×
Kameel

Die kameel is een van twee spesies groot, gelyktonige hoefdiere in die genus Camelus, naamlik die Dromedaris-met sy enkele boggel en die Baktriese kameel met twee boggels. Albei is inheems aan die droë en woestyngebiede van Asië en Noord-Afrika.

Kameel
'n Dromedaris, Camelus dromedarius
'n Baktriese kameel, Camelus bactrianus
Wetenskaplike klassifikasie
Koninkryk:
Filum:
Klas:
Orde:
Familie:
Genus:
Camelus

Linnaeus, 1758
Spesies

Camelus bactrianus
Camelus dromedarius
Camelus gigas (fossiel)
Camelus hesternus (fossiel)
Camelus sivalensis (fossiel)

Verspreiding van die Dromedaris
Verspreiding van die Baktriese kameel

Die naam kameel is afgelei van die Griekse kamelos of Hebreeuse gamal.

Die term kameel word in die breër sin gebruik om enige van die ses kameelagtige diersoorte in die familie Camelidae te beskryf. Die familie bestaan uit die twee bogenoemde ware kamele, asook die vier Suid-Amerikaanse kameelagtiges, naamlik die llama, alpakka, guanaco en vikoenja.

  • Familie Camelidae
    • Genus Lama:
      • Llama Lama glama
        • Alpakka Lama glama pacos
      • Guanaco Lama guanicoe
    • Genus Vicugna:
      • Vikoenja Vicugna vicugna
    • Genus Camelus

Kamele is bekend vir hul boggels, waarin daar nie water geberg word soos algemeen geglo word nie, maar dit dien as 'n opgaarplek vir vetweefsel, terwyl water in die bloed geberg word. Die boggel/s stel kamele in staat om baie dae sonder kos of water te oorleef.

Die mens het die kameel etlike duisende jare gelede al mak gemaak. Die Dromedaris- en Baktriese kameel word steeds gebruik vir melk, vleis en as lasdier. Die Dromedaris Kameel kan hoofsaaklik in Noord-Afrika en Wes-Asië gevind word, terwyl die Baktriese kameel se habitat verder na die noorde en ooste van Sentraal-Asië is.

Hoewel daar vandag omtrent 13 miljoen Drommedaris Kamele bestaan, is die spesie feitlik uitgewis in die wilde natuur ; almal behalwe 'n handjievol is makgemaakte diere (hoofsaaklik in Soedan, Somalië, Indië en nabygeleë lande), asook Suid-Afrika, Namibië en Botswana.

Daar is 'n groot groep van omtrent 700 000 wilde kamele in Sentraal-Australië wat afstam van enkele kamele wat uit aanhouding ontsnap het gedurende die laat 19de eeu. Hierdie populasie groei teen nagenoeg 11% per jaar en die Suid-Australiese regering het onlangs besluit om die diere uit te dun deur gebruik te maak van skerpskutters uit helikopters, omdat die kamele te veel van die skaapboere se beperkte weiding gebruik.

Die Baktriese kameel was voorheen meer volop, maar tans is daar sowat 1,4 miljoen diere oor, meestal mak. Daar word beweer dat daar ongeveer 1 000 wilde Baktriese kamele in die Gobi-woestyn in Sentraal-Asië, asook klein getalle in Iran, Afganistan, Turkye en Rusland is.

'n Klein populasie ingevoerde Dromedaris- en Baktriese kamele het tot vroeg in die 20ste eeu in die suidweste van die Verenigde State oorleef. Hierdie diere, wat van Turkye ingevoer is, was deel van 'n proefneming van die "US Camel Corps" en is gebruik as trekdiere in myne. Hulle het ontsnap of is vrygelaat nadat die projek deur die mat geval het.


Kameelagtiges
Afro-Asiatiese Kameelagtiges: Baktriese Kameel - Dromedaris
Suid-Amerikaanse Kameelagtiges: Alpakka - Guanaco - Llama - Vicuña

Publikasie datum: Augustus 21, 2021

kameel, kameel, twee, spesies, groot, gelyktonige, hoefdiere, genus, camelus, naamlik, dromedaris, enkele, boggel, baktriese, kameel, twee, boggels, albei, inheems, droë, woestyngebiede, asië, noord, afrika, dromedaris, camelus, dromedarius, baktriese, kameel,. Die kameel is een van twee spesies groot gelyktonige hoefdiere in die genus Camelus naamlik die Dromedaris met sy enkele boggel en die Baktriese kameel met twee boggels Albei is inheems aan die droe en woestyngebiede van Asie en Noord Afrika Kameel n Dromedaris Camelus dromedarius n Baktriese kameel Camelus bactrianusWetenskaplike klassifikasieKoninkryk AnimaliaFilum ChordataKlas MammaliaOrde ArtiodactylaFamilie CamelidaeGenus Camelus Linnaeus 1758SpesiesCamelus bactrianus Camelus dromedarius Camelus gigas fossiel Camelus hesternus fossiel Camelus sivalensis fossiel Verspreiding van die DromedarisVerspreiding van die Baktriese kameel Die naam kameel is afgelei van die Griekse kamelos of Hebreeuse gamal Die term kameel word in die breer sin gebruik om enige van die ses kameelagtige diersoorte in die familie Camelidae te beskryf Die familie bestaan uit die twee bogenoemde ware kamele asook die vier Suid Amerikaanse kameelagtiges naamlik die llama alpakka guanaco en vikoenja Familie Camelidae Genus Lama Llama Lama glama Alpakka Lama glama pacos Guanaco Lama guanicoe Genus Vicugna Vikoenja Vicugna vicugna Genus Camelus Dromedaris Camelus dromedarius Baktriese kameel Camelus bactrianus Kamele is bekend vir hul boggels waarin daar nie water geberg word soos algemeen geglo word nie maar dit dien as n opgaarplek vir vetweefsel terwyl water in die bloed geberg word Die boggel s stel kamele in staat om baie dae sonder kos of water te oorleef Die mens het die kameel etlike duisende jare gelede al mak gemaak Die Dromedaris en Baktriese kameel word steeds gebruik vir melk vleis en as lasdier Die Dromedaris Kameel kan hoofsaaklik in Noord Afrika en Wes Asie gevind word terwyl die Baktriese kameel se habitat verder na die noorde en ooste van Sentraal Asie is Hoewel daar vandag omtrent 13 miljoen Drommedaris Kamele bestaan is die spesie feitlik uitgewis in die wilde natuur almal behalwe n handjievol is makgemaakte diere hoofsaaklik in Soedan Somalie Indie en nabygelee lande asook Suid Afrika Namibie en Botswana Daar is n groot groep van omtrent 700 000 wilde kamele in Sentraal Australie wat afstam van enkele kamele wat uit aanhouding ontsnap het gedurende die laat 19de eeu Hierdie populasie groei teen nagenoeg 11 per jaar en die Suid Australiese regering het onlangs besluit om die diere uit te dun deur gebruik te maak van skerpskutters uit helikopters omdat die kamele te veel van die skaapboere se beperkte weiding gebruik Die Baktriese kameel was voorheen meer volop maar tans is daar sowat 1 4 miljoen diere oor meestal mak Daar word beweer dat daar ongeveer 1 000 wilde Baktriese kamele in die Gobi woestyn in Sentraal Asie asook klein getalle in Iran Afganistan Turkye en Rusland is n Klein populasie ingevoerde Dromedaris en Baktriese kamele het tot vroeg in die 20ste eeu in die suidweste van die Verenigde State oorleef Hierdie diere wat van Turkye ingevoer is was deel van n proefneming van die US Camel Corps en is gebruik as trekdiere in myne Hulle het ontsnap of is vrygelaat nadat die projek deur die mat geval het Eksterne skakel WysigUse of camels by South African Police artikel Wikiwoordeboek het n inskrywing vir kameel Aantekeninge WysigVertaal van die ooreenstemmende artikel in die Engelse Wikipedia KameelagtigesAfro Asiatiese Kameelagtiges Baktriese Kameel DromedarisSuid Amerikaanse Kameelagtiges Alpakka Guanaco Llama VicunaOntsluit van https af wikipedia org w index php title Kameel amp ol,