fbpx
Wikipedia

Kalium-40

Eienskappe

Algemeen

Naam Kalium-40 
 
Protone 19 
Neutrone 21 
Kernspin 4-[1] 
Massa-oorskot -33535,20 keV[1] 

Status

Status radioaktief, langlewende oerisotoop[1] 
Halfleeftyd 1,251 x 109
Vervalvorm beta- of elektronvangs[1]  

Navigasie

3818Ar 3919K 4020Ca
4019K
4018Ar 4119K 4220Ca
Lys van isotope

Kalium-40 (chemiese notasie 4019K) is 'n langlewende radio-aktiewe isotoop van kalium. Dit verval meestal deur betaverval na 4020Ca, maar soms deur elektronvangs na 4018Ar.

Die verval van kalium-40

Radiometriese datering

Die verval na argon-40 word dikwels gebruik vir radiometriese datering van (stollings)gesteentes. Die gevormde argon bly in die gesteente ingesluit tot dit smelt. Ouer gesteentes bevat daardeur meer argon-40.

Vorming

Kalium-40 is 'n oerisotoop, wat voor die geboorte van die sonnestelsel in die standaard s-proses van die nukleosintese gevorm is[2] en deur sy baie lang halfleeftyd nog nie uitgesterf het nie.

Lang halfleeftyd

Die kern het 'n onewe aantal protone en 'n onewe aantal neutrone. Dit veroorsaak dat dit 'n groot kernspin (4 met negatiewe pariteit) besit. Die twee dogterkerne is nogtans ewe/ewe met I=0. Dit maak die oorgange "spin-verbode" en daardeur is die waarskynlikheid dat hulle tog plaasvind, klein. Dit verklaar die isotoop se lang halfleeftyd.[3]

Rol in die liggaam

Hoewel hierdie isotoop vandag slegs 0,01 van die kalium in 'n organisme se liggaam verteenwoordig, lewer dit ongeveer 40% van die inwendige natuurlike radioaktiwiteit in die liggaam, omdat kalium daar volop aanwesig is. Navorsing van die vermoë om mutasies te veroorsaak deur E. coli te laat groei op 'n voedingbodem met natuurlike en met sterk verarmde kalium-40-konsentrasies het nogtans geen mutagene effekte gewys.[4]

Aardhitte

 
Die bydrae tot die vorming van die aardhitte vanaf die vorming van die planeet tot nou

Aardhitte word hoofsaaklik deur radioaktiewe verval in die binneste van die planeet veroorsaak. Kalium is een van die elemente wat daaraan bydra, saam met U en Th wat ook langlewende oerisotope het. In die begin van die aardgeskiedenis, die Hadeïkum, was die konsentrasie van die oerisotope nog groter en 235U het amper 50% van die gevormde hitte gelewer. Die vorming van hitte was ongeveer vier keer groter as vandag. In hierdie tyd sou die aardkors net vas kon wees indien dit min K, U en Th bevat het, anders het dit gesmelt.[5]

Verwysings

  1. 1,0 1,1 1,2 1,3
  2. INIS
  3. Radioactivity.eu
  4. Role of potassium-40 in evolutionary mutagenesis Gevertz, D.; Friedman, A.M.; Katz, J.J.; Kubitschek, H.E. Am. Soc. Microbiol., Abstr. Annu. Meet; CODEN ASMAC; p. 119
  5. Earth's Oldest Rocks Martin J. van Kranendonk, Vickie Bennett, Hugh R.H. Smithies Elsevier, 2007, ISBN 0-08-055247-1, ISBN 978-0-08-055247-7

Kalium-40
kalium, eienskappe, algemeennaam, protone, neutrone, kernspin, massa, oorskot, 33535, statusstatus, radioaktief, langlewende, oerisotoop, halfleeftyd, vervalvorm, beta, elektronvangs, navigasie3818, 3919, 4020, displaystyle, nwarrow, displaystyle, uparrow, dis. Eienskappe AlgemeenNaam Kalium 40 Protone 19 Neutrone 21 Kernspin 4 1 Massa oorskot 33535 20 keV 1 StatusStatus radioaktief langlewende oerisotoop 1 Halfleeftyd 1 251 x 109 j Vervalvorm beta of elektronvangs 1 Navigasie3818 Ar 3919 K 4020 Ca displaystyle nwarrow displaystyle uparrow displaystyle nearrow displaystyle leftarrow 4019 K displaystyle rightarrow displaystyle swarrow displaystyle downarrow displaystyle searrow 4018 Ar 4119 K 4220 CaLys van isotopeKalium 40 chemiese notasie 4019 K is n langlewende radio aktiewe isotoop van kalium Dit verval meestal deur betaverval na 4020 Ca maar soms deur elektronvangs na 4018 Ar Die verval van kalium 40 Inhoud 1 Radiometriese datering 2 Vorming 3 Lang halfleeftyd 4 Rol in die liggaam 5 Aardhitte 6 VerwysingsRadiometriese datering WysigDie verval na argon 40 word dikwels gebruik vir radiometriese datering van stollings gesteentes Die gevormde argon bly in die gesteente ingesluit tot dit smelt Ouer gesteentes bevat daardeur meer argon 40 Vorming WysigKalium 40 is n oerisotoop wat voor die geboorte van die sonnestelsel in die standaard s proses van die nukleosintese gevorm is 2 en deur sy baie lang halfleeftyd nog nie uitgesterf het nie Lang halfleeftyd WysigDie kern het n onewe aantal protone en n onewe aantal neutrone Dit veroorsaak dat dit n groot kernspin 4 met negatiewe pariteit besit Die twee dogterkerne is nogtans ewe ewe met I 0 Dit maak die oorgange spin verbode en daardeur is die waarskynlikheid dat hulle tog plaasvind klein Dit verklaar die isotoop se lang halfleeftyd 3 Rol in die liggaam WysigHoewel hierdie isotoop vandag slegs 0 01 van die kalium in n organisme se liggaam verteenwoordig lewer dit ongeveer 40 van die inwendige natuurlike radioaktiwiteit in die liggaam omdat kalium daar volop aanwesig is Navorsing van die vermoe om mutasies te veroorsaak deur E coli te laat groei op n voedingbodem met natuurlike en met sterk verarmde kalium 40 konsentrasies het nogtans geen mutagene effekte gewys 4 Aardhitte Wysig Die bydrae tot die vorming van die aardhitte vanaf die vorming van die planeet tot nou Aardhitte word hoofsaaklik deur radioaktiewe verval in die binneste van die planeet veroorsaak Kalium is een van die elemente wat daaraan bydra saam met U en Th wat ook langlewende oerisotope het In die begin van die aardgeskiedenis die Hadeikum was die konsentrasie van die oerisotope nog groter en 235 U het amper 50 van die gevormde hitte gelewer Die vorming van hitte was ongeveer vier keer groter as vandag In hierdie tyd sou die aardkors net vas kon wees indien dit min K U en Th bevat het anders het dit gesmelt 5 Verwysings Wysig 1 0 1 1 1 2 1 3 The NUBASE evaluation of nuclear and decay properties G Audi O Bersillon J Blachot A H Wapstra IUPAC INIS Radioactivity eu Role of potassium 40 in evolutionary mutagenesis Gevertz D Friedman A M Katz J J Kubitschek H E Am Soc Microbiol Abstr Annu Meet CODEN ASMAC p 119 Earth s Oldest Rocks Martin J van Kranendonk Vickie Bennett Hugh R H Smithies Elsevier 2007 ISBN 0 08 055247 1 ISBN 978 0 08 055247 7Ontsluit van https af wikipedia org w index php title Kalium 40 amp oldid 1852207,