×
Kreef (sterrebeeld)
Vir ’n artikel oor die sterreteken, sien Kreef (sterreteken).

Die Kreef (Latyn: Cancer) is ’n klein, dowwe sterrebeeld in die noordelike hemelruim en een van die 12 sterrebeelde van die diereriem. Dit word ook dikwels as ’n krap, miskruier of waterkewer uitgebeeld.

Kreef
Latynse naam Cancer
Genitief Cancri
Afkorting Cnc
Waarnemingsdata (Epog J2000)
Regte klimming 9 h
Deklinasie 20º
Grootte 506 vk. grade (31ste)
Kwadrant NQ2
Besonderhede
Hoofsterre 5
Helderste ster Altarf (Beta Cancri)
Naaste ster DX Cancri
Sterre helderder as 3 m 0
Sterre met planete 4
Messier-voorwerpe 2
Bayer-/Flamsteed-sterre 76
Meteoorreëns Delta Cancrids
Aangrensende sterrebeelde
Rooikat, Tweeling, Groot Hond, Noordelike Waterslang, Leeu, Klein Leeu (hoek)
Portaal Sterrekunde

Inhoud

Sterre

Die sterrebeeld Kreef soos van die Aarde af gesien.

Die Kreef is die dofste van die diereriem-sterrebeelde en het net twee sterre met ’n skynbare magnitude van groter as 4. Die helderste ster in die sterrebeeld is die dubbelster Beta Cancri, ook bekend as Tarf of Al Tarf, met ’n magnitude van 3,5. Die primêre ster is ’n oranje K-tipe reusester 290 ligjare van die Aarde af. Die sekondêre ster, met ’n magnitude van 14, is 29 boogsekondes van hom af geleë.

Delta Cancri (Asellus Australis) is die tweede helderste ster. Dit is ’n oranje reus van 3,9 mag sowat 136 ligjare van hier. Sy gewone naam beteken "suidelike donkie". Die ster spog met die langste naam, Arkushanangarushashutu, wat afgelei is van Antieke Babilonies en beteken "die suidoostelike ster in die Kreef". Danksy Delta Cancri is dit ook maklik om X Cancri te vind wat die rooiste sigbare ster in die ruimte is.

Iota Cancri, met ’n magnitude van 4,03, is nog ’n ster wat helderder as Alpha Cancri is. Dit is ’n dubbelster wat bestaan uit ’n G-tipe geel reus en ’n A-tipe hoofreeksster. Albei kan deur ’n klein teleskoop gesien word.

Alpha Cancri (Acubens) is ’n dubbelster met ’n komponent van 4,3 mag wat 173 ligjare van die Aarde af is en een van 12 mag wat met klein teleskope gesien kan word. Sy gewone naam beteken "knypers".

Gamma Cancri (Asellus Borealis) is ’n wit ster van 4,7 mag sowat 158 ligjare van hier. Sy gewone naam beteken "noordelike donkie".

Zeta Cancri of Tegmine ("die dop") is ’n veelvoudige ster 83 ligjare van die Aarde af. Dit bestaan uit minstens vier komponente. Die helderste twee komponente, Zeta 1 Cancri, is ’n dubbelster van 5 en 6,2 mag wat elke 1 100 jaar om mekaar wentel. Die helderste komponent is self ’n dubbelster met ’n periode van 59,5 jaar. Dié twee komponente sal in 2018 die verste van mekaar af wees in hul wentelbaan. Zeta 2 Cancri bestaan uit ’n G-tipe geel ster en ’n metgesel van 10 mag wat óf ’n rooi dwerg óf twee rooi dwerge na aan mekaar is.

Diepruimtevoorwerpe

Die Kreef is onder sterrekykers die bekendste vir die Byekorf-sterreswerm (Messier 44), ’n oop sterreswerm 577 ligjare van die Aarde af wat reg in die middel van die Kreef lê. M44 bevat sowat 50 sterre, waarvan die helderste een ’n helderheid van 6 mag het. Dit is een van die naaste oop swerms aan die Aarde en een van die grootstes wat met die blote oog gesien kan word; dit beslaan 1,5 vierkante grade, of drie keer die grootte van die volmaan. Dit is een van die eerste voorwerpe wat Galilei in 1609 in sy teleskoop gesien het. Hy het 40 sterre gesien, maar daar is sowat 1 010 sterre in die swerm, waarvan die meeste rooi dwerge is.

Die sterrebeeld bevat ook ’n kleiner, digter oop swerm, Messier 67, wat 2 500 ligjare van hier is. Dit beslaan sowat 0,5 vierkante grade, of die grootte van die volmaan. Dit het sowat 200 sterre, waarvan die helderste 10 mag is.

Op dié Griekse kruik word Hercules deur Karkinos (onder) en die waterslang aangeval terwyl Atena hom help, omstreeks 500–475 v.C., Louvre, Parys.

Die Antieke Griekse digter Aratos, en later Hipparchos en Ptolemaeus, het die krap "Karkinos" genoem. In die Griekse mitologie word hy tydens een van Hercules se twaalf take deur Hera gestuur om Hercules se aandag af te lei terwyl hy teen ’n waterslang veg. Hercules raak egter gou van Karkinos ontslae deur hom so hard te skop dat hy tot in die hemelruim trek. In ander weergawes gryp Karkinos Hercules se toon met sy knypers vas, maar Hercules trap hom eenvoudig dood. Hera gee toe vir Karkinos ’n plek in die lug uit dankbaarheid vir sy heroïese poging.

  1. Ridpath, Ian (2007), Stars and Planets Guide, Wil Tirion (4de ed.), Princeton University Press, ISBN 978-0-691-13556-4


Die 88 moderne sterrebeelde

AgterdekAkkedisAltaarAndromedaArendBeeldhouerBekerBerenike se HareBoogskutterBulDolfynDraakDriehoekDuifEenhoringEridanusFeniksGraveerstifGroot BeerGroot HondHaasHerculesHorlosieIndiërJaghondeJagterKameelperdKameleonKielKlein BeerKlein HondKlein LeeuKoetsierKompasKassiopeiaKefeusKraaiKraanvoëlKreefNetLeeuLierLugpompMaagdMikroskoopNoordelike KroonNoordelike WaterslangOktantOondParadysvoëlPasserPerseusPouPylRamRooikatSeileSekstantSentourSkerpioenSkildSkilderSlangSlangdraerSteenbokSuidelike DriehoekSuidelike KroonSuidelike VisSuidelike WaterslangSuiderkruisSwaanSwaardvisTafelTeleskoopToekanTweelingVeewagterVisseVlieënde PerdVlieënde VisVliegVosVulWalvisWaterdraerWeegskaalWinkelhaakWolf

Publikasie datum: September 26, 2021

kreef, sterrebeeld, artikel, sterreteken, sien, kreef, sterreteken, kreef, latyn, cancer, klein, dowwe, sterrebeeld, noordelike, hemelruim, sterrebeelde, diereriem, word, dikwels, krap, miskruier, waterkewer, uitgebeeld, kreeflatynse, naam, cancergenitief, can. Vir n artikel oor die sterreteken sien Kreef sterreteken Die Kreef Latyn Cancer is n klein dowwe sterrebeeld in die noordelike hemelruim en een van die 12 sterrebeelde van die diereriem Dit word ook dikwels as n krap miskruier of waterkewer uitgebeeld KreefLatynse naam CancerGenitief CancriAfkorting CncWaarnemingsdata Epog J2000 Regte klimming 9 hDeklinasie 20ºGrootte 506 vk grade 31ste Kwadrant NQ2BesonderhedeHoofsterre 5Helderste ster Altarf Beta Cancri Naaste ster DX CancriSterre helderder as 3 m 0Sterre met planete 4Messier voorwerpe 2Bayer Flamsteed sterre 76Meteoorreens Delta CancridsAangrensende sterrebeeldeRooikat Tweeling Groot Hond Noordelike Waterslang Leeu Klein Leeu hoek Portaal Sterrekunde Inhoud 1 Ruimtevoorwerpe 1 1 Sterre 1 2 Diepruimtevoorwerpe 2 Mitologie 3 Verwysings 4 Eksterne skakelsRuimtevoorwerpe WysigSterre Wysig Die sterrebeeld Kreef soos van die Aarde af gesien AlltheSky com Die Kreef is die dofste van die diereriem sterrebeelde en het net twee sterre met n skynbare magnitude van groter as 4 1 Die helderste ster in die sterrebeeld is die dubbelster Beta Cancri ook bekend as Tarf of Al Tarf met n magnitude van 3 5 Die primere ster is n oranje K tipe reusester 290 ligjare van die Aarde af Die sekondere ster met n magnitude van 14 is 29 boogsekondes van hom af gelee Delta Cancri Asellus Australis is die tweede helderste ster Dit is n oranje reus van 3 9 mag sowat 136 ligjare van hier Sy gewone naam beteken suidelike donkie 1 Die ster spog met die langste naam Arkushanangarushashutu wat afgelei is van Antieke Babilonies en beteken die suidoostelike ster in die Kreef Danksy Delta Cancri is dit ook maklik om X Cancri te vind wat die rooiste sigbare ster in die ruimte is Iota Cancri met n magnitude van 4 03 is nog n ster wat helderder as Alpha Cancri is Dit is n dubbelster wat bestaan uit n G tipe geel reus en n A tipe hoofreeksster Albei kan deur n klein teleskoop gesien word Alpha Cancri Acubens is n dubbelster met n komponent van 4 3 mag wat 173 ligjare van die Aarde af is en een van 12 mag wat met klein teleskope gesien kan word Sy gewone naam beteken knypers 1 Gamma Cancri Asellus Borealis is n wit ster van 4 7 mag sowat 158 ligjare van hier Sy gewone naam beteken noordelike donkie 1 Zeta Cancri of Tegmine die dop is n veelvoudige ster 83 ligjare van die Aarde af Dit bestaan uit minstens vier komponente Die helderste twee komponente Zeta 1 Cancri is n dubbelster van 5 en 6 2 mag wat elke 1 100 jaar om mekaar wentel Die helderste komponent is self n dubbelster met n periode van 59 5 jaar Die twee komponente sal in 2018 die verste van mekaar af wees in hul wentelbaan 1 Zeta 2 Cancri bestaan uit n G tipe geel ster en n metgesel van 10 mag wat of n rooi dwerg of twee rooi dwerge na aan mekaar is Diepruimtevoorwerpe Wysig Die Kreef is onder sterrekykers die bekendste vir die Byekorf sterreswerm Messier 44 n oop sterreswerm 577 ligjare van die Aarde af wat reg in die middel van die Kreef le M44 bevat sowat 50 sterre waarvan die helderste een n helderheid van 6 mag het Dit is een van die naaste oop swerms aan die Aarde en een van die grootstes wat met die blote oog gesien kan word dit beslaan 1 5 vierkante grade of drie keer die grootte van die volmaan 1 Dit is een van die eerste voorwerpe wat Galilei in 1609 in sy teleskoop gesien het Hy het 40 sterre gesien maar daar is sowat 1 010 sterre in die swerm waarvan die meeste rooi dwerge is Die sterrebeeld bevat ook n kleiner digter oop swerm Messier 67 wat 2 500 ligjare van hier is Dit beslaan sowat 0 5 vierkante grade of die grootte van die volmaan Dit het sowat 200 sterre waarvan die helderste 10 mag is 1 Mitologie Wysig Op die Griekse kruik word Hercules deur Karkinos onder en die waterslang aangeval terwyl Atena hom help omstreeks 500 475 v C Louvre Parys Die Antieke Griekse digter Aratos en later Hipparchos en Ptolemaeus het die krap Karkinos genoem In die Griekse mitologie word hy tydens een van Hercules se twaalf take deur Hera gestuur om Hercules se aandag af te lei terwyl hy teen n waterslang veg Hercules raak egter gou van Karkinos ontslae deur hom so hard te skop dat hy tot in die hemelruim trek In ander weergawes gryp Karkinos Hercules se toon met sy knypers vas maar Hercules trap hom eenvoudig dood Hera gee toe vir Karkinos n plek in die lug uit dankbaarheid vir sy heroiese poging Verwysings Wysig 1 0 1 1 1 2 1 3 1 4 1 5 1 6 Ridpath Ian 2007 Stars and Planets Guide Wil Tirion 4de ed Princeton University Press ISBN 978 0 691 13556 4 Eksterne skakels WysigThe Deep Photographic Guide to the Constellations Cancer Star Tales Cancer Wikimedia Commons het meer media in die kategorie Kreef sterrebeeld Hierdie artikel is vertaal uit die Engelse Wikipedia Die 88 moderne sterrebeeldeAgterdek Akkedis Altaar Andromeda Arend Beeldhouer Beker Berenike se Hare Boogskutter Bul Dolfyn Draak Driehoek Duif Eenhoring Eridanus Feniks Graveerstif Groot Beer Groot Hond Haas Hercules Horlosie Indier Jaghonde Jagter Kameelperd Kameleon Kiel Klein Beer Klein Hond Klein Leeu Koetsier Kompas Kassiopeia Kefeus Kraai Kraanvoel Kreef Net Leeu Lier Lugpomp Maagd Mikroskoop Noordelike Kroon Noordelike Waterslang Oktant Oond Paradysvoel Passer Perseus Pou Pyl Ram Rooikat Seile Sekstant Sentour Skerpioen Skild Skilder Slang Slangdraer Steenbok Suidelike Driehoek Suidelike Kroon Suidelike Vis Suidelike Waterslang Suiderkruis Swaan Swaardvis Tafel Teleskoop Toekan Tweeling Veewagter Visse Vlieende Perd Vlieende Vis Vlieg Vos Vul Walvis Waterdraer Weegskaal Winkelhaak WolfOntsluit van https af wikipedia org w index php title Kreef sterrebeeld amp ol,