fbpx
Wikipedia

Kanadese nasionale krieketspan

Die Kanadese nasionale krieketspan, met die bynaam die Maple leafers, is die nasionale krieketspan wat Kanada in internasionale krieketkompetisies vir mans verteenwoordig. Die span word bestuur deur Krieket Kanada wat in 1968 ’n assosiaatlid van die Internasionale Krieketraad (IKR) geword het.

Kanada
Kenteken van die Kanadese nasionale krieketspan
BynaamMaple leafers
KonferensieKrieket Kanada
Personeel
KapteinNavneet Dhaliwal
AfrigterAmarinder Bhinder
Internasionale Krieketraad
IKR-statusAssosiaatlid (1968)
IKR-streekAmerikas
IKR-ranglys Tans[1] Beste rang tot dusver
T20I22ste22ste (op 15 Februare 2020)
Internasionale eendagwedstryde
Eerste EDIt Pakistan op Headingley, Leeds; 9 Junie 1979
Laaste EDIt Nederland op Bay-ovaal, Mount Maunganui; 28 Januarie 2014
EDIs Gespeel Gewen/Verloor
Totaal[2]7717/58
(0 gelykop, 2 geen uitslag)
Vanjaar[3]00/0
(0 gelykop, 0 geen uitslag)
verskynings tydens wêreldbeker-toernooie4 (eerste in 1979)
Beste uitslagGroepfase (in 1979, 2003, 2007 en 2011)
verskynings tydens wêreldbeker-kwalifiserings10 (eerste in 1979)
Beste uitslagNaaswenner (in 1979 en 2009)
Twintig20s
Eerste T20It Nederland op Stormont, Belfast; 2 Augustus 2008
Laaste T20It Verenigde Arabiese Emirate op Sheikh Zayed-krieketstadion, Aboe Dhabi; 27 Oktober 2019
T20Is Gespeel Gewen/Verloor
Totaal[4]3112/17
(1 onbeslis, 1 geen uitslag)
Vanjaar[5]00/0
(0 onbeslis, 0 geen uitslag)
Verskynings by T20-wêreldbeker-kwalifiserings5 (eerste in 2008)
Beste uitslag5de plek (in 2008)

Alhoewel Kanada nie gemagtig is om toetswedstryde te speel nie, neem die span wel deel aan internasionale eendagwedstryde en ook aan eersterangse wedstryde (in die IKR Interkontinentale Beker) teen ander nie-toetsspelende lande. Die wedywering teen die Verenigde State se nasionale krieketspan is so sterk in krieket as wat dit in enige ander spansport is, en albei spanne ding jaarliks om die K.A. Auty-beker mee. Die wedstryd tussen die twee lande is in der waarheid die oudste internasionale wedywering in krieket, en is reeds in 1844 uitgespeel.

Kanadese krieket is geneig om ’n laer profiel as die meeste ander sportsoorte in te neem, en die span word meestal saamgestel uit uitgewekenes van meer suksesvolle krieketlande. Sulke spelers probeer om ’n vlak van internasionale ervaring te bereik deur vir Kanada te speel wanneer hulle as te oud geag word om vir hul onderskeie nasionale spanne te verskyn. Die Kanadese Krieketwêreldbeker 2003-span het byvoorbeeld verskeie spelers ingesluit wat in Sri Lanka, Indië, Pakistan en Wes-Indië gebore is.

Kanada se eerste internasionale wedstryd teen ’n ander span as die VSA was in 1932, toe Australië na Kanada getoer het.[6] Nes ander assosiaatlede van die IKR het Kanada in 1979 aan sy eerste internasionale toernooi deelgeneem, die IKR-trofee in Engeland, waar Kanada vir die Krieketwêreldbeker 1979 gekwalifiseer het, nadat hulle net na Sri Lanka tweede geëindig het. Daarna kon Kanada eers weer in 2003 vir ’n krieketwêreldbekertoernooi kwalifiseer, alhoewel hulle die hele tyd een van die toonaangewende assosiaatlede was. Tussen 2006 en 2013 het Kanada beide EDI- en T20-status geniet, nadat hulle vir die Krieketwêreldbeker 2007 en die Krieketwêreldbeker 2011 gekwalifiseer het. Sedert die nuwe Wêreldkrieketliga van stapel gestuur is, het hulle egter nie meer so goed gevaar nie – Kanada was onder die laaste spanne tydens die 2014-krieketwêreldbekerkwalifikasie en die Wêreldkrieketliga se afdeling twee in 2015, en is vervolgens tot die Wêreldkrieketliga se afdeling drie afgegradeer.

In April 2018 het die IKR besluit om aan al sy lede volle T20-status toe te ken. Vervolgens sal elke T20-wedstryd wat Kanada ná 1 Januarie 2019 teen ander IKR-lede speel, as volle T20I erken word.[7] Kanada is tans (26 Februarie 2020) 20ste op die Twintig20-wêreldranglys.[8]

Geskiedenis

Vroeë dae

Volgens algemene bewerings is die spel krieket deur Britse soldate ná die Slag van die Plains van Abraham in 1759 na Kanada gebring, en die eerste bekende beskrywing van ’n krieketwedstryd in Kanada dateer uit 1785 toe ’n wedstryd op Saint Helen's Island, Quebec, die latere plek van die Expo 67, gespeel is.

Die wortels van die moderne benadering van krieket in Kanada lê in die streke van Bo-Kanada, veral rondom Toronto, destyds bekend as York. Gedurende die vroeë jare van die 19de eeu het die onderwyser George Anthony Barber die spel daar bekend gemaak en in 1827 die Toronto Cricket, Skating and Curling Club gestig. Barber het in 1836 ’n wedstryd tussen die Toronto Krieketklub en die krieketspan van die Bo-Kanada Kollege aangehits; dié wedstryd is deur die kollegespan gewen.[9] Die wedstryd word sedertdien jaarliks uitgespeel. Soos bo genoem het Kanada in 1844 sy eerste wedstryd teen die VSA in New York op St George's Krieketklub gespeel, nou die plek van die New York Universiteit se Mediese Sentrum. Dié wedstryd was ook die eerste internasionale krieketwedstryd nog.

Laat 19de eeu

George Parr het in 1859 ’n Engelse span na Kanada aangevoer, dit was die eerste internasionale krieketoer nog. ’n Produk van dié toer is ’n boek deur Fred Lillywhite, The English Cricketers' Trip to Canada and the United States, wat die volgende jaar uitgegee is. Tydens die toer, wat ook die VSA ingesluit het, het die span al sy vyf amptelike wedstryde teen ’n 22 uit Benede-Kanada (met 8 paaltjies in Montreal, Quebec, op 26 Oktober – 27 September), ’n 22 van die Verenigde State (met ’n beurt en 64 lopies op Hoboken, New Jersey, op 3–5 Oktober), ’n ander 22 van die Verenigde State (met 7 paaltjies in Philadelphia op 10–12 Oktober), ’n 22 uit Benede-Kanada (met 10 paaltjies in Hamilton, Ontario, op 17–19 Oktober) en ’n verdere 22 uit die Verenigde State (met ’n beurt en 68 lopies in Rochester, New York, op 21–25 Oktober) gewen. Tydens die toer is ook uitstallingswedstryde en twee uitstappies na die Niagara-waterval onderneem.

Wanneer Kanada in 1867 ’n nasie geword het, was krieket so gewild dat dit deur die eerste eerste minister John A. Macdonald as nasionale sport benoem is.[10][11] Die invloed van bofbal uit die Verenigde State het ’n agteruitgang van krieket in Kanada tot gevolg gehad, ondanks toere deur Engelse en Australiese spanne. Die derde toer deur ’n Engelse span in 1872 het niemand anders as die bekende W. G. Grace gesien nie. Die eerste Australiese toer na Kanada is in 1877 onderneem, en hulle het in 1893 teruggekeer om Kanada met ’n beurt te verslaan.[12] Tussen 1888 en 1890 is drie wedstryde teen Ierland gespeel, waarvan Ierland een gewen het en die ander twee gelykop gespeel is. Tydens ’n toer deur die Australiërs na Noord-Amerika in 1913 is twee eersterangse wedstryde (wat albei deur die toeriste gewen is) teen ’n saamgestelde Amerikaans-Kanadese span gespeel.[13][14] Die tweede wedstryd in Rosedale, Toronto, was die eerste eersterangse wedstryd in Kanada.

Engeland-toer in 1887

Ná ’n nieamptelike toer in 1880, waartydens die Kanadese kaptein tydens ’n wedstryd teen Leicestershire in hegtenis geneem en dié toer afgelas is, is in 1887 die eerste amptelike toer deur ’n Kanadese span na die Verenigde Koninkryk onderneem. Dié toer het met twee wedstryde teen Ierland afgeskop, waarteen Kanada een wedstryd gelykop gespeel en die ander verloor het, gevolg deur twee wedstryde teen Skotland met dieselfde uitslag. Die toer het toe na die noordooste van Engeland vertrek en ’n nederlaag teen Northumberland en ’n nederlaag teen Durham gesien.

Die toer het voortgegaan met wedstryde teen countyspanne en ander, met oorwinnings oor Derbyshire en Warwickshire. Die Kanadese span het die toer met ’n wen/nederlaag-verhouding van 2/5 afgesluit, nadat hulle in die twaalf oorblywende wedstryde gelykop gespeel het.

1950’s

Die Marylebone Krieketklub (MKK) het in 1951 Kanada besoek, en die hoogtepunt was die eerste eersterangse wedstryd teen die Kanadese nasionale krieketspan op Armour Heights, Toronto, wat deur die toerende span gewen is.[15] Dit is in 1954 opgevolg deur ’n toer na Engeland, waartydens Kanada 18 wedstryde gespeel het, waarvan vier eersterangse wedstryde was, insluitende dié teen Pakistan wat destyds ook in Engeland was.[16] Die MKK het in 1959 onder Dennis Silk weer Kanada besoek en ’n driedaagse wedstryd teen ’n Kanadese XI in Toronto gespeel, wat hulle met 10 paaltjies gewen het. Hulle was tydens die hele toer onoorwonne, en het die meeste van hul wedstryde met hoë tellings gewen, maar ook in ’n taai gelykop teen die Toronto Krieketklub gespeel.[17] In die dekade het die Imperiale Krieketkonferensie beplan om aan Kanada toetsstatus toe teken, maar Kanada self het dié idee verwerp nadat hulle van mening was dat die Kanadese nasionale krieketspan nie aan die standaard voldoen het nie, en dat hulle verdere mededinging teen volle lede nodig gehad het en hul gehalte van plaaslike krieket ook moes verhoog. Maar die dinge het nie volgens hul planne verloop nie en dit sou nog ’n verdere 50 jaar neem totdat Kanada weer ’n eersterangse wedstryd speel.

1960’s

Die jaarlikse reeks tussen Kanada en die VSA is voortgesit, afwisselend tussen die lande. Tydens die 1963-wedstryd in Toronto het Ray Nascimento 176 aangeteken, die destydse reeksrekord.

1970’s

Kanada het in 1973 teen Ierland gelykop gespeel,[18] en die volgende jaar weer ’n toer na Engeland aangepak. Dié toer was van ’n laer gehalte as die 1954-toer, en Kanada het teen klubspanne, tweede countyspanne, en kleiner provinsies te staan gekom. Kanada het tydens die toer ’n 4/6-wen/nederlaag-verhouding aangeteken, met ’n verdere ses wedstryde wat gelykop geëindig het.[19] In 1979 het Kanada aan die eerste IKR-trofee deelgeneem. Hulle het tot die eindstryd van dié kompetisie gevorder en vervolgens vir die Krieketwêreldbeker 1979 gekwalifiseer, waartydens hulle hul eerste EDI-wedstryde gespeel het. Die krieketwêreldbekertoernooi was egter nie suksesvol vir Kanada nie, nadat hulle al drie wedstryde verloor en versuim het om vanaf die eerste rondte te vorder het.

1980’s

Kanada het in 1982 en 1986 weer aan die IKR-trofee deelgeneem. Hulle het nie daarin geslaag om hul sukses van 1979 te herhaal nie, en het versuim om tydens albei geleenthede vanaf die eerste rondte te vorder. Verdere internasionale wedstryde gedurende die 1980’s sluit in ’n onbesliste wedstryd teen Ierland in 1981,[20] en ’n nederlaag teen Barbados met 3 paaltjies.[21]

1990’s

Die 1990’s het Kanada se vordering op die internasionale verhoog gesien, nadat hulle aan ’n verdere drie IKR-trofee deelgeneem het, en hul beste uitslag was die sewende plek in 1997. Hulle het in 1996 begin om aan die Wes-Indiese eendaagse krieket deel te neem, en aan die kriekettoernooi tydens die Statebondspele in 1998 deelgeneem, maar nie vanaf die eerste rondte gevorder nie.

2000’s

In 2000 het Kanada die eerste Amerikastrofee aangebied en daarin geslaag om dié toernooi te wen. Die volgende jaar het hulle vir ’n toer na Sri Lanka vertrek, maar hul hoogtepunt in 2001 was die aanbieding van die IKR-trofee. Hulle het derde tydens dié toernooi geëindig en vervolgens vir die Krieketwêreldbeker 2003 gekwalifiseer. Tydens die IKR-trofee het John Davison verskyn, wat een van Kanada se mees suksesvolle spelers sou word.

Kanada het in voorbereiding op die Krieketwêreldbeker 2003 baie wedstryde gespeel en in April 2002 Argentinië besoek, as naaswenners na hul ou mededinger VSA tydens die Amerikastrofee geëindig, en kort daarna op die vyfde plek tydens die Sesnasies-uitdaging in Namibië geëindig. Die Wes-Indiese A-span het later die jaar na Kanada getoer, en Kanada het die eendaagse reeks met 2–1 gewen, en in ’n tweedaagse wedstryd gelykop gespeel. Dit is opgevolg deur Kanada se beste vertoning in die Wes-Indiese plaaslike eendaagse krieket tot dusver, nadat hulle twee wedstryde tydens hul eerste rondte gewen het, en die halfeindstryd net-net misgeloop het.

Die Krieketwêreldbeker 2003 was ’n toernooi van teenstrydige lotgevalle vir die Kanadese. Hulle het met hul eerste EDI-oorwinning afgeskop, nadat Kanada Bangladesj verslaan het. Twee wedstryde later is hulle met 36 lopies deur Sri Lanka uitgeboul, die destydse laagste telling in EDI-wedstryde. Tydens die volgende wedstryd teen Wes-Indië het John Davison die vinnigste honderdtal nog aangeteken, alhoewel Kanada die wedstryd verloor het en tydens die groepfase uitgeskakel is.

2004–2008

2006 het erg vir Kanada afgeskop, met ’n laaste plek tydens die Sesnasies-uitdaging in die Verenigde Arabiese Emirate, nadat Kanada al sy wedstryde verloor het. Hulle het duidelik tydens die Amerikastrofee in Bermuda verbeter, en dié trofee gewen. In 2004 het Kanada ook aan die Interkontinentale beker deelgeneem en as naaswenner net na Skotland geëindig. Die hoogtepunt tydens dié toernooi was die wedstryd teen die VSA in Fort Lauderdale, Florida, nadat John Davison die beste boulsyfers sedert Jim Laker se 19 paaltjies teen Australië in 1956 aangeteken het.

In 2005 het Kanada tydens die IKR-trofee weer derde geëindig, waarvolgens hulle vanaf 2006 tot die wêreldbekerkwalifisering in 2009 EDI-status verkry het, en hulle het ook vir die Krieketwêreldbeker 2007 gekwalifiseer. Hul vertoning tydens die Interkontinentale beker dieselfde jaar was nie so suksesvol soos in 2004 nie, en hulle het nie tot die tweede rondte gevorder nie.

In 2006 het Kanada tydens die vierdaagse Interkontinentale beker goed vertoon, en Kenia met 25 lopies en Bermuda met 9 paaltjies verslaan, maar hul eendaagse prestasie was volledig andersom, nadat hulle die wedstryde teen Bermuda, Kenia en Zimbabwe verloor het.

In Augustus het Kanada aan die eerste afdeling van die Amerikaskampioenskap deelgeneem. Hulle het Argentinië en hul ou teenstanders VSA verslaan, maar teen die Kaaimanseilande en die latere kampioen Bermuda verloor en derde geëindig, hul ergste vertoning tydens dié toernooi tot dusver.

2008–2014

In Junie en Julie 2008 het Kanada Bermuda vir drie EDI-wedstryde en Interkontinentale bekerwedstryde teen Bermuda en Skotland gehuisves.

In Augustus het Kanada vir die T20-wêreldbekerkwalifisering na Ierland getoer. Kanada het nie daarin geslaag om vir die T20-wêreldbeker te kwalifiseer nie, nadat hulle net bo Bermuda op die vyfde plek geëindig het. Die EDI-wedstryde en ’n Interkontinentale bekerwedstryd is deur reën belemmer.

In die laatsomer van 2008 het beide Wes-Indië en Bermuda na Kanada getoer om aan die eendaagse Scotiabank-reeks teen Kanada deel te neem. Kanada het Bermuda verslaan en sodoende in die eindstryd teen Wes-Indië te staan gekom. Die Wes-Indiese kaptein Chris Gayle het sy 16de EDI-honderdtal geslaan en sy span na ’n maklike oorwinning met 7 paaltjies teen Kanada in die eindstryd van die eendaagse Scotiabank-reeks in King City geneem.

Tydens die Scotiabank-reeks is die talent van Rizwan Cheema ontdek – hy sou die ster van die eerste T20-Al-Barakah in Kanada word. Aan dié toernooi het Kanada, Pakistan, Sri Lanka en Zimbabwe deelgeneem. Kanada het twee wedstryde verloor en in een wedstryd gelykop gespeel, maar in die gelykopwedstryd teen Zimbabwe het Kanada volgens punte verloor, nadat almal uitgeboul is. Sri Lanka het die toernooi ingepalm, nadat hulle Pakistan in die eindstryd verslaan het. Die toernooi sou na verwagting die volgende vier jaar jaarliks gespeel word.

In laat November 2008 het Kanada aan die Amerikaskampioenskap in Florida, VSA, deelgeneem. Die Verenigde State, ná jare van wanorde, het saamgetrek en dié kampioenskap gewen. Kanada het volgens hul lopietempo op die derde plek na Bermuda geëindig, nadat hul ontmoeting uitgereën is.

In April 2009 het Kanada aan die krieketwêreldbekerkwalifisering deelgeneem. Nadat hulle die beste Kanadese span sedert jare saamgestel het, het hulle maklik deur die groepfase gestap en uiteindelik as naaswenners geëindig. Dié uitstekende vertoning het aan Kanada ’n plek in die Krieketwêreldbeker 2011 besorg.

Die IKR het aangekondig dat aan die Krieketwêreldbeker 2015 net tien spanne mag deelneem – wat dit vir assosiaatlede moeilik sou maak om hoegenaamd te kwalifiseer. Krieket Kanada het sy teleurstelling met hierdie besluit bekend gemaak.[22] Die IKR het sy besluit later teruggeneem.

In Januarie 2014 het Kanada, ná ’n swak vertoning tydens die krieketwêreldbekerkwalifisering in Nieu-Seeland, beide sy EDI- en T20-status verloor, met die uitsig dat tot die volgende kwalifiseringsrondte geen verdere grootskaalse internasionale krieket sou kom nie.

2015

Die grootste toernooi vir Kanada in 2015 was die T20-wêreldbekerkwalifisering in Ierland en Skotland. Kanada het egter nie daarin geslag om ’n wedstryd te wen nie en laaste in Groep B geëindig.

Tydens hul eerste wedstryd teen Kenia in Edinburg het Kanada 143 lopies binne-in 20 kolfbeurte aangeteken en 5 paaltjies verloor. In antwoord daarop het Irfan Karim binne-in 54 aflewerings 74 lopies aangeteken en Kenia na ’n oorwinning met 7 paaltjies geneem.[23]

In die tweede wedstryd het Kanada in Stirling, Skotland, teen die taamlike nuwelinge Oman te staan gekom. Weens slegte weerstoestande is dié wedstryd tot 13 boulbeurte per span verminder. Kanada se kolfwerk, nadat Oman besluit het om eerste te boul, is veral deur Nitish Kumar se 52 lopies van 25 aflewerings gekenmerk, nadat hy vier viere en drie sesse aangeteken het. In antwoord daarop het Zeeshan Maqsood ’n onoorwonne 86 aangeteken en Oman na ’n oorwinning met 7 paaltjies met nog tien aflewerings oor geneem.[24]

Kanada het sy derde wedstryd op dieselfde plek in Stirling teen die Verenigde Arabiese Emirate gespeel. Die VAE het die ideale afskop behaal. Hulle het die loot gewen en verkies om eerste te boul. Kanada het eerste gekolf en sy eerste twee paaltjies binne-in die eerste agt aflewerings kwytgeraak. Dit is deur ’n vaste vennootskap tussen Hiral Shah en Nitish Kumar opgevolg wat saam 58 lopies aangeteken het. Maar die VAE het teruggekom en hulle het ’n klomp lopies laat kantel en Kanada op ’n 109 vir die verlies van 9 paaltjies beperk. Maar Navneet Dhaliwal kon Kanada met ’n onoorwonne 39 red en hulle tot ’n telling van 132 in die 20 boulbeurte neem. In antwoord daarop het die VAE sy eerste paaltjie in die derde boulbeurt verloor, maar ’n goeie vennootskap om die tweede (25 lopies), derde (40 lopies) en vierde (19 lopies) paaltjies het hulle op koers gehou. Die wedstryd het gelykop gelyk toe die teiken verminder is na ’n 33 lopies in drie boulbeurte, wat neergekom het op 25 lopies in 12 balle. Maar Shakoor en Patil het die VAE in die laaste boulbeurt laat wen, nadat hulle tydens Cecil Parvez se aflewerings 21 lopies aangeteken het.[25]

Kanada het vir hul vierde wedstryd teen die gasheer Skotland na Edinburg teruggekom. Kanada het die loot weer verloor en die tuisspan het hulle op die kolfblad gesit om Kanada eerste te laat kolf. Kanada het ’n vinnige begin behaal, en 24 binne-in 2.3 boulbeurte aangeteken, voordat Alasdair Evans vir Ruvindu Gunasekara uitgeboul het. Die ander boulers het nie ’n betekenisvolle vennootskap tussen enige Kanadese kolwers toegelaat nie, en hulle op ’n 87 vir die verlies van 8 paaltjies teen die 16de boulbeurt beperk. ’n Vennootskap van 48 lopies om die negende paaltjie tussen Navneet Dhaliwal (34*) en die nommer 10 Junaid Siddiqui, wat 28 van 16 aangeteken het, het hulle bo die drievoudige syfermerk geneem en hulle op ’n 135 vir 8 laat eindig. In antwoord daarop het Skotland belowend afgeskop – met ’n uitstekende lopietempo van 10 lopies tot die sesde boulbeurt – toe Satsimranjit Dhindsa vir Calum MacLeod met ’n 15-aflewering op 29 uitskop. Dié paaltjie het Skotland nie veel gekos nie, aangesien hulle met dieselfde momentum voortgegaan het, ondanks die feit dat hulle ook Matthew Cross aan Dhindsa verloor het, en die wedstryd met ’n maklike oorwinning met nog 32 aflewerings oor beklink het.[26]

Kanada het sy vyfde en laaste wedstryd van die toernooi op dieselfde plek in Edinburg teen Nederland gespeel. Hulle het weer die loot verloor en is weer op die kolfblad gesit om eerste te begin kolf. Dié keer het hul kolfwerk egter veerkragtigheid gewys en Kanada het ’n telling van 172 vir die verlies van 8 paaltjies aangeteken, veral te danke aan die vyftigtal deur Ruvindu Gunasekera (51) en laat uitblinkers deur beide die kaptein Rizwan Cheema en die paaltjiewagter-kolwer Hamza Tariq. In antwoord daarop het die Nederlandse kolwers, veral Steven Myburgh, Wesley Barresi en Michael Swart, ’n aanvallende vertoning van ’n kragtige kolfwerk aangevoer en ’n soliede oorwinning met nog 15 aflewerings oor aangeteken. Vervolgens is die Kanadese span van die T20-wêreldbekerkwalifisering uitgeskakel.[27]

Ná die teleurstellende vertoning tydens die T20-wêreldbekerkwalifisering het die een of ander goeie nuus vir die Kanadese nasionale krieketspelers gevolg. 21 spelers van Kanada is saam met spelers uit die VSA, Bermuda en Suriname vir ’n plaaslike Amerikasspan genooi wat in Januarie 2016 aan die Wes-Indiese Nagico Super50-toernooi sou deelneem.[28] Aan die einde van dié proses was Jeremy Gordon die enigste Kanadese kolwer en Hamza Tariq is as ’n gespesialiseerde paaltjiewagter vir die uiteindelike Amerikasspan benoem.[29]

Statistiek en rekords

Wêreldbekerrekord

Jaar Uitslag
1975 Nie deelgeneem nie
1979 Groepfase
1983 Nie gekwalifiseer nie
1987 Nie gekwalifiseer nie
1992 Nie gekwalifiseer nie
1996 Nie gekwalifiseer nie
1999 Nie gekwalifiseer nie
2003 Groepfase
2007 Groepfase
2011 Groepfase
2015 Nie gekwalifiseer nie
2019 Nie gekwalifiseer nie
2023 N.v.t.

Algemeen

Opsomming van Kanada se internasionale wedstryde[30]

Soos op 27 November 2013.
Uitslag van wedstryde
Formaat Speel Wen Verloor Deel Onb. Debuutwedstryd
Internasionale eendagwedstryde 75 17 56 0 2 9 Junie 1979
Twintig20 Internasionale 19 4 14 1 0 2 Augustus 2008

EDI-krieket

Meeste EDI lopies vir Kanada[31]

Speler Lopies Gemiddeld
Ashish Bagai 1964 37.76
Sunil Dhaniram 915 24.72
John Davison 799 26.63
Abdool Samad 740 29.60
Rizwan Cheema 707 24.37
Ian Billcliff 529 27.84
Ashif Mulla 482 20.08

Meeste EDI-paaltjies vir Kanada[32]

Speler Paaltjies Gemiddeld
Henry Osinde 45 30.86
Harvir Baidwan 43 29.55
Sunil Dhaniram 41 30.24
John Davison 36 29.63
Umar Bhatti 33 34.81
Rizwan Cheema 32 32.15
Khurram Chohan 31 29.90

Eendagrekord teen ander lande[33]

Wedstryde tot ODI#3464, soos op 23 Maart 2014.
Teen toetslande
Teenstander Speel Wen Verloor Deel Onb.
v Pakistan 2 0 2 0 0
v Engeland 2 0 2 0 0
v Australië 2 0 2 0 0
v Bangladesj 2 1 1 0 0
v Sri Lanka 2 0 2 0 0
v Wes-Indië 4 0 4 0 0
v Suid-Afrika 1 0 1 0 0
v Nieu-Seeland 3 0 3 0 0
v Zimbabwe 2 0 2 0 0
v Geassosieerde lede 57 16 39 0 2

T20I Krieket

Meeste T20I-lopies vir Kanada[34]

Speler Lopies Gemiddeld
Ashish Bagai 284 40.57
Rizwan Cheema 238 15.86
Hiral Patel 220 22.00
Ruvindu Gunasekera 202 25.25

Meeste T20I-paaltjies vir Kanada[35]

Speler Paaltjies Gemiddeld
Harvir Baidwan 27 15.22
Henry Osinde 10 25.00
Rizwan Cheema 9 22.24

T20I-rekord teen ander lande[36]

Wedstryde tot T20I#346, soos op 23 Maart 2014.
teen Toetslande
Teenstander Speel Wen Verloor Deel Onb.
v Pakistan 1 0 1 0 0
v Zimbabwe 2 0 1 1 0
v Sri Lanka 1 0 1 0 0
v Geassosieerde lede 15 4 11 0 0

Sien ook

Verwysings

  1. (en) "ICC Rankings". Internasionale Krieketraad.
  2. (en) "ODI matches – Team records". ESPNcricinfo.
  3. (en) "ODI matches – 2021 Team records". ESPNcricinfo.
  4. (en) "T20I matches – Team records". ESPNcricinfo.
  5. (en) "T20I matches – 2021 Team records". ESPNcricinfo.
  6. (en) "Other matches played by Canada". CricketArchive. vanaf die oorspronklike op 11 Januarie 2020. Besoek op 4 September 2015.
  7. (en) "All T20 matches between ICC members to get international status". Internasionale Krieketraad. 26 April 2018. vanaf die oorspronklike op 3 November 2019. Besoek op 26 Februarie 2020.
  8. (en) "Men's T20I Team Rankings". Internasionale Krieketraad. 15 Februarie 2020. vanaf die oorspronklike op 11 Mei 2020. Besoek op 26 Februarie 2020.
  9. (en) "Toronto Cricket Club v Upper Canada College". Cricketarchive.co.uk. vanaf die oorspronklike op 18 Februarie 2020. Besoek op 2 Maart 2011.
  10. (en) (PDF). Krieket Kanada. 23 November 2010. p. 2. Geargiveer vanaf die oorspronklike (PDF) op 23 September 2015. Besoek op 9 Maart 2011.
  11. (en) Boller, Kevin. "A brief history of cricket Cricket in Canada". ESPNcricinfo. vanaf die oorspronklike op 22 November 2018. Besoek op 26 Februarie 2020.
  12. (en) "Canada v Australians, 1893". Cricketarchive.co.uk. vanaf die oorspronklike op 18 Februarie 2020. Besoek op 23 Maart 2014.
  13. (en) "Canada and United States of America v Australians". Cricketarchive.co.uk. 7 Julie 1913. vanaf die oorspronklike op 18 Februarie 2020. Besoek op 2 Maart 2011.
  14. (en) "Australia in North America 1913". Cricketarchive.co.uk. 25 Augustus 1913. vanaf die oorspronklike op 18 Februarie 2020. Besoek op 23 Maart 2014.
  15. (en) Wisden 1952, bl. 898–902.
  16. (en) . Cricketarchive.co.uk. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 24 September 2015. Besoek op 23 Maart 2014.
  17. (en) Wisden 1960, bl. 870–71.
  18. (en) "Canada XI v Ireland, 1973". Cricketarchive.co.uk. 16 September 1973. vanaf die oorspronklike op 18 Februarie 2020. Besoek op 23 Maart 2014.
  19. (en) . Cricketarchive.co.uk. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 24 September 2015. Besoek op 23 Maart 2014.
  20. (en) "Canada in Ireland, 1981". Cricketarchive.co.uk. 7 Junie 1981. vanaf die oorspronklike op 18 Februarie 2020. Besoek op 23 Maart 2014.
  21. (en) "Canada in Barbados, 1987/88". Cricketarchive.co.uk. 5 November 1987. vanaf die oorspronklike op 18 Februarie 2020. Besoek op 23 Maart 2014.
  22. (en) "Canada news: Canada unhappy with reduced World Cup". ESPNcricinfo. 17 Oktober 2020. vanaf die oorspronklike op 18 Mei 2020. Besoek op 26 Februarie 2020.
  23. (en) "Karim 74 guides Kenya to comfortable win". ESPNcricinfo. 10 Julie 2015. vanaf die oorspronklike op 18 Februarie 2020. Besoek op 26 Februarie 2020.
  24. (en) "Maqsood assault gives Oman big win". ESPNcricinfo. 12 Julie 2015. vanaf die oorspronklike op 18 Februarie 2020. Besoek op 26 Februarie 2020.
  25. (en) "Shahzad 56 sets up thrilling five-wicket win". ESPNcricinfo. 14 Julie 2015. vanaf die oorspronklike op 18 Februarie 2020. Besoek op 26 Februarie 2020.
  26. (en) "Coetzer fifty hands Scotland easy win". ESPNcricinfo. 16 Julie 2015. vanaf die oorspronklike op 18 Februarie 2020. Besoek op 26 Februarie 2020.
  27. (en) "Myburgh helps Netherlands ace 174 chase". ESPNcricinfo. 17 Julie 2015. vanaf die oorspronklike op 18 Februarie 2020. Besoek op 26 Februarie 2020.
  28. (en) "Twenty-one players fast-tracked to audition for Americas team". ESPNcricinfo. 28 Julie 2015. vanaf die oorspronklike op 18 Februarie 2020. Besoek op 26 Februarie 2020.
  29. (en) "Taylor, Ghous picked in 15-man ICC Americas squad". ESPNcricinfo. 7 Oktober 2015. vanaf die oorspronklike op 18 Februarie 2020. Besoek op 26 Februarie 2020.
  30. (en) "Internasionale eendagspanrekord". ESPNcricinfo. vanaf die oorspronklike op 7 Junie 2015. Besoek op 26 Februarie 2020.
  31. (en) "Kanada EDI kolfloopbaan". ESPNcricinfo. vanaf die oorspronklike op 22 Desember 2017. Besoek op 26 Februarie 2020.
  32. (en) "Kanada EDI boulloopbaan". ESPNcricinfo. vanaf die oorspronklike op 2 Januarie 2018. Besoek op 26 Februarie 2020.
  33. (en) "Internasionale eendagspanrekord". ESPNcricinfo. vanaf die oorspronklike op 13 Junie 2014. Besoek op 26 Februarie 2020.
  34. (en) "Kanada Twintig20 Int. kolfloopbaan". ESPNcricinfo. vanaf die oorspronklike op 9 Oktober 2019. Besoek op 26 Februarie 2020.
  35. (en) "Kanada Twintig20 Int. boulloopbaan". ESPNcricinfo. vanaf die oorspronklike op 9 Oktober 2019. Besoek op 26 Februarie 2020.
  36. (en) "Twintig20 Internasionale spanrekord". ESPNcricinfo. vanaf die oorspronklike op 13 Junie 2014. Besoek op 26 Februarie 2020.

Eksterne skakels

  • (en) Amptelike webwerf
  • (en) Canada Cricket Online
Hierdie artikel is in sy geheel of gedeeltelik vanuit die Engelse Wikipedia vertaal.
   

Kanadese nasionale krieketspan
kanadese, nasionale, krieketspan, bynaam, maple, leafers, nasionale, krieketspan, kanada, internasionale, krieketkompetisies, mans, verteenwoordig, span, word, bestuur, deur, krieket, kanada, 1968, assosiaatlid, internasionale, krieketraad, geword, kanadakente. Die Kanadese nasionale krieketspan met die bynaam die Maple leafers is die nasionale krieketspan wat Kanada in internasionale krieketkompetisies vir mans verteenwoordig Die span word bestuur deur Krieket Kanada wat in 1968 n assosiaatlid van die Internasionale Krieketraad IKR geword het KanadaKenteken van die Kanadese nasionale krieketspanBynaamMaple leafersKonferensieKrieket KanadaPersoneelKapteinNavneet DhaliwalAfrigterAmarinder BhinderInternasionale KrieketraadIKR statusAssosiaatlid 1968 IKR streekAmerikasIKR ranglys Tans 1 Beste rang tot dusverT20I22ste22ste op 15 Februare 2020 Internasionale eendagwedstrydeEerste EDIt Pakistan op Headingley Leeds 9 Junie 1979Laaste EDIt Nederland op Bay ovaal Mount Maunganui 28 Januarie 2014EDIs Gespeel Gewen VerloorTotaal 2 7717 58 0 gelykop 2 geen uitslag Vanjaar 3 00 0 0 gelykop 0 geen uitslag verskynings tydens wereldbeker toernooie4 eerste in 1979 Beste uitslagGroepfase in 1979 2003 2007 en 2011 verskynings tydens wereldbeker kwalifiserings10 eerste in 1979 Beste uitslagNaaswenner in 1979 en 2009 Twintig20sEerste T20It Nederland op Stormont Belfast 2 Augustus 2008Laaste T20It Verenigde Arabiese Emirate op Sheikh Zayed krieketstadion Aboe Dhabi 27 Oktober 2019T20Is Gespeel Gewen VerloorTotaal 4 3112 17 1 onbeslis 1 geen uitslag Vanjaar 5 00 0 0 onbeslis 0 geen uitslag Verskynings by T20 wereldbeker kwalifiserings5 eerste in 2008 Beste uitslag5de plek in 2008 Alhoewel Kanada nie gemagtig is om toetswedstryde te speel nie neem die span wel deel aan internasionale eendagwedstryde en ook aan eersterangse wedstryde in die IKR Interkontinentale Beker teen ander nie toetsspelende lande Die wedywering teen die Verenigde State se nasionale krieketspan is so sterk in krieket as wat dit in enige ander spansport is en albei spanne ding jaarliks om die K A Auty beker mee Die wedstryd tussen die twee lande is in der waarheid die oudste internasionale wedywering in krieket en is reeds in 1844 uitgespeel Kanadese krieket is geneig om n laer profiel as die meeste ander sportsoorte in te neem en die span word meestal saamgestel uit uitgewekenes van meer suksesvolle krieketlande Sulke spelers probeer om n vlak van internasionale ervaring te bereik deur vir Kanada te speel wanneer hulle as te oud geag word om vir hul onderskeie nasionale spanne te verskyn Die Kanadese Krieketwereldbeker 2003 span het byvoorbeeld verskeie spelers ingesluit wat in Sri Lanka Indie Pakistan en Wes Indie gebore is Kanada se eerste internasionale wedstryd teen n ander span as die VSA was in 1932 toe Australie na Kanada getoer het 6 Nes ander assosiaatlede van die IKR het Kanada in 1979 aan sy eerste internasionale toernooi deelgeneem die IKR trofee in Engeland waar Kanada vir die Krieketwereldbeker 1979 gekwalifiseer het nadat hulle net na Sri Lanka tweede geeindig het Daarna kon Kanada eers weer in 2003 vir n krieketwereldbekertoernooi kwalifiseer alhoewel hulle die hele tyd een van die toonaangewende assosiaatlede was Tussen 2006 en 2013 het Kanada beide EDI en T20 status geniet nadat hulle vir die Krieketwereldbeker 2007 en die Krieketwereldbeker 2011 gekwalifiseer het Sedert die nuwe Wereldkrieketliga van stapel gestuur is het hulle egter nie meer so goed gevaar nie Kanada was onder die laaste spanne tydens die 2014 krieketwereldbekerkwalifikasie en die Wereldkrieketliga se afdeling twee in 2015 en is vervolgens tot die Wereldkrieketliga se afdeling drie afgegradeer In April 2018 het die IKR besluit om aan al sy lede volle T20 status toe te ken Vervolgens sal elke T20 wedstryd wat Kanada na 1 Januarie 2019 teen ander IKR lede speel as volle T20I erken word 7 Kanada is tans 26 Februarie 2020 20ste op die Twintig20 wereldranglys 8 Inhoud 1 Geskiedenis 1 1 Vroee dae 1 2 Laat 19de eeu 1 3 Engeland toer in 1887 1 4 1950 s 1 5 1960 s 1 6 1970 s 1 7 1980 s 1 8 1990 s 1 9 2000 s 1 10 2004 2008 1 11 2008 2014 1 12 2015 2 Statistiek en rekords 2 1 Wereldbekerrekord 2 2 Algemeen 2 3 EDI krieket 2 4 T20I Krieket 3 Sien ook 4 Verwysings 5 Eksterne skakelsGeskiedenis WysigVroee dae Wysig Volgens algemene bewerings is die spel krieket deur Britse soldate na die Slag van die Plains van Abraham in 1759 na Kanada gebring en die eerste bekende beskrywing van n krieketwedstryd in Kanada dateer uit 1785 toe n wedstryd op Saint Helen s Island Quebec die latere plek van die Expo 67 gespeel is Die wortels van die moderne benadering van krieket in Kanada le in die streke van Bo Kanada veral rondom Toronto destyds bekend as York Gedurende die vroee jare van die 19de eeu het die onderwyser George Anthony Barber die spel daar bekend gemaak en in 1827 die Toronto Cricket Skating and Curling Club gestig Barber het in 1836 n wedstryd tussen die Toronto Krieketklub en die krieketspan van die Bo Kanada Kollege aangehits die wedstryd is deur die kollegespan gewen 9 Die wedstryd word sedertdien jaarliks uitgespeel Soos bo genoem het Kanada in 1844 sy eerste wedstryd teen die VSA in New York op St George s Krieketklub gespeel nou die plek van die New York Universiteit se Mediese Sentrum Die wedstryd was ook die eerste internasionale krieketwedstryd nog Laat 19de eeu Wysig George Parr het in 1859 n Engelse span na Kanada aangevoer dit was die eerste internasionale krieketoer nog n Produk van die toer is n boek deur Fred Lillywhite The English Cricketers Trip to Canada and the United States wat die volgende jaar uitgegee is Tydens die toer wat ook die VSA ingesluit het het die span al sy vyf amptelike wedstryde teen n 22 uit Benede Kanada met 8 paaltjies in Montreal Quebec op 26 Oktober 27 September n 22 van die Verenigde State met n beurt en 64 lopies op Hoboken New Jersey op 3 5 Oktober n ander 22 van die Verenigde State met 7 paaltjies in Philadelphia op 10 12 Oktober n 22 uit Benede Kanada met 10 paaltjies in Hamilton Ontario op 17 19 Oktober en n verdere 22 uit die Verenigde State met n beurt en 68 lopies in Rochester New York op 21 25 Oktober gewen Tydens die toer is ook uitstallingswedstryde en twee uitstappies na die Niagara waterval onderneem Wanneer Kanada in 1867 n nasie geword het was krieket so gewild dat dit deur die eerste eerste minister John A Macdonald as nasionale sport benoem is 10 11 Die invloed van bofbal uit die Verenigde State het n agteruitgang van krieket in Kanada tot gevolg gehad ondanks toere deur Engelse en Australiese spanne Die derde toer deur n Engelse span in 1872 het niemand anders as die bekende W G Grace gesien nie Die eerste Australiese toer na Kanada is in 1877 onderneem en hulle het in 1893 teruggekeer om Kanada met n beurt te verslaan 12 Tussen 1888 en 1890 is drie wedstryde teen Ierland gespeel waarvan Ierland een gewen het en die ander twee gelykop gespeel is Tydens n toer deur die Australiers na Noord Amerika in 1913 is twee eersterangse wedstryde wat albei deur die toeriste gewen is teen n saamgestelde Amerikaans Kanadese span gespeel 13 14 Die tweede wedstryd in Rosedale Toronto was die eerste eersterangse wedstryd in Kanada Engeland toer in 1887 Wysig Na n nieamptelike toer in 1880 waartydens die Kanadese kaptein tydens n wedstryd teen Leicestershire in hegtenis geneem en die toer afgelas is is in 1887 die eerste amptelike toer deur n Kanadese span na die Verenigde Koninkryk onderneem Die toer het met twee wedstryde teen Ierland afgeskop waarteen Kanada een wedstryd gelykop gespeel en die ander verloor het gevolg deur twee wedstryde teen Skotland met dieselfde uitslag Die toer het toe na die noordooste van Engeland vertrek en n nederlaag teen Northumberland en n nederlaag teen Durham gesien Die toer het voortgegaan met wedstryde teen countyspanne en ander met oorwinnings oor Derbyshire en Warwickshire Die Kanadese span het die toer met n wen nederlaag verhouding van 2 5 afgesluit nadat hulle in die twaalf oorblywende wedstryde gelykop gespeel het 1950 s Wysig Die Marylebone Krieketklub MKK het in 1951 Kanada besoek en die hoogtepunt was die eerste eersterangse wedstryd teen die Kanadese nasionale krieketspan op Armour Heights Toronto wat deur die toerende span gewen is 15 Dit is in 1954 opgevolg deur n toer na Engeland waartydens Kanada 18 wedstryde gespeel het waarvan vier eersterangse wedstryde was insluitende die teen Pakistan wat destyds ook in Engeland was 16 Die MKK het in 1959 onder Dennis Silk weer Kanada besoek en n driedaagse wedstryd teen n Kanadese XI in Toronto gespeel wat hulle met 10 paaltjies gewen het Hulle was tydens die hele toer onoorwonne en het die meeste van hul wedstryde met hoe tellings gewen maar ook in n taai gelykop teen die Toronto Krieketklub gespeel 17 In die dekade het die Imperiale Krieketkonferensie beplan om aan Kanada toetsstatus toe teken maar Kanada self het die idee verwerp nadat hulle van mening was dat die Kanadese nasionale krieketspan nie aan die standaard voldoen het nie en dat hulle verdere mededinging teen volle lede nodig gehad het en hul gehalte van plaaslike krieket ook moes verhoog Maar die dinge het nie volgens hul planne verloop nie en dit sou nog n verdere 50 jaar neem totdat Kanada weer n eersterangse wedstryd speel 1960 s Wysig Die jaarlikse reeks tussen Kanada en die VSA is voortgesit afwisselend tussen die lande Tydens die 1963 wedstryd in Toronto het Ray Nascimento 176 aangeteken die destydse reeksrekord 1970 s Wysig Kanada het in 1973 teen Ierland gelykop gespeel 18 en die volgende jaar weer n toer na Engeland aangepak Die toer was van n laer gehalte as die 1954 toer en Kanada het teen klubspanne tweede countyspanne en kleiner provinsies te staan gekom Kanada het tydens die toer n 4 6 wen nederlaag verhouding aangeteken met n verdere ses wedstryde wat gelykop geeindig het 19 In 1979 het Kanada aan die eerste IKR trofee deelgeneem Hulle het tot die eindstryd van die kompetisie gevorder en vervolgens vir die Krieketwereldbeker 1979 gekwalifiseer waartydens hulle hul eerste EDI wedstryde gespeel het Die krieketwereldbekertoernooi was egter nie suksesvol vir Kanada nie nadat hulle al drie wedstryde verloor en versuim het om vanaf die eerste rondte te vorder het 1980 s Wysig Kanada het in 1982 en 1986 weer aan die IKR trofee deelgeneem Hulle het nie daarin geslaag om hul sukses van 1979 te herhaal nie en het versuim om tydens albei geleenthede vanaf die eerste rondte te vorder Verdere internasionale wedstryde gedurende die 1980 s sluit in n onbesliste wedstryd teen Ierland in 1981 20 en n nederlaag teen Barbados met 3 paaltjies 21 1990 s Wysig Die 1990 s het Kanada se vordering op die internasionale verhoog gesien nadat hulle aan n verdere drie IKR trofee deelgeneem het en hul beste uitslag was die sewende plek in 1997 Hulle het in 1996 begin om aan die Wes Indiese eendaagse krieket deel te neem en aan die kriekettoernooi tydens die Statebondspele in 1998 deelgeneem maar nie vanaf die eerste rondte gevorder nie 2000 s Wysig In 2000 het Kanada die eerste Amerikastrofee aangebied en daarin geslaag om die toernooi te wen Die volgende jaar het hulle vir n toer na Sri Lanka vertrek maar hul hoogtepunt in 2001 was die aanbieding van die IKR trofee Hulle het derde tydens die toernooi geeindig en vervolgens vir die Krieketwereldbeker 2003 gekwalifiseer Tydens die IKR trofee het John Davison verskyn wat een van Kanada se mees suksesvolle spelers sou word Kanada het in voorbereiding op die Krieketwereldbeker 2003 baie wedstryde gespeel en in April 2002 Argentinie besoek as naaswenners na hul ou mededinger VSA tydens die Amerikastrofee geeindig en kort daarna op die vyfde plek tydens die Sesnasies uitdaging in Namibie geeindig Die Wes Indiese A span het later die jaar na Kanada getoer en Kanada het die eendaagse reeks met 2 1 gewen en in n tweedaagse wedstryd gelykop gespeel Dit is opgevolg deur Kanada se beste vertoning in die Wes Indiese plaaslike eendaagse krieket tot dusver nadat hulle twee wedstryde tydens hul eerste rondte gewen het en die halfeindstryd net net misgeloop het Die Krieketwereldbeker 2003 was n toernooi van teenstrydige lotgevalle vir die Kanadese Hulle het met hul eerste EDI oorwinning afgeskop nadat Kanada Bangladesj verslaan het Twee wedstryde later is hulle met 36 lopies deur Sri Lanka uitgeboul die destydse laagste telling in EDI wedstryde Tydens die volgende wedstryd teen Wes Indie het John Davison die vinnigste honderdtal nog aangeteken alhoewel Kanada die wedstryd verloor het en tydens die groepfase uitgeskakel is 2004 2008 Wysig 2006 het erg vir Kanada afgeskop met n laaste plek tydens die Sesnasies uitdaging in die Verenigde Arabiese Emirate nadat Kanada al sy wedstryde verloor het Hulle het duidelik tydens die Amerikastrofee in Bermuda verbeter en die trofee gewen In 2004 het Kanada ook aan die Interkontinentale beker deelgeneem en as naaswenner net na Skotland geeindig Die hoogtepunt tydens die toernooi was die wedstryd teen die VSA in Fort Lauderdale Florida nadat John Davison die beste boulsyfers sedert Jim Laker se 19 paaltjies teen Australie in 1956 aangeteken het In 2005 het Kanada tydens die IKR trofee weer derde geeindig waarvolgens hulle vanaf 2006 tot die wereldbekerkwalifisering in 2009 EDI status verkry het en hulle het ook vir die Krieketwereldbeker 2007 gekwalifiseer Hul vertoning tydens die Interkontinentale beker dieselfde jaar was nie so suksesvol soos in 2004 nie en hulle het nie tot die tweede rondte gevorder nie In 2006 het Kanada tydens die vierdaagse Interkontinentale beker goed vertoon en Kenia met 25 lopies en Bermuda met 9 paaltjies verslaan maar hul eendaagse prestasie was volledig andersom nadat hulle die wedstryde teen Bermuda Kenia en Zimbabwe verloor het In Augustus het Kanada aan die eerste afdeling van die Amerikaskampioenskap deelgeneem Hulle het Argentinie en hul ou teenstanders VSA verslaan maar teen die Kaaimanseilande en die latere kampioen Bermuda verloor en derde geeindig hul ergste vertoning tydens die toernooi tot dusver 2008 2014 Wysig In Junie en Julie 2008 het Kanada Bermuda vir drie EDI wedstryde en Interkontinentale bekerwedstryde teen Bermuda en Skotland gehuisves In Augustus het Kanada vir die T20 wereldbekerkwalifisering na Ierland getoer Kanada het nie daarin geslaag om vir die T20 wereldbeker te kwalifiseer nie nadat hulle net bo Bermuda op die vyfde plek geeindig het Die EDI wedstryde en n Interkontinentale bekerwedstryd is deur reen belemmer In die laatsomer van 2008 het beide Wes Indie en Bermuda na Kanada getoer om aan die eendaagse Scotiabank reeks teen Kanada deel te neem Kanada het Bermuda verslaan en sodoende in die eindstryd teen Wes Indie te staan gekom Die Wes Indiese kaptein Chris Gayle het sy 16de EDI honderdtal geslaan en sy span na n maklike oorwinning met 7 paaltjies teen Kanada in die eindstryd van die eendaagse Scotiabank reeks in King City geneem Tydens die Scotiabank reeks is die talent van Rizwan Cheema ontdek hy sou die ster van die eerste T20 Al Barakah in Kanada word Aan die toernooi het Kanada Pakistan Sri Lanka en Zimbabwe deelgeneem Kanada het twee wedstryde verloor en in een wedstryd gelykop gespeel maar in die gelykopwedstryd teen Zimbabwe het Kanada volgens punte verloor nadat almal uitgeboul is Sri Lanka het die toernooi ingepalm nadat hulle Pakistan in die eindstryd verslaan het Die toernooi sou na verwagting die volgende vier jaar jaarliks gespeel word In laat November 2008 het Kanada aan die Amerikaskampioenskap in Florida VSA deelgeneem Die Verenigde State na jare van wanorde het saamgetrek en die kampioenskap gewen Kanada het volgens hul lopietempo op die derde plek na Bermuda geeindig nadat hul ontmoeting uitgereen is In April 2009 het Kanada aan die krieketwereldbekerkwalifisering deelgeneem Nadat hulle die beste Kanadese span sedert jare saamgestel het het hulle maklik deur die groepfase gestap en uiteindelik as naaswenners geeindig Die uitstekende vertoning het aan Kanada n plek in die Krieketwereldbeker 2011 besorg Die IKR het aangekondig dat aan die Krieketwereldbeker 2015 net tien spanne mag deelneem wat dit vir assosiaatlede moeilik sou maak om hoegenaamd te kwalifiseer Krieket Kanada het sy teleurstelling met hierdie besluit bekend gemaak 22 Die IKR het sy besluit later teruggeneem In Januarie 2014 het Kanada na n swak vertoning tydens die krieketwereldbekerkwalifisering in Nieu Seeland beide sy EDI en T20 status verloor met die uitsig dat tot die volgende kwalifiseringsrondte geen verdere grootskaalse internasionale krieket sou kom nie 2015 Wysig Die grootste toernooi vir Kanada in 2015 was die T20 wereldbekerkwalifisering in Ierland en Skotland Kanada het egter nie daarin geslag om n wedstryd te wen nie en laaste in Groep B geeindig Tydens hul eerste wedstryd teen Kenia in Edinburg het Kanada 143 lopies binne in 20 kolfbeurte aangeteken en 5 paaltjies verloor In antwoord daarop het Irfan Karim binne in 54 aflewerings 74 lopies aangeteken en Kenia na n oorwinning met 7 paaltjies geneem 23 In die tweede wedstryd het Kanada in Stirling Skotland teen die taamlike nuwelinge Oman te staan gekom Weens slegte weerstoestande is die wedstryd tot 13 boulbeurte per span verminder Kanada se kolfwerk nadat Oman besluit het om eerste te boul is veral deur Nitish Kumar se 52 lopies van 25 aflewerings gekenmerk nadat hy vier viere en drie sesse aangeteken het In antwoord daarop het Zeeshan Maqsood n onoorwonne 86 aangeteken en Oman na n oorwinning met 7 paaltjies met nog tien aflewerings oor geneem 24 Kanada het sy derde wedstryd op dieselfde plek in Stirling teen die Verenigde Arabiese Emirate gespeel Die VAE het die ideale afskop behaal Hulle het die loot gewen en verkies om eerste te boul Kanada het eerste gekolf en sy eerste twee paaltjies binne in die eerste agt aflewerings kwytgeraak Dit is deur n vaste vennootskap tussen Hiral Shah en Nitish Kumar opgevolg wat saam 58 lopies aangeteken het Maar die VAE het teruggekom en hulle het n klomp lopies laat kantel en Kanada op n 109 vir die verlies van 9 paaltjies beperk Maar Navneet Dhaliwal kon Kanada met n onoorwonne 39 red en hulle tot n telling van 132 in die 20 boulbeurte neem In antwoord daarop het die VAE sy eerste paaltjie in die derde boulbeurt verloor maar n goeie vennootskap om die tweede 25 lopies derde 40 lopies en vierde 19 lopies paaltjies het hulle op koers gehou Die wedstryd het gelykop gelyk toe die teiken verminder is na n 33 lopies in drie boulbeurte wat neergekom het op 25 lopies in 12 balle Maar Shakoor en Patil het die VAE in die laaste boulbeurt laat wen nadat hulle tydens Cecil Parvez se aflewerings 21 lopies aangeteken het 25 Kanada het vir hul vierde wedstryd teen die gasheer Skotland na Edinburg teruggekom Kanada het die loot weer verloor en die tuisspan het hulle op die kolfblad gesit om Kanada eerste te laat kolf Kanada het n vinnige begin behaal en 24 binne in 2 3 boulbeurte aangeteken voordat Alasdair Evans vir Ruvindu Gunasekara uitgeboul het Die ander boulers het nie n betekenisvolle vennootskap tussen enige Kanadese kolwers toegelaat nie en hulle op n 87 vir die verlies van 8 paaltjies teen die 16de boulbeurt beperk n Vennootskap van 48 lopies om die negende paaltjie tussen Navneet Dhaliwal 34 en die nommer 10 Junaid Siddiqui wat 28 van 16 aangeteken het het hulle bo die drievoudige syfermerk geneem en hulle op n 135 vir 8 laat eindig In antwoord daarop het Skotland belowend afgeskop met n uitstekende lopietempo van 10 lopies tot die sesde boulbeurt toe Satsimranjit Dhindsa vir Calum MacLeod met n 15 aflewering op 29 uitskop Die paaltjie het Skotland nie veel gekos nie aangesien hulle met dieselfde momentum voortgegaan het ondanks die feit dat hulle ook Matthew Cross aan Dhindsa verloor het en die wedstryd met n maklike oorwinning met nog 32 aflewerings oor beklink het 26 Kanada het sy vyfde en laaste wedstryd van die toernooi op dieselfde plek in Edinburg teen Nederland gespeel Hulle het weer die loot verloor en is weer op die kolfblad gesit om eerste te begin kolf Die keer het hul kolfwerk egter veerkragtigheid gewys en Kanada het n telling van 172 vir die verlies van 8 paaltjies aangeteken veral te danke aan die vyftigtal deur Ruvindu Gunasekera 51 en laat uitblinkers deur beide die kaptein Rizwan Cheema en die paaltjiewagter kolwer Hamza Tariq In antwoord daarop het die Nederlandse kolwers veral Steven Myburgh Wesley Barresi en Michael Swart n aanvallende vertoning van n kragtige kolfwerk aangevoer en n soliede oorwinning met nog 15 aflewerings oor aangeteken Vervolgens is die Kanadese span van die T20 wereldbekerkwalifisering uitgeskakel 27 Na die teleurstellende vertoning tydens die T20 wereldbekerkwalifisering het die een of ander goeie nuus vir die Kanadese nasionale krieketspelers gevolg 21 spelers van Kanada is saam met spelers uit die VSA Bermuda en Suriname vir n plaaslike Amerikasspan genooi wat in Januarie 2016 aan die Wes Indiese Nagico Super50 toernooi sou deelneem 28 Aan die einde van die proses was Jeremy Gordon die enigste Kanadese kolwer en Hamza Tariq is as n gespesialiseerde paaltjiewagter vir die uiteindelike Amerikasspan benoem 29 Statistiek en rekords WysigWereldbekerrekord Wysig Jaar Uitslag1975 Nie deelgeneem nie1979 Groepfase1983 Nie gekwalifiseer nie1987 Nie gekwalifiseer nie1992 Nie gekwalifiseer nie1996 Nie gekwalifiseer nie1999 Nie gekwalifiseer nie2003 Groepfase2007 Groepfase2011 Groepfase2015 Nie gekwalifiseer nie2019 Nie gekwalifiseer nie2023 N v t Algemeen Wysig Opsomming van Kanada se internasionale wedstryde 30 Soos op 27 November 2013 Uitslag van wedstrydeFormaat Speel Wen Verloor Deel Onb DebuutwedstrydInternasionale eendagwedstryde 75 17 56 0 2 9 Junie 1979Twintig20 Internasionale 19 4 14 1 0 2 Augustus 2008EDI krieket Wysig Hoogste spantotaal 312 4 aangeteken teen Ierland 4 Februarie 2007 te Nairobi Kenia Hoogste kolftelling 137 Ashish Bagai teen Skotland 31 Januarie 2007 te Nairobi Kenia Beste boulsyfer 5 27 Austin Codrington teen Bangladesj 11 Februarie 2003 te Sahara stadion Kingsmead Durban Suid Afrika Meeste EDI lopies vir Kanada 31 Speler Lopies GemiddeldAshish Bagai 1964 37 76Sunil Dhaniram 915 24 72John Davison 799 26 63Abdool Samad 740 29 60Rizwan Cheema 707 24 37Ian Billcliff 529 27 84Ashif Mulla 482 20 08 Meeste EDI paaltjies vir Kanada 32 Speler Paaltjies GemiddeldHenry Osinde 45 30 86Harvir Baidwan 43 29 55Sunil Dhaniram 41 30 24John Davison 36 29 63Umar Bhatti 33 34 81Rizwan Cheema 32 32 15Khurram Chohan 31 29 90Eendagrekord teen ander lande 33 Wedstryde tot ODI 3464 soos op 23 Maart 2014 Teen toetslandeTeenstander Speel Wen Verloor Deel Onb v Pakistan 2 0 2 0 0v Engeland 2 0 2 0 0v Australie 2 0 2 0 0v Bangladesj 2 1 1 0 0v Sri Lanka 2 0 2 0 0v Wes Indie 4 0 4 0 0v Suid Afrika 1 0 1 0 0v Nieu Seeland 3 0 3 0 0v Zimbabwe 2 0 2 0 0v Geassosieerde lede 57 16 39 0 2T20I Krieket Wysig Meeste T20I lopies vir Kanada 34 Speler Lopies GemiddeldAshish Bagai 284 40 57Rizwan Cheema 238 15 86Hiral Patel 220 22 00Ruvindu Gunasekera 202 25 25 Meeste T20I paaltjies vir Kanada 35 Speler Paaltjies GemiddeldHarvir Baidwan 27 15 22Henry Osinde 10 25 00Rizwan Cheema 9 22 24T20I rekord teen ander lande 36 Wedstryde tot T20I 346 soos op 23 Maart 2014 teen ToetslandeTeenstander Speel Wen Verloor Deel Onb v Pakistan 1 0 1 0 0v Zimbabwe 2 0 1 1 0v Sri Lanka 1 0 1 0 0v Geassosieerde lede 15 4 11 0 0Sien ook Wysig Kanadese nasionale rugbyspanVerwysings Wysig en ICC Rankings Internasionale Krieketraad en ODI matches Team records ESPNcricinfo en ODI matches 2021 Team records ESPNcricinfo en T20I matches Team records ESPNcricinfo en T20I matches 2021 Team records ESPNcricinfo en Other matches played by Canada CricketArchive Geargiveer vanaf die oorspronklike op 11 Januarie 2020 Besoek op 4 September 2015 en All T20 matches between ICC members to get international status Internasionale Krieketraad 26 April 2018 Geargiveer vanaf die oorspronklike op 3 November 2019 Besoek op 26 Februarie 2020 en Men s T20I Team Rankings Internasionale Krieketraad 15 Februarie 2020 Geargiveer vanaf die oorspronklike op 11 Mei 2020 Besoek op 26 Februarie 2020 en Toronto Cricket Club v Upper Canada College Cricketarchive co uk Geargiveer vanaf die oorspronklike op 18 Februarie 2020 Besoek op 2 Maart 2011 en Reebok and Cricket Canada Enter into Multi Year Sponsorship Agreement PDF Krieket Kanada 23 November 2010 p 2 Geargiveer vanaf die oorspronklike PDF op 23 September 2015 Besoek op 9 Maart 2011 en Boller Kevin A brief history of cricket Cricket in Canada ESPNcricinfo Geargiveer vanaf die oorspronklike op 22 November 2018 Besoek op 26 Februarie 2020 en Canada v Australians 1893 Cricketarchive co uk Geargiveer vanaf die oorspronklike op 18 Februarie 2020 Besoek op 23 Maart 2014 en Canada and United States of America v Australians Cricketarchive co uk 7 Julie 1913 Geargiveer vanaf die oorspronklike op 18 Februarie 2020 Besoek op 2 Maart 2011 en Australia in North America 1913 Cricketarchive co uk 25 Augustus 1913 Geargiveer vanaf die oorspronklike op 18 Februarie 2020 Besoek op 23 Maart 2014 en Wisden 1952 bl 898 902 en Canada in England 1954 Cricketarchive co uk Geargiveer vanaf die oorspronklike op 24 September 2015 Besoek op 23 Maart 2014 en Wisden 1960 bl 870 71 en Canada XI v Ireland 1973 Cricketarchive co uk 16 September 1973 Geargiveer vanaf die oorspronklike op 18 Februarie 2020 Besoek op 23 Maart 2014 en Canada in England 1974 Cricketarchive co uk Geargiveer vanaf die oorspronklike op 24 September 2015 Besoek op 23 Maart 2014 en Canada in Ireland 1981 Cricketarchive co uk 7 Junie 1981 Geargiveer vanaf die oorspronklike op 18 Februarie 2020 Besoek op 23 Maart 2014 en Canada in Barbados 1987 88 Cricketarchive co uk 5 November 1987 Geargiveer vanaf die oorspronklike op 18 Februarie 2020 Besoek op 23 Maart 2014 en Canada news Canada unhappy with reduced World Cup ESPNcricinfo 17 Oktober 2020 Geargiveer vanaf die oorspronklike op 18 Mei 2020 Besoek op 26 Februarie 2020 en Karim 74 guides Kenya to comfortable win ESPNcricinfo 10 Julie 2015 Geargiveer vanaf die oorspronklike op 18 Februarie 2020 Besoek op 26 Februarie 2020 en Maqsood assault gives Oman big win ESPNcricinfo 12 Julie 2015 Geargiveer vanaf die oorspronklike op 18 Februarie 2020 Besoek op 26 Februarie 2020 en Shahzad 56 sets up thrilling five wicket win ESPNcricinfo 14 Julie 2015 Geargiveer vanaf die oorspronklike op 18 Februarie 2020 Besoek op 26 Februarie 2020 en Coetzer fifty hands Scotland easy win ESPNcricinfo 16 Julie 2015 Geargiveer vanaf die oorspronklike op 18 Februarie 2020 Besoek op 26 Februarie 2020 en Myburgh helps Netherlands ace 174 chase ESPNcricinfo 17 Julie 2015 Geargiveer vanaf die oorspronklike op 18 Februarie 2020 Besoek op 26 Februarie 2020 en Twenty one players fast tracked to audition for Americas team ESPNcricinfo 28 Julie 2015 Geargiveer vanaf die oorspronklike op 18 Februarie 2020 Besoek op 26 Februarie 2020 en Taylor Ghous picked in 15 man ICC Americas squad ESPNcricinfo 7 Oktober 2015 Geargiveer vanaf die oorspronklike op 18 Februarie 2020 Besoek op 26 Februarie 2020 en Internasionale eendagspanrekord ESPNcricinfo Geargiveer vanaf die oorspronklike op 7 Junie 2015 Besoek op 26 Februarie 2020 en Kanada EDI kolfloopbaan ESPNcricinfo Geargiveer vanaf die oorspronklike op 22 Desember 2017 Besoek op 26 Februarie 2020 en Kanada EDI boulloopbaan ESPNcricinfo Geargiveer vanaf die oorspronklike op 2 Januarie 2018 Besoek op 26 Februarie 2020 en Internasionale eendagspanrekord ESPNcricinfo Geargiveer vanaf die oorspronklike op 13 Junie 2014 Besoek op 26 Februarie 2020 en Kanada Twintig20 Int kolfloopbaan ESPNcricinfo Geargiveer vanaf die oorspronklike op 9 Oktober 2019 Besoek op 26 Februarie 2020 en Kanada Twintig20 Int boulloopbaan ESPNcricinfo Geargiveer vanaf die oorspronklike op 9 Oktober 2019 Besoek op 26 Februarie 2020 en Twintig20 Internasionale spanrekord ESPNcricinfo Geargiveer vanaf die oorspronklike op 13 Junie 2014 Besoek op 26 Februarie 2020 Eksterne skakels Wysig Wikimedia Commons bevat media in verband met Kanadese nasionale krieketspan en Amptelike webwerf en Canada Cricket Online Hierdie artikel is in sy geheel of gedeeltelik vanuit die Engelse Wikipedia vertaal Ontsluit van https af wikipedia org w index php title Kanadese nasionale krieketspan amp oldid 2437050,