×
Klas (biologie)

Klas is deel van die wetenskaplike klassifikasiesisteem, sedert die vroegste werk deur Carolus Linnaeus, om alle biologiese wesens te kan klassifiseer volgens gemeenskaplike kenmerke. Klas is 'n rangorde tussen filum en orde. Daar is 'n gebruik om ook subklasse te skep, veral in die dierkunde, wanneer dit soms nodig is om 'n ekstra takson in te plaas (met ander woorde, die klas het soveel onderskeidende kenmerke dat daar te veel ordes sal wees, as daar nie 'n paar subklasse geskep word nie).

'n Slymprik op die kusbodem van Oregon

Daar is sewe klasse van die gewerweldes ('n subfilum van die Chordata). Die klasse word van mekaar onderskei grootliks op die basis van die dier se skelet, die algemene aanpassing by die dier se omgewing, en verskille tussen die klasse se voortplantingsisteem:

  • Agnatha -- van die Griekse woord vir geen kake, is kaaklose en skublose visse. Dié klas is die mees primitiewe van die gewerweldes. Voorbeelde van hierdie klas is die slymprik en die lamprei.
  • Chondrichthyes -- van die Griekse woord vir kraakbeenvisse. Visse in dié groep het harde rubberagtige kraakbeenskelette. Die haai en die pylvis is voorbeelde van hierdie groep.
  • Osteichthyes -- 'n mengwoord van Latyn en Grieks vir beenvisse. Al die ander vissoorte val onder hierdie klas.
  • Amphibia -- van die Griekse woord vir beide lewens, is 'n klas gewerweldes waar die dier 'n gedeelte van sy lewe in die water deurbring en 'n ander gedeelte op land. Voorbeelde van hierdie klas is die padda en die salmander. Hierdie klas het 'n wateromgewing nodig om te kan voortplant, veral omdat die eiers sal uitdroog op land.
  • Reptilia -- van die Latynse woord vir kriewelendes, wat al die slange, krokodille, skilpaaie en akkedisse insluit. Dié klas se eiers het 'n harde, leeragtige dop wat dit teen uitdroging beskerm.
  • Aves -- van die Latynse woord vir voël, sluit al die voëls in.
  • Mammalia -- van die Latynse woord vir van die bors, sluit al die diere in waar verwekking binne die moeder plaasvind, en waar, ná geboorte, die kleintjie met melk van die moeder se melkkliere gevoer word.

In die geval van die filums plante, alge en swamme, het die klasnaam 'n tipiese agtervoegsel wat aandui dat dit 'n klasnaam van daardie filum is:

Filum Plante Alge Swamme
Klas -opsida -phyceae -mycetes
  • Binominale nomenklatuur
  • Trinominale nomenklatuur
  • Lys van Latynse en Griekse woorde algemeen gebruik in sisteemname
  • Virusklassifikasie

'n Klein gedeelte van die Engelse artikel Scientific classification is gebruik. (Die Engelse soekfrase class (biology) stuur aan na daardie artikel). Gedeeltes van die Duitse artikel Klasse (Biologie) is ook gebruik. Die res is die oorspronklike bydraer se eie werk.

Publikasie datum: Augustus 21, 2021

klas, biologie, klas, deel, wetenskaplike, klassifikasiesisteem, sedert, vroegste, werk, deur, carolus, linnaeus, alle, biologiese, wesens, klassifiseer, volgens, gemeenskaplike, kenmerke, klas, rangorde, tussen, filum, orde, daar, gebruik, subklasse, skep, ve. Klas is deel van die wetenskaplike klassifikasiesisteem sedert die vroegste werk deur Carolus Linnaeus om alle biologiese wesens te kan klassifiseer volgens gemeenskaplike kenmerke Klas is n rangorde tussen filum en orde Daar is n gebruik om ook subklasse te skep veral in die dierkunde wanneer dit soms nodig is om n ekstra takson in te plaas met ander woorde die klas het soveel onderskeidende kenmerke dat daar te veel ordes sal wees as daar nie n paar subklasse geskep word nie Inhoud 1 n Voorbeeld van klasse in n filum 2 Agtervoegsel van klasname 3 Sien ook 4 Eksterne skakels 5 Bron n Voorbeeld van klasse in n filum Wysig n Slymprik op die kusbodem van Oregon Daar is sewe klasse van die gewerweldes n subfilum van die Chordata Die klasse word van mekaar onderskei grootliks op die basis van die dier se skelet die algemene aanpassing by die dier se omgewing en verskille tussen die klasse se voortplantingsisteem Agnatha van die Griekse woord vir geen kake is kaaklose en skublose visse Die klas is die mees primitiewe van die gewerweldes Voorbeelde van hierdie klas is die slymprik en die lamprei Chondrichthyes van die Griekse woord vir kraakbeenvisse Visse in die groep het harde rubberagtige kraakbeenskelette Die haai en die pylvis is voorbeelde van hierdie groep Osteichthyes n mengwoord van Latyn en Grieks vir beenvisse Al die ander vissoorte val onder hierdie klas Amphibia van die Griekse woord vir beide lewens is n klas gewerweldes waar die dier n gedeelte van sy lewe in die water deurbring en n ander gedeelte op land Voorbeelde van hierdie klas is die padda en die salmander Hierdie klas het n wateromgewing nodig om te kan voortplant veral omdat die eiers sal uitdroog op land Reptilia van die Latynse woord vir kriewelendes wat al die slange krokodille skilpaaie en akkedisse insluit Die klas se eiers het n harde leeragtige dop wat dit teen uitdroging beskerm Aves van die Latynse woord vir voel sluit al die voels in Mammalia van die Latynse woord vir van die bors sluit al die diere in waar verwekking binne die moeder plaasvind en waar na geboorte die kleintjie met melk van die moeder se melkkliere gevoer word Agtervoegsel van klasname WysigIn die geval van die filums plante alge en swamme het die klasnaam n tipiese agtervoegsel wat aandui dat dit n klasnaam van daardie filum is Filum Plante Alge SwammeKlas opsida phyceae mycetesSien ook WysigBinominale nomenklatuur Trinominale nomenklatuur Lys van Latynse en Griekse woorde algemeen gebruik in sisteemname VirusklassifikasieEksterne skakels WysigKlassifikasie van alle lewende dinge met baie foto s Geargiveer 13 Maart 2020 op Wayback Machine Wikispesies n gids van die leweBron Wysig n Klein gedeelte van die Engelse artikel Scientific classification is gebruik Die Engelse soekfrase class biology stuur aan na daardie artikel Gedeeltes van die Duitse artikel Klasse Biologie is ook gebruik Die res is die oorspronklike bydraer se eie werk Ontsluit van https af wikipedia org w index php title Klas biologie amp ol,