×
Joodse kalender

Die Joodse kalender (Hebreeus: הלוח העברי, ha-loeag ha-iwri), ook Joodse jaartelling of Hebreeuse kalender genoem, is 'n maansonkalender, oftewel lunisolêre kalender, wat deur Jode gebruik word en begin met die jaar waarin glo – volgens die Bybelse berekening – die skepping van die wêreld (of die Anno Mundi) plaasgevind het. Volgens die Tanag het die skepping van die wêreld deur God in die jaar 3761 v.C. (Gregoriaanse kalender) in die maand Tisjrie (herfs) plaasgevind. Gevolglik begin die nuwe jaar op Rosj haSjana (hoof van die jaar), 'n belangrike tweedaagse periode van gebed en inkeer, wat in September of Oktober volgens die Gregoriaanse kalender plaasvind. Die Joodse jaar begin egter in die maand Nisan (lente), dié maand van verlossing, toe die Volk van Israel uit Egipte vertrek het. Tot vandag toe word die verlossing hoër geag as die skepping, dus word vir godsdienstige gebruik Nisan as die eerste maand in die Joodse kalender beskou, terwyl Tisjrie as sewende maand beskou word.

'n Figuur wat op 'n Middeleeuse Hebreeuse kalender verskyn en die Jode herinner om die "vier soorte", d.w.s. etrogh (אֶתְרוֹג; 'n soort sitrusvrug), loelaw (לולב; 'n palmtak), hadasim (הדסים; drie mirttakke) en arawot (ערבות; twee wilgertakke), gedurende die maand Tisjrie te koop en tydens Soekot na die sinagoge saam te neem
Mosaïek van die diereriem in die 6de eeuse sinagoge by Beit Alpha, Israel
Joodse kalender vir die jaar 5591 (1831)
Joodse kalender wat Adar II tussen 1927 en 1948 toon

Die Joodse kalender beskik altesaam oor vier nuwejaarfeeste, waarvan Rosj haSjana die vernaamste is. Die drie ander nuwejaarfeeste is Toe biSjwat ("nuwejaar van bome"), Rosj haSjana LaBehemá ("nuwejaar van plaasdiere") en 1 Nisan vir die telling van die maande en bepaling van die groot feeste asook vir die berekening van die jare van 'n Joodse koning se regering. Die einde van die jaarlikse leessiklus van die Tora en die begin van 'n nuwe leessiklus in die sinagoge word op Simgat Tora gevier.

Die begin van maande in die Joodse kalender word altyd na die maan bereken. 'n Maanmaand duur 29,5 dae, 12 ure, 44 minute, en ongeveer 3 sekondes (29,5305941 dae) – dus het die Joodse maande afwisselend 29 of 30 dae. Aangesien daar 12 Joodse maande is, het 'n gewone Joodse jaar 354 dae, sowat 11 dae minder as die sonjaar. Hierdie probleem word opgelos deur – binne 'n wederkerende periode van 19 jaar – sewe keer 'n skrikkelmaand by te voeg, in die 3de, 6de, 8ste, 11de, 14de, 17de en 19de jaar. Hierdie skrikkelmaande het as 'n reël 30 dae waardeur die kalender na 19 jaar weer in pas met die sonkalender sal wees. Die naam van die skrikkelmaand is Adar alef (Adar 1), oftewel eerste Adar, en dit gaan die gewone maand Adar vooraf. Dié word in 'n skrikkeljaar Adar bet (Adar 2), oftewel tweede Adar, genoem. As gevolg van dié aanpassing is die Joodse kalender 'n maan- en sonkalender, terwyl die Christelike kalender 'n suiwer sonkalender en die Islamitiese kalender 'n suiwer maankalender is. Die maandname is van Galdeeuse oorsprong en dateer uit die tydperk van die Babiloniese ballingskap.

Inhoud

Nr. in die … Joodse kalender Maand Lengte in dae Begin in die Gregoriaanse kalender Astrologiese sterreteken
burgerlike godsdienstige tussen en
01 07 Tisjrie, Tisjrei 30 eerste derde van September begin van Oktober Weegskaal
02 08 Chesjwan, Mar-chesjwan 29 (30 in lang jare) begin van Oktober begin van November Skerpioen
03 09 Kislew 30 (29 in kort jare) begin van November begin van Desember Boogskutter
04 10 Tewet 29 einde van November middel van Desember Steenbok
05 11 Sjewat (of Sjwat) 30 laaste derde van Desember middel van Januarie Waterdraer
06 12 Adar 29 begin van Februarie Maart Visse
07 01 Nisan 30 middel van Maart middel van April Ram
08 02 Ijjar 29 middel van April middel van Mei Bul
09 03 Siwan 30 middel Mei eerste derde van Junie Tweeling
10 04 Tamoez 29 eerste derde van Junie begin van Julie Kreef
11 05 Aw 30 middel van Julie middel van Augustus Leeu
12 06 Eloel 29 middel van Augustus middel van September Maagd
  • Jom Risjon (יום ראשון, letterlik: "eerste dag", Sondag)
  • Jom Sjeni (יום שני, letterlik: "tweede dag", Maandag)
  • Jom Sjlisji (יום שלישי, letterlik "derde dag", Dinsdag)
  • Jom Rewi'i (יום רביעי, letterlik: "vierde dag", Woensdag)
  • Jom Chamisji (יום חמישי, letterlik: "vyfde dag", Donderdag)
  • Jom Sjisji (יום שישי, letterlik: "sesde dag", Vrydag)
  • Sjabbat (שבת, letterlik: "rus" of "verposing", Saterdag)
  1. (en) Shneer, James (2013). . Lulu Com. p. 6. ISBN 1-304-68165-3. Besoek op6 Maart 2019.
  2. (en) Kahn, Charles (2005). . Winnipeg: Portage & Main Press. p. 5. ISBN 1-55379-045-6. Besoek op6 Maart 2019.
  • (en) Nathan Bushwick (1989). Understanding the Jewish Calendar. New York/Jerusalem: Moznaim. ISBN 0-940118-17-3.
  • (en) Francis Henry Woods (1910). Calendar (Hebrew). Encyclopædia of Religion and Ethics. 3. Edinburgh: T. & T. Clark. pp. 108–109.
  • (en) Samuel Poznanski (1910). Calendar (Jewish). Encyclopædia of Religion and Ethics. 3. Edinburgh: T. & T. Clark. pp. 117–124.
  • (en) Cyrus Adler, Michael Friedländer. . Jewish Encyclopedia. Besoek op6 Maart 2019.CS1 maint: uses authors parameter (link)
  • (en) . Encyclopædia Britannica. Besoek op6 Maart 2019.
  • (en)

Publikasie datum: Augustus 07, 2021

joodse, kalender, hebreeus, הלוח, העברי, loeag, iwri, joodse, jaartelling, hebreeuse, kalender, genoem, maansonkalender, oftewel, lunisolêre, kalender, deur, jode, gebruik, word, begin, jaar, waarin, volgens, bybelse, berekening, skepping, wêreld, anno, mundi,. Die Joodse kalender Hebreeus הלוח העברי ha loeag ha iwri ook Joodse jaartelling of Hebreeuse kalender genoem is n maansonkalender oftewel lunisolere kalender wat deur Jode gebruik word en begin met die jaar waarin glo volgens die Bybelse berekening die skepping van die wereld of die Anno Mundi plaasgevind het Volgens die Tanag het die skepping van die wereld deur God in die jaar 3761 v C Gregoriaanse kalender in die maand Tisjrie herfs plaasgevind 1 2 Gevolglik begin die nuwe jaar op Rosj haSjana hoof van die jaar n belangrike tweedaagse periode van gebed en inkeer wat in September of Oktober volgens die Gregoriaanse kalender plaasvind Die Joodse jaar begin egter in die maand Nisan lente die maand van verlossing toe die Volk van Israel uit Egipte vertrek het Tot vandag toe word die verlossing hoer geag as die skepping dus word vir godsdienstige gebruik Nisan as die eerste maand in die Joodse kalender beskou terwyl Tisjrie as sewende maand beskou word n Figuur wat op n Middeleeuse Hebreeuse kalender verskyn en die Jode herinner om die vier soorte d w s etrogh א ת רו ג n soort sitrusvrug loelaw לולב n palmtak hadasim הדסים drie mirttakke en arawot ערבות twee wilgertakke gedurende die maand Tisjrie te koop en tydens Soekot na die sinagoge saam te neem Mosaiek van die diereriem in die 6de eeuse sinagoge by Beit Alpha Israel Joodse kalender vir die jaar 5591 1831 Joodse kalender wat Adar II tussen 1927 en 1948 toon Die Joodse kalender beskik altesaam oor vier nuwejaarfeeste waarvan Rosj haSjana die vernaamste is Die drie ander nuwejaarfeeste is Toe biSjwat nuwejaar van bome Rosj haSjana LaBehema nuwejaar van plaasdiere en 1 Nisan vir die telling van die maande en bepaling van die groot feeste asook vir die berekening van die jare van n Joodse koning se regering Die einde van die jaarlikse leessiklus van die Tora en die begin van n nuwe leessiklus in die sinagoge word op Simgat Tora gevier Die begin van maande in die Joodse kalender word altyd na die maan bereken n Maanmaand duur 29 5 dae 12 ure 44 minute en ongeveer 3 sekondes 29 5305941 dae dus het die Joodse maande afwisselend 29 of 30 dae Aangesien daar 12 Joodse maande is het n gewone Joodse jaar 354 dae sowat 11 dae minder as die sonjaar Hierdie probleem word opgelos deur binne n wederkerende periode van 19 jaar sewe keer n skrikkelmaand by te voeg in die 3de 6de 8ste 11de 14de 17de en 19de jaar Hierdie skrikkelmaande het as n reel 30 dae waardeur die kalender na 19 jaar weer in pas met die sonkalender sal wees Die naam van die skrikkelmaand is Adar alef Adar 1 oftewel eerste Adar en dit gaan die gewone maand Adar vooraf Die word in n skrikkeljaar Adar bet Adar 2 oftewel tweede Adar genoem As gevolg van die aanpassing is die Joodse kalender n maan en sonkalender terwyl die Christelike kalender n suiwer sonkalender en die Islamitiese kalender n suiwer maankalender is Die maandname is van Galdeeuse oorsprong en dateer uit die tydperk van die Babiloniese ballingskap Inhoud 1 Maandname 2 Name van die weeksdae 3 Sien ook 4 Verwysings 5 Verdere leesstof 6 Eksterne skakelsMaandname WysigNr in die Joodse kalender Maand Lengte in dae Begin in die Gregoriaanse kalender Astrologiese sterretekenburgerlike godsdienstige tussen en0 1 0 7 Tisjrie Tisjrei 30 eerste derde van September begin van Oktober Weegskaal0 2 0 8 Chesjwan Mar chesjwan 29 30 in lang jare begin van Oktober begin van November Skerpioen0 3 0 9 Kislew 30 29 in kort jare begin van November begin van Desember Boogskutter0 4 10 Tewet 29 einde van November middel van Desember Steenbok0 5 11 Sjewat of Sjwat 30 laaste derde van Desember middel van Januarie Waterdraer0 6 12 Adar 29 begin van Februarie Maart Visse0 7 0 1 Nisan 30 middel van Maart middel van April Ram0 8 0 2 Ijjar 29 middel van April middel van Mei Bul0 9 0 3 Siwan 30 middel Mei eerste derde van Junie Tweeling10 0 4 Tamoez 29 eerste derde van Junie begin van Julie Kreef11 0 5 Aw 30 middel van Julie middel van Augustus Leeu12 0 6 Eloel 29 middel van Augustus middel van September MaagdName van die weeksdae WysigJom Risjon יום ראשון letterlik eerste dag Sondag Jom Sjeni יום שני letterlik tweede dag Maandag Jom Sjlisji יום שלישי letterlik derde dag Dinsdag Jom Rewi i יום רביעי letterlik vierde dag Woensdag Jom Chamisji יום חמישי letterlik vyfde dag Donderdag Jom Sjisji יום שישי letterlik sesde dag Vrydag Sjabbat שבת letterlik rus of verposing Saterdag Sien ook WysigLys van Joodse feeste en herdenkingsVerwysings Wysig en Shneer James 2013 The Jewish Calendar and the Torah 2nd Edition Lulu Com p 6 ISBN 1 304 68165 3 Besoek op 6 Maart 2019 en Kahn Charles 2005 World History Societies of the Past 2nd edition Winnipeg Portage amp Main Press p 5 ISBN 1 55379 045 6 Besoek op 6 Maart 2019 Verdere leesstof Wysig en Nathan Bushwick 1989 Understanding the Jewish Calendar New York Jerusalem Moznaim ISBN 0 940118 17 3 en Francis Henry Woods 1910 Calendar Hebrew Encyclopaedia of Religion and Ethics 3 Edinburgh T amp T Clark pp 108 109 en Samuel Poznanski 1910 Calendar Jewish Encyclopaedia of Religion and Ethics 3 Edinburgh T amp T Clark pp 117 124 Eksterne skakels WysigWikimedia Commons bevat media in verband met Joodse kalender en Cyrus Adler Michael Friedlander CALENDAR Jewish Encyclopedia Besoek op 6 Maart 2019 CS1 maint uses authors parameter link en Jewish religious year Encyclopaedia Britannica Besoek op 6 Maart 2019 en Jewish Calendar with Halachic times date converterOntsluit van https af wikipedia org w index php title Joodse kalender amp ol,