fbpx
Wikipedia

Kobalt

27 ysterkobaltnikkel
-

Co

Rh
Algemeen
Naam, simbool, getal kobalt, Co, 27
Chemiese reeks oorgangsmetale
Groep, periode, blok 9, 4, d
Voorkoms
Atoommassa 58.933200(9) g/mol
Elektronkonfigurasie [Ar] 3d7 4s2
Elektrone per skil 2, 8, 15, 2
Fisiese eienskappe
Digtheid (naby k.t.) 8.90 g/cm³
Vloeistof digtheid teen s.p. 7.75 g/cm³
Smeltpunt 1768 K
(1495 °C)
Kookpunt 3200 K
(2927 °C)
Smeltingswarmte 16.06 kJ/mol
Verdampingswarmte 377 kJ/mol
Warmtekapasiteit (25 °C) 24.81 J/(mol·K)
Dampdruk
P/Pa 1 10 100 1 k 10 k 100 k
teen T/K 1790 1960 2165 2423 2755 3198
Atoomeienskappe
Kristalstruktuur heksagonaal
Stukturbericht-kode A3
Oksidasietoestande 2, 3
(amfoteriese oksied)
Elektronegatiwiteit 1.88 (Skaal van Pauling)
Ionisasie-energieë 1ste: 760.4 kJ/mol
2de: 1648 kJ/mol
3de: 3232 kJ/mol
Atoomradius 135 pm
Atoomradius (ber.) 152 pm
Kovalente radius 126 pm
Diverse
Elektriese resistiwiteit (20 °C) 62.4 nΩ·m
Termiese geleidingsvermoë (300 K) 100 W/(m·K)
Termiese uitsetting (25 °C) 13.0 µm/(m·K)
Spoed van klank (dun staaf) (20 °C) 4720 m/s
Young se modulus 209 GPa
Skuifmodulus 75 GPa
Massamodulus 180 GPa
Poissonverhouding 0.31
Mohs se hardheid 5.0
Vickers hardheid 1043 MPa
Brinell hardheid 700 MPa
CAS-registernommer 7440-48-4
Vernaamste isotope
Hoofartikel: Isotope van kobalt
iso NV halfleeftyd VM VE (MeV) VP
56Co sin 77.27 d ε 4.566 56Fe
57Co sin 271.79 d ε 0.836 57Fe
58Co sin 70.86 d ε 2.307 58Fe
59Co 100% Co is stabiel met 32 neutrone
60Co sin 5.2714 jaar β- 2.824 60Ni
Verwysings

Kobalt is 'n chemiese element in die periodieke tabel met die simbool Co en atoomgetal van 27.

Kenmerkende eienskappe

Kobalt is 'n harde ferromagnetiese silwerwit element. Die Curie-temperatuur is 1388 K met 1.6~1.7 Bohr magnetone per atoom. Dit word dikwels saam met nikkel gevind en beide hierdie elemente is kenmerkende elemente in meteoritiese yster. Soogdiere vereis klein hoeveelhede kobaltsoute in hul dieet. Kobalt-60 is 'n kunsmatig vervaardigde radioaktiewe isotoop van kobalt en is 'n belangrike radioaktiewe spoorder en middel vir die behandeling van kanker. Kobalt het 'n relatiewe deurdringbaarheid gelyk aan twee derdes dié van yster. Metallieke kobalt verteenwoordig 'n mengsel van twee kristallografiese strukture, heksagonaal diggepak en kubies vlakgesentreerd met 'n oorgangstemperatuur tussen die kristalstrukture van 722 K.

Algemene oksidasietoestande van kobalt is +2 en +3, +1 is egter ook al waargeneem.

Aanwendings

  • Legerings, soos:
  • Magnete en magnetiese stoormedia.
    • Alnico magnete.
  • Katalisatore vir die ru-olie en chemiese nywerhede.
  • elektroplatering vanweë die voorkoms, hardheid en weerstand tot oksidasie.
  • Drogingsmiddels vir verf, vernis en ink.
  • Onderlaag vir glasemalje op porselein.
  • Pigmente (kobaltblou en kobaltgroen).
  • Battery-elektrodes.
  • Staalversterkte bande
  • Kobalt-60 as gammastraalbron vind verskeie toepassings:
    • Dit word gebruik in radioterapie.
    • Dit word gebruik vir die sterilisasie van voedsel (koue pasteurisasie).
    • Dit word gebruik in industriële radiografie om strukturele foute in metaalkomponente op te spoor.

60Co is 'n nuttige bron van gammastrale deels omdat dit in bepaalde klein hoeveelhede en op groot maat vervaardig kan word deur natuurlie kobalt eenvoudig aan neutrone in 'n reaktor bloot te stel vir 'n gegewe tyd.

Geneeskundige gebruike

Kobalt-60 is 'n radio-aktiewe metaal wat gebruik word in radioterapie. Dit straal twee soorte gammastrale uit met energieë van 1.17 MeV en 1.33 MeV. Die 60Co bron is ongeveer 2 cm in deursnee en produseer gevolglik 'n geometriese penumbra, wat die grens van die stalingsveld vaag maak. Die metaal verpoeier ongelukkig maklik tot 'n fyn stof wat probleme veroorsaak met die beveiliging teen straling. Die 60Co bron is nuttig vir ongeveer 5 jaar maar is selfs hierna steeds baie radio-aktief, wat veroorsaak het dat 60Co masjiene deesdae baie minder gewild is in die Westerse wêreld waar partikelversnellers meer algemeen voorkom. Die eerste 60Co terapie masjien (die "kobaltbom") is in Kanada gebou en gebruik. Hierdie masjien kan besigtig word by die Saskatoon Kankernavorsingsentrum besigtig word waar dit in die voorportaal uitgestal word.

Geskiedenis

 
Kobaltblou glas

Kobalt se verbindings is al sedert antieke tye bekend, waar dit gebruik was om glas 'n diep blou te kleur.

Die ontdekking van kobalt word aan George Barndt (1694–1768) toegeskryf. Die presiese datum van die ontdekking wissel volgens bron maar dit was iewers tussen 1730 en 1737 gewees. Dit was vir hom moontlik om te wys dat kobalt die bron was van die blou kleur in glase waar die kleur voorheen toegeskryf was aan bismut wat saam met die kobalt voorgekom het.

Gedurende die 19de eeu, is kobaltblou by die Norweegse Blaafarveværket (Bykans 70-80% van wêreldproduksie), geproduseer onder leiding van die Pruisiese nyweraar Benjamin Wegner.

In 1938 het John Liningood en Glenn Seaborg kobalt-60 ontdek.

Die woord kobalt is afkomstig van die Duitse woord kobold, wat bose gees beteken, so genoem deur die myners vanweë sy giftigheid en probleme wat dit veroorsaak het (dit het die ander ontginde minerale, soos Nikkel, besoedel). Ander dink weer die naam kom uit die oorspronklike Griekse woord kobalos wat 'myn' beteken.

Biologiese rol

Kobalt is in klein hoeveelhede noodsaaklike vir vele lewende organismes, insluitende die mens. 'n Konsentrasie van 0.13 tot 0.3 mg/kg kobalt in die grond het 'n opmerklike invloed op die gesondheid van weidiere. Kobalt is ook die sleutelkomponent van die vitamien kobalamien of dan vitamien B-12.

Verspreiding

 
Kobalterts

Kobalt kom nie in die natuur in vrye metaalvorm voor nie. Kobalt word gewoonlik ook nie alleen gemyn nie en is geneig om as byproduk van nikkel en koper ontgin te word. Die hoofertse van kobalt is kobaltiet, eritriet, gloukodot en skutterudiet. Die wêreld se grootste vervaardigers van kobalt is die D.R.Kongo, China, Zambië, Rusland en Australië.

Verbindings

As gevolg van die vele oksidasietoestande is daar 'n oorvloedige aantal verbindings. Oksiede is antiferromagneties teen lae temperature CoO (Néeltemperatuur: 291 K) en Co3O4 (Néeltemperatuur: 40 K).

'n Belangrike verbinding wat in batterye verwend word is litiumkobaltiet (LixCoO2).

Isotope

Kobalt kom in die natuur in een stabiele isotoop voor, naamlik 59Co. 22 Radio-isotope is geëien met die mees stabiele hiervan 60Co met 'n halfleeftyd van 5.2714 jaar, 57Co met 'n halfleeftyd van 271.79 dae en 56Co met 'n halfleeftyd van 77.27 dae en 58Co met 'n halfleeftyd van 70.86 dae. Die oorblywende radio-aktiewe isotope het halfleeftye wat minder is as 18 ure en die meerderheid van hierdies se halfleeftye is korter as 'n sekonde. Hierdie element het ook 4 metatoestande, waarvan almal 'n halfleeftyd van korter as 15 minute het.

Die isotope van kobalt se atoommassas wissel tussen 50 ame (50Co) tot 73 ame (73Co). Die primêre vervalmodus voor die mees algemene isotoop, 59Co, is elektronvangs en die primêre modus daarna is betaverval. Die primêre vervalprodukte voor 59Co is element 26 (yster) isotope en die primêre produkte daarna is isotope van element 28 (nikkel).

Voorsorgmaatreëls

Verpoeierde kobalt in sy metaalvorm verteenwoordig 'n brandgevaar. Kobaltverbindings moet met omsigtigheid gehanteer word vanweë kobalt se effense toksisiteit.

Kobalt-60 is 'n sterk gamma-straler en blootstelling aan 60Co verteenwoordig 'n kankergevaar. Inname van 60Co sal lei tot die opneem van die kobalt in die weefsels wat daarna baie stadig weer vrygestel word. Kobalt-60 is 'n risiko faktor tydens kernontploffings aangesien neutronstralings yster in hierdie isotoop kan omsit. Sommige kernwapens is doelbewus ontwerp om die hoeveelheid Kobalt-60 wat versprei word te verhoog; dit word ook soms in Engels na verwys as 'n "dirty bomb" of kobaltbom. Die gevare in vredestyd behels die onverskillige hantering daarvan of diefstal uit mediese radioterapeutiese eenhede.

Verwysings

  • Los Alamos National Laboratory artikel oor Kobalt

Eksterne skakels

  • WebElements.com – se artikel oor Kobalt
  • Londen vier 50 jaar van Kobalt-60 Radioterapie 27 September 2007 op Wayback Machine



Kobalt
kobalt, yster, kobalt, nikkel, periodieke, tabelalgemeennaam, simbool, getal, kobalt, 27chemiese, reeks, oorgangsmetalegroep, periode, blok, dvoorkomsatoommassa, 933200, molelektronkonfigurasie, 4s2elektrone, skil, 2fisiese, eienskappedigtheid, naby, vloeistof. 27 yster kobalt nikkel Co Rh Periodieke tabelAlgemeenNaam simbool getal kobalt Co 27Chemiese reeks oorgangsmetaleGroep periode blok 9 4 dVoorkomsAtoommassa 58 933200 9 g molElektronkonfigurasie Ar 3d7 4s2Elektrone per skil 2 8 15 2Fisiese eienskappeDigtheid naby k t 8 90 g cm Vloeistof digtheid teen s p 7 75 g cm Smeltpunt 1768 K 1495 C Kookpunt 3200 K 2927 C Smeltingswarmte 16 06 kJ molVerdampingswarmte 377 kJ molWarmtekapasiteit 25 C 24 81 J mol K Dampdruk P Pa 1 10 100 1 k 10 k 100 kteen T K 1790 1960 2165 2423 2755 3198AtoomeienskappeKristalstruktuur heksagonaalStukturbericht kode A3Oksidasietoestande 2 3 amfoteriese oksied Elektronegatiwiteit 1 88 Skaal van Pauling Ionisasie energiee 1ste 760 4 kJ mol2de 1648 kJ mol3de 3232 kJ molAtoomradius 135 pmAtoomradius ber 152 pmKovalente radius 126 pmDiverseElektriese resistiwiteit 20 C 62 4 nW mTermiese geleidingsvermoe 300 K 100 W m K Termiese uitsetting 25 C 13 0 µm m K Spoed van klank dun staaf 20 C 4720 m sYoung se modulus 209 GPaSkuifmodulus 75 GPaMassamodulus 180 GPaPoissonverhouding 0 31Mohs se hardheid 5 0Vickers hardheid 1043 MPaBrinell hardheid 700 MPaCAS registernommer 7440 48 4Vernaamste isotopeHoofartikel Isotope van kobalt iso NV halfleeftyd VM VE MeV VP56Co sin 77 27 d e 4 566 56Fe57Co sin 271 79 d e 0 836 57Fe58Co sin 70 86 d e 2 307 58Fe59Co 100 Co is stabiel met 32 neutrone60Co sin 5 2714 jaar b 2 824 60NiVerwysingsKobalt is n chemiese element in die periodieke tabel met die simbool Co en atoomgetal van 27 Inhoud 1 Kenmerkende eienskappe 2 Aanwendings 2 1 Geneeskundige gebruike 3 Geskiedenis 4 Biologiese rol 5 Verspreiding 6 Verbindings 7 Isotope 8 Voorsorgmaatreels 9 Verwysings 10 Eksterne skakelsKenmerkende eienskappe WysigKobalt is n harde ferromagnetiese silwerwit element Die Curie temperatuur is 1388 K met 1 6 1 7 Bohr magnetone per atoom Dit word dikwels saam met nikkel gevind en beide hierdie elemente is kenmerkende elemente in meteoritiese yster Soogdiere vereis klein hoeveelhede kobaltsoute in hul dieet Kobalt 60 is n kunsmatig vervaardigde radioaktiewe isotoop van kobalt en is n belangrike radioaktiewe spoorder en middel vir die behandeling van kanker Kobalt het n relatiewe deurdringbaarheid gelyk aan twee derdes die van yster Metallieke kobalt verteenwoordig n mengsel van twee kristallografiese strukture heksagonaal diggepak en kubies vlakgesentreerd met n oorgangstemperatuur tussen die kristalstrukture van 722 K Algemene oksidasietoestande van kobalt is 2 en 3 1 is egter ook al waargeneem Aanwendings WysigLegerings soos Superlegerings vir onderdele van gasturbine in stralerenjins Korrosie en slytasiebestande legerings Hoespoedstale Gesementeerde karbied en diamantgereedskap Magnete en magnetiese stoormedia Alnico magnete Katalisatore vir die ru olie en chemiese nywerhede elektroplatering vanwee die voorkoms hardheid en weerstand tot oksidasie Drogingsmiddels vir verf vernis en ink Onderlaag vir glasemalje op porselein Pigmente kobaltblou en kobaltgroen Battery elektrodes Staalversterkte bande Kobalt 60 as gammastraalbron vind verskeie toepassings Dit word gebruik in radioterapie Dit word gebruik vir die sterilisasie van voedsel koue pasteurisasie Dit word gebruik in industriele radiografie om strukturele foute in metaalkomponente op te spoor 60Co is n nuttige bron van gammastrale deels omdat dit in bepaalde klein hoeveelhede en op groot maat vervaardig kan word deur natuurlie kobalt eenvoudig aan neutrone in n reaktor bloot te stel vir n gegewe tyd Geneeskundige gebruike Wysig Kobalt 60 is n radio aktiewe metaal wat gebruik word in radioterapie Dit straal twee soorte gammastrale uit met energiee van 1 17 MeV en 1 33 MeV Die 60Co bron is ongeveer 2 cm in deursnee en produseer gevolglik n geometriese penumbra wat die grens van die stalingsveld vaag maak Die metaal verpoeier ongelukkig maklik tot n fyn stof wat probleme veroorsaak met die beveiliging teen straling Die 60Co bron is nuttig vir ongeveer 5 jaar maar is selfs hierna steeds baie radio aktief wat veroorsaak het dat 60Co masjiene deesdae baie minder gewild is in die Westerse wereld waar partikelversnellers meer algemeen voorkom Die eerste 60Co terapie masjien die kobaltbom is in Kanada gebou en gebruik Hierdie masjien kan besigtig word by die Saskatoon Kankernavorsingsentrum besigtig word waar dit in die voorportaal uitgestal word Geskiedenis Wysig Kobaltblou glas Kobalt se verbindings is al sedert antieke tye bekend waar dit gebruik was om glas n diep blou te kleur Die ontdekking van kobalt word aan George Barndt 1694 1768 toegeskryf Die presiese datum van die ontdekking wissel volgens bron maar dit was iewers tussen 1730 en 1737 gewees Dit was vir hom moontlik om te wys dat kobalt die bron was van die blou kleur in glase waar die kleur voorheen toegeskryf was aan bismut wat saam met die kobalt voorgekom het Gedurende die 19de eeu is kobaltblou by die Norweegse Blaafarvevaerket Bykans 70 80 van wereldproduksie geproduseer onder leiding van die Pruisiese nyweraar Benjamin Wegner In 1938 het John Liningood en Glenn Seaborg kobalt 60 ontdek Die woord kobalt is afkomstig van die Duitse woord kobold wat bose gees beteken so genoem deur die myners vanwee sy giftigheid en probleme wat dit veroorsaak het dit het die ander ontginde minerale soos Nikkel besoedel Ander dink weer die naam kom uit die oorspronklike Griekse woord kobalos wat myn beteken Biologiese rol WysigKobalt is in klein hoeveelhede noodsaaklike vir vele lewende organismes insluitende die mens n Konsentrasie van 0 13 tot 0 3 mg kg kobalt in die grond het n opmerklike invloed op die gesondheid van weidiere Kobalt is ook die sleutelkomponent van die vitamien kobalamien of dan vitamien B 12 Verspreiding Wysig Kobalterts Kobalt kom nie in die natuur in vrye metaalvorm voor nie Kobalt word gewoonlik ook nie alleen gemyn nie en is geneig om as byproduk van nikkel en koper ontgin te word Die hoofertse van kobalt is kobaltiet eritriet gloukodot en skutterudiet Die wereld se grootste vervaardigers van kobalt is die D R Kongo China Zambie Rusland en Australie Verbindings WysigAs gevolg van die vele oksidasietoestande is daar n oorvloedige aantal verbindings Oksiede is antiferromagneties teen lae temperature CoO Neeltemperatuur 291 K en Co3O4 Neeltemperatuur 40 K n Belangrike verbinding wat in batterye verwend word is litiumkobaltiet LixCoO2 Isotope WysigKobalt kom in die natuur in een stabiele isotoop voor naamlik 59Co 22 Radio isotope is geeien met die mees stabiele hiervan 60Co met n halfleeftyd van 5 2714 jaar 57Co met n halfleeftyd van 271 79 dae en 56Co met n halfleeftyd van 77 27 dae en 58Co met n halfleeftyd van 70 86 dae Die oorblywende radio aktiewe isotope het halfleeftye wat minder is as 18 ure en die meerderheid van hierdies se halfleeftye is korter as n sekonde Hierdie element het ook 4 metatoestande waarvan almal n halfleeftyd van korter as 15 minute het Die isotope van kobalt se atoommassas wissel tussen 50 ame 50Co tot 73 ame 73Co Die primere vervalmodus voor die mees algemene isotoop 59Co is elektronvangs en die primere modus daarna is betaverval Die primere vervalprodukte voor 59Co is element 26 yster isotope en die primere produkte daarna is isotope van element 28 nikkel Voorsorgmaatreels WysigVerpoeierde kobalt in sy metaalvorm verteenwoordig n brandgevaar Kobaltverbindings moet met omsigtigheid gehanteer word vanwee kobalt se effense toksisiteit Kobalt 60 is n sterk gamma straler en blootstelling aan 60Co verteenwoordig n kankergevaar Inname van 60Co sal lei tot die opneem van die kobalt in die weefsels wat daarna baie stadig weer vrygestel word Kobalt 60 is n risiko faktor tydens kernontploffings aangesien neutronstralings yster in hierdie isotoop kan omsit Sommige kernwapens is doelbewus ontwerp om die hoeveelheid Kobalt 60 wat versprei word te verhoog dit word ook soms in Engels na verwys as n dirty bomb of kobaltbom Die gevare in vredestyd behels die onverskillige hantering daarvan of diefstal uit mediese radioterapeutiese eenhede Verwysings WysigLos Alamos National Laboratory artikel oor KobaltEksterne skakels WysigWikimedia Commons bevat media in verband met Cobalt Sien kobalt in Wiktionary die vrye woordeboek WebElements com se artikel oor Kobalt Londen vier 50 jaar van Kobalt 60 Radioterapie Geargiveer 27 September 2007 op Wayback Machine H HeLi Be B C N O F NeNa Mg Al Si P S Cl ArK Ca Sc Ti V Cr Mn Fe Co Ni Cu Zn Ga Ge As Se Br KrRb Sr Y Zr Nb Mo Tc Ru Rh Pd Ag Cd In Sn Sb Te I XeCs Ba La Ce Pr Nd Pm Sm Eu Gd Tb Dy Ho Er Tm Yb Lu Hf Ta W Re Os Ir Pt Au Hg Tl Pb Bi Po At RnFr Ra Ac Th Pa U Np Pu Am Cm Bk Cf Es Fm Md No Lr Rf Db Sg Bh Hs Mt Ds Rg Cn Nh Fl Mc Lv Ts OgAlkalimetale Aardalkalimetale Lantaniede Aktiniede Oorgangsmetale Hoofgroepmetale Metalloide Niemetale Halogene Edelgasse Chemie onbekendOntsluit van https af wikipedia org w index php title Kobalt amp oldid 2437440,