×
Ladysmith

Ladysmith is 'n groot dorp aan die oewer van die Kliprivier, in die uThukela-distrik van KwaZulu-Natal, Suid-Afrika. Dit is 230 km noordwes van Durban en 365 km suidoos van Johannesburg.

Ladysmith
Emnambithi
Sentrale besigheidsdistrik
Ladysmith
Ladysmith se ligging in KwaZulu-Natal
Koördinate:28°33′35″S29°46′50″O /28.55972°S 29.78056°O /-28.55972; 29.78056Koördinate:28°33′35″S29°46′50″O /28.55972°S 29.78056°O /-28.55972; 29.78056
Land Suid-Afrika
ProvinsieKwaZulu-Natal
DistrikUthukela
MunisipaliteitAlfred Duma
Stigting1850
Oppervlak
• Totaal84,13 km2 (32,48 vk. myl)
Bevolking
(2011)
• Totaal64 855
• Digtheid771/km2 (2 000/vk. m.)
Rasverdeling(2011)
Wit mense8.3%
Indiërs/Asiërs15.0%
Bruin mense2.9%
Swart mense73.3%
Ander0.5%
Taal(2011)
Zoeloe64.3%
Engels22.8%
Afrikaans6.3%
Suid-Sotho2.2%
Ander4.5%
Poskode(strate)
3370
Poskode(posbusse)
3370
Skakelkode036
Webwerf

Inhoud

In 1847 het 'n aantal Voortrekkers hulle in die gebied gevestig en die dorp is in 1850 gestig as die hoofstad van die Republiek van Kliprivier met Andries Spies as hulle kommandant. Die republiek is in dieselfde jaar reeds deur die Britte geannekseer. Die dorp is vernoem na Juana María de los Dolores de León Smith, wat ook bekend gestaan het as Lady Smith, die Spaanse vrou van sir Harry Smith, die goewerneur van die Kaapkolonie. 'n Fort is in 1879 gebou om die dorpenaars teen die Zoeloes te beskerm.

Tweede Vryheidsoorlog

Ladysmith se stadsaal nadat granaatvuur die kloktoring beskadig het.

Ladysmith het wêreldbekendheid verwerf toe dit vir 118 dae, van 2 November 1899 tot 28 Februarie 1900, tydens 'n deurslaggewende stadium van die Tweede Vryheidsoorlog, deur magte van die ZAR en Oranje-Vrystaat beleër is. 3 000 Britse soldate het tydens die beleg omgekom. Vier veldslae is geveg om Ladysmith te bevry. Die Britte verloor agtereenvolgens die slae van Colenso, Spioenkop en Vaalkrans alvorens hulle uiteindelik by Pietershoogte deurbreek om Ladysmith te bevry.

Belangrike nywerhede in die gebied sluit in voedselverwerking, tekstiel en die vervaardiging van motorbande.

Vloede

Sedert die stigting van die dorp is dit gereeld deur vloedwater van die Kliprivier geteister. in 1997 is die Qedusizi-dam voltooi as 'n vloedverswakkingsdam. Die Zoeloenaam van die dam beteken “einde van lyding”. Die Spioenkop-natuurreservaat is 25 km van Ladysmith geleë.

Platrand/Wagon Hill

Imperial Light Horse gedenkteken op Platrand
Die Burger gedenkteken

Aan die suidekant van Ladysmith is 'n area wat aksie gesien het gedurende die beleg van Ladysmith. Die Burger Gedenkteken op Wagon Hill was onthul ter ere van die Boere magte wat gedurende die beleg en bevryding van Ladysmith gesneuwel het.

Op Platrand is daar 'n gedenktekens vir Imperial Light Horse, die Devonshire Regiment, die Earl of Ava en ander.

Spioenkop

Britse gedenkteken op Spioenkop
Besoekersinligting op Spioenkop
Die hoofartikel vir hierdie afdeling is: Slag van Spioenkop.

Die groot slagveld ongeveer 30 km buite Ladysmith bevat die grafte van Britse soldate en gedenktekens, onder andere 'n Boere gedenkteken, Britse gedenkteken, South Lancashire gedenkteken en Imperial Light Infantry gedenkteken.

Castor et Pollux

Twee RML 6.3-duimkanonne wat deur die Britse magte gebruik is tydens die beleg staan vandag voor die stadsaal.

Mohandas Gandhi standbeeld

'n Standbeeld van Mohandas Gandhi kan gesien word in die Lord Vishnu tempel.

  • Tydens die Boereoorlog het Mohandas Gandhi 'n draagbaarkorps by Ladismith gevestig. Daar is 'n standbeeld van hom by die Lord Vishnutempel in Ladysmith.
  • Dit was die tuisdorp van Joseph Shabalala, stigter van die sanggroep Ladysmith Black Mambazo.
  • Dit is die geboorteplek van "Sugar Boy" Malinga, voormalige bokskampioen.
  1. (PDF) (in Engels). pp. xlv–lii. (PDF) vanaf die oorspronklike op 13 Julie 2019. Besoek op7 Februarie 2017.
  2. . Sensus 2011.

Publikasie datum: September 25, 2021

ladysmith, groot, dorp, oewer, kliprivier, uthukela, distrik, kwazulu, natal, suid, afrika, noordwes, durban, suidoos, johannesburg, emnambithisentrale, besigheidsdistrik, ligging, kwazulu, natalkoördinate, 55972, 78056, 55972, 78056, koördinate, 55972, 78056,. Ladysmith is n groot dorp aan die oewer van die Kliprivier in die uThukela distrik van KwaZulu Natal Suid Afrika Dit is 230 km noordwes van Durban en 365 km suidoos van Johannesburg Ladysmith EmnambithiSentrale besigheidsdistrikLadysmith Ladysmith se ligging in KwaZulu NatalKoordinate 28 33 35 S 29 46 50 O 28 55972 S 29 78056 O 28 55972 29 78056 Koordinate 28 33 35 S 29 46 50 O 28 55972 S 29 78056 O 28 55972 29 78056Land Suid AfrikaProvinsieKwaZulu NatalDistrikUthukelaMunisipaliteitAlfred DumaStigting1850 1 Oppervlak 2 Totaal84 13 km2 32 48 vk myl Bevolking 2011 2 Totaal64 855 Digtheid771 km2 2 000 vk m Rasverdeling 2011 2 Wit mense8 3 Indiers Asiers15 0 Bruin mense2 9 Swart mense73 3 Ander0 5 Taal 2011 2 Zoeloe64 3 Engels22 8 Afrikaans6 3 Suid Sotho2 2 Ander4 5 Poskode strate 3370Poskode posbusse 3370Skakelkode036Webwerfladysmith kzn org za Inhoud 1 Geskiedenis 1 1 Tweede Vryheidsoorlog 2 Ekonomie 3 Geografie 3 1 Vloede 4 Monumente en gedenktekens 4 1 Platrand Wagon Hill 4 2 Spioenkop 4 3 Castor et Pollux 4 4 Mohandas Gandhi standbeeld 5 Trivia 6 Sien ook 7 Verwysings 8 Eksterne skakelsGeskiedenis WysigIn 1847 het n aantal Voortrekkers hulle in die gebied gevestig en die dorp is in 1850 gestig as die hoofstad van die Republiek van Kliprivier met Andries Spies as hulle kommandant Die republiek is in dieselfde jaar reeds deur die Britte geannekseer Die dorp is vernoem na Juana Maria de los Dolores de Leon Smith wat ook bekend gestaan het as Lady Smith die Spaanse vrou van sir Harry Smith die goewerneur van die Kaapkolonie n Fort is in 1879 gebou om die dorpenaars teen die Zoeloes te beskerm Tweede Vryheidsoorlog Wysig Ladysmith se stadsaal nadat granaatvuur die kloktoring beskadig het Ladysmith het wereldbekendheid verwerf toe dit vir 118 dae van 2 November 1899 tot 28 Februarie 1900 tydens n deurslaggewende stadium van die Tweede Vryheidsoorlog deur magte van die ZAR en Oranje Vrystaat beleer is 3 000 Britse soldate het tydens die beleg omgekom Vier veldslae is geveg om Ladysmith te bevry Die Britte verloor agtereenvolgens die slae van Colenso Spioenkop en Vaalkrans alvorens hulle uiteindelik by Pietershoogte deurbreek om Ladysmith te bevry Ekonomie WysigBelangrike nywerhede in die gebied sluit in voedselverwerking tekstiel en die vervaardiging van motorbande Geografie WysigVloede Wysig Sedert die stigting van die dorp is dit gereeld deur vloedwater van die Kliprivier geteister in 1997 is die Qedusizi dam voltooi as n vloedverswakkingsdam Die Zoeloenaam van die dam beteken einde van lyding Die Spioenkop natuurreservaat is 25 km van Ladysmith gelee Monumente en gedenktekens WysigPlatrand Wagon Hill Wysig Imperial Light Horse gedenkteken op Platrand Die Burger gedenkteken Wikimedia Commons het meer media in die kategorie Platrand gedenktekens Aan die suidekant van Ladysmith is n area wat aksie gesien het gedurende die beleg van Ladysmith Die Burger Gedenkteken op Wagon Hill was onthul ter ere van die Boere magte wat gedurende die beleg en bevryding van Ladysmith gesneuwel het Op Platrand is daar n gedenktekens vir Imperial Light Horse die Devonshire Regiment die Earl of Ava en ander Spioenkop Wysig Britse gedenkteken op Spioenkop Besoekersinligting op Spioenkop Die hoofartikel vir hierdie afdeling is Slag van Spioenkop Wikimedia Commons het meer media in die kategorie Spioenkop gedenktekens Die groot slagveld ongeveer 30 km buite Ladysmith bevat die grafte van Britse soldate en gedenktekens onder andere n Boere gedenkteken Britse gedenkteken South Lancashire gedenkteken en Imperial Light Infantry gedenkteken Castor et Pollux Wysig Twee RML 6 3 duimkanonne wat deur die Britse magte gebruik is tydens die beleg staan vandag voor die stadsaal Mohandas Gandhi standbeeld Wysig n Standbeeld van Mohandas Gandhi kan gesien word in die Lord Vishnu tempel Trivia WysigTydens die Boereoorlog het Mohandas Gandhi n draagbaarkorps by Ladismith gevestig Daar is n standbeeld van hom by die Lord Vishnutempel in Ladysmith Dit was die tuisdorp van Joseph Shabalala stigter van die sanggroep Ladysmith Black Mambazo Dit is die geboorteplek van Sugar Boy Malinga voormalige bokskampioen Sien ook WysigGereformeerde kerk Ladysmith NG gemeente Ladysmith Tweede Vryheidsoorlog Lys van dorpe in Suid AfrikaVerwysings Wysig Chronological order of town establishment in South Africa based on Floyd 1960 20 26 PDF in Engels pp xlv lii Geargiveer PDF vanaf die oorspronklike op 13 Julie 2019 Besoek op 7 Februarie 2017 2 0 2 1 2 2 2 3 Hoofplek Ladysmith Sensus 2011 Eksterne skakels Wysig Wikimedia Commons het meer media in die kategorie Ladysmith Webwerf van Ladysmith KwaZulu NatalOntsluit van https af wikipedia org w index php title Ladysmith amp ol,