×
Liechtenstein

Liechtenstein (Duits: [ˈlɪçtn̩ʃtaɪn],(hulp·inligting)), amptelik die Prinsdom Liechtenstein (Duits: Fürstentum Liechtenstein), is 'n klein onafhanklike staat en landingeslote land in Sentraal-Europa wat aan die regteroewer van die Ryn in die geografiese driehoek tussen die Oostenrykse deelstaat Vorarlberg in die ooste en die Switserse kantonne Graubünden en St. Gallen in die weste geleë is.

Fürstentum Liechtenstein
Prinsdom Liechtenstein
Vlag Wapen
Nasionale leuse: Für Gott, Fürst und Vaterland
(Duits vir: "Vir God, Prins en vaderland")
Volkslied: Oben am jungen Rhein
(Duits vir: "Bo die jong Ryn")
Hoofstad Vaduz

47°9′N9°31′O /47.150°N 9.517°O /47.150; 9.517

Grootste stad Schaan
Amptelike tale Duits
Regering

Monarg
• Regent
Eerste Minister
Unitêre parlementêre
grondwetlike monargie
Hans-Adam II
Erfprins Alois
Daniel Risch
Onafhanklikheid
• Vrede van Pressburg
• van die Duitse Bond
van die Heilige Romeinse Ryk
1806
1866
Oppervlakte
- Totaal

- Water (%)

160 km2 (189ste)
62 myl2
2,7
Bevolking
- 2020-skatting
- 2000-sensus
- Digtheid

38 250 (209de)
37 132
227 / km2 (57ste)
587 / myl2
BBP (KKP)
- Totaal
- Per capita
2010-skatting

$5,155 miljard (147ste)
$143 151 (2de)

BBP (nominaal)
- Totaal
- Per capita
2010-skatting

$3,454 miljard (163ste)
$98 432 (2de)

MOI (2019) 0,919 (19de) –baie hoog
Geldeenheid Switserse frank (CHF)
Tydsone
- Somertyd
MET (UTC+1)
MEST (UTC+2)
Internet-TLD .li
Skakelkode +423
Nasa-Satellietbeeld van Liechtenstein
Kaart wat Liechtenstein vertoon

Liechtenstein is 'n bergagtige gebied aan die voet van die oostelike Alpe met 'n Alpyns-gematigde klimaat. Die land staan bekend vir sy posseëls, wat nog steeds 'n belangrike bron van inkomste is, as 'n toerisme- en hier veral wintersportbestemming, maar is waarskynlik nog meer bekend as belastingtoevlugsoord.

Liechtenstein trek voordeel uit sy ligging by die kruispunt van belangrike handelsroetes wat Switserland met Oostenryk en Duitsland met die Switserse Alpegebied en Noord-Italië verbind.

Liechtenstein het in 1806 as soewereine staat tot die Rynbond toegetree en ná die ontbinding van die Duitse Bond in 1866 as onafhanklike vorstedom voortbestaan.

Die land vorm sedert 1923 'n monetêre en doeane-unie met Switserland wat ook sy buitelandse belange waarneem. Na die Tweede Wêreldoorlog het Liechtenstein vinnige ekonomiese groei ervaar danksy die suksesvolle kombinasie van tegniese kundigheid uit Switserland en Oostenryk met buitelandse beleggings. Die land beskik oor 'n hoogs gespesialiseerde nywerheids- en dienstesektor, terwyl tradisionele landbou steeds minder belangrik word.

Inhoud

300 jaar Vorstedom Liechtenstein – feesvierings in 2019 in Gamprin

Op 23 Januarie 1719 is die graafskap Vaduz en die gebied van Schellenberg volgens 'n diploma van keiser Karel VI verenig. Die nuwe entiteit se politieke status is verhef tot dié van 'n Ryksvorstedom wat Liechtenstein genoem is. Die vorstedom het destyds 'n oorwegend landelike karakter gehad, met boeredorpe as sy enigste nedersettings. So is die vorstedom se administrasie voorlopig in die mees nabygeleë stad – Feldkirch in Vorarlberg – gevestig waar die vors 'n paleis, die Palais Liechtenstein, as sy regeringsetel laat bou het.

Kaart van Liechtenstein met Switserland in die weste en Oostenryk in die ooste

Volgens die grondwet van 1921, wat in 2003 gewysig is, is Liechtenstein 'n erflike konstitusionele monargie op 'n demokratiese en parlementêre grondslag. Die prins van Liechtenstein fungeer as staatshoof. Die huidige staatshoof, prins Hans-Adam II von und zu Liechtenstein, wat sedert 1989 regeer het, het op 15 Augustus 2004 sy funksies as staatshoof aan sy eersgebore seun erfprins Alois oorgedra, alhoewel hy nog steeds die titel "prins" dra en formeel die staatshoof gebly het.

Die Liechtensteinse parlement (Duits: Landtag) word vir 'n termyn van vier jaar verkies. In die laaste verkiesing op 3 Februarie 2013 het die Fortschrittliche Bürgerpartei (FBP) die grootste party in die parlement gebly (met tien van altesaam 25 setels). Die nuwe regering word deur 'n koalisie van die FBP en die Vaterländische Union ("Vaderlandse Unie") gevorm. Opposisiepartye in die Landtag is die Freie Liste, 'n groen-alternatiewe party met drie setels, en Die Onafhanklikes (Die Unabhängigen) met vier afgevaardigdes.

Die huidige regeringshoof Daniel Risch (VU) is op 25 Maart 2021 ingesweer. Dominique Hasler (VU) beklee die amp van minister van buitelandse sake.

Bevolking

Liechtenstein se bevolking is op 30 Junie 2013 op 36 982 beraam van wie 33,6 persent buitelanders was. Van die buitelandse bevolking, wat Liechtenstein se tegniese mannekragbron aanvul, het sowat dertig persent Switserse en elf persent Duitse burgerskap gehad.

Ander belangrike groepe buitelanders is Italianers (3,3 persent), burgers van die voormalige Joego-Slawië (eweneens 3,3 persent), Turke (2,6 persent) en burgers van ander lande (4,8 persent).

Die grootste nedersettings is Schaan (5 639 inwoners in 2003 en tans die grootste dorp in Liechtenstein), die hoofstad Vaduz (5 005 inwoners), Triesen (4 633), Balzers (4 353), Eschen (3 993), Mauren (3 625) en Triesenberg (2 591).

Taal

Die kasteel van Vaduz

Liechtenstein maak histories deel uit van die Retoromaanse taalgebied, tog neem die inwoners reeds gedurende die Middeleeue die Alemanniese dialek as omgangstaal aan.

Die huidige Liechtensteinse bevolking praat 'n Alemanniese dialek van Hoogduits as omgangstaal. Hierdie dialek word ook oorkant die grens in die Switserse Rynvallei van Sankt Gallen en die Oostenrykse Rynvallei van Vorarlberg as gebesig. Daar bestaan nie so iets soos 'n standaardtaal nie, en gewoonlik beskik die meeste dorpe oor hulle eie plaaslike dialek, wat soms sterk van dié in ander dorpe verskil. Die Walserse dialek in die omgewing van Triesenberg toon die grootste afwykings; sy huidige sprekers is nasate van die Walserse immigrante wat in omtrent jaar 1300 na Liechtenstein gekom het.

Die Hoogduitse standaardtaal dien – in sy Switserse variant – as skryftaal. Switserse Duits verskil in baie opsigte van Duitsland se taalvariant – so is daar 'n meervoudsvorm van Hektar, word ß steeds as ss gespel en vir syfers groter as 999 'n spasie of die tipografiese apostroof gebruik (1'000). Die laasgenoemde is buite Switserland en Liechtenstein ongebruiklik.

Liechtenstein erken slegs Duits as sy staats- en ampstaal, terwyl die ander lande van die Duitse taalgebied ook die tale van etniese minderhede as streektale erken. Daarnaas is Liechtenstein ook die enigste oorwegend Duitssprekende land wat nie aan Duitsland grens nie.

Godsdiens

Liechtenstein is 'n land met 'n sterk Christelike karakter. Die Rooms-Katolieke Kerk word in die Liechtensteinse grondwet amptelik erken as "landskerk" (maar nie as staatskerk nie – so word ook die Protestantse Evangeliese Kerk finansieel deur die staat gesteun). Volgens 'n opname in Junie 2003 is 75,7 persent van die in- en uitheemse bevolking Rooms-Katoliek, 7 persent is Protestante, 4,2 persent Moslems en 10,9 persent het geen besonderhede verstrek nie.

Die aartsbisdom Vaduz is op 2 Desember 1997 deur Pous Johannes Paulus II opgerig. Aangesien die Liechtensteinse regering nie vooraf oor hierdie saak geraadpleeg is nie, het die pous se beslissing baie kritiek uitgelok. Vroeg in 1998 het aktiewe Rooms-Katolieke gelowiges die Verein für eine offene Kirche ("Vereniging vir 'n oop kerk") gestig.

Die binnestad van Vaduz
Mals-Balzers

Die plaaslike nywerheidsektor, wat hom op die vervaardiging van spesiale produkte van hoë gehalte toespits, lewer die grootste bydrae tot Liechtenstein se bruto binnelandse produk. Die belangrikste handelsvennote van Liechtenstein is die Verenigde State, die Europese Unie en Switserland.

Die bekendste ondernemings van die nywerheidsektor is Hilti AG (booruitrusting en boumasjiene), Ivoclar Vivadent AG (tandheelkundige tegnologie), ThyssenKrupp Presta AG (motoronderdele), Hoval AG (verwarmings- en lugreëlingstegnologie), Neztrik AG (elektrotegniese produkte), Unaxis (elektroniese produkte) en die Hilcona AG en Ospelt-groep, wat hulle albei op die vervaardiging van hoogwaardige voedselprodukte toespits.

Die tweede belangrikste sektor van die Liechtensteinse ekonomie is finansiële dienste. Die plaaslike bankbedryf het saam met die vinnige industrialisering van die land ontwikkel, maar word deur buurlande verdag gemaak, as om by geldwassery betrokke te wees.

Die grootse bankondernemings is die Liechtensteinische Landesbank, die Verwaltungs- en Privatbank en die LGT Bank. Naas hierdie drie groot inheemse banke het ook ander banke lisensies gekry sedert die jaar 1992, waaronder 'n aantal buitelandse ondernemings. Die vyf grootste banke van Liechtenstein het tans 1 400 werknemers in diens en beskik oor bates ter waarde van meer as 30 miljard frank. Net soos in Switserland word daar groot waarde aan die bankgeheim geheg.

Die Switserse frank is die wettige betaalmiddel in Liechtenstein, alhoewel die land vir spesiale geleenthede ook sy eie munte uitreik. Die bruto binnelandse produk (BBP) beloop in 2001 4,2 miljard frank, wat gelykstaan aan 'n per capita-BBP van sowat 120 000 frank (580 000 ZAR). Die sektore se aandeel in 2001 was: landbou 6 persent, nywerhede 39 persent en dienste 55 persent.

In 2003 is goedere ter waarde van 3,193 miljard Switserse frank uitgevoer, waarvan 31 persent masjiene en elektroniese toerusting, 31 persent metaalware, halfvervaardigde en vervaardigde produkte, 10 persent ru-olie, metale, boumateriale en chemiese produkte, 10 persent motors en ander vervoermiddels, 10 persent glasware, keramiek en tekstiele en 8 persent landbouprodukte en verwerkte voedsel. Die belangrikste bestemmings vir Liechtensteinse uitvoere was Duitsland (24 persent), die Verenigde State (17 persent), Frankryk (11 persent), Oostenryk (9 persent) en Italië (7 persent).

In Liechtenstein word een week- en twee dagblaaie uitgegee. Die dagblad Liechtensteiner Vaterland het die grootste drukoplaag met daagliks 10 000 eksemplare, terwyl die Liechtensteiner Volksblatt se gemiddelde daaglikse oplae 9 000 beloop. Die weekblad Liechtensteiner Woche (kort Liewo) verskyn op Sondae in dieselfde uitgewery soos die Vaterland met 'n drukoplaag van 37 500 en 'n groot advertensie-gedeelte. Die weekblad word gratis versprei.

Met Radio Liechtenstein beskik die prinsdom oor sy eie radiostasie wat sedert 2003 as openbare uitsaaier bedryf word. Radio Ri, 'n stasie met setel in die Switserse dorp Buchs, saai programme vir die hele Rynvallei uit, terwyl ook enkele Liechtensteinse munisipaliteite oor hul eie plaaslike stasies beskik.

Liechtenstein se televisiekanaal Landeskanal word as openbare uitsaaier deur die Pers- en Inligtingskantoor van Liechtenstein bedryf. Die enigste privaat uitsaaier is 1 FL TV.

Die Liechtensteinse Posdiens se distribusiesentrum in Schaan

Die posdiens in Liechtenstein is oorspronklik deur die Switserse Posdiens (Schweizerische Post AG) verskaf. Op 19 November 1999 is 'n nasionale posdiens gevestig volgens die Switserse voorbeeld gevestig, die Liechtensteinische Post AG, wat nege poskantore bedryf. 75 persent van die aandele aan hierdie onderneming is in besit van die Prinsdom Liechtenstein, die ander 25 persent word deur die Switserse Posdiens gehou.

  1. (de) 12 Oktober 2011 op Wayback Machine, Landesverwaltung Liechtenstein. Besoek op 27 Julie 2014.
  2. (en)
  3. (de) 13 Oktober 2013 op Wayback Machine, Liechtensteinische Volkszählung 2013, Landesverwaltung Liechtenstein. Besoek op 27 Julie 2014.
  4. (de) 17 September 2009 op Wayback Machine, Landesverwaltung Liechtenstein. Besoek op 27 Julie 2014.
  5. (en) , Wêreldbank. Besoek op 27 Julie 2014.
  6. (de) 30 April 2013 op Wayback Machine, Amt für Statistik, Landesverwaltung Liechtenstein. Besoek op 27 Julie 2014.
  7. (en) (PDF). United Nations Development Programme. 2020. Besoek op29 Maart 2021.
Algemeen
Amptelike webtuistes

Administrasie

  • *(de)
Historiese Ensiklopedie van Liechtenstein
  • (de) [dooie skakel]
Vorstehuis

  • (de)
Toerisme

  • (de)
Wetgewing

  • (de)
Musea

  • (de)

Publikasie datum: September 03, 2021

liechtenstein, duits, ˈlɪçtn, ʃtaɪn, luister, hulp, inligting, amptelik, prinsdom, duits, fürstentum, klein, onafhanklike, staat, landingeslote, land, sentraal, europa, regteroewer, geografiese, driehoek, tussen, oostenrykse, deelstaat, vorarlberg, ooste, swit. Liechtenstein Duits ˈlɪctn ʃtaɪn luister hulp inligting amptelik die Prinsdom Liechtenstein Duits Furstentum Liechtenstein is n klein onafhanklike staat en landingeslote land in Sentraal Europa wat aan die regteroewer van die Ryn in die geografiese driehoek tussen die Oostenrykse deelstaat Vorarlberg in die ooste en die Switserse kantonne Graubunden en St Gallen in die weste gelee is Furstentum Liechtenstein Prinsdom Liechtenstein Vlag WapenNasionale leuse Fur Gott Furst und Vaterland Duits vir Vir God Prins en vaderland Volkslied Oben am jungen Rhein Duits vir Bo die jong Ryn source source track track track track track track track track track track track track track track track track track track track track track track track track track track track track track Hoofstad Vaduz 47 9 N 9 31 O 47 150 N 9 517 O 47 150 9 517Grootste stad SchaanAmptelike tale DuitsRegering Monarg Regent Eerste Minister Unitere parlementere grondwetlike monargie Hans Adam II Erfprins Alois Daniel RischOnafhanklikheid Vrede van Pressburg van die Duitse Bond van die Heilige Romeinse Ryk 1806 1866Oppervlakte Totaal Water 160 1 km2 189ste 62 myl2 2 7Bevolking 2020 skatting 2000 sensus Digtheid 38 250 2 209de 37 132 3 227 km2 57ste 587 myl2BBP KKP Totaal Per capita 2010 skatting 5 155 miljard 4 5 147ste 143 151 6 4 5 2de BBP nominaal Totaal Per capita 2010 skatting 3 454 miljard 4 5 163ste 98 432 6 4 5 2de MOI 2019 0 919 7 19de baie hoogGeldeenheid Switserse frank a href ISO 4217 html title ISO 4217 CHF a Tydsone Somertyd MET UTC 1 MEST UTC 2 Internet TLD liSkakelkode 423 Nasa Satellietbeeld van Liechtenstein Kaart wat Liechtenstein vertoon Liechtenstein is n bergagtige gebied aan die voet van die oostelike Alpe met n Alpyns gematigde klimaat Die land staan bekend vir sy posseels wat nog steeds n belangrike bron van inkomste is as n toerisme en hier veral wintersportbestemming maar is waarskynlik nog meer bekend as belastingtoevlugsoord Liechtenstein trek voordeel uit sy ligging by die kruispunt van belangrike handelsroetes wat Switserland met Oostenryk en Duitsland met die Switserse Alpegebied en Noord Italie verbind Liechtenstein het in 1806 as soewereine staat tot die Rynbond toegetree en na die ontbinding van die Duitse Bond in 1866 as onafhanklike vorstedom voortbestaan Die land vorm sedert 1923 n monetere en doeane unie met Switserland wat ook sy buitelandse belange waarneem Na die Tweede Wereldoorlog het Liechtenstein vinnige ekonomiese groei ervaar danksy die suksesvolle kombinasie van tegniese kundigheid uit Switserland en Oostenryk met buitelandse beleggings Die land beskik oor n hoogs gespesialiseerde nywerheids en dienstesektor terwyl tradisionele landbou steeds minder belangrik word Inhoud 1 Geskiedenis 2 Politiek 3 Demografie 3 1 Bevolking 3 2 Taal 3 3 Godsdiens 4 Ekonomie 5 Media 6 Posdiens 7 Sien ook 8 Verwysings 9 Bronnelys 10 Eksterne skakelsGeskiedenis Wysig 300 jaar Vorstedom Liechtenstein feesvierings in 2019 in Gamprin Op 23 Januarie 1719 is die graafskap Vaduz en die gebied van Schellenberg volgens n diploma van keiser Karel VI verenig Die nuwe entiteit se politieke status is verhef tot die van n Ryksvorstedom wat Liechtenstein genoem is Die vorstedom het destyds n oorwegend landelike karakter gehad met boeredorpe as sy enigste nedersettings So is die vorstedom se administrasie voorlopig in die mees nabygelee stad Feldkirch in Vorarlberg gevestig waar die vors n paleis die Palais Liechtenstein as sy regeringsetel laat bou het Politiek Wysig Kaart van Liechtenstein met Switserland in die weste en Oostenryk in die ooste Volgens die grondwet van 1921 wat in 2003 gewysig is is Liechtenstein n erflike konstitusionele monargie op n demokratiese en parlementere grondslag Die prins van Liechtenstein fungeer as staatshoof Die huidige staatshoof prins Hans Adam II von und zu Liechtenstein wat sedert 1989 regeer het het op 15 Augustus 2004 sy funksies as staatshoof aan sy eersgebore seun erfprins Alois oorgedra alhoewel hy nog steeds die titel prins dra en formeel die staatshoof gebly het Die Liechtensteinse parlement Duits Landtag word vir n termyn van vier jaar verkies In die laaste verkiesing op 3 Februarie 2013 het die Fortschrittliche Burgerpartei FBP die grootste party in die parlement gebly met tien van altesaam 25 setels Die nuwe regering word deur n koalisie van die FBP en die Vaterlandische Union Vaderlandse Unie gevorm Opposisiepartye in die Landtag is die Freie Liste n groen alternatiewe party met drie setels en Die Onafhanklikes Die Unabhangigen met vier afgevaardigdes Die huidige regeringshoof Daniel Risch VU is op 25 Maart 2021 ingesweer Dominique Hasler VU beklee die amp van minister van buitelandse sake Demografie WysigBevolking Wysig Liechtenstein se bevolking is op 30 Junie 2013 op 36 982 beraam van wie 33 6 persent buitelanders was Van die buitelandse bevolking wat Liechtenstein se tegniese mannekragbron aanvul het sowat dertig persent Switserse en elf persent Duitse burgerskap gehad Ander belangrike groepe buitelanders is Italianers 3 3 persent burgers van die voormalige Joego Slawie eweneens 3 3 persent Turke 2 6 persent en burgers van ander lande 4 8 persent Die grootste nedersettings is Schaan 5 639 inwoners in 2003 en tans die grootste dorp in Liechtenstein die hoofstad Vaduz 5 005 inwoners Triesen 4 633 Balzers 4 353 Eschen 3 993 Mauren 3 625 en Triesenberg 2 591 Taal Wysig Die kasteel van Vaduz Liechtenstein maak histories deel uit van die Retoromaanse taalgebied tog neem die inwoners reeds gedurende die Middeleeue die Alemanniese dialek as omgangstaal aan Die huidige Liechtensteinse bevolking praat n Alemanniese dialek van Hoogduits as omgangstaal Hierdie dialek word ook oorkant die grens in die Switserse Rynvallei van Sankt Gallen en die Oostenrykse Rynvallei van Vorarlberg as gebesig Daar bestaan nie so iets soos n standaardtaal nie en gewoonlik beskik die meeste dorpe oor hulle eie plaaslike dialek wat soms sterk van die in ander dorpe verskil Die Walserse dialek in die omgewing van Triesenberg toon die grootste afwykings sy huidige sprekers is nasate van die Walserse immigrante wat in omtrent jaar 1300 na Liechtenstein gekom het Die Hoogduitse standaardtaal dien in sy Switserse variant as skryftaal Switserse Duits verskil in baie opsigte van Duitsland se taalvariant so is daar n meervoudsvorm van Hektar word ss steeds as ss gespel en vir syfers groter as 999 n spasie of die tipografiese apostroof gebruik 1 000 Die laasgenoemde is buite Switserland en Liechtenstein ongebruiklik Liechtenstein erken slegs Duits as sy staats en ampstaal terwyl die ander lande van die Duitse taalgebied ook die tale van etniese minderhede as streektale erken Daarnaas is Liechtenstein ook die enigste oorwegend Duitssprekende land wat nie aan Duitsland grens nie Godsdiens Wysig Liechtenstein is n land met n sterk Christelike karakter Die Rooms Katolieke Kerk word in die Liechtensteinse grondwet amptelik erken as landskerk maar nie as staatskerk nie so word ook die Protestantse Evangeliese Kerk finansieel deur die staat gesteun Volgens n opname in Junie 2003 is 75 7 persent van die in en uitheemse bevolking Rooms Katoliek 7 persent is Protestante 4 2 persent Moslems en 10 9 persent het geen besonderhede verstrek nie Die aartsbisdom Vaduz is op 2 Desember 1997 deur Pous Johannes Paulus II opgerig Aangesien die Liechtensteinse regering nie vooraf oor hierdie saak geraadpleeg is nie het die pous se beslissing baie kritiek uitgelok Vroeg in 1998 het aktiewe Rooms Katolieke gelowiges die Verein fur eine offene Kirche Vereniging vir n oop kerk gestig Ekonomie Wysig Die binnestad van Vaduz Mals Balzers Die plaaslike nywerheidsektor wat hom op die vervaardiging van spesiale produkte van hoe gehalte toespits lewer die grootste bydrae tot Liechtenstein se bruto binnelandse produk Die belangrikste handelsvennote van Liechtenstein is die Verenigde State die Europese Unie en Switserland Die bekendste ondernemings van die nywerheidsektor is Hilti AG booruitrusting en boumasjiene Ivoclar Vivadent AG tandheelkundige tegnologie ThyssenKrupp Presta AG motoronderdele Hoval AG verwarmings en lugreelingstegnologie Neztrik AG elektrotegniese produkte Unaxis elektroniese produkte en die Hilcona AG en Ospelt groep wat hulle albei op die vervaardiging van hoogwaardige voedselprodukte toespits Die tweede belangrikste sektor van die Liechtensteinse ekonomie is finansiele dienste Die plaaslike bankbedryf het saam met die vinnige industrialisering van die land ontwikkel maar word deur buurlande verdag gemaak as om by geldwassery betrokke te wees Die grootse bankondernemings is die Liechtensteinische Landesbank die Verwaltungs en Privatbank en die LGT Bank Naas hierdie drie groot inheemse banke het ook ander banke lisensies gekry sedert die jaar 1992 waaronder n aantal buitelandse ondernemings Die vyf grootste banke van Liechtenstein het tans 1 400 werknemers in diens en beskik oor bates ter waarde van meer as 30 miljard frank Net soos in Switserland word daar groot waarde aan die bankgeheim geheg Die Switserse frank is die wettige betaalmiddel in Liechtenstein alhoewel die land vir spesiale geleenthede ook sy eie munte uitreik Die bruto binnelandse produk BBP beloop in 2001 4 2 miljard frank wat gelykstaan aan n per capita BBP van sowat 120 000 frank 580 000 ZAR Die sektore se aandeel in 2001 was landbou 6 persent nywerhede 39 persent en dienste 55 persent In 2003 is goedere ter waarde van 3 193 miljard Switserse frank uitgevoer waarvan 31 persent masjiene en elektroniese toerusting 31 persent metaalware halfvervaardigde en vervaardigde produkte 10 persent ru olie metale boumateriale en chemiese produkte 10 persent motors en ander vervoermiddels 10 persent glasware keramiek en tekstiele en 8 persent landbouprodukte en verwerkte voedsel Die belangrikste bestemmings vir Liechtensteinse uitvoere was Duitsland 24 persent die Verenigde State 17 persent Frankryk 11 persent Oostenryk 9 persent en Italie 7 persent Media WysigIn Liechtenstein word een week en twee dagblaaie uitgegee Die dagblad Liechtensteiner Vaterland het die grootste drukoplaag met daagliks 10 000 eksemplare terwyl die Liechtensteiner Volksblatt se gemiddelde daaglikse oplae 9 000 beloop Die weekblad Liechtensteiner Woche kort Liewo verskyn op Sondae in dieselfde uitgewery soos die Vaterland met n drukoplaag van 37 500 en n groot advertensie gedeelte Die weekblad word gratis versprei Met Radio Liechtenstein beskik die prinsdom oor sy eie radiostasie wat sedert 2003 as openbare uitsaaier bedryf word Radio Ri n stasie met setel in die Switserse dorp Buchs saai programme vir die hele Rynvallei uit terwyl ook enkele Liechtensteinse munisipaliteite oor hul eie plaaslike stasies beskik Liechtenstein se televisiekanaal Landeskanal word as openbare uitsaaier deur die Pers en Inligtingskantoor van Liechtenstein bedryf Die enigste privaat uitsaaier is 1 FL TV Posdiens Wysig Die Liechtensteinse Posdiens se distribusiesentrum in Schaan Die posdiens in Liechtenstein is oorspronklik deur die Switserse Posdiens Schweizerische Post AG verskaf Op 19 November 1999 is n nasionale posdiens gevestig volgens die Switserse voorbeeld gevestig die Liechtensteinische Post AG wat nege poskantore bedryf 75 persent van die aandele aan hierdie onderneming is in besit van die Prinsdom Liechtenstein die ander 25 persent word deur die Switserse Posdiens gehou Sien ook WysigDie Prince van Pretoria Afrikaanse rolprent Verwysings Wysig de Raum Umwelt und Energie Geargiveer 12 Oktober 2011 op Wayback Machine Landesverwaltung Liechtenstein Besoek op 27 Julie 2014 en World Population Review de Bevolkerungsstruktur Band 1 Geargiveer 13 Oktober 2013 op Wayback Machine Liechtensteinische Volkszahlung 2013 Landesverwaltung Liechtenstein Besoek op 27 Julie 2014 4 0 4 1 4 2 4 3 de Key Figures for Liechtenstein Geargiveer 17 September 2009 op Wayback Machine Landesverwaltung Liechtenstein Besoek op 27 Julie 2014 5 0 5 1 5 2 5 3 en World Development Indicators Wereldbank Besoek op 27 Julie 2014 6 0 6 1 de Bevolkerungsstatistik 30 Juni 2011 Geargiveer 30 April 2013 op Wayback Machine Amt fur Statistik Landesverwaltung Liechtenstein Besoek op 27 Julie 2014 en Human Development Report 2020 PDF United Nations Development Programme 2020 Besoek op 29 Maart 2021 Bronnelys WysigAlgemeen en Liechtenstein Encyclopaedia Britannica Besoek op 29 Maart 2021 en Liechtenstein Central Intelligence Agency Besoek op 29 Maart 2021 Eksterne skakels WysigWikimedia Commons bevat media in verband met Liechtenstein Amptelike webtuistes de Amptelike Portaal van die Prinsdom Liechtenstein de Engelse weergawe van Amptelike Portaal Geargiveer 26 Mei 2008 op Wayback MachineAdministrasie de Portal der Liechtensteinischen LandesverwaltungHistoriese Ensiklopedie van Liechtenstein de Historisches Lexikon des Furstentums Liechtenstein dooie skakel Vorstehuis de Das Furstenhaus von LiechtensteinToerisme de Amptelike Portaal van Liechtenstein se toerismekantoorWetgewing de Liechtensteinische GesetzeMusea de Kunstmuseum LiechtensteinOntsluit van https af wikipedia org w index php title Liechtenstein amp ol,