×
Kraai (sterrebeeld)

Die Kraai (Latyn: Corvus) is ’n klein sterrebeeld in die suidelike hemelruim. Dit bevat net 11 sterre wat met die blote oog sigbaar is (helderder as 5,5 mag). Dit is een van die 48 konstellasies wat deur die 2de-eeuse sterrekundige Ptolemeus beskryf is en is steeds een van die 88 moderne sterrebeelde.

Kraai
Latynse naam Corvus
Genitief Corvi
Afkorting Crv
Waarnemingsdata (Epog J2000)
Regte klimming 12h
Deklinasie -20º
Grootte 184 vk. grade (70ste)
Kwadrant SQ3
Besonderhede
Hoofsterre 4
Helderste ster Gamma Corvi (Gienah)
Naaste ster Ross 695
Sterre helderder as 3 m 3
Sterre met planete 1
Messier-voorwerpe 0
Bayer-/Flamsteed-sterre 10
Meteoorreëns Corvids
Aangrensende sterrebeelde
Maagd, Beker, Noordelike Waterslang
Portaal Sterrekunde

Inhoud

Vier hoofsterre, Delta Corvi, Gamma Corvi, Epsilon Corvi en Beta Corvi, vorm ’n asterisme wat bekend is as "Spica se Seil" of "die Seil". Epsilon en Delta dien as aanwysers na die ster Spica.

31 Crateris, wat aanvanklik as deel van die Beker beskou is, is ’n ster van 5,2 mag wat eers verwar is met ’n maan van Mercurius.

Die Antenne-sterrestelsels is twee interaktiewe sterrestelsels, NGC 4038 en NGC 4039, wat van die Aarde af lyk of hulle hartvormig is. Albei sterrestelsels was spiraalstelsels en ondergaan tans geweldige stervorming vanweë die interaksie van gaswolke. Hulle is 800 miljoen ligjare van die Aarde af en albei het verskeie ultralhelder X-straal-bronne, waarvan die oorsprong onbekend is. Sterrekundiges vermoed dit is dubbelsterre van ’n skaars soort wat X-strale uitstraal, of swartkolke.

Die middel van die Kraai bevat die planetêre newel NGC 4361. Dit lyk soos ’n ovaal sterrestelsel, maar die ster van 13 mag in sy middel gee sy ware aard weg.

Die Kraai word geïdentifiseer met ’n verhaal in die Griekse mitologie waarin ’n kraai Apollo bedien en gestuur word om water te gaan haal. Op pad rus die kraai lank en nadat hy eindelik die water in ’n beker opgeskep het, neem hy ’n waterslang terug as verskoning omdat hy so lank gevat het. Apollo besef egter wat gebeur het. Hy is woedend en werp die kraai, beker en slang in die lug in. So het die sterrebeelde Kraai, Beker en Noordelike Waterslang ontstaan.

  1. Nickel, J., (1999): Lift Up Your Eyes on High: Understanding the Stars, Christian Liberty Press, p. 53.
  2. Bakich, M. E., (1995): The Cambridge Guide to the Constellations, Cambridge, Cambridge University Press, pp. 21,22.
  3. Mullaney, J., (2007): The Herschel objects and how to observe them <Astronomers' Observing Guides>, Springer Science+Business Media, bl. 39.
  4. Wilkins, Jamie; Dunn, Robert (2006). 300 Astronomical Objects: A Visual Reference to the Universe. Buffalo, New York: Firefly Books. ISBN 978-1-55407-175-3.


Die 88 moderne sterrebeelde

AgterdekAkkedisAltaarAndromedaArendBeeldhouerBekerBerenike se HareBoogskutterBulDolfynDraakDriehoekDuifEenhoringEridanusFeniksGraveerstifGroot BeerGroot HondHaasHerculesHorlosieIndiërJaghondeJagterKameelperdKameleonKielKlein BeerKlein HondKlein LeeuKoetsierKompasKassiopeiaKefeusKraaiKraanvoëlKreefNetLeeuLierLugpompMaagdMikroskoopNoordelike KroonNoordelike WaterslangOktantOondParadysvoëlPasserPerseusPouPylRamRooikatSeileSekstantSentourSkerpioenSkildSkilderSlangSlangdraerSteenbokSuidelike DriehoekSuidelike KroonSuidelike VisSuidelike WaterslangSuiderkruisSwaanSwaardvisTafelTeleskoopToekanTweelingVeewagterVisseVlieënde PerdVlieënde VisVliegVosVulWalvisWaterdraerWeegskaalWinkelhaakWolf

Publikasie datum: Augustus 11, 2021

kraai, sterrebeeld, kraai, latyn, corvus, klein, sterrebeeld, suidelike, hemelruim, bevat, sterre, blote, sigbaar, helderder, konstellasies, deur, eeuse, sterrekundige, ptolemeus, beskryf, steeds, moderne, sterrebeelde, kraailatynse, naam, corvusgenitief, corv. Die Kraai Latyn Corvus is n klein sterrebeeld in die suidelike hemelruim Dit bevat net 11 sterre wat met die blote oog sigbaar is helderder as 5 5 mag Dit is een van die 48 konstellasies wat deur die 2de eeuse sterrekundige Ptolemeus beskryf is en is steeds een van die 88 moderne sterrebeelde KraaiLatynse naam CorvusGenitief CorviAfkorting CrvWaarnemingsdata Epog J2000 Regte klimming 12hDeklinasie 20ºGrootte 184 vk grade 70ste Kwadrant SQ3BesonderhedeHoofsterre 4Helderste ster Gamma Corvi Gienah Naaste ster Ross 695Sterre helderder as 3 m 3Sterre met planete 1Messier voorwerpe 0Bayer Flamsteed sterre 10Meteoorreens CorvidsAangrensende sterrebeeldeMaagd Beker Noordelike WaterslangPortaal Sterrekunde Inhoud 1 Ruimtevoorwerpe 2 Mitologie 3 Verwysings 4 Eksterne skakelsRuimtevoorwerpe WysigVier hoofsterre Delta Corvi Gamma Corvi Epsilon Corvi en Beta Corvi vorm n asterisme wat bekend is as Spica se Seil 1 of die Seil 2 3 Epsilon en Delta dien as aanwysers na die ster Spica 31 Crateris wat aanvanklik as deel van die Beker beskou is is n ster van 5 2 mag wat eers verwar is met n maan van Mercurius Die Antenne sterrestelsels is twee interaktiewe sterrestelsels NGC 4038 en NGC 4039 wat van die Aarde af lyk of hulle hartvormig is Albei sterrestelsels was spiraalstelsels en ondergaan tans geweldige stervorming vanwee die interaksie van gaswolke Hulle is 800 miljoen ligjare van die Aarde af en albei het verskeie ultralhelder X straal bronne waarvan die oorsprong onbekend is Sterrekundiges vermoed dit is dubbelsterre van n skaars soort wat X strale uitstraal of swartkolke 4 Die middel van die Kraai bevat die planetere newel NGC 4361 Dit lyk soos n ovaal sterrestelsel maar die ster van 13 mag in sy middel gee sy ware aard weg Mitologie WysigDie Kraai word geidentifiseer met n verhaal in die Griekse mitologie waarin n kraai Apollo bedien en gestuur word om water te gaan haal Op pad rus die kraai lank en nadat hy eindelik die water in n beker opgeskep het neem hy n waterslang terug as verskoning omdat hy so lank gevat het Apollo besef egter wat gebeur het Hy is woedend en werp die kraai beker en slang in die lug in So het die sterrebeelde Kraai Beker en Noordelike Waterslang ontstaan Verwysings Wysig Nickel J 1999 Lift Up Your Eyes on High Understanding the Stars Christian Liberty Press p 53 Bakich M E 1995 The Cambridge Guide to the Constellations Cambridge Cambridge University Press pp 21 22 Mullaney J 2007 The Herschel objects and how to observe them lt Astronomers Observing Guides gt Springer Science Business Media bl 39 Wilkins Jamie Dunn Robert 2006 300 Astronomical Objects A Visual Reference to the Universe Buffalo New York Firefly Books ISBN 978 1 55407 175 3 Eksterne skakels WysigConstellations of Words The Deep Photographic Guide to the Constellations Corvus Star Tales Corvus and Crater Wikimedia Commons het meer media in die kategorie Kraai sterrebeeld Wikiwoordeboek het n inskrywing vir Kraai Hierdie artikel is vertaal uit die Engelse Wikipedia Die 88 moderne sterrebeeldeAgterdek Akkedis Altaar Andromeda Arend Beeldhouer Beker Berenike se Hare Boogskutter Bul Dolfyn Draak Driehoek Duif Eenhoring Eridanus Feniks Graveerstif Groot Beer Groot Hond Haas Hercules Horlosie Indier Jaghonde Jagter Kameelperd Kameleon Kiel Klein Beer Klein Hond Klein Leeu Koetsier Kompas Kassiopeia Kefeus Kraai Kraanvoel Kreef Net Leeu Lier Lugpomp Maagd Mikroskoop Noordelike Kroon Noordelike Waterslang Oktant Oond Paradysvoel Passer Perseus Pou Pyl Ram Rooikat Seile Sekstant Sentour Skerpioen Skild Skilder Slang Slangdraer Steenbok Suidelike Driehoek Suidelike Kroon Suidelike Vis Suidelike Waterslang Suiderkruis Swaan Swaardvis Tafel Teleskoop Toekan Tweeling Veewagter Visse Vlieende Perd Vlieende Vis Vlieg Vos Vul Walvis Waterdraer Weegskaal Winkelhaak WolfOntsluit van https af wikipedia org w index php title Kraai sterrebeeld amp ol,