fbpx Lavazza
Wikipedia

Lavazza

Lavazza is die grootste vervaardiger van koffie en espresso in Italië wat tans 'n markaandeel van 48 persent het. Die Turynse onderneming, wat reeds vier generasies lank in besit van die Lavazza-familie is, het filiaalmaatskappye in meer as 90 lande vir die internasionale bemarking en verspreiding van koffieprodukte en -masjiene. Die Lavazza-groep self bestaan uit 'n dertigtal ondernemings wat regstreeks of indirek deur die Turynse moedermaatskappy Luigi Lavazza S.p.A. bestuur word.

Lavazza S.p.A.

Tipe Aandelemaatskappy
Gestig 1895
Hoofkantoor Turyn, Italië
SleutelpersoneAlberto Lavazza (voorsitter)
Antonio Baravalle (hoof uitvoerende beampte)
Gebied bedienWêreldwyd
IndustrieKoffie
ProdukteHeelboontjie-Koffie, handelsware, koffie uit kapsules (Lavazza A Modo Mio en Lavazza Blue)
Inkomste€1,33 miljard (2012)
Werknemers3 800
Webwerf
'n Advertensie vir Lavazza-koffie (omtrent 1900) wys die vervoer van koffie in Indosjina

Die maatskappy Lavazza het sy oorsprong in die klein kruidenierswinkel van Luigi Lavazza (1859-1949) in Paissa Olivero, die ou sakedistrik van Turyn, Noord-Italië. Soos baie ander van sy soort is ook Lavazza se winkel 'n kleinhandelonderneming wat sy eie handelsgoedere vervaardig. Luigi Lavazza het hom op die koffieproduksie toegespits, en hy rooster in sy winkel koffiebone en vermeng hulle volgens sy spesiale resepte.

In 1910 brei Lavazza sy onderneming op groothandelvlak uit. Die toetrede van sy drie seuns Mario, Beppe en Pericle tot die onderneming in die tydperk van die Eerste Wêreldoorlog en die toespitsing op 'n kleiner reeks produkte lei tot die vinnige groei van die maatskappy. Dit speel gou 'n beduidende rol op die plaaslike mark van Turyn en sy omgewing. Die Volkebond se tydelike sanksies teen Italië, wat ook 'n verbod op die uitvoer van koffie na die land insluit, en die ekonomiese gevolge van die Tweede Wêreldoorlog is geen werklike teenslag vir Lavazza nie.

In 1927 word die moderne Lavazza S.p.A. in sy huidige vorm gestig, en die onderneming begin hom op die koffievervaardiging toespits. Lavazza se produkte kry die eerste spesiaal ontwerpte etiket. Die jaarlikse produksie beloop aanvanklik 1 000 ton koffie.

In 1936 tree Luigi Lavazza af en oorlaat die bestuur van die maatskappy aan sy seuns. Hy sterf in 1949. Lavazza het sy hoofkwartier nog steeds in Turyn en word tans deur die vierde generasie van Luigi Lavazza se nakomelinge bestuur.

  1. (in Engels). Lavazza. vanaf die oorspronklike op 8 November 2017. Besoek op8 Februarie 2015.

Lavazza
lavazza, grootste, vervaardiger, koffie, espresso, italië, tans, markaandeel, persent, turynse, onderneming, reeds, vier, generasies, lank, besit, familie, filiaalmaatskappye, meer, lande, internasionale, bemarking, verspreiding, koffieprodukte, masjiene, groe. Lavazza is die grootste vervaardiger van koffie en espresso in Italie wat tans n markaandeel van 48 persent het Die Turynse onderneming wat reeds vier generasies lank in besit van die Lavazza familie is het filiaalmaatskappye in meer as 90 lande vir die internasionale bemarking en verspreiding van koffieprodukte en masjiene Die Lavazza groep self bestaan uit n dertigtal ondernemings wat regstreeks of indirek deur die Turynse moedermaatskappy Luigi Lavazza S p A bestuur word 2 Lavazza S p A Tipe AandelemaatskappyGestig 1895Hoofkantoor Turyn ItalieSleutelpersoneAlberto Lavazza voorsitter Antonio Baravalle hoof uitvoerende beampte Gebied bedienWereldwydIndustrieKoffieProdukteHeelboontjie Koffie handelsware koffie uit kapsules Lavazza A Modo Mio en Lavazza Blue Inkomste 1 33 miljard 1 2012 Werknemers3 800Webwerflavazza itGeskiedenis Wysig n Advertensie vir Lavazza koffie omtrent 1900 wys die vervoer van koffie in Indosjina Die maatskappy Lavazza het sy oorsprong in die klein kruidenierswinkel van Luigi Lavazza 1859 1949 in Paissa Olivero die ou sakedistrik van Turyn Noord Italie Soos baie ander van sy soort is ook Lavazza se winkel n kleinhandelonderneming wat sy eie handelsgoedere vervaardig Luigi Lavazza het hom op die koffieproduksie toegespits en hy rooster in sy winkel koffiebone en vermeng hulle volgens sy spesiale resepte In 1910 brei Lavazza sy onderneming op groothandelvlak uit Die toetrede van sy drie seuns Mario Beppe en Pericle tot die onderneming in die tydperk van die Eerste Wereldoorlog en die toespitsing op n kleiner reeks produkte lei tot die vinnige groei van die maatskappy Dit speel gou n beduidende rol op die plaaslike mark van Turyn en sy omgewing Die Volkebond se tydelike sanksies teen Italie wat ook n verbod op die uitvoer van koffie na die land insluit en die ekonomiese gevolge van die Tweede Wereldoorlog is geen werklike teenslag vir Lavazza nie In 1927 word die moderne Lavazza S p A in sy huidige vorm gestig en die onderneming begin hom op die koffievervaardiging toespits Lavazza se produkte kry die eerste spesiaal ontwerpte etiket Die jaarlikse produksie beloop aanvanklik 1 000 ton koffie In 1936 tree Luigi Lavazza af en oorlaat die bestuur van die maatskappy aan sy seuns Hy sterf in 1949 Lavazza het sy hoofkwartier nog steeds in Turyn en word tans deur die vierde generasie van Luigi Lavazza se nakomelinge bestuur Verwysings Wysig Wikimedia Commons het meer media in die kategorie Lavazza Lavazza numbers in Engels Lavazza Geargiveer vanaf die oorspronklike op 8 November 2017 Besoek op 8 Februarie 2015 lavazza com The Group Besoek op 25 November 2018Ontsluit van https af wikipedia org w index php title Lavazza amp ol,