×
Karbonaat
Eienskappe

Algemeen

Naam Karbonaat
Termochemiese radius 1,89 Å
Λ m {\displaystyle \Lambda _{m}^{-}} 143,5 [Scm2/mol]

'n Karbonaat is 'n sout wat die komplekse ioonCO2−3 bevat of 'n ester wat die (bidentate) -CO3-groep bevat. Die ioon is die suurres van koolsuurH2CO3.

kaliumkarbonaat (potas)

Die ioon het 'n vlakdriehoekige vorm. Die sentrale koolstofatoom het 'n oksidasietoestand van +4. 'n Beskrywing van die binding in die karbonaatioon met die Lewisteorie lei tot drie sogenaamde resonansiestrukture wat aandui dat een van die bindende elektronpare nie net tussen 'n koolstof- en 'n suurstofatoom geplaas is nie, maar gedeel word deur al die atome van die ioon. 'n Beter beskrywing is moontlik met die molekulêre-orbitaalteorie en lei tot 'n bindingsorde van 1,333 vir die drie C-O bindings.

Karbonate van die alkalimetale soos sodaNa2CO3 en potasK2CO3 is oplosbaar, ander karbonate is onoplosbaar in water.

Karbonate kom baie in die natuur voor, veral kalsiumkarbonaat.

Karbonate vorm basiese waterige oplossings omrede die tweede pKa van koolsuur 'n taamlik hoë waarde het (pKa2=10,33). Dit lei daartoe dat 'n ewewig ontstaan waarin die karbonaatioon geprotoneer en 'n hidroksielioon gevorm word volgens die formule:

C O 3 2 + H 2 O H C O 3 + O H {\displaystyle CO_{3}^{2-}+H_{2}O\to HCO_{3}^{-}+OH^{-}}
  1. Thermochemical Radii of Complex IonsHelen K. Roobottom, H. Donald B. Jenkins, Jack Passmore, Leslie Glasser Journal of Chemical Education 76(11) 1999, bls. 1570
  2. .

Publikasie datum: September 27, 2021

karbonaat, eienskappe, algemeennaam, termochemiese, radius, displaystyle, lambda, scm2, sout, komplekse, ioon, bevat, ester, bidentate, groep, bevat, ioon, suurres, koolsuur, h2co3, kaliumkarbonaat, potas, ioon, vlakdriehoekige, vorm, sentrale, koolstofatoom, . Eienskappe AlgemeenNaam Karbonaat Termochemiese radius 1 89 A 1 L m displaystyle Lambda m 143 5 Scm2 mol 2 n Karbonaat is n sout wat die komplekse ioon CO2 3 bevat of n ester wat die bidentate CO3 groep bevat Die ioon is die suurres van koolsuur H2CO3 kaliumkarbonaat potas Die ioon het n vlakdriehoekige vorm Die sentrale koolstofatoom het n oksidasietoestand van 4 n Beskrywing van die binding in die karbonaatioon met die Lewisteorie lei tot drie sogenaamde resonansiestrukture wat aandui dat een van die bindende elektronpare nie net tussen n koolstof en n suurstofatoom geplaas is nie maar gedeel word deur al die atome van die ioon n Beter beskrywing is moontlik met die molekulere orbitaalteorie en lei tot n bindingsorde van 1 333 vir die drie C O bindings Karbonate van die alkalimetale soos soda Na2CO3 en potas K2CO3 is oplosbaar ander karbonate is onoplosbaar in water Karbonate kom baie in die natuur voor veral kalsiumkarbonaat Karbonate vorm basiese waterige oplossings omrede die tweede pKa van koolsuur n taamlik hoe waarde het pKa2 10 33 Dit lei daartoe dat n ewewig ontstaan waarin die karbonaatioon geprotoneer en n hidroksielioon gevorm word volgens die formule C O 3 2 H 2 O H C O 3 O H displaystyle CO 3 2 H 2 O to HCO 3 OH dd Afgeleide verbindings WysigKalsiumkarbonaat Ammoniumkarbonaat FosgeenSien ook WysigLys van anione Kategorie Karbonaat en nitraatmineraleVerwysings Wysig Thermochemical Radii of Complex Ions Helen K Roobottom H Donald B Jenkins Jack Passmore Leslie Glasser Journal of Chemical Education 76 11 1999 bls 1570 aqion Ontsluit van https af wikipedia org w index php title Karbonaat amp ol,