fbpx
Wikipedia

Lübeck

Lübeck

Kaart Wapen
Vlag
 Land Duitsland
 Deelstaat Sleeswyk-Holstein
 Koördinate 53°52′N 10°41′O / 53.867°N 10.683°O / 53.867; 10.683
 Stigting 9de eeu / 1143
 Stadstatus 1160 (Stadsreg van Soest)
 Oppervlakte:  
 - Totaal 214,1 vk km
 Hoogte bo seevlak 13 m
 Bevolking:  
 - Totaal (31 Desember 2011) 210 577[1]
 - Bevolkingsdigtheid 983/vk km
 Tydsone UTC +1 (MET)
 - Somertyd UTC +2 (MEST)
 Klimaat  
 - Tipe Gematigde seeklimaat
 - Gemiddelde jaarlikse temperatuur 8,1 °C
 - Gem. temp. Januarie/Julie -0,3 / 16,5 °C
 - Gemiddelde jaarlikse neerslae 687 mm
 Burgemeester Jan Lindenau (SPD)
 Amptelike Webwerf luebeck.de

Die Hansestad Lübeck (Nederduits: Lübęk, Lübeek, Deens: Lybæk) is 'n selfregerende stad in die noorde van Duitsland en die suidooste van die deelstaat Sleeswyk-Holstein. Lübeck is aan die Lübeckse Baai van die Oossee geleë en die tweede grootste stad in die deelstaat na Kiel. Die Middeleeuse stadskern is deur Unesco as 'n wêrelderfenisgebied aangewys.

Die grootste stede in die omgewing is Hamburg (65 kilometer suidwes van Lübeck), Kiel (78 kilometer noordwes van Lübeck) en Schwerin (68 kilometer suidoos van Lübeck). Lübeck grens aan die Europese Metropoolgewes Hamburg. As een van die belangrikste Middeleeuse seehawens en handelstede in Duitsland het Lübeck met sy kenmerkende "Sewe Torings" homself steeds as die "Poort na die Noorde" van Europa beskou.

Geografie

Lübeck is aan die benedeloop van die Trave, 'n bevaarbare rivier in die Noord-Duitse Laagvlakte, geleë wat sowat 17 kilometer van die historiese stadskern af in Travemünde in die Oossee uitmond. Die historiese stadskern het op 'n heuwel ontstaan wat 'n eiland tussen die rivierlope van die Trave- en Wakenitz-riviere vorm. Daarnaas loop ook die Elbe-Lübeck-kanaal vanaf Krummesse tot by die Trave deur die stadsgebied van Lübeck.

Die omliggende landskap maak deel uit van die Oos-Holsteinse Heuwelland en is oorspronklik gedurende die Weichsel-ystydperk (pleistoseen) gevorm. Die geografiese ligging naby die Traverivier, wat net voor Travemünde deur die Baltiese Heuwels breek, het die stad se ontwikkeling tot 'n beduidende Oosseehawe bevorder wat uiteindelik die Noord-Europese magsentrum van die Middeleeue sou wees.

Verwysings

  1. www.statistik-nord.de: Bevölkerung der Gemeinden in Schleswig-Holstein am 31.12.2011

Eksterne skakels

  •   Wikimedia Commons het meer media in die kategorie Lübeck.
  • (en) (fr) Amptelike UNESCO bladsy

Lübeck
lübeck, kaart, wapenvlag, land, duitsland, deelstaat, sleeswyk, holstein, koördinate, stigting, 1143, stadstatus, 1160, stadsreg, soest, oppervlakte, totaal, hoogte, seevlak, bevolking, totaal, desember, 2011, bevolkingsdigtheid, tydsone, somertyd, mest, klima. LubeckKaart WapenVlag Land Duitsland Deelstaat Sleeswyk Holstein Koordinate 53 52 N 10 41 O 53 867 N 10 683 O 53 867 10 683 Stigting 9de eeu 1143 Stadstatus 1160 Stadsreg van Soest Oppervlakte Totaal 214 1 vk km Hoogte bo seevlak 13 m Bevolking Totaal 31 Desember 2011 210 577 1 Bevolkingsdigtheid 983 vk km Tydsone UTC 1 MET Somertyd UTC 2 MEST Klimaat Tipe Gematigde seeklimaat Gemiddelde jaarlikse temperatuur 8 1 C Gem temp Januarie Julie 0 3 16 5 C Gemiddelde jaarlikse neerslae 687 mm Burgemeester Jan Lindenau SPD Amptelike Webwerf luebeck deDie Hansestad Lubeck Nederduits Lubek Lubeek Deens Lybaek is n selfregerende stad in die noorde van Duitsland en die suidooste van die deelstaat Sleeswyk Holstein Lubeck is aan die Lubeckse Baai van die Oossee gelee en die tweede grootste stad in die deelstaat na Kiel Die Middeleeuse stadskern is deur Unesco as n werelderfenisgebied aangewys Die grootste stede in die omgewing is Hamburg 65 kilometer suidwes van Lubeck Kiel 78 kilometer noordwes van Lubeck en Schwerin 68 kilometer suidoos van Lubeck Lubeck grens aan die Europese Metropoolgewes Hamburg As een van die belangrikste Middeleeuse seehawens en handelstede in Duitsland het Lubeck met sy kenmerkende Sewe Torings homself steeds as die Poort na die Noorde van Europa beskou Geografie WysigLubeck is aan die benedeloop van die Trave n bevaarbare rivier in die Noord Duitse Laagvlakte gelee wat sowat 17 kilometer van die historiese stadskern af in Travemunde in die Oossee uitmond Die historiese stadskern het op n heuwel ontstaan wat n eiland tussen die rivierlope van die Trave en Wakenitz riviere vorm Daarnaas loop ook die Elbe Lubeck kanaal vanaf Krummesse tot by die Trave deur die stadsgebied van Lubeck Die omliggende landskap maak deel uit van die Oos Holsteinse Heuwelland en is oorspronklik gedurende die Weichsel ystydperk pleistoseen gevorm Die geografiese ligging naby die Traverivier wat net voor Travemunde deur die Baltiese Heuwels breek het die stad se ontwikkeling tot n beduidende Oosseehawe bevorder wat uiteindelik die Noord Europese magsentrum van die Middeleeue sou wees Verwysings Wysig www statistik nord de Bevolkerung der Gemeinden in Schleswig Holstein am 31 12 2011Eksterne skakels Wysig Wikimedia Commons het meer media in die kategorie Lubeck en fr Amptelike UNESCO bladsyOntsluit van https af wikipedia org w index php title Lubeck amp oldid 2396346,