×
L.I. Coertze

L.I. Coertze (1905–1990) was 'n professor in die Regte aan die Universiteit van Pretoria, 'n sakeman en entrepreneur (wat onder andere die safaripak ontwerp het) en 'n vertaler van Shakespeare-dramas in Afrikaans.

Inhoud

Lucas Ignatius Coertze is op 8 Februarie 1905 gebore as een van nege seuns uit 'n Wes-Transvaalse familie. Hy word die jongste professor in regsgeleerdheid aan die Universiteit van Pretoria en lewer sy intreerede op 5 Maart 1935 onder die titel Watter regsisteem beheers die verhouding tussen owerheid en onderdaan in die Unie: Romeins-Hollandse reg of Engelse reg? Met die opening van die universiteit vir die 1939 akademiese jaar lewer hy die rede ’n Pleidooi vir die afskaffing van die appél na die Geheimeraad. Hy word later aangestel as dekaan van die Regsfakulteit. Sy prominente posisie in die samelewing lei daartoe dat hy ook aangestel word as voorsitter van parlementêre kommissies van ondersoek om navorsing te doen en voorstelle te lewer oor wetsontwerpe. So lei hy die kommissie oor die wetgewende uitwerking van die Spoorwegraadwetsontwerp, wat in 1962 hulle taak voltooi; en oor die Wetsontwerp op Mediese Skemas, waaroor hy in 1965 verslag doen.

In sy veelbewoë loopbaan waag hy sy hand aan talle skemas. Hy is by tye 'n delwer en as invoerder probeer hy papawersaad uit Australië en heuningbye uit Angola invoer. Die groot rolprentmaatskappy Ster word deur hom gestig en in sy latere lewe is hy ook lid van die parlement. In die sestigerjare stry hy teen die sensuurbedeling wat die destydse Nasionale Party wou instel. Hy is ook die ontwerper en brein agter die safaripak met 'n langbroek, 'n poging om mans se somerwerksdrag meer prakties te maak. Modevervaardigers vervang later die langbroek met 'n kortbroek en die safaripak word vir 'n tyd baie gewild onder Suid-Afrikaanse mans. Hy was getroud met Barbara Christina de Milander Papenfus (1904–1978). Hy is op 13 November 1990 oorlede.

Hy vertaal William Shakespeare se dramas Hamlet en Macbeth in Afrikaans. Sy vertaling van Hamlet word in 1947 in Pretoria opgevoer. Sy ander publikasies is almal regstegnies van aard. Die handleiding oor Die trust in die Romeins-Hollandse Reg verskyn in 1948. Hy skryf ook verskeie regstegniese artikels wat in onder andere in Tydskrif vir Hedendaagse Romeins-Hollandse Reg gepubliseer word.

Jaar Publikasies
1948 Die trust in die Romeins-Hollandse Reg
Vertalings
1945 Hamlet – William Shakespeare
1948 Macbeth – William Shakespeare
Samesteller
1948 English-Afrikaans legal dictionary (saam met V.G. Hiemstra)
Redakteur
1938 Die Voortrekker-gedenkboek van die Universiteit van Pretoria (saam met

I.D. Bosman, H.G. Viljoen en P.C. Coetzee)

1961 D.G. van Der Keessel Voorlesinge oor die hedendaagse reg na aanleiding

van De Groot se Inleiding tot de Hollandse Rechtsgeleerdheyd I II III

IV V VI (saam met H.L. Gonin, P. van Warmelo en D. Pont)

Boeke

  • Dekker, G. “Afrikaanse Literatuurgeskiedenis” Nasou Beperk. Kaapstad. Elfde druk, 1970
  • Tydskrifte en koerante
  • Anoniem “Die safaripak se gedoemde glorie”. Die Burger, 24 Mei 2010

Internet

  • Die Burger: [dooie skakel]
  • Esat:
  • Worldcat:

: September 26, 2021

coertze, 1905, 1990, professor, regte, universiteit, pretoria, sakeman, entrepreneur, onder, andere, safaripak, ontwerp, vertaler, shakespeare, dramas, afrikaans, inhoud, lewe, werk, skryfwerk, publikasies, bronnelys, boeke, internetlewe, werk, wysiglucas, ign. L I Coertze 1905 1990 was n professor in die Regte aan die Universiteit van Pretoria n sakeman en entrepreneur wat onder andere die safaripak ontwerp het en n vertaler van Shakespeare dramas in Afrikaans Inhoud 1 Lewe en werk 2 Skryfwerk 3 Publikasies 4 Bronnelys 4 1 Boeke 4 2 InternetLewe en werk WysigLucas Ignatius Coertze is op 8 Februarie 1905 gebore as een van nege seuns uit n Wes Transvaalse familie Hy word die jongste professor in regsgeleerdheid aan die Universiteit van Pretoria en lewer sy intreerede op 5 Maart 1935 onder die titel Watter regsisteem beheers die verhouding tussen owerheid en onderdaan in die Unie Romeins Hollandse reg of Engelse reg Met die opening van die universiteit vir die 1939 akademiese jaar lewer hy die rede n Pleidooi vir die afskaffing van die appel na die Geheimeraad Hy word later aangestel as dekaan van die Regsfakulteit Sy prominente posisie in die samelewing lei daartoe dat hy ook aangestel word as voorsitter van parlementere kommissies van ondersoek om navorsing te doen en voorstelle te lewer oor wetsontwerpe So lei hy die kommissie oor die wetgewende uitwerking van die Spoorwegraadwetsontwerp wat in 1962 hulle taak voltooi en oor die Wetsontwerp op Mediese Skemas waaroor hy in 1965 verslag doen In sy veelbewoe loopbaan waag hy sy hand aan talle skemas Hy is by tye n delwer en as invoerder probeer hy papawersaad uit Australie en heuningbye uit Angola invoer Die groot rolprentmaatskappy Ster word deur hom gestig en in sy latere lewe is hy ook lid van die parlement In die sestigerjare stry hy teen die sensuurbedeling wat die destydse Nasionale Party wou instel Hy is ook die ontwerper en brein agter die safaripak met n langbroek n poging om mans se somerwerksdrag meer prakties te maak Modevervaardigers vervang later die langbroek met n kortbroek en die safaripak word vir n tyd baie gewild onder Suid Afrikaanse mans Hy was getroud met Barbara Christina de Milander Papenfus 1904 1978 Hy is op 13 November 1990 oorlede Skryfwerk WysigHy vertaal William Shakespeare se dramas Hamlet en Macbeth in Afrikaans Sy vertaling van Hamlet word in 1947 in Pretoria opgevoer Sy ander publikasies is almal regstegnies van aard Die handleiding oor Die trust in die Romeins Hollandse Reg verskyn in 1948 Hy skryf ook verskeie regstegniese artikels wat in onder andere in Tydskrif vir Hedendaagse Romeins Hollandse Reg gepubliseer word Publikasies WysigJaar Publikasies1948 Die trust in die Romeins Hollandse RegVertalings1945 Hamlet William Shakespeare1948 Macbeth William ShakespeareSamesteller1948 English Afrikaans legal dictionary saam met V G Hiemstra Redakteur1938 Die Voortrekker gedenkboek van die Universiteit van Pretoria saam met I D Bosman H G Viljoen en P C Coetzee 1961 D G van Der Keessel Voorlesinge oor die hedendaagse reg na aanleiding van De Groot se Inleiding tot de Hollandse Rechtsgeleerdheyd I II III IV V VI saam met H L Gonin P van Warmelo en D Pont Bronnelys WysigBoeke Wysig Dekker G Afrikaanse Literatuurgeskiedenis Nasou Beperk Kaapstad Elfde druk 1970 Tydskrifte en koerante Anoniem Die safaripak se gedoemde glorie Die Burger 24 Mei 2010Internet Wysig Die Burger http m24arg02 naspers com argief berigte dieburger 2010 05 14 BJ 5 NewsBJ005 StoryA html dooie skakel Esat http esat sun ac za index php L I Coertze Worldcat http www worldcat org identities lccn no2006123748 Ontsluit van https af wikipedia org w index php title L I Coertze amp ol,