fbpx Keltiberies
Wikipedia

Keltiberies

Keltiberies (ook bekend as Hispano-Kelties) is 'n uitgestorwe Keltiese taal wat deur die Keltiberiërs in Portugal en sentraal Spanje gepraat is voor en tydens die Romeinse Ryk se besetting van die gebiede. Baie min van die Keltiberiese taal het behoue gebly. Getuienis van die taal se bestaan kan gesien word in sommige voor-Romeinse plekname in die Iberiese Skiereiland wat lank genoeg oorleef het om in dokumente opgeneem te word het, in die formules wat in sommige persoonlike eiename gebruik is (wat wenke gee oor die grammatika van die taal), en in inskripsies op brons en lood gedenkplate wat in die Keltiberies skrif geskryf is wat Fenisiese en Griekse eienskappe kombineer. Genoeg het behoue gebly om aan te toon dat Fenisiese 'n Q-Keltiese (soos Goidelies), en nie P-Kelties soos Gallies was nie. Aangesien Britonies ook P-Kelties is, maar as 'n Eiland-Keltiese taal is wat nader verwant is aan Goidelies as aan Gallies, volg dit dat die P/Q verdeling parafylieties is: die verandering van kw na p het in in Britonies en Gallies plaasgevind op 'n stadium toe dit reeds aparte tale was eerder as wat dit 'n verdeling aandui wat 'n aparte tak in die "stamboom" van die Keltiese tale aandui. 'n Verandering van PIE kw (q) na p het ook in sommige Italiese tale plaasgevind: vergelyk Oskies pis, pid ("wie, wat?") met Latyn quis, quid. Keltiberies en Gallies word gewoonlik saam gegroepeer as die Vasteland-Keltiese tale, maar die groepering is ook parafylieties: geen bewyse dui daarop dat die twee enige gemene innovasie apart van Eiland Kelties deel nie.

Keltiberies
Gepraat in: Portugal
Spanje
Gebied: Iberiese Skiereiland
Totale sprekers: uitgesterf
Taalfamilie: Indo-Europees
Kelties
Vasteland-Kelties
Keltiberies
Taalkodes
ISO 639-1: geen
ISO 639-2:
ISO 639-3:
Nota: Hierdie bladsy kan IFA fonetiese simbole in Unicode bevat.
Inskrif op die Botorrita-plaat I

Die langste Keltiberiese inskripsies wat getuienis oor die taal verskaf is die op drie Botorrita-plate, bronsgedenkplate uit Botorrita naby Zaragoza, wat dateer uit die vroeë 1ste eeu v.C.

Keltiberies vertoon 'n ten volle geïnflekteerde betreklike voornaamwoord ios wat nie in ander Keltiese dialekte bewaar is nie, en die partikels kue "en", nekue "nog", ve "of". Soos in Wallies is daar 'n s-subjunktief, gabiseti "hy sal neem" (Oud-Iers gabid), robiseti, auseti. Vergelyk Umbries ferest "hy sal maak".

  1. * Mallory, J. P. (1989). In Search of the Indo-Europeans. Thames & Hudson. ISBN 0-500-05052-X, bl. 106)
  • Jordán Cólera, C. (2005). Celtibérico. Zaragoza.
  • Hoz, Javier de. (1996). The Botorrita first text. Its epigraphical background; in: Die größeren altkeltischen Sprachdenkmäler. Akten des Kolloquiums Innsbruck 29. April – 3. Mai 1993, ed. W. Meid and P. Anreiter, 124–145, Innsbruck.
  • Meid, Wolfgang. (1994). Celtiberian Inscriptions, Archaeolingua, edd. S. Bökönyi and W. Meid, Series Minor, 5, 12–13. Budapest.


Keltiberies
keltiberies, bekend, hispano, kelties, uitgestorwe, keltiese, taal, deur, keltiberiërs, portugal, sentraal, spanje, gepraat, voor, tydens, romeinse, besetting, gebiede, baie, taal, behoue, gebly, getuienis, taal, bestaan, gesien, word, sommige, voor, romeinse,. Keltiberies ook bekend as Hispano Kelties is n uitgestorwe Keltiese taal wat deur die Keltiberiers in Portugal en sentraal Spanje gepraat is voor en tydens die Romeinse Ryk se besetting van die gebiede Baie min van die Keltiberiese taal het behoue gebly Getuienis van die taal se bestaan kan gesien word in sommige voor Romeinse plekname in die Iberiese Skiereiland wat lank genoeg oorleef het om in dokumente opgeneem te word het in die formules wat in sommige persoonlike eiename gebruik is wat wenke gee oor die grammatika van die taal en in inskripsies op brons en lood gedenkplate wat in die Keltiberies skrif geskryf is wat Fenisiese en Griekse eienskappe kombineer Genoeg het behoue gebly om aan te toon dat Fenisiese n Q Keltiese soos Goidelies en nie P Kelties soos Gallies was nie 1 Aangesien Britonies ook P Kelties is maar as n Eiland Keltiese taal is wat nader verwant is aan Goidelies as aan Gallies volg dit dat die P Q verdeling parafylieties is die verandering van kw na p het in in Britonies en Gallies plaasgevind op n stadium toe dit reeds aparte tale was eerder as wat dit n verdeling aandui wat n aparte tak in die stamboom van die Keltiese tale aandui n Verandering van PIE kw q na p het ook in sommige Italiese tale plaasgevind vergelyk Oskies pis pid wie wat met Latyn quis quid Keltiberies en Gallies word gewoonlik saam gegroepeer as die Vasteland Keltiese tale maar die groepering is ook parafylieties geen bewyse dui daarop dat die twee enige gemene innovasie apart van Eiland Kelties deel nie KeltiberiesGepraat in Portugal Spanje Gebied Iberiese SkiereilandTotale sprekers uitgesterfTaalfamilie Indo Europees Kelties Vasteland Kelties KeltiberiesTaalkodesISO 639 1 geenISO 639 2 ISO 639 3 xce Nota Hierdie bladsy kan IFA fonetiese simbole in Unicode bevat Inskrif op die Botorrita plaat I Die langste Keltiberiese inskripsies wat getuienis oor die taal verskaf is die op drie Botorrita plate bronsgedenkplate uit Botorrita naby Zaragoza wat dateer uit die vroee 1ste eeu v C Keltiberies vertoon n ten volle geinflekteerde betreklike voornaamwoord ios wat nie in ander Keltiese dialekte bewaar is nie en die partikels kue en nekue nog ve of Soos in Wallies is daar n s subjunktief gabiseti hy sal neem Oud Iers gabid robiseti auseti Vergelyk Umbries ferest hy sal maak Verwysings Wysig Mallory J P 1989 In Search of the Indo Europeans Thames amp Hudson ISBN 0 500 05052 X bl 106 Bronne WysigJordan Colera C 2005 Celtiberico Zaragoza Hoz Javier de 1996 The Botorrita first text Its epigraphical background in Die grosseren altkeltischen Sprachdenkmaler Akten des Kolloquiums Innsbruck 29 April 3 Mai 1993 ed W Meid and P Anreiter 124 145 Innsbruck Meid Wolfgang 1994 Celtiberian Inscriptions Archaeolingua edd S Bokonyi and W Meid Series Minor 5 12 13 Budapest Eksterne skakels WysigGedetailerde kaart van die Voor Romeinse Volke van Iberie c 200 v C Indo Europese tale Kentum tale KeltiesEiland Keltiese taleGoidelies Iers Gaelies Skots Gaelies Skotland Kanada Manx Gaelies Galweegse Gaelies Britonies Wallies Kornies Bretons Cumbries Piekties Vasteland Keltiese taleVasteland Keltiese tale Gallies Leponties Galaties Keltiberies Gemengde TaleGemengde Tale Shelta Bungee UitgestorweOntsluit van https af wikipedia org w index php title Keltiberies amp ol,