fbpx
Wikipedia

Kopties-Ortodokse Kerk

Die Kopties-Ortodokse Kerk van Alexandrië is die grootste Christelike kerk in Egipte en Noordoos-Afrika.

Pous Tawadros II, die huidige Patriarg van Alexandrië en die Heilige Aartsbisdom van Sint Markus.

Volgens tradisie is die kerk in die middel van die 1ste eeu (omstreeks 42 n.C.) gestig deur die apostel en evangelis Markus.[1] Die hoof van die kerk en die aartsbisdom van Alexandrië is die "Patriarg van Alexandrië en die Heilige Aartsbisdom van Sint Markus", wat ook die titel "Koptiese pous" het. Die aartsbisdom van Alexandrië is net in naam; die Koptiese pous se setel is vandag in Kaïro.

Die Koptiese Kerk behoort tot die Oriëntaal-Ortodokse kerkgroep, wat afgestig het van die Oosters-Ortodokse en Rooms-Katolieke Kerk ná die Konsilie van Chalcedon in 451 n.C. omdat dit ’n ander siening gehad het van Christologie. Die presiese aard van die onmin wat tot die skeuring gelei het, is baie tegnies en het hoofsaaklik te doen met die natuur van Christus. Die kerk het sy wortels in Egipte, maar het ’n wêreldwye aanhang.

Verwysings

  1. Eusebius van Caesarea, die skrywer van Ecclesiastical History in die 4de eeu, sê Markus het in die eerste of derde jaar van keiser Claudius se bewind na Egipte gekom, dus in 41 of 43 n.C. Two Thousand years of Coptic Christianity, Otto F. A. Meinardus, bl. 28.

Eksterne skakels

  • Amptelike webtuiste van die Koptiese pous 12 Junie 2010 op Wayback Machine
  •   Wikimedia Commons het meer media in die kategorie Kopties-Ortodokse Kerk.
  •   Hierdie artikel is vertaal uit die Engelse Wikipedia

Kopties-Ortodokse Kerk
kopties, ortodokse, kerk, alexandrië, grootste, christelike, kerk, egipte, noordoos, afrika, pous, tawadros, huidige, patriarg, alexandrië, heilige, aartsbisdom, sint, markus, volgens, tradisie, kerk, middel, 1ste, omstreeks, gestig, deur, apostel, evangelis, . Die Kopties Ortodokse Kerk van Alexandrie is die grootste Christelike kerk in Egipte en Noordoos Afrika Pous Tawadros II die huidige Patriarg van Alexandrie en die Heilige Aartsbisdom van Sint Markus Volgens tradisie is die kerk in die middel van die 1ste eeu omstreeks 42 n C gestig deur die apostel en evangelis Markus 1 Die hoof van die kerk en die aartsbisdom van Alexandrie is die Patriarg van Alexandrie en die Heilige Aartsbisdom van Sint Markus wat ook die titel Koptiese pous het Die aartsbisdom van Alexandrie is net in naam die Koptiese pous se setel is vandag in Kairo Die Koptiese Kerk behoort tot die Orientaal Ortodokse kerkgroep wat afgestig het van die Oosters Ortodokse en Rooms Katolieke Kerk na die Konsilie van Chalcedon in 451 n C omdat dit n ander siening gehad het van Christologie Die presiese aard van die onmin wat tot die skeuring gelei het is baie tegnies en het hoofsaaklik te doen met die natuur van Christus Die kerk het sy wortels in Egipte maar het n wereldwye aanhang Verwysings Wysig Eusebius van Caesarea die skrywer van Ecclesiastical History in die 4de eeu se Markus het in die eerste of derde jaar van keiser Claudius se bewind na Egipte gekom dus in 41 of 43 n C Two Thousand years of Coptic Christianity Otto F A Meinardus bl 28 Eksterne skakels WysigAmptelike webtuiste van die Koptiese pous Geargiveer 12 Junie 2010 op Wayback Machine Wikimedia Commons het meer media in die kategorie Kopties Ortodokse Kerk Hierdie artikel is vertaal uit die Engelse WikipediaOntsluit van https af wikipedia org w index php title Kopties Ortodokse Kerk amp oldid 2449958,