×
Kgalema Motlanthe

Petrus Kgalema Motlanthe (gebore 19 Julie 1949) is 'n Suid-Afrikaanse politikus, voormalige President en Adjunkpresident van Suid-Afrika, voormalige vakbondleier, lid van die Parlement en Adjunkpresident van die regerende African National Congress (ANC). Op 23 September 2008, ná die bedanking van President Thabo Mbeki, het die ANC bevestig dat Motlanthe hul voorkeurkandidaat is om Mbeki as president te vervang tot en met die 2009-verkiesing. Op 25 September 2008 is hy ingevolge die Grondwet van Suid-Afrika deur die Parlement verkies tot President van Suid-Afrika en deur hoofregter Pius Langa ingesweer tot die amp.

Kgalema Motlanthe


Ampstermyn
25 September 20089 Mei 2009
Vise Baleka Mbete
Voorafgegaan deur Thabo Mbeki
Opgevolg deur Jacob Zuma

Ampstermyn
9 Mei 200926 Mei 2014
President Jacob Zuma
Voorafgegaan deur Baleka Mbete
Opgevolg deur Cyril Ramaphosa

Adjunkpresident van die African National Congress
Ampstermyn
18 Desember 200718 Desember 2012
Voorafgegaan deur Jacob Zuma
Opgevolg deur Cyril Ramaphosa

Sekretaris-generaal van die African National Congress
Ampstermyn
19972007
Voorafgegaan deur Cyril Ramaphosa
Opgevolg deur Gwede Mantashe

Persoonlike besonderhede
Gebore 19 Julie 1949 (1949-07-19) (72 jaar oud)
Boksburg, Transvaal, Unie van Suid-Afrika
Politieke party African National Congress
Eggenoot/-note Mapula Motlanthe (1976–2010)
Gugu Mtshali (2014–hede)
Kind(ers) Kagiso
Kgomotso
Nthabiseng
Religie Anglikanisme

Inhoud

Motlanthe is op 19 Julie 1949 in Alexandra, Johannesburg gebore, die seun van 'n mynwerker en die jongste van 13 kinders. Hy het in Alexandra sowel as Meadowlands, Soweto groot geword.

In sy jeug is Motlanthe beïnvloed deur die denke van die swartbewussynsbeweging.

In die 1970's, terwyl hy vir die Johannesburgse Stadsraad gewerk het, het hy by die ANC se gewapende vleuel, Umkhonto we Sizwe, aangesluit waar hy deel was van 'n eenheid wat nuwe lede moes werf. Die eenheid het later opdrag ontvang om op sabotasie te fokus. Motlanthe en Stan Nkosi was verantwoordelik vir implementering van dié funksie in Suid-Afrika. Die eenheid was ook verantwoordelik vir die smokkel van MK soldate in en uit die Republiek deur Swaziland (nou eSwatini).

Op 14 April 1976 is Motlanthe en Nkosi in hegtenis geneem en vir elf maande in John Vorster Square in Johannesburg aangehou. In 1977 is hy skuldig bevind op drie aanklagte van terrorisme en tot tien jaar gevangenisstraf gevonnis wat hy tussen 1977 en 1987 op Robbeneiland uitgedien het.

Na sy vrylating in 1987 het Motlanthe vir die National Union of Mineworkers (NUM) gewerk waar hy in bevel van opvoeding was. Ná die ontbanning van die ANC in 1990 het Motlanthe Voorsitter van die ANC in die PWV streek geword. In 1992 is hy verkies tot Sekretaris-Generaal van die NUM, en in 1997 is hy verkies tot Sekretaris-Generaal van die ANC om Cyril Ramaphosa te vervang.

Op die ANC se 52ste Nasionale Kongres in Polokwane in Desember 2007 is Motlanthe verkies tot Adjunkpresident van die ANC. In Julie 2008 is hy aangestel as Minister in Die Presidensie van die Republiek van Suid-Afrika. Op 25 September 2008 is hy deur die Parlement verkies tot President van Suid-Afrika. Motlanthe het 269 stemme verwerf teenoor Joe Seremane van die Demokratiese Aliansie wat 50 stemme behaal het. 41 bedorwe stembriewe is uitgebring. Hy is op dieselfde dag deur hoofregter Pius Langa ingesweer tot die amp.

In opvolging tot die leierstryd in die ANC (en dus ook de facto die President van Suid-Afrika) is Motlanthe op 9 Mei 2009 vervang deur Jacob Zuma, maar weer aangestel as Adjunkpresident in die kabinet van president Zuma tot 26 Mei 2014, toe hy amptelik afgetree het.

Hy is getroud en het twee dogters en 'n seun.

  1. (in Engels). News24. 23 September 2008. Geargiveer vanaf op 23 Desember 2008. Besoek op25 September 2008.
  2. , 26 September 2008 op Wayback Machine, besoek op 26 September 2008
  3. . inthenews.co.uk. 2008-09-22. Geargiveer vanaf op 2012-02-10. Besoek op2008-09-25.
  4. (in Engels). abc.net.au. 22 September 2008. vanaf die oorspronklike op 28 Oktober 2008. Besoek op25 September 2008.
  5. Calland, Richard (2006). . Zebra. ISBN 1868729036. Geargiveer vanaf op 24 November 2011. Besoek op25 September 2008.
  6. 28 Februarie 2009 op Wayback Machine, 26 September 2008 op Wayback Machine, Besoek op 26 September 2008
  7. Beeld, 26 September 2008 op Wayback Machine, besoek op 26 September 2008
  8. , , besoek op 26 September 2008
  9. Buntman, Fran Lisa (2003). . Cambridge University Press. p. 306. ISBN 0521007828.
  10. [dooie skakel], , besoek op 26 September 2008
  11. Forde, Fiona (2008-07-23). . The Star.
Voorafgegaan deur
Thabo Mbeki
President van Suid-Afrika
2008–2009
Opgevolg deur
Jacob Zuma
Voorafgegaan deur
Baleka Mbete
Adjunkpresident van Suid-Afrika
2009–2014
Opgevolg deur
Cyril Ramaphosa
Voorafgegaan deur
Cyril Ramaphosa
Sekretaris-generaal van die African National Congress
1997–2007
Opgevolg deur
Gwede Mantashe
Voorafgegaan deur
Jacob Zuma
Adjunkpresident van die African National Congress
2007–2012
Opgevolg deur
Cyril Ramaphosa

Publikasie datum: September 14, 2021

kgalema, motlanthe, petrus, gebore, julie, 1949, suid, afrikaanse, politikus, voormalige, president, adjunkpresident, suid, afrika, voormalige, vakbondleier, parlement, adjunkpresident, regerende, african, national, congress, september, 2008, bedanking, presid. Petrus Kgalema Motlanthe gebore 19 Julie 1949 is n Suid Afrikaanse politikus voormalige President en Adjunkpresident van Suid Afrika voormalige vakbondleier lid van die Parlement en Adjunkpresident van die regerende African National Congress ANC Op 23 September 2008 na die bedanking van President Thabo Mbeki het die ANC bevestig dat Motlanthe hul voorkeurkandidaat is om Mbeki as president te vervang tot en met die 2009 verkiesing 1 Op 25 September 2008 is hy ingevolge die Grondwet van Suid Afrika deur die Parlement verkies tot President van Suid Afrika en deur hoofregter Pius Langa ingesweer tot die amp 2 3 4 Kgalema Motlanthe3de President van Suid AfrikaAmpstermyn 25 September 2008 9 Mei 2009Vise Baleka MbeteVoorafgegaan deur Thabo MbekiOpgevolg deur Jacob ZumaAdjunkpresident van Suid AfrikaAmpstermyn 9 Mei 2009 26 Mei 2014President Jacob ZumaVoorafgegaan deur Baleka MbeteOpgevolg deur Cyril RamaphosaAdjunkpresident van die African National CongressAmpstermyn 18 Desember 2007 18 Desember 2012Voorafgegaan deur Jacob ZumaOpgevolg deur Cyril RamaphosaSekretaris generaal van die African National CongressAmpstermyn 1997 2007Voorafgegaan deur Cyril RamaphosaOpgevolg deur Gwede MantashePersoonlike besonderhedeGebore 19 Julie 1949 1949 07 19 72 jaar oud Boksburg Transvaal Unie van Suid AfrikaPolitieke party African National CongressEggenoot note Mapula Motlanthe 1976 2010 Gugu Mtshali 2014 hede Kind ers Kagiso Kgomotso NthabisengReligie Anglikanisme Inhoud 1 Vroee lewe 2 Politieke loopbaan 3 Verwysings 4 Eksterne skakelsVroee lewe WysigMotlanthe is op 19 Julie 1949 in Alexandra Johannesburg gebore die seun van n mynwerker 5 en die jongste van 13 kinders 6 Hy het in Alexandra sowel as Meadowlands Soweto groot geword 2 Politieke loopbaan WysigIn sy jeug is Motlanthe beinvloed deur die denke van die swartbewussynsbeweging 7 In die 1970 s terwyl hy vir die Johannesburgse Stadsraad gewerk het het hy by die ANC se gewapende vleuel Umkhonto we Sizwe aangesluit waar hy deel was van n eenheid wat nuwe lede moes werf Die eenheid het later opdrag ontvang om op sabotasie te fokus Motlanthe en Stan Nkosi was verantwoordelik vir implementering van die funksie in Suid Afrika Die eenheid was ook verantwoordelik vir die smokkel van MK soldate in en uit die Republiek deur Swaziland nou eSwatini 8 Op 14 April 1976 is Motlanthe en Nkosi in hegtenis geneem en vir elf maande in John Vorster Square in Johannesburg aangehou In 1977 is hy skuldig bevind op drie aanklagte van terrorisme en tot tien jaar gevangenisstraf gevonnis wat hy tussen 1977 en 1987 op Robbeneiland uitgedien het 8 9 Na sy vrylating in 1987 het Motlanthe vir die National Union of Mineworkers NUM gewerk waar hy in bevel van opvoeding was Na die ontbanning van die ANC in 1990 het Motlanthe Voorsitter van die ANC in die PWV streek geword In 1992 is hy verkies tot Sekretaris Generaal van die NUM en in 1997 is hy verkies tot Sekretaris Generaal van die ANC om Cyril Ramaphosa te vervang 2 5 Op die ANC se 52ste Nasionale Kongres in Polokwane in Desember 2007 is Motlanthe verkies tot Adjunkpresident van die ANC In Julie 2008 is hy aangestel as Minister in Die Presidensie van die Republiek van Suid Afrika Op 25 September 2008 is hy deur die Parlement verkies tot President van Suid Afrika Motlanthe het 269 stemme verwerf teenoor Joe Seremane van die Demokratiese Aliansie wat 50 stemme behaal het 41 bedorwe stembriewe is uitgebring 10 Hy is op dieselfde dag deur hoofregter Pius Langa ingesweer tot die amp 2 In opvolging tot die leierstryd in die ANC en dus ook de facto die President van Suid Afrika is Motlanthe op 9 Mei 2009 vervang deur Jacob Zuma maar weer aangestel as Adjunkpresident in die kabinet van president Zuma tot 26 Mei 2014 toe hy amptelik afgetree het Hy is getroud en het twee dogters en n seun 11 Verwysings Wysig Motlanthe will be president ANC in Engels News24 23 September 2008 Geargiveer vanaf die oorspronklike op 23 Desember 2008 Besoek op 25 September 2008 2 0 2 1 2 2 2 3 south africa The Good News Halala President Kgalema Motlanthe Geargiveer 26 September 2008 op Wayback Machine besoek op 26 September 2008 ANC chooses Mbeki replacement inthenews co uk 2008 09 22 Geargiveer vanaf die oorspronklike op 2012 02 10 Besoek op 2008 09 25 South Africa names new president in Engels abc net au 22 September 2008 Geargiveer vanaf die oorspronklike op 28 Oktober 2008 Besoek op 25 September 2008 5 0 5 1 Calland Richard 2006 Anatomy of South Africa Who holds the Power Zebra ISBN 1868729036 Geargiveer vanaf die oorspronklike op 24 November 2011 Besoek op 25 September 2008 iafrica com Geargiveer 28 Februarie 2009 op Wayback Machine Who is Kgalema Motlanthe Geargiveer 26 September 2008 op Wayback Machine Besoek op 26 September 2008 Beeld Motlanthe die minder verdelende opsie vir leierskap Geargiveer 26 September 2008 op Wayback Machine besoek op 26 September 2008 8 0 8 1 SouthAfrica info Kgalema Motlanthe elected President besoek op 26 September 2008 Buntman Fran Lisa 2003 Robben Island and Prisoner Resistance to Apartheid Cambridge University Press p 306 ISBN 0521007828 1 dooie skakel South Africa Kgalema Motlanthe Country s New President besoek op 26 September 2008 Forde Fiona 2008 07 23 For now Mkhuluwa is our man The Star Eksterne skakels Wysig Wikimedia Commons het meer media in die kategorie Kgalema Motlanthe http www info gov za leaders president index htmVoorafgegaan deur Thabo Mbeki President van Suid Afrika 2008 2009 Opgevolg deur Jacob ZumaVoorafgegaan deur Baleka Mbete Adjunkpresident van Suid Afrika 2009 2014 Opgevolg deur Cyril RamaphosaVoorafgegaan deur Cyril Ramaphosa Sekretaris generaal van die African National Congress 1997 2007 Opgevolg deur Gwede MantasheVoorafgegaan deur Jacob Zuma Adjunkpresident van die African National Congress 2007 2012 Opgevolg deur Cyril RamaphosaPresidente van Suid Afrika 1961 1994 seremonieel Charles Robberts Swart Jozua Francois Naude waarnemend Jacobus Johannes Fouche Nicolaas Johannes Diederichs Marais Viljoen waarnemend John Vorster Marais Viljoen uitvoerend Pieter Willem Botha Frederik Willem de Klerk 1994 Nelson Mandela Thabo Mbeki Kgalema Motlanthe Jacob Zuma Cyril Ramaphosa Ontsluit van https af wikipedia org w index php title Kgalema Motlanthe amp ol,