×
Kleurlading

’n Kleurlading in teoretiese fisika is ’n eienskap van kwarke en gluone wat verband hou met die deeltjies se sterk wisselwerkings in die teorie van kwantum-chromodinamika (KCD). Daar is geen verband tussen die "kleur" van kwarke en gluone en kleure wat die oog waarneem nie. Dit is eerder ’n gerieflike (en ietwat onvanpaste) naam vir ’n eienskap wat feitlik glad nie voorkom op afstande groter as die grootte van ’n atoomkern nie.

Kwarke se kleurladings (rooi, groen en blou) is saam kleurloos.
Antikwarke se kleurladings (antirooi, antigroen en antiblou) is saam ook kleurloos.

Die term "kleur" is gekies omdat die abstrakte eienskap waarna dit verwys, drie soorte waardes het, nes daar drie primêre kleure is: rooi, groen en blou. Net soos wat die drie primêre kleure saam wit is, kan ’n kombinasie van drie deeltjies met ’n rooi, groen en blou kleurlading elk nie in wisselwerking tree met kleurladings van buite nie (dit is dus "wit"). In teenstelling daarmee het ’n elektromegnetiese lading net een soort waarde. (Postiewe en negatiewe elektriese ladings is dieselfde soort lading; slegs die teken verskil. Kleurladings kan ook negatief wees – so is ’n antirooi kleurlading bloot ’n negatiewe rooi kleurlading.)

Kort nadat die bestaan van kwarke in 1964 die eerste keer voorgestel is, het Oscar W. Greenberg die kleurlading voorgestel om te verduidelik hoe kwarke saam in sommige hadrone kan bestaan in andersins identiese kwantumtoestande sonder om die Uitsluitingsbeginsel van Pauli te oortree.

In KCD kan ’n kwark se kleur een van drie waardes wees: rooi groen of blou. ’n Antikwark kan een van drie antikleure wees: antirooi, antigroen en antiblou (voorgestel as cyan, magenta en geel onderskeidelik). Gluone is mengsels van twee kleure, soos rooi en antigroen.

  1. Feynman, Richard (1985), QED: The Strange Theory of Light and Matter, Princeton University Press, p. 136, ISBN 0-691-08388-6
  2. *Close, Frank (2007), The New Cosmic Onion, Taylor & Francis, ISBN 1-58488-798-2

Publikasie datum: September 26, 2021

kleurlading, teoretiese, fisika, eienskap, kwarke, gluone, verband, deeltjies, sterk, wisselwerkings, teorie, kwantum, chromodinamika, daar, geen, verband, tussen, kleur, kwarke, gluone, kleure, waarneem, eerder, gerieflike, ietwat, onvanpaste, naam, eienskap,. n Kleurlading in teoretiese fisika is n eienskap van kwarke en gluone wat verband hou met die deeltjies se sterk wisselwerkings in die teorie van kwantum chromodinamika KCD Daar is geen verband tussen die kleur van kwarke en gluone en kleure wat die oog waarneem nie 1 Dit is eerder n gerieflike en ietwat onvanpaste naam vir n eienskap wat feitlik glad nie voorkom op afstande groter as die grootte van n atoomkern nie Kwarke se kleurladings rooi groen en blou is saam kleurloos Antikwarke se kleurladings antirooi antigroen en antiblou is saam ook kleurloos Die term WysigDie term kleur is gekies omdat die abstrakte eienskap waarna dit verwys drie soorte waardes het nes daar drie primere kleure is rooi groen en blou 2 Net soos wat die drie primere kleure saam wit is kan n kombinasie van drie deeltjies met n rooi groen en blou kleurlading elk nie in wisselwerking tree met kleurladings van buite nie dit is dus wit In teenstelling daarmee het n elektromegnetiese lading net een soort waarde Postiewe en negatiewe elektriese ladings is dieselfde soort lading slegs die teken verskil Kleurladings kan ook negatief wees so is n antirooi kleurlading bloot n negatiewe rooi kleurlading Kort nadat die bestaan van kwarke in 1964 die eerste keer voorgestel is het Oscar W Greenberg die kleurlading voorgestel om te verduidelik hoe kwarke saam in sommige hadrone kan bestaan in andersins identiese kwantumtoestande sonder om die Uitsluitingsbeginsel van Pauli te oortree Die kleure WysigIn KCD kan n kwark se kleur een van drie waardes wees rooi groen of blou n Antikwark kan een van drie antikleure wees antirooi antigroen en antiblou voorgestel as cyan magenta en geel onderskeidelik Gluone is mengsels van twee kleure soos rooi en antigroen Verwysings Wysig Feynman Richard 1985 QED The Strange Theory of Light and Matter Princeton University Press p 136 ISBN 0 691 08388 6 Close Frank 2007 The New Cosmic Onion Taylor amp Francis ISBN 1 58488 798 2 Ontsluit van https af wikipedia org w index php title Kleurlading amp ol,