×
Kloofpadda

Die kloofpadda (Natalobatrachus bonebergi) is 'n paddaspesie in die Petropedetidae-familie. Dit is die enigste spesie in die genus Natalobatrachus en is endemies aan Suid-Afrika.

Kloofpadda
Wetenskaplike klassifikasie
Koninkryk:
Filum:
Klas:
Orde:
Familie:
Petropedetidae
Genus:
Natalobatrachus

Methuen & Hewitt, 1912
Spesie:
N. bonebergi
Binomiale naam
Natalobatrachus bonebergi
Methuen & Hewitt, 1912

Die spesie is die eerste keer in 1912 deur Hewitt & Methuen wetenskaplik beskryf. Later is die wetenskaplike naam Phrynobatrachus bonebergi gebruik.

Dit is 'n klein tot mediumgroot padda. Wyfies word tot 37 mm en mannetjies tot 25 mm lank.

Inhoud

Die kloofpadda se habitat is beperk tot die suidooste van Suid-Afrika, van die Dwesa-natuurreservaat in die Oos-Kaap tot by die suidelike en sentrale KwaZulu-Natal. Natalobatrachus bonebergi word slegs onder 900 m bo die seevlak aangetref. Die habitat van die padda bestaan uit kusbosse en galerybos: meestal bosstroke langs riviere.

Paring vind plaas in stroompies en die eiers word in eierpakkies aan planttakke bo die water gehang; dit lyk soos skuimbolle. Hierna val die uitgebroeide paddavissies af in die water en ontwikkel daar verder tot klein paddatjies.

Natalobatrachus bonebergi is 'n seldsame en bedreigde spesie. Die agteruitgang van sy voortplantingswater en die besoedeling van sy habitat het 'n negatiewe impak op sy voortbestaan. Daarbenewens het groot dele van sy verspreidingsgebied plek gemaak vir suikerrietplantasies, bosbou en ander vorme van akkerbou. Die kloofpadda kan egter nie in oop gebiede oorleef nie; hy het klam plekke rondom riviere of die kus nodig.

  1. Amphibia Web. (in Engels). vanaf die oorspronklike op 9 Oktober 2019.
  2. Minter, L., Channing, A. & Harrison, J. . Besoek op20 Januarie 2014.CS1 maint: uses authors parameter (link)
Hierdie artikel is ’n saadjie. Voel vry om Wikipedia te help deur dit uit te brei.

Publikasie datum: Augustus 07, 2021

kloofpadda, kloofpadda, natalobatrachus, bonebergi, paddaspesie, petropedetidae, familie, enigste, spesie, genus, natalobatrachus, endemies, suid, afrika, bewaringstatusbedreig, iucn, wetenskaplike, klassifikasiekoninkryk, animaliafilum, chordataklas, amphibia. Die kloofpadda 1 Natalobatrachus bonebergi is n paddaspesie in die Petropedetidae familie Dit is die enigste spesie in die genus Natalobatrachus en is endemies aan Suid Afrika KloofpaddaBewaringstatusBedreig IUCN 3 1 Wetenskaplike klassifikasieKoninkryk AnimaliaFilum ChordataKlas AmphibiaOrde AnuraFamilie PetropedetidaeGenus Natalobatrachus Methuen amp Hewitt 1912Spesie N bonebergiBinomiale naamNatalobatrachus bonebergi Methuen amp Hewitt 1912 Die spesie is die eerste keer in 1912 deur Hewitt amp Methuen wetenskaplik beskryf Later is die wetenskaplike naam Phrynobatrachus bonebergi gebruik Dit is n klein tot mediumgroot padda Wyfies word tot 37 mm en mannetjies tot 25 mm lank 2 Inhoud 1 Verspreiding en habitat 2 Voortplanting 3 Bedreig 4 BronneVerspreiding en habitat WysigDie kloofpadda se habitat is beperk tot die suidooste van Suid Afrika van die Dwesa natuurreservaat in die Oos Kaap tot by die suidelike en sentrale KwaZulu Natal 2 Natalobatrachus bonebergi word slegs onder 900 m bo die seevlak aangetref Die habitat van die padda bestaan uit kusbosse en galerybos meestal bosstroke langs riviere Voortplanting WysigParing vind plaas in stroompies en die eiers word in eierpakkies aan planttakke bo die water gehang dit lyk soos skuimbolle Hierna val die uitgebroeide paddavissies af in die water en ontwikkel daar verder tot klein paddatjies Bedreig WysigNatalobatrachus bonebergi is n seldsame en bedreigde spesie 3 Die agteruitgang van sy voortplantingswater en die besoedeling van sy habitat het n negatiewe impak op sy voortbestaan Daarbenewens het groot dele van sy verspreidingsgebied plek gemaak vir suikerrietplantasies bosbou en ander vorme van akkerbou Die kloofpadda kan egter nie in oop gebiede oorleef nie hy het klam plekke rondom riviere of die kus nodig Bronne Wysig Marais J Checklist Southern African Frogs 2 0 2 1 Amphibia Web Natalobatrachus bonebergi in Engels Geargiveer vanaf die oorspronklike op 9 Oktober 2019 Minter L Channing A amp Harrison J 2006 IUCN Rooilys van Bedreigde spesies Natalobatrachus bonebergi Besoek op 20 Januarie 2014 CS1 maint uses authors parameter link Hierdie artikel is n saadjie Voel vry om Wikipedia te help deur dit uit te brei Ontsluit van https af wikipedia org w index php title Kloofpadda amp ol,