×
Limpopo
Hierdie artikel handel oor die provinsie in Suid-Afrika. Vir die gelyknamige rivier, sien Limpopo (rivier).

Limpopo is een van die nege provinsies van Suid-Afrika. Die hoofstad is Polokwane. Die provinsie kry sy naam van die Limpoporivier, wat die mees noordelike rivier in Suid-Afrika is, en die grens met Zimbabwe vorm.

Limpopo

Wapen
Oppervlak 125 754 vk km
Bevolking (2011) 5 404 868
Bevolking (2017 skat) 5 780 000
Bevolkingsdigtheid 43 / vk km
Tale Noord-Sotho (52,9%), Tsonga (24,0%), Venda (16,7%), Afrikaans (2,3%)
Etniese verdeling Swartes (96,7%), Blankes (2,6%), Kleurlinge (0,3%), Asiërs (0,3%)
Hoofstad Polokwane
Premier
Stanley Mathabatha (ANC)

Limpopo het vroeër as die Noordelike Provinsie en voor 1994 as Noord-Transvaal bekend gestaan. Sedert 1994 sluit dit ook die voormalige tuislande Venda, Lebowa en die noordelike dele van Gazankulu in.

Belangrike plekke is Polokwane (voorheen Pietersburg), Lephalale (Ellisras), Louis Trichardt, Musina, Phalaborwa, Mokopane (voorheen Potgietersrus), Thabazimbi, Tzaneen en Bela Bela (voorheen Warmbad).

Inhoud

Die bekendste toeriste-aantrekkings in Limpopo is die Nasionale Krugerwildtuin, waarvan die noordelike helfte in Limpopo geleë is, die wêrelderfenisgebied van die Mapungubwe Nasionale Park, die Waterberg-bergreeks met die Welgevonden-natuurreservaat, die warm mineraalbaddens by Warmbad en ook ATKV Eiland en Tshipise, en die kulturele dorpe van die plaaslike swart volke en die tradisionele stamgebied van die Vendas.

Die Vendabevolking in die Soutpansberg-streek en die Noord-Sotho's (Balobedu) in die gebied van Modjadji, die opvolger van die legendariese Reënkoningin, beskik oor 'n ryk erfenis van legendes en mistiek. Die laaste opvolger van die Reënkoningin is in 2005 oorlede. Die heilige meer van die Venda, die Funduzimeer, het nog steeds sy eie (vroulike) priester.

Die ivoorroete volg die spore van die vroeë ivoorjagters en goudhandelaars.

Argeologiese opgrawings in Mapungubwe

Die wêrelderfenisgebied van die Mapungubwe Nasionale Park pronk met argeologiese vondse uit die tydperk van 'n magtige plaaslike koninkryk wat hier tussen 800 en 1290 n.C. bestaan het. Die oorblyfsels van 'n nedersetting uit die tydperk tussen die 15de en 17de eeu kan in Thulamela in die noordelike gedeelte van die Nasionale Krugerwildtuin besigtig word.

Meerderheidstale in Limpopo:

Geen meerderheidstaal

Volgens sensussyfers was Limpopo se totale bevolking 5 404 868 in die jaar 2011. Die tale van die plaaslike swart bevolking is Noord-Sotho of Sepedi (die moedertaal van 52,9 persent van die bevolking), Xitsonga (17 persent) en Thsivenda (16,7 persent). Die meeste blankes in die provinsie is Afrikaners (2,4%), en 2,6 persent van die bevolking praat Afrikaans as moedertaal.

Limpopo beslaan 'n oppervlakte van 125 755 vierkante kilometer en is hoofsaaklik suidoos en suid van die Limpoporivier geleë.

Ligging en topografie

Limpopo word begrens deur Zimbabwe in die noorde, Botswana in die weste en Mosambiek in die ooste. Aan die suidekant van die provinsie lê die Suid-Afrikaanse provinsies Noordwes, Gauteng en Mpumalanga. Die Limpoporivier vorm Limpopo se grense met Botswana en Zimbabwe. Die provinsie het verskeie groot berge, met die Waterberg-, Strydpoortberg- en Drakensbergreeks in die suide en die Soutpansbergreeks in die noorde. Die subtropiese noorde is bosveld met kremetartbome, terwyl die weste meestal deur grasvlaktes gekenmerk word.

Distrikte van Limpopo

Die provinsie bestaan uit vyf distrikte, naamlik:

Landbou en mineraalmynbou vorm die ruggraat van die ekonomie in Limpopo en die toerismebedryf is ook goed ontwikkel. Daar is groot kopermyne in Musina en Phalaborwa. Minerale soos koper, asbes, steenkool, ystererts en platinum word ontgin. In die subtropiese noorde word lemoene, piesangs, avokado's, mango's, papajas, koejawels en lietsjies gekweek, en in die suide mielies, sonneblomme, katoen, druiwe en grondboontjies. Beesboedery word hoofsaaklik in die weste bedryf en in die omgewing van Tzaneen is tee-, sitrus- en bosbouplantasies aangelê.


  1. – 2011-sensus
  2. Nota: Die voormalige Gazankulu se suidelike dele rondom Bosbokrand val nou in Mpumalanga.



Koördinate:24°S29°O /24°S 29°O /-24; 29

Publikasie datum: September 03, 2021

limpopo, hierdie, artikel, handel, provinsie, suid, afrika, gelyknamige, rivier, sien, rivier, nege, provinsies, suid, afrika, hoofstad, polokwane, provinsie, naam, rivier, mees, noordelike, rivier, suid, afrika, grens, zimbabwe, vorm, wapenoppervlak, kmbevolk. Hierdie artikel handel oor die provinsie in Suid Afrika Vir die gelyknamige rivier sien Limpopo rivier Limpopo is een van die nege provinsies van Suid Afrika Die hoofstad is Polokwane Die provinsie kry sy naam van die Limpoporivier wat die mees noordelike rivier in Suid Afrika is en die grens met Zimbabwe vorm Limpopo WapenOppervlak 125 754 vk kmBevolking 2011 1 5 404 868Bevolking 2017 skat 5 780 000Bevolkingsdigtheid 43 vk kmTale 1 Noord Sotho 52 9 Tsonga 24 0 Venda 16 7 Afrikaans 2 3 Etniese verdeling 1 Swartes 96 7 Blankes 2 6 Kleurlinge 0 3 Asiers 0 3 Hoofstad PolokwanePremier Stanley Mathabatha ANC Limpopo het vroeer as die Noordelike Provinsie en voor 1994 as Noord Transvaal bekend gestaan Sedert 1994 sluit dit ook die voormalige tuislande Venda Lebowa en die noordelike dele van Gazankulu in 2 Belangrike plekke is Polokwane voorheen Pietersburg Lephalale Ellisras Louis Trichardt Musina Phalaborwa Mokopane voorheen Potgietersrus Thabazimbi Tzaneen en Bela Bela voorheen Warmbad Inhoud 1 Besienswaardighede 2 Vroee geskiedenis 3 Demografie 4 Geografie 4 1 Ligging en topografie 5 Distrikte 6 Ekonomie 7 Sien ook 8 Bronne 9 Verwysings 10 Eksterne skakelsBesienswaardighede WysigDie bekendste toeriste aantrekkings in Limpopo is die Nasionale Krugerwildtuin waarvan die noordelike helfte in Limpopo gelee is die werelderfenisgebied van die Mapungubwe Nasionale Park die Waterberg bergreeks met die Welgevonden natuurreservaat die warm mineraalbaddens by Warmbad en ook ATKV Eiland en Tshipise en die kulturele dorpe van die plaaslike swart volke en die tradisionele stamgebied van die Vendas Die Vendabevolking in die Soutpansberg streek en die Noord Sotho s Balobedu in die gebied van Modjadji die opvolger van die legendariese Reenkoningin beskik oor n ryk erfenis van legendes en mistiek Die laaste opvolger van die Reenkoningin is in 2005 oorlede Die heilige meer van die Venda die Funduzimeer het nog steeds sy eie vroulike priester Die ivoorroete volg die spore van die vroee ivoorjagters en goudhandelaars Vroee geskiedenis Wysig Argeologiese opgrawings in Mapungubwe Die werelderfenisgebied van die Mapungubwe Nasionale Park pronk met argeologiese vondse uit die tydperk van n magtige plaaslike koninkryk wat hier tussen 800 en 1290 n C bestaan het Die oorblyfsels van n nedersetting uit die tydperk tussen die 15de en 17de eeu kan in Thulamela in die noordelike gedeelte van die Nasionale Krugerwildtuin besigtig word Demografie Wysig Meerderheidstale in Limpopo Afrikaans Engels Suid Ndebele Xhosa Zoeloe Noord Sotho Suid Sotho Tswana Swazi Venda Tsonga Geen meerderheidstaal Volgens sensussyfers was Limpopo se totale bevolking 5 404 868 in die jaar 2011 Die tale van die plaaslike swart bevolking is Noord Sotho of Sepedi die moedertaal van 52 9 persent van die bevolking Xitsonga 17 persent en Thsivenda 16 7 persent Die meeste blankes in die provinsie is Afrikaners 2 4 en 2 6 persent van die bevolking praat Afrikaans as moedertaal Geografie WysigLimpopo beslaan n oppervlakte van 125 755 vierkante kilometer en is hoofsaaklik suidoos en suid van die Limpoporivier gelee Ligging en topografie Wysig Limpopo word begrens deur Zimbabwe in die noorde Botswana in die weste en Mosambiek in die ooste Aan die suidekant van die provinsie le die Suid Afrikaanse provinsies Noordwes Gauteng en Mpumalanga Die Limpoporivier vorm Limpopo se grense met Botswana en Zimbabwe Die provinsie het verskeie groot berge met die Waterberg Strydpoortberg en Drakensbergreeks in die suide en die Soutpansbergreeks in die noorde Die subtropiese noorde is bosveld met kremetartbome terwyl die weste meestal deur grasvlaktes gekenmerk word Distrikte Wysig Distrikte van Limpopo Die provinsie bestaan uit vyf distrikte naamlik Capricorn Mopani Sekhukhune Vhembe WaterbergEkonomie WysigLandbou en mineraalmynbou vorm die ruggraat van die ekonomie in Limpopo en die toerismebedryf is ook goed ontwikkel Daar is groot kopermyne in Musina en Phalaborwa Minerale soos koper asbes steenkool ystererts en platinum word ontgin In die subtropiese noorde word lemoene piesangs avokado s mango s papajas koejawels en lietsjies gekweek en in die suide mielies sonneblomme katoen druiwe en grondboontjies Beesboedery word hoofsaaklik in die weste bedryf en in die omgewing van Tzaneen is tee sitrus en bosbouplantasies aangele Sien ook WysigLys van Nasionale Erfenisgebiede in LimpopoBronne WysigLimpopo by Mieliestronk Met toestemming gebruikVerwysings Wysig 1 0 1 1 1 2 statssa gov za 2011 sensus Nota Die voormalige Gazankulu se suidelike dele rondom Bosbokrand val nou in Mpumalanga Eksterne skakels WysigWikimedia Commons bevat media in verband met Limpopo en Toerisme inligting oor Limpopo op Wikivoyage en Amptelike webwerf Wikiwoordeboek het n inskrywing vir Limpopo Provinsies van Suid Afrika Gauteng KwaZulu Natal Limpopo Mpumalanga Noord Kaap Noordwes Oos Kaap Vrystaat Wes Kaap Koordinate 24 S 29 O 24 S 29 O 24 29Ontsluit van https af wikipedia org w index php title Limpopo amp ol,