Lord’s
Die Lord’s-krieketveld (afgekort as Lord’s) is 'n bekende krieketstadion in St John's Wood, 'n wyk in die Engelse hoofstad Londen. Die stadion bied sitplek vir 30 000 toeskouers en word deur die Marylebone Krieketklub (MCC) besit. Lord’s word dikwels The Home of Cricket ("die tuiste van krieket") genoem. Lord’s is ook die tuiste van Engeland en Wallis se Krieketraad (ECB) sowel as die Europese Krieketraad (ECC). Dit is die tuiste van die Internasionale Krieketraad (IKR) se hoofkantoor, maar die IKR se administratiewe kantore is in 2005 na Doebai verskuif. Die oudste sportmuseum ter wêreld is op Lord’s geleë en huisves onder ander die bekende urn van Die As-kompetisie. Behalwe krieket kan hier ook ander sportsoorte soos bofbal, tennis en boogskiet beoefen word. Lord’s is tydens die 2012-Olimpiese Spele vir boogskiet ingespan. Oor die jare was daar al drie Lord’s-krieketvelde. Die oorspronklike een in deur Thomas Lord in 1787 op Dorset Square in Marylebone ('n wyk in Londen) gestig. Die eerste gewone krieketwedstryd wat op Lord’s gespeel is, was 'n jaarlikse wedstryd tussen die skole Eton College en Harrow School in 1805. In 1810 is Lord’s na 'n park verplaas, en in 1814 moes hulle weer trek omdat daar 'n kanaal gegrawe moes word. Sedert 1814 is Lord’s op sy huidige plek. Die eerste toetswedstryd wat hier gespeel is, het op 21 Julie 1884 tussen Engeland en Australië plaasgevind. Die eerste internasionale eendagwedstryd (EDI) het op 26 Augustus 1972 tussen Engeland en Australië plaasgevind. Lord’s is al tydens vyf krieketwêreldbekers vir wedstryde ingespan: 1975, 1979, 1983, 1999 en 2019. Vervolgens is op Lord’s vyf krieketwêreldbekereindstryde aangebied, meer as op enige ander krieketveld. Lord’s tydens die Olimpiese Somerspele 2012. Lord’s-krieketveld Bynaam Lord’s Volle naam Lord’s Krieketgronde Ligging St. John’s Wood, Londen Koördinate 51°31′45.84″N0°10′21.72″W /51.5294000°N 0.1727000°W /51.5294000; -0.1727000Koördinate:51°31′45.84″N0°10′21.72″W /51.5294000°N 0.1727000°W /51.5294000; -0.1727000 Eienaar Marylebone Krieketklub (1814–hede)
Middlesex (1877–hede) Kapasiteit 30 000 Oppervlak Gras Konstruksie Gebou 1814 Huurders Engelse nasionale krieketspan Inhoud
Krieketwêreldbeker 1975
7 Junie 1975
Lord’s, Londen
Skeidsregters: David Constant (Eng) en John Langridge (Eng)
Speler van die wedstryd: Dennis Amiss (Eng)
21 Junie 1975
Lord’s, Londen
Bywoning: 26 000
Skeidsregters: Dickie Bird (Eng) en Tom Spencer (Eng)
Speler van die wedstryd: Clive Lloyd (WI)Krieketwêreldbeker 1979
9 Junie 1979
Lord’s, Londen
Skeidsregters: David Constant (Eng) en Barrie Meyer (Eng)
Speler van die wedstryd: Graham Gooch (Eng)
23 Junie 1979
Lord’s, Londen
Skeidsregters: Dickie Bird (Eng) en Barrie Meyer (Eng)
Speler van die wedstryd: Viv Richards (WI)Krieketwêreldbeker 1983
13 Junie 1983
Lord’s, Londen
Skeidsregters: Barrie Meyer (Eng) en Alan Whitehead (Eng)
Speler van die wedstryd: Zaheer Abbas (Pak)
18 Junie 1983
Lord’s, Londen
Skeidsregters: Roy Palmer (Eng) en Alan Whitehead (Eng)
Speler van die wedstryd: Viv Richards (WI)
25 Junie 1983
Lord’s, Londen
Bywoning: 24 609
Skeidsregters: Dickie Bird (Eng) en Barrie Meyer (Eng)
Speler van die wedstryd: Mohinder Amarnath (Ind)Krieketwêreldbeker 1999
14 Mei 1999
Lord’s, Londen
Skeidsregters: Rudi Koertzen (SA) en Srinivasaraghavan Venkataraghavan (Ind)
Speler van die wedstryd: Alec Stewart (Eng)
9 Junie 1999
Lord’s, Londen
Skeidsregters: Doug Cowie (NZ) en Rudi Koertzen (SA)
Speler van die wedstryd: Neil Johnson (Zim)
20 Junie 1999
Lord’s, Londen
Bywoning: 30 000
Skeidsregters: Steve Bucknor (WI) en David Shepherd (Eng)
Speler van die wedstryd: Shane Warne (Aus)Krieketwêreldbeker 2019
23 Junie 2019
10:30 (BST)
Lord’s, Londen
Skeidsregters: Kumar Dharmasena (SL) en Joel Wilson (WI)
Speler van die wedstryd: Haris Sohail (Pak)
25 Junie 2019
10:30 (BST)
Lord’s, Londen
Skeidsregters: Chris Gaffaney (NZ) en Sundaram Ravi (Ind)
Speler van die wedstryd: Aaron Finch (Aus)
Lord’s, Londen
Skeidsregters: Richard Illingworth (Eng) en Joel Wilson (WI)
Speler van die wedstryd: Alex Carey (Aus)
5 Julie 2019
10:30 (BST)
Lord’s, Londen
Skeidsregters: Michael Gough (Eng) en Richard Kettleborough (Eng)
Speler van die wedstryd: Shaheen Afridi (Pak)
14 Julie 2019
10:30 (BST)
Lord’s, Londen
Skeidsregters: Kumar Dharmasena (SL) en Marais Erasmus (SA)
Speler van die wedstryd: Ben Stokes (Eng) Wikimedia Commons bevat media in verband met Lord’s.
