fbpx
Wikipedia

Koerdies

Hierdie artikel handel oor die taal. Vir die etniese groep, sien Koerde.

Koerdies (كوردی, Kurdî, Kurdí), oftewel die Koerdiese tale (زمانی کوردی, Zimanê kurdî),[2][3] is 'n dialekkontinuum[4] wat aan die Irannese tale behoort en deur etniese Koerde in die geokulturele streek Koerdistan en die Koerdiese diaspora gepraat word. Die drie Koerdiese tale is Noord-Koerdies (Kurmanji), Sentraal-Koerdies (Sorani) en Suid-Koerdies (Xwarîn). 'n Ander groep van nie-Koerdiese Noordwestelike Irannese tale, die Zazaki-Gorani-tale, word ook deur miljoene se etniese Koerde gepraat.[5][6][7] Volgens ondersoeke in 2009 word die aantal Koerdiese moedertaalsprekers in Turkye op tussen 8 en 20 miljoen geraam. Die meerderheid Koerde praat Koermandsji.[8][9] Die meeste Koerdiese tekste is in Koermandsji en Sorani geskryf. Koermandsji word met die Hawar-alfabet geskryf, 'n aangepaste weergawe van die Latynse alfabet, en Sorani word met die Sorani-alfabet geskryf, 'n variant van die Arabiese alfabet.

Koerdies
كوردی, Kurdî, Kurdí
Zimanê kurdî, زمانی کوردی
Gepraat in:  Turkye
 Irak
 Iran
 Sirië
 Armenië
 Azerbeidjan
 Georgië
 Duitsland 
Gebied: Wes-Asië
Totale sprekers: 30 miljoen[1]
Taalfamilie: Indo-Europees
 Indo-Irannees
  Irannees
   Wes-Irannees
    Koerdies 
Skrifstelsel: Arabiese alfabet, Latynse alfabet 
Amptelike status
Amptelike taal in:  Irak
Gereguleer deur: geen
Taalkodes
ISO 639-1: ku
ISO 639-2: kur
ISO 639-3: kur 
Verspreiding van Koerdiese tale wat deur Koerde gepraat word:

   Koermandsji

   Sorani

   Suid-Koerdies

   Zazaki

   Gorani

   gemeng

Die woord "Kurdî", كوردی, in die Arabiese en Latynse alfabete

Die kategorisering van Laki as 'n dialek van Suid-Koerdies of as 'n vierde Koerdiese taal is tans die onderwerp van 'n debat,[10] maar die onderskeie tussen Laki en ander Suid-Koerdiese dialekte is minimaal.[4]

Tot in die 20ste eeu was die literêre uitset in Koerdies veral beperk tot poësie, toe meer algemene literatuur verskyn het. Vandag word veral die twee Koerdiese dialekte Koermandsji en Sorani vir skryfwerk gebruik. Sorani is saam met Arabies een van Irak se twee ampstale en word in politieke dokumente eenvoudig "Koerdies" genoem.[11][12]

Verwysings

  1. (en) "Ethnologue: Languages of the World, Seventeenth edition, Kurdish". Ethnologue. vanaf die oorspronklike op 5 Mei 2020. Besoek op 20 Maart 2021.
  2. (ku) ئەمین, هاشم (10 Junie 2017). . Journal of University of Human Development. 3 (2): 172–187. doi:10.21928/juhd.20170610.07. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 15 April 2021. Besoek op 1 Desember 2020.
  3. (ku) Khalid, Hewa Salam (November 2019). "Zimanê kurdî, malbat û zarên wî". International Journal of Kurdiname (1). Besoek op 1 Desember 2020.
  4. 4,0 4,1 (en) "Lak Tribe". Encyclopædia Iranica. Besoek op 20 Maart 2021.
  5. (en) Kaya, Mehmet. The Zaza Kurds of Turkey: A Middle Eastern Minority in a Globalised Society. ISBN 1-84511-875-8.
  6. (en) . Geargiveer vanaf die oorspronklike op 18 Januarie 2012. Besoek op 23 Desember 2011.
  7. (en) McDowall, David (14 Mei 2004). A Modern History of the Kurds: Third Edition – David McDowall – Google Books. ISBN 978-1-85043-416-0. Besoek op 18 Desember 2012.
  8. (en) "Kurmanji". vanaf die oorspronklike op 4 Maart 2016. Besoek op 24 Februarie 2016.
  9. (en) "Kurmanji Kurdish" (PDF). (PDF) vanaf die oorspronklike op 4 Maart 2016. Besoek op 24 Februarie 2016.
  10. (en) "Atlas of the Languages of Iran A working classification". Languages of Iran. Besoek op 25 Mei 2019.
  11. (en) Allison, Christine (2012). The Yezidi Oral Tradition in Iraqi Kurdistan. Routledge. ISBN 978-1-136-74655-0.
  12. (en) . Kurdish Academy of Language. 5 Maart 2016. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 5 Maart 2016.

Eksterne skakels

Sien gerus Wikipedia se uitgawe in Koerdies

Koerdies
koerdies, hierdie, artikel, handel, taal, etniese, groep, sien, koerde, كوردی, kurdî, kurdí, oftewel, tale, زمانی, کوردی, zimanê, kurdî, dialekkontinuum, irannese, tale, behoort, deur, etniese, koerde, geokulturele, streek, koerdistan, diaspora, gepraat, word,. Hierdie artikel handel oor die taal Vir die etniese groep sien Koerde Koerdies كوردی Kurdi Kurdi oftewel die Koerdiese tale زمانی کوردی Zimane kurdi 2 3 is n dialekkontinuum 4 wat aan die Irannese tale behoort en deur etniese Koerde in die geokulturele streek Koerdistan en die Koerdiese diaspora gepraat word Die drie Koerdiese tale is Noord Koerdies Kurmanji Sentraal Koerdies Sorani en Suid Koerdies Xwarin n Ander groep van nie Koerdiese Noordwestelike Irannese tale die Zazaki Gorani tale word ook deur miljoene se etniese Koerde gepraat 5 6 7 Volgens ondersoeke in 2009 word die aantal Koerdiese moedertaalsprekers in Turkye op tussen 8 en 20 miljoen geraam Die meerderheid Koerde praat Koermandsji 8 9 Die meeste Koerdiese tekste is in Koermandsji en Sorani geskryf Koermandsji word met die Hawar alfabet geskryf n aangepaste weergawe van die Latynse alfabet en Sorani word met die Sorani alfabet geskryf n variant van die Arabiese alfabet Koerdies كوردی Kurdi KurdiZimane kurdi زمانی کوردیGepraat in Turkye Irak Iran Sirie Armenie Azerbeidjan Georgie Duitsland Gebied Wes AsieTotale sprekers 30 miljoen 1 Taalfamilie Indo Europees Indo Irannees Irannees Wes Irannees Koerdies Skrifstelsel Arabiese alfabet Latynse alfabet Amptelike statusAmptelike taal in Irak KoerdistanGereguleer deur geenTaalkodesISO 639 1 kuISO 639 2 kurISO 639 3 kur Nota Hierdie bladsy kan IFA fonetiese simbole in Unicode bevat Verspreiding van Koerdiese tale wat deur Koerde gepraat word Koermandsji Sorani Suid Koerdies Zazaki Gorani gemeng Die woord Kurdi كوردی in die Arabiese en Latynse alfabete Die kategorisering van Laki as n dialek van Suid Koerdies of as n vierde Koerdiese taal is tans die onderwerp van n debat 10 maar die onderskeie tussen Laki en ander Suid Koerdiese dialekte is minimaal 4 Tot in die 20ste eeu was die literere uitset in Koerdies veral beperk tot poesie toe meer algemene literatuur verskyn het Vandag word veral die twee Koerdiese dialekte Koermandsji en Sorani vir skryfwerk gebruik Sorani is saam met Arabies een van Irak se twee ampstale en word in politieke dokumente eenvoudig Koerdies genoem 11 12 Verwysings Wysig en Ethnologue Languages of the World Seventeenth edition Kurdish Ethnologue Geargiveer vanaf die oorspronklike op 5 Mei 2020 Besoek op 20 Maart 2021 ku ئەمین هاشم 10 Junie 2017 زمانی فەرمی و پێگەى زمانی کوردى لەنێو زمانە جیهانییەکاندا Journal of University of Human Development 3 2 172 187 doi 10 21928 juhd 20170610 07 Geargiveer vanaf die oorspronklike op 15 April 2021 Besoek op 1 Desember 2020 ku Khalid Hewa Salam November 2019 Zimane kurdi malbat u zaren wi International Journal of Kurdiname 1 Besoek op 1 Desember 2020 4 0 4 1 en Lak Tribe Encyclopaedia Iranica Besoek op 20 Maart 2021 en Kaya Mehmet The Zaza Kurds of Turkey A Middle Eastern Minority in a Globalised Society ISBN 1 84511 875 8 en Languages of the Middle East Geargiveer vanaf die oorspronklike op 18 Januarie 2012 Besoek op 23 Desember 2011 en McDowall David 14 Mei 2004 A Modern History of the Kurds Third Edition David McDowall Google Books ISBN 978 1 85043 416 0 Besoek op 18 Desember 2012 en Kurmanji Geargiveer vanaf die oorspronklike op 4 Maart 2016 Besoek op 24 Februarie 2016 en Kurmanji Kurdish PDF Geargiveer PDF vanaf die oorspronklike op 4 Maart 2016 Besoek op 24 Februarie 2016 en Atlas of the Languages of Iran A working classification Languages of Iran Besoek op 25 Mei 2019 en Allison Christine 2012 The Yezidi Oral Tradition in Iraqi Kurdistan Routledge ISBN 978 1 136 74655 0 en Kurdish language issue and a divisive approach Kurdish Academy of Language 5 Maart 2016 Geargiveer vanaf die oorspronklike op 5 Maart 2016 Eksterne skakels Wysig Sien gerus Wikipedia se uitgawe in Koerdies Wikimedia Commons het meer media in die kategorie Koerdies Wikiwoordeboek het n inskrywing vir Koerdies en Kurdish language Encyclopaedia Britannica Besoek op 20 Maart 2021 en Kurdish language Encyclopaedia Iranica Besoek op 20 Maart 2021 Ontsluit van https af wikipedia org w index php title Koerdies amp oldid 2437475,