fbpx
Wikipedia

Kadmium

48 silwerkadmiumindium
Zn

Cd

Hg
Algemeen
Naam, simbool, getal kadmium, Cd, 48
Chemiese reeks oorgangsmetale
Groep, periode, blok 12, 5, d
Voorkoms
Atoommassa 112.411 (8) g/mol
Elektronkonfigurasie [Kr] 4d10 5s2
Elektrone per skil 2, 8, 18, 18, 2
Fisiese eienskappe
Toestand vastestof
Digtheid (naby k.t.) 8.65 g/cm³
Vloeistof digtheid teen s.p. 7.996 g/cm³
Smeltpunt 594.22 K
(321.07 °C)
Kookpunt 1040 K
(767 °C)
Smeltingswarmte 6.21 kJ/mol
Verdampingswarmte 99.87 kJ/mol
Warmtekapasiteit (25 °C) 26.020 J/(mol·K)
Dampdruk
P/Pa 1 10 100 1 k 10 k 100 k
teen T/K 530 583 654 745 867 1040
Atoomeienskappe
Kristalstruktuur heksagonaal
Stukturbericht-kode A3
Oksidasietoestande 2
(matige basiese oksied)
Elektronegatiwiteit 1.69 (Skaal van Pauling)
Ionisasie-energieë 1ste: 867.8 kJ/mol
2de: 1631.4 kJ/mol
3de: 3616 kJ/mol
Atoomradius 155 pm
Atoomradius (ber.) 161 pm
Kovalente radius 148 pm
Van der Waals-radius 158 pm
Diverse
Magnetiese rangskikking geen data
Elektriese weerstand (22 °C) 72.7 nΩ·m
Termiese geleidingsvermoë (300 K) 96.6 W/(m·K)
Termiese uitsetting (25 °C) 30.8 µm/(m·K)
Spoed van klank (dun staaf) (20 °C) 2310 m/s
Young se modulus 50 GPa
Skuifmodulus 19 GPa
Massamodulus 42 GPa
Poissonverhouding 0.30
Mohs se hardheid 2.0
Brinell hardheid 203 MPa
CAS-registernommer 7440-43-9
Vernaamste isotope
Hoofartikel: Isotope van Kadmium
iso NV halfleeftyd VM VE (MeV) VP
106Cd 1.25% >9.5×1017 y ee2? - 106Pd
108Cd 0.89% >6.7×1017 y ee2? - 108Pd
109Cd sin 462.6 d e 0.214 109Ag
110Cd 12.49% Cd is stabiel met 62 neutrone
111Cd 12.8% Cd is stabiel met 63 neutrone
112Cd 24.13% Cd is stabiel met 64 neutrone
113Cd 12.22% 7.7×1015 y ß- 0.316 113In
113mCd sin 14.1 y ß- 0.580 113In
IO 0.264 113Cd
114Cd 28.73% >9.3×1017 y ßß2? - 114Sn
116Cd 7.49% 2.9×1019 y ßß2? - 116Sn
Verwysings

Kadmium is 'n chemiese element met die simbool Cd en atoomgetal van 48. Kadmium is 'n betreklik skaars, blouerige wit oorgangsmetaal en is 'n bekende karsinogeniese (kankerwekkende) stof wat in sinkertse voorkom. Kadmium word hoofsaaklik in batterye en pigmente (byvoorbeeld in plastiekprodukte) gebruik

Ontginning

Kadmium is 'n algemene onsuiwerheid in sink en word dikwels onttrek tydens die vervaardiging van sink. Sinksulfiedertse word in die teenwoordigheid van suurstof gerooster om die sinksulfied na die oksied om te skakel. Sinkmetaal word dan vervaardig deur die oksied saam met koolstof te smelt of deur elektrolise in swaelsuur. Kadmium word geïsoleer vanuit die sinkmetaal deur vakuumdistillasie van die gesmelte in sink of dit kan verkry word deur kadmiumsulfaat uit die elektrolitiese oplossing neer te slaan.[1]

Kenmerkende eienskappe

Kadmium is 'n sagte, smeebare, pletbare, giftige, blouerig-wit bivalente metaal. Die eienskappe daarvan is soortgelyk aan sink maar dit reageer om meer komplekse verbindings te vorm. Die algemeenste oksidasietoestand van kadmium is +2, maar daar is seldsame voorbeelde van +1 verbindings met kadmium bekend.

Gebruike

Ongeveer driekwart kadmium word gebruik in batterye (veral Ni-Cd batterye) en die grootste hoeveelheid van die res word hoofsaaklik benut vir pigmente, bedekkings en platerings en as stabiliseerders vir plastieke. Ander gebruike sluit in:

  • In baie laagsmeltende legerings
  • In legerings vir laers, vanweë 'n lae wrywingskoëffisiënt en baie goeie vermoeidheidsweerstand
  • In elektroplatering (6% kadmium)
  • In baie soorte soldeersel
  • As 'n versperring om kernfisie (kernsplitsing) te beheer
  • In swart en wit televisie-fosfors en in die blou en groen fosfors vir kleurtelevisiebuise
  • In verfpigmente: Kadmium vorm verskeie soute met kadmiumsulfied die algemeenste. Hierdie sulfied word gebruik as 'n geel pigment. Kadmiumselenied kan gebruik word as 'n rooi pigment.
  • In sommige halfgeleiers soos kadmiumsulfied, kadmiumselenied en kadmiumtelluried, wat gebruik kan word as ligbespeuring of sonselle. HgCdTe is sensitief vir infrarooilig.
  • In PVC as stabiliseerders.
  • In molekulêre biologie word dit gebruik om die spanningsafhanklike kalsiumkanale te blokkeer teen kalsiumioonvloei.

Geskiedenis

Kadmium (Latyns cadmia, Grieks καδμεία wat "kalamyn" beteken, wat 'n kadmiumdraende mengsel van minerale is en vernoem is na die Griekse mitologiese karakter, Κάδμος (Kadmos)) is in Duitsland ontdek in 1817 deur Friedrich Strohmeyer. Strohmeyer het die nuwe element in 'n onsuiwerheid van sinkkarbonaat (kalamyn) gevind en vir 100 jaar was Duitsland die enigste betekenisvolle produsent van die metaal gewees. Die metaal is vernoem na kalamyn omdat die metaal in hierdie verbinding ontdek is. Strohmeyer het opgemerk dat sommige onsuiwer kalamynmonsters die neiging gehad het om van kleur te verander as dit verhit is, anders as suiwer kalamyn.

Ten spyte daarvan dat kadmium en sy verbindings baie giftig is kalsiumjodied in die verlede as 'n medisyne gebruik. In 1927 het die Internasionale Buro van Gewigte en Mates die meter in terme van die rooi kadmium spektrumlyn (1m = 1 553 164.13 golflengtes) gedefinieer. Hierdie definisie is sedertdien verander (sien krypton).

Verspreiding

 
Kadmiummetaal
 
Wêreldproduksietendense

In 2001 was China die hoofprodusent van kadmium met byna 'n sesde aandeel van wêreldproduksie gevolg deur Suid-Korea en Japan volgens die British Geological Survey.

Kadmiumdraende ertse is seldsaam en kom in klein hoeveelhede voor. Greenokiet (CDS), die enigste betekenisvolle mineraal kom bykans altyd saam met sfaleriet (ZNS) voor. Gevolglik word kadmium hoofsaaklik vervaardig as 'n byproduk van die ontginning van sulfiedertse van sink en tot 'n mindere mate van lood en koper. Klein hoeveelhede kadmium, ongeveer 10% van totale verbruik, word verkry vanuit sekondêre bronne, hoofsaaklik uit die stof wat vrygestel word deur die herwinning van yster- en staalskroot.

Isotope

 
Beeld van die pers lig vanaf 'n helium-kadmium metaaldamplaser. Die hoogs monochromatiese kleur spruit uit die 441.563 nm oorgangslyn van kadmium.

Kadmium wat in die natuur voorkom bestaan uit 8 isotope. By twee van hierdie isotope is radio-aktiwiteit waargeneem en daar is voorspel dat drie ander radio-aktief moet wees maar daar is tot op hede geen verval waargeneem nie, vanweë hulle uiters lang halfleeftye.

Die twee natuurlik radio-aktiewe isotope is 113Cd (beta-verval, halfleeftyd van 7.7 × 1015 jaar) en 116Cd (twee-neutrino dubbele beta-verval, halfleeftyd van 2.9 × 1019 jaar). Die ander drie is 106Cd, 108Cd (dubbele elektronvangs en 114Cd (dubbele beta-verval). Ten minste drie ander isotope - 110Cd, 111Cd en 112Cd - is geheel en al stabiel. Van die isotope wat afwesig is in natuurlike kadmium is die langslewende 109Cd met 'n halfleeftyd van 462.6 dae en 115Cd met 'n halfleeftyd van 53.46 uur. Al die oorblywende radio-aktiewe isotope het halfleeftye van minder as 2.5 uur, en die meerderheid van hulle se halfleeftye is selfs korter as 5 minute. Hierdie element het ook 8 bekende metatoestande met die stabielste hiervan 113mCd (t½ 14.1 jaar), 115mCd (t½ 44.6 dae)en 117mCd (t½ 3.36 uur).

Die bekende isotope van kadmium wissel in atoommassa van 94.950 (95Cd) tot 131.946 (132Cd). Die primêre vervalmodus voor die tweede volopste stabiele isotoop, 112Cd, is elektronvangs en die primêre modus daarna is betaverval en elektronvangs. Die primêre vervalproduk voor 112Cd is element 47 (silwer) en die primêre produk daarna is element 49 (indium).

Giftigheid

Kadmium hou 'n beroepsgevaar in wat verband hou met nywerheidsprosesse soos die metaalplatering en die vervaardiging van nikkel-kadmium batterye, pigmente, plastieke en ander sintetiese materiale. Die hoofroete vir blootstelling in nywerheidsomgewings is deur inaseming. Inaseming van kadmiumbevattende dampe kan aanvanklik koors tot gevolg hê maar later vererger tot chemiese pneumonitis, pulmonary edema en selfs die dood.[2]

Kadmium is ook 'n element wat omgewingsgevare inhou. Menslike blootstelling tot kadmium in die omgewing is hoofsaaklik as gevolg van die verbranding van fossielbrandstowwe en munisipale afval.[3] Daar was noemenswaardige gevalle van vergiftiging wat die resultaat was van langtermyn blootstelling aan kadmium besmette voedsel en water. In die dekades na die Tweede Wêreldoorlog het Japannese mynboubedrywighede die Jinzu-rivier met kadmium en spore van ander giftige metale besmet. As gevolg daarvan het kadmium opgebou in rysgewasse wat al langs die rivier afstroom van die myne gegroei het. Die plaaslike landelike gemeenskappe het die besmette rys geëet en Itai-tai siekte asook verskeie nierafwykings ontwikkel.[4] Kadmium is een van ses stowwe wat deur die Europese Unie se ROHS lys van beperkte stowwe voorkom wat karsinogeniese stowwe in rekenaars verbied.

Kadmium en verskeie kadmiumbevattende verbindings is ook bekende karsinogene en kan vele soorte kankers verwek.[5]

Huidige navorsing het bevind dat kadmiumtoksisiteit in die liggaam ingedra kan word deur sinkverbindende proteïene. Sink en kadmium val in dieselfde groep in die periodieke tabel en bevat 'n gemeenskaplike (+2) oksidasietoestand en is bykans dieselfde grootte in 'n geïoniseerde toestand. Om hierdie rede kan kadmium vir sink in baie biologiese stelsels vervang, veral stelsels wat sagter ligande soos swael bevat. Kadmium kan soveel as tien keer sterker aan sekere biologiese stelsels verbind en is buitengewoon moeilik om te verwyder. Verder kan kadmium ook vir magnesium en kalsium in sekere biologiese stelsels vervang. Sodanige vervangings is egter seldsaam.

Die rook van tabak is die belangrikste enkele bron van kadmiumblootstelling onder bevolkings in die algemeen. Daar word geraam dat ongeveer 10% van die kadmium-inhoud van 'n sigaret ingeasem word. Die absorpsie van kadmium in die longe is baie meer doeltreffend as in die spysverteringskanaal en daar word sowat 50% van die kadmium wat in sigaretrook ingeasem word, geabsorbeer

Rokers se kadmiumkonsentrasies in hul bloed is sowat 4-5 keer hoër en die konsentrasie kadmium in hul niere is sowat 2-3 keer meer as in dié van nie-rokers. Ten spyte van die hoë kadmium inhoud in sigaretrook wil dit voorkom asof daar min blootstelling aan kadmium voorkom as gevolg van passiewe rook. Geen beduidende effek in kadmiumkonsentrasies in bloed kon by kinders wat aan tabakrook in hul omgewing blootgestel word bespeur word nie.

Voorsorgmaatreëls

Wanneer daar met kadmium gewerk word is dit belangrik dat dit onder 'n dampkas gedoen word of dat daar van 'n geskikte asemhalingstoestel gebruik gemaak word om 'n mens teen die gevaarlike dampe te beskerm.[6] Soldeersel kan byvoorbeeld kadmium bevat en moet met sorg hanteer word.

Verbindings

Verwysings

  1. Kadmium artikel by WebElements.com
  2. [1] Principles and Methods of Toxicology (vierde uitgawe). A. Wallace Hayes. Taylor and Francis Publishing Inc.; Philadelphia, 2001.
  3. Die Amerikaanse departement vir omgewingsbeskerming se opsomming oor kadmium
  4. [2] Environmental cadmium exposure, adverse effects, and preventative measures in Japan. Nogowa et al. Biometals. 2004 Okt; 17(5):581-7.
  5. 11th Report on Carcinogens provided by the National Toxicology Program
  6. OSHA Solutions for workplace cadmium exposure

Eksterne skakels

  • IARC Monograph "Cadmium and Cadmium Compounds"
  • National Pollutant Inventory - Cadmium and compounds
  • WebElements.com – Cadmium
  • Los Alamos National Laboratory – Cadmium
  • [3] Warning Moose and Deer Liver
  • National Institute for Occupational Safety and Health - Cadmium Page



Kadmium
kadmium, silwer, kadmium, indiumzn, periodieke, tabelalgemeennaam, simbool, getal, kadmium, 48chemiese, reeks, oorgangsmetalegroep, periode, blok, dvoorkomsatoommassa, molelektronkonfigurasie, 4d10, 5s2elektrone, skil, 2fisiese, eienskappetoestand, vastestofdi. 48 silwer kadmium indiumZn Cd Hg Periodieke tabelAlgemeenNaam simbool getal kadmium Cd 48Chemiese reeks oorgangsmetaleGroep periode blok 12 5 dVoorkomsAtoommassa 112 411 8 g molElektronkonfigurasie Kr 4d10 5s2Elektrone per skil 2 8 18 18 2Fisiese eienskappeToestand vastestofDigtheid naby k t 8 65 g cm Vloeistof digtheid teen s p 7 996 g cm Smeltpunt 594 22 K 321 07 C Kookpunt 1040 K 767 C Smeltingswarmte 6 21 kJ molVerdampingswarmte 99 87 kJ molWarmtekapasiteit 25 C 26 020 J mol K Dampdruk P Pa 1 10 100 1 k 10 k 100 kteen T K 530 583 654 745 867 1040AtoomeienskappeKristalstruktuur heksagonaalStukturbericht kode A3Oksidasietoestande 2 matige basiese oksied Elektronegatiwiteit 1 69 Skaal van Pauling Ionisasie energiee 1ste 867 8 kJ mol2de 1631 4 kJ mol3de 3616 kJ molAtoomradius 155 pmAtoomradius ber 161 pmKovalente radius 148 pmVan der Waals radius 158 pmDiverseMagnetiese rangskikking geen dataElektriese weerstand 22 C 72 7 nW mTermiese geleidingsvermoe 300 K 96 6 W m K Termiese uitsetting 25 C 30 8 µm m K Spoed van klank dun staaf 20 C 2310 m sYoung se modulus 50 GPaSkuifmodulus 19 GPaMassamodulus 42 GPaPoissonverhouding 0 30Mohs se hardheid 2 0Brinell hardheid 203 MPaCAS registernommer 7440 43 9Vernaamste isotopeHoofartikel Isotope van Kadmium iso NV halfleeftyd VM VE MeV VP106Cd 1 25 gt 9 5 1017 y ee2 106Pd108Cd 0 89 gt 6 7 1017 y ee2 108Pd109Cd sin 462 6 d e 0 214 109Ag110Cd 12 49 Cd is stabiel met 62 neutrone111Cd 12 8 Cd is stabiel met 63 neutrone112Cd 24 13 Cd is stabiel met 64 neutrone113Cd 12 22 7 7 1015 y ss 0 316 113In113mCd sin 14 1 y ss 0 580 113InIO 0 264 113Cd114Cd 28 73 gt 9 3 1017 y ssss2 114Sn116Cd 7 49 2 9 1019 y ssss2 116SnVerwysingsKadmium is n chemiese element met die simbool Cd en atoomgetal van 48 Kadmium is n betreklik skaars blouerige wit oorgangsmetaal en is n bekende karsinogeniese kankerwekkende stof wat in sinkertse voorkom Kadmium word hoofsaaklik in batterye en pigmente byvoorbeeld in plastiekprodukte gebruik Inhoud 1 Ontginning 2 Kenmerkende eienskappe 3 Gebruike 4 Geskiedenis 5 Verspreiding 6 Isotope 7 Giftigheid 8 Voorsorgmaatreels 9 Verbindings 10 Verwysings 11 Eksterne skakelsOntginning WysigKadmium is n algemene onsuiwerheid in sink en word dikwels onttrek tydens die vervaardiging van sink Sinksulfiedertse word in die teenwoordigheid van suurstof gerooster om die sinksulfied na die oksied om te skakel Sinkmetaal word dan vervaardig deur die oksied saam met koolstof te smelt of deur elektrolise in swaelsuur Kadmium word geisoleer vanuit die sinkmetaal deur vakuumdistillasie van die gesmelte in sink of dit kan verkry word deur kadmiumsulfaat uit die elektrolitiese oplossing neer te slaan 1 Kenmerkende eienskappe WysigKadmium is n sagte smeebare pletbare giftige blouerig wit bivalente metaal Die eienskappe daarvan is soortgelyk aan sink maar dit reageer om meer komplekse verbindings te vorm Die algemeenste oksidasietoestand van kadmium is 2 maar daar is seldsame voorbeelde van 1 verbindings met kadmium bekend Gebruike WysigOngeveer driekwart kadmium word gebruik in batterye veral Ni Cd batterye en die grootste hoeveelheid van die res word hoofsaaklik benut vir pigmente bedekkings en platerings en as stabiliseerders vir plastieke Ander gebruike sluit in In baie laagsmeltende legerings In legerings vir laers vanwee n lae wrywingskoeffisient en baie goeie vermoeidheidsweerstand In elektroplatering 6 kadmium In baie soorte soldeersel As n versperring om kernfisie kernsplitsing te beheer In swart en wit televisie fosfors en in die blou en groen fosfors vir kleurtelevisiebuise In verfpigmente Kadmium vorm verskeie soute met kadmiumsulfied die algemeenste Hierdie sulfied word gebruik as n geel pigment Kadmiumselenied kan gebruik word as n rooi pigment In sommige halfgeleiers soos kadmiumsulfied kadmiumselenied en kadmiumtelluried wat gebruik kan word as ligbespeuring of sonselle HgCdTe is sensitief vir infrarooilig In PVC as stabiliseerders In molekulere biologie word dit gebruik om die spanningsafhanklike kalsiumkanale te blokkeer teen kalsiumioonvloei Geskiedenis WysigKadmium Latyns cadmia Grieks kadmeia wat kalamyn beteken wat n kadmiumdraende mengsel van minerale is en vernoem is na die Griekse mitologiese karakter Kadmos Kadmos is in Duitsland ontdek in 1817 deur Friedrich Strohmeyer Strohmeyer het die nuwe element in n onsuiwerheid van sinkkarbonaat kalamyn gevind en vir 100 jaar was Duitsland die enigste betekenisvolle produsent van die metaal gewees Die metaal is vernoem na kalamyn omdat die metaal in hierdie verbinding ontdek is Strohmeyer het opgemerk dat sommige onsuiwer kalamynmonsters die neiging gehad het om van kleur te verander as dit verhit is anders as suiwer kalamyn Ten spyte daarvan dat kadmium en sy verbindings baie giftig is kalsiumjodied in die verlede as n medisyne gebruik In 1927 het die Internasionale Buro van Gewigte en Mates die meter in terme van die rooi kadmium spektrumlyn 1m 1 553 164 13 golflengtes gedefinieer Hierdie definisie is sedertdien verander sien krypton Verspreiding Wysig Kadmiummetaal Wereldproduksietendense In 2001 was China die hoofprodusent van kadmium met byna n sesde aandeel van wereldproduksie gevolg deur Suid Korea en Japan volgens die British Geological Survey Kadmiumdraende ertse is seldsaam en kom in klein hoeveelhede voor Greenokiet CDS die enigste betekenisvolle mineraal kom bykans altyd saam met sfaleriet ZNS voor Gevolglik word kadmium hoofsaaklik vervaardig as n byproduk van die ontginning van sulfiedertse van sink en tot n mindere mate van lood en koper Klein hoeveelhede kadmium ongeveer 10 van totale verbruik word verkry vanuit sekondere bronne hoofsaaklik uit die stof wat vrygestel word deur die herwinning van yster en staalskroot Isotope Wysig Beeld van die pers lig vanaf n helium kadmium metaaldamplaser Die hoogs monochromatiese kleur spruit uit die 441 563 nm oorgangslyn van kadmium Kadmium wat in die natuur voorkom bestaan uit 8 isotope By twee van hierdie isotope is radio aktiwiteit waargeneem en daar is voorspel dat drie ander radio aktief moet wees maar daar is tot op hede geen verval waargeneem nie vanwee hulle uiters lang halfleeftye Die twee natuurlik radio aktiewe isotope is 113Cd beta verval halfleeftyd van 7 7 1015 jaar en 116Cd twee neutrino dubbele beta verval halfleeftyd van 2 9 1019 jaar Die ander drie is 106Cd 108Cd dubbele elektronvangs en 114Cd dubbele beta verval Ten minste drie ander isotope 110Cd 111Cd en 112Cd is geheel en al stabiel Van die isotope wat afwesig is in natuurlike kadmium is die langslewende 109Cd met n halfleeftyd van 462 6 dae en 115Cd met n halfleeftyd van 53 46 uur Al die oorblywende radio aktiewe isotope het halfleeftye van minder as 2 5 uur en die meerderheid van hulle se halfleeftye is selfs korter as 5 minute Hierdie element het ook 8 bekende metatoestande met die stabielste hiervan 113mCd t 14 1 jaar 115mCd t 44 6 dae en 117mCd t 3 36 uur Die bekende isotope van kadmium wissel in atoommassa van 94 950 95Cd tot 131 946 132Cd Die primere vervalmodus voor die tweede volopste stabiele isotoop 112Cd is elektronvangs en die primere modus daarna is betaverval en elektronvangs Die primere vervalproduk voor 112Cd is element 47 silwer en die primere produk daarna is element 49 indium Giftigheid WysigKadmium hou n beroepsgevaar in wat verband hou met nywerheidsprosesse soos die metaalplatering en die vervaardiging van nikkel kadmium batterye pigmente plastieke en ander sintetiese materiale Die hoofroete vir blootstelling in nywerheidsomgewings is deur inaseming Inaseming van kadmiumbevattende dampe kan aanvanklik koors tot gevolg he maar later vererger tot chemiese pneumonitis pulmonary edema en selfs die dood 2 Kadmium is ook n element wat omgewingsgevare inhou Menslike blootstelling tot kadmium in die omgewing is hoofsaaklik as gevolg van die verbranding van fossielbrandstowwe en munisipale afval 3 Daar was noemenswaardige gevalle van vergiftiging wat die resultaat was van langtermyn blootstelling aan kadmium besmette voedsel en water In die dekades na die Tweede Wereldoorlog het Japannese mynboubedrywighede die Jinzu rivier met kadmium en spore van ander giftige metale besmet As gevolg daarvan het kadmium opgebou in rysgewasse wat al langs die rivier afstroom van die myne gegroei het Die plaaslike landelike gemeenskappe het die besmette rys geeet en Itai tai siekte asook verskeie nierafwykings ontwikkel 4 Kadmium is een van ses stowwe wat deur die Europese Unie se ROHS lys van beperkte stowwe voorkom wat karsinogeniese stowwe in rekenaars verbied Kadmium en verskeie kadmiumbevattende verbindings is ook bekende karsinogene en kan vele soorte kankers verwek 5 Huidige navorsing het bevind dat kadmiumtoksisiteit in die liggaam ingedra kan word deur sinkverbindende proteiene Sink en kadmium val in dieselfde groep in die periodieke tabel en bevat n gemeenskaplike 2 oksidasietoestand en is bykans dieselfde grootte in n geioniseerde toestand Om hierdie rede kan kadmium vir sink in baie biologiese stelsels vervang veral stelsels wat sagter ligande soos swael bevat Kadmium kan soveel as tien keer sterker aan sekere biologiese stelsels verbind en is buitengewoon moeilik om te verwyder Verder kan kadmium ook vir magnesium en kalsium in sekere biologiese stelsels vervang Sodanige vervangings is egter seldsaam Die rook van tabak is die belangrikste enkele bron van kadmiumblootstelling onder bevolkings in die algemeen Daar word geraam dat ongeveer 10 van die kadmium inhoud van n sigaret ingeasem word Die absorpsie van kadmium in die longe is baie meer doeltreffend as in die spysverteringskanaal en daar word sowat 50 van die kadmium wat in sigaretrook ingeasem word geabsorbeerRokers se kadmiumkonsentrasies in hul bloed is sowat 4 5 keer hoer en die konsentrasie kadmium in hul niere is sowat 2 3 keer meer as in die van nie rokers Ten spyte van die hoe kadmium inhoud in sigaretrook wil dit voorkom asof daar min blootstelling aan kadmium voorkom as gevolg van passiewe rook Geen beduidende effek in kadmiumkonsentrasies in bloed kon by kinders wat aan tabakrook in hul omgewing blootgestel word bespeur word nie Voorsorgmaatreels WysigWanneer daar met kadmium gewerk word is dit belangrik dat dit onder n dampkas gedoen word of dat daar van n geskikte asemhalingstoestel gebruik gemaak word om n mens teen die gevaarlike dampe te beskerm 6 Soldeersel kan byvoorbeeld kadmium bevat en moet met sorg hanteer word Verbindings WysigKadmiumjodiedVerwysings Wysig Kadmium artikel by WebElements com 1 Principles and Methods of Toxicology vierde uitgawe A Wallace Hayes Taylor and Francis Publishing Inc Philadelphia 2001 Die Amerikaanse departement vir omgewingsbeskerming se opsomming oor kadmium 2 Environmental cadmium exposure adverse effects and preventative measures in Japan Nogowa et al Biometals 2004 Okt 17 5 581 7 11th Report on Carcinogens provided by the National Toxicology Program OSHA Solutions for workplace cadmium exposureEksterne skakels WysigWikimedia Commons bevat media in verband met Cadmium Sien kadmium in Wiktionary die vrye woordeboek IARC Monograph Cadmium and Cadmium Compounds National Pollutant Inventory Cadmium and compounds WebElements com Cadmium Los Alamos National Laboratory Cadmium 3 Warning Moose and Deer Liver National Institute for Occupational Safety and Health Cadmium Page H HeLi Be B C N O F NeNa Mg Al Si P S Cl ArK Ca Sc Ti V Cr Mn Fe Co Ni Cu Zn Ga Ge As Se Br KrRb Sr Y Zr Nb Mo Tc Ru Rh Pd Ag Cd In Sn Sb Te I XeCs Ba La Ce Pr Nd Pm Sm Eu Gd Tb Dy Ho Er Tm Yb Lu Hf Ta W Re Os Ir Pt Au Hg Tl Pb Bi Po At RnFr Ra Ac Th Pa U Np Pu Am Cm Bk Cf Es Fm Md No Lr Rf Db Sg Bh Hs Mt Ds Rg Cn Nh Fl Mc Lv Ts OgAlkalimetale Aardalkalimetale Lantaniede Aktiniede Oorgangsmetale Hoofgroepmetale Metalloide Niemetale Halogene Edelgasse Chemie onbekendOntsluit van https af wikipedia org w index php title Kadmium amp oldid 1886846,