×
Maagd (sterrebeeld)
Vir ’n artikel oor die sterreteken, sien Maagd (sterreteken).

Die Maagd (Latyn: Virgo) is ’n sterrebeeld in die suidelike hemelruim en deel van die diereriem. Dit lê tussen die Leeu in die weste en die Weegskaal in die ooste en is die tweede grootste van al die sterrebeelde, naas die aangrensende Noordelike Waterslang. Die konstellasie kan maklik gevind word deur middel van sy helderste ster, Spica (α Vir). Sy simbool is .

Maagd
Latynse naam Virgo
Genitief Virginis
Afkorting Vir
Waarnemingsdata (Epog J2000)
Regte klimming 13h
Deklinasie -4º
Grootte 1 294 vk. grade (2de)
Kwadrant SQ3
Besonderhede
Hoofsterre 9, 15
Helderste ster Spica (Alpha Virginis)
Naaste ster Ross 128
Sterre helderder as 3 m 3
Sterre met planete 26
Messier-voorwerpe 11
Bayer-/Flamsteed-sterre 96
Meteoorreëns Virginids, Mu Virginids
Aangrensende sterrebeelde
Veewagter, Berenice se Hare, Leeu, Beker, Kraai, Noordelike Waterslang, Weegskaal, Slang
Portaal Sterrekunde

Die Maagd is een van die 48 konstellasies wat deur die 2de-eeuse sterrekundige Ptolemaeus beskryf is en is steeds een van die 88 moderne sterrebeelde.

Inhoud

Die sterrebeeld Maagd.

Sterre

Naas Spica is ander helder sterre in die sterrebeeld Beta Virginis (Zavijava), Gamma Virginis (Porrima), Delta Virginis (Auva) en Epsilon Virginis (Vindemiatrix).

Ander, dowwer sterre wat ook name het, sluit in Zeta Virginis (Heze), Eta Virginis (Zaniah), Iota Virginis (Syrma) en Mu Virginis (Rijl al Awwa).

Eksoplanete

Daar is altesaam 34 bekende eksoplanete om 28 sterre in die Maagd. Die ster 70 Virginis het een van die eerste bekende eksoplaneetstelsels, met een bevestigde planeet wat 7,5 keer so swaar soos Jupiter is.

Chi Virginis het een van die swaarste planete wat nog waargeneem is, met ’n massa van11,1 MJ. Die ster 61 Virginis, wat baie soos die Son is, het drie planete: een is ’n super-aarde en twee is omtrent so swaar soos Neptunus.

SS Virginis is ’n veranderlike ster met ’n opvallende rooi kleur. Dit wissel in magnitude van minimum 9,6 tot maksimum 6 oor ’n tydperk van sowat ’n jaar.

Ander sterre met planete sluit in PSR B1257+12 (drie planete) en NY Virginis (twee planete).

Diepruimtevoorwerpe

Die sterrebeeld bevat ’n sterrestelselswerm, die Virgo-swerm, met verskeie Messier-voorwerpe. Een van die sterrestelsels in die swerm is Messier 87, ’n beroemde radiobron danksy ’n stroom elektrone wat uit sy supermassiewe swartkolk voortkom. Dit is ook die grootste sterrestelsel in die Maagd.

Ander Messier-voorwerpe sluit in Messier 49 (ellipties), Messier 58 (spiraal), Messier 59 (ellipties), Messier 60 (ellipties), Messier 61 (spiraal), Messier 84 (lensvormig), Messier 86 (lensvormig), Messier 89 (ellipties) en Messier 90 (spiraal).

NGC 4639 is ’n staafspiraalstelsel wat van voor af gesien word. Dit is sowat 78 miljoen ligjare van die Aarde af en het ’n rooiverskuiwing van 0,0034. Sy buitenste arms bevat ’n groot aan Cepheïede, wat gebruik word as standaard-aanwysers om afstande in die ruimte te bepaal. Deur verskeie Cepheïede in NGC 4639 te gebruik, het sterrekundiges tipe 1a-supernovas gekalibreer as standaard-aanwysers om die afstande van meer verafgeleë sterrestelsels te bepaal.

’n Stelsel wat nie deel van die swerm uitmaak nie, is die Sombrero-sterrestelsel (M104), ’n ongewone spiraalstelsel. Dit het ’n buitengewoon groot groep sterre in sy middel wat uit ouer sterre bestaan. Dit word omring deur groot, helder bolvormige sterreswerms en het ’n baie prominente stofbaan.

NGC 4438 is ’n sterrestelsel met ’n aktiewe kern. Sy supermassiewe swartkolk spu strome materiaal uit wat borrels vorm met ’n deursnee van tot 800 ligjare. NGC 4261 het ook ’n swartkolk wat sowat 20 ligjare van sy kern af geleë is en ’n massa van sowat 1,2 miljard sonmassas het. Dit het ’n ongewone stowwerige skyf met ’n deursnee van 300 ligjare. Dit het ook sterk emissies in die radiospektrum.

Die Maagd bevat verskeie ander sterrestelselswerms. In een van hulle, Abell 2029, is die reusagtige elliptiese sterrestelsel IC 1101. Dit is sowat 1,07 gigaligjare van die Aarde af en met ’n deursnee van 5,5 miljoen ligjare, of 50 keer die grootte van die Melkweg, was dit toe dit ontdek is die grootste bekende sterrestelsel in die heelal.

Die Maagd bevat ook die eerste kwasar wat ontdek is, 3C 273. Dit is die helderste kwasar aan die hemelruim.

Die sterrebeeld word van die Babiloniese tye al met koring en vrugbaarheid verbind. Die Grieke en Romeine het dit verbind met hul godin van koring, Demeter (Ceres), wat die ma van Persephone (Proserpina) is. Dit is soms ook verbind met die godin van geregtigheid, Astraia, wat die skaal van geregtigheid vashou as die sterrebeeld Weegskaal. In die Middeleeue is Virgo soms verbind met die Maagd Maria.

  1. Levy, David H. (2005), Deep Sky Objects, Prometheus Books, ISBN 1-59102-361-0
  2. Wilkins, Jamie; Dunn, Robert (2006). 300 Astronomical Objects: A Visual Reference to the Universe (1ste uitg.). Buffalo, New York: Firefly Books. ISBN 978-1-55407-175-3.|access-date= requires |url= (help)
  3. Universe, Martin Rees, redakteur. DK
  4. , William Matthew O'Neil


Die 88 moderne sterrebeelde

AgterdekAkkedisAltaarAndromedaArendBeeldhouerBekerBerenike se HareBoogskutterBulDolfynDraakDriehoekDuifEenhoringEridanusFeniksGraveerstifGroot BeerGroot HondHaasHerculesHorlosieIndiërJaghondeJagterKameelperdKameleonKielKlein BeerKlein HondKlein LeeuKoetsierKompasKassiopeiaKefeusKraaiKraanvoëlKreefNetLeeuLierLugpompMaagdMikroskoopNoordelike KroonNoordelike WaterslangOktantOondParadysvoëlPasserPerseusPouPylRamRooikatSeileSekstantSentourSkerpioenSkildSkilderSlangSlangdraerSteenbokSuidelike DriehoekSuidelike KroonSuidelike VisSuidelike WaterslangSuiderkruisSwaanSwaardvisTafelTeleskoopToekanTweelingVeewagterVisseVlieënde PerdVlieënde VisVliegVosVulWalvisWaterdraerWeegskaalWinkelhaakWolf

Publikasie datum: Augustus 13, 2021

maagd, sterrebeeld, artikel, sterreteken, sien, maagd, sterreteken, maagd, latyn, virgo, sterrebeeld, suidelike, hemelruim, deel, diereriem, tussen, leeu, weste, weegskaal, ooste, tweede, grootste, sterrebeelde, naas, aangrensende, noordelike, waterslang, kons. Vir n artikel oor die sterreteken sien Maagd sterreteken Die Maagd Latyn Virgo is n sterrebeeld in die suidelike hemelruim en deel van die diereriem Dit le tussen die Leeu in die weste en die Weegskaal in die ooste en is die tweede grootste van al die sterrebeelde naas die aangrensende Noordelike Waterslang Die konstellasie kan maklik gevind word deur middel van sy helderste ster Spica a Vir 1 Sy simbool is MaagdLatynse naam VirgoGenitief VirginisAfkorting VirWaarnemingsdata Epog J2000 Regte klimming 13hDeklinasie 4ºGrootte 1 294 vk grade 2de Kwadrant SQ3BesonderhedeHoofsterre 9 15Helderste ster Spica Alpha Virginis Naaste ster Ross 128Sterre helderder as 3 m 3Sterre met planete 26Messier voorwerpe 11Bayer Flamsteed sterre 96Meteoorreens Virginids Mu VirginidsAangrensende sterrebeeldeVeewagter Berenice se Hare Leeu Beker Kraai Noordelike Waterslang Weegskaal SlangPortaal Sterrekunde Die Maagd is een van die 48 konstellasies wat deur die 2de eeuse sterrekundige Ptolemaeus beskryf is en is steeds een van die 88 moderne sterrebeelde Inhoud 1 Ruimtevoorwerpe 1 1 Sterre 1 2 Eksoplanete 1 3 Diepruimtevoorwerpe 2 Mitologie 3 Verwysings 4 Eksterne skakelsRuimtevoorwerpe Wysig Die sterrebeeld Maagd Sterre Wysig Naas Spica is ander helder sterre in die sterrebeeld Beta Virginis Zavijava Gamma Virginis Porrima Delta Virginis Auva en Epsilon Virginis Vindemiatrix Ander dowwer sterre wat ook name het sluit in Zeta Virginis Heze Eta Virginis Zaniah Iota Virginis Syrma en Mu Virginis Rijl al Awwa Eksoplanete Wysig Daar is altesaam 34 bekende eksoplanete om 28 sterre in die Maagd Die ster 70 Virginis het een van die eerste bekende eksoplaneetstelsels met een bevestigde planeet wat 7 5 keer so swaar soos Jupiter is Chi Virginis het een van die swaarste planete wat nog waargeneem is met n massa van 11 1 MJ Die ster 61 Virginis wat baie soos die Son is het drie planete een is n super aarde en twee is omtrent so swaar soos Neptunus SS Virginis is n veranderlike ster met n opvallende rooi kleur Dit wissel in magnitude van minimum 9 6 tot maksimum 6 oor n tydperk van sowat n jaar 2 Ander sterre met planete sluit in PSR B1257 12 drie planete en NY Virginis twee planete Diepruimtevoorwerpe Wysig Die sterrebeeld bevat n sterrestelselswerm die Virgo swerm met verskeie Messier voorwerpe Een van die sterrestelsels in die swerm is Messier 87 n beroemde radiobron danksy n stroom elektrone wat uit sy supermassiewe swartkolk voortkom Dit is ook die grootste sterrestelsel in die Maagd Ander Messier voorwerpe sluit in Messier 49 ellipties Messier 58 spiraal Messier 59 ellipties Messier 60 ellipties Messier 61 spiraal Messier 84 lensvormig Messier 86 lensvormig Messier 89 ellipties en Messier 90 spiraal NGC 4639 is n staafspiraalstelsel wat van voor af gesien word Dit is sowat 78 miljoen ligjare van die Aarde af en het n rooiverskuiwing van 0 0034 Sy buitenste arms bevat n groot aan Cepheiede wat gebruik word as standaard aanwysers om afstande in die ruimte te bepaal Deur verskeie Cepheiede in NGC 4639 te gebruik het sterrekundiges tipe 1a supernovas gekalibreer as standaard aanwysers om die afstande van meer verafgelee sterrestelsels te bepaal 3 n Stelsel wat nie deel van die swerm uitmaak nie is die Sombrero sterrestelsel M104 n ongewone spiraalstelsel Dit het n buitengewoon groot groep sterre in sy middel wat uit ouer sterre bestaan Dit word omring deur groot helder bolvormige sterreswerms en het n baie prominente stofbaan 3 NGC 4438 is n sterrestelsel met n aktiewe kern Sy supermassiewe swartkolk spu strome materiaal uit wat borrels vorm met n deursnee van tot 800 ligjare 3 NGC 4261 het ook n swartkolk wat sowat 20 ligjare van sy kern af gelee is en n massa van sowat 1 2 miljard sonmassas het Dit het n ongewone stowwerige skyf met n deursnee van 300 ligjare Dit het ook sterk emissies in die radiospektrum 3 Die Maagd bevat verskeie ander sterrestelselswerms In een van hulle Abell 2029 is die reusagtige elliptiese sterrestelsel IC 1101 Dit is sowat 1 07 gigaligjare van die Aarde af en met n deursnee van 5 5 miljoen ligjare of 50 keer die grootte van die Melkweg was dit toe dit ontdek is die grootste bekende sterrestelsel in die heelal Die Maagd bevat ook die eerste kwasar wat ontdek is 3C 273 Dit is die helderste kwasar aan die hemelruim Mitologie WysigDie sterrebeeld word van die Babiloniese tye al met koring en vrugbaarheid verbind Die Grieke en Romeine het dit verbind met hul godin van koring Demeter Ceres wat die ma van Persephone Proserpina is Dit is soms ook verbind met die godin van geregtigheid Astraia wat die skaal van geregtigheid vashou as die sterrebeeld Weegskaal 4 In die Middeleeue is Virgo soms verbind met die Maagd Maria 5 Verwysings Wysig The history of the star Spica by Richard Hinckley Allen 1889 Levy David H 2005 Deep Sky Objects Prometheus Books ISBN 1 59102 361 0 3 0 3 1 3 2 3 3 Wilkins Jamie Dunn Robert 2006 300 Astronomical Objects A Visual Reference to the Universe 1ste uitg Buffalo New York Firefly Books ISBN 978 1 55407 175 3 access date requires url help Universe Martin Rees redakteur DK Time and Calendars William Matthew O Neil Ian Ridpath en Wil Tirion 2007 Stars and Planets Guide Collins Londen ISBN 978 0 00 725120 9 Princeton University Press Princeton ISBN 978 0 691 13556 4 Eksterne skakels WysigThe Deep Photographic Guide to the Constellations Virgo Star Tales Virgo Wikimedia Commons het meer media in die kategorie Maagd sterrebeeld Koordinate 13h 00m 00s 00 00 00 Hierdie artikel is vertaal uit die Engelse Wikipedia Die 88 moderne sterrebeeldeAgterdek Akkedis Altaar Andromeda Arend Beeldhouer Beker Berenike se Hare Boogskutter Bul Dolfyn Draak Driehoek Duif Eenhoring Eridanus Feniks Graveerstif Groot Beer Groot Hond Haas Hercules Horlosie Indier Jaghonde Jagter Kameelperd Kameleon Kiel Klein Beer Klein Hond Klein Leeu Koetsier Kompas Kassiopeia Kefeus Kraai Kraanvoel Kreef Net Leeu Lier Lugpomp Maagd Mikroskoop Noordelike Kroon Noordelike Waterslang Oktant Oond Paradysvoel Passer Perseus Pou Pyl Ram Rooikat Seile Sekstant Sentour Skerpioen Skild Skilder Slang Slangdraer Steenbok Suidelike Driehoek Suidelike Kroon Suidelike Vis Suidelike Waterslang Suiderkruis Swaan Swaardvis Tafel Teleskoop Toekan Tweeling Veewagter Visse Vlieende Perd Vlieende Vis Vlieg Vos Vul Walvis Waterdraer Weegskaal Winkelhaak WolfOntsluit van https af wikipedia org w index php title Maagd sterrebeeld amp ol,