×
Krieket Ierland

Krieket Ierland (Engels: Cricket Ireland, afgekort “CI”), voorheen die Ierse Krieketunie (Irish Cricket Union, ICU), is die bestuursliggaam wat krieket in Ierland (beide die Republiek Ierland en Noord-Ierland) beheer. Die raad is by die Internasionale Krieketraad (IKR) geaffilieer en organiseer verskeie nasionale spanne, insluitend Ierland se nasionale seniorkrieketspan vir mans (die Men in Green of Green Whites), vroue en jeug. Hulle is ook verantwoordelik vir die bestuur en organisasie van toets-, EDI- en T20I-reekse teen ander spanne, en vir die reëling van internasionale wedstryde tuis. Daarbenewens is Krieket Ierland verantwoordelik vir inkomsteverkryging deur die verkoop van kaartjies, borgskappe en uitsaairegte, veral in verband met die Ierse span. Krieket Ierland het reeds as medegasheer van belangrike toernooie soos die Krieketwêreldbeker 1999 (saam met Engeland, Nederland en Skotland) opgetree.

Krieket Ierland

Kenteken van Krieket Ierland
Engelse naam Cricket Ireland
Afkorting CI
Lande Ierland en Noord-Ierland
Sportsoort Krieket
Stigting 1923
Lid van Internasionale Krieketraad
Aangesluit op 6 Julie 1993
Vastelandse beheerliggaam Europese Krieketraad
President Murray Power
Voorsitter Ross McCollum
Hoof- uitvoerende beampte Warren Deutrom
Setels Clontarf en Malahide, Dublin, Ierland
Amptelike taal Engels
Amptelike webwerf
Vlag van Krieket Ierland

In 1890 is ’n vroeë voorloper van Krieket Ierland gestig, maar hul enigste taak was om die Ierse internasionale span saam te stel. Die Ierse Krieketunie is amptelik in 1923 deur verteenwoordigers uit Munster, Northern, Connacht en North West gestig. Tot in die vroeë 1990’s is Ierland (nes Skotland) verteenwoordig deur die Engelse nasionale krieketspan, wat as ’t ware die span van die hele Verenigde Koninkryk en die Republiek Ierland was. Ierland het in 1993 by die IKR as ’n assosiaatlid aangesluit. Op 22 Junie 2017 het Ierland – saam met Afghanistan – ’n volle lid van die IKR geword en mag dus toetskrieket speel, wat na die belangrikste en vernaamste internasionale krieketwedstryde verwys.

Kinders en jongmense word reeds op skool aan krieket bekend gestel en na gelang van hul belangstelling en talent begin hul met hul afrigting. Nes ander krieketnasies beskik Ierland oor ’n o/19-nasionale span wat aan die o/19-krieketwêreldbeker deelneem. Ireland Wolves is die tweede nasionale span van Ierland en van hul wedstryde geniet eersterangse of A-lys-status.

Aangesien die Ierse nasionale krieketspan beide die Republiek Ierland en Noord-Ierland verteenwoordig, gebruik hulle – nes die soortgelyke Ierse nasionale hokkiespan en die Ierse nasionale rugbyspan – nie ’n nasionale vlag nie. Derhalwe gebruik Krieket Ierland nóg een van die lande se volksliedere, nóg een val hul vlae as ’n verteenwoordigende simbool; pleks daarvan gebruik die Ierse nasionale krieketspan sy eie vlag – dié van Krieket Ierland – en himne.

In 2019 het Krieket Ierland saam met die Koninklike Nederlandse Krieketvereniging en Krieket Skotland die Euro T20 Slam aangekondig. Aan dié nuwe toernooi sal twee spanne elk uit Ierland, Nederland en Skotland deelneem.

  1. (en) . Internasionale Krieketraad. Besoek op24 Junie 2021.
  2. (en) Gerard Siggins (2005). Green Days: Cricket in Ireland 1792–2005. Nonsuch Publishing Ltd. p. 40.
  3. (en) . ESPNcricinfo. Besoek op24 Junie 2021. Retrieved on 3 November 2008.
  4. (en) Wisden Cricketers' Almanack (128 uitg.). John Wisden & Co Ltd. 1991. pp. 293 en 1321. ISBN 0-947766-16-2.
  5. (en) . ICC-cricket.yahoo.com. Geargiveer vanaf op 21 Julie 2008. Besoek op10 November 2008.
  6. (en) . Internasionale Krieketraad. 22 Junie 2017. Besoek op24 Junie 2021.
  7. (en) . Rte.ie. 22 Junie 2017. Besoek op24 Junie 2021.
  8. (en) . ESPNcricinfo. 22 Junie 2017. Besoek op24 Junie 2021.
  9. (en) . The Telegraph. 22 Junie 2017. Besoek op24 Junie 2021.
  10. (en) . BBC. 22 Junie 2017. Besoek op24 Junie 2021.
  11. (en) Martin Williamson. . ESPNcricinfo. Besoek op24 Junie 2021.
  12. (en) . Internasionale Krieketraad. 20 Maart 2019. Besoek op24 Junie 2021.
  • (en)


Publikasie datum: September 03, 2021

krieket, ierland, engels, cricket, ireland, afgekort, voorheen, ierse, krieketunie, irish, cricket, union, bestuursliggaam, krieket, ierland, beide, republiek, ierland, noord, ierland, beheer, raad, internasionale, krieketraad, geaffilieer, organiseer, verskei. Krieket Ierland Engels Cricket Ireland afgekort CI voorheen die Ierse Krieketunie Irish Cricket Union ICU is die bestuursliggaam wat krieket in Ierland beide die Republiek Ierland en Noord Ierland beheer Die raad is by die Internasionale Krieketraad IKR geaffilieer 1 en organiseer verskeie nasionale spanne insluitend Ierland se nasionale seniorkrieketspan vir mans die Men in Green of Green Whites vroue en jeug Hulle is ook verantwoordelik vir die bestuur en organisasie van toets EDI en T20I reekse teen ander spanne en vir die reeling van internasionale wedstryde tuis Daarbenewens is Krieket Ierland verantwoordelik vir inkomsteverkryging deur die verkoop van kaartjies borgskappe en uitsaairegte veral in verband met die Ierse span Krieket Ierland het reeds as medegasheer van belangrike toernooie soos die Krieketwereldbeker 1999 saam met Engeland Nederland en Skotland opgetree Krieket IerlandKenteken van Krieket IerlandEngelse naam Cricket IrelandAfkorting CILande Ierland en Noord IerlandSportsoort KrieketStigting 1923Lid van Internasionale KrieketraadAangesluit op 6 Julie 1993Vastelandse beheerliggaam Europese KrieketraadPresident Murray PowerVoorsitter Ross McCollumHoof uitvoerende beampte Warren DeutromSetels Clontarf en Malahide Dublin IerlandAmptelike taal EngelsAmptelike webwerf cricketireland ie Vlag van Krieket Ierland In 1890 is n vroee voorloper van Krieket Ierland gestig maar hul enigste taak was om die Ierse internasionale span saam te stel 2 Die Ierse Krieketunie is amptelik in 1923 deur verteenwoordigers uit Munster Northern Connacht en North West gestig 3 Tot in die vroee 1990 s is Ierland nes Skotland verteenwoordig deur die Engelse nasionale krieketspan 4 wat as t ware die span van die hele Verenigde Koninkryk en die Republiek Ierland was Ierland het in 1993 by die IKR as n assosiaatlid aangesluit 5 Op 22 Junie 2017 het Ierland saam met Afghanistan n volle lid van die IKR geword en mag dus toetskrieket speel wat na die belangrikste en vernaamste internasionale krieketwedstryde verwys 6 7 8 9 10 Kinders en jongmense word reeds op skool aan krieket bekend gestel en na gelang van hul belangstelling en talent begin hul met hul afrigting Nes ander krieketnasies beskik Ierland oor n o 19 nasionale span wat aan die o 19 krieketwereldbeker deelneem 11 Ireland Wolves is die tweede nasionale span van Ierland en van hul wedstryde geniet eersterangse of A lys status Aangesien die Ierse nasionale krieketspan beide die Republiek Ierland en Noord Ierland verteenwoordig gebruik hulle nes die soortgelyke Ierse nasionale hokkiespan en die Ierse nasionale rugbyspan nie n nasionale vlag nie Derhalwe gebruik Krieket Ierland nog een van die lande se volksliedere nog een val hul vlae as n verteenwoordigende simbool pleks daarvan gebruik die Ierse nasionale krieketspan sy eie vlag die van Krieket Ierland en himne In 2019 het Krieket Ierland saam met die Koninklike Nederlandse Krieketvereniging en Krieket Skotland die Euro T20 Slam aangekondig Aan die nuwe toernooi sal twee spanne elk uit Ierland Nederland en Skotland deelneem 12 Sien ook WysigIerse RugbyvoetbalunieVerwysings Wysig en Cricket Ireland Internasionale Krieketraad Besoek op 24 Junie 2021 en Gerard Siggins 2005 Green Days Cricket in Ireland 1792 2005 Nonsuch Publishing Ltd p 40 en A brief history of cricket Cricket in Ireland ESPNcricinfo Besoek op 24 Junie 2021 Retrieved on 3 November 2008 en Wisden Cricketers Almanack 128 uitg John Wisden amp Co Ltd 1991 pp 293 en 1321 ISBN 0 947766 16 2 en 1989 present International Cricket Council ICC cricket yahoo com Geargiveer vanaf die oorspronklike op 21 Julie 2008 Besoek op 10 November 2008 en Ireland and Afghanistan ICC newest full members amid wide ranging governance reform Internasionale Krieketraad 22 Junie 2017 Besoek op 24 Junie 2021 en Ireland awarded Test status after 10 year quest Rte ie 22 Junie 2017 Besoek op 24 Junie 2021 en Afghanistan Ireland get Test status ESPNcricinfo 22 Junie 2017 Besoek op 24 Junie 2021 en Ireland and Afghanistan granted Test status after becoming 11th and 12th full ICC members The Telegraph 22 Junie 2017 Besoek op 24 Junie 2021 en Ireland amp Afghanistan awarded Test status by International Cricket Council BBC 22 Junie 2017 Besoek op 24 Junie 2021 en Martin Williamson A brief history The Under 19 World Cup ESPNcricinfo Besoek op 24 Junie 2021 en Euro T20 Slam Name of the new European T20 league confirmed Internasionale Krieketraad 20 Maart 2019 Besoek op 24 Junie 2021 Eksterne skakels Wysig en Krieket Ierland se tuisblad Nasionale Krieketrade van die Internasionale Krieketraad Afghanistan Australie Bangladesj Engeland Ierland Indie Nieu Seeland Pakistan Sri Lanka Suid Afrika Wes Indie ZimbabweOntsluit van https af wikipedia org w index php title Krieket Ierland amp ol,