×
Laingsburg

Laingsburg is 'n dorp in die Karoo (provinsie Wes-Kaap, Suid-Afrika), wat in 1881 gestig is en veral bekend staan om die verwoestende Laingsburgvloed 100 jaar later op 25 Januarie in 1981. Die N1 nasionale pad gaan deur die dorp.

Laingsburg
Dorp
Laingsburg vanaf die N1 gesien.
Laingsburg
Koördinate:33°11′42″S20°51′33″O /33.19500°S 20.85917°O /-33.19500; 20.85917Koördinate:33°11′42″S20°51′33″O /33.19500°S 20.85917°O /-33.19500; 20.85917
Land Suid-Afrika
ProvinsieWes-Kaap
DistriksmunisipaliteitSentraal Karoo
Plaaslike MunisipaliteitLaingsburg
Oppervlak
• Totaal2,4 km2 (0,9 vk. myl)
Bevolking
• Totaal4 386
• Digtheid1 827,5/km2 (4 733/vk. m.)
TydsoneUTC+2 (SAST)
Poskode
6900
Skakelkodes023
Dr. Adriaan Moorrees het die hoeksteen van Laingsburg se NG kerkgebou op 4 Junie 1904 gelê. Die argitekte was Hermann Kallenbach en A.M. Reynolds. Kallenbach was onder meer ook verantwoordelik vir die NG gemeente Jeppestown en die NG gemeente Barkly-Oos se ewe indrukwekkende kerkgebou.
'n Uitsig oor Laingsburg se sogenaamde bruin woonbuurt, Drawol.
Karoo by Laingsburg
Karoo by Laingsburg
Die NG kerk is ingewy op 29 April 1905.

Inhoud

Laingsburg het op die plaas Zoute Vlakte tot stand gekom, wat in 1862 is deur Stephanus Carel Greeff gekoop is. Hy het glo gereeld verblyf en etes aan reisigers op pad na die Noorde verskaf.

Die ontdekking van minerale in die Vrystaat en Transvaal het die aanlê van 'n dorp, as 'n halfwegstasie tussen Worcester en Beaufort-Wes, genoodsaak. Boonop het die spoorlyn in 1879 die Buffelsrivier bereik en die Buffalo River-stasie het ontstaan.

Greeff het die plaas Vischkuyl, wat aan die Buffelsrivier gelê het, gekoop en proviand aan die spoorwegwerkers en reisigers verkoop. Ongemerk het 'n klein dorpie, Nassau, by die stasie ontwikkel en die eerste erwe is op 1 April 1880 uitgesit.

'n Bepaling dat daar 'n trekpad van 800 voet breed deur dié nedersetting moet wees, het byna die planne vir 'n volwaardige dorp in die wiele gery. Die Kommissaris van Kroongrond, John Laing, het ingegryp en die serwituut is tot 150 voet gewysig.

Uit dankbaarheid het die inwoners van die klein Nassau-gemeenskap besluit om die dorp na Laing's Town te herdoop. Later is dié naam verafrikaans na Laingsburg, veral toe neerhalend verwys is na dié dorp as Linkstoon. In 1882 is die eerste NG gemeente op Laingsburg gestig.

Laingsburg se munisipale raad gebruik 'n skynheraldiese "wapen" wat toon (1) 'n ossewa, (2) 'n horing van oorvloed, (3) 'n brug oor 'n rivier en (4) 'n skaap in die veld. Die wapenspreuk is "Noli procrastinare".

Laingsburg word as die mees interessante geologiese gebied in die Groot Karoo beskou. Dit was in die 1870’s deur Stephanus Greeff begin toe hy sy plaas Vischkuil-aan-de-Buffelsrivier daar gekoop het. Na verskeie name het Laingsburg sy naam by John Laing gekry wat die destydse Kommissaris van Kroongrond hier was.

Die dorp Laingsburg was in 1881 uitgelê en word 'n munisipaliteit in 1904. Laingsburg se ekonomie rus op boerderye met bokke, skape, lusern (Alfalfa) en ook vrugte

Publikasie datum: September 26, 2021

laingsburg, dorp, karoo, provinsie, kaap, suid, afrika, 1881, gestig, veral, bekend, staan, verwoestende, vloed, jaar, later, januarie, 1981, nasionale, gaan, deur, dorp, dorp, vanaf, gesien, koördinate, 19500, 85917, 19500, 85917, koördinate, 19500, 85917, 19. Laingsburg is n dorp in die Karoo provinsie Wes Kaap Suid Afrika wat in 1881 gestig is en veral bekend staan om die verwoestende Laingsburgvloed 100 jaar later op 25 Januarie in 1981 Die N1 nasionale pad gaan deur die dorp LaingsburgDorpLaingsburg vanaf die N1 gesien LaingsburgKoordinate 33 11 42 S 20 51 33 O 33 19500 S 20 85917 O 33 19500 20 85917 Koordinate 33 11 42 S 20 51 33 O 33 19500 S 20 85917 O 33 19500 20 85917Land Suid AfrikaProvinsieWes KaapDistriksmunisipaliteitSentraal KarooPlaaslike MunisipaliteitLaingsburgOppervlak Totaal2 4 km2 0 9 vk myl Bevolking Totaal4 386 Digtheid1 827 5 km2 4 733 vk m TydsoneUTC 2 SAST Poskode6900Skakelkodes023Dr Adriaan Moorrees het die hoeksteen van Laingsburg se NG kerkgebou op 4 Junie 1904 gele Die argitekte was Hermann Kallenbach en A M Reynolds Kallenbach was onder meer ook verantwoordelik vir die NG gemeente Jeppestown en die NG gemeente Barkly Oos se ewe indrukwekkende kerkgebou n Uitsig oor Laingsburg se sogenaamde bruin woonbuurt Drawol Karoo by Laingsburg Karoo by Laingsburg Die NG kerk is ingewy op 29 April 1905 Inhoud 1 Geskiedenis 2 Wapen 3 Trivia 4 Sien ook 5 Eksterne skakelsGeskiedenis WysigLaingsburg het op die plaas Zoute Vlakte tot stand gekom wat in 1862 is deur Stephanus Carel Greeff gekoop is Hy het glo gereeld verblyf en etes aan reisigers op pad na die Noorde verskaf Die ontdekking van minerale in die Vrystaat en Transvaal het die aanle van n dorp as n halfwegstasie tussen Worcester en Beaufort Wes genoodsaak Boonop het die spoorlyn in 1879 die Buffelsrivier bereik en die Buffalo River stasie het ontstaan Greeff het die plaas Vischkuyl wat aan die Buffelsrivier gele het gekoop en proviand aan die spoorwegwerkers en reisigers verkoop Ongemerk het n klein dorpie Nassau by die stasie ontwikkel en die eerste erwe is op 1 April 1880 uitgesit n Bepaling dat daar n trekpad van 800 voet breed deur die nedersetting moet wees het byna die planne vir n volwaardige dorp in die wiele gery Die Kommissaris van Kroongrond John Laing het ingegryp en die serwituut is tot 150 voet gewysig Uit dankbaarheid het die inwoners van die klein Nassau gemeenskap besluit om die dorp na Laing s Town te herdoop Later is die naam verafrikaans na Laingsburg veral toe neerhalend verwys is na die dorp as Linkstoon In 1882 is die eerste NG gemeente op Laingsburg gestig Wapen WysigLaingsburg se munisipale raad gebruik n skynheraldiese wapen wat toon 1 n ossewa 2 n horing van oorvloed 3 n brug oor n rivier en 4 n skaap in die veld Die wapenspreuk is Noli procrastinare Trivia WysigLaingsburg word as die mees interessante geologiese gebied in die Groot Karoo beskou Dit was in die 1870 s deur Stephanus Greeff begin toe hy sy plaas Vischkuil aan de Buffelsrivier daar gekoop het Na verskeie name het Laingsburg sy naam by John Laing gekry wat die destydse Kommissaris van Kroongrond hier was Die dorp Laingsburg was in 1881 uitgele en word n munisipaliteit in 1904 Laingsburg se ekonomie rus op boerderye met bokke skape lusern Alfalfa en ook vrugteSien ook WysigLaingsburgvloed oorstromings van 1981 Lys van dorpe in Suid AfrikaEksterne skakels Wysighttp www laingsburgtourism co za laingsburgflood html Geargiveer 6 Augustus 2010 op Wayback Machine Laingsburg se klipkerk tot gedenkwaardigheid verklaar dooie skakel Die Burger 4 Maart 1995 Ontsluit van https af wikipedia org w index php title Laingsburg amp ol,