×
Krugerdag

Krugerdag was 'n openbare vakansiedag wat vanaf 1882 tot 1899 en weer vanaf 1952 tot 1993 jaarliks op 10 Oktober in Suid-Afrika waargeneem is. Die dag is vernoem na Paul Kruger, 'n Boere weerstandsleier teen Britse bewind en later president van die Zuid-Afrikaansche Republiek, wat sy verjaarsdag op 10 Oktober gevier het. Op die dag is gepoog om die waardes en beginsels in die Afrikanervolkslewe te onderstreep.

Foto van Paul Kruger (Krugerdag is na hom vernoem)
Met die beleg van Makapansgat herwin 'n jong Paul Kruger sy gevalle aanvoerder se lyk uit die holkrans, waar hy ook met die vasgekeerdes probeer onderhandel het.

Krugerdag is die eerste keer in 1882, terwyl Paul Kruger nog gelewe het gevier. Kruger was destyds die adjunkpresident, maar omdat hy soveel respek van sy volksgenote geniet het, is sy verjaardag met 'n feesdag gedenk. Dit is die daaropvolgende jaar amptelik as 'n openbare vakansiedag ingestel. Die gebruik het ten einde gekom nadat Brittanje die destydse Zuid-Afrikaansche Republiek verslaan het.

In 1910, met Uniewording, is die dag steeds nie as openbare vakansiedag erken nie. 'n Paar jaar na die Nasionale Party in Suid-Afrika aan die bewind gekom het, is die dag in 1952 as Heldedag ingestel. Van tyd tot tyd is dit amptelik deur opeenvolgende regerings as hetsy Heldedag of Krugerdag geproklameer, en op kalenders as sodanig aangedui.

Die dag is deur die ANC-regering wat in 1994 aan bewind gekom het opgehef.

  1. . Archive day: 25 October, 1854 (in Engels). South African History Online (SAHO). Geargiveer vanaf op 1 Mei 2015. Besoek op13 November 2013.
  2. , Beeld, 18 Oktober 2006

Publikasie datum: September 26, 2021

krugerdag, openbare, vakansiedag, vanaf, 1882, 1899, weer, vanaf, 1952, 1993, jaarliks, oktober, suid, afrika, waargeneem, vernoem, paul, kruger, boere, weerstandsleier, teen, britse, bewind, later, president, zuid, afrikaansche, republiek, verjaarsdag, oktobe. Krugerdag was n openbare vakansiedag wat vanaf 1882 tot 1899 en weer vanaf 1952 tot 1993 jaarliks op 10 Oktober in Suid Afrika waargeneem is Die dag is vernoem na Paul Kruger n Boere weerstandsleier teen Britse bewind en later president van die Zuid Afrikaansche Republiek wat sy verjaarsdag op 10 Oktober gevier het Op die dag is gepoog om die waardes en beginsels in die Afrikanervolkslewe te onderstreep 2 Foto van Paul Kruger Krugerdag is na hom vernoem Met die beleg van Makapansgat herwin n jong Paul Kruger sy gevalle aanvoerder se lyk uit die holkrans waar hy ook met die vasgekeerdes probeer onderhandel het 1 Oorsprong en afskaffing WysigKrugerdag is die eerste keer in 1882 terwyl Paul Kruger nog gelewe het gevier Kruger was destyds die adjunkpresident maar omdat hy soveel respek van sy volksgenote geniet het is sy verjaardag met n feesdag gedenk Dit is die daaropvolgende jaar amptelik as n openbare vakansiedag ingestel Die gebruik het ten einde gekom nadat Brittanje die destydse Zuid Afrikaansche Republiek verslaan het In 1910 met Uniewording is die dag steeds nie as openbare vakansiedag erken nie n Paar jaar na die Nasionale Party in Suid Afrika aan die bewind gekom het is die dag in 1952 as Heldedag ingestel Van tyd tot tyd is dit amptelik deur opeenvolgende regerings as hetsy Heldedag of Krugerdag geproklameer en op kalenders as sodanig aangedui Die dag is deur die ANC regering wat in 1994 aan bewind gekom het opgehef Sien ook WysigLys van openbare vakansiedae in Suid Afrika Paul Kruger na wie die dag vernoem isVerwysings Wysig The siege of Makapan s Cave takes place Archive day 25 October 1854 in Engels South African History Online SAHO Geargiveer vanaf die oorspronklike op 1 Mei 2015 Besoek op 13 November 2013 SA moet ook nuwe helde soek Beeld 18 Oktober 2006Ontsluit van https af wikipedia org w index php title Krugerdag amp ol,