fbpx
Wikipedia

Carl Friedrich Gauss

Johann Carl Friedrich Gauss (30 April 1777, Brunswyk23 Februarie 1855, Göttingen) was 'n Duitse wiskundige, sterrekundige en wetenskaplike wat belangrike bydraes gemaak het tot verskeie velde, waaronder wiskunde, wetenskap, statistiek, analise, fisika, sterrekunde en optika. Hy word geag as een van die invloedrykste wiskundiges in die geskiedenis.

Carl Friedrich Gauss
Geboortenaam Johann Carl Friedrich Gauss
Gebore 30 April 1777
Brunswyk, Hertogdom Brunswyk-Wolfenbüttel, Heilige Romeinse Ryk
Oorlede 23 Februarie 1855 (op 77)
Göttingen, Koninkryk Hannover
Nasionaliteit Duits
Vakgebied Wiskunde en fisika
Instelling(s) Universiteit van Göttingen
Alma mater Universiteit van Helmstedt
Doktorale promotor(s) Johann Friedrich Pfaff
Doktorale student(e) Christoph Gudermann
Christian Ludwig Gerling
Richard Dedekind
Johann Listing
Bernhard Riemann
Christian Peters
Moritz Cantor
Invloed op Sophie Germain
Ferdinand Minding
Handtekening

Gauss was 'n wonderkind en het in sy tienerjare al sy eerste baanbrekerswerk in wiskunde gedoen. Hy het sy belangrikste werk, Disquisitiones Arithmeticae, reeds in 1798 op 21-jarige ouderdom voltooi, maar dit is nie voor 1801 gepubliseer nie. Hierdie werk het die weg gebaan op die vakgebied van getalteorie en is steeds invloedryk.

Sy voortreflike wetenskaplike vermoëns was al onder sy tydgenote bekend. Reeds in 1856 laat die koning van Hannover gedenkmunte druk met Guass se beeld en die inskrywing Mathematicorum Principi (Latyn vir "Aan die prins van die wiskundiges"). Omdat Gauss slegs 'n breukdeel van sy ontdekkings openbaar gemaak het, het die wêreld eers die werklike diepte en verreikendheid van sy werk ná sy dood ontsluit toe sy dagboek in 1898 ontdek en bestudeer is.

Lewe

 
Gaus se geboortehuis te Wilhelmstraat 30; in die Tweede Wêreldoorlog volledig vernietig.

Carl Friedrich was die enigste kind van die egpaar Gerhard Dietrich Gauss en Dorothea Benze. Sy moeder was die ongeletterde maar tog hoogs intelligente dogter van 'n arm steenmesselaar wat as 'n diensmeisie gewerk het voor sy die tweede vrou van Gerhard Dietrich Gauss geword het. Hy het vele beroepe beoefen, onder andere tuinier, slagter, messelaar, handelaar en tesourier vir 'n klein versekeringsonderneming. Volgens oorlewering het Carl Friedrich op drie as sy vader se loonberekenings gekorrigeer. Later sê hy dat hy berekenings voor taal geleer het. Sy lewe lank behou hy die gawe om selfs ingewikkelde berekenings in sy kop te doen.

Teen negejarige ouderdom beland Gauss in die Volksschule, oftewel Volkskool. Daar gee die onderwyser Büttner sy leerlinge opdrag om alle getalle tussen 1 tot 100 bymekaar te tel, om hulle so besig te hou. Gauss los egter dié probleem vinnig op deur hy 50 met 101 te maal (1 + 100, 2 + 99, …, 50 + 51) om by die oplossing, 5050, uit te kom. Die formule wat daaruit ontstaan het, staan soms as "der kleine Gauss" bekend.

Hierdie gebeurtenis maak Gauss se onderwyser van sy buitengewone wiskundige begawing bewus, waarop hy 'n besondere rekenboek uit Hamburg vir hom reël en daarvoor sorg dat Gauss die Martino-Katharineum-gimnasium kan besoek. Teen die tyd dat Gauss 14 jaar oud is, word hy aan hertog Karl Wilhelm van Braunschweig bekend gestel. Daarna ondersteun en onderhou die hertog hom finansieel. So kan Gauss van 1792 tot 1795 aan die Collegium Carolinum studeer. Daar ontdek professor Eberhard August Wilhelm von Zimmermann Gauss se talent, spoor hy hom aan en knoop hy 'n vaderlike vriendskap met hom aan.

In Oktober 1795 verskuif Gauss na die Universiteit van Göttingen. Hier kom hy van voorlesings oor die klassieke filologie deur Christian Gottlob Heyne te hore en dit interesseer hom net soveel soos die wiskunde.

Teen die ouderdom van 19 word Gauss die eerste mens wat die konstrueerbaarheid van die reëlmatige sewentienhoek bewys: 'n sensasionele ontdekking, want sedert die antieke tyd was daar op hierdie gebied nog geen vordering nie. Dit word dan ook die rede waarom Gauss besluit om sy studies op wiskunde toe te spits eerder as die tale en filosofie. In 1799 behaal hy sy doktorsgraad aan die Aedemia Julia ('n universiteit in Helmstedt).

Nadat hy sy doktorsgraad behaal het, lewe Gauss in Braunschweig van die klein inkomste wat die hertog hom betaal en werk hy aan ѕy werk Disquisitiones Arithmeticae.

Hy keer 'n posisie aan die Petersburgse Akedemie vir Wetenskap af uit dankbaarheid teenoor die hertog en in die hoop dat hy vir Gauss 'n sterrewag in Braunschweig sal bou. Ná die hertog se skielike dood word Gauss in 1807 professor aan die Georg-August-universiteit in Göttingen en direkteur van die sterrewag daar. Daar moet hy kursusse aanbied, waarvan hy niks hou nie. Tog word baie van sy studente invloedryke wiskundiges, soos Rihard Dedekind en Bernhard Riemann.

In November 1804 raak hy aan Johanna Elisabeth Rosina Osthoff (* 1780; † 1809) verloof en op 9 Oktober 1805 trou hy met haar. In Augustus 1806 word hul eerste kind, Joseph, gebore. Hy is genoem na Giuseppe Piazzi, die ontdekker van die dwergplaneet Ceres. In Göttingen word sy dogter Wilhelmine in 1808 gebore. In Oktober 1809 word Louis gebore, maar Gauss se vrou sterf met die geboorte. Louis self sterf op 1 Maart 1810. ’n Jaar daarna, op 4 Augustus 1810, trou Gauss met Friederica "Minna" Wilhelmine Waldeck (* 1788; † 1831). Sy sou uiteindelk vir hom drіe kinders baar.

Bronne

  • Wolfgang Sartorius von Waltershausen: Gauss zum Gedächtniss, S. Hirzel, Leipzig 1856 (by Google Books: [1])
  • Felix Klein: Gauß, erstes Kapitel der Vorlesungen über die Entwicklung der Mathematik im 19. Jahrhundert, Julius Springer, Berlin 1926, S. 6–62 (Reprint: Springer-Verlag, Berlin Heidelberg New York 1979, ISBN 3-540-09234-X)
  • Ludwig Bieberbach: Carl Friedrich Gauß. Ein deutsches Gelehrtenleben, Keil-Verlag, Berlin 1938
  • Wilhelm Blaschke: Über die Differenzialgeometrie von Gauß, Jahresbericht der DMV 52, 1942, S. 61–71
  • Waldo Dunnington, Jeremy Gray, Fritz-Egbert Dohse: Gauß – Titan of Science. The Mathematical Association of America, 2004. (Engl.) ISBN 978-0-88385-547-8 (Ursprünglich von Dunnington 1955 veröffentlicht. Dunnington trug viel Material zusammen)
  • Hans Reichardt (Hrsg.): C. F. Gauß: Gedenkband anläßlich des 100. Todestages am 23. Februar 1955, B. G. Teubner, Leipzig 1957
  • Nikolai Stuloff (1964) (in de), Gauß. Carl Friedrich, 6, Berlin: Duncker & Humblot, pp. 101–107, http://daten.digitale-sammlungen.de/0001/bsb00016322/images/index.html?seite=117 
  • Mitteilungen der Gauß-Gesellschaft, Göttingen, seit 1964, Inhaltsverzeichnis

Skakels

  •   Hierdie artikel is in sy geheel of gedeeltelik uit die Duitse Wikipedia vertaal.

Carl Friedrich Gauss
carl, friedrich, gauss, johann, april, 1777, brunswyk, februarie, 1855, göttingen, duitse, wiskundige, sterrekundige, wetenskaplike, belangrike, bydraes, gemaak, verskeie, velde, waaronder, wiskunde, wetenskap, statistiek, analise, fisika, sterrekunde, optika,. Johann Carl Friedrich Gauss 30 April 1777 Brunswyk 23 Februarie 1855 Gottingen was n Duitse wiskundige sterrekundige en wetenskaplike wat belangrike bydraes gemaak het tot verskeie velde waaronder wiskunde wetenskap statistiek analise fisika sterrekunde en optika Hy word geag as een van die invloedrykste wiskundiges in die geskiedenis Carl Friedrich GaussGeboortenaam Johann Carl Friedrich GaussGebore 30 April 1777Brunswyk Hertogdom Brunswyk Wolfenbuttel Heilige Romeinse RykOorlede 23 Februarie 1855 op 77 Gottingen Koninkryk HannoverNasionaliteit DuitsVakgebied Wiskunde en fisikaInstelling s Universiteit van GottingenAlma mater Universiteit van HelmstedtDoktorale promotor s Johann Friedrich PfaffDoktorale student e Christoph GudermannChristian Ludwig GerlingRichard DedekindJohann ListingBernhard RiemannChristian PetersMoritz CantorInvloed op Sophie GermainFerdinand MindingHandtekeningGauss was n wonderkind en het in sy tienerjare al sy eerste baanbrekerswerk in wiskunde gedoen Hy het sy belangrikste werk Disquisitiones Arithmeticae reeds in 1798 op 21 jarige ouderdom voltooi maar dit is nie voor 1801 gepubliseer nie Hierdie werk het die weg gebaan op die vakgebied van getalteorie en is steeds invloedryk Sy voortreflike wetenskaplike vermoens was al onder sy tydgenote bekend Reeds in 1856 laat die koning van Hannover gedenkmunte druk met Guass se beeld en die inskrywing Mathematicorum Principi Latyn vir Aan die prins van die wiskundiges Omdat Gauss slegs n breukdeel van sy ontdekkings openbaar gemaak het het die wereld eers die werklike diepte en verreikendheid van sy werk na sy dood ontsluit toe sy dagboek in 1898 ontdek en bestudeer is Lewe Wysig Gaus se geboortehuis te Wilhelmstraat 30 in die Tweede Wereldoorlog volledig vernietig Carl Friedrich was die enigste kind van die egpaar Gerhard Dietrich Gauss en Dorothea Benze Sy moeder was die ongeletterde maar tog hoogs intelligente dogter van n arm steenmesselaar wat as n diensmeisie gewerk het voor sy die tweede vrou van Gerhard Dietrich Gauss geword het Hy het vele beroepe beoefen onder andere tuinier slagter messelaar handelaar en tesourier vir n klein versekeringsonderneming Volgens oorlewering het Carl Friedrich op drie as sy vader se loonberekenings gekorrigeer Later se hy dat hy berekenings voor taal geleer het Sy lewe lank behou hy die gawe om selfs ingewikkelde berekenings in sy kop te doen Teen negejarige ouderdom beland Gauss in die Volksschule oftewel Volkskool Daar gee die onderwyser Buttner sy leerlinge opdrag om alle getalle tussen 1 tot 100 bymekaar te tel om hulle so besig te hou Gauss los egter die probleem vinnig op deur hy 50 met 101 te maal 1 100 2 99 50 51 om by die oplossing 5050 uit te kom Die formule wat daaruit ontstaan het staan soms as der kleine Gauss bekend Hierdie gebeurtenis maak Gauss se onderwyser van sy buitengewone wiskundige begawing bewus waarop hy n besondere rekenboek uit Hamburg vir hom reel en daarvoor sorg dat Gauss die Martino Katharineum gimnasium kan besoek Teen die tyd dat Gauss 14 jaar oud is word hy aan hertog Karl Wilhelm van Braunschweig bekend gestel Daarna ondersteun en onderhou die hertog hom finansieel So kan Gauss van 1792 tot 1795 aan die Collegium Carolinum studeer Daar ontdek professor Eberhard August Wilhelm von Zimmermann Gauss se talent spoor hy hom aan en knoop hy n vaderlike vriendskap met hom aan In Oktober 1795 verskuif Gauss na die Universiteit van Gottingen Hier kom hy van voorlesings oor die klassieke filologie deur Christian Gottlob Heyne te hore en dit interesseer hom net soveel soos die wiskunde Teen die ouderdom van 19 word Gauss die eerste mens wat die konstrueerbaarheid van die reelmatige sewentienhoek bewys n sensasionele ontdekking want sedert die antieke tyd was daar op hierdie gebied nog geen vordering nie Dit word dan ook die rede waarom Gauss besluit om sy studies op wiskunde toe te spits eerder as die tale en filosofie In 1799 behaal hy sy doktorsgraad aan die Aedemia Julia n universiteit in Helmstedt Nadat hy sy doktorsgraad behaal het lewe Gauss in Braunschweig van die klein inkomste wat die hertog hom betaal en werk hy aan ѕy werk Disquisitiones Arithmeticae Hy keer n posisie aan die Petersburgse Akedemie vir Wetenskap af uit dankbaarheid teenoor die hertog en in die hoop dat hy vir Gauss n sterrewag in Braunschweig sal bou Na die hertog se skielike dood word Gauss in 1807 professor aan die Georg August universiteit in Gottingen en direkteur van die sterrewag daar Daar moet hy kursusse aanbied waarvan hy niks hou nie Tog word baie van sy studente invloedryke wiskundiges soos Rihard Dedekind en Bernhard Riemann In November 1804 raak hy aan Johanna Elisabeth Rosina Osthoff 1780 1809 verloof en op 9 Oktober 1805 trou hy met haar In Augustus 1806 word hul eerste kind Joseph gebore Hy is genoem na Giuseppe Piazzi die ontdekker van die dwergplaneet Ceres In Gottingen word sy dogter Wilhelmine in 1808 gebore In Oktober 1809 word Louis gebore maar Gauss se vrou sterf met die geboorte Louis self sterf op 1 Maart 1810 n Jaar daarna op 4 Augustus 1810 trou Gauss met Friederica Minna Wilhelmine Waldeck 1788 1831 Sy sou uiteindelk vir hom drie kinders baar Bronne WysigWolfgang Sartorius von Waltershausen Gauss zum Gedachtniss S Hirzel Leipzig 1856 by Google Books 1 Felix Klein Gauss erstes Kapitel der Vorlesungen uber die Entwicklung der Mathematik im 19 Jahrhundert Julius Springer Berlin 1926 S 6 62 Reprint Springer Verlag Berlin Heidelberg New York 1979 ISBN 3 540 09234 X Ludwig Bieberbach Carl Friedrich Gauss Ein deutsches Gelehrtenleben Keil Verlag Berlin 1938 Wilhelm Blaschke Uber die Differenzialgeometrie von Gauss Jahresbericht der DMV 52 1942 S 61 71 Waldo Dunnington Jeremy Gray Fritz Egbert Dohse Gauss Titan of Science The Mathematical Association of America 2004 Engl ISBN 978 0 88385 547 8 Ursprunglich von Dunnington 1955 veroffentlicht Dunnington trug viel Material zusammen Hans Reichardt Hrsg C F Gauss Gedenkband anlasslich des 100 Todestages am 23 Februar 1955 B G Teubner Leipzig 1957 Nikolai Stuloff 1964 in de Gauss Carl Friedrich 6 Berlin Duncker amp Humblot pp 101 107 http daten digitale sammlungen de 0001 bsb00016322 images index html seite 117 Mitteilungen der Gauss Gesellschaft Gottingen seit 1964 InhaltsverzeichnisSkakels Wysig Wikimedia Commons het meer media in die kategorie Carl Friedrich Gauss Hierdie artikel is in sy geheel of gedeeltelik uit die Duitse Wikipedia vertaal Ontsluit van https af wikipedia org w index php title Carl Friedrich Gauss amp oldid 2341861,