×
Kameelperd (sterrebeeld)

Die Kameelperd (Latyn: Camelopardalis) is ’n groot, maar dowwe sterrebeeld in die noordelike hemelruim. Dit is in 1612 deur die sterrekundige Petrus Plancius voorgestel. Sommige ouer sterrekundeboeke gebruik die alternatiewe spelling Camelopardus in plaas van Camelopardalis.

Kameelperd
Latynse naam Camelopardalis
Genitief Camelopardalis
Afkorting Cam
Waarnemingsdata (Epog J2000)
Regte klimming 6h
Deklinasie 70º
Grootte 757 vk. grade (18de)
Kwadrant NQ2
Besonderhede
Hoofsterre 2, 8
Helderste ster Beta Camelopardalis (β Cam)
Naaste ster LHS 2459
Sterre helderder as 3 m 0
Sterre met planete 4
Messier-voorwerpe 0
Bayer-/Flamsteed-sterre 36
Meteoorreëns Camelopardalids
Aangrensende sterrebeelde
Draak, Klein Beer, Kefeus, Kassiopeia, Perseus, Koetsier, Rooikat, Groot Beer
Portaal Sterrekunde

Inhoud

Sterre

Hoewel die Kameelperd die 18de grootste sterrebeeld is, is hy nie baie helder nie omdat die helderste sterre maar ’n magnitude van 4 het.

Alpha Camelopardalis (α Cam) is ’n blou superreus meer as 6 000 ligjare van die Aarde af met ’n helderheid van 4,3 mag. Dit is ongewoon dat so ’n verafgeleë ster met die blote oog gesien kan word.

Beta Camelopardalis (β Cam), van 4,03 mag, is die helderste ster in die sterrebeeld. Dit is ’n dubbelster waarvan die komponente van 4 en 8,6 mag is. Die primêre ster is ’n geelreus wat 1 000 ligjare van die Aarde af is. Die tweede helderste ster is CS Cam, ’n effens veranderlike ster van 4,21 mag.

11 Cam is ’n ster van 5,2 mag wat 650 ligjare van hier is. Dit lyk baie naby aan 12 Cam van 6,1 mag, wat feitlik dieselfde afstand van die Aarde af is, maar hulle is nie ’n ware dubbelster nie; hulle is taamlik ver van mekaar af. Struve 1694 (32 Cam) is ’n dubbelster sowat 300 ligjare van hier. Albei komponente is blouwit; die primêre ster het ’n magnitude van 5,4 en die sekondêre ster ’n magnitude van 5,9.

Veranderlike sterre wat in die sterrebeeld voorkom, is Z Cam, U Cam, VZ Cam en die Mira-veranderlikes T Cam, X Cam en R Cam. RU Cam is een van die helderste tipe II-Cepheïede in die lug.

In 2011 is ’n supernova in die Kameelperd ontdek.

Diepruimtevoorwerpe

Die Kameelperd is in die deel van die hemelsfeer wat weg van die galaktiese vlak wys, en daarom kan baie verafgeleë sterrestelsels in die sterrebeeld gesien word. Van hulle is:

  • NGC 2403, ’n stelsel in die M81-groep van sterrestelsels sowat 12 miljoen ligjare van die Aarde af. Dit het ’n rooiverskuiwing van 0,00043, en het dowwe spiraalarms en ’n groot sentrale bol. Dit het ’n magnitude van 8.
  • NGC 1502, ’n oop sterreswerm van 6,9 mag sowat 3 000 ligjare van hier. Dit het sowat 45 helder sterre en ’n dubbelster van 7 mag in die middel. Dit word ook verbind met Kemble se Kaskade, ’n klein ketting sterre van 2,5° lank wat parallel met die Melkweg lê en na die sterrebeeld Kassiopeia wys.
  • Stock 23 is ’n oop sterreswerm naby die suidelike grens van die sterrebeeld met Kassiopeia. Dit kan as ’n asterisme geklassifiseer word vanweë die klein aantal sterre daarin (’n klein teleskopiese "sterrebeeld").
  • Die dwerg- onreëlmatige sterrestelsel NGC 1569 is steruitbarsting-sterrestelsel van 11,9 mag, en is sowat 11 miljoen ligjare van die Aarde af.
  • NGC 2655 is ’n groot lensvormige sterrestelsel van 10,1 mag.

Meteoorreën

Die jaarlikse meteoorreën Camelopardalides van die komeet 209P/LINEAR het ’n uitstralingspunt in die Kameelperd.

Ruimteverkenning

Die ruimtetuig Voyager 1 beweeg in die rigting van die Kameelperd, maar dit sal die naaste sterre in die sterrebeeld eers oor baie duisende jare bereik, en teen daardie tyd sal sy kragbron lankal buite werking wees.

  1. Ridpath 2001, pp. 92-93
  2. Norton 1973, pp. 118=119
  3. Norton 1973, pp. 118–119.
  4. Boyle, Rebecca (3 Januarie 2011). . Popular Science (in Engels). vanaf die oorspronklike op 18 Maart 2020. Besoek op8 Junie 2012.

Bronne

  • Norton, Arthur P. (1973), Norton's Star Atlas, pp. 118–119, ISBN 0-85248-900-5
  • Ridpath, Ian (2001), Stars and Planets Guide, Princeton University Press, ISBN 0-691-08913-2


Die 88 moderne sterrebeelde

AgterdekAkkedisAltaarAndromedaArendBeeldhouerBekerBerenike se HareBoogskutterBulDolfynDraakDriehoekDuifEenhoringEridanusFeniksGraveerstifGroot BeerGroot HondHaasHerculesHorlosieIndiërJaghondeJagterKameelperdKameleonKielKlein BeerKlein HondKlein LeeuKoetsierKompasKassiopeiaKefeusKraaiKraanvoëlKreefNetLeeuLierLugpompMaagdMikroskoopNoordelike KroonNoordelike WaterslangOktantOondParadysvoëlPasserPerseusPouPylRamRooikatSeileSekstantSentourSkerpioenSkildSkilderSlangSlangdraerSteenbokSuidelike DriehoekSuidelike KroonSuidelike VisSuidelike WaterslangSuiderkruisSwaanSwaardvisTafelTeleskoopToekanTweelingVeewagterVisseVlieënde PerdVlieënde VisVliegVosVulWalvisWaterdraerWeegskaalWinkelhaakWolf

Publikasie datum: September 16, 2021

kameelperd, sterrebeeld, kameelperd, latyn, camelopardalis, groot, maar, dowwe, sterrebeeld, noordelike, hemelruim, 1612, deur, sterrekundige, petrus, plancius, voorgestel, sommige, ouer, sterrekundeboeke, gebruik, alternatiewe, spelling, camelopardus, plaas, . Die Kameelperd Latyn Camelopardalis is n groot maar dowwe sterrebeeld in die noordelike hemelruim Dit is in 1612 deur die sterrekundige Petrus Plancius voorgestel Sommige ouer sterrekundeboeke gebruik die alternatiewe spelling Camelopardus 1 in plaas van Camelopardalis KameelperdLatynse naam CamelopardalisGenitief CamelopardalisAfkorting CamWaarnemingsdata Epog J2000 Regte klimming 6hDeklinasie 70ºGrootte 757 vk grade 18de Kwadrant NQ2BesonderhedeHoofsterre 2 8Helderste ster Beta Camelopardalis b Cam Naaste ster LHS 2459Sterre helderder as 3 m 0Sterre met planete 4Messier voorwerpe 0Bayer Flamsteed sterre 36Meteoorreens CamelopardalidsAangrensende sterrebeeldeDraak Klein Beer Kefeus Kassiopeia Perseus Koetsier Rooikat Groot BeerPortaal Sterrekunde Inhoud 1 Ruimtevoorwerpe 1 1 Sterre 1 2 Diepruimtevoorwerpe 1 3 Meteoorreen 1 4 Ruimteverkenning 2 Verwysings 2 1 Bronne 3 Eksterne skakelsRuimtevoorwerpe WysigSterre Wysig Hoewel die Kameelperd die 18de grootste sterrebeeld is is hy nie baie helder nie omdat die helderste sterre maar n magnitude van 4 het Alpha Camelopardalis a Cam is n blou superreus meer as 6 000 ligjare van die Aarde af met n helderheid van 4 3 mag Dit is ongewoon dat so n verafgelee ster met die blote oog gesien kan word 1 Beta Camelopardalis b Cam van 4 03 mag is die helderste ster in die sterrebeeld Dit is n dubbelster waarvan die komponente van 4 en 8 6 mag is Die primere ster is n geelreus wat 1 000 ligjare van die Aarde af is 1 Die tweede helderste ster is CS Cam n effens veranderlike ster van 4 21 mag 2 11 Cam is n ster van 5 2 mag wat 650 ligjare van hier is Dit lyk baie naby aan 12 Cam van 6 1 mag wat feitlik dieselfde afstand van die Aarde af is maar hulle is nie n ware dubbelster nie hulle is taamlik ver van mekaar af 1 Struve 1694 32 Cam is n dubbelster sowat 300 ligjare van hier Albei komponente is blouwit die primere ster het n magnitude van 5 4 en die sekondere ster n magnitude van 5 9 1 Veranderlike sterre wat in die sterrebeeld voorkom is Z Cam 3 U Cam VZ Cam en die Mira veranderlikes T Cam X Cam en R Cam 4 RU Cam is een van die helderste tipe II Cepheiede in die lug In 2011 is n supernova in die Kameelperd ontdek 5 Diepruimtevoorwerpe Wysig Die Kameelperd is in die deel van die hemelsfeer wat weg van die galaktiese vlak wys en daarom kan baie verafgelee sterrestelsels in die sterrebeeld gesien word Van hulle is NGC 2403 n stelsel in die M81 groep van sterrestelsels sowat 12 miljoen ligjare van die Aarde af 1 Dit het n rooiverskuiwing van 0 00043 en het dowwe spiraalarms en n groot sentrale bol Dit het n magnitude van 8 NGC 1502 n oop sterreswerm van 6 9 mag sowat 3 000 ligjare van hier Dit het sowat 45 helder sterre en n dubbelster van 7 mag in die middel Dit word ook verbind met Kemble se Kaskade n klein ketting sterre van 2 5 lank wat parallel met die Melkweg le en na die sterrebeeld Kassiopeia wys 1 Stock 23 is n oop sterreswerm naby die suidelike grens van die sterrebeeld met Kassiopeia Dit kan as n asterisme geklassifiseer word vanwee die klein aantal sterre daarin n klein teleskopiese sterrebeeld Die dwerg onreelmatige sterrestelsel NGC 1569 is steruitbarsting sterrestelsel van 11 9 mag en is sowat 11 miljoen ligjare van die Aarde af NGC 2655 is n groot lensvormige sterrestelsel van 10 1 mag Meteoorreen Wysig Die jaarlikse meteoorreen Camelopardalides van die komeet 209P LINEAR het n uitstralingspunt in die Kameelperd Ruimteverkenning Wysig Die ruimtetuig Voyager 1 beweeg in die rigting van die Kameelperd maar dit sal die naaste sterre in die sterrebeeld eers oor baie duisende jare bereik en teen daardie tyd sal sy kragbron lankal buite werking wees Verwysings Wysig 1 0 1 1 1 2 1 3 1 4 1 5 1 6 Ridpath 2001 pp 92 93 Norton 1973 pp 118 119 American Association of Variable Star Observers Norton 1973 pp 118 119 Boyle Rebecca 3 Januarie 2011 10 Year Old Canadian Girl Is The Youngest Person Ever to Discover a Supernova Popular Science in Engels Geargiveer vanaf die oorspronklike op 18 Maart 2020 Besoek op 8 Junie 2012 Bronne Wysig Norton Arthur P 1973 Norton s Star Atlas pp 118 119 ISBN 0 85248 900 5 Ridpath Ian 2001 Stars and Planets Guide Princeton University Press ISBN 0 691 08913 2 Eksterne skakels WysigThe Deep Photographic Guide to the Constellations Camelopardalis Star Tales Camelopardalis Wikimedia Commons het meer media in die kategorie Kameelperd sterrebeeld Hierdie artikel is vertaal uit die Engelse Wikipedia Die 88 moderne sterrebeeldeAgterdek Akkedis Altaar Andromeda Arend Beeldhouer Beker Berenike se Hare Boogskutter Bul Dolfyn Draak Driehoek Duif Eenhoring Eridanus Feniks Graveerstif Groot Beer Groot Hond Haas Hercules Horlosie Indier Jaghonde Jagter Kameelperd Kameleon Kiel Klein Beer Klein Hond Klein Leeu Koetsier Kompas Kassiopeia Kefeus Kraai Kraanvoel Kreef Net Leeu Lier Lugpomp Maagd Mikroskoop Noordelike Kroon Noordelike Waterslang Oktant Oond Paradysvoel Passer Perseus Pou Pyl Ram Rooikat Seile Sekstant Sentour Skerpioen Skild Skilder Slang Slangdraer Steenbok Suidelike Driehoek Suidelike Kroon Suidelike Vis Suidelike Waterslang Suiderkruis Swaan Swaardvis Tafel Teleskoop Toekan Tweeling Veewagter Visse Vlieende Perd Vlieende Vis Vlieg Vos Vul Walvis Waterdraer Weegskaal Winkelhaak WolfOntsluit van https af wikipedia org w index php title Kameelperd sterrebeeld amp ol,