×
Krieket

Krieket (Engels: cricket) is 'n bal-en-kolfsport wat gewoonlik tussen twee spanne van elf spelers elk gespeel word. Dit het in Engeland ontstaan en word hoofsaaklik in die lande van die Britse Statebond gespeel. In die lande van Suid-Asië, insluitende Indië, Bangladesj, Pakistan en Sri Lanka, is krieket verreweg die gewildste sport. Dis ook 'n gewilde somersport in die Verenigde Koninkryk, Afghanistan, Australië, Ierland, Namibië, Nederland, Nepal, Nieu-Seeland, Suid-Afrika, Kenia, Zimbabwe en die Wes-Indiese eilandnasies. Veral in lande van die Karibiese gebied soos Antigua en Barbuda, Bahamas, Barbados, Bermuda, Grenada, Guyana, Jamaika en die Turks- en Caicoseilande word krieket as 'n nasionale sport beskou. In lande van die Britse Statebond met krieket as 'n tradisionele somersport soos Australië, Engeland, Ierland, Namibië, Nieu-Seeland, Skotland, Suid-Afrika en Wallis dien rugby as 'n tradisionele sport vir die wintermaande.

Piktogram wat krieket aandui
'n Kriekettoets in spel
Veld met bouler, die twee kolwers en 'n skeidsregter

Krieket is die tweede gewildste sport ter wêreld, naas sokker, met meer as een miljard ondersteuners, veral op die Indiese subkontinent. Krieketwêreldbekers is van die gewildste sportkompetisies wêreldwyd en word in die EDI-vorm gespeel.

Die Internasionale Krieketraad (IKR) is in 1909 gestig en publiseer ook die reëls van die spel wat jaarliks hersien word. 'n Internasionale toetswedstryd kan, in een vorm van die spel, vir 6 of meer uur per dag vir 5 dae aanhou, en nog steeds nie 'n uitslag lewer nie – die verskeidenheid intervalle tussen middagete en tee en die ryk terminologie is kenmerkende aspekte wat maklik dié wat nie met die spel vertroud is nie, deurmekaar maak. Vir sy ondersteuners hou die spel uitstaande sportmylpale en intense mededinging tussen topkrieketnasies in. Dit het selfs al op kere gesorg vir diplomatieke spanning, die berugste geval, dié van die sogenaamde lyf-reeks (Engels: Bodyline series) tussen Engeland en Australië in 1932/33, tydens Die As-reeks. Wedstryde tussen aartsvyande soos Indië en Pakistan met die doel van politieke ontspanning staan as "krieket-diplomasie" bekend.

Krieketwedstryde is al tydens internasionale sporttoernooie soos die Olimpiese Somerspele 1900 in Parys en die Statebondspele 1998 in Kuala Lumpur beslis. In 2019 het die Internasionale Krieketraad bevestig dat 'n Twintig20-toernooi met agt spanne vir vroue tydens die Statebondspele 2022 in Birmingham beslis sal word. Daarbenewens onderhandel die IKR met die Internasionale Olimpiese Komitee (IOK) oor die hertoelating van krieket vir die Olimpiese Somerspele 2028 in Los Angeles.

Inhoud

'n Rooi krieketbal, gebruik vir toets-, eersterangse en ander krieketvorme
'n Wit krieketbal, gebruik vir verkorte krieketvorme soos EDIs, T20 en wedstryde wat saans onder spreiligte gespeel word
Twee soorte krieketballe van dieselfde grootte
Die boulaksie

Krieket is 'n bal- en kolfsport waarvan die doel is om meer punte (lopies) as die ander span aan te teken. 'n Wedstryd word opgedeel in kolfbeurte, waartydens die een span boul en die ander span kolf. Twee spelers van die kolfspan probeer om soveel lopies as moontlik aan te teken totdat een van hulle uit is. Dié speler word dan vervang deur 'n ander speler van die kolfspan totdat al die spelers behalwe een uit is. Op daardie stadium is die span se beurt voltooi en die ander span word die kolfspan. As die span wat laaste gekolf minder lopies aangeteken het as die ander span, verloor hulle deur n lopies waar n die verskil is in die tellings tussen die spanne. As hulle die ander span se telling oorhaal, wen hulle die wedstryd met n paaltjies. As die tyd verloop voordat een van hierdie uitslae behaal kan word, is die wedstryd onbeslis en as albei spanne dieselfde aantal lopies aanteken en albei spanne se kolfbeurte voltooi is, eindig die wedstryd gelykop (kom baie raar voor).

Eersteklas krieketwedstryde soos dié tussen provinsiale spanne kan drie of vier dae duur, terwyl die meeste amateurwedstryde 'n enkele middag duur. Sedert die sewentigerjare word ook een-beurtwedstryde deur eersteklasspanne gespeel. Sedert 2007 word daar ook wedstryde gespeel waarvan 'n beurt uit slegs twintig boulbeurte bestaan (sogenoemde T20-wedstryde). Indien, in 'n twee-beurtwedstryd, die span wat eerste kolf almal uit is in hulle tweede beurt met 'n totaal (1ste en 2de beurt) wat minder is as die 1ste beurt-telling van die opponente, dan verloor die span met 'n beurt en n lopies.

In sommige toernooie, veral dié met 'n vaste aantal boulbeurte, word die uitslag slegs bepaal deur die aantal lopies wat aangeteken is. Indien die wedstryd tydelik deur gure weer onderbreek is, dan word daar gewoonlik gebruik gemaak van die Duckworth-Lewis-metode om 'n nuwe, verkorte teiken te bereken.

Tipiese toerusting wat deur 'n skeidsregter op die veld gebruik word
'n Skeidsregter dui 'n besluit vir die tellingbewaarders aan

Die krieketreëls word in drie vlakke verdeel: 42 Wette van krieket (Laws of Cricket) wat deur die Marylebone-krieketklub in gesprek met die hoofkrieketnasies ontwikkel is, nasionale reëls wat van toepassing is in 'n spesifieke land en kompetisiereëls wat van toepassing is op 'n bepaalde wedstryd of liga.

Spelers en beamptes

Elke span bestaan uit 11 spelers. Afhangende van sy primêre vaardigheid word 'n speler geklassifiseer as 'n bouler of 'n kolwer. 'n Gebalanseerde span het gewoonlik 5 of 6 spesialiskolwers en 4 of 5 spesialisboulers. 'n Speler wat uitstaande is as beide 'n bouler en kolwer staan bekend as 'n veelsydige speler. Een van die spelers in die boul- en veldwerkspan neem die rol van 'n paaltjiewagter aan, wat 'n spesialisveldwerkposisie is.

In 'n tipiese ligawedstryd neem vier beamptes oorsig oor die wedstryd. Twee skeidsregters wie aangewys is deur die liga en twee tellinghouers (Engels: scorers), een aangewys deur elke span, hou die telling. Een skeidsregter staan agter die paaltjies aan die kant van waar daar geboul word en beslis oor die meeste situasies. Die ander een staan naby die posisie wat "regby" genoem word, wat 'n syaansig bied van die kolwer, en beslis oor situasies waarin hy 'n beter aansig het. Die tellinghouers het 'n tafel buite die speelgrens. In meeste professionele wedstryde sal hulle 'n betwiste beslissing verwys na die derde skeidsregter (wat nie op die veld dien nie) en wat die hulp van televisie-opnames en ander gevorderde toerusting (soos hot spot en hawk eye) gebruik om 'n finale beslissing te maak, nadat hy 'n rukkie lank herbesin het.

Die skeidsregters het 'n gevestigde stel handseine om met die tellinghouers te kommunikeer.

Die speelveld

Die kolfblad se afmetings
Die krieketspeelveld (Engelse byskrifte)

'n Krieketveld bestaan uit 'n ovaalvormige grasveld. Daar is geen vaste regulasies met betrekking tot die afmetings van die veld nie, maar in hul kompetisies beveel die English Cricket Board 'n diameter van tussen 110 m en 140 m vir volwassenemanskrieket en kleiner velde vir jeugkrieket (tussen 60 m en 100 m vir onder 13 meisies). Die grens van die krieketveld moet aangedui word deur 'n tou of deur 'n wit streep met vlae.

Die kolfblad

Meeste van die aksie vind in die middel van die veld plaas op 'n reghoekige kleistrook met kort gras wat die kolfblad genoem word. Die kolfblad se dimensies is 3,05 m by 20,12 m.

Aan beide kante van die kolfblad word drie regop houtpenne, paaltjies genoem, in die grond ingedruk. Twee kort houtdwarsstokkies, dwarsbalkies genoem, sit in groewe bo-op die drie paaltjies en raak met hulle punte aanmekaar. Elke stel van drie paaltjies en twee dwarsbalkies word saam die paaltjies genoem. 'n Wit streep van 1,22 m voor die paaltjies dui die kolfkamp aan. Een kant van die kolfblad is waar die kolwer staan en die bal inwag, en die ander kant is waarvanaf die bouler boul. Na elke boulbeurt word die boulkante omgeruil; maar die twee kolwers bly só staan, dus kolf die ander kant se kolwer verder in die volgende boulbeurt.

Dele van die veld

Vir 'n wedstryd wat bestaan uit een kolfbeurt per span en beperkte aantal boulbeurte (eendagwedstryd of Twintig20) is daar soms óf een óf twee addisionele veldmerke. Die binnering is 'n sirkel met radius van 27 m gemeet vanaf die middel van die kolfblad. Die nabye-binnering is 'n sirkel met radius van 13,7 m wat getrek word vanaf die paaltjies waar die kolwer staan. Hierdie dele word gebruik in veldwerkbeperkings tydens 'n eendagwedstryd.

Wedstrydstruktuur

Veldwerkposisies vir 'n regshandige kolwer
'n Paaltjiewagter en drie veldwerkers wag vir die volgende bal. Die linkshandige kolwer is buite die prent
Die loot

Op die eerste dag van die wedstryd ondersoek beide die kapteins (en hulle raadgewers) die blad en bepaal watter spelers beste gepas sal wees vir die spesifieke blad en kies dan hulle 11 spelers. Die kapteins van die twee spanne loot dan deur 'n muntstuk op te skiet saam met die skeidsregter. Die kaptein wat die loot wen mag dan besluit of sy span eerste gaan boul of kolf.

Die loot in krieket is van baie meer belang as in ander sporte. Omdat die spel so lank is en die gedrag van die kolfblad oor die bestek van 5 dae dramaties kan verander, is dit 'n geweldige voordeel om te kan kies om eerste te boul of te kolf, na gelang van die omstandighede.

Boulbeurte

Die wedstryd word onderverdeel in boulbeurte. Elke boulbeurt bestaan uit ses agtereenvolgende aflewerings deur dieselfde bouler. Geen bouler word toegelaat om agtereenvolgende boulbeurte te boul nie. Na die voltooiing van 'n boulbeurt neem die bouler 'n veldwerkposisie in, en 'n ander speler neem die boulwerk oor. Die kant van waar daar geboul word, ruil ook aan die einde van elke boulbeurt. Die skeidsregter wat dan aan die bouler se kant van die kolfblad gestaan het, beweeg na regby, en die skeidsregter wat op regby gestaan het, beweeg na die kant van die nuwe bouler.

Einde van 'n kolfbeurt

'n Span se kolfbeurt eindig wanneer:

  1. tien uit elf van die kolwers uit is,
  2. 'n span wat 'n teiken (lopies) jaag dit vermag het,
  3. die voorafbepaalde aantal boulbeurte geboul is (in professionele eendagwedstryd is dit gewoonlik 50), of
  4. 'n kolwende kaptein die kolfbeurt gesluit verklaar (dit is nie altyd van toepassing in eendagwedstryde nie).

'n Kolwer se kolfbeurt eindig wanneer:

  1. hy uit is of
  2. hy aftree (hy die veld verlaat weens besering of uitputting) of
  3. sy span se kolfbeurt geëindig het, in hierdie geval is hy "nie uit nie".

In sekere omstandighede sal die kolwer so gou as moontlik lopies aanteken, selfs as dit sal beteken dat hy 'n risiko moet neem om uitgehaal te word. In ander omstandighede sal hy sy bes probeer om nie uit te wees nie ten koste van die geleentheid om lopies aan te teken.

Lopies

Die Indiese krieketspeler Sachin Tendulkar waag vir 'n geboulde bal

Wanneer die kolwers kolfkampe kan ruil sonder dat die veldwerkers die paaltjies met die bal aanraak word een lopie aangeteken. Die kolwers kry 'n kans om lopies in die volgende omstandighede aan te teken:

  1. Die kolwers slaan die bal buite die gebied van 'n veldwerker of
  2. Die kolwer slaan die bal mis en die paaltjiewagter kan die bal nie stop nie of
  3. Die bouler boul die bal te verreweg van die kolwer. In hierdie geval word een straflopie aan die kolfspan toegeken.
  4. Die bouler boul 'n foutbal. In hierdie geval word een straflopie aan die kolfspan toegeken.

Wanneer die kolwer die bal oor die veldgrens kan slaan sonder dat dit die grond van die speelterrein raak, kry hy gewoonlik ses lopies. Maar as die bal die grond raak voordat dit die grens behaal, kry die kolwer gewoonlik vier lopies.

Uit

Uitgeboul

Die kolwer kan op verskeie maniere uit wees:

  1. Geboul – As die bouler die kolwer se paaltjies met die bal kan slaan terwyl hy boul, is die kolwer "uitgeboul".
  2. Gevang – As die kolwer die balk in die lug slaan en dit word deur 'n veldwerker gevang sonder dat dit die grond geraak het, is die kolwer "uitgevang".
  3. Uitgehardloop – Indien 'n veldwerker die paaltjies met die bal kan raakslaan terwyl die kolwer voor sy kolfkamp is (gewoonlik terwyl hy probeer om 'n lopie aan te teken), is hy "uitgehardloop".
  4. Been voor paaltjie – As die bal die kolwer se bene tref en andersins die paaltjies sou getref het, is hy uit "been voor paaltjie".
  5. Paaltjie geslaan – As die kolwer selfs sy eie paaltjies slaan, is hy uit "paaltjie geslaan".
  6. Gestonk – As die paaltjiewagter die paaltjies met die bal neer kan gooi terwyl die kolwer voor sy kolfkamp is en voordat enige ander veldwerker die bal geraak het, is die kolwer "uitgestonk".
  7. Veldwerker verhinder – As die kolwer die veldwerker verhinder, kan hy uit wees weens "veldwerker verhinder".
  8. Bal twee maal geslaan – Die kolwer kry net een kans om die bal te slaan behalwe as hy sy paaltjies verdedig.
  9. Timed out – Indien 'n nuwe kolwer meer as drie minute neem om die kolfblad te bereik, kan hy uit wees "timed out".
Die hoofartikel vir hierdie afdeling is: Toetskrieket.
Lidlande van die Internasionale Krieketraad (IKR) volgens status:

Volle lidlande met toetsstatus (12)

Geassosieerde lede met EDI-status (8)

Geassosieerde lede (86)

Voormalige of opgeskorte lede (8)

Nielede (23)

Die lande wat toetskrieketstatus het, is:

  1. Australië (sedert 15 Maart 1877)
  2. Engeland (sedert 15 Maart 1877)
  3. Suid-Afrika (tussen 12 Maart 1889 en 10 Maart 1970, en weer sedert 18 April 1992)
  4. Wes-Indië (sedert 23 Junie 1928)
  5. Nieu-Seeland (sedert 10 Januarie 1930)
  6. Indië (sedert 25 Junie 1932)
  7. Pakistan (sedert 16 Oktober 1952)
  8. Sri Lanka (sedert 17 Februarie 1982)
  9. Zimbabwe (tussen 18 Oktober 1992 en 10 Junie 2004, 6 Januarie 2005 en 18 Januarie 2006 en weer sedert 3 Augustus 2011)
  10. Bangladesj (sedert 10 November 2000)
  11. Ierland (sedert 22 Junie 2017)
  12. Afghanistan (sedert 22 Junie 2017)

Die meeste van hierdie spanne verteenwoordig onafhanklike soewereine nasies. Die uitsonderinge is die Engelse krieketspan, wat beide Engeland en Wallis verteenwoordig; die Wes-Indiese krieketspan, 'n saamgestelde span bestaande uit 15 Karibiese lande en gebiede; en die Ierse krieketspan, wat beide die Republiek Ierland en Noord-Ierland verteenwoordig.

  1. (en) . The New York Times. 3 April 2008. vanaf die oorspronklike op 8 Augustus 2019. Besoek op7 Februarie 2021.
  2. (en) . The Monitor. 21 April 2009.
  3. (en) . Sportingo. Besoek op16 Mei 2009.
  4. (en) . ESPNcricinfo. 27 Junie 2018. vanaf die oorspronklike op 30 Mei 2019. Besoek op7 Februarie 2021.
  5. (en) . ESPNcricinfo. 13 Augustus 2019. vanaf die oorspronklike op 30 November 2019. Besoek op7 Februarie 2021.
  6. (en) . ESPNcricinfo. 12 Augustus 2019. vanaf die oorspronklike op 9 Desember 2019. Besoek op7 Februarie 2021.
  7. (en) . Londen: Marylebone-krieketklub. 2017. Besoek op7 Februarie 2021.
  8. (en) (Byvoorbeeld) . Londen: Engelse en Walliese Krieketraad. 2017. Besoek op7 Februarie 2021.
  • (af) Uys, Isabelle. (2007). Feitegids: 'n Kernensiklopedie. Kaapstad: Pharos Woordeboeke. ISBN 978-1-86890-065-7. bl. 452 e.v.
  • (en) Guha, Ramachandra (2002). A Corner of a Foreign Field – The Indian History of a British Sport. London: Picador. ISBN 0-330-49117-2.
Olimpiese somersporte

Somerspele: Atletiek · Basketbal · Boks · Boogskiet · Driekamp · Fietsry (Bergfietsry · BMX · Bergfietsry · Pad) · Gewigoptel · Gholf · Gimnastiek (Artistiek · Ritmies · Trampolien) · Handbal · Judo · Kanovaart (Slalom · Snel) · Moderne vyfkamp · Ruitersport (Dressuur · Driefasekompetisie · Spring) · Pluimbal · Roei · Seilvaart · Sewesrugby · Skermsport · Skyfskiet · Sokker · Stoei (Grieks-Romeins · Vrystyl) · Taekwondo · Tafeltennis · Tennis · Veldhokkie · Vlugbal (Strandvlugbal) · Watersport (Gesinchroniseerde swem · Sierduik · Swem · Waterpolo)

Voormalige Olimpiese sporte: Baskiese pelote · Bofbal · Jeu de paume · Krieket · Kroukie · Lacrosse · Motorbootresies · Polo · Rackets · Roque · Rugby · Sagtebal · Toutrek

Publikasie datum: Augustus 09, 2021

krieket, engels, cricket, kolfsport, gewoonlik, tussen, twee, spanne, spelers, gespeel, word, engeland, ontstaan, word, hoofsaaklik, lande, britse, statebond, gespeel, lande, suid, asië, insluitende, indië, bangladesj, pakistan, lanka, krieket, verreweg, gewil. Krieket Engels cricket is n bal en kolfsport wat gewoonlik tussen twee spanne van elf spelers elk gespeel word Dit het in Engeland ontstaan en word hoofsaaklik in die lande van die Britse Statebond gespeel In die lande van Suid Asie insluitende Indie Bangladesj Pakistan en Sri Lanka is krieket verreweg die gewildste sport Dis ook n gewilde somersport in die Verenigde Koninkryk Afghanistan Australie Ierland Namibie Nederland Nepal Nieu Seeland Suid Afrika Kenia Zimbabwe en die Wes Indiese eilandnasies Veral in lande van die Karibiese gebied soos Antigua en Barbuda Bahamas Barbados Bermuda Grenada Guyana Jamaika en die Turks en Caicoseilande word krieket as n nasionale sport beskou In lande van die Britse Statebond met krieket as n tradisionele somersport soos Australie Engeland Ierland Namibie Nieu Seeland Skotland Suid Afrika en Wallis dien rugby as n tradisionele sport vir die wintermaande Piktogram wat krieket aandui n Kriekettoets in spel Veld met bouler die twee kolwers en n skeidsregter Krieket is die tweede gewildste sport ter wereld naas sokker 1 2 3 met meer as een miljard ondersteuners veral op die Indiese subkontinent 4 Krieketwereldbekers is van die gewildste sportkompetisies wereldwyd en word in die EDI vorm gespeel Die Internasionale Krieketraad IKR is in 1909 gestig en publiseer ook die reels van die spel wat jaarliks hersien word n Internasionale toetswedstryd kan in een vorm van die spel vir 6 of meer uur per dag vir 5 dae aanhou en nog steeds nie n uitslag lewer nie die verskeidenheid intervalle tussen middagete en tee en die ryk terminologie is kenmerkende aspekte wat maklik die wat nie met die spel vertroud is nie deurmekaar maak Vir sy ondersteuners hou die spel uitstaande sportmylpale en intense mededinging tussen topkrieketnasies in Dit het selfs al op kere gesorg vir diplomatieke spanning die berugste geval die van die sogenaamde lyf reeks Engels Bodyline series tussen Engeland en Australie in 1932 33 tydens Die As reeks Wedstryde tussen aartsvyande soos Indie en Pakistan met die doel van politieke ontspanning staan as krieket diplomasie bekend Krieketwedstryde is al tydens internasionale sporttoernooie soos die Olimpiese Somerspele 1900 in Parys en die Statebondspele 1998 in Kuala Lumpur beslis In 2019 het die Internasionale Krieketraad bevestig dat n Twintig20 toernooi met agt spanne vir vroue tydens die Statebondspele 2022 in Birmingham beslis sal word 5 Daarbenewens onderhandel die IKR met die Internasionale Olimpiese Komitee IOK oor die hertoelating van krieket vir die Olimpiese Somerspele 2028 in Los Angeles 6 Inhoud 1 Doel en opsomming 2 Krieketreels 2 1 Spelers en beamptes 2 2 Die speelveld 2 3 Wedstrydstruktuur 3 Kolwer 3 1 Lopies 3 2 Uit 4 Lande met Toetskrieketstatus 5 Verwysings 6 Bronne 7 Eksterne skakelsDoel en opsomming Wysig n Rooi krieketbal gebruik vir toets eersterangse en ander krieketvorme n Wit krieketbal gebruik vir verkorte krieketvorme soos EDIs T20 en wedstryde wat saans onder spreiligte gespeel wordTwee soorte krieketballe van dieselfde grootte Die boulaksie Krieket is n bal en kolfsport waarvan die doel is om meer punte lopies as die ander span aan te teken n Wedstryd word opgedeel in kolfbeurte waartydens die een span boul en die ander span kolf Twee spelers van die kolfspan probeer om soveel lopies as moontlik aan te teken totdat een van hulle uit is Die speler word dan vervang deur n ander speler van die kolfspan totdat al die spelers behalwe een uit is Op daardie stadium is die span se beurt voltooi en die ander span word die kolfspan As die span wat laaste gekolf minder lopies aangeteken het as die ander span verloor hulle deur n lopies waar n die verskil is in die tellings tussen die spanne As hulle die ander span se telling oorhaal wen hulle die wedstryd met n paaltjies As die tyd verloop voordat een van hierdie uitslae behaal kan word is die wedstryd onbeslis en as albei spanne dieselfde aantal lopies aanteken en albei spanne se kolfbeurte voltooi is eindig die wedstryd gelykop kom baie raar voor Eersteklas krieketwedstryde soos die tussen provinsiale spanne kan drie of vier dae duur terwyl die meeste amateurwedstryde n enkele middag duur Sedert die sewentigerjare word ook een beurtwedstryde deur eersteklasspanne gespeel Sedert 2007 word daar ook wedstryde gespeel waarvan n beurt uit slegs twintig boulbeurte bestaan sogenoemde T20 wedstryde Indien in n twee beurtwedstryd die span wat eerste kolf almal uit is in hulle tweede beurt met n totaal 1ste en 2de beurt wat minder is as die 1ste beurt telling van die opponente dan verloor die span met n beurt en n lopies In sommige toernooie veral die met n vaste aantal boulbeurte word die uitslag slegs bepaal deur die aantal lopies wat aangeteken is Indien die wedstryd tydelik deur gure weer onderbreek is dan word daar gewoonlik gebruik gemaak van die Duckworth Lewis metode om n nuwe verkorte teiken te bereken Krieketreels Wysig Tipiese toerusting wat deur n skeidsregter op die veld gebruik word n Skeidsregter dui n besluit vir die tellingbewaarders aan Die krieketreels word in drie vlakke verdeel 42 Wette van krieket Laws of Cricket wat deur die Marylebone krieketklub in gesprek met die hoofkrieketnasies ontwikkel is 7 nasionale reels wat van toepassing is in n spesifieke land en kompetisiereels wat van toepassing is op n bepaalde wedstryd of liga 8 Spelers en beamptes Wysig Elke span bestaan uit 11 spelers Afhangende van sy primere vaardigheid word n speler geklassifiseer as n bouler of n kolwer n Gebalanseerde span het gewoonlik 5 of 6 spesialiskolwers en 4 of 5 spesialisboulers n Speler wat uitstaande is as beide n bouler en kolwer staan bekend as n veelsydige speler Een van die spelers in die boul en veldwerkspan neem die rol van n paaltjiewagter aan wat n spesialisveldwerkposisie is In n tipiese ligawedstryd neem vier beamptes oorsig oor die wedstryd Twee skeidsregters wie aangewys is deur die liga en twee tellinghouers Engels scorers een aangewys deur elke span hou die telling Een skeidsregter staan agter die paaltjies aan die kant van waar daar geboul word en beslis oor die meeste situasies Die ander een staan naby die posisie wat regby genoem word wat n syaansig bied van die kolwer en beslis oor situasies waarin hy n beter aansig het Die tellinghouers het n tafel buite die speelgrens In meeste professionele wedstryde sal hulle n betwiste beslissing verwys na die derde skeidsregter wat nie op die veld dien nie en wat die hulp van televisie opnames en ander gevorderde toerusting soos hot spot en hawk eye gebruik om n finale beslissing te maak nadat hy n rukkie lank herbesin het Die skeidsregters het n gevestigde stel handseine om met die tellinghouers te kommunikeer Die speelveld Wysig Die kolfblad se afmetings Die krieketspeelveld Engelse byskrifte n Krieketveld bestaan uit n ovaalvormige grasveld Daar is geen vaste regulasies met betrekking tot die afmetings van die veld nie maar in hul kompetisies beveel die English Cricket Board n diameter van tussen 110 m en 140 m vir volwassenemanskrieket en kleiner velde vir jeugkrieket tussen 60 m en 100 m vir onder 13 meisies 8 Die grens van die krieketveld moet aangedui word deur n tou of deur n wit streep met vlae Die kolfblad Meeste van die aksie vind in die middel van die veld plaas op n reghoekige kleistrook met kort gras wat die kolfblad genoem word Die kolfblad se dimensies is 3 05 m by 20 12 m Aan beide kante van die kolfblad word drie regop houtpenne paaltjies genoem in die grond ingedruk Twee kort houtdwarsstokkies dwarsbalkies genoem sit in groewe bo op die drie paaltjies en raak met hulle punte aanmekaar Elke stel van drie paaltjies en twee dwarsbalkies word saam die paaltjies genoem n Wit streep van 1 22 m voor die paaltjies dui die kolfkamp aan Een kant van die kolfblad is waar die kolwer staan en die bal inwag en die ander kant is waarvanaf die bouler boul Na elke boulbeurt word die boulkante omgeruil maar die twee kolwers bly so staan dus kolf die ander kant se kolwer verder in die volgende boulbeurt Dele van die veld Vir n wedstryd wat bestaan uit een kolfbeurt per span en beperkte aantal boulbeurte eendagwedstryd of Twintig20 is daar soms of een of twee addisionele veldmerke Die binnering is n sirkel met radius van 27 m gemeet vanaf die middel van die kolfblad Die nabye binnering is n sirkel met radius van 13 7 m wat getrek word vanaf die paaltjies waar die kolwer staan Hierdie dele word gebruik in veldwerkbeperkings tydens n eendagwedstryd Wedstrydstruktuur Wysig Veldwerkposisies vir n regshandige kolwer n Paaltjiewagter en drie veldwerkers wag vir die volgende bal Die linkshandige kolwer is buite die prent Die loot Op die eerste dag van die wedstryd ondersoek beide die kapteins en hulle raadgewers die blad en bepaal watter spelers beste gepas sal wees vir die spesifieke blad en kies dan hulle 11 spelers Die kapteins van die twee spanne loot dan deur n muntstuk op te skiet saam met die skeidsregter Die kaptein wat die loot wen mag dan besluit of sy span eerste gaan boul of kolf Die loot in krieket is van baie meer belang as in ander sporte Omdat die spel so lank is en die gedrag van die kolfblad oor die bestek van 5 dae dramaties kan verander is dit n geweldige voordeel om te kan kies om eerste te boul of te kolf na gelang van die omstandighede Boulbeurte Die wedstryd word onderverdeel in boulbeurte Elke boulbeurt bestaan uit ses agtereenvolgende aflewerings deur dieselfde bouler Geen bouler word toegelaat om agtereenvolgende boulbeurte te boul nie Na die voltooiing van n boulbeurt neem die bouler n veldwerkposisie in en n ander speler neem die boulwerk oor Die kant van waar daar geboul word ruil ook aan die einde van elke boulbeurt Die skeidsregter wat dan aan die bouler se kant van die kolfblad gestaan het beweeg na regby en die skeidsregter wat op regby gestaan het beweeg na die kant van die nuwe bouler Einde van n kolfbeurt n Span se kolfbeurt eindig wanneer tien uit elf van die kolwers uit is n span wat n teiken lopies jaag dit vermag het die voorafbepaalde aantal boulbeurte geboul is in professionele eendagwedstryd is dit gewoonlik 50 of n kolwende kaptein die kolfbeurt gesluit verklaar dit is nie altyd van toepassing in eendagwedstryde nie n Kolwer se kolfbeurt eindig wanneer hy uit is of hy aftree hy die veld verlaat weens besering of uitputting of sy span se kolfbeurt geeindig het in hierdie geval is hy nie uit nie Kolwer WysigIn sekere omstandighede sal die kolwer so gou as moontlik lopies aanteken selfs as dit sal beteken dat hy n risiko moet neem om uitgehaal te word In ander omstandighede sal hy sy bes probeer om nie uit te wees nie ten koste van die geleentheid om lopies aan te teken Lopies Wysig Die Indiese krieketspeler Sachin Tendulkar waag vir n geboulde bal Wanneer die kolwers kolfkampe kan ruil sonder dat die veldwerkers die paaltjies met die bal aanraak word een lopie aangeteken Die kolwers kry n kans om lopies in die volgende omstandighede aan te teken Die kolwers slaan die bal buite die gebied van n veldwerker of Die kolwer slaan die bal mis en die paaltjiewagter kan die bal nie stop nie of Die bouler boul die bal te verreweg van die kolwer In hierdie geval word een straflopie aan die kolfspan toegeken Die bouler boul n foutbal In hierdie geval word een straflopie aan die kolfspan toegeken Wanneer die kolwer die bal oor die veldgrens kan slaan sonder dat dit die grond van die speelterrein raak kry hy gewoonlik ses lopies Maar as die bal die grond raak voordat dit die grens behaal kry die kolwer gewoonlik vier lopies Uit Wysig Uitgeboul Die kolwer kan op verskeie maniere uit wees Geboul As die bouler die kolwer se paaltjies met die bal kan slaan terwyl hy boul is die kolwer uitgeboul Gevang As die kolwer die balk in die lug slaan en dit word deur n veldwerker gevang sonder dat dit die grond geraak het is die kolwer uitgevang Uitgehardloop Indien n veldwerker die paaltjies met die bal kan raakslaan terwyl die kolwer voor sy kolfkamp is gewoonlik terwyl hy probeer om n lopie aan te teken is hy uitgehardloop Been voor paaltjie As die bal die kolwer se bene tref en andersins die paaltjies sou getref het is hy uit been voor paaltjie Paaltjie geslaan As die kolwer selfs sy eie paaltjies slaan is hy uit paaltjie geslaan Gestonk As die paaltjiewagter die paaltjies met die bal neer kan gooi terwyl die kolwer voor sy kolfkamp is en voordat enige ander veldwerker die bal geraak het is die kolwer uitgestonk Veldwerker verhinder As die kolwer die veldwerker verhinder kan hy uit wees weens veldwerker verhinder Bal twee maal geslaan Die kolwer kry net een kans om die bal te slaan behalwe as hy sy paaltjies verdedig Timed out Indien n nuwe kolwer meer as drie minute neem om die kolfblad te bereik kan hy uit wees timed out Lande met Toetskrieketstatus WysigDie hoofartikel vir hierdie afdeling is Toetskrieket Lidlande van die Internasionale Krieketraad IKR volgens status Volle lidlande met toetsstatus 12 Geassosieerde lede met EDI status 8 Geassosieerde lede 86 Voormalige of opgeskorte lede 8 Nielede 23 Die lande wat toetskrieketstatus het is Australie sedert 15 Maart 1877 Engeland sedert 15 Maart 1877 Suid Afrika tussen 12 Maart 1889 en 10 Maart 1970 en weer sedert 18 April 1992 Wes Indie sedert 23 Junie 1928 Nieu Seeland sedert 10 Januarie 1930 Indie sedert 25 Junie 1932 Pakistan sedert 16 Oktober 1952 Sri Lanka sedert 17 Februarie 1982 Zimbabwe tussen 18 Oktober 1992 en 10 Junie 2004 6 Januarie 2005 en 18 Januarie 2006 en weer sedert 3 Augustus 2011 Bangladesj sedert 10 November 2000 Ierland sedert 22 Junie 2017 Afghanistan sedert 22 Junie 2017 Die meeste van hierdie spanne verteenwoordig onafhanklike soewereine nasies Die uitsonderinge is die Engelse krieketspan wat beide Engeland en Wallis verteenwoordig die Wes Indiese krieketspan n saamgestelde span bestaande uit 15 Karibiese lande en gebiede en die Ierse krieketspan wat beide die Republiek Ierland en Noord Ierland verteenwoordig Verwysings Wysig en Playing a Sport With Balls and Bats but No Pitcher The New York Times 3 April 2008 Geargiveer vanaf die oorspronklike op 8 Augustus 2019 Besoek op 7 Februarie 2021 en The most popular sport you ve never played The Monitor 21 April 2009 en The world s Top 10 most popular team sports Sportingo Besoek op 16 Mei 2009 en ICC survey reveals over a billion fans 90 in subcontinent ESPNcricinfo 27 Junie 2018 Geargiveer vanaf die oorspronklike op 30 Mei 2019 Besoek op 7 Februarie 2021 en Cricket to return to Commonwealth Games in 2022 with women s T20s ESPNcricinfo 13 Augustus 2019 Geargiveer vanaf die oorspronklike op 30 November 2019 Besoek op 7 Februarie 2021 en ICC working towards cricket in 2028 LA Olympics says MCC s Gatting ESPNcricinfo 12 Augustus 2019 Geargiveer vanaf die oorspronklike op 9 Desember 2019 Besoek op 7 Februarie 2021 en The Laws of Cricket 2017 Code Londen Marylebone krieketklub 2017 Besoek op 7 Februarie 2021 8 0 8 1 en Byvoorbeeld Rules and Regulations Non First Class Cricket Londen Engelse en Walliese Krieketraad 2017 Besoek op 7 Februarie 2021 Bronne Wysig af Uys Isabelle 2007 Feitegids n Kernensiklopedie Kaapstad Pharos Woordeboeke ISBN 978 1 86890 065 7 bl 452 e v en Guha Ramachandra 2002 A Corner of a Foreign Field The Indian History of a British Sport London Picador ISBN 0 330 49117 2 Eksterne skakels WysigWikimedia Commons bevat media in verband met Krieket Sien krieket in Wiktionary die vrye woordeboek en Internasionale Krieketraad IKR en ESPNcricinfo statistiek en rekords en Cricket Encyclopaedia Britannica Besoek op 7 Februarie 2021 Olimpiese somersporte Somerspele Atletiek Basketbal Boks Boogskiet Driekamp Fietsry Bergfietsry BMX Bergfietsry Pad Gewigoptel Gholf Gimnastiek Artistiek Ritmies Trampolien Handbal Judo Kanovaart Slalom Snel Moderne vyfkamp Ruitersport Dressuur Driefasekompetisie Spring Pluimbal Roei Seilvaart Sewesrugby Skermsport Skyfskiet Sokker Stoei Grieks Romeins Vrystyl Taekwondo Tafeltennis Tennis Veldhokkie Vlugbal Strandvlugbal Watersport Gesinchroniseerde swem Sierduik Swem Waterpolo Voormalige Olimpiese sporte Baskiese pelote Bofbal Jeu de paume Krieket Kroukie Lacrosse Motorbootresies Polo Rackets Roque Rugby Sagtebal ToutrekOntsluit van https af wikipedia org w index php title Krieket amp ol,