×
Kenia

Kenia (Engels en Swahili: Kenya, [ˈkɛɲa],(hulp·inligting)), amptelik die Republiek Kenia (Engels: Republic of Kenya, Swahili: Jamhuri ya Kenya), is 'n land in Afrika en 'n stigterslid van die Oos-Afrika Gemeenskap (OAG). Die hoofstad en grootste stad is Nairobi. Kenia se gebied lê aan die ewenaar en strek oor die Oos-Afrikarif wat 'n diverse en uitgebreide terrein dek, wat rofweg vanaf die Victoriameer tot by die Turkanameer is en verder tot by die Indiese Oseaan. Dit grens aan Tanzanië in die suide, Uganda in die weste, Suid-Soedan in die noordweste, Ethiopië in die noorde en Somalië in die noordooste. Kenia se grondgebied beslaan 580 367 vierkante kilometer en het in 2017 'n bevolking van sowat 47 miljoen mense getel.

Republiek Kenia
Vlag Wapen
Nasionale leuse: Harambee (Swahili)
Let us all pull together (Engels)
(Afrikaans: "Laat ons saam werk")
Volkslied: Ee Mungu Nguvu Yetu (Swahili)
O God of all creation (Engels)
(Afrikaans: "O God van die ganse skepping")
Hoofstad Nairobi

1°16′S36°48′O /1.267°S 36.800°O /-1.267; 36.800

Grootste stad Nairobi
Amptelike tale Engels en Swahili
Regering

President
• Adjunkpresident
Unitêre presidensiële
grondwetlike republiek
Uhuru Kenyatta
William Ruto
Onafhanklikheid
• van die Verenigde Koninkryk
• Republiek

12 Desember 1963
12 Desember 1964
Oppervlakte
- Totaal

- Water (%)

580 367 km2 (48ste)
224 081 myl2
2,3
Bevolking
- 2019-sensus
- Digtheid

47 564 296
78 / km2 (124ste)
202 / myl2
BBP (KKP)
- Totaal
- Per capita
2018-skatting

$175,659 miljard
$3 657

BBP (nominaal)
- Totaal
- Per capita
2018-skatting

$85,980 miljard
$1 790

MOI (2015) 0,555 (146ste) –laag
Gini (2015) 48,5(48ste) –medium
Geldeenheid Sjieling (KES)
Tydsone
- Somertyd
OAT (UTC+3)
nie toegepas nie (UTC+3)
Internet-TLD .ke
Skakelkode +254
Kaart van Kenia

Die Groot Mere van Afrika-streek, waarvan Kenia 'n deel is, is reeds sedert die Laer Paleolitiese-periode deur mense bewoon. Teen die eerste millennium n.C. het die Bantoe-uitbreiding die gebied van Sentraal-Wes-Afrika bereik. Die grense van die moderne land het bestaan uit die kruispaaie van die Niger-Kongo, Nilo-Sahara en die Afro-Asiatiese gebiede van die vasteland, wat meeste van die etnies-talige groepe in Afrika verteenwoordig het. Die Bantoevolke en Nilotiese volke het saam sowat 97% van die gebied se bevolking verteenwoordig. Die Europese en Arabiese teenwoordigheid in die kusgebied van Mombasa dateer terug na die Vroeë Moderne-periode. Die Europese verkenning van die binneland het in die 19de eeu begin. Die Britse Ryk het die Oos-Afrika-Protektoraat in 1895 gestig, wat in 1920 die begin was van die Kolonie Kenia. Kenia het in Desember 1963 sy onafhanklikheid verkry. Na 'n referendum in Augustus 2010 aanvaar die land sy nuwe grondwet. Kenia is deesdae verdeel in 47 semi-selfregerende gebied wat deur verkose goewerneurs bestuur word.

Die hoofstad Nairobi is 'n streeks-kommersiële spilpunt. Landbou is 'n belangrike werkskepper. Die land se belangrikste, tradisionele uitvoerprodukte is tee en koffie, maar het onlangs begin om vars blomme na Europa uit te voer.

Inhoud

Die Republiek Kenia is na Mount Kenya genoem. Die oorsprong van die naam Kenia is nie duidelik nie, maar is vermoedelik afgelei van die Kikuyu, Embu en Kamba-woorde, Kirenyaa, Kiringyag en Kiinya, wat in al drie tale beteken: "God se rusplek". Indien so, het die Britte dit nie eintlik net verkeerd uitgespreek nie ('Keenya'), maar dit ook verkeerd gespel.

Pre-histories

Die Turkana-seun, 'n 1,6 miljoen jaaroue hominidae-fossiel van 'n Homo erectus

Fossiele wat in Kenia ontdek is dui aan dat primate meer as 20 miljoen jaar gelede in die gebied geleef het. Onlangse uitgrawings naby die Turkanameer bewys dat hominidae soos Homo habilis (1,8 miljoen tot 2,5 miljoen jaar gelede) en Homo erectus (1,8 miljoen tot 350 000 jaar gelede) dalk regstreekse voorouers van die moderne Mens is en in Kenia tydens die Pleistoseen-epog bestaan het.

Gedurende uitgrawings by die Turkanameer in 1948 het die paleoantropoloog Richard Leakey en sy assistent Kamoya Kimeu die Turkana-seun ontdek, 'n 1,6 miljoen jaar-oue fossiel wat aan die Homo erectus behoort.

Swahili-kultuur en handel vanaf die eerste eeu tot die 19de eeu

'n Tradisionele handgekerfde Swahili-houtdeur in Lamu

Teen die eerste eeu het baie van stadstate soos Mombasa, Malindi en Zanzibar reeds begin om handelsbetrekkinge met die Arabiere te vestig. Dit het gelei tot ekonomiese groei van die Swahili-state, die instelling van Islam, Arabiese invloed op die Swahili se Bantoetale, kulturele diffusie, asook dat die Swahili-stadstate deel kon word van 'n groter handelsnetwerk. Baie historici was oortuig daarvan dat die stadstate deur Arabiese of Persiese handelaars gevestig is, maar navorsers glo deesdae dat die stadstate 'n inheemse ontwikkeling was waar die toppunt van hul ontwikkeling omstreeks in die 8ste eeu bereik was.

Swahili, 'n Bantoetaal met Arabies, Persies en ander Midde-Oosterse leenwoorde het later ontwikkel as 'n lingua franca vir handel tussen die verskillende mense. Swahili het nou ook leenwoorde uit Engels.

Gedurende die vroeë 20ste eeu het Britse en ander Europese boere hul in die sentrale hooglande begin vestig en ryk koffie en tee-boere geword. Die memoires van die Deense skrywer Barones Karen von Blixen-Finecke Out of Africa wat in 1937 gepubliseer is, is 'n uitstekende uitbeelding van die leefwyse van die setlaars in die 1930's. Sowat 30 000 van die wit setlaars, wat in die gebied gebly het, het 'n politieke stem in die land verwerf vanweë hul bydrae tot die mark-ekonomie.

Elizabeth II van die Verenigde Koninkryk was in 1952 saam met haar man, Prins Philip in Kenia op vakansie toe hulle hoor dat haar pa, George VI van die Verenigde Koninkryk in sy slaap dood is. Die jong prinses het haar besoek net daar kortgeknip en huistoe gehaas waar sy toe as koningin gekroon is.

'n Onafhanklike Kenia (1963)

Die eerste president en grondlegger van Kenia, Jomo Kenyatta

Die eerste regstreekse verkiesings vir gebore Keniane, om tot die wetgewende raad verkies te kon word, was in 1957. Die kolonie Kenia en die protektoraat Kenia het albei op 12 Desember 1963 tot 'n einde gekom. Die Verenigde Koninkryk het die mag oorgedra en terselfdertyd het die Sultan van Zanzibar ingestem om ook sy beheer oor te gee sodat die hele Kenia een soewereine, onafhanklike staat kon word.

Die Moi-era (1978–2002)

Die Britse minister van buitelandse sake, Henry Bellingham, saam met Mwai Kibaki, president van Kenia in Londen op 31 Julie 2012

Met Kenyatta se dood in 1978 het Daniel arap Moi president geword. Hy het die presidentskap hierna onbestrede in 1979, 1983 ('n blitsverkiesing) en in 1983 behou. Dit was almal onder 'n enkelparty-grondwet gewen. Die 1983-verkiesings, wat 'n jaar te vroeg gehou was, het uitgeloop op 'n mislukte staatsgreep op 2 Augustus 1982.

Die mislukte staatsgreep was deur 'n lae-rang lid van die lugmag, Hezekiah Ochuka, uitgevoer en deur 'n groep dienspligtiges ondersteun. Dit was baie vinnig onderdruk.

Die 1988-verkiesings was gekenmerk deur die mlolongo (toustaan) stelsel waar die kiesers in 'n ry moes staan agter die kandidaat vir wie hulle wou stem. Daar was geen geheime stemming nie. Dit het tot groot onmin gelei. Hierna is verskeie omstrede bepalings van die kieswet- insluitende die enkel politieke partystelsel gewysig. Met die demokratiese veelparty-verkiesings in 1992 en 1997 is Daniel arap Moi herverkies.

Die 2000's

Moi is in 2002 grondwetlik verbied om in die verkiesing te staan en Mwai Kibaki van die opposisie is tot president verkies. Dit word as 'n keerpunt in Kenia se demokratiese ewolusie beskou.

Met 'n oppervlakte van 581 309 km² is Kenia die wêreld se 48ste grootste land (naas Botswana). Vanaf die kus aan die Indiese Oseaan styg die laeveld tot die sentrale hoogland. Die Hoogland word gehalveer deur die Groot Skeurvallei, met 'n vrugbare plato in die ooste.

Die Keniaanse Hoogland bevat een van die mees suksesvolle landbouproduksie-streke in Afrika. Die Hoogland is die tuiste van die hoogste punt in Kenia en die tweede hoogste piek op die vasteland van Afrika: Mount Kenya, wat 5 199 m bereik en gletsers beheer. Kilimandjaro (5 895 m) kan gesien word uit Kenia se suide aan die Tanzaniese grens.

Wildlewe

Olifante in die Amboseli Nasionale Park met Kilimandjaro op die agtergrond
'n Kameelperd in die Nairobi Nasionale Park, met Nairobi se hoë geboue op die agtergrond

Kenia het uitgebreide landelike gebiede wat uitsluitlik vir die wildlewe-habitat uitgesonder is. Dit sluit in die Masai-Mara met sy blouwildebees en ander horingdraers, wat jaarliks aan die grootskaalse migrasie deelneem. Meer as een miljoen wildebeeste en 200 000 kwaggas is jaarliks deel van hierdie migrasie oor die Mararivier.

Die Groot vyf van Afrika, die leeu, luiperd, buffel, renoster en die Afrika-olifant is in Kenia, en veral in die Masai-Mara te siene. 'n Aansienlike bevolking van ander wilde diere soos reptiele en voëls kom ook in die nasionale parke en wildreservate van die land voor. Die jaarlikse diere-migrasie is tussen Junie en September wanneer miljoene wild trek. Dit is 'n gewilde toeriste-aantrekkingskrag. Twee miljoen wildbeeste migreer vir 'n afstand van 2 900 kilometers vanaf die Serengeti in die naburige Tanzanië na die Masai-Mara in Kenia in 'n voortdurende klokwyse- patroon op soek na kos en water. Die Serengeti-migrasie is 'n aanskoulike gebeurtenis wat as een van die Sewe Wonders van Afrika gelys is.

Die gewese president Mwai Kibaki
Die hooggeregshof van Kenia
'n Marksaal in Mombasa

Kenia is 'n presidensiële verteenwoordigende demokratiese republiek. Die president is beide die staatshoof en hoof van die regering in 'n veelpartystaat. Die uitvoerende magte is by die regering. Die wetgewende magte is in beide die regering en die nasionale vergadering en die senaat gevestig. Die regbank is onafhanklik van die die uitvoerende mag en die wetgewer.

Verkiesings van 2013 en nuwe regering

Met 'n nuwe grondwet, wat in die land aanvaar is, is president Kibaki verhoed om vir 'n derde termyn beskikbaar te wees. Sy adjunk eerste minister, Uhuru Kenyatta wen toe die verkiesing met 50,51% stemme in Maart 2013.

Buitelandse betrekkinge

Kenia het noue bande met sy mede-Swahilisprekendes in die buurlande van die Groot Mere van Afrika. Die bande met Uganda en Tanzanië is oor die algemeen baie sterk aangesien die drie nasies streef na ekonomiese en sosiale integrasie deur gemeenskaplike lidmaatskap van die Oos-Afrika Gemeenskap.

Landbou

'n Teeplaas naby Kericho, in die Kericho-provinsie
Die Maasai-mense. Hulle woon in beide Kenia en Tanzanië

Landbou is die tweede grootste bron van Kenia se bruto binnelandse produkte, naas die diens-sektor. Die vernaamste kontantgewas is tee, tuinbouprodukte en koffie. Die tuinbouprodukte en tee is die grootste uitvoerprodukte van Kenia.

Olie-ontginning

Kenia het olie-neerslae in die Turkanagebied. President Mwai Kibaki het op 26 Maart 2012 aangekondig dat Tullow, 'n Anglo-Ierse olie-maatskappy ruolie ontdek het, maar dat die handelsmoontlikhede en gevolglike produksie sowat drie jaar sal neem om te realiseer.

Kinderarbeid en prostitusie

Kinderarbeid is algemeen in Kenia. Die meeste kinders werk op die landerye. UNICEF het in 2006 geraam dat soveel as 30% van die meisies in die kusgebiede van Malindi, Mombasa, Kilifi en Diani aan prostitusie uitgelewer is. Die meeste prostitute in Kenia is tussen die ouderomme van 9 tot 18. Die oorsaak van kinderarbeid sluit in armoede, die tekort aan toegang tot onderwys en swak regeringsinstellings.

'n Bevolking van sowat 47 miljoen mense is in 2017 in Kenia getel. Die land het 'n jong bevolking met 73% wat jonger as 30 jaar oud is oor die vinnige aanwas in die land; van 2,9 miljoen tot 40 miljoen mense in die laaste eeu.

Etniese groepe

Kenia het 'n uiteenlopende bevolking wat die meeste van die vernaamste etniese groepe en taalfamilies van Afrika insluit. Daar is 'n geraamde 47 verskillende gemeenskappe, met Bantoes (67%) en die Niloties (30%), wat die meerderheid van die plaaslike bevolking verteenwoordig. Koesjitiese tale is van 'n klein etniese minderheid, so ook die Arabiere, Indiërs en Europeërs.

Krieketwedstryd tussen Kenia en Nepal in Kathmandu op 13 Maart 2017
Wedstryd tussen die nasionale sewesrugbyspanne van Kanada en Kenia in 2008

In Kenia word verskeie sportsoorte soos krieket, tydren, sokker, rugby en boks beoefen, waarvan sommige hul oorsprong in die Verenigde Koninkryk het. Dié land is bekend vir sy oorheersing in middelafstand- en langafstandatletiek, wat konsekwent Olimpiese en Statebondspele-kampioene in verskeie afstandswedstryde opgelewer het, veral in 800 m, 1 500 m, 3 000 m, 5 000 m, 10 000 m en die maraton.

Sokker is die gewildste sportsoort in Kenia en die Keniaanse nasionale sokkerspan staan bekend as die Harambee Stars (Swahili vir: "Laat ons saam werk"). Hulle kon nog nie vir die FIFA Sokker-Wêreldbeker kwalifiseer nie. Hulle het egter tot dusver vyf keer aan die Afrikanasiesbeker deelgeneem (in 1972, 1988, 1990, 1992 en 2004), maar kon die uitklopfase nooit bereik nie.

Krieket is 'n gewilde sportsoort en die suksesvolste spansport in Kenia. Die Keniaanse nasionale krieketspan kon tussen 1996 en 2011 vir elke Krieketwêreldbeker kwalifiseer, maar nie vir die toernooie van 2015 en 2019 nie. Kenia was mede-gasheer van die Krieketwêreldbeker 2003, waartydens hulle tot die halfeindrondte kon deurgedring, maar deur die latere naaswenner Indië geklop is. Ondanks Kenia se sukses in die onlangse jare is dit nog steeds 'n assosiaatlid van die Internasionale Krieketraad en het nooit toetsstatus ontvang nie.

Rugby het in gewildheid toegeneem, veral te danke aan die sukses van Kenia se nasionale sewesrugbyspan. Hulle neem gereeld aan die Sewesrugbywêreldbeker deel en het tydens die 2009-toernooi op die derde plek geëindig. In teenstelling daarmee kon die Keniaanse nasionale rugbyspan (bekend as die Simbas – Swahili vir: leeus) nog nie vir die Rugbywêreldbeker kwalifiseer nie, maar hulle ding gereeld in die Afrikabeker mee en kon dié toernooi tot dusver twee keer wen (in 2011 en 2013).

  1. (en) (PDF). United Nations Statistics Division. 2012. Besoek op10 Mei 2018.Cite journal requires |journal= (help)
  2. . Kenya National Bureau of Statistics. 4 November 2019. Besoek op15 November 2019.
  3. (en) . Internasionale Monetêre Fonds. Besoek op10 Mei 2018.
  4. (PDF) (in Engels). United Nations. 2016. (PDF) vanaf die oorspronklike op 18 Mei 2020. Besoek op10 Mei 2018.
  5. (in Engels). Wêreldbank. vanaf die oorspronklike op 9 Oktober 2019. Besoek op10 Mei 2018.
  6. Central Intelligence Agency (8 Mei 2018). . The World Factbook (in Engels). Langley, Virginië: Central Intelligence Agency. vanaf die oorspronklike op 15 Mei 2020. Besoek op10 Mei 2018.
  7. Karanja, Muchiri (3 September 2010). . Daily Nation (in Engels). Geargiveer vanaf op 6 Desember 2018. Besoek op4 September 2010.
  8. (en) .
  9. (en) .
  10. (en)
  11. (en) Glynn Llywelyn Isaac, Barbara Isaac (1977). . University of Chicago Press. p. xiii.
  12. (en) 21 Junie 2016 op Wayback Machine
  13. Don Nanjira, Daniel (2010) , ABC-CLIO, bl. 114 ISBN 0-313-37982-3.
  14. (en)
  15. (in Engels). PBS. vanaf die oorspronklike op 1 Maart 2020. Besoek op16 April 2010.
  16. (en) 23 Julie 2013 op Wayback Machine.
  17. (en) R. Mugo Gatheru (2005) Kenya: From Colonization to Independence, 1888–1970, McFarland, ISBN 0-7864-2199-1
  18. Vickers, Hugo (29 Januarie 2012). . The Daily Telegraph (in Engels). London. vanaf die oorspronklike op 26 Oktober 2019.
  19. (en) "Commonwealth and Colonial Law" by Kenneth Roberts-Wray, London, Stevens, 1966.
  20. (en) HC Deb 22 November 1963 vol 684 cc1329-400 wherein the UK Under-Secretary of State for Commonwealth Relations and for the Colonies stated" "An agreement was then signed on the 8th October, 1963, providing that on the date when Kenya became independent the territories comprising the Kenya Coastal Strip would become part of Kenya proper."
  21. (en) Harden, Blaine (25 Februarie 1988) 15 Februarie 2011 op Wayback Machine, The 'Washington Post.
  22. (en) Moreno, Pedro C. (red.). "Kenya". . Charlottesville, VA: The Rutherford Institute. Geargiveer vanaf op 29 Junie 2010. Besoek op2 Augustus 2016.
  23. (en) Anderson, David M. (2003). "Kenya's Elections 2002 – The Dawning of a New Era?". African Affairs. 102 (407): 331–342. doi:.
  24. (en) CIA (2010). The World Factbook. Potomac Books, Inc. p. 336. ISBN 978-1-59797-541-4.
  25. (en) .
  26. (en) Novak, Andrew. . racism.org. Besoek op6 Augustus 2016.
  27. (in Engels). Transparency International. vanaf die oorspronklike op 12 Mei 2020. Besoek op29 Mei 2013.
  28. (en) .
  29. (en) (PDF). United Nations. 2009.
  30. (en) Suda, Collette (2001). (PDF). Nordic Journal of African Studies. 10 (2): 163–175.
  31. (en) "".
  32. (en) Zinkina J.; Korotayev A. (2014). . World Futures. 70 (2): 120–139.
  33. (en) "".
  34. (en) Okoth, A. and Ndaloh, A. (2006) , East African Publishers, bl. 60–61 ISBN 9966254501.
  35. (en) . The Roar. 2 Maart 2018. Besoek op14 Februarie 2021.
  36. (en) . ESPNcricinfo. 13 Julie 2000. Besoek op14 Februarie 2021.

Publikasie datum: September 03, 2021

kenia, engels, swahili, kenya, ˈkɛɲa, luister, hulp, inligting, amptelik, republiek, engels, republic, kenya, swahili, jamhuri, kenya, land, afrika, stigterslid, afrika, gemeenskap, hoofstad, grootste, stad, nairobi, gebied, ewenaar, strek, afrikarif, diverse,. Kenia Engels en Swahili Kenya ˈkɛɲa luister hulp inligting amptelik die Republiek Kenia Engels Republic of Kenya Swahili Jamhuri ya Kenya is n land in Afrika en n stigterslid van die Oos Afrika Gemeenskap OAG Die hoofstad en grootste stad is Nairobi Kenia se gebied le aan die ewenaar en strek oor die Oos Afrikarif wat n diverse en uitgebreide terrein dek wat rofweg vanaf die Victoriameer tot by die Turkanameer is en verder tot by die Indiese Oseaan Dit grens aan Tanzanie in die suide Uganda in die weste Suid Soedan in die noordweste Ethiopie in die noorde en Somalie in die noordooste Kenia se grondgebied beslaan 580 367 vierkante kilometer en het in 2017 n bevolking van sowat 47 miljoen mense getel 6 Republiek Kenia Republic of Kenya Engels Jamhuri ya Kenya Swahili Vlag WapenNasionale leuse Harambee Swahili Let us all pull together Engels Afrikaans Laat ons saam werk Volkslied Ee Mungu Nguvu Yetu Swahili O God of all creation Engels Afrikaans O God van die ganse skepping source source track track Hoofstad Nairobi 1 16 S 36 48 O 1 267 S 36 800 O 1 267 36 800Grootste stad NairobiAmptelike tale Engels en SwahiliRegering President Adjunkpresident Unitere presidensiele grondwetlike republiek Uhuru Kenyatta William RutoOnafhanklikheid van die Verenigde Koninkryk Republiek 12 Desember 1963 12 Desember 1964Oppervlakte Totaal Water 580 367 1 km2 48ste 224 081 myl2 2 3Bevolking 2019 sensus Digtheid 47 564 296 2 78 km2 124ste 202 myl2BBP KKP Totaal Per capita 2018 skatting 175 659 miljard 3 3 657 3 BBP nominaal Totaal Per capita 2018 skatting 85 980 miljard 3 1 790 3 MOI 2015 0 555 4 146ste laagGini 2015 48 5 5 48ste mediumGeldeenheid Sjieling a href ISO 4217 html title ISO 4217 KES a Tydsone Somertyd OAT UTC 3 nie toegepas nie UTC 3 Internet TLD keSkakelkode 254 Kaart van Kenia Die Groot Mere van Afrika streek waarvan Kenia n deel is is reeds sedert die Laer Paleolitiese periode deur mense bewoon Teen die eerste millennium n C het die Bantoe uitbreiding die gebied van Sentraal Wes Afrika bereik Die grense van die moderne land het bestaan uit die kruispaaie van die Niger Kongo Nilo Sahara en die Afro Asiatiese gebiede van die vasteland wat meeste van die etnies talige groepe in Afrika verteenwoordig het Die Bantoevolke en Nilotiese volke het saam sowat 97 van die gebied se bevolking verteenwoordig 7 Die Europese en Arabiese teenwoordigheid in die kusgebied van Mombasa dateer terug na die Vroee Moderne periode Die Europese verkenning van die binneland het in die 19de eeu begin Die Britse Ryk het die Oos Afrika Protektoraat in 1895 gestig wat in 1920 die begin was van die Kolonie Kenia Kenia het in Desember 1963 sy onafhanklikheid verkry Na n referendum in Augustus 2010 aanvaar die land sy nuwe grondwet Kenia is deesdae verdeel in 47 semi selfregerende gebied wat deur verkose goewerneurs bestuur word Die hoofstad Nairobi is n streeks kommersiele spilpunt 8 9 Landbou is n belangrike werkskepper Die land se belangrikste tradisionele uitvoerprodukte is tee en koffie maar het onlangs begin om vars blomme na Europa uit te voer Inhoud 1 Etimologie 2 Geskiedenis 2 1 Pre histories 2 2 Swahili kultuur en handel vanaf die eerste eeu tot die 19de eeu 2 3 n Onafhanklike Kenia 1963 2 3 1 Die Moi era 1978 2002 2 3 2 Die 2000 s 3 Geografie 3 1 Wildlewe 4 Regering en politiek 4 1 Verkiesings van 2013 en nuwe regering 4 2 Buitelandse betrekkinge 4 3 Landbou 4 4 Olie ontginning 4 5 Kinderarbeid en prostitusie 4 6 Etniese groepe 5 Sport 6 Sien ook 7 Verwysings 8 Eksterne skakelsEtimologie WysigDie Republiek Kenia is na Mount Kenya genoem Die oorsprong van die naam Kenia is nie duidelik nie maar is vermoedelik afgelei van die Kikuyu Embu en Kamba woorde Kirenyaa Kiringyag en Kiinya wat in al drie tale beteken God se rusplek 10 Indien so het die Britte dit nie eintlik net verkeerd uitgespreek nie Keenya maar dit ook verkeerd gespel Geskiedenis WysigPre histories Wysig Die Turkana seun n 1 6 miljoen jaaroue hominidae fossiel van n Homo erectus Fossiele wat in Kenia ontdek is dui aan dat primate meer as 20 miljoen jaar gelede in die gebied geleef het Onlangse uitgrawings naby die Turkanameer bewys dat hominidae soos Homo habilis 1 8 miljoen tot 2 5 miljoen jaar gelede en Homo erectus 1 8 miljoen tot 350 000 jaar gelede dalk regstreekse voorouers van die moderne Mens is en in Kenia tydens die Pleistoseen epog bestaan het 11 Gedurende uitgrawings by die Turkanameer in 1948 het die paleoantropoloog Richard Leakey en sy assistent Kamoya Kimeu die Turkana seun ontdek n 1 6 miljoen jaar oue fossiel wat aan die Homo erectus behoort 11 Swahili kultuur en handel vanaf die eerste eeu tot die 19de eeu Wysig n Tradisionele handgekerfde Swahili houtdeur in Lamu Teen die eerste eeu het baie van stadstate soos Mombasa Malindi en Zanzibar reeds begin om handelsbetrekkinge met die Arabiere te vestig Dit het gelei tot ekonomiese groei van die Swahili state die instelling van Islam Arabiese invloed op die Swahili se Bantoetale kulturele diffusie asook dat die Swahili stadstate deel kon word van n groter handelsnetwerk 12 13 Baie historici was oortuig daarvan dat die stadstate deur Arabiese of Persiese handelaars gevestig is maar navorsers glo deesdae dat die stadstate n inheemse ontwikkeling was waar die toppunt van hul ontwikkeling omstreeks in die 8ste eeu bereik was 14 Swahili n Bantoetaal met Arabies Persies en ander Midde Oosterse leenwoorde het later ontwikkel as n lingua franca vir handel tussen die verskillende mense 15 Swahili het nou ook leenwoorde uit Engels Gedurende die vroee 20ste eeu het Britse en ander Europese boere hul in die sentrale hooglande begin vestig en ryk koffie en tee boere geword 16 Die memoires van die Deense skrywer Barones Karen von Blixen Finecke Out of Africa wat in 1937 gepubliseer is is n uitstekende uitbeelding van die leefwyse van die setlaars in die 1930 s Sowat 30 000 van die wit setlaars wat in die gebied gebly het het n politieke stem in die land verwerf vanwee hul bydrae tot die mark ekonomie 17 Elizabeth II van die Verenigde Koninkryk was in 1952 saam met haar man Prins Philip in Kenia op vakansie toe hulle hoor dat haar pa George VI van die Verenigde Koninkryk in sy slaap dood is Die jong prinses het haar besoek net daar kortgeknip en huistoe gehaas waar sy toe as koningin gekroon is 18 n Onafhanklike Kenia 1963 Wysig Die eerste president en grondlegger van Kenia Jomo Kenyatta Die eerste regstreekse verkiesings vir gebore Keniane om tot die wetgewende raad verkies te kon word was in 1957 Die kolonie Kenia en die protektoraat Kenia het albei op 12 Desember 1963 tot n einde gekom Die Verenigde Koninkryk het die mag oorgedra en terselfdertyd het die Sultan van Zanzibar ingestem om ook sy beheer oor te gee sodat die hele Kenia een soewereine onafhanklike staat kon word 19 20 19 Die Moi era 1978 2002 Wysig Die Britse minister van buitelandse sake Henry Bellingham saam met Mwai Kibaki president van Kenia in Londen op 31 Julie 2012 Met Kenyatta se dood in 1978 het Daniel arap Moi president geword Hy het die presidentskap hierna onbestrede in 1979 1983 n blitsverkiesing en in 1983 behou Dit was almal onder n enkelparty grondwet gewen Die 1983 verkiesings wat n jaar te vroeg gehou was het uitgeloop op n mislukte staatsgreep op 2 Augustus 1982 Die mislukte staatsgreep was deur n lae rang lid van die lugmag Hezekiah Ochuka uitgevoer en deur n groep dienspligtiges ondersteun Dit was baie vinnig onderdruk Die 1988 verkiesings was gekenmerk deur die mlolongo toustaan stelsel waar die kiesers in n ry moes staan agter die kandidaat vir wie hulle wou stem Daar was geen geheime stemming nie 21 Dit het tot groot onmin gelei Hierna is verskeie omstrede bepalings van die kieswet insluitende die enkel politieke partystelsel gewysig 22 Met die demokratiese veelparty verkiesings in 1992 en 1997 is Daniel arap Moi herverkies 23 Die 2000 s Wysig Moi is in 2002 grondwetlik verbied om in die verkiesing te staan en Mwai Kibaki van die opposisie is tot president verkies Dit word as n keerpunt in Kenia se demokratiese ewolusie beskou 23 Geografie WysigMet n oppervlakte van 581 309 km is Kenia die wereld se 48ste grootste land naas Botswana Vanaf die kus aan die Indiese Oseaan styg die laeveld tot die sentrale hoogland Die Hoogland word gehalveer deur die Groot Skeurvallei met n vrugbare plato in die ooste Die Keniaanse Hoogland bevat een van die mees suksesvolle landbouproduksie streke in Afrika 24 Die Hoogland is die tuiste van die hoogste punt in Kenia en die tweede hoogste piek op die vasteland van Afrika Mount Kenya wat 5 199 m bereik en gletsers beheer Kilimandjaro 5 895 m kan gesien word uit Kenia se suide aan die Tanzaniese grens Wildlewe Wysig Olifante in die Amboseli Nasionale Park met Kilimandjaro op die agtergrond n Kameelperd in die Nairobi Nasionale Park met Nairobi se hoe geboue op die agtergrond Kenia het uitgebreide landelike gebiede wat uitsluitlik vir die wildlewe habitat uitgesonder is Dit sluit in die Masai Mara met sy blouwildebees en ander horingdraers wat jaarliks aan die grootskaalse migrasie deelneem Meer as een miljoen wildebeeste en 200 000 kwaggas is jaarliks deel van hierdie migrasie oor die Mararivier 25 Die Groot vyf van Afrika die leeu luiperd buffel renoster en die Afrika olifant is in Kenia en veral in die Masai Mara te siene n Aansienlike bevolking van ander wilde diere soos reptiele en voels kom ook in die nasionale parke en wildreservate van die land voor Die jaarlikse diere migrasie is tussen Junie en September wanneer miljoene wild trek Dit is n gewilde toeriste aantrekkingskrag Twee miljoen wildbeeste migreer vir n afstand van 2 900 kilometers vanaf die Serengeti in die naburige Tanzanie na die Masai Mara in Kenia 26 in n voortdurende klokwyse patroon op soek na kos en water Die Serengeti migrasie is n aanskoulike gebeurtenis wat as een van die Sewe Wonders van Afrika gelys is Regering en politiek Wysig Die gewese president Mwai Kibaki Die hooggeregshof van Kenia n Marksaal in Mombasa Kenia is n presidensiele verteenwoordigende demokratiese republiek Die president is beide die staatshoof en hoof van die regering in n veelpartystaat Die uitvoerende magte is by die regering Die wetgewende magte is in beide die regering en die nasionale vergadering en die senaat gevestig Die regbank is onafhanklik van die die uitvoerende mag en die wetgewer 27 Verkiesings van 2013 en nuwe regering Wysig Met n nuwe grondwet wat in die land aanvaar is is president Kibaki verhoed om vir n derde termyn beskikbaar te wees Sy adjunk eerste minister Uhuru Kenyatta wen toe die verkiesing met 50 51 stemme in Maart 2013 Buitelandse betrekkinge Wysig Kenia het noue bande met sy mede Swahilisprekendes in die buurlande van die Groot Mere van Afrika Die bande met Uganda en Tanzanie is oor die algemeen baie sterk aangesien die drie nasies streef na ekonomiese en sosiale integrasie deur gemeenskaplike lidmaatskap van die Oos Afrika Gemeenskap Landbou Wysig n Teeplaas naby Kericho in die Kericho provinsie Die Maasai mense Hulle woon in beide Kenia en Tanzanie Landbou is die tweede grootste bron van Kenia se bruto binnelandse produkte naas die diens sektor Die vernaamste kontantgewas is tee tuinbouprodukte en koffie Die tuinbouprodukte en tee is die grootste uitvoerprodukte van Kenia Olie ontginning Wysig Kenia het olie neerslae in die Turkanagebied President Mwai Kibaki het op 26 Maart 2012 aangekondig dat Tullow n Anglo Ierse olie maatskappy ruolie ontdek het maar dat die handelsmoontlikhede en gevolglike produksie sowat drie jaar sal neem om te realiseer 28 Kinderarbeid en prostitusie Wysig Kinderarbeid is algemeen in Kenia Die meeste kinders werk op die landerye 29 UNICEF het in 2006 geraam dat soveel as 30 van die meisies in die kusgebiede van Malindi Mombasa Kilifi en Diani aan prostitusie uitgelewer is Die meeste prostitute in Kenia is tussen die ouderomme van 9 tot 18 29 Die oorsaak van kinderarbeid sluit in armoede die tekort aan toegang tot onderwys en swak regeringsinstellings 29 30 n Bevolking van sowat 47 miljoen mense is in 2017 in Kenia getel 6 Die land het n jong bevolking met 73 wat jonger as 30 jaar oud is oor die vinnige aanwas in die land 31 32 van 2 9 miljoen tot 40 miljoen mense in die laaste eeu 33 Etniese groepe Wysig Kenia het n uiteenlopende bevolking wat die meeste van die vernaamste etniese groepe en taalfamilies van Afrika insluit Daar is n geraamde 47 verskillende gemeenskappe met Bantoes 67 en die Niloties 30 wat die meerderheid van die plaaslike bevolking verteenwoordig 7 Koesjitiese tale is van n klein etniese minderheid so ook die Arabiere Indiers en Europeers 7 34 Sport Wysig Krieketwedstryd tussen Kenia en Nepal in Kathmandu op 13 Maart 2017 Wedstryd tussen die nasionale sewesrugbyspanne van Kanada en Kenia in 2008 In Kenia word verskeie sportsoorte soos krieket tydren sokker rugby en boks beoefen waarvan sommige hul oorsprong in die Verenigde Koninkryk het Die land is bekend vir sy oorheersing in middelafstand en langafstandatletiek wat konsekwent Olimpiese en Statebondspele kampioene in verskeie afstandswedstryde opgelewer het veral in 800 m 1 500 m 3 000 m 5 000 m 10 000 m en die maraton Sokker is die gewildste sportsoort in Kenia en die Keniaanse nasionale sokkerspan staan bekend as die Harambee Stars Swahili vir Laat ons saam werk Hulle kon nog nie vir die FIFA Sokker Wereldbeker kwalifiseer nie Hulle het egter tot dusver vyf keer aan die Afrikanasiesbeker deelgeneem in 1972 1988 1990 1992 en 2004 maar kon die uitklopfase nooit bereik nie Krieket is n gewilde sportsoort en die suksesvolste spansport in Kenia Die Keniaanse nasionale krieketspan kon tussen 1996 en 2011 vir elke Krieketwereldbeker kwalifiseer maar nie vir die toernooie van 2015 en 2019 nie Kenia was mede gasheer van die Krieketwereldbeker 2003 waartydens hulle tot die halfeindrondte kon deurgedring maar deur die latere naaswenner Indie geklop is Ondanks Kenia se sukses in die onlangse jare is dit nog steeds n assosiaatlid van die Internasionale Krieketraad en het nooit toetsstatus ontvang nie 35 36 Rugby het in gewildheid toegeneem veral te danke aan die sukses van Kenia se nasionale sewesrugbyspan Hulle neem gereeld aan die Sewesrugbywereldbeker deel en het tydens die 2009 toernooi op die derde plek geeindig In teenstelling daarmee kon die Keniaanse nasionale rugbyspan bekend as die Simbas Swahili vir leeus nog nie vir die Rugbywereldbeker kwalifiseer nie maar hulle ding gereeld in die Afrikabeker mee en kon die toernooi tot dusver twee keer wen in 2011 en 2013 Sien ook WysigLys van nedersettings in KeniaVerwysings Wysig en Demographic Yearbook Table 3 Population by sex rate of population increase surface area and density PDF United Nations Statistics Division 2012 Besoek op 10 Mei 2018 Cite journal requires journal help 2019 Kenya Population and Housing Census Results Kenya National Bureau of Statistics 4 November 2019 Besoek op 15 November 2019 3 0 3 1 3 2 3 3 en Report for Selected Countries and Subjects valuation of Kenya GDP Internasionale Monetere Fonds Besoek op 10 Mei 2018 2016 Human Development Report PDF in Engels United Nations 2016 Geargiveer PDF vanaf die oorspronklike op 18 Mei 2020 Besoek op 10 Mei 2018 Gini Index in Engels Wereldbank Geargiveer vanaf die oorspronklike op 9 Oktober 2019 Besoek op 10 Mei 2018 6 0 6 1 Central Intelligence Agency 8 Mei 2018 Kenya The World Factbook in Engels Langley Virginie Central Intelligence Agency Geargiveer vanaf die oorspronklike op 15 Mei 2020 Besoek op 10 Mei 2018 7 0 7 1 7 2 Karanja Muchiri 3 September 2010 Myth shattered Kibera numbers fail to add up Daily Nation in Engels Geargiveer vanaf die oorspronklike op 6 Desember 2018 Besoek op 4 September 2010 en Ethiopia GDP purchasing power 2010 86 billion en Kenya GDP purchasing power 2010 66 Billion en History 11 0 11 1 en Glynn Llywelyn Isaac Barbara Isaac 1977 Olorgesailie archeological studies of a Middle Pleistocene lake basin in Kenya University of Chicago Press p xiii en 1 Geargiveer 21 Junie 2016 op Wayback Machine Don Nanjira Daniel 2010 African Foreign Policy and Diplomacy From Antiquity to the 21st century ABC CLIO bl 114 ISBN 0 313 37982 3 en 2 Wonders of the African World in Engels PBS Geargiveer vanaf die oorspronklike op 1 Maart 2020 Besoek op 16 April 2010 en We Want Our Country Geargiveer 23 Julie 2013 op Wayback Machine en R Mugo Gatheru 2005 Kenya From Colonization to Independence 1888 1970 McFarland ISBN 0 7864 2199 1 Vickers Hugo 29 Januarie 2012 Diamond Jubilee the moment that Princess Elizabeth became Queen The Daily Telegraph in Engels London Geargiveer vanaf die oorspronklike op 26 Oktober 2019 19 0 19 1 en Commonwealth and Colonial Law by Kenneth Roberts Wray London Stevens 1966 en HC Deb 22 November 1963 vol 684 cc1329 400 wherein the UK Under Secretary of State for Commonwealth Relations and for the Colonies stated An agreement was then signed on the 8th October 1963 providing that on the date when Kenya became independent the territories comprising the Kenya Coastal Strip would become part of Kenya proper en Harden Blaine 25 Februarie 1988 Many Voters Stay Home as Kenya Drops Secret Ballot in Parliamentary Election Geargiveer 15 Februarie 2011 op Wayback Machine The Washington Post en Moreno Pedro C red Kenya Handbook on Religious Liberty Around the World Charlottesville VA The Rutherford Institute Geargiveer vanaf die oorspronklike op 29 Junie 2010 Besoek op 2 Augustus 2016 23 0 23 1 en Anderson David M 2003 Kenya s Elections 2002 The Dawning of a New Era African Affairs 102 407 331 342 doi 10 1093 afraf adg007 en CIA 2010 The World Factbook Potomac Books Inc p 336 ISBN 978 1 59797 541 4 en Masai Mara en Novak Andrew The Criminal Justice System and Eroding Democracy After Independence Page 12 racism org Besoek op 6 Augustus 2016 Transparency International CPI in Engels Transparency International Geargiveer vanaf die oorspronklike op 12 Mei 2020 Besoek op 29 Mei 2013 en BBC News Kenya oil discovery after Tullow Oil drilling 29 0 29 1 29 2 en Country profile report Kenya PDF United Nations 2009 en Suda Collette 2001 The Invisible Child Worker in Kenya The Intersection of Poverty Legislation and Culture PDF Nordic Journal of African Studies 10 2 163 175 en Why a new president may slow population growth en Zinkina J Korotayev A 2014 Explosive Population Growth in Tropical Africa Crucial Omission in Development Forecasts Emerging Risks and Way Out World Futures 70 2 120 139 en Exploding population en Okoth A and Ndaloh A 2006 Peak Revision K C P E Social Studies East African Publishers bl 60 61 ISBN 9966254501 en The decline and fall of Kenyan cricket The Roar 2 Maart 2018 Besoek op 14 Februarie 2021 en Test Status Kenya s next but who then ESPNcricinfo 13 Julie 2000 Besoek op 14 Februarie 2021 Eksterne skakels WysigWikimedia Commons bevat media in verband met Kenia en Toerisme inligting oor Kenia op Wikivoyage en en Wikimedia Atlas van Kenya en Amptelike webwerf van die parlement en Amptelike webwerf van die president en Kenya by DMOZOntsluit van https af wikipedia org w index php title Kenia amp ol,