fbpx
Wikipedia

Kroasië

Kroasië (Hrvatska [xř̩ʋaːtskaː]), amptelik die Republiek Kroasië (Kroaties: Republika Hrvatska ), is ’n klein land tussen die Middellandse See en Sentraal-Europa. Sy staatsgebied strek van die voetheuwels van die Juliaanse Alpe in die noordweste tot die Pannoniese Vlakte in die ooste, oor die Dinariese Alpe in sy sentrale gedeelte tot die kusgebied van die Adriatiese See in die suide.

Republika Hrvatska
Republiek Kroasië
Vlag Wapen
Volkslied: Lijepa naša domovino
(Kroaties vir: "Ons mooi vaderland")
Hoofstad Zagreb

45°48′N 16°0′O / 45.800°N 16.000°O / 45.800; 16.000

Grootste stad Zagreb
Amptelike tale Kroaties
Regering Unitêre parlementêre
grondwetlike republiek
Zoran Milanović
Andrej Plenković
Onafhanklikheid
• Hertogdom
• Koninkryk
• Persoonlike unie met Hongarye
• Aansluiting by die
Habsburgse Ryk
• SHS-sesessie van
Oostenryk-Hongarye
• Stigting van die
Koninkryk van die
Serwiërs, Kroate en Slowene
(Joego-Slawië)
• Joego-Slawië word republiek
• Huidige grondwet
• Onafhanklikheid besluit
• Onafhanklikheid verklaar

7de eeu
925
1102

1 Januarie 1527

29 Oktober 1918


4 Desember 1918

29 November 1943
22 Desember 1990
25 Junie 1991
8 Oktober 1991
Oppervlakte
 - Totaal
 
 - Water (%)
 
56 594 km2  (124ste)
21 851 myl2
1,09
Bevolking
 - 2019-skatting
 - 2011-sensus
 - Digtheid
 
4 076 246[1] (127ste)
4 284 889
73 / km2 (109de)
189,1 / myl2
BBP (KKP)
 - Totaal
 - Per capita
2020-skatting

$117,928 miljard[2] (81ste)
$29 207[2] (55ste)

BBP (nominaal)
 - Totaal
 - Per capita
2020-skatting

$63,172 miljard[2] (77ste)
$15 655[2] (55ste)

MOI (2018) 0,837[3] (46ste)  –  baie hoog
Gini (2018) 29,7[4](17de) –  hoog
Geldeenheid 1 Kuna (kn) = 100 lipa (HRK)
Tydsone
 - Somertyd
MET (UTC+1)
MEST (UTC+2)
Internet-TLD .hr
Skakelkode +385

Vanaf die einde van die Eerste Wêreldoorlog was Kroasië een van die republieke van die Sosialistiese Federale Republiek Joego-Slawië, maar het sy onafhanklikheid ná die ontbinding van die SFR Joego-Slawië in 'n bloedige oorlog herwin. Kroasië se hoofstad en grootste stad is Zagreb. Ander stede sluit in: Dubrovnik, Rijeka, Split, Pula, Osijek en Vukovar.

Kroasië beslaan sowat 56 594 km² en het ’n uiteenlopende, hoofsaaklik kontinentale en Mediterreense klimaat. Dit het meer as duisend eilande aan die Adriatiese kus. Die meeste van Kroasië se 4,08 miljoen inwoners is etniese Kroate, met klein minderhede Serwiërs. Die hoofgodsdiens is Katolisisme.

Die Kroate het in die vroeë 7de eeu in die hedendaagse Kroasië aangeland. Hulle het die gebied teen die 9de eeu in twee hertogdomme verdeel. Tomislav het teen 925 n.C. die eerste koning geword en Kroasië se status is so tot dié van ’n koninkryk verhoog. Die Koninkryk Kroasië het sy onafhanklikheid byna twee eeue lank behou en sy hoogtepunt bereik tydens die bewind van koning Peter Krešimir IV en Dmitar Zvonimir. Die land het in 1102 ’n persoonlike unie met Hongarye gesluit. In 1527, toe die land bedreig is deur Ottomaanse besetting, het die Kroatiese parlement Ferdinand I van die Huis van Habsburg tot die troon verkies. In 1918, ná die Eerste Wêreldoorlog, is Kroasië ingesluit in die nieerkende Koninkryk die Slowene, Kroate en Serwiërs, wat van Oostenryk-Hongarye afgestig en verenig het om die Koninkryk Joego-Slawië te vorm. ’n Onafhanklike fascistiese marionettestaat het tydens die Tweede Wêreldoorlog bestaan. Ná die oorlog het Kroasië ’n stigterslid en federale deelstaat geword van Joego-Slawië, ’n sosialistiese republiek. In Junie 1991 het Kroasië hom onafhanklik verklaar. Dit het op Oktober van dié jaar in werking getree. Die Kroatiese Onafhanklikheidsoorlog het in die vier jaar daarna geheers.

Vandag word Kroasië deur die Internasionale Monetêre Fonds geklassifiseer as ’n opkomende en ontwikkelende ekonomie, terwyl die Wêreldbank dit as ’n hoë-inkomste-ekonomie geïdentifiseer het. Kroasië het op 1 Julie 2013 die 28ste lidland van die Europese Unie (EU) geword. Dit is ook lid van die Noord-Atlantiese Verdragsorganisasie (Navo), Verenigde Nasies, Raad van Europa en Wêreldhandelsorganisasie.

Die dienssektor oorheers Kroasië se ekonomie, gevolg deur die nywerheid- en die landbousektor. Toerisme is veral in die somer ’n groot bron van inkomste, met Kroasië wat as een van die gewildste bestemmings ter wêreld beskou word. Sy grootste handelsvennoot is die EU. Sedert 2000 het die regering heelwat daaraan bestee om die land se infrastruktuur, veral vervoerroetes en -geriewe, te verbeter. ’n Groot deel van die energie wat verbruik word, word in Kroasië self vervaardig en die res word ingevoer. Daar is ’n universele gesondheidsorgstelsel en gratis primêre en sekondêre onderwys, en die kultuur word bevorder deur verskeie openbare instellings en deur korporatiewe beleggings in die media en uitgewersbedryf.

Etimologie

 
Die Branimir-inskripsie is die oudste bewaarde monument waarin 'n inskripsie na 'n Kroatiese Middeleeuse vors as Hertog van die Kroate verwys

Die land se naam kom van die Middeleeuse Latynse Croātia, van Dux Croatorum ("Hertog van die Kroate"), soos dit voorkom in die Branimir-inskripsie. Dit is weer afgelei van die Noordwes-Slawiese *Xrovat-, wat kom van ’n veronderstelde Proto-Slawiese *Xarwāt- (*Xъrvatъ) of *Xŭrvatŭ (*xъrvatъ).[5] Die oorsprong van die naam is onseker.

Geografie

 
Brela, 'n klein seehawe

Met 'n oppervlakte van 56 542 km² is Kroasië rofweg half so groot soos die Suid-Afrikaanse Noordwesprovinsie. In vergelyking met sy oppervlakte het Kroasië 'n buitengewoon lang kuslyn en 'n groot getal eilande, maar ook die binneland word deur 'n groot verskeidenheid landskapsvorme gekenmerk. Bergreekse loop van die noordweste na die suidooste van die land, waarby die hoogste pieke met maksimaal 1 831 meter in die Dinariese Alpe aangetref word, terwyl die gebied langs die grens met Hongarye in Noord-Kroasië deur die Pannoniese Laagvlakte oorheers word. Die res van die land bestaan uit golwende heuwellande.

Ruwe bergagtige terrein bepaal ook die uitleg van baie eilande langs die Adriatiese kus. Die hoogste bergpiek met 778 meter bo seevlak is op die eiland Brač geleë, maar ook op ander eilande soos Cres, Hvar, Lošinj, Vis, Krk, Korčula en Mljet verrys pieke tot 'n hoogte van meer as 500 meter. Minder as vyftig eilande is bewoon, waarvan die twee grootstes Krk (409 km² met 'n bevolking van 16 400) en Cres (404 km² met 'n bevolking van 3 200) is.

Danksy die groot getal eilande is die Kroatiese kuslyn 5 835 kilometer lank (waarvan die vastelandse kuslyn 1 777 km en die eilande 4 058 km beslaan), ondanks die feit dat 'n reguitlyn, wat vanaf die grens met Italië op die skiereiland Istrië tot die grens met Montenegro in die suide getrek word, net sowat 500 km lank sou wees. Die lang kuslyn met aantreklike seehawens bied groot potensiaal vir toerisme.

Geskiedenis

Antieke tyd

Die gebied wat vandag as Kroasië bekend is, is regdeur die prehistoriese tydperk bewoon. Fossiele van Neanderdallers van so vroeg as die Middel-Paleolitikum is in Noord-Kroasië ontdek. Die bekendste uitgrawingsterrein is by Krapina.[6] Oorblyfsels van verskeie kulture uit die Neolitikum en Kopertydperk is al in al die streke van die land ontdek.[7]

Griekse en Romeinse bewind

 
Die Baška-tablet, die oudste voorbeeld van die Glagolitiese skrif
 
Die aankoms van die Kroate by die see, skildery deur Oton Iveković

Heelwat later is die gebied bewoon deur Liburniërs en Illiriërs, terwyl die eerste Griekse kolonies gevestig is op die eilande Korčula, Hvar[8] en Vis.[9] In 9 n.C. het die gebied deel geword van die Romeinse Ryk. Keiser Diocletianus het ’n groot paleis in Split gebou toe hy in 305 aftree.[10] In die 5de eeu het een van die laaste keisers van die Wes-Romeinse Ryk, Julius Nepos, sy klein ryk vanuit dié paleis regeer.[11]

Dié periode het geëindig met invalle deur die Avare en Kroate in die eerste helfte van die 7de eeu en die verwoesting van feitlik alle Romeinse dorpe. Romeinse oorlewendes het na plekke aan die kus, op die eilande en in die berge getrek. Die stad Dubrovnik is deur so ’n groep oorlewendes van Epidaurum gestig.[12]

Die oorsprong van die Kroate is onseker; teorieë oor hul afkoms wissel van Slawies tot Irans. Die gewildste teorie is dat hulle Wit-Slawiërs was.

Middeleeue

 
Die mure van Dubrovnik, wat die stad beskerm het tydens Middeleeuse aanvalle

Teen die 9de eeu is twee hertogdomme in die gebied gestig – die Hertogdom Pannonië en Dalmasië, wat deur Ljudevit Posavski en Borna regeer is, volgens die kronieke van Einhard uit 818. Daarin word die Kroatiese gebiede, wat toe Frankiese leenstate was, die eerste keer genoem.[13]

Die Frankiese heerskappy het twee dekades later geëindig tydens die bewind van Mislav.[14] In dié eeu is die Kroate ook gekersten.[15] Die eerste plaaslike Kroatiese heerser wat deur die pous erken is, was hertog Branimir, waarna pous Johannes VIII in 879 as Dux Croatorum ("Hertog van die Kroate") verwys het.[16]

Tomislav was die eerste heerser wat in 925 in ’n brief deur pous Johannes X ’n koning genoem is. Tomislav het Hongaarse en Bulgaarse invalle afgeweer en die invloed van die Kroatiese konings so uitgebrei.[17] Die Middeleeuse Koninkryk Kroasië het sy bloeitydperk in die 11de eeu beleef tydens die bewind van Petar Krešimir IV (1058–1074) en Dmitar Zvonimir (1075–1089).[18] Toe Stjepan II in 1091 sterf en die Trpimirović-dinastie tot ’n einde kom, het Ladislaus I van Hongarye die Kroatiese troon opgeëis. Teenstand het tot ’n oorlog en daarna ’n persoonlike unie met Hongarye in 1102 gelei onder die bewind van Coloman.[19]

In dié tyd het die Ottomaanse stryd teen die Venesiërs toegeneem vir beheer oor die kusstreke. Die Venesiërs het teen 1428 beheer oor die grootste deel van Dalmasië geneem, met uitsondering van die stadstaat Dubrovnik, wat onafhanklik geword het. In 1493 en 1526 het die Ottomane groot oorwinnings behaal. Die Kroatiese regering het die Romeinse keiser Ferdinand I verkies tot hul nuwe heerser, op voorwaarde dat hy Kroasië teen die Ottomane beskerm maar ook die land se politieke regte respekteer.[20]

Demografie

 
Etniese kaart van Kroasië

In die sensus van 2011 is die bevolking as 4,29 miljoen bepaal. Die meeste inwoners is etniese Kroate (sowat 90 persent), met klein minderhede Serwiërs (4,4 persent), Slowene, Italianers, Hongare, Tsjegge, Slowake en ander.

Die grootste deel van die bevolking is in die noorde en langs die Adriatiese kus saamgetrek. Die demografiese ontwikkeling is tradisioneel deur grootskaalse emigrasie en in die laat 20ste en vroeë 21ste eeu ook deur lae geboortesyfers gekenmerk.

Godsdiens

86 persent van die bevolking is Rooms-Katoliek, 4,4 persent Serwies-Ortodoks en een persent is aanhangers van Islam. Daar is kleiner minderhede Protestante (0,3 persent) en Jode (0,01 persent).[21]

Tale

96% praat Kroaties as moedertaal, 1% praat Serwies en 3% ander tale. In gebiede, wat deur groter persentasies etniese minderhede bewoon word, dien naas Kroaties ook Serwies, Italiaans en Hongaars as ampstale.

Verwysings

  1. "Population on 1 January". Eurostat (in Engels). 22 Julie 2019. vanaf die oorspronklike op 8 April 2020. Besoek op 18 Februarie 2020.
  2. 2,0 2,1 2,2 2,3 (en) "Croatia". Internasionale Monetêre Fonds. Oktober 2019. Besoek op 18 Februarie 2020.
  3. "2019 Human Development Index Ranking" (in Engels). United Nations Development Programme. 2019. vanaf die oorspronklike op 19 Mei 2020. Besoek op 18 Februarie 2020.
  4. "First Results" (in Engels). vanaf die oorspronklike op 15 Mei 2020. Besoek op 18 Februarie 2020.
  5. (hr) Alemko Gluhak (1993). Hrvatski etimološki rječnik. August Cesarec. ISBN 953-162-000-8.
  6. (hr) Igor Salopek (2010). "Krapina Neanderthal Museum as a Well of Medical Information". Acta Medico-Historica Adriatica. Hrvatsko znanstveno društvo za povijest zdravstvene kulture. 8 (2): 197–202. ISSN 1334-4366. Besoek op 15 Oktober 2011. Onbekende parameter |month= geïgnoreer (help)
  7. (hr) Tihomila Težak-Gregl (2008). "Study of the Neolithic and Eneolithic as reflected in articles published over the 50 years of the journal Opuscula archaeologica". Opvscvla Archaeologica Radovi Arheološkog zavoda. University of Zagreb, Faculty of Philosophy, Archaeological Department. 30 (1): 93–122. ISSN 0473-0992. Besoek op 15 Oktober 2011. Onbekende parameter |month= geïgnoreer (help)
  8. (en) John Wilkes (1995). The Illyrians. Oxford, UK: Wiley-Blackwell. p. 114. ISBN 978-0-631-19807-9. Besoek op 15 Oktober 2011.
  9. (en) John Wilkes (1995). The Illyrians. Oxford, UK: Wiley-Blackwell. p. 115. ISBN 978-0-631-19807-9. Besoek op 3 April 2012.
  10. (en) Edward Gibbon; John Bagnell Bury; Daniel J. Boorstin (1995). The Decline and Fall of the Roman Empire. New York: Modern Library. p. 335. ISBN 978-0-679-60148-7. Besoek op 27 Oktober 2011.
  11. (en) J.B. Bury (1923). History of the later Roman empire from the death of Theodosius I. to the death of Justinian. Macmillan Publishers. p. 408. Besoek op 15 Oktober 2011.
  12. (en) Andrew Archibald Paton (1861). Researches on the Danube and the Adriatic. Trübner. pp. 218–219. Besoek op 15 Oktober 2011.
  13. Mužić (2007), bl. 157–160
  14. Mužić (2007), bl. 169–170
  15. (hr) Antun Ivandija (1968). "Pokrštenje Hrvata prema najnovijim znanstvenim rezultatima". Bogoslovska smotra. University of Zagreb, Catholic Faculty of Theology. 37 (3–4): 440–444. ISSN 0352-3101. Onbekende parameter |month= geïgnoreer (help)
  16. (hr) Ivan Mužić (2007). (PDF). Naklada Bošković. ISBN 978-953-263-034-3. Geargiveer vanaf die oorspronklike (PDF) op 8 Augustus 2019. Besoek op 14 Oktober 2011.
  17. (hr) Vladimir Posavec (1998). "Povijesni zemljovidi i granice Hrvatske u Tomislavovo doba". Radovi Zavoda za hrvatsku povijest. 30 (1): 281–290. ISSN 0353-295X. Besoek op 16 Oktober 2011. Onbekende parameter |month= geïgnoreer (help)
  18. (hr) Lujo Margetić (1997). "Regnum Croatiae et Dalmatiae u doba Stjepana II". Radovi Zavoda za hrvatsku povijest. 29 (1): 11–20. ISSN 0353-295X. Besoek op 16 Oktober 2011. Onbekende parameter |month= geïgnoreer (help)
  19. (hr) Ladislav Heka (2008). "Hrvatsko-ugarski odnosi od sredinjega vijeka do nagodbe iz 1868. s posebnim osvrtom na pitanja Slavonije". Scrinia Slavonica. Hrvatski institut za povijest – Podružnica za povijest Slavonije, Srijema i Baranje. 8 (1): 152–173. ISSN 1332-4853. Besoek op 16 Oktober 2011. Onbekende parameter |month= geïgnoreer (help)
  20. Frucht 2005, bl. 422–423
  21. (en) Duitse Departement van Buitelandse Sake: Kroasië. Besoek op 22 Februarie 2016

Bronne

Algemeen

Eksterne skakels

Amptelike inligting
  • (en) Amptelike webtuiste van die Kroatiese regering
Toerisme
  • (en) Toerisme-inligting oor Kroasië op Wikivoyage
  • (en) Croatian National Tourist Board
Internasionale verenigings
  • (en) The British-Croatian Society
  • (en) BCBC British-Croatian Business Club

Kroasië
kroasië, hrvatska, ʋaːtskaː, amptelik, republiek, kroaties, republika, hrvatska, luister, hulp, inligting, klein, land, tussen, middellandse, sentraal, europa, staatsgebied, strek, voetheuwels, juliaanse, alpe, noordweste, pannoniese, vlakte, ooste, dinariese,. Kroasie Hrvatska xr ʋaːtskaː amptelik die Republiek Kroasie Kroaties Republika Hrvatska luister hulp inligting is n klein land tussen die Middellandse See en Sentraal Europa Sy staatsgebied strek van die voetheuwels van die Juliaanse Alpe in die noordweste tot die Pannoniese Vlakte in die ooste oor die Dinariese Alpe in sy sentrale gedeelte tot die kusgebied van die Adriatiese See in die suide Republika HrvatskaRepubliek Kroasie Vlag WapenVolkslied Lijepa nasa domovino Kroaties vir Ons mooi vaderland source source track track track track track track track track track track track track track track track track track track track track track Hoofstad Zagreb 45 48 N 16 0 O 45 800 N 16 000 O 45 800 16 000Grootste stad ZagrebAmptelike tale KroatiesRegering President Eerste minister Unitere parlementeregrondwetlike republiekZoran MilanovicAndrej PlenkovicOnafhanklikheid Hertogdom Koninkryk Persoonlike unie met Hongarye Aansluiting by dieHabsburgse Ryk SHS sesessie vanOostenryk Hongarye Stigting van dieKoninkryk van dieSerwiers Kroate en Slowene Joego Slawie Joego Slawie word republiek Huidige grondwet Onafhanklikheid besluit Onafhanklikheid verklaar 7de eeu92511021 Januarie 152729 Oktober 19184 Desember 191829 November 194322 Desember 199025 Junie 19918 Oktober 1991Oppervlakte Totaal Water 56 594 km2 124ste 21 851 myl21 09Bevolking 2019 skatting 2011 sensus Digtheid 4 076 246 1 127ste 4 284 88973 km2 109de 189 1 myl2BBP KKP Totaal Per capita 2020 skatting 117 928 miljard 2 81ste 29 207 2 55ste BBP nominaal Totaal Per capita 2020 skatting 63 172 miljard 2 77ste 15 655 2 55ste MOI 2018 0 837 3 46ste baie hoogGini 2018 29 7 4 17de hoogGeldeenheid 1 Kuna kn 100 lipa a href ISO 4217 html title ISO 4217 HRK a Tydsone Somertyd MET UTC 1 MEST UTC 2 Internet TLD hrSkakelkode 385Vanaf die einde van die Eerste Wereldoorlog was Kroasie een van die republieke van die Sosialistiese Federale Republiek Joego Slawie maar het sy onafhanklikheid na die ontbinding van die SFR Joego Slawie in n bloedige oorlog herwin Kroasie se hoofstad en grootste stad is Zagreb Ander stede sluit in Dubrovnik Rijeka Split Pula Osijek en Vukovar Kroasie beslaan sowat 56 594 km en het n uiteenlopende hoofsaaklik kontinentale en Mediterreense klimaat Dit het meer as duisend eilande aan die Adriatiese kus Die meeste van Kroasie se 4 08 miljoen inwoners is etniese Kroate met klein minderhede Serwiers Die hoofgodsdiens is Katolisisme Die Kroate het in die vroee 7de eeu in die hedendaagse Kroasie aangeland Hulle het die gebied teen die 9de eeu in twee hertogdomme verdeel Tomislav het teen 925 n C die eerste koning geword en Kroasie se status is so tot die van n koninkryk verhoog Die Koninkryk Kroasie het sy onafhanklikheid byna twee eeue lank behou en sy hoogtepunt bereik tydens die bewind van koning Peter Kresimir IV en Dmitar Zvonimir Die land het in 1102 n persoonlike unie met Hongarye gesluit In 1527 toe die land bedreig is deur Ottomaanse besetting het die Kroatiese parlement Ferdinand I van die Huis van Habsburg tot die troon verkies In 1918 na die Eerste Wereldoorlog is Kroasie ingesluit in die nieerkende Koninkryk die Slowene Kroate en Serwiers wat van Oostenryk Hongarye afgestig en verenig het om die Koninkryk Joego Slawie te vorm n Onafhanklike fascistiese marionettestaat het tydens die Tweede Wereldoorlog bestaan Na die oorlog het Kroasie n stigterslid en federale deelstaat geword van Joego Slawie n sosialistiese republiek In Junie 1991 het Kroasie hom onafhanklik verklaar Dit het op Oktober van die jaar in werking getree Die Kroatiese Onafhanklikheidsoorlog het in die vier jaar daarna geheers Vandag word Kroasie deur die Internasionale Monetere Fonds geklassifiseer as n opkomende en ontwikkelende ekonomie terwyl die Wereldbank dit as n hoe inkomste ekonomie geidentifiseer het Kroasie het op 1 Julie 2013 die 28ste lidland van die Europese Unie EU geword Dit is ook lid van die Noord Atlantiese Verdragsorganisasie Navo Verenigde Nasies Raad van Europa en Wereldhandelsorganisasie Die dienssektor oorheers Kroasie se ekonomie gevolg deur die nywerheid en die landbousektor Toerisme is veral in die somer n groot bron van inkomste met Kroasie wat as een van die gewildste bestemmings ter wereld beskou word Sy grootste handelsvennoot is die EU Sedert 2000 het die regering heelwat daaraan bestee om die land se infrastruktuur veral vervoerroetes en geriewe te verbeter n Groot deel van die energie wat verbruik word word in Kroasie self vervaardig en die res word ingevoer Daar is n universele gesondheidsorgstelsel en gratis primere en sekondere onderwys en die kultuur word bevorder deur verskeie openbare instellings en deur korporatiewe beleggings in die media en uitgewersbedryf Inhoud 1 Etimologie 2 Geografie 3 Geskiedenis 3 1 Antieke tyd 3 2 Griekse en Romeinse bewind 3 3 Middeleeue 4 Demografie 4 1 Godsdiens 4 2 Tale 5 Verwysings 6 Bronne 7 Eksterne skakelsEtimologie Wysig Die Branimir inskripsie is die oudste bewaarde monument waarin n inskripsie na n Kroatiese Middeleeuse vors as Hertog van die Kroate verwys Die land se naam kom van die Middeleeuse Latynse Croatia van Dux Croatorum Hertog van die Kroate soos dit voorkom in die Branimir inskripsie Dit is weer afgelei van die Noordwes Slawiese Xrovat wat kom van n veronderstelde Proto Slawiese Xarwat Xrvat of Xŭrvatŭ xrvat 5 Die oorsprong van die naam is onseker Geografie Wysig Brela n klein seehawe Met n oppervlakte van 56 542 km is Kroasie rofweg half so groot soos die Suid Afrikaanse Noordwesprovinsie In vergelyking met sy oppervlakte het Kroasie n buitengewoon lang kuslyn en n groot getal eilande maar ook die binneland word deur n groot verskeidenheid landskapsvorme gekenmerk Bergreekse loop van die noordweste na die suidooste van die land waarby die hoogste pieke met maksimaal 1 831 meter in die Dinariese Alpe aangetref word terwyl die gebied langs die grens met Hongarye in Noord Kroasie deur die Pannoniese Laagvlakte oorheers word Die res van die land bestaan uit golwende heuwellande Ruwe bergagtige terrein bepaal ook die uitleg van baie eilande langs die Adriatiese kus Die hoogste bergpiek met 778 meter bo seevlak is op die eiland Brac gelee maar ook op ander eilande soos Cres Hvar Losinj Vis Krk Korcula en Mljet verrys pieke tot n hoogte van meer as 500 meter Minder as vyftig eilande is bewoon waarvan die twee grootstes Krk 409 km met n bevolking van 16 400 en Cres 404 km met n bevolking van 3 200 is Danksy die groot getal eilande is die Kroatiese kuslyn 5 835 kilometer lank waarvan die vastelandse kuslyn 1 777 km en die eilande 4 058 km beslaan ondanks die feit dat n reguitlyn wat vanaf die grens met Italie op die skiereiland Istrie tot die grens met Montenegro in die suide getrek word net sowat 500 km lank sou wees Die lang kuslyn met aantreklike seehawens bied groot potensiaal vir toerisme Geskiedenis WysigAntieke tyd Wysig Die gebied wat vandag as Kroasie bekend is is regdeur die prehistoriese tydperk bewoon Fossiele van Neanderdallers van so vroeg as die Middel Paleolitikum is in Noord Kroasie ontdek Die bekendste uitgrawingsterrein is by Krapina 6 Oorblyfsels van verskeie kulture uit die Neolitikum en Kopertydperk is al in al die streke van die land ontdek 7 Griekse en Romeinse bewind Wysig Die Baska tablet die oudste voorbeeld van die Glagolitiese skrif Die aankoms van die Kroate by die see skildery deur Oton Ivekovic Heelwat later is die gebied bewoon deur Liburniers en Illiriers terwyl die eerste Griekse kolonies gevestig is op die eilande Korcula Hvar 8 en Vis 9 In 9 n C het die gebied deel geword van die Romeinse Ryk Keiser Diocletianus het n groot paleis in Split gebou toe hy in 305 aftree 10 In die 5de eeu het een van die laaste keisers van die Wes Romeinse Ryk Julius Nepos sy klein ryk vanuit die paleis regeer 11 Die periode het geeindig met invalle deur die Avare en Kroate in die eerste helfte van die 7de eeu en die verwoesting van feitlik alle Romeinse dorpe Romeinse oorlewendes het na plekke aan die kus op die eilande en in die berge getrek Die stad Dubrovnik is deur so n groep oorlewendes van Epidaurum gestig 12 Die oorsprong van die Kroate is onseker teoriee oor hul afkoms wissel van Slawies tot Irans Die gewildste teorie is dat hulle Wit Slawiers was Middeleeue Wysig Die mure van Dubrovnik wat die stad beskerm het tydens Middeleeuse aanvalle Teen die 9de eeu is twee hertogdomme in die gebied gestig die Hertogdom Pannonie en Dalmasie wat deur Ljudevit Posavski en Borna regeer is volgens die kronieke van Einhard uit 818 Daarin word die Kroatiese gebiede wat toe Frankiese leenstate was die eerste keer genoem 13 Die Frankiese heerskappy het twee dekades later geeindig tydens die bewind van Mislav 14 In die eeu is die Kroate ook gekersten 15 Die eerste plaaslike Kroatiese heerser wat deur die pous erken is was hertog Branimir waarna pous Johannes VIII in 879 as Dux Croatorum Hertog van die Kroate verwys het 16 Tomislav was die eerste heerser wat in 925 in n brief deur pous Johannes X n koning genoem is Tomislav het Hongaarse en Bulgaarse invalle afgeweer en die invloed van die Kroatiese konings so uitgebrei 17 Die Middeleeuse Koninkryk Kroasie het sy bloeitydperk in die 11de eeu beleef tydens die bewind van Petar Kresimir IV 1058 1074 en Dmitar Zvonimir 1075 1089 18 Toe Stjepan II in 1091 sterf en die Trpimirovic dinastie tot n einde kom het Ladislaus I van Hongarye die Kroatiese troon opgeeis Teenstand het tot n oorlog en daarna n persoonlike unie met Hongarye in 1102 gelei onder die bewind van Coloman 19 In die tyd het die Ottomaanse stryd teen die Venesiers toegeneem vir beheer oor die kusstreke Die Venesiers het teen 1428 beheer oor die grootste deel van Dalmasie geneem met uitsondering van die stadstaat Dubrovnik wat onafhanklik geword het In 1493 en 1526 het die Ottomane groot oorwinnings behaal Die Kroatiese regering het die Romeinse keiser Ferdinand I verkies tot hul nuwe heerser op voorwaarde dat hy Kroasie teen die Ottomane beskerm maar ook die land se politieke regte respekteer 20 Demografie Wysig Etniese kaart van Kroasie In die sensus van 2011 is die bevolking as 4 29 miljoen bepaal Die meeste inwoners is etniese Kroate sowat 90 persent met klein minderhede Serwiers 4 4 persent Slowene Italianers Hongare Tsjegge Slowake en ander Die grootste deel van die bevolking is in die noorde en langs die Adriatiese kus saamgetrek Die demografiese ontwikkeling is tradisioneel deur grootskaalse emigrasie en in die laat 20ste en vroee 21ste eeu ook deur lae geboortesyfers gekenmerk Godsdiens Wysig 86 persent van die bevolking is Rooms Katoliek 4 4 persent Serwies Ortodoks en een persent is aanhangers van Islam Daar is kleiner minderhede Protestante 0 3 persent en Jode 0 01 persent 21 Tale Wysig 96 praat Kroaties as moedertaal 1 praat Serwies en 3 ander tale In gebiede wat deur groter persentasies etniese minderhede bewoon word dien naas Kroaties ook Serwies Italiaans en Hongaars as ampstale Verwysings Wysig Population on 1 January Eurostat in Engels 22 Julie 2019 Geargiveer vanaf die oorspronklike op 8 April 2020 Besoek op 18 Februarie 2020 2 0 2 1 2 2 2 3 en Croatia Internasionale Monetere Fonds Oktober 2019 Besoek op 18 Februarie 2020 2019 Human Development Index Ranking in Engels United Nations Development Programme 2019 Geargiveer vanaf die oorspronklike op 19 Mei 2020 Besoek op 18 Februarie 2020 First Results in Engels Geargiveer vanaf die oorspronklike op 15 Mei 2020 Besoek op 18 Februarie 2020 hr Alemko Gluhak 1993 Hrvatski etimoloski rjecnik August Cesarec ISBN 953 162 000 8 hr Igor Salopek 2010 Krapina Neanderthal Museum as a Well of Medical Information Acta Medico Historica Adriatica Hrvatsko znanstveno drustvo za povijest zdravstvene kulture 8 2 197 202 ISSN 1334 4366 Besoek op 15 Oktober 2011 Onbekende parameter month geignoreer help hr Tihomila Tezak Gregl 2008 Study of the Neolithic and Eneolithic as reflected in articles published over the 50 years of the journal Opuscula archaeologica Opvscvla Archaeologica Radovi Arheoloskog zavoda University of Zagreb Faculty of Philosophy Archaeological Department 30 1 93 122 ISSN 0473 0992 Besoek op 15 Oktober 2011 Onbekende parameter month geignoreer help en John Wilkes 1995 The Illyrians Oxford UK Wiley Blackwell p 114 ISBN 978 0 631 19807 9 Besoek op 15 Oktober 2011 en John Wilkes 1995 The Illyrians Oxford UK Wiley Blackwell p 115 ISBN 978 0 631 19807 9 Besoek op 3 April 2012 en Edward Gibbon John Bagnell Bury Daniel J Boorstin 1995 The Decline and Fall of the Roman Empire New York Modern Library p 335 ISBN 978 0 679 60148 7 Besoek op 27 Oktober 2011 en J B Bury 1923 History of the later Roman empire from the death of Theodosius I to the death of Justinian Macmillan Publishers p 408 Besoek op 15 Oktober 2011 en Andrew Archibald Paton 1861 Researches on the Danube and the Adriatic Trubner pp 218 219 Besoek op 15 Oktober 2011 Muzic 2007 bl 157 160 Muzic 2007 bl 169 170 hr Antun Ivandija 1968 Pokrstenje Hrvata prema najnovijim znanstvenim rezultatima Bogoslovska smotra University of Zagreb Catholic Faculty of Theology 37 3 4 440 444 ISSN 0352 3101 Onbekende parameter month geignoreer help hr Ivan Muzic 2007 Hrvatska povijest devetoga stoljeca PDF Naklada Boskovic ISBN 978 953 263 034 3 Geargiveer vanaf die oorspronklike PDF op 8 Augustus 2019 Besoek op 14 Oktober 2011 hr Vladimir Posavec 1998 Povijesni zemljovidi i granice Hrvatske u Tomislavovo doba Radovi Zavoda za hrvatsku povijest 30 1 281 290 ISSN 0353 295X Besoek op 16 Oktober 2011 Onbekende parameter month geignoreer help hr Lujo Margetic 1997 Regnum Croatiae et Dalmatiae u doba Stjepana II Radovi Zavoda za hrvatsku povijest 29 1 11 20 ISSN 0353 295X Besoek op 16 Oktober 2011 Onbekende parameter month geignoreer help hr Ladislav Heka 2008 Hrvatsko ugarski odnosi od sredinjega vijeka do nagodbe iz 1868 s posebnim osvrtom na pitanja Slavonije Scrinia Slavonica Hrvatski institut za povijest Podruznica za povijest Slavonije Srijema i Baranje 8 1 152 173 ISSN 1332 4853 Besoek op 16 Oktober 2011 Onbekende parameter month geignoreer help Frucht 2005 bl 422 423 en Duitse Departement van Buitelandse Sake Kroasie Besoek op 22 Februarie 2016Bronne WysigAlgemeen en Croatia Encyclopaedia Britannica Besoek op 18 Februarie 2020 en Croatia Central Intelligence Agency Besoek op 18 Februarie 2020 Eksterne skakels WysigWikimedia Commons bevat media in verband met Croatia Amptelike inligting en Amptelike webtuiste van die Kroatiese regeringToerisme en Toerisme inligting oor Kroasie op Wikivoyage en Croatian National Tourist BoardInternasionale verenigings en The British Croatian Society en BCBC British Croatian Business ClubOntsluit van https af wikipedia org w index php title Kroasie amp oldid 2437748,