fbpx Kleinplaneet
Wikipedia

Kleinplaneet

Moenie verwar word met dwergplaneet nie.

’n Kleinplaneet (Engels: minor planet) is ’n astronomiese voorwerp wat in ’n direkte wentelbaan om die Son is en wat nie óf ’n hoofplaneet is óf oorspronklik as ’n komeet geklassifiseer is nie. Kleinplanete kan dwergplanete, asteroïdes, trojane, sentoure, Kuiper-gordel-voorwerpe en ander voorwerpe verder weg as die planeet Neptunus wees. Die eerste kleinplaneet wat ontdek is, was Ceres in 1801 (hoewel dit van sy ontdekking tot in 1851 as ’n ware planeet beskou is). Die wentelbane van meer as 570 000 voorwerpe is reeds aangeteken deur die Minor Planet Center in die VSA.

Ceres soos gesien deur die Hubble-ruimteteleskoop. Die kontras is vergroot om detail op die oppervlak te wys.
Ceres (links onder), die Maan en die Aarde volgens skaal.

Die term "kleinplaneet" word sedert die 19de eeu gebruik om hierdie voorwerpe te beskryf. Die term planetoïde is ook gebruik, veral vir groter voorwerpe. Histories was die terme "asteroïde", "kleinplaneet" en "planetoïde" min of meer sinonieme, maar die saak het ingewikkelder geraak nadat talle kleinplanete buite die wentelbaan van Jupiter en veral Neptunus ontdek is wat nie algemeen as asteroïdes beskou is nie. Sommige kleinplanete word dubbel geklassifiseer as komete ook.

Voor 2006 het die Internasionale Astronomiese Unie (IAU) die term "kleinplaneet" amptelik gebruik. Tydens sy 2006-byeenkoms het die unie kleinplanete en komete herklassifiseer in twee kategorieë: dwergplanete en klein sonnestelsel-liggame. Voorwerpe word dwergplanete genoem as hulle voldoende massa besit vir hul eie swaartekrag om rigiede liggaamskragte te oorwin, sodat dit 'n hidrostatiese ewewigsvorm (amper sferies) aanneem. Alle ander kleinplanete word "klein sonnestelsel-liggame" genoem. Volgens die IAU mag die term kleinplaneet vir laasgenoemde voorwerpe "nog gebruik word, maar in die algemeen word die term 'klein sonnestelsel-liggame' verkies". Vir nommer- en naamdoeleindes word die tradisionele onderskeid tussen kleinplanete en komete steeds gevolg.

Saturnus se maan Mimas is die kleinste liggaam sover bekend wat ’n hidrostatiese ewewigsvorm het (hoewel dit nie ’n dwergplaneet is nie omdat dit nie direk om die Son wentel nie), terwyl die asteroïde Pallas dalk die grootste liggaam is wat nie ’n hidrostatiese ewewigsvorm het nie. Die IAU het tot dusver vyf voorwerpe as dwergplanete geklassifiseer. Hulle is in volgorde van die Son af Ceres, Pluto, Haumea, Makemake en Eris.

Inhoud

Honderdduisende kleinplanete is al ontdek in die sonnestelsel – in 2009 teen ’n tempo van 3 000 per maand. Van die meer as 535 000 geregistreerde kleinplanete het 251 651 wentelbane wat bekend genoeg is dat permanente amptelike nommers aan hulle toegeken is. Hiervan het 16 154 amptelike name. Sedert September 2010 is die naamlose kleinplaneet met die laagste nommer (3708) 1974 ,FV1; maar daar is ook sommige kleinplanete met name wat nommers groter as 240 000 het.

Daar is verskeie breë indelings van kleinplanete:

  • Asteroïdes, waarvan die meeste tradisioneel liggame in die binneste sonnestelsel is.
    • Hoof-asteroïdegordel, dié met rofweg sirkelvormige wentelbane tussen Mars en Jupiter. Hulle is die oorspronklike en bekendste groep asteroïdes of kleinplanete.
    • Asteroïdes na aan die Aarde, dié waarvan die wentelbane binne Mars se wentelbaan lê. Hulle word verder volgens afstand geklassifiseer in:
      • Aten-asteroïdes
      • Amor-asteroïdes
      • Apollo-asteroïdes
    • Aarde-trojane, asteroïdes wat die Aarde se wentelbaan deel en wat swaartekrag betref, daaraan verbind is. Die enigste een in dié groep is 2010 TK7, waarvan die ontdekking in 2011 bekend gemaak is.
    • Mars-trojane, asteroïdes wat Mars se wentelbaan deel en wat swaartekrag betref daaraan verbind is. Agt sulke asteroïdes is bekend.
    • Jupiter-trojane, asteroïdes wat Jupiter se wentelbaan deel en wat swaartekrag betref daaraan verbind is.
  • Verafgeleë kleinplanete, ’n sambreelterm vir kleinplanete in die buitenste sonnestelsel.
    • Sentoure, liggame in die buitenste sonnestelsel tussen Jupiter en Neptunus. Hulle het onstabiele wentelbane weens die invloed van die groot planete en kom daarom waarskynlik van elders, moontlik van verder as Neptunus.
    • Neptunus-trojane, liggame wat Neptunus se wentelbaan deel en wat swaartekrag betref daaraan verbind is. Net ’n handvol is bekend.
    • Trans-Neptunus-trojane, liggame buite die wentelbaan van Neptunus, die verste planeet.
      • Die Kuiper-gordel, liggame in ’n streek in die sonnestelsel anderkant die planete wat strek van die wentelbaan van Neptunus (30 AE) tot ongeveer 50 AE van die Son af.
        • Klassieke Kuiper-gordel-voorwerpe, ook bekend as cubewano's, wat in relatief sirkelvormige wentelbane is wat nie in resonansie met Neptunus is nie.
        • Plutino's, liggame soos Pluto wat in ’n 2:3-resonansie met Neptunus is, en ander resonante trans-Neptunus-voorwerpe. Dit is ’n redelik groot groep.
      • Verspreide skyf, voorwerpe met hul verste punt van die Son af buite die Kuiper-gordel en wat moontlik deur Neptunus verstrooi is.
      • Los voorwerpe, soos 90377 Sedna, waarvan die verste én naaste punt van die son af buite die Kuiper-gordel val.
      • Die Oort-wolk, 'n teoretiese sferiese wolk wat uit komete bestaan en rofweg 50 000 AE tot byna 1 ligjaar van die Son af geleë is.

’n Kleinplaneet wat pas ontdek is, kry ’n voorlopige naam soos 2002 AT4 wat afhang van die jaar van ontdekking en ’n alfanumeriese kode wat die halfmaand van sy ontdekking en die volgorde in daardie halfmaand aandui. Sodra ’n asteroïde se wentelbaan bevestig is, kry dit ’n nommer en later dalk ’n naam (bv. 433 Eros). Amptelik staan die nommer tussen hakies, maar dit word dikwels uitgelaat. Nie-amptelik kan die nommer ook weggelaat word, of ten minste nadat die volle naam eers genoem is.

Kleinplanete wat ’n nommer gekry het, maar nie ’n naam nie, behou die voorlopige nommer, bv. (29075) 1950 DA. Namate al hoe meer asteroïdes gevind word, kry al hoe minder van hulle name.

’n Paar voorwerpe word as beide asteroïdes en komete geklassifiseer, soos 4015 Wilson–Harrington, wat ook gelys word as 107P/Wilson–Harrington.

Bronne vir name

Die eerste paar asteroïdes is genoem na figure uit die Griekse en Romeinse mitologie, maar later is bekende mense, letterkundige karakters, ontdekkers se vroue en kinders en selfs televisiekarakters se name gebruik.

Die eerste asteroïde wat ’n nie-mitologiese naam gekry het, is 20 Massalia, wat die Griekse naam vir die stad Marseille is. Die eerste een wat ’n heeltemal nie-klassieke naam gekry het, is 45 Eugenia, wat genoem is na keiserin Eugénie de Montijo, die vrou van Napoléon III van Frankryk.

Selfs die troeteldiere van ontdekkers is vernoem, soos 482 Petrina, 483 Seppina en 2309 Mr. Spock. Hoewel dié praktyk later verbied is, word vreemde name steeds voorgestel en aanvaar, soos 4321 Zero, 6042 Cheshirecat, 9007 James Bond, ens.

Name wat in verskillende tale vertaal is, is ook van die begin af algemeen. 1 Ceres, die Latynse/Engelse naam, was aanvanklik Italiaans, Cerere. In Duits, Frans en Arabies is die Engelse naam gebruik, maar Tserera is in Russies gebruik, soos die oorspronklike Italiaanse naam. In Grieks is die naam vertaal as Demeter, die Griekse ekwivalent van die Romeinse godin Ceres. Aanvanklik, voor dit verwarring veroorsaak het, is die name van Romeinse figure gewoonlik in Griekse vertaal – ander voorbeelde is Hera vir 3 Juno, Hestia vir 4 Vesta, Chloris vir 8 Flora en Pistê vir 37 Fides.

Spesiale reëlings

Alle name is nie vrylik te gebruik nie; vir sekere liggame is daar konvensionele reëls oor watter name toelaatbaar is. So word sentoure (in ’n baan tussen Saturnus en Neptunus) na mitologiese sentoure genoem, Jupiter-trojane na helde uit die Trojaanse Oorlog en trans-Neptunus-voorwerpe na onderwêreldse geeste.

  1. J. Parker, P. Thomas, L. McFadden, M. Mutchler en Z. Levay. (in Engels). Nasa. vanaf die oorspronklike op 29 Junie 2016.AS1-onderhoud: meer as een naam: authors list (link)
  2. (in Engels). Minor Planet Center. vanaf die oorspronklike op 6 Mei 2020. Besoek op23 Desember 2011.
  3. (in Engels). Minor Planet Center. vanaf die oorspronklike op 26 April 2020. Besoek op26 Februarie 2011.
  4. , James L. Hilton, Astronomical Information Center, United States Naval Observatory. Besoek op 5 Mei 2008.
  5. Planet, asteroid, minor planet: A case study in astronomical nomenclature, David W. Hughes, Brian G. Marsden, Journal of Astronomical History and Heritage 10, #1 (2007), pp. 21–30
  6. "", MSN Encarta, Microsoft. Besoek op 5 Mei 2008. 2009-11-01.
  7. , Internasionale Astronomiese Unie, 24 Augustus 2006. Besoek op 5 Mai 2008.
  8. 8 Augustus 2011 op Wayback Machine, persvrystelling IAU0603, IAU se 2006- algemene vergadering, IAU, 24 Augustus 2006. Besoek 8 Mei 2008.
  9. JPL. . JPL Solar System Dynamics (in Engels). Nasa. vanaf die oorspronklike op 16 Mei 2020. Besoek op27 September 2010.
  10. (in Engels). Minor Planet Center. vanaf die oorspronklike op 26 April 2020. Besoek op26 Februarie 2011.
  11. (in Engels). Minor Planet Center. vanaf die oorspronklike op 12 Augustus 2017. Besoek op26 Februarie 2011.
  12. Yeomans, Don, , Near Earth Object Project (NASA), archived from on 2017-02-13, , besoek op 2011-12-24
  13. Connors, Martin; Wiegert, Paul; Veillet, Christian (July 2011), "Earth's Trojan asteroid", Nature 475 (7357): 481–483
  14. Trilling, David et al. (Oktober 2007), "DDT observations of five Mars Trojan asteroids", Spitzer Proposal ID #465
  15. Horner, J.; Evans, N.W.; Bailey, M. E. (2004). "Simulations of the Population of Centaurs I: The Bulk Statistics". Monthly Notices of the Royal Astronomical Society. 354 (3): 798–810. arXiv:. Bibcode:. doi:.

Kleinplaneet
kleinplaneet, moenie, verwar, word, dwergplaneet, engels, minor, planet, astronomiese, voorwerp, direkte, wentelbaan, hoofplaneet, oorspronklik, komeet, geklassifiseer, kleinplanete, dwergplanete, asteroïdes, trojane, sentoure, kuiper, gordel, voorwerpe, ander. Moenie verwar word met dwergplaneet nie n Kleinplaneet Engels minor planet is n astronomiese voorwerp wat in n direkte wentelbaan om die Son is en wat nie of n hoofplaneet is of oorspronklik as n komeet geklassifiseer is nie Kleinplanete kan dwergplanete asteroides trojane sentoure Kuiper gordel voorwerpe en ander voorwerpe verder weg as die planeet Neptunus wees 2 Die eerste kleinplaneet wat ontdek is was Ceres in 1801 hoewel dit van sy ontdekking tot in 1851 as n ware planeet beskou is Die wentelbane van meer as 570 000 voorwerpe is reeds aangeteken deur die Minor Planet Center in die VSA 3 Ceres soos gesien deur die Hubble ruimteteleskoop 1 Die kontras is vergroot om detail op die oppervlak te wys Ceres links onder die Maan en die Aarde volgens skaal Die term kleinplaneet word sedert die 19de eeu gebruik om hierdie voorwerpe te beskryf 4 Die term planetoide is ook gebruik veral vir groter voorwerpe 5 Histories was die terme asteroide kleinplaneet en planetoide min of meer sinonieme 5 6 maar die saak het ingewikkelder geraak nadat talle kleinplanete buite die wentelbaan van Jupiter en veral Neptunus ontdek is wat nie algemeen as asteroides beskou is nie 6 Sommige kleinplanete word dubbel geklassifiseer as komete ook Voor 2006 het die Internasionale Astronomiese Unie IAU die term kleinplaneet amptelik gebruik Tydens sy 2006 byeenkoms het die unie kleinplanete en komete herklassifiseer in twee kategoriee dwergplanete en klein sonnestelsel liggame 7 Voorwerpe word dwergplanete genoem as hulle voldoende massa besit vir hul eie swaartekrag om rigiede liggaamskragte te oorwin sodat dit n hidrostatiese ewewigsvorm amper sferies aanneem Alle ander kleinplanete word klein sonnestelsel liggame genoem 7 Volgens die IAU mag die term kleinplaneet vir laasgenoemde voorwerpe nog gebruik word maar in die algemeen word die term klein sonnestelsel liggame verkies 8 Vir nommer en naamdoeleindes word die tradisionele onderskeid tussen kleinplanete en komete steeds gevolg Saturnus se maan Mimas is die kleinste liggaam sover bekend wat n hidrostatiese ewewigsvorm het hoewel dit nie n dwergplaneet is nie omdat dit nie direk om die Son wentel nie terwyl die asteroide Pallas dalk die grootste liggaam is wat nie n hidrostatiese ewewigsvorm het nie Die IAU het tot dusver vyf voorwerpe as dwergplanete geklassifiseer Hulle is in volgorde van die Son af Ceres Pluto Haumea Makemake en Eris Inhoud 1 Indeling 2 Name 2 1 Bronne vir name 2 2 Spesiale reelings 3 Verwysings 4 Eksterne skakelsIndeling WysigHonderdduisende kleinplanete is al ontdek in die sonnestelsel in 2009 teen n tempo van 3 000 per maand Van die meer as 535 000 geregistreerde kleinplanete het 251 651 wentelbane wat bekend genoeg is dat permanente amptelike nommers aan hulle toegeken is 9 3 Hiervan het 16 154 amptelike name 3 Sedert September 2010 is die naamlose kleinplaneet met die laagste nommer 3708 1974 FV1 10 maar daar is ook sommige kleinplanete met name wat nommers groter as 240 000 het 11 Daar is verskeie bree indelings van kleinplanete Asteroides waarvan die meeste tradisioneel liggame in die binneste sonnestelsel is 6 Hoof asteroidegordel die met rofweg sirkelvormige wentelbane tussen Mars en Jupiter Hulle is die oorspronklike en bekendste groep asteroides of kleinplanete Asteroides na aan die Aarde die waarvan die wentelbane binne Mars se wentelbaan le Hulle word verder volgens afstand geklassifiseer in 12 Aten asteroides Amor asteroides Apollo asteroides Aarde trojane asteroides wat die Aarde se wentelbaan deel en wat swaartekrag betref daaraan verbind is Die enigste een in die groep is 2010 TK7 waarvan die ontdekking in 2011 bekend gemaak is 13 Mars trojane asteroides wat Mars se wentelbaan deel en wat swaartekrag betref daaraan verbind is Agt sulke asteroides is bekend 14 Jupiter trojane asteroides wat Jupiter se wentelbaan deel en wat swaartekrag betref daaraan verbind is Verafgelee kleinplanete n sambreelterm vir kleinplanete in die buitenste sonnestelsel Sentoure liggame in die buitenste sonnestelsel tussen Jupiter en Neptunus Hulle het onstabiele wentelbane weens die invloed van die groot planete en kom daarom waarskynlik van elders moontlik van verder as Neptunus 15 Neptunus trojane liggame wat Neptunus se wentelbaan deel en wat swaartekrag betref daaraan verbind is Net n handvol is bekend Trans Neptunus trojane liggame buite die wentelbaan van Neptunus die verste planeet Die Kuiper gordel liggame in n streek in die sonnestelsel anderkant die planete wat strek van die wentelbaan van Neptunus 30 AE tot ongeveer 50 AE van die Son af Klassieke Kuiper gordel voorwerpe ook bekend as cubewano s wat in relatief sirkelvormige wentelbane is wat nie in resonansie met Neptunus is nie Plutino s liggame soos Pluto wat in n 2 3 resonansie met Neptunus is en ander resonante trans Neptunus voorwerpe Dit is n redelik groot groep Verspreide skyf voorwerpe met hul verste punt van die Son af buite die Kuiper gordel en wat moontlik deur Neptunus verstrooi is Los voorwerpe soos 90377 Sedna waarvan die verste en naaste punt van die son af buite die Kuiper gordel val Die Oort wolk n teoretiese sferiese wolk wat uit komete bestaan en rofweg 50 000 AE tot byna 1 ligjaar van die Son af gelee is Name Wysig n Kleinplaneet wat pas ontdek is kry n voorlopige naam soos 2002 AT4 wat afhang van die jaar van ontdekking en n alfanumeriese kode wat die halfmaand van sy ontdekking en die volgorde in daardie halfmaand aandui Sodra n asteroide se wentelbaan bevestig is kry dit n nommer en later dalk n naam bv 433 Eros Amptelik staan die nommer tussen hakies maar dit word dikwels uitgelaat Nie amptelik kan die nommer ook weggelaat word of ten minste nadat die volle naam eers genoem is Kleinplanete wat n nommer gekry het maar nie n naam nie behou die voorlopige nommer bv 29075 1950 DA Namate al hoe meer asteroides gevind word kry al hoe minder van hulle name n Paar voorwerpe word as beide asteroides en komete geklassifiseer soos 4015 Wilson Harrington wat ook gelys word as 107P Wilson Harrington Bronne vir name Wysig Die eerste paar asteroides is genoem na figure uit die Griekse en Romeinse mitologie maar later is bekende mense letterkundige karakters ontdekkers se vroue en kinders en selfs televisiekarakters se name gebruik Die eerste asteroide wat n nie mitologiese naam gekry het is 20 Massalia wat die Griekse naam vir die stad Marseille is Die eerste een wat n heeltemal nie klassieke naam gekry het is 45 Eugenia wat genoem is na keiserin Eugenie de Montijo die vrou van Napoleon III van Frankryk Selfs die troeteldiere van ontdekkers is vernoem soos 482 Petrina 483 Seppina en 2309 Mr Spock Hoewel die praktyk later verbied is word vreemde name steeds voorgestel en aanvaar soos 4321 Zero 6042 Cheshirecat 9007 James Bond ens Name wat in verskillende tale vertaal is is ook van die begin af algemeen 1 Ceres die Latynse Engelse naam was aanvanklik Italiaans Cerere In Duits Frans en Arabies is die Engelse naam gebruik maar Tserera is in Russies gebruik soos die oorspronklike Italiaanse naam In Grieks is die naam vertaal as Demeter die Griekse ekwivalent van die Romeinse godin Ceres Aanvanklik voor dit verwarring veroorsaak het is die name van Romeinse figure gewoonlik in Griekse vertaal ander voorbeelde is Hera vir 3 Juno Hestia vir 4 Vesta Chloris vir 8 Flora en Piste vir 37 Fides Spesiale reelings Wysig Alle name is nie vrylik te gebruik nie vir sekere liggame is daar konvensionele reels oor watter name toelaatbaar is So word sentoure in n baan tussen Saturnus en Neptunus na mitologiese sentoure genoem Jupiter trojane na helde uit die Trojaanse Oorlog en trans Neptunus voorwerpe na onderwereldse geeste Verwysings Wysig J Parker P Thomas L McFadden M Mutchler en Z Levay Color View of Ceres in Engels Nasa Geargiveer vanaf die oorspronklike op 29 Junie 2016 AS1 onderhoud meer as een naam authors list link Unusual Minor Planets in Engels Minor Planet Center Geargiveer vanaf die oorspronklike op 6 Mei 2020 Besoek op 23 Desember 2011 3 0 3 1 3 2 Minor Planet Statistics in Engels Minor Planet Center Geargiveer vanaf die oorspronklike op 26 April 2020 Besoek op 26 Februarie 2011 When did the asteroids become minor planets James L Hilton Astronomical Information Center United States Naval Observatory Besoek op 5 Mei 2008 5 0 5 1 Planet asteroid minor planet A case study in astronomical nomenclature David W Hughes Brian G Marsden Journal of Astronomical History and Heritage 10 1 2007 pp 21 30 6 0 6 1 6 2 Asteroid MSN Encarta Microsoft Besoek op 5 Mei 2008 Argief 2009 11 01 7 0 7 1 Press release IAU 2006 General Assembly Result of the IAU Resolution votes Internasionale Astronomiese Unie 24 Augustus 2006 Besoek op 5 Mai 2008 Questions and Answers on Planets Geargiveer 8 Augustus 2011 op Wayback Machine persvrystelling IAU0603 IAU se 2006 algemene vergadering IAU 24 Augustus 2006 Besoek 8 Mei 2008 JPL How Many Solar System Bodies JPL Solar System Dynamics in Engels Nasa Geargiveer vanaf die oorspronklike op 16 Mei 2020 Besoek op 27 September 2010 Discovery Circumstances Numbered Minor Planets 1 5000 in Engels Minor Planet Center Geargiveer vanaf die oorspronklike op 26 April 2020 Besoek op 26 Februarie 2011 Discovery Circumstances Numbered Minor Planets 240001 245000 in Engels Minor Planet Center Geargiveer vanaf die oorspronklike op 12 Augustus 2017 Besoek op 26 Februarie 2011 Yeomans Don Near Earth Object groups Near Earth Object Project NASA archived from the original on 2017 02 13 https web archive org web 20170213204744 http neo jpl nasa gov neo groups html besoek op 2011 12 24 Connors Martin Wiegert Paul Veillet Christian July 2011 Earth s Trojan asteroid Nature 475 7357 481 483 Trilling David et al Oktober 2007 DDT observations of five Mars Trojan asteroids Spitzer Proposal ID 465 Horner J Evans N W Bailey M E 2004 Simulations of the Population of Centaurs I The Bulk Statistics Monthly Notices of the Royal Astronomical Society 354 3 798 810 arXiv astro ph 0407400 Bibcode 2004MNRAS 354 798H doi 10 1111 j 1365 2966 2004 08240 x Eksterne skakels WysigMinor Planet Center Hierdie artikel is vertaal uit die Engelse WikipediaDie Sonnestelsel Son Aardplanete Mercurius Venus Aarde Mars Gasreuse Jupiter Saturnus Ysreuse Uranus Neptunus Planete Reuseplanete Dwergplanete Pluto Ceres Haumea Makemake ErisMane Aarde Mars Kleinplanete Jupiter Saturnus Uranus Neptunus Pluto Haumea Eris Ringe Jupiter Saturnus Uranus NeptunusKlein Sonnestelselliggame Kleinplanete Asteroides Naby aarde voorwerpe Sentoure Trans Neptunus voorwerpe Komete Gordels en wolke Asteroidegordel Kuipergordel Verstrooide skyf Hillswolk OortwolkOntsluit van https af wikipedia org w index php title Kleinplaneet amp ol,