×
Kuruman

Kuruman is 'n voormalige Engelse sendingstasie en die grootste dorp in die Ga-Segonyana munisipaliteit van die John Taolo Gaetsewe-distriksmunisipaliteit (provinsie Noord-Kaap). Die bevolking in 2011 was 13 057 mense. Die dorp is 1 131 meter bo seevlak op die Ghaap-plato en langs die N14 nasionale pad tussen Johannesburg en Upington geleë. Dit is vernoem na Khudumaan, 'n 18de eeuse Boesmanleier wat in die omgewing sy heilige plek ingerig het.

Kuruman
Die Oog
Kuruman
Kuruman se ligging in Noord-Kaap
Koördinate:27°27′56″S23°26′15″O /27.46556°S 23.43750°O /-27.46556; 23.43750Koördinate:27°27′56″S23°26′15″O /27.46556°S 23.43750°O /-27.46556; 23.43750
Land Suid-Afrika
ProvinsieNoord-Kaap
DistrikJohn Taolo Gaetsewe
MunisipaliteitGa-Segonyana
Stigting1887
Oppervlak
• Totaal93,39 km2 (36,06 vk. myl)
Hoogte1 131 m (3 711 ft)
Bevolking
(2011)
• Totaal13 057
• Digtheid140/km2 (400/vk. m.)
Rasverdeling(2011)
Wit mense30.3%
Indiërs/Asiërs1.3%
Bruin mense43.7%
Swart mense23.5%
Ander4.0%
Taal(2011)
Afrikaans76.9%
Tswana14.9%
Engels4.0%
Ander4.2%
Poskode(strate)
8460
Poskode(posbusse)
8460
Skakelkode053
'n Woningstraat in Kuruman

Die sendingstasie is in 1821 deur eerw. Robert Moffat (1795-1883), 'n boorling van Ormiston in Skotland, en sy vrou Mary van die Londense Sendinggenootskap gestig. Die Moffats het hulle hier gevestig om uiteindelik vyftig jaar lank onder die Tswanas te werk. Die dorp Kuruman het in 1887 op die linkeroewer van die Kurumanrivier tot stand gekom. Een van die bekende bakens hier is die Oog van Kuruman, 'n fontein (en sedert die jaar 1992 ook 'n nasionale monument) wat 'n volle 20 miljoen liter water per dag lewer in die middel van die halfwoestyn. Kuruman staan derhalwe ook bekend as die "Oase van die Kalahari".

Inhoud

Die gebied van Kuruman was oorspronklik die hoofsetel van die sogenaamde Woestynboesmans wat hier oor 'n tydperk van 12 000 jaar gewoon het. Die dorpsnaam is volgens 'n ou Tswana-legende afgelei van Khudumaan, 'n leier van die Boesmans. Na bewering het hy sy heilige plek in die klein bakkrans, waar die tweelingkoppe Gamohaan en Khudumaan in die noorde van die Kurumanheuwels bymekaarkom, ingerig.

Robert Moffat

Die eerste blanke, wat hom omstreeks 1800 in die gebied gevestig het, was die sendeling Johan Kok van die Suid-Afrikaanse Sendinggenootskap. Hy is agt jaar later deur Tswanas in die Kurumanheuwels vermoor sodat die poging om 'n permanente sendingstasie te vestig voorlopig gestaak is.

Sestien jaar later het die bekende Skots-gebore sendeling Robert Moffat en sy vrou hulle in die gebied gevestig. Moffat was 'n baie ywerige man wat die Bybel vir die eerste keer in 'n Swart taal, Tswana, vertaal en op 'n handpers gedruk het en sodoende van Kuruman die baken van sendingwerk in Suid-Afrika gemaak het. Met sy besproeiingswerke het hy ook die grondslag vir die plaaslike landboubedryf gelê. In die kerk, wat hy in 1838 opgerig het, het 'n ander bekende sendeling, David Livingstone, met Moffat se dogter Mary getrou. Die kerk is in 1938 gerestoureer en tot nasionale monument verklaar. Livingstone het die meeste van sy beroemde ontdekkingsreise van Kuruman af begin.

Die Londense Sendinggenootskap het in 1876 die Moffat-instituut vir die opleiding van swart evangeliste in die lewe geroep. Vyf kilometer van hierdie instituut het die dorp Kuruman in 1887 op die linkeroewer van die Kurumanrivier tot stand gekom.

In 1844 het die reisiger Henry Methuen melding gemaak van die Wonderwerk-grot sowat veertig kilometer buite Kuruman. Hierdie groot dolomitiese kalksteengrot strek vir 140 meter horisontaal in die voet van die Kurumanheuwels se oosterste flank in. Sy bekendste kenmerk is 'n stalagmiet-"standbeeld" vlak by die ingang wat 'n hoogte van meer as vyf meter bereik.

Rotstekeninge, wat in die Wonderwerk-grot ontdek is, beeld diere en raaiselagtige onderwerpe in rooi, geel, swart en wit uit en kom oral op die grot se wande tot 'n diepte van sowat veertig meter voor. Hulle is ongelukkig al sedert die vroeë 20ste eeu erg beskadig deur graffiti.

Die eerste eienaar van 'n plaas in die omgewing, ene N.J. Bosman, het tussen 1909 en 1911 in die Wonderwerk-grot gewoon waar ook een van sy dogters gebore is. Vanaf die veertigerjare is argeologiese opgrawings in die grot gedoen, tog is waardevolle skatte al tussen 1940 en 1944 vernietig toe vlermuis-guano in die grot versamel is.

Sedert 1978 is belangriker opgrawings deur navorsers van die McGregor-museum in Kimberley gedoen wat bewyse van vorige bewoning opgelewer het. Beduidende argeologiese getuienisse sluit klipwerktuie en stukkies dierebeendere in wat sowat 300 000 jaar oud is. Klipbrokke, waarop gravures aangebring is, is in vlakke met 'n ouderdom van tussen 2 000 en 12 000 jaar ontdek en bewys dat rotsskildering in Suid-Afrika al minstens 10 000 jaar gelede beoefen is.

In 1987 het Kuruman sy honderdjarige bestaan gevier.

Vanweë sy ligging in 'n halfwoestyngebied, wat aan die Kalahari grens, word Kuruman se klimaat deur groot temperatuurverskille tussen somer en winter gekenmerk. In die winterseisoen daal die kwik gereeld tot benede vriespunt, terwyl in die somertyd temperature bokant 40 °C aangeteken word. Noordelike en noordoostelike winde voer tussen Desember en April vogtige lug in. Die jaarlikse reënval beloop 420 millimeter.

Mynbou en landbou vorm die ekonomiese basis van die gebied. Kuruman het veral in die periode tussen 1955 en 1965 vinnig ontwikkel toe met die ontginning van die ryk mineraalafsettings in die gebied - waaronder mangaan- en ystererts - begin is. Die rykste afsettings van blou-asbes of krosidoliet ter wêreld kom eweneens hier voor.

Toerisme en wildboerdery is ander belangrike bronne van inkomste. Alhoewel beesboerdery die streek se tradisionele landboubedryf is, het wildboerdery weens die droogte al sedert die 1980's vinnig toegeneem. Die gebied spog met van die grootste jaggebiede in Suid-Afrika.

Die Oog van Kuruman

Die Oog van Kuruman in die dorp se hoofstraat is 'n natuurwonder en ook die rede vir die dorp se bestaan. Hierdie fontein, wat uit 'n dorre dolomietrots aan die voet van die Kurumanheuwels ontspring, lewer daagliks sowat 20 miljoen liter vars water en voorsien sodoende in Kuruman se huishoudelike en nywerheidsverbruik. 'n Plaaslike legende lui "hy wat een maal van die oog se water gedrink het, kom altyd weer terug om sy dors te les".

Die eerste blanke besoeker aan Die Oog was die reisiger Samuel Daniel, die sekretaris, dagboekskrywer en skilder van die Truter-Somerville-ekspedisiereisiger, op 22 November 1801.

Die fontein word as die grootste varswaterfontein in die suidelike halfrond en moontlik ook die wêreld beskou. Die fontein, wat onder die inheemse bevolking as die "oog wat altyd traan" reeds voor 1800 bekendgestaan het, word selfs tydens die ergste droogtes en swaarste reënval deur 'n feitlik onveranderde vloei gekenmerk. Die gebied rondom die fontein is al dekades gelede in 'n pragtige park omgeskep.

Die sendeling Robert Moffat het een van die eerste besproeiingswerke in die land aangelê deur twee kanale van Die Oog af te bou om meer as 250 hektaar landbougrond in die vallei te besproei.

  1. . Sensus 2011.
  2. Claassen, Isabel (November 1987). Kuruman 1887-1987: Suid-Afrikaanse Panorama. p. volume 32, p 13-17.
  3. 31 Januarie 2008 op Wayback Machine(en)
  • Eybers, G.W.: Op die voetspoor van die ou reisigers - stories uit Kolbe, Barrow, Lichtenstein en Campbell. Kaapstad: Maskew Miller, 1926.

Publikasie datum: Augustus 31, 2021

kuruman, voormalige, engelse, sendingstasie, grootste, dorp, segonyana, munisipaliteit, john, taolo, gaetsewe, distriksmunisipaliteit, provinsie, noord, kaap, bevolking, 2011, mense, dorp, meter, seevlak, ghaap, plato, langs, nasionale, tussen, johannesburg, u. Kuruman is n voormalige Engelse sendingstasie en die grootste dorp in die Ga Segonyana munisipaliteit van die John Taolo Gaetsewe distriksmunisipaliteit provinsie Noord Kaap Die bevolking in 2011 was 13 057 mense Die dorp is 1 131 meter bo seevlak op die Ghaap plato en langs die N14 nasionale pad tussen Johannesburg en Upington gelee Dit is vernoem na Khudumaan n 18de eeuse Boesmanleier wat in die omgewing sy heilige plek ingerig het 2 KurumanDorpDie OogKuruman Kuruman se ligging in Noord KaapKoordinate 27 27 56 S 23 26 15 O 27 46556 S 23 43750 O 27 46556 23 43750 Koordinate 27 27 56 S 23 26 15 O 27 46556 S 23 43750 O 27 46556 23 43750Land Suid AfrikaProvinsieNoord KaapDistrikJohn Taolo GaetseweMunisipaliteitGa SegonyanaStigting1887Oppervlak 1 Totaal93 39 km2 36 06 vk myl Hoogte1 131 m 3 711 ft Bevolking 2011 1 Totaal13 057 Digtheid140 km2 400 vk m Rasverdeling 2011 1 Wit mense30 3 Indiers Asiers1 3 Bruin mense43 7 Swart mense23 5 Ander4 0 Taal 2011 1 Afrikaans76 9 Tswana14 9 Engels4 0 Ander4 2 Poskode strate 8460Poskode posbusse 8460Skakelkode053 n Woningstraat in Kuruman Die sendingstasie is in 1821 deur eerw Robert Moffat 1795 1883 n boorling van Ormiston in Skotland en sy vrou Mary van die Londense Sendinggenootskap gestig Die Moffats het hulle hier gevestig om uiteindelik vyftig jaar lank onder die Tswanas te werk Die dorp Kuruman het in 1887 op die linkeroewer van die Kurumanrivier tot stand gekom Een van die bekende bakens hier is die Oog van Kuruman n fontein en sedert die jaar 1992 ook n nasionale monument wat n volle 20 miljoen liter water per dag lewer in die middel van die halfwoestyn Kuruman staan derhalwe ook bekend as die Oase van die Kalahari Inhoud 1 Geskiedenis 2 Klimaat 3 Ekonomie 4 Die Oog van Kuruman 5 Sien ook 6 Verwysings 7 BronneGeskiedenis WysigDie gebied van Kuruman was oorspronklik die hoofsetel van die sogenaamde Woestynboesmans wat hier oor n tydperk van 12 000 jaar gewoon het Die dorpsnaam is volgens n ou Tswana legende afgelei van Khudumaan n leier van die Boesmans Na bewering het hy sy heilige plek in die klein bakkrans waar die tweelingkoppe Gamohaan en Khudumaan in die noorde van die Kurumanheuwels bymekaarkom ingerig Robert Moffat Die eerste blanke wat hom omstreeks 1800 in die gebied gevestig het was die sendeling Johan Kok van die Suid Afrikaanse Sendinggenootskap Hy is agt jaar later deur Tswanas in die Kurumanheuwels vermoor sodat die poging om n permanente sendingstasie te vestig voorlopig gestaak is Sestien jaar later het die bekende Skots gebore sendeling Robert Moffat en sy vrou hulle in die gebied gevestig Moffat was n baie ywerige man wat die Bybel vir die eerste keer in n Swart taal Tswana vertaal en op n handpers gedruk het en sodoende van Kuruman die baken van sendingwerk in Suid Afrika gemaak het Met sy besproeiingswerke het hy ook die grondslag vir die plaaslike landboubedryf gele In die kerk wat hy in 1838 opgerig het het n ander bekende sendeling David Livingstone met Moffat se dogter Mary getrou Die kerk is in 1938 gerestoureer en tot nasionale monument verklaar Livingstone het die meeste van sy beroemde ontdekkingsreise van Kuruman af begin 2 Die Londense Sendinggenootskap het in 1876 die Moffat instituut vir die opleiding van swart evangeliste in die lewe geroep Vyf kilometer van hierdie instituut het die dorp Kuruman in 1887 op die linkeroewer van die Kurumanrivier tot stand gekom In 1844 het die reisiger Henry Methuen melding gemaak van die Wonderwerk grot sowat veertig kilometer buite Kuruman Hierdie groot dolomitiese kalksteengrot strek vir 140 meter horisontaal in die voet van die Kurumanheuwels se oosterste flank in Sy bekendste kenmerk is n stalagmiet standbeeld vlak by die ingang wat n hoogte van meer as vyf meter bereik 2 Rotstekeninge wat in die Wonderwerk grot ontdek is beeld diere en raaiselagtige onderwerpe in rooi geel swart en wit uit en kom oral op die grot se wande tot n diepte van sowat veertig meter voor Hulle is ongelukkig al sedert die vroee 20ste eeu erg beskadig deur graffiti Die eerste eienaar van n plaas in die omgewing ene N J Bosman het tussen 1909 en 1911 in die Wonderwerk grot gewoon waar ook een van sy dogters gebore is Vanaf die veertigerjare is argeologiese opgrawings in die grot gedoen tog is waardevolle skatte al tussen 1940 en 1944 vernietig toe vlermuis guano in die grot versamel is 2 Sedert 1978 is belangriker opgrawings deur navorsers van die McGregor museum in Kimberley gedoen wat bewyse van vorige bewoning opgelewer het Beduidende argeologiese getuienisse sluit klipwerktuie en stukkies dierebeendere in wat sowat 300 000 jaar oud is Klipbrokke waarop gravures aangebring is is in vlakke met n ouderdom van tussen 2 000 en 12 000 jaar ontdek en bewys dat rotsskildering in Suid Afrika al minstens 10 000 jaar gelede beoefen is 2 In 1987 het Kuruman sy honderdjarige bestaan gevier Klimaat WysigVanwee sy ligging in n halfwoestyngebied wat aan die Kalahari grens word Kuruman se klimaat deur groot temperatuurverskille tussen somer en winter gekenmerk In die winterseisoen daal die kwik gereeld tot benede vriespunt terwyl in die somertyd temperature bokant 40 C aangeteken word Noordelike en noordoostelike winde voer tussen Desember en April vogtige lug in Die jaarlikse reenval beloop 420 millimeter Ekonomie WysigMynbou en landbou vorm die ekonomiese basis van die gebied Kuruman het veral in die periode tussen 1955 en 1965 vinnig ontwikkel toe met die ontginning van die ryk mineraalafsettings in die gebied waaronder mangaan en ystererts begin is Die rykste afsettings van blou asbes of krosidoliet ter wereld kom eweneens hier voor Toerisme en wildboerdery is ander belangrike bronne van inkomste Alhoewel beesboerdery die streek se tradisionele landboubedryf is het wildboerdery weens die droogte al sedert die 1980 s vinnig toegeneem Die gebied spog met van die grootste jaggebiede in Suid Afrika Die Oog van Kuruman Wysig Die Oog van Kuruman Die Oog van Kuruman in die dorp se hoofstraat is n natuurwonder en ook die rede vir die dorp se bestaan Hierdie fontein wat uit n dorre dolomietrots aan die voet van die Kurumanheuwels ontspring lewer daagliks sowat 20 miljoen liter vars water en voorsien sodoende in Kuruman se huishoudelike en nywerheidsverbruik 2 n Plaaslike legende lui hy wat een maal van die oog se water gedrink het kom altyd weer terug om sy dors te les 2 Die eerste blanke besoeker aan Die Oog was die reisiger Samuel Daniel die sekretaris dagboekskrywer en skilder van die Truter Somerville ekspedisiereisiger op 22 November 1801 3 Die fontein word as die grootste varswaterfontein in die suidelike halfrond en moontlik ook die wereld beskou 2 Die fontein wat onder die inheemse bevolking as die oog wat altyd traan reeds voor 1800 bekendgestaan het word selfs tydens die ergste droogtes en swaarste reenval deur n feitlik onveranderde vloei gekenmerk Die gebied rondom die fontein is al dekades gelede in n pragtige park omgeskep Die sendeling Robert Moffat het een van die eerste besproeiingswerke in die land aangele deur twee kanale van Die Oog af te bou om meer as 250 hektaar landbougrond in die vallei te besproei Sien ook WysigGereformeerde kerk Kuruman Lys van dorpe in Suid AfrikaVerwysings Wysig 1 0 1 1 1 2 1 3 Hoofplek Kuruman Sensus 2011 2 0 2 1 2 2 2 3 2 4 2 5 2 6 2 7 Claassen Isabel November 1987 Kuruman 1887 1987 Suid Afrikaanse Panorama p volume 32 p 13 17 www kurumankalahari co za Die Oog Geargiveer 31 Januarie 2008 op Wayback Machine en Bronne WysigEybers G W Op die voetspoor van die ou reisigers stories uit Kolbe Barrow Lichtenstein en Campbell Kaapstad Maskew Miller 1926 World GazetteerOntsluit van https af wikipedia org w index php title Kuruman amp ol,