fbpx
Wikipedia

Maagd (sterreteken)

Die Maagd (Lat: Virgo) is die Westerse astrologiese teken van mense wat tussen ongeveer 23 Augustus en 22 September gebore is. Dit is die sesde teken van die Diereriem.

Maagd (Virgo)
Die astrologiese simbool van die Maagd

Die Maagd is een van die drie aardtekens en vier beweeglike tekens. Dis ’n vroulike, negatiewe, introverte teken en is vergelykbaar met die Haan van die Sjinese Diereriem.[1] Die tradisionele heerser van die Maagd is Mercurius.

Maagde kom volgens die astrologie goed oor die weg met lede van die ander aardtekens, Bul en Steenbok, asook met Krewe en Skerpioene.

Agtergrond

Jou son- of sterreteken het betrekking op die stand van die son tydens jou geboorte. Astroloë verdeel die diereriem, die denkbeeldige gordel aan die hemelruim waarlangs die planete beweeg, in twaalf dele: die son- of sterretekens. Die "sterrebeelde" is eintlik die astronomiese konstellasies aan die hemelruim en kom weens die presessie van die nageweningspunte nie meer ooreen met die twaalf tekens wat in die astrologie gebruik word nie.

Verwysings

Hierdie artikel is merendeels vertaal vanaf die Nederlandse Wikipedia-artikel nl:Maagd (astrologie)
  1. Theodora Lau, The Handbook of Chinese Horoscopes, pxxvii, Souvenir Press, Londen, 2005

Eksterne skakels

  • Elore oor die Maagd
  • Die Maagd in diepte

Maagd (sterreteken)
maagd, sterreteken, maagd, virgo, westerse, astrologiese, teken, mense, tussen, ongeveer, augustus, september, gebore, sesde, teken, diereriem, maagd, virgo, astrologiese, simbool, maagd, maagd, drie, aardtekens, vier, beweeglike, tekens, vroulike, negatiewe, . Die Maagd Lat Virgo is die Westerse astrologiese teken van mense wat tussen ongeveer 23 Augustus en 22 September gebore is Dit is die sesde teken van die Diereriem Maagd Virgo Die astrologiese simbool van die Maagd Die Maagd is een van die drie aardtekens en vier beweeglike tekens Dis n vroulike negatiewe introverte teken en is vergelykbaar met die Haan van die Sjinese Diereriem 1 Die tradisionele heerser van die Maagd is Mercurius Maagde kom volgens die astrologie goed oor die weg met lede van die ander aardtekens Bul en Steenbok asook met Krewe en Skerpioene Agtergrond WysigJou son of sterreteken het betrekking op die stand van die son tydens jou geboorte Astroloe verdeel die diereriem die denkbeeldige gordel aan die hemelruim waarlangs die planete beweeg in twaalf dele die son of sterretekens Die sterrebeelde is eintlik die astronomiese konstellasies aan die hemelruim en kom weens die presessie van die nageweningspunte nie meer ooreen met die twaalf tekens wat in die astrologie gebruik word nie Verwysings WysigHierdie artikel is merendeels vertaal vanaf die Nederlandse Wikipedia artikel nl Maagd astrologie Theodora Lau The Handbook of Chinese Horoscopes pxxvii Souvenir Press Londen 2005Eksterne skakels WysigElore oor die Maagd Die Maagd in diepteOntsluit van https af wikipedia org w index php title Maagd sterreteken amp oldid 1426140,