×
Koninkryk van Masedonië
Μακεδονία, Makedonía
Koninkryk van Masedonië
9de eeu v.C.-146 v.C.

Die Koninkryk van Masedonië
Hoofstad Aigai (tot omstreeks 400 v.C.)
Pella (na omstreeks 400 v.C.
Taal/Tale Masedonies
later Atties of Koine
Godsdiens Griekse mitologie
Regering Monargie
Koning
- 808–778 v.C. Karanos
- 359–336 v.C. Philippos II
- 336–323 v.C. Alexander die Grote
- 221–179 v.C. Philippos V
Wetgewer Kongres
Historiese tydperk Antieke tydperk
- Karanos stig die Argeïese Dinastie 9de eeu v.C.
- Amintas III verenig Masedonië 382 v.C.
- Verowering deur die Romeinse Republiek tydens die Vierde Masedoniese Oorlog 146 v.C.
Geldeenheid Dragma

Masedonië (Grieks: Μακεδονία, Makedonía) was ’n antieke koninkryk in die noordoostelike deel van die Griekse skiereiland en kom grotendeels ooreen met die hedendaagse Griekse provinsie Masedonië. Dit is begrens deur Epirus in die weste, Paionië in die noorde, Thrakië in die ooste en Thessalië in die suide.

Die opgang van Masedonië van ’n klein koninkryk tot een wat die hele Hellenistiese wêreld oorheers het, het begin tydens die bewind van Philippos II. Vir ’n kort rukkie, ná die oorwinning van Alexander die Grote, was dit die magtigste staat in die wêreld.

Inhoud

Die naam Masedonië (Grieks: Μακεδονία, Makedonía) is verwant aan die antieke Griekse woord μακεδνός (makednos). Dit het beteken "lange" of "hooglander", moontlik ’n beskrywing vir die antieke Masedoniërs.

Die antieke Masedonië word deesdae dikwels verwar met Noord-Masedonië, een van die deelstate van die voormalige Joego-Slawië wat in 1991 onafhanklik geword het. Masedonië is ook ’n streek in die huidige Griekeland. Verder was dit die naam van ’n wyer geografiese en historiese streek wat albei gebiede hierbo sowel as dele van Bulgarye, Albanië en Serwië ingesluit het.

Vroeë geskiedenis en legende

Verskeie volke het in die gebiede om Aigai, die eerste Masedoniese hoofstad, gewoon. Volgens legende het Karanos saam met ’n horde Grieke na die gebied gekom op soek na ’n nuwe vaderland. Hulle het die stad Edessa (van koning Midas-faam) ingeneem en dit Aigai hernoem. Karanos het Midas en ander konings verban en ’n nuwe koninkryk gevestig.

Dit lyk of die eerste antieke Masedoniese staat in die 8ste eeu v.C. of vroeë 7de eeu v.C. ontstaan het onder die Argeïese Dinastie wat volgens legende na die streek gemigreer het van die Griekse stad Argos in Peloponnesus (vandaar die naam Argeïes). Die Masedoniese stam wat deur die Argeërs regeer is, is self Argeërs genoem (wat vertaal kan word as "afkomstig van Argos").

Die koninkryk was geleë in die vrugbare spoelgrond-vlakte bekend as "Laer-Masedonië", noord van Berg Olimpus. Omtrent in die tyd van Alexander I van Masedonië het die Argeïese Masedoniërs na "Bo-Masedonië" begin versprei wat deur onafhanklike stamme bewoon is. Naby die moderne stad Veria het Perdikkas I (of, meer waarskynlik sy seun Argaios I) sy hoofstad Aigai gebou. Ná ’n kort tydperk onder Persiese heerskappy onder Darius Histaspes het die staat onafhanklik geword onder koning Alexander I (495–450 v.C.).

Betrokkenheid by die Griekse wêreld

Masedonië omstreeks 431 v.C.

Voor die 4de eeu v.C. het die koninkryk ’n streek beslaan wat min of meer met die huidige streek Masedonië in die moderne Griekeland ooreenstem. ’n Verenigde Masedoniese staat is eindelik gevestig deur koning Amintas III (omstreeks 393–370 v.C.). Hulle het die passe beheer waardeur barbaarse invalle vanuit Illirië plaasgevind het. Die streek het in dié tyd al hoe meer Grieks geword, hoewel Grieke van Athene hulle as onbeskaafd beskou het.

Tydens die 4de eeu v.C. het Masedonië polities meer betrokke geraak by die suid-sentrale stadstate van antieke Griekeland, maar dit het terselfdertyd meer argaïese eienskappe behou soos Philippus se vele vroue, erfgenaam-heersers wat soms gelei het tot algehele mag in vergelyking met die stadstate se demokratiese stelsels, asook lyfeienskap, wat reeds voor Masedonië se opgang in Griekeland afgeskaf is.

Opgang van Masedonië

Philippos II van Masedonië.

Amintas het drie seuns gehad. Die eerste twee, Alexander II en Perdikkas III het net kort regeer. Perdikkas III se babaseun is van die troon gesit deur Amintas se derde seun, Philippos II, wat homself tot koning verklaar het en ’n periode van Masedoniese oorheersing oor Griekeland ingelui het. Onder Philippos II (359–336 v.C.) het Masedonië uitgebrei tot in die gebiede van die Paioniërs, Thrakiërs en Illiriërs. Hy het ook onder andere die streke Pelagonië en Suid-Paionië ingepalm.

Philippos het die weermag en dié se wapens verbeter. Hy het begin om die grense van sy koninkryk vinnig uit te brei. Eindelik het hy die grootste deel van Thessalië ingeneem.

Hierna was Philippos nou betrokke by die politiek van Sentraal-Griekeland. In die voortdurende konflik met Athene het Philippos noord getrek deur Thrakië in ’n poging om Bisantium en die Bosporus oor te neem en so Athene se Swartsee-graanvoorraad af te sny. Die beleg van Bisantium het misluk, maar Athene het die gevaar van die opkomende Masedonië besef en het onder Demosthenes ’n koalisie met baie van die belangrikste state gevorm om die Masedoniërs teen te staan. Die geallieerdes het in die Slag van Chaironeia (338 v.C.) met die Masedoniërs gebots en is oorweldigend verslaan, met die gevolg dat Philippos die onbetwisbare heerser van Griekeland geword het.

Ryk

Alexander se ryk op sy grootste uitbreiding.

Philippos se seun, Alexander die Grote (356–323 v.C.) het daarin geslaag om die Masedoniese mag kortliks nie net oor die sentrale Griekse stadstate te versprei nie, maar ook oor die Persiese Ryk, insluitende Egipte en gebiede so ver oos as die buitewyke van Indië. Alexander het die regeringstyle van die verowerde gebiede aanvaar en die Griekse kultuur en geleerdheid het deur die enorme ryk versprei. Hoewel die ryk in talle Hellenistiese regimes verbrokkel het ná sy dood, het sy verowerings ’n langdurige erfenis gelaat, veral in die nuwe Griekssprekende stede wat regoor Persië se westelike gebiede ontstaan het, en dit was die inleiding van die Hellenistiese tydperk. In die verdeling van Alexander se ryk het Masedonië onder die Antipater-dinastie beland wat ná net ’n paar jaar, in 294 v.C., deur die Antigonus-dinastie omvergewerp is.

Hellenistiese tydperk

Antipater en sy seun Kassander het beheer oor Masedonië gekry, maar ná Kassander se dood in 297 v.C het ’n lang burgerlike stryd begin. Die koninkryk is vir ’n rukkie regeer deur Demetrios I (294–288 v.C), maar ’n burgeroorlog het uitgebreek.

Demetrius se seun Antigonos II (277–239 v.C.) het die orde herstel, hoewel hy beheer oor baie van die Griekse stadstate verloor het. Hy het ’n stabiele monargie tot stand gebring en Antigonos III (229–221 v.C.) het hierop voortgebou deur Masedoniese beheer oor die streek te hervestig.

Konflik met Rome

Onder Philippos V (221–179 v.C.) en sy seun Perseus (179–168 v.C.) het die koninkryk gebots met die opkomende Romeinse Republiek. Tydens die 2de en 1ste eeu v.C. het Masedonië ’n reeks oorloë teen Rome geveg. Twee groot nederlae was in 197 v.C. onder Philippos V en in 168 v.C. onder Perseus. Dit het gelei tot die einde van die Antigonus-dinastie en die Koninkryk van Masedonië. Andriskos se kortstondige sukses om die monargie in 149 v.C te herstel, is gevolg deur ’n nederlaag die volgende jaar en die daarstel van direkte Romeinse regering oor Masedonië as ’n Romeinse provinsie.

  1. Faure (1981). Die Westerse Politieke Tradisie. Pretoria: H & R-Academica. p. 79. ISBN 0-86874-119-1.
  2. . Encyclopædia Britannica (in Engels). Encyclopædia Britannica aanlyn. 2008. vanaf die oorspronklike op 14 April 2015. Besoek op3 November 2008.
  3. (in Engels). Perseus.tufts.edu. vanaf die oorspronklike op 20 Mei 2009. Besoek op5 Mei 2009.
  4. Johann Baptist Hofmann (1950). Etymologisches Wörterbuch des Griechischen. R. Oldenbourg.
  5. Justin, Epitome of the Philippic History of Pompeius Trogus 7.1.
  6. Errington, R. Malcolm, en Errington, Catherine. A History of Macedonia ISBN 1-56619-519-5, 1994, bl. 4

Publikasie datum: Augustus 11, 2021

koninkryk, masedonië, Μακεδονία, makedonía, hoofstad, aigai, omstreeks, pella, omstreeks, taal, tale, masedonies, later, atties, koinegodsdiens, griekse, mitologieregering, monargiekoning, karanos, philippos, alexander, grote, philippos, vwetgewer, kongreshist. Makedonia Makedonia Koninkryk van Masedonie 9de eeu v C 146 v C Die Koninkryk van MasedonieHoofstad Aigai tot omstreeks 400 v C Pella na omstreeks 400 v C Taal Tale Masedonies later Atties of KoineGodsdiens Griekse mitologieRegering MonargieKoning 808 778 v C Karanos 359 336 v C Philippos II 336 323 v C Alexander die Grote 221 179 v C Philippos VWetgewer KongresHistoriese tydperk Antieke tydperk Karanos stig die Argeiese Dinastie 9de eeu v C Amintas III verenig Masedonie 382 v C Verowering deur die Romeinse Republiek tydens die Vierde Masedoniese Oorlog 146 v C Geldeenheid Dragma Masedonie 1 Grieks Makedonia Makedonia was n antieke koninkryk in die noordoostelike deel van die Griekse skiereiland en kom grotendeels ooreen met die hedendaagse Griekse provinsie Masedonie 2 Dit is begrens deur Epirus in die weste Paionie in die noorde Thrakie in die ooste en Thessalie in die suide Die opgang van Masedonie van n klein koninkryk tot een wat die hele Hellenistiese wereld oorheers het het begin tydens die bewind van Philippos II Vir n kort rukkie na die oorwinning van Alexander die Grote was dit die magtigste staat in die wereld Inhoud 1 Naam 2 Geskiedenis 2 1 Vroee geskiedenis en legende 2 2 Betrokkenheid by die Griekse wereld 2 3 Opgang van Masedonie 2 4 Ryk 2 5 Hellenistiese tydperk 2 6 Konflik met Rome 3 Verwysings 4 Verdere leesstofNaam WysigDie naam Masedonie Grieks Makedonia Makedonia is verwant aan die antieke Griekse woord makednos makednos Dit het beteken lange of hooglander moontlik n beskrywing vir die antieke Masedoniers 3 4 Die antieke Masedonie word deesdae dikwels verwar met Noord Masedonie een van die deelstate van die voormalige Joego Slawie wat in 1991 onafhanklik geword het Masedonie is ook n streek in die huidige Griekeland Verder was dit die naam van n wyer geografiese en historiese streek wat albei gebiede hierbo sowel as dele van Bulgarye Albanie en Serwie ingesluit het Geskiedenis WysigVroee geskiedenis en legende Wysig Verskeie volke het in die gebiede om Aigai die eerste Masedoniese hoofstad gewoon Volgens legende het Karanos saam met n horde Grieke na die gebied gekom op soek na n nuwe vaderland 5 Hulle het die stad Edessa van koning Midas faam ingeneem en dit Aigai hernoem Karanos het Midas en ander konings verban en n nuwe koninkryk gevestig Dit lyk of die eerste antieke Masedoniese staat in die 8ste eeu v C of vroee 7de eeu v C ontstaan het onder die Argeiese Dinastie wat volgens legende na die streek gemigreer het van die Griekse stad Argos in Peloponnesus vandaar die naam Argeies Die Masedoniese stam wat deur die Argeers regeer is is self Argeers genoem wat vertaal kan word as afkomstig van Argos Die koninkryk was gelee in die vrugbare spoelgrond vlakte bekend as Laer Masedonie noord van Berg Olimpus Omtrent in die tyd van Alexander I van Masedonie het die Argeiese Masedoniers na Bo Masedonie begin versprei wat deur onafhanklike stamme bewoon is Naby die moderne stad Veria het Perdikkas I of meer waarskynlik sy seun Argaios I sy hoofstad Aigai gebou Na n kort tydperk onder Persiese heerskappy onder Darius Histaspes het die staat onafhanklik geword onder koning Alexander I 495 450 v C Betrokkenheid by die Griekse wereld Wysig Masedonie omstreeks 431 v C Voor die 4de eeu v C het die koninkryk n streek beslaan wat min of meer met die huidige streek Masedonie in die moderne Griekeland ooreenstem n Verenigde Masedoniese staat is eindelik gevestig deur koning Amintas III omstreeks 393 370 v C Hulle het die passe beheer waardeur barbaarse invalle vanuit Illirie plaasgevind het Die streek het in die tyd al hoe meer Grieks geword hoewel Grieke van Athene hulle as onbeskaafd beskou het 6 Tydens die 4de eeu v C het Masedonie polities meer betrokke geraak by die suid sentrale stadstate van antieke Griekeland maar dit het terselfdertyd meer argaiese eienskappe behou soos Philippus se vele vroue erfgenaam heersers wat soms gelei het tot algehele mag in vergelyking met die stadstate se demokratiese stelsels asook lyfeienskap wat reeds voor Masedonie se opgang in Griekeland afgeskaf is Opgang van Masedonie Wysig Philippos II van Masedonie Amintas het drie seuns gehad Die eerste twee Alexander II en Perdikkas III het net kort regeer Perdikkas III se babaseun is van die troon gesit deur Amintas se derde seun Philippos II wat homself tot koning verklaar het en n periode van Masedoniese oorheersing oor Griekeland ingelui het Onder Philippos II 359 336 v C het Masedonie uitgebrei tot in die gebiede van die Paioniers Thrakiers en Illiriers Hy het ook onder andere die streke Pelagonie en Suid Paionie ingepalm Philippos het die weermag en die se wapens verbeter Hy het begin om die grense van sy koninkryk vinnig uit te brei Eindelik het hy die grootste deel van Thessalie ingeneem Hierna was Philippos nou betrokke by die politiek van Sentraal Griekeland In die voortdurende konflik met Athene het Philippos noord getrek deur Thrakie in n poging om Bisantium en die Bosporus oor te neem en so Athene se Swartsee graanvoorraad af te sny Die beleg van Bisantium het misluk maar Athene het die gevaar van die opkomende Masedonie besef en het onder Demosthenes n koalisie met baie van die belangrikste state gevorm om die Masedoniers teen te staan Die geallieerdes het in die Slag van Chaironeia 338 v C met die Masedoniers gebots en is oorweldigend verslaan met die gevolg dat Philippos die onbetwisbare heerser van Griekeland geword het Ryk Wysig Alexander se ryk op sy grootste uitbreiding Philippos se seun Alexander die Grote 356 323 v C het daarin geslaag om die Masedoniese mag kortliks nie net oor die sentrale Griekse stadstate te versprei nie maar ook oor die Persiese Ryk insluitende Egipte en gebiede so ver oos as die buitewyke van Indie Alexander het die regeringstyle van die verowerde gebiede aanvaar en die Griekse kultuur en geleerdheid het deur die enorme ryk versprei Hoewel die ryk in talle Hellenistiese regimes verbrokkel het na sy dood het sy verowerings n langdurige erfenis gelaat veral in die nuwe Griekssprekende stede wat regoor Persie se westelike gebiede ontstaan het en dit was die inleiding van die Hellenistiese tydperk In die verdeling van Alexander se ryk het Masedonie onder die Antipater dinastie beland wat na net n paar jaar in 294 v C deur die Antigonus dinastie omvergewerp is Hellenistiese tydperk Wysig Antipater en sy seun Kassander het beheer oor Masedonie gekry maar na Kassander se dood in 297 v C het n lang burgerlike stryd begin Die koninkryk is vir n rukkie regeer deur Demetrios I 294 288 v C maar n burgeroorlog het uitgebreek Demetrius se seun Antigonos II 277 239 v C het die orde herstel hoewel hy beheer oor baie van die Griekse stadstate verloor het Hy het n stabiele monargie tot stand gebring en Antigonos III 229 221 v C het hierop voortgebou deur Masedoniese beheer oor die streek te hervestig Konflik met Rome Wysig Onder Philippos V 221 179 v C en sy seun Perseus 179 168 v C het die koninkryk gebots met die opkomende Romeinse Republiek Tydens die 2de en 1ste eeu v C het Masedonie n reeks oorloe teen Rome geveg Twee groot nederlae was in 197 v C onder Philippos V en in 168 v C onder Perseus Dit het gelei tot die einde van die Antigonus dinastie en die Koninkryk van Masedonie Andriskos se kortstondige sukses om die monargie in 149 v C te herstel is gevolg deur n nederlaag die volgende jaar en die daarstel van direkte Romeinse regering oor Masedonie as n Romeinse provinsie Verwysings Wysig Faure 1981 Die Westerse Politieke Tradisie Pretoria H amp R Academica p 79 ISBN 0 86874 119 1 Macedonia Encyclopaedia Britannica in Engels Encyclopaedia Britannica aanlyn 2008 Geargiveer vanaf die oorspronklike op 14 April 2015 Besoek op 3 November 2008 Georg Autenrieth A Homeric Dictionary makednos in Engels Perseus tufts edu Geargiveer vanaf die oorspronklike op 20 Mei 2009 Besoek op 5 Mei 2009 Johann Baptist Hofmann 1950 Etymologisches Worterbuch des Griechischen R Oldenbourg Justin Epitome of the Philippic History of Pompeius Trogus 7 1 Errington R Malcolm en Errington Catherine A History of Macedonia ISBN 1 56619 519 5 1994 bl 4Verdere leesstof WysigBorza Eugene N Before Alexander constructing early Macedonia Claremont CA Regina Books 1999 ISBN 0 941690 97 0 Fox Robin Lane Alexander the Great Penguin Books 1973 ISBN 0 14 008878 4 Hammond Nicholas G L The Macedonian State Oxford University Press 1989 ISBN 0 19 814883 6 Hierdie artikel is vertaal vanuit die Engelse WikipediaOntsluit van https af wikipedia org w index php title Koninkryk van Masedonie amp ol,