×
Leiden

(hulp·inligting) is die vyfde grootste stad van die Nederlandse provinsie Zuid-Holland. Slegs Rotterdam en Den Haag is heelwat groter met Dordrecht en Zoetermeer wat in werklikheid byna dieselfde bevolkingsgrootte as Leiden het. Dié stad is aan die Rynrivier geleë en vorm 'n enkele stedelike gebied met Oegstgeest, Leiderdorp en Voorschoten. Leiden beslaan 'n oppervlakte van 23,16 vierkante kilometer en het 121 199 inwoners (1 Januarie 2014), en die agglomerasie 254 000 inwoners.

Leiden
Die Ou Ryn met ophaalbrug

Vlag

Wapen
Ligging van Leiden in die provinsie Zuid-Holland
Land Nederland
Provinsie Zuid-Holland
Gevestig 1652
Regering
- Burgemeester Henri Lenferink (PvdA)
Oppervlakte
- Totaal 23,16 km² (8,9 myl²)
Bevolking (30 Januarie 2014)
- Totaal 121 199
- Digtheid 5 522/km² (14 301,9/myl²)
Tydsone MET (UTG+1)
- Somer (Somertyd) MEST (UTG+2)
Poskode 2300–2334
Areakode(s) 071
Webwerf:

Inhoud

Hooglandse Kerk, Leiden

Die stad het as 'n sogenaamde dykdorp aan die voete van 'n kunsmatige heuwel ontstaan, waar die Ou en Nuwe Rynriviere saamvloei. In die oudste vermelding van die stad, omstreeks 860, het dit as Leithon bekend gestaan. Die vesting van Leiden in die graafskap van Holland het in die 9de eeu ontstaan toe die Wikings oor Utrecht geheers het. Leiden is tot voor 1420 deur burggrawe en verteenwoordigers van die howe in Nederland regeer. In 1266 het Leiden stadsregte bekom.

In 1420 het hertog Jan van Beieren met sy goedgewapende leër van Gouda na Leiden marsjeer met die doel om die stad te verower. Hulle het vestings aangeval en binne 'n week die kastele van Poelgeest, Ter Does, Hoichmade, de Zijl, ter Waerd, Warmond en de Paddenpoel verower. Op 14 Junie van dieselfde jaar was Van Beieren se leër voor die mure van Leiden en op 17 Augustus het die stad na twee maande se besetting aan Van Beieren oorgegee. Die Sitadelgraaf Filips van Wassenaar is van sy ampte gestroop en hy het sy laaste jare in aanhouding deurgebring.

Kaart van Leiden in 1652
De Valk Windmeulmuseum

Leiden het in die 16de en 17de eeue floreer en was tydens die 'Goue Eeu' die tweede grootste stad naas Amsterdam. Teen die einde van die 15de eeu het die tekstielbedryf 'n belangrike rol in die Leidense ekonomie gespeel en na die uitsetting van die Spanjaarde het Leidse kledingstowwe oral bekend geword. Hierdie nywerhede het ook 'n belangrike rol tydens die Tagtigjarige Oorlog gespeel toe die Spanjaarde die stad van Mei tot Oktober 1574 beset het. Die inwoners van Leiden het egter weerstand teen die belegging gebied en die stad weer ontset. Vir hulle heldhaftige verdediging van die stad het Prins Willem van Oranje 'n jaar later in 1575 die Universiteit van Leiden gestig.

Sedert die laat 17de eeu het Leiden 'n ekonomiese insinking beleef wat toegeskryf is aan 'n dalende tekstielproduksie. In die tyd het die bevolking van Leiden gedaal van 'n beraamde 100 000 inwoners in 1640 tot 30 000 inwoners tussen 1796 en 1811. Die bevolkingsgetal het daarna weer geleidelik gegroei en teen 1904 was daar 56 044 inwoners.

Op 12 Januarie 1807 het 'n ramp die stad getref toe 'n skip, wat met buskruit gelaai was en aan die oostekant van die Rapenburg vasgemeer was, ontplof het. Ongeveer 150 mense is dood, terwyl honderde huise verwoes is, insluitende dié van die Elsevierdrukkersfamilie. Koning Lodewyk Napoleon Bonaparte het persoonlik ingegryp om slagofferhulp te koördineer. Die Van der Werffpark en die Kamerlingh-Onnes-laboratorium is later op die ruïnes van die ontploffing gevestig.

In 1842 is die spoorlyn tussen Leiden en Haarlem in gebruik geneem en later, in 1843, is Leiden per spoorlyn met Den Haag verbind. Hierdie spoorlyne het later bygedra tot 'n herlewing in Leiden se ekonomie, 'n verdere uitbreiding buite die grense die stad se 17de eeuse singels en nywerheidsontwikkelinge in 1920.

In April 1848 het die politikus Johan Rudolf Thorbecke (1798–1872) die Nederlandse grondwet in sy woning te Garenmarkt 9, in Leiden, geskryf.

In 1866 het 'n cholera-epidemie die stad getref wat in 1868 tot die oprigting van 'n Akademiese hospitaal (waar die Nasionale Volkekundige museum vandag staan) gelei het.

In 1883 is ganse Nederland geskud deur die arrestasie van die Leidse moordenares, Maria Catharina Swanenburg, ook bekend as die 'gifmengster' of die Goeie Mie. Sy het haar slagoffers, waarvan 27 dood en 'n verdere 54 kroniese gesondheidsprobleme ontwikkel het, met arseen vergiftig ten einde hulle versekerings- en erfgelde te eis. Sy is daarna skuldig bevind en in 'n gevangenis aangehou waar sy in 1915 gesterf het.

Tydens die Tweede Wêreldoorlog is Leiden swaar deur Geallieerde bombardemente getref. Die omgewing rondom die stasie en die Marekerk het verál erg deurgeloop.

Latynse Skool te Lokhorststraat waar Rembrandt van Rijn geleer het

Die einde van die Spaanse besetting word jaarliks op 3 Oktober gevier. Dit gaan met feestelikhede gepaard en tradisionele kosse soos witbrood, haring en hutspot. Die jaarlikse Rapenburgkonsert is 'n musiekhoogtepunt op die Leidse kultuurkalender.

Albert Einstein en Hendrik Antoon Lorentz in Leiden in 1921

Leiden is ook 'n belangrike inkopiesentrum en spog met een van die grootste inkopiestrate in Europe, te Haarlemmerstraat. Die Universiteit van Leiden is bekend vir allerlei ontdekkings, insluitende die Leidse fles, 'n kapasitor wat uit 'n glasfles gemaak is en deur Pieter van Musschenbroek in 1746 'uitgevind' is en hoewel dit eintlik die vorige jaar in Duitsland deur Ewald Georg von Kleist ontdek is, het die naam "Leidse fles" bekend geword.

'n Ander ontwikkeling is die van kriogenie. Heike Kamerlingh Onnes (1853–1926) het in 1913 'n Nobelprys in fisika verower, nadat hy in 1908 vir die eerste keer daarin geslaag om helium vloeibaar te maak en later om 'n temperatuur van minder as een graad bo die absolute minimum te bereik. Die beroemde fisikus, Hendrik Antoon Lorentz (1853–1928) wat in 1902 'n Nobelprys vir elektromagnetisme verwerf het, het ook in Leiden studeer en later professor aan die universiteit geword.

Op die kunsgebied is die wêreldbekende skilder, Rembrandt van Rijn (1606–1669) in Leiden gebore, waar hy 'n Latynse skool te Lokhorststraat bygewoon het en later aan die Universiteit van Leiden ingeskryf het. Hy was onder andere ook 'n leerling onder die Leidse historiese skilder, Jacob van Swanenburgh (1571–1631). Hy het ook later sy eie ateljee geopen saam met sy vriend en kollega, Jan Lievens voordat hy later na Amsterdam verhuis het. Die 17de eeuse skilder, Jan Steen (1626–1679), en landskapskilder, Jan van Goyen (1596–1656), is ook in Leiden gebore.

Leiden het bekende digters en skrywers opgelewer, te wete Piet Paaltjens, J.C. Bloem, Maarten Biesheuvel, Jan Wolkers, Constantijn Huygens en Maarten 't Hart, wat in die stad gewoon of studeer het.

Leiden is ook bekend vir sy muurgedigte in vele tale, wat in 1992 as 'n stadsprojek geloods is en fokus op die verhouding tussen taal en beeld.

Hoofartikel: Universiteit van Leiden.
Academiegebouw, Universiteit van Leiden

Die Universiteit van Leiden is die oudste universiteit in Nederland en is in 1575 deur Prins Willem van Oranje gestig, leier van die Hollandse verset tydens die Tagtigjarige Oorlog. Die universiteit het nege fakulteite, meer as 50 departemente, meer as 150 voorgraadse programme en 40 nasionale en internasionale navorsingsinstellings. Die universiteit is internasionaal bekend en lok studente van regoor die wêreld.

Zijlpoort
Leidenkanaal

Die twee takke van die Ou Rynrivier, wat Leiden uit die ooste binnevloei, vloei in die middel van die stad ineen. Die stad word verder deur etlike kleinere, sombere kanale met boom-omgrensde kaaie verdeel.

Die Rapenburg is een van die mooiste en bekendste gragte in Leiden en is ongeveer in 1250 as 'n vestingsgrag gegrawe om die stad te beskerm. Talle statige geboue is sedertdien langs die grag gebou en die jaarlikse Rapenburgkonsert word op die grag gevier.

Suid van die stad is die Botaniese Tuine Hortus Botanicus, een van die oudste botaniese tuine in Nederland, wat in 1549 teenaan die Rapenburg opgerig is. Daar is ook ander tuine wat langs die ou Singel en buitekanale strek. Die Van der Werffpark is vernoem na burgemeester Pieter Adriaanszoon van der Werff, wat die stad in 1574 teen die Spanjaarde verdedig het. Die Leidse professor en tuinboukundige, Carolus Clusius (1526–1609), het die grondslag gelê vir Nederland se tulpebedryf.

  • Die Pieterskerk – Die grootste kerk in Leiden.
  • Boerhave Museum – Nasionale museum vir die geskiedenis van wetenskap en medisyne.
  • Hortus Botanicus – Botaniese tuine.
  • Die Hooglandse kerk.
  • Die Burg
  • Die Lakenhal Stedelijk Museum – Munisipale museum.
  • Die Sterrewag
  • Rijksmuseum van Oudheden – Nasionale museum vir oudhede
  • Nationaal Natuurhistorisch Museum – Nasionale natuurgeskiedenismuseum
  • Rijksmuseum voor Volkekunde – Nasionale volkekundige museum
  • Stigting Molen de Valk – Windmeulmuseum
  • Leidse Schouwburg – Die oudste teater in Nederland, in 1705 geopen.
  • Die Marekerk – Die kerk is in 1639 ontwerp en in 1650 in gebruik geneem.
  • Twee stadspoorte (Morspoort & Ziljpoort)
  • Nege windmeule
  • 35 aalmoeshuise.
  • Wagenmakersmuseum
  • Sieboldhuis – Japannese kultuursentrum.

Leiden kan per trein deur die De Vink-, die Leiden Centraal- en Leiden Lammenschansspoorwegstasies bereik word. Die stad het ook 'n openbare busdiens.

Die kind van Ingrid Jonker as muurgedig in Leiden
Taalles van Elisabeth Eybers as muurgedig in Leiden

'n Aantal bekende Suid-Afrikaners het in Leiden gewoon en/of daar studeer:

  • Fransjohan Pretorius: Bekende geskiedkundige op die gebied van die Boere-oorlog het 'n doktorsgraad in Leiden voltooi.
  • Vernon February (1938–2002): Skrywer en akademikus het jare lank in ballingskap in Nederland gewoon en studeer en was later verbonde aan die Afrikastudiesentrum aan die Universiteit van Leiden.
  • Petrus Johannes van der Merwe (1912–1979): Eertydse geskiedkundige verbonde aan die Universiteit van Stellenbosch van 1955 tot 1977. Hy het in 1937 'n doktorsgraad oor die Groot Trek aan die Universiteit van Leiden behaal.
  • Johannes Friedrich Wilhelm Grosskopf (1885–1948): Skrywer en akademikus aan die Universiteit van Stellenbosch van 1920–1935 het sy doktorsgraad aan die Universiteit van Leiden voltooi.
  • Henri Louis Gonin (1907–1997) – Akademikus en Latynkenner verbonde aan die Universiteite van Stellenbosch en Pretoria het sy doktorsgraad aan die Universiteit van Leiden voltooi.
  • Rachelle Conradie – Digter het aan die Universiteit van Leiden studeer.
  • Christiaan Willem Hendrik van der Post – Digter en lid van die Volksraad in die Vrystaat is in Leiden gebore.
  • Gerrit Viljoen (1926–2009) – Voormalige minister van Onderwys en Staatkundige Ontwikkeling het in 1955 'n doktorsgraad aan die Universiteit van Leiden behaal.
  • Nelson Mandela (1918–2013) – Vorige Staatspresident van Suid-Afrika is in 1999 deur die Universiteit van Leiden met 'n eredoktorsgraad bekroon.
  1. . Geargiveer vanaf op 25 September 2006. Besoek op11 Augustus 2016.
  2. . Geargiveer vanaf op 6 Januarie 2012. Besoek op11 Augustus 2016.

Stad

Universiteit

Munisipaliteite in Zuid-Holland (52)

Alblasserdam | Albrandswaard | Alphen aan den Rijn | Barendrecht | Bodegraven-Reeuwijk | Brielle | Capelle aan den IJssel | Delft | Den Haag | Dordrecht | Goeree-Overflakkee | Gorinchem | Gouda | Hardinxveld-Giessendam | Hellevoetsluis | Hendrik-Ido-Ambacht | Hillegom | Hoeksche Waard | Kaag en Braassem | Katwijk | Krimpen aan den IJssel | Krimpenerwaard | Lansingerland | Leiden | Leiderdorp | Leidschendam-Voorburg | Lisse | Maassluis | Midden-Delfland | Molenlanden | Nieuwkoop | Nissewaard | Noordwijk | Oegstgeest | Papendrecht | Pijnacker-Nootdorp | Ridderkerk | Rijswijk | Rotterdam | Schiedam | Sliedrecht | Teylingen | Vlaardingen | Voorschoten | Waddinxveen | Wassenaar | Westland | Westvoorne | Zoetermeer | Zoeterwoude | Zuidplas | Zwijndrecht

Publikasie datum: September 26, 2021

leiden, hulp, inligting, vyfde, grootste, stad, nederlandse, provinsie, zuid, holland, slegs, rotterdam, haag, heelwat, groter, dordrecht, zoetermeer, werklikheid, byna, dieselfde, bevolkingsgrootte, dié, stad, rynrivier, geleë, vorm, enkele, stedelike, gebied. Leiden hulp inligting is die vyfde grootste stad van die Nederlandse provinsie Zuid Holland Slegs Rotterdam en Den Haag is heelwat groter met Dordrecht en Zoetermeer wat in werklikheid byna dieselfde bevolkingsgrootte as Leiden het Die stad is aan die Rynrivier gelee en vorm n enkele stedelike gebied met Oegstgeest Leiderdorp en Voorschoten Leiden beslaan n oppervlakte van 23 16 vierkante kilometer en het 121 199 inwoners 1 Januarie 2014 en die agglomerasie 254 000 inwoners LeidenDie Ou Ryn met ophaalbrugVlag WapenLigging van Leiden in die provinsie Zuid HollandLand NederlandProvinsieZuid HollandGevestig 1652Regering BurgemeesterHenri Lenferink PvdA Oppervlakte Totaal 23 16 km 8 9 myl Bevolking 30 Januarie 2014 Totaal 121 199 Digtheid 5 522 km 14 301 9 myl Tydsone MET UTG 1 Somer Somertyd MEST UTG 2 Poskode 2300 2334Areakode s 071Webwerf www leiden nl Inhoud 1 Geskiedenis 2 Kultuur wetenskap en kuns 3 Die Universiteit van Leiden 4 Riviere kanale en parke 5 Besienswaardighede 6 Vervoer 7 Suid Afrikaners in Leiden 8 Susterstede 9 Verwysings 10 Eksterne skakels 10 1 Stad 10 2 UniversiteitGeskiedenis Wysig Hooglandse Kerk Leiden Die stad het as n sogenaamde dykdorp aan die voete van n kunsmatige heuwel ontstaan waar die Ou en Nuwe Rynriviere saamvloei In die oudste vermelding van die stad omstreeks 860 het dit as Leithon bekend gestaan Die vesting van Leiden in die graafskap van Holland het in die 9de eeu ontstaan toe die Wikings oor Utrecht geheers het Leiden is tot voor 1420 deur burggrawe en verteenwoordigers van die howe in Nederland regeer In 1266 het Leiden stadsregte bekom In 1420 het hertog Jan van Beieren met sy goedgewapende leer van Gouda na Leiden marsjeer met die doel om die stad te verower Hulle het vestings aangeval en binne n week die kastele van Poelgeest Ter Does Hoichmade de Zijl ter Waerd Warmond en de Paddenpoel verower Op 14 Junie van dieselfde jaar was Van Beieren se leer voor die mure van Leiden en op 17 Augustus het die stad na twee maande se besetting aan Van Beieren oorgegee Die Sitadelgraaf Filips van Wassenaar is van sy ampte gestroop en hy het sy laaste jare in aanhouding deurgebring Kaart van Leiden in 1652 De Valk Windmeulmuseum Leiden het in die 16de en 17de eeue floreer en was tydens die Goue Eeu die tweede grootste stad naas Amsterdam Teen die einde van die 15de eeu het die tekstielbedryf n belangrike rol in die Leidense ekonomie gespeel en na die uitsetting van die Spanjaarde het Leidse kledingstowwe oral bekend geword Hierdie nywerhede het ook n belangrike rol tydens die Tagtigjarige Oorlog gespeel toe die Spanjaarde die stad van Mei tot Oktober 1574 beset het Die inwoners van Leiden het egter weerstand teen die belegging gebied en die stad weer ontset Vir hulle heldhaftige verdediging van die stad het Prins Willem van Oranje n jaar later in 1575 die Universiteit van Leiden gestig Sedert die laat 17de eeu het Leiden n ekonomiese insinking beleef wat toegeskryf is aan n dalende tekstielproduksie In die tyd het die bevolking van Leiden gedaal van n beraamde 100 000 inwoners in 1640 tot 30 000 inwoners tussen 1796 en 1811 Die bevolkingsgetal het daarna weer geleidelik gegroei en teen 1904 was daar 56 044 inwoners Op 12 Januarie 1807 het n ramp die stad getref toe n skip wat met buskruit gelaai was en aan die oostekant van die Rapenburg vasgemeer was ontplof het Ongeveer 150 mense is dood terwyl honderde huise verwoes is insluitende die van die Elsevierdrukkersfamilie Koning Lodewyk Napoleon Bonaparte het persoonlik ingegryp om slagofferhulp te koordineer Die Van der Werffpark en die Kamerlingh Onnes laboratorium is later op die ruines van die ontploffing gevestig In 1842 is die spoorlyn tussen Leiden en Haarlem in gebruik geneem en later in 1843 is Leiden per spoorlyn met Den Haag verbind Hierdie spoorlyne het later bygedra tot n herlewing in Leiden se ekonomie n verdere uitbreiding buite die grense die stad se 17de eeuse singels en nywerheidsontwikkelinge in 1920 In April 1848 het die politikus Johan Rudolf Thorbecke 1798 1872 die Nederlandse grondwet in sy woning te Garenmarkt 9 in Leiden geskryf In 1866 het n cholera epidemie die stad getref wat in 1868 tot die oprigting van n Akademiese hospitaal waar die Nasionale Volkekundige museum vandag staan gelei het In 1883 is ganse Nederland geskud deur die arrestasie van die Leidse moordenares Maria Catharina Swanenburg ook bekend as die gifmengster of die Goeie Mie Sy het haar slagoffers waarvan 27 dood en n verdere 54 kroniese gesondheidsprobleme ontwikkel het met arseen vergiftig ten einde hulle versekerings en erfgelde te eis Sy is daarna skuldig bevind en in n gevangenis aangehou waar sy in 1915 gesterf het Tydens die Tweede Wereldoorlog is Leiden swaar deur Geallieerde bombardemente getref Die omgewing rondom die stasie en die Marekerk het veral erg deurgeloop Kultuur wetenskap en kuns Wysig Latynse Skool te Lokhorststraat waar Rembrandt van Rijn geleer het Die einde van die Spaanse besetting word jaarliks op 3 Oktober gevier Dit gaan met feestelikhede gepaard en tradisionele kosse soos witbrood haring en hutspot Die jaarlikse Rapenburgkonsert is n musiekhoogtepunt op die Leidse kultuurkalender Albert Einstein en Hendrik Antoon Lorentz in Leiden in 1921 Leiden is ook n belangrike inkopiesentrum en spog met een van die grootste inkopiestrate in Europe te Haarlemmerstraat Die Universiteit van Leiden is bekend vir allerlei ontdekkings insluitende die Leidse fles n kapasitor wat uit n glasfles gemaak is en deur Pieter van Musschenbroek in 1746 uitgevind is en hoewel dit eintlik die vorige jaar in Duitsland deur Ewald Georg von Kleist ontdek is het die naam Leidse fles bekend geword n Ander ontwikkeling is die van kriogenie Heike Kamerlingh Onnes 1853 1926 het in 1913 n Nobelprys in fisika verower nadat hy in 1908 vir die eerste keer daarin geslaag om helium vloeibaar te maak en later om n temperatuur van minder as een graad bo die absolute minimum te bereik Die beroemde fisikus Hendrik Antoon Lorentz 1853 1928 wat in 1902 n Nobelprys vir elektromagnetisme verwerf het het ook in Leiden studeer en later professor aan die universiteit geword Op die kunsgebied is die wereldbekende skilder Rembrandt van Rijn 1606 1669 in Leiden gebore waar hy n Latynse skool te Lokhorststraat bygewoon het en later aan die Universiteit van Leiden ingeskryf het Hy was onder andere ook n leerling onder die Leidse historiese skilder Jacob van Swanenburgh 1571 1631 Hy het ook later sy eie ateljee geopen saam met sy vriend en kollega Jan Lievens voordat hy later na Amsterdam verhuis het Die 17de eeuse skilder Jan Steen 1626 1679 en landskapskilder Jan van Goyen 1596 1656 is ook in Leiden gebore Leiden het bekende digters en skrywers opgelewer te wete Piet Paaltjens J C Bloem Maarten Biesheuvel Jan Wolkers Constantijn Huygens en Maarten t Hart wat in die stad gewoon of studeer het Leiden is ook bekend vir sy muurgedigte in vele tale wat in 1992 as n stadsprojek geloods is en fokus op die verhouding tussen taal en beeld Die Universiteit van Leiden WysigHoofartikel Universiteit van Leiden Academiegebouw Universiteit van Leiden Die Universiteit van Leiden is die oudste universiteit in Nederland en is in 1575 deur Prins Willem van Oranje gestig leier van die Hollandse verset tydens die Tagtigjarige Oorlog Die universiteit het nege fakulteite meer as 50 departemente meer as 150 voorgraadse programme en 40 nasionale en internasionale navorsingsinstellings Die universiteit is internasionaal bekend en lok studente van regoor die wereld Riviere kanale en parke Wysig Zijlpoort Leidenkanaal Die twee takke van die Ou Rynrivier wat Leiden uit die ooste binnevloei vloei in die middel van die stad ineen Die stad word verder deur etlike kleinere sombere kanale met boom omgrensde kaaie verdeel Die Rapenburg is een van die mooiste en bekendste gragte in Leiden en is ongeveer in 1250 as n vestingsgrag gegrawe om die stad te beskerm Talle statige geboue is sedertdien langs die grag gebou en die jaarlikse Rapenburgkonsert word op die grag gevier Suid van die stad is die Botaniese Tuine Hortus Botanicus een van die oudste botaniese tuine in Nederland wat in 1549 teenaan die Rapenburg opgerig is Daar is ook ander tuine wat langs die ou Singel en buitekanale strek Die Van der Werffpark is vernoem na burgemeester Pieter Adriaanszoon van der Werff wat die stad in 1574 teen die Spanjaarde verdedig het Die Leidse professor en tuinboukundige Carolus Clusius 1526 1609 het die grondslag gele vir Nederland se tulpebedryf Besienswaardighede WysigDie Pieterskerk 1 Die grootste kerk in Leiden Boerhave Museum 2 Nasionale museum vir die geskiedenis van wetenskap en medisyne Hortus Botanicus 3 Botaniese tuine Die Hooglandse kerk Die Burg Die Lakenhal Stedelijk Museum 4 Munisipale museum Die Sterrewag 5 Rijksmuseum van Oudheden 6 Nasionale museum vir oudhede Nationaal Natuurhistorisch Museum 7 Nasionale natuurgeskiedenismuseum Rijksmuseum voor Volkekunde 8 Nasionale volkekundige museum Stigting Molen de Valk 9 Windmeulmuseum Leidse Schouwburg 10 Die oudste teater in Nederland in 1705 geopen Die Marekerk 11 Die kerk is in 1639 ontwerp en in 1650 in gebruik geneem Twee stadspoorte Morspoort amp Ziljpoort Nege windmeule 35 aalmoeshuise Wagenmakersmuseum Sieboldhuis 12 Japannese kultuursentrum Vervoer WysigLeiden kan per trein deur die De Vink die Leiden Centraal en Leiden Lammenschansspoorwegstasies bereik word Die stad het ook n openbare busdiens Suid Afrikaners in Leiden Wysig Die kind van Ingrid Jonker as muurgedig in Leiden Taalles van Elisabeth Eybers as muurgedig in Leiden n Aantal bekende Suid Afrikaners het in Leiden gewoon en of daar studeer Fransjohan Pretorius Bekende geskiedkundige op die gebied van die Boere oorlog het n doktorsgraad in Leiden voltooi Vernon February 1938 2002 Skrywer en akademikus het jare lank in ballingskap in Nederland gewoon en studeer en was later verbonde aan die Afrikastudiesentrum aan die Universiteit van Leiden Petrus Johannes van der Merwe 1912 1979 Eertydse geskiedkundige verbonde aan die Universiteit van Stellenbosch van 1955 tot 1977 Hy het in 1937 n doktorsgraad oor die Groot Trek aan die Universiteit van Leiden behaal Johannes Friedrich Wilhelm Grosskopf 1885 1948 Skrywer en akademikus aan die Universiteit van Stellenbosch van 1920 1935 het sy doktorsgraad aan die Universiteit van Leiden voltooi Henri Louis Gonin 1907 1997 Akademikus en Latynkenner verbonde aan die Universiteite van Stellenbosch en Pretoria het sy doktorsgraad aan die Universiteit van Leiden voltooi Rachelle Conradie Digter het aan die Universiteit van Leiden studeer Christiaan Willem Hendrik van der Post Digter en lid van die Volksraad in die Vrystaat is in Leiden gebore Gerrit Viljoen 1926 2009 Voormalige minister van Onderwys en Staatkundige Ontwikkeling het in 1955 n doktorsgraad aan die Universiteit van Leiden behaal Nelson Mandela 1918 2013 Vorige Staatspresident van Suid Afrika is in 1999 deur die Universiteit van Leiden met n eredoktorsgraad bekroon Susterstede Wysig Oxford Verenigde Koninkryk sedert 1946 Krefeld Duitsland sedert 1974 Torun Pole sedert 1988 Juigalpa Nicaragua sedert 1988 Buffalo City Suid Afrika sedert 1996Verwysings WysigWasserman H s q Litnet Boekindaba Vernie February Geargiveer 13 Mei 2006 op Wayback Machine Stellenbosch Skrywers P J van der Merwe J F W Grosskopf amp Henri Louis Gonin South African History Online Gerrit Viljoen Vrye vertaling van die Engelse Nederlandse en verwante artikels oor Leiden op Wikipedia Die Pieterskerk Boerhave Museum Hortus Botanicus Die Lakenhal Stedelijk Museum Die Sterrewag Geargiveer vanaf die oorspronklike op 25 September 2006 Besoek op 11 Augustus 2016 Rijksmuseum van Oudheden Nationaal Natuurhistorisch Museum Rijksmuseum voor Volkekunde Geargiveer vanaf die oorspronklike op 6 Januarie 2012 Besoek op 11 Augustus 2016 Stigting Molen de Valk Leidse Schouwburg Die Marekerk SieboldhuisEksterne skakels WysigWikimedia Commons bevat media in verband met Leiden Toerisme inligting oor Leiden op WikivoyageStad Wysig Leiden Stadsportaal Leiden Toerisme toeriste inligting Leiden Panorama Fotoblad Leiden Info Toeriste Webtuiste Geargiveer 11 Augustus 2016 op Wayback Machine Die Rapenburgkonsert Rembrandt 1606 2006 400 jaar herdenkingsblad Stigting Gilde LeidenUniversiteit Wysig Universiteit van Leiden Afrika Studiesentrum Universiteit van Leiden Webster Universiteit Leiden Hogeschool Leiden Universiteit vir Professionele Opleiding Munisipaliteite in Zuid Holland 52 Alblasserdam Albrandswaard Alphen aan den Rijn Barendrecht Bodegraven Reeuwijk Brielle Capelle aan den IJssel Delft Den Haag Dordrecht Goeree Overflakkee Gorinchem Gouda Hardinxveld Giessendam Hellevoetsluis Hendrik Ido Ambacht Hillegom Hoeksche Waard Kaag en Braassem Katwijk Krimpen aan den IJssel Krimpenerwaard Lansingerland Leiden Leiderdorp Leidschendam Voorburg Lisse Maassluis Midden Delfland Molenlanden Nieuwkoop Nissewaard Noordwijk Oegstgeest Papendrecht Pijnacker Nootdorp Ridderkerk Rijswijk Rotterdam Schiedam Sliedrecht Teylingen Vlaardingen Voorschoten Waddinxveen Wassenaar Westland Westvoorne Zoetermeer Zoeterwoude Zuidplas ZwijndrechtOntsluit van https af wikipedia org w index php title Leiden amp ol,