×
Jupiter
Hierdie artikel handel oor die planeet Jupiter. Vir ander betekenisse van die naam, sien Jupiter (dubbelsinnig).

Jupiter is vanaf die son gesien die vyfde en tewens grootste planeet van ons sonnestelsel. Nes Saturnus is Jupiter 'n gasreus en het dus nie 'n vaste oppervlakte nie. Die planeet is vernoem na die Romeinse god Jupiter.

Jupiter

Jupiter, soos waargeneem deur die Cassini-Huygens-wenteltuig op 7 Desember 2000.
Wentelbaaneienskappe
Epog J2000
Afelium 816,520,800 km
5,458104 AE
Perihelium 740,573,600 km
4,950429 AE
Semihoofas 778,547,200 km
5,204267 AE
Wentelperiode 4 332,59 dae
11,8618 jare
10 475,8 Jupiter solar dae
Sinodiese periode 398,88 dae
Gem. omwentelingspoed 13,07 km/s
Hellingshoek 1,305° (tot Ekliptika)
6,09° (tot die son se ewenaar)
0,32° (tot onveranderbare vlakte)
Lengteligging van stygende nodus 100,492°
Periheliumhoek 275,066°
Natuurlike satelliete 79
Fisiese eienskappe
Radius by ewenaar 71,492 ± 4 km
(11,209 Aardes)
Radius na pole 66,854 ± 10 km
(10,517 Aardes)
Oppervlakte 6,1419×1010 km2
(121,9 Aardes)
Volume 1,4313×1015 km3
(1321,3 Aardes)
Massa 1,8986×1027 kg
(317,8 Aardes)
(1/1047 Sonne)
Gem. digtheid 1,326 g/cm3
Oppervlak-
aantrekkingskrag
24,79 m/s2
2,528 g
Ontsnapping-
snelheid
59,5 km/s
Sideriese
rotasieperiode
9,925 h
(9 h 55 m 30 s)
Rotasiespoed
by ewenaar
12,6 km/s
45 300 km/h
Ashelling 3,13°
Regte styging van noordpool 268,057°
(17 h 52 min 14 s)
Deklinasie 64,496°
0,343 (geometries)
0,52 (Bond)
Oppervlak-temp.
1 bar level
0,1 bar
mingem.maks
165 K
112 K
Skynmagnitude -1,6 tot -2,94
Hoekgrootte 29,8" — 50,1"
Atmosfeer
Oppervlakdruk 20–200 kPa
Samestelling 89,8±2,0% Waterstof

10,2±2,0% Helium
~0,3% Metaan
~0,026% Ammoniak
~0,003% Waterstofdeuteried
0,0006% Etaan

0,0004% Water

Inhoud

Vergelyking in grootte met die Aarde

Die kern van Jupiter het 'n deursnee van 14 000 km en bestaan deels uit nikkel-yster ('n mengsel van sowat 90% yster en ca. 8% nikkel) en deels uit klip, en het 'n temperatuur van 25 000 K. Daar om is 'n ongeveer 40 000 km dik laag van metaal-waterstof (90%) en helium (10%). Hierdie laag word deur 'n relatief dun oorgangslaag geskei van die buitenste laag van vloeibare molekulêre waterstof wat 'n dikte van 20 000 km het waar die temperatuur en druk na binne toe toeneem. Behalwe waterstof en helium kom in laer konsentrasies ook metaan, etaan en koolstofdioksied voor.

Normaalweg absorbeer planete lig van die son en straal weer eweveel energie uit na die ruimte in die vorm van hitte. Infrarooimetings dui egter an dat Jupiter twee maal soveel energie uitstraal as wat dit absorbeer. Hierdie ekstra energie is vermoedelik 'n oorblyfsel uit die tyd toe Jupiter gevorm is. 'n Ander moontlike verklaring vir die verskynsel is dat die stadige digterwording van Jupiter onder invloed van sy eie swaartekrag met uitstraling van hitte gepaard gaan.

Jupiter is vroeër ook 'n mislukte ster genoem. Maar die planeet is te klein vir 'n bruin dwerg. Vir 'n bruin dwerg moet daar ten minste 13 keer die massa van Jupiter wees. As die massa so 'n 100 maal groter was as wat nou die geval is, sou daar kernfusie plaasgevind het waarvolgens waterstof en helium omgesit word in energie en dan sou Jupiter 'n ster gewees het.

Aangesien Jupiter geen vaste oppervlakte het, is die grens met die atmosfeer moeilik om weer te gee. Meestal word die hoogte waarop die druk 1 bar is as verwysingspunt geneem. Die atmosfeer van Jupiter bestaan hoofsaaklik uit waterstof en helium. Ander gasse wat aangetref word is metaan, ammoniak, waterstofdeuteried, etaan en waterdamp. Waterstoffosfied, waterstofsulfied en ammoniumhidrosulfied kom slegs sporadies voor. Hierdie gasse is verantwoordelik vir die rooi, bruin en wit wolke. Die digtheid en die lae temperatuur sorg daarvoor dat die atmosfeer van Jupiter meer soos 'n vloeistof eerder as 'n gas optree. Die vele storme in die atmosfeer word vermoedelik veroorsaak deur die hoë temperatuur in die kern van die planeet en die vinnige rotasiespoed.

Die groot rooi vlek

Hoofartikel: Groot Rooi Vlek.
Die groot rooi vlek

Een van die mees opvallende eienaardighede van Jupiter is die Groot Rooi Vlek effens suid van die ewenaar. Die vlek word veroorsaak deur 'n sikloon wat al minstens 300 jaar duur. Sedert die eerste waarnemings in die begin van die 18de eeu het die vlek in omvang afgeneem. In vergelyking met 100 jaar gelede het die vlek teen 2000 in grootte gehalveer. Dit is nie bekend of dit veroorsaak word deur skommelinge en of die vlek ooit volledig sal verdwyn nie.

Inslag van komeet Shoemaker-Levy 9

Tussen 16 en 22 Julie 1994 stort 21 fragmente van die komeet Shoemaker-Levy 9 op die suidelike halfrond van Jupiter neer. Dit was die eerste keer dat botsings tussen hemelligame direk waargeneem is. Daar kan verwag word dat as gevolg van die groot omvang, massa en swaartekrag van Jupiter die soort botsings veel gereelder sal voorkom.

Hoofartikels: Jupiter se natuurlike satelliete en Jupiter se ringe.

Teen Mei 2001 was daar ongeveer 28 mane rondom Jupiter bekend, waaronder Io, Europa, Ganimedes en Kallisto. Later is daar met behulp van nuwe tegnieke en verbeterde apparatuur nog 'n groot aantal ander mane ontdek en teen 2004 is daar 63 voorwerpe geïdentifiseer. 'n Volledig oorsig hiervan is te vinde in die lys van mane van Jupiter.

Rondom Jupiter word ook 'n aantal dun ringe wat uit stof- en ysdeeltjies bestaan aangetref. Die binnenste ring, genaamd 1979 J1R, het vermoedelik ontstaan uit losgeraakte materiaal van die mane Metis en Adrastea na inslae deur meteoriete. 1979 J1R lê op 'n afstand van 110 000 km van die middelpunt van Jupiter en is 22 000 km breed. Nog verder na buite lê nog twee ringe (1979 J2R en 1979 J3R) op 'n afstand van onderskeidelik 125 000 en 170 000 km. Van die buitenste ring word aangeneem dat dit ontstaan het uit interplanetêre stof. Die bestaan van die ringe is eers in 1979 bevestig en is veel kleiner as die ringe van Saturnus.

Mane van Jupiter

Groep 1: Metis -- Adrastea -- Amaltea -- Tebe
Groep 2:Io -- Europa -- Ganimedes -- Kallisto
Groep 3:Leda -- Himalia -- Lisitea -- Elara
Groep 4:Ananke -- Karme -- Pasifaë -- Sinope

Volledige lys van Jupiter se mane

Jupiter vervul 'n belangrike funksie binne die sonnestelsel. Omdat dit swaarder is as al die ander planete tesame is dit 'n belangrike onderdeel van die massa-ewewig van die sonnestelsel. Deur sy gewig stabiliseer Jupiter die asteroïdegordel; sonder Jupiter sou daar elke 100 000 jaar 'n asteroïde uit die asteroïdegordel die aarde tref en sodoende lewe op aarde so ernstig belemmer het dat lewe nie moontlik sou wees nie. Daar word tans vermoed dat die aanwesigheid van 'n Jupiteragtige planeet 'n voorwaarde kan wees vir die aanwesigheid van lewe in 'n sonnestelsel.

Vanaf die Aarde is Jupiter gereeld met die blote oog sigbaar as 'n helder "ster". In 1610 ontdek Galileo Galilei met 'n teleskoop die vier grootste mane van Jupiter – nou bekend as die Galileïse mane. Sedert die begin van die jare '70 is daar verskeie verkenningsvlugte na Jupiter uitgevoer.

Pioneer 10

Pioneer 10 was die eerste ruimtesending na Jupiter en is op 3 Maart 1972 gelanseer. Op 3 Desember 1973 skuur Pioneer 10 op 'n afstand van 130 000 km langs Jupiter verby en stuur die eerste detailopnames na die Aarde.

Voyager

Hoofartikels: Voyager 1 en Voyager 2.
Voyager 2

In die winter (Suidelike halfrond) van 1977 word Voyager 1 en Voyager 2 kort na mekaar gelanseer. In 1979 het beide Voyagers baie foto's en inligting oor Jupiter en die mane opgelewer, onder andere oor vulkaan aktiwiteit op die maan Io.

Galileo

Op 18 Oktober 1989 word die Galileo ruimtetuig vanaf Kaap Canaveral gelanseer om die mane van Jupiter en die planeet self te bestudeer. Galileo was die eerste sending wat in plaas van verby te vlieg in 'n baan om Jupiter gebring sou word en dit uitgevoerig sou bestudeer. Na 'n reis van ses jaar en ondanks probleme met die antenne, het Galileo ruim 14 000 foto's geneem. Galileo het Jupiter bestudeer van Desember 1995 tot September 2003 en het gedurende die tydperk 'n skat van nuwe insigte versamel.

Cassini-Huygens

Op 15 Oktober 1997 word die Cassini-Huygens ruimtetuig gelanseer om via Venus, Aarde en Jupiter uiteindelik Saturnus te besoek. In Desember 2000 gaan Cassini by Jupiter verby en neem foto's met 'n veel hoër resolusie as sy voorgangers. Die gesamentlike aanwesigheid van Galileo en Cassini het dit moontlik gemaak om enkele ekstra eksperimente uit te voer.

New Horizons

New Horizons is 'n sending na Pluto wat op 19 Januarie 2006 gelanseer is om in 2015 Pluto te bereik. Om die vlug te bespoedig is daar in Februarie 2007 van die aantrekkingskrag van Jupiter gebruik gemaak. Hiertydens kon Jupiter vir ongeveer vier maande uitgebreid waargeneem word.

  1. Williams, Dr. David R. (16 November 2004). (in Engels). NASA. vanaf die oorspronklike op 16 Mei 2020. Besoek op8 Augustus 2007.
  2. (en) . 2009-04-03. Besoek op2009-04-10. (geprodusier met geskryf van Aldo Vitagliano)
  3. . NASA (in Engels). 7 Mei 2008. Geargiveer vanaf op 7 November 2015. Besoek op22 Maart 2012.
  4. (in Engels). JPL Solar System Dynamics. 27 Februarie 2009. vanaf die oorspronklike op 14 Mei 2020. Besoek op8 Augustus 2007.
  5. Seidelmann, P. K.; Abalakin, V. K.; Bursa, M.; Davies, M. E.; de Burgh, C.; Lieske, J. H.; Oberst, J.; Simon, J. L.; Standish, E. M.; Stooke, P.; Thomas, P. C. (2001). (in Engels). HNSKY Planetarium Program. vanaf die oorspronklike op 12 Mei 2020. Besoek op2 Februarie 2007.AS1-onderhoud: meer as een naam: authors list (link)
  6. (en) Anonymous (1983). . Galileo Messenger. NASA/JPL (6). Geargiveer vanaf op 2009-07-19. Besoek op2007-02-12.Onbekende parameter |month= geïgnoreer (help)
  • (en)
  • (en)


Publikasie datum: September 26, 2021

jupiter, hierdie, artikel, handel, planeet, ander, betekenisse, naam, sien, dubbelsinnig, vanaf, gesien, vyfde, tewens, grootste, planeet, sonnestelsel, saturnus, gasreus, vaste, oppervlakte, planeet, vernoem, romeinse, soos, waargeneem, deur, cassini, huygens. Hierdie artikel handel oor die planeet Jupiter Vir ander betekenisse van die naam sien Jupiter dubbelsinnig Jupiter is vanaf die son gesien die vyfde en tewens grootste planeet van ons sonnestelsel Nes Saturnus is Jupiter n gasreus en het dus nie n vaste oppervlakte nie Die planeet is vernoem na die Romeinse god Jupiter Jupiter Jupiter soos waargeneem deur die Cassini Huygens wenteltuig op 7 Desember 2000 WentelbaaneienskappeEpog J2000Afelium 816 520 800 km 5 458104 AEPerihelium 740 573 600 km 4 950429 AESemihoofas 778 547 200 km 5 204267 AEWentelperiode 4 332 59 dae 11 8618 jare 10 475 8 Jupiter solar daeSinodiese periode 398 88 dae 1 Gem omwentelingspoed 13 07 km s 1 Hellingshoek 1 305 tot Ekliptika 6 09 tot die son se ewenaar 0 32 tot onveranderbare vlakte 2 Lengteligging van stygende nodus 100 492 Periheliumhoek 275 066 Natuurlike satelliete 79 1 Fisiese eienskappeRadius by ewenaar 71 492 4 km 11 209 Aardes Radius na pole 66 854 10 km 10 517 Aardes Oppervlakte 6 1419 1010 km2 3 121 9 Aardes Volume 1 4313 1015 km3 1 1321 3 Aardes Massa 1 8986 1027 kg 1 317 8 Aardes 1 1047 Sonne 4 Gem digtheid 1 326 g cm3 1 Oppervlak aantrekkingskrag 24 79 m s2 1 2 528 gOntsnapping snelheid 59 5 km s 1 Sideriese rotasieperiode 9 925 h 5 9 h 55 m 30 s Rotasiespoed by ewenaar 12 6 km s 45 300 km hAshelling 3 13 1 Regte styging van noordpool 268 057 17 h 52 min 14 s Deklinasie 64 496 0 343 geometries 0 52 Bond 1 Oppervlak temp 1 bar level 0 1 barmingem maks165 K 1 112 K 1 Skynmagnitude 1 6 tot 2 94 1 Hoekgrootte 29 8 50 1 1 AtmosfeerOppervlakdruk 20 200 kPa 6 Samestelling 89 8 2 0 Waterstof 10 2 2 0 Helium 0 3 Metaan 0 026 Ammoniak 0 003 Waterstofdeuteried 0 0006 Etaan 0 0004 Water Inhoud 1 Samestelling 2 Atmosfeer 2 1 Die groot rooi vlek 2 2 Inslag van komeet Shoemaker Levy 9 3 Natuurlike satelliete en ringe rondom Jupiter 4 Mane van Jupiter 5 Funksie 6 Verkenning 6 1 Pioneer 10 6 2 Voyager 6 3 Galileo 6 4 Cassini Huygens 6 5 New Horizons 7 Verwysings 8 Eksterne skakelsSamestelling Wysig Vergelyking in grootte met die Aarde Die kern van Jupiter het n deursnee van 14 000 km en bestaan deels uit nikkel yster n mengsel van sowat 90 yster en ca 8 nikkel en deels uit klip en het n temperatuur van 25 000 K Daar om is n ongeveer 40 000 km dik laag van metaal waterstof 90 en helium 10 Hierdie laag word deur n relatief dun oorgangslaag geskei van die buitenste laag van vloeibare molekulere waterstof wat n dikte van 20 000 km het waar die temperatuur en druk na binne toe toeneem Behalwe waterstof en helium kom in laer konsentrasies ook metaan etaan en koolstofdioksied voor Normaalweg absorbeer planete lig van die son en straal weer eweveel energie uit na die ruimte in die vorm van hitte Infrarooimetings dui egter an dat Jupiter twee maal soveel energie uitstraal as wat dit absorbeer Hierdie ekstra energie is vermoedelik n oorblyfsel uit die tyd toe Jupiter gevorm is n Ander moontlike verklaring vir die verskynsel is dat die stadige digterwording van Jupiter onder invloed van sy eie swaartekrag met uitstraling van hitte gepaard gaan Jupiter is vroeer ook n mislukte ster genoem Maar die planeet is te klein vir n bruin dwerg Vir n bruin dwerg moet daar ten minste 13 keer die massa van Jupiter wees As die massa so n 100 maal groter was as wat nou die geval is sou daar kernfusie plaasgevind het waarvolgens waterstof en helium omgesit word in energie en dan sou Jupiter n ster gewees het Atmosfeer WysigAangesien Jupiter geen vaste oppervlakte het is die grens met die atmosfeer moeilik om weer te gee Meestal word die hoogte waarop die druk 1 bar is as verwysingspunt geneem Die atmosfeer van Jupiter bestaan hoofsaaklik uit waterstof en helium Ander gasse wat aangetref word is metaan ammoniak waterstofdeuteried etaan en waterdamp Waterstoffosfied waterstofsulfied en ammoniumhidrosulfied kom slegs sporadies voor Hierdie gasse is verantwoordelik vir die rooi bruin en wit wolke Die digtheid en die lae temperatuur sorg daarvoor dat die atmosfeer van Jupiter meer soos n vloeistof eerder as n gas optree Die vele storme in die atmosfeer word vermoedelik veroorsaak deur die hoe temperatuur in die kern van die planeet en die vinnige rotasiespoed Die groot rooi vlek Wysig Hoofartikel Groot Rooi Vlek Die groot rooi vlek Een van die mees opvallende eienaardighede van Jupiter is die Groot Rooi Vlek effens suid van die ewenaar Die vlek word veroorsaak deur n sikloon wat al minstens 300 jaar duur Sedert die eerste waarnemings in die begin van die 18de eeu het die vlek in omvang afgeneem In vergelyking met 100 jaar gelede het die vlek teen 2000 in grootte gehalveer Dit is nie bekend of dit veroorsaak word deur skommelinge en of die vlek ooit volledig sal verdwyn nie Inslag van komeet Shoemaker Levy 9 Wysig Tussen 16 en 22 Julie 1994 stort 21 fragmente van die komeet Shoemaker Levy 9 op die suidelike halfrond van Jupiter neer Dit was die eerste keer dat botsings tussen hemelligame direk waargeneem is Daar kan verwag word dat as gevolg van die groot omvang massa en swaartekrag van Jupiter die soort botsings veel gereelder sal voorkom Natuurlike satelliete en ringe rondom Jupiter WysigHoofartikels Jupiter se natuurlike satelliete en Jupiter se ringe Teen Mei 2001 was daar ongeveer 28 mane rondom Jupiter bekend waaronder Io Europa Ganimedes en Kallisto Later is daar met behulp van nuwe tegnieke en verbeterde apparatuur nog n groot aantal ander mane ontdek en teen 2004 is daar 63 voorwerpe geidentifiseer n Volledig oorsig hiervan is te vinde in die lys van mane van Jupiter Rondom Jupiter word ook n aantal dun ringe wat uit stof en ysdeeltjies bestaan aangetref Die binnenste ring genaamd 1979 J1R het vermoedelik ontstaan uit losgeraakte materiaal van die mane Metis en Adrastea na inslae deur meteoriete 1979 J1R le op n afstand van 110 000 km van die middelpunt van Jupiter en is 22 000 km breed Nog verder na buite le nog twee ringe 1979 J2R en 1979 J3R op n afstand van onderskeidelik 125 000 en 170 000 km Van die buitenste ring word aangeneem dat dit ontstaan het uit interplanetere stof Die bestaan van die ringe is eers in 1979 bevestig en is veel kleiner as die ringe van Saturnus Mane van JupiterGroep 1 Metis Adrastea Amaltea TebeGroep 2 Io Europa Ganimedes KallistoGroep 3 Leda Himalia Lisitea ElaraGroep 4 Ananke Karme Pasifae SinopeVolledige lys van Jupiter se maneFunksie WysigJupiter vervul n belangrike funksie binne die sonnestelsel Omdat dit swaarder is as al die ander planete tesame is dit n belangrike onderdeel van die massa ewewig van die sonnestelsel Deur sy gewig stabiliseer Jupiter die asteroidegordel sonder Jupiter sou daar elke 100 000 jaar n asteroide uit die asteroidegordel die aarde tref en sodoende lewe op aarde so ernstig belemmer het dat lewe nie moontlik sou wees nie Daar word tans vermoed dat die aanwesigheid van n Jupiteragtige planeet n voorwaarde kan wees vir die aanwesigheid van lewe in n sonnestelsel Verkenning WysigVanaf die Aarde is Jupiter gereeld met die blote oog sigbaar as n helder ster In 1610 ontdek Galileo Galilei met n teleskoop die vier grootste mane van Jupiter nou bekend as die Galileise mane Sedert die begin van die jare 70 is daar verskeie verkenningsvlugte na Jupiter uitgevoer Pioneer 10 Wysig Pioneer 10 was die eerste ruimtesending na Jupiter en is op 3 Maart 1972 gelanseer Op 3 Desember 1973 skuur Pioneer 10 op n afstand van 130 000 km langs Jupiter verby en stuur die eerste detailopnames na die Aarde Voyager Wysig Hoofartikels Voyager 1 en Voyager 2 Voyager 2 In die winter Suidelike halfrond van 1977 word Voyager 1 en Voyager 2 kort na mekaar gelanseer In 1979 het beide Voyagers baie foto s en inligting oor Jupiter en die mane opgelewer onder andere oor vulkaan aktiwiteit op die maan Io Galileo Wysig Op 18 Oktober 1989 word die Galileo ruimtetuig vanaf Kaap Canaveral gelanseer om die mane van Jupiter en die planeet self te bestudeer Galileo was die eerste sending wat in plaas van verby te vlieg in n baan om Jupiter gebring sou word en dit uitgevoerig sou bestudeer Na n reis van ses jaar en ondanks probleme met die antenne het Galileo ruim 14 000 foto s geneem Galileo het Jupiter bestudeer van Desember 1995 tot September 2003 en het gedurende die tydperk n skat van nuwe insigte versamel Cassini Huygens Wysig Op 15 Oktober 1997 word die Cassini Huygens ruimtetuig gelanseer om via Venus Aarde en Jupiter uiteindelik Saturnus te besoek In Desember 2000 gaan Cassini by Jupiter verby en neem foto s met n veel hoer resolusie as sy voorgangers Die gesamentlike aanwesigheid van Galileo en Cassini het dit moontlik gemaak om enkele ekstra eksperimente uit te voer New Horizons Wysig New Horizons is n sending na Pluto wat op 19 Januarie 2006 gelanseer is om in 2015 Pluto te bereik Om die vlug te bespoedig is daar in Februarie 2007 van die aantrekkingskrag van Jupiter gebruik gemaak Hiertydens kon Jupiter vir ongeveer vier maande uitgebreid waargeneem word Verwysings Wysig 1 00 1 01 1 02 1 03 1 04 1 05 1 06 1 07 1 08 1 09 1 10 1 11 1 12 1 13 Williams Dr David R 16 November 2004 Jupiter Fact Sheet in Engels NASA Geargiveer vanaf die oorspronklike op 16 Mei 2020 Besoek op 8 Augustus 2007 en The MeanPlane Invariable plane of the Solar System passing through the barycenter 2009 04 03 Besoek op 2009 04 10 geprodusier met Solex 10 geskryf van Aldo Vitagliano Solar System Exploration Jupiter Facts amp Figures NASA in Engels 7 Mei 2008 Geargiveer vanaf die oorspronklike op 7 November 2015 Besoek op 22 Maart 2012 Astrodynamic Constants in Engels JPL Solar System Dynamics 27 Februarie 2009 Geargiveer vanaf die oorspronklike op 14 Mei 2020 Besoek op 8 Augustus 2007 Seidelmann P K Abalakin V K Bursa M Davies M E de Burgh C Lieske J H Oberst J Simon J L Standish E M Stooke P Thomas P C 2001 Report of the IAU IAG Working Group on Cartographic Coordinates and Rotational Elements of the Planets and Satellites 2000 in Engels HNSKY Planetarium Program Geargiveer vanaf die oorspronklike op 12 Mei 2020 Besoek op 2 Februarie 2007 AS1 onderhoud meer as een naam authors list link en Anonymous 1983 Probe Nephelometer Galileo Messenger NASA JPL 6 Geargiveer vanaf die oorspronklike op 2009 07 19 Besoek op 2007 02 12 Onbekende parameter month geignoreer help Eksterne skakels WysigWikimedia Commons bevat media in verband met Jupiter en Jupiter Fact Sheet en Afbeeldings van JupiterDie Sonnestelsel Son Aardplanete Mercurius Venus Aarde Mars Gasreuse Jupiter Saturnus Ysreuse Uranus Neptunus Planete Reuseplanete Dwergplanete Pluto Ceres Haumea Makemake ErisMane Aarde Mars Kleinplanete Jupiter Saturnus Uranus Neptunus Pluto Haumea Eris Ringe Jupiter Saturnus Uranus NeptunusKlein Sonnestelselliggame Kleinplanete Asteroides Naby aarde voorwerpe Sentoure Trans Neptunus voorwerpe Komete Gordels en wolke Asteroidegordel Kuipergordel Verstrooide skyf Hillswolk OortwolkOntsluit van https af wikipedia org w index php title Jupiter amp ol,