprokkelmaandMaart 31 die Romeinse god Mars lentemaandApril 30 aperire open in Latyn grasmaandMei 31 die Griekse godin Maia bloeimaand wonnemaand MariamaandJunie 30 die Romeinse godin Juno somermaand weidemaandJulie 31 die Romeinse veldheer Julius Caesar hooimaandAugustus 31 die Romeinse keiser Augustus Octavianus oogstmaandSeptember 30 Latyn vir sewende maand herfsmaandOktober 31 Latyn vir agtste maand wynmaand saaimaandNovember 30 Latyn vir negende maand slagmaandDesember 31 Latyn vir tiende maand wintermaand feesmaand kersmaandBy die aanduiding van n tydsduur kan dit verwarrend wees omdat die lengte van n maand kan wissel van 28 tot 31 dae n Stelling soos 2 maande en 20 dae is darem onakkuraat in terme van aantal dae tensy dit duidelik is op watter datum die periode eindig Bowendien kan 2 maande en 20 dae plus 3 maande en 15 dae byvoorbeeld 6 maande en 5 dae wees maar ook 6 maande en 4 dae Selfs by n gegewe begindatum kan die uitkoms ook anders wees by verwisseling van die twee terme 3 maande en 15 dae plus 2 maande en 20 dae Verwysings Wysig By n hoe uitsondering het self n 30 Februarie voorgekomEksterne skakels Wysig Wikimedia Commons het meer media in die kategorie Maand Wikiwoordeboek het n inskrywing vir maand Hierdie artikel is n saadjie Voel vry om Wikipedia te help deur dit uit te brei Maande van die jaarJanuarie Februarie Maart April Mei Junie Julie Augustus September Oktober November DesemberOntsluit van https af wikipedia org w index php title Maand amp oldid 1893664,