×
Kosmologie

Kosmologie (van die Griekse woord κόσμος kosmos, "wêreld", en -λογία -logia, "studie van") is ’n tak van sterrekunde wat die oorsprong en evolusie van die heelal bestudeer, van die Oerknal tot vandag en in die toekoms. Fisiese kosmologie is die wetenskaplike studie van die oorsprong van die heelal, sy grootskaalse strukture en dinamika, en sy uiteindelike lot, sowel as die wetenskapwette wat op hierdie gebiede van toepassing is.

Die Hubble- Ekstreme Diepveld is in September 2012 voltooi en wys die verste sterrestelsels wat nog afgeneem is. Buiten die paar helder sterre op die voorgrond is elke ligpunt ’n aparte sterrestelsel, waarvan sommige tot 13,2 miljard jaar oud is. Die waarneembare heelal bevat na raming meer as 2 biljoen sterrestelsels.

Inhoud

Die term "kosmologie" is in 1656 die eerste keer gebruik, in Engels in die leksograaf Thomas Blount se Glossographia, en daarna in 1731 in Latyn deur die Duitse filosoof Christian Wolff in Cosmologia Generalis.

Godsdienstige of mitologiese kosmologie is ’n stelsel oortuigings wat gebaseer is op mitologiese, godsdienstige en esoteriese geskrifte oor skeppingsmites en eskatologie.

Fisiese kosmologie word bestudeer deur wetenskaplikes soos sterrekundiges en fisici, sowel as filosowe soos metafisici en ander. Vanweë dié gedeelde terrein met filosofie kan teorieë in fisiese kosmologie beide wetenskaplike en niewetenskaplike voorstelle insluit en kan hulle berus op aannames wat nie getoets kan word nie. Kosmologie verskil van sterrekunde deurdat eersgenoemde betrekking het op die heelal as ’n geheel, terwyl laasgenoemde betrekking het op individuele hemelliggame.

Moderne fisiese kosmologie word oorheers deur die Oerknalteorie, wat probeer om waarneembare sterrekunde en deeltjiefisika te kombineer; meer spesifiek ’n paremetrisering van die Oerknal met donker materie en donker energie, bekend as die Lambda-KDM-model.

Die teoretiese astrofisikus David N. Spergel het kosmologie beskryf as ’n "historiese wetenskap", want "wanneer ons na die ruimte kyk, kyk ons terug in die verlede" vanweë die beperktheid van ligsnelheid.

Fisika en astrofisika het ’n sentrale rol gespeel in die vorming van ’n begrip van die heelal deur wetenskaplike waarnemings en eksperimente. Beide wiskunde en waarnemings het ’n rol gespeel in fisiese kosmologie om die hele heelal te ontleed. Daar word algemeen geglo die heelal het begin met die Oerknal, en dit is feitlik onmiddellik gevolg deur kosmiese inflasie: ’n metriese uitdying van die ruimte waaruit die heelal 13,799 ± 0,021 miljard jaar gelede ontstaan het. In kosmogonie word die oorsprong van die heelal bestudeer en in kosmografie die eienskappe van die heelal.

In Diderot se Encyclopédie word kosmologie verdeel in uranologie (die wetenskap van die hemele), aërologie (die wetenskap van die lug), geologie (die wetenskap van die kontinente) en hidrologie (die wetenskap van water).

Metafisiese kosmologie is ook al beskryf as die plasing van die mens in die heelal in verhouding tot alle ander entiteite. Dit word geïllustreer deur Markus Aurelius se waarneming oor die mens se plek in daardie verhouding: "Hy wat nie weet wat die wêreld is nie weet nie waar hy is nie, en hy wat nie weet om watter rede die wêreld bestaan nie weet nie wie hy is of wat die wêreld is nie."

  1. Karl Hille, red. (13 Oktober 2016). (in Engels). Nasa. vanaf die oorspronklike op 6 Oktober 2019. Besoek op17 Oktober 2016.
  2. . New Scientist. 4 September 2006
  3. Hetherington, Norriss S. (2014). . Routledge. p. 116. ISBN 978-1-317-67766-6.
  4. Luminet, Jean-Pierre (2008). . CRC Press. p. 170. ISBN 978-1-4398-6496-8.
  5. Oxford Dictionaries
  6. Overbye, Dennis (25 Februarie 2019). . The New York Times (in Engels). vanaf die oorspronklike op 30 April 2020. Besoek op26 Februarie 2019.
  7. David N. Spergel (Fall 2014). "Cosmology Today". Daedalus. 143 (4): 125–133. doi:.
  8. Planck Collaboration (1 Oktober 2016). . Astronomy & Astrophysics. 594 (13). Table 4 on page 31 of PDF. arXiv:. Bibcode:. doi:.
  9. Diderot (Biography), Denis (1 April 2015). . Encyclopedia of Diderot & d'Alembert - Collaborative Translation Project. Besoek op1 April 2015.
  10. .
  • ()
  • van die Amerikaanse Fisika-instituut
  • deur David Lyth

Publikasie datum: September 03, 2021

kosmologie, griekse, woord, κόσμος, kosmos, wêreld, λογία, logia, studie, sterrekunde, oorsprong, evolusie, heelal, bestudeer, oerknal, vandag, toekoms, fisiese, kosmologie, wetenskaplike, studie, oorsprong, heelal, grootskaalse, strukture, dinamika, uiteindel. Kosmologie van die Griekse woord kosmos kosmos wereld en logia logia studie van is n tak van sterrekunde wat die oorsprong en evolusie van die heelal bestudeer van die Oerknal tot vandag en in die toekoms Fisiese kosmologie is die wetenskaplike studie van die oorsprong van die heelal sy grootskaalse strukture en dinamika en sy uiteindelike lot sowel as die wetenskapwette wat op hierdie gebiede van toepassing is 2 Die Hubble Ekstreme Diepveld is in September 2012 voltooi en wys die verste sterrestelsels wat nog afgeneem is Buiten die paar helder sterre op die voorgrond is elke ligpunt n aparte sterrestelsel waarvan sommige tot 13 2 miljard jaar oud is Die waarneembare heelal bevat na raming meer as 2 biljoen sterrestelsels 1 Inhoud 1 Beskrywing 2 Dissiplines 3 Verwysings 4 SkakelsBeskrywing WysigDie term kosmologie is in 1656 die eerste keer gebruik in Engels in die leksograaf Thomas Blount se Glossographia 3 en daarna in 1731 in Latyn deur die Duitse filosoof Christian Wolff in Cosmologia Generalis 4 Godsdienstige of mitologiese kosmologie is n stelsel oortuigings wat gebaseer is op mitologiese godsdienstige en esoteriese geskrifte oor skeppingsmites en eskatologie Fisiese kosmologie word bestudeer deur wetenskaplikes soos sterrekundiges en fisici sowel as filosowe soos metafisici en ander Vanwee die gedeelde terrein met filosofie kan teoriee in fisiese kosmologie beide wetenskaplike en niewetenskaplike voorstelle insluit en kan hulle berus op aannames wat nie getoets kan word nie Kosmologie verskil van sterrekunde deurdat eersgenoemde betrekking het op die heelal as n geheel terwyl laasgenoemde betrekking het op individuele hemelliggame Moderne fisiese kosmologie word oorheers deur die Oerknalteorie wat probeer om waarneembare sterrekunde en deeltjiefisika te kombineer 5 6 meer spesifiek n paremetrisering van die Oerknal met donker materie en donker energie bekend as die Lambda KDM model Die teoretiese astrofisikus David N Spergel het kosmologie beskryf as n historiese wetenskap want wanneer ons na die ruimte kyk kyk ons terug in die verlede vanwee die beperktheid van ligsnelheid 7 Dissiplines WysigFisika en astrofisika het n sentrale rol gespeel in die vorming van n begrip van die heelal deur wetenskaplike waarnemings en eksperimente Beide wiskunde en waarnemings het n rol gespeel in fisiese kosmologie om die hele heelal te ontleed Daar word algemeen geglo die heelal het begin met die Oerknal en dit is feitlik onmiddellik gevolg deur kosmiese inflasie n metriese uitdying van die ruimte waaruit die heelal 13 799 0 021 miljard jaar gelede ontstaan het 8 In kosmogonie word die oorsprong van die heelal bestudeer en in kosmografie die eienskappe van die heelal In Diderot se Encyclopedie word kosmologie verdeel in uranologie die wetenskap van die hemele aerologie die wetenskap van die lug geologie die wetenskap van die kontinente en hidrologie die wetenskap van water 9 Metafisiese kosmologie is ook al beskryf as die plasing van die mens in die heelal in verhouding tot alle ander entiteite Dit word geillustreer deur Markus Aurelius se waarneming oor die mens se plek in daardie verhouding Hy wat nie weet wat die wereld is nie weet nie waar hy is nie en hy wat nie weet om watter rede die wereld bestaan nie weet nie wie hy is of wat die wereld is nie 10 Verwysings Wysig Karl Hille red 13 Oktober 2016 Hubble Reveals Observable Universe Contains 10 Times More Galaxies Than Previously Thought in Engels Nasa Geargiveer vanaf die oorspronklike op 6 Oktober 2019 Besoek op 17 Oktober 2016 Introduction Cosmology space New Scientist 4 September 2006 Hetherington Norriss S 2014 Encyclopedia of Cosmology Routledge Revivals Historical Philosophical and Scientific Foundations of Modern Cosmology Routledge p 116 ISBN 978 1 317 67766 6 Luminet Jean Pierre 2008 The Wraparound Universe CRC Press p 170 ISBN 978 1 4398 6496 8 Uittreksel can bladsy 170 Cosmology Oxford Dictionaries Overbye Dennis 25 Februarie 2019 Have Dark Forces Been Messing With the Cosmos Axions Phantom energy Astrophysicists scramble to patch a hole in the universe rewriting cosmic history in the process The New York Times in Engels Geargiveer vanaf die oorspronklike op 30 April 2020 Besoek op 26 Februarie 2019 David N Spergel Fall 2014 Cosmology Today Daedalus 143 4 125 133 doi 10 1162 DAED a 00312 Planck Collaboration 1 Oktober 2016 Planck 2015 results XIII Cosmological parameters Astronomy amp Astrophysics 594 13 Table 4 on page 31 of PDF arXiv 1502 01589 Bibcode 2016A amp A 594A 13P doi 10 1051 0004 6361 201525830 Diderot Biography Denis 1 April 2015 Detailed Explanation of the System of Human Knowledge Encyclopedia of Diderot amp d Alembert Collaborative Translation Project Besoek op 1 April 2015 The thoughts of Marcus Aurelius Antonius viii 52 Skakels WysigNASA IPAC Extragalactic Database NED NED Distances Cosmic Journey A History of Scientific Cosmology van die Amerikaanse Fisika instituut Introduction to Cosmology deur David Lyth Hierdie artikel is in sy geheel of gedeeltelik uit die Engelse Wikipedia vertaal Ontsluit van https af wikipedia org w index php title Kosmologie amp ol,