×
Klein Sonnestelselliggaam

’n Klein Sonnestelselliggaam (KSSL) is ’n voorwerp in die Sonnestelsel wat nie ’n planeet, dwergplaneet of natuurlike satelliet is nie. Die Internasionale Astronomiese Unie (IAU) het die term in 2006 gedefinieer:

Na alle ander voorwerpe, behalwe satelliete, wat om die Son wentel, sal gesamentlik verwys word as "klein Sonnestelselliggame" ... Dit sluit tans in die meeste van die Sonnestelsel se asteroïdes, die meeste trans-Neptunus-voorwerpe (TNV's), komete en ander klein liggame.
Die Eulerdiagram met die soorte liggame in die Sonnetselsel.

Dit sluit dus in alle komete en alle kleinplanete buiten dié wat dwergplanete is. Die KSSL's is dus die klassieke asteroïdes, met die uitsondering van die dwergplaneet Ceres; die trojane; die sentoure; en die trans-Neptunus-voorwerpe, buiten Pluto, Haumea, Makemake, Eris en ander wat later as dwergplanete erken kan word.

Dit is nie tans duidelik of ’n minimum grootte in die toekoms vasgestel sal word as deel van die definisie nie, en of dit alle materiaal sal insluit tot so klein as meteoroïdes en klein makroskopiese liggaame nie.

Buiten die grootste natuurlike satelliete (mane), wat in hidrostatiese ewewig is, verskil hulle van klein Sonnestelselliggame nie in grootte nie, maar in hul wentelbane. Die wentelbane van mane is nie om die Son nie, maar om ander liggame in die Sonnestelsel soos planete en dwergplanete.

Die meeste van die klein Sonnestelselliggame is in twee streke gesentreer: die asteroïde- en Kuipergordel. Dié twee gordels het die een of ander interne struktuur wat verband hou met versteurings deur die groot planete, veral onderskeidelik Jupiter and Neptunus, en het taamlik losweg vasgestelde grense. Ander dele van die Sonnestelsel het ook klein liggame in kleiner konsentrasies. Dit sluit in naby-aarde-asteroïdes, sentoure, komete en voorwerpe van die verstrooide skyf.

  1. (IAU)

Publikasie datum: September 26, 2021

klein, sonnestelselliggaam, kssl, voorwerp, sonnestelsel, planeet, dwergplaneet, natuurlike, satelliet, internasionale, astronomiese, unie, term, 2006, gedefinieer, alle, ander, voorwerpe, behalwe, satelliete, wentel, gesamentlik, verwys, word, klein, sonneste. n Klein Sonnestelselliggaam KSSL is n voorwerp in die Sonnestelsel wat nie n planeet dwergplaneet of natuurlike satelliet is nie Die Internasionale Astronomiese Unie IAU het die term in 2006 gedefinieer Na alle ander voorwerpe behalwe satelliete wat om die Son wentel sal gesamentlik verwys word as klein Sonnestelselliggame Dit sluit tans in die meeste van die Sonnestelsel se asteroides die meeste trans Neptunus voorwerpe TNV s komete en ander klein liggame 1 Die Eulerdiagram met die soorte liggame in die Sonnetselsel Dit sluit dus in alle komete en alle kleinplanete buiten die wat dwergplanete is Die KSSL s is dus die klassieke asteroides met die uitsondering van die dwergplaneet Ceres die trojane die sentoure en die trans Neptunus voorwerpe buiten Pluto Haumea Makemake Eris en ander wat later as dwergplanete erken kan word Definisie WysigDit is nie tans duidelik of n minimum grootte in die toekoms vasgestel sal word as deel van die definisie nie en of dit alle materiaal sal insluit tot so klein as meteoroides en klein makroskopiese liggaame nie Buiten die grootste natuurlike satelliete mane wat in hidrostatiese ewewig is verskil hulle van klein Sonnestelselliggame nie in grootte nie maar in hul wentelbane Die wentelbane van mane is nie om die Son nie maar om ander liggame in die Sonnestelsel soos planete en dwergplanete Die meeste van die klein Sonnestelselliggame is in twee streke gesentreer die asteroide en Kuipergordel Die twee gordels het die een of ander interne struktuur wat verband hou met versteurings deur die groot planete veral onderskeidelik Jupiter and Neptunus en het taamlik losweg vasgestelde grense Ander dele van die Sonnestelsel het ook klein liggame in kleiner konsentrasies Dit sluit in naby aarde asteroides sentoure komete en voorwerpe van die verstrooide skyf Verwysings Wysig Resolution B5 Definition of a Planet in the Solar System IAU Eksterne skakels WysigNasa foto s en video s oor asteroides en komete Hierdie artikel is vertaal uit die Engelse WikipediaDie Sonnestelsel Son Aardplanete Mercurius Venus Aarde Mars Gasreuse Jupiter Saturnus Ysreuse Uranus Neptunus Planete Reuseplanete Dwergplanete Pluto Ceres Haumea Makemake ErisMane Aarde Mars Kleinplanete Jupiter Saturnus Uranus Neptunus Pluto Haumea Eris Ringe Jupiter Saturnus Uranus NeptunusKlein Sonnestelselliggame Kleinplanete Asteroides Naby aarde voorwerpe Sentoure Trans Neptunus voorwerpe Komete Gordels en wolke Asteroidegordel Kuipergordel Verstrooide skyf Hillswolk OortwolkOntsluit van https af wikipedia org w index php title Klein Sonnestelselliggaam amp ol,