×
Laniakea-superswerm

Die Laniakea-superswerm is die superswerm waarin die Melkweg, Sonnestelsel en Aarde hulle bevind. Dit is in September 2014 geïdentifiseer toe ’n groep sterrekundiges, onder andere R. Brent Tully van die Universiteit van Hawaii en Helene Courtois van die Universiteit van Lyon in Frankryk, ’n nuwe manier publiseer om superswerms te definieer volgens die relatiewe snelhede van sterrestelsels. Laniakea word ook die Plaaslike Superswerm genoem en die vorige Plaaslike Superswerm, Virgo, maak nou deel van die groter superswerm uit.

’n Kaart van die naaste superswerms binne 500 miljoen ligjare. Laniakea is die lang reeks stelsels wat die Centaurus-muur en die superswerms Virgo, Hydra-Centaurus en Pavo-Indus insluit.

Inhoud

Die Laniakea-superswerm bevat 100 000 sterrestelsels oor ’n gebied van 520 miljoen ligjare. Dit het die geraamde bindingsmassa van sowat 1017 sonmassas, of honderdduisend keer dié van die Melkweg. Dit bestaan uit drie onderdele, wat voorheen beskou is as drie aparte superswerms:

Die sterrestelselswerms met die grootste massa in Laniakea is Virgo, Hydra, Centaurus, Abell 3565, Abell 3574, Abell 3521, Fornax, Eridanus en Norma. Die hele superswerm bevat sowat 300 tot 500 bekende sterrestelselswerms en -groepe. Dit kan veel meer wees omdat baie van hulle tans aan die ander kant van die Melkweg is, waar hulle feitlik onwaarneembaar is.

Superswerms is van die grootste strukture in die heelal en hul grense is moeilik om te bepaal, veral van binne af. Die span het radioteleskope gebruik om die bewegings van ’n groot groep plaaslike sterrestelsels uit te stippel. In ’n gegewe superswerm sal al dié bewegings na binne wees, in die rigting van die massamiddelpunt. In Laniakea se geval is dié swaartekrag-fokuspunt die Groot Aantrekker, en dit beïnvloed die beweging van onder meer die Plaaslike Groep van sterrestelsels waarin die Melkweg lê.

Laniakea is self besig om in die rigting van die Shapley-superswerm te beweeg, en die twee kan dus deel wees van ’n nog groter kompleks.

Die superswerms wat Laniakea omring, is die Shapley-, Hercules-, Coma- en Perseus-Pisces-superswerm. Die grense van dié swerms en van Laniakea was nog nie presies bekend toe Laniakea geïdentifiseer is nie.

Die naam "Laniakea" beteken "onmeetbare hemel" in Hawais, van lani vir "hemel" en akea vir "ruim" of "onmeetbaar". Dit is ter ere van Polinesiese navigators wat kennis oor die hemel gebruik het om die Stille Oseaan te verken.

  1. . National Radio Astronomy Observatory. ScienceDaily. 3 September 2014.
  2. Irene Klotz (3 September 2014). . Reuters. ScienceDaily. Geargiveer vanaf op 13 September 2014. Besoek op12 Oktober 2014.
  3. Elizabeth Gibney (3 September 2014). (in Engels). Nature. doi:. vanaf die oorspronklike op 26 April 2020.
  4. Quenqua, Douglas (3 September 2014). . New York Times (in Engels). vanaf die oorspronklike op 24 Junie 2019. Besoek op4 September 2014.
  5. Camille M. Carlisle (3 September 2014). (in Engels). Sky and Telescope. vanaf die oorspronklike op 14 November 2019.
  • Vimeo, , Daniel Pomarède, 4 September 2014 — videovoorstelling van die bevindings
  • YouTube, , Nature Video, 3 September 2014 — Hervasstelling van die grense van die kosmiese kaart
  • Wikimedia Commons het meer media in die kategorie Superswerms.
  • Hierdie artikel is vertaal uit die Engelse Wikipedia

Publikasie datum: September 04, 2021

laniakea, superswerm, superswerm, waarin, melkweg, sonnestelsel, aarde, hulle, bevind, september, 2014, geïdentifiseer, groep, sterrekundiges, onder, andere, brent, tully, universiteit, hawaii, helene, courtois, universiteit, lyon, frankryk, nuwe, manier, publ. Die Laniakea superswerm is die superswerm waarin die Melkweg Sonnestelsel en Aarde hulle bevind Dit is in September 2014 geidentifiseer toe n groep sterrekundiges onder andere R Brent Tully van die Universiteit van Hawaii en Helene Courtois van die Universiteit van Lyon in Frankryk n nuwe manier publiseer om superswerms te definieer volgens die relatiewe snelhede van sterrestelsels Laniakea word ook die Plaaslike Superswerm genoem en die vorige Plaaslike Superswerm Virgo maak nou deel van die groter superswerm uit 1 2 3 4 n Kaart van die naaste superswerms binne 500 miljoen ligjare Laniakea is die lang reeks stelsels wat die Centaurus muur en die superswerms Virgo Hydra Centaurus en Pavo Indus insluit Inhoud 1 Eienskappe 2 Ligging 3 Naam 4 Sien ook 5 Verwysings 6 Eksterne skakelsEienskappe WysigDie Laniakea superswerm bevat 100 000 sterrestelsels oor n gebied van 520 miljoen ligjare Dit het die geraamde bindingsmassa van sowat 1017 sonmassas of honderdduisend keer die van die Melkweg Dit bestaan uit drie onderdele wat voorheen beskou is as drie aparte superswerms Virgo superswerm die deel waarin die Melkweg le Hydra Centaurus superswerm waarin die Groot Aantrekker hom bevind dit is Laniakea se massamiddelpunt Pavo Indus superswerm Die sterrestelselswerms met die grootste massa in Laniakea is Virgo Hydra Centaurus Abell 3565 Abell 3574 Abell 3521 Fornax Eridanus en Norma Die hele superswerm bevat sowat 300 tot 500 bekende sterrestelselswerms en groepe Dit kan veel meer wees omdat baie van hulle tans aan die ander kant van die Melkweg is waar hulle feitlik onwaarneembaar is Superswerms is van die grootste strukture in die heelal en hul grense is moeilik om te bepaal veral van binne af Die span het radioteleskope gebruik om die bewegings van n groot groep plaaslike sterrestelsels uit te stippel In n gegewe superswerm sal al die bewegings na binne wees in die rigting van die massamiddelpunt In Laniakea se geval is die swaartekrag fokuspunt die Groot Aantrekker en dit beinvloed die beweging van onder meer die Plaaslike Groep van sterrestelsels waarin die Melkweg le 3 Laniakea is self besig om in die rigting van die Shapley superswerm te beweeg en die twee kan dus deel wees van n nog groter kompleks 5 Ligging WysigDie superswerms wat Laniakea omring is die Shapley Hercules Coma en Perseus Pisces superswerm Die grense van die swerms en van Laniakea was nog nie presies bekend toe Laniakea geidentifiseer is nie 2 Naam WysigDie naam Laniakea beteken onmeetbare hemel in Hawais van lani vir hemel en akea vir ruim of onmeetbaar Dit is ter ere van Polinesiese navigators wat kennis oor die hemel gebruik het om die Stille Oseaan te verken 1 5 Sien ook WysigSuperswerm Groot AantrekkerVerwysings Wysig 1 0 1 1 Newly identified galactic supercluster is home to the Milky Way National Radio Astronomy Observatory ScienceDaily 3 September 2014 2 0 2 1 Irene Klotz 3 September 2014 New map shows Milky Way lives in Laniakea galaxy complex Reuters ScienceDaily Geargiveer vanaf die oorspronklike op 13 September 2014 Besoek op 12 Oktober 2014 3 0 3 1 Elizabeth Gibney 3 September 2014 Earth s new address Solar System Milky Way Laniakea in Engels Nature doi 10 1038 nature 2014 15819 Geargiveer vanaf die oorspronklike op 26 April 2020 Quenqua Douglas 3 September 2014 Astronomers Give Name to Network of Galaxies New York Times in Engels Geargiveer vanaf die oorspronklike op 24 Junie 2019 Besoek op 4 September 2014 5 0 5 1 Camille M Carlisle 3 September 2014 Laniakea Our Home Supercluster in Engels Sky and Telescope Geargiveer vanaf die oorspronklike op 14 November 2019 Eksterne skakels WysigVimeo Laniakea Supercluster Daniel Pomarede 4 September 2014 videovoorstelling van die bevindings YouTube Laniakea Our Home Supercluster Nature Video 3 September 2014 Hervasstelling van die grense van die kosmiese kaart Wikimedia Commons het meer media in die kategorie Superswerms Hierdie artikel is vertaal uit die Engelse WikipediaDie Aarde se posisie in die heelal Aarde Sonnestelsel Gould gordel Orion arm Melkweg Plaaslike Groep Virgo SS Laniakea SS HeelalOntsluit van https af wikipedia org w index php title Laniakea superswerm amp ol,