×
Johann Strauss II

Johann Strauss II (gebore Johann Baptist Strauss; 25 Oktober 18253 Junie 1899), ook bekend as Johann Strauss jr., die Jonger, die Seun (Duits: Sohn), was 'n Oostenrykse komponis van ligte musiek, vernaam dansmusiek en operette. Hy het meer as 500 walse, polkas, kwadrilles, en ander soorte dansmusiek sowel as verskeie operettes en 'n ballet geskryf. Gedurende sy leeftyd het hy bekendgestaan as "Die Walskoning". Hy was grootliks verantwoordelik vir die popularisasie van die wals in Wene in die 19de eeu. Van Johann Strauss se bekendste werke is die "Blou Donau", die "Keiser Wals", "Verhale uit die Weense Woude" en die "Tritsch-Tratsch-Polka". Van sy operettes is Die Fledermaus en Der Zigeunerbaron veral bekend.

Johann Strauss II
Gebore
Johann Baptist Strauss
25 Oktober 1825
Wene, Oostenryk
Sterf3 Junie 1899
BeroepKomponis
EggenootHenrietta Treffz (1862–1878), Angelika Dittrich

Strauss was die seun van Johann Strauss sr. en sy eerste vrou Maria Anna Streim. Sy twee jonger broers, Josef en Eduard Strauss, was ook komponiste van ligte musiek, alhoewel hulle nie so bekend soos hulle broer geword het nie.

Inhoud

Alhoewel die naam Strauss dikwels in naslaanwerke met 'n "ß" (Strauß) gespel word het Strauss sy naam geskryf met 'n lang "s" en 'n ronde "s" (Strauſs), welke 'n plaasvervanger is vir die Fraktur-ß wat gebruik word in antieke manuskripte. Sy familie het hom "Schani" genoem, afgelei van die Italiaanse naam "Gianni", 'n verkleinvorm van "Giovanni", die Italiaanse ekwivalent van "Johann".

Sy vader, Johann Strauss sr., uitgebeeld in 'n ets uit 1835

Strauss is op 25 Oktober 1825 uit 'n Katolieke gesin in St Ulrich naby Wene (nou 'n deel van Neubau), Oostenryk gebore as die seun van die komponis Johan Strauss sr. en sy eerste vrou Maria Anna Streim. Sy oupagrootjie aan vaderskant was 'n Hongaarse Jood - 'n feit wat die Nazi's, wat Strauss se musiek as "tipies Duits" geprys het, later probeer verberg het. Sy vader wou nie gehad het dat hy 'n musikant word nie maar eerder 'n bankier. Nietemin het Strauss jr. as kind die viool in die geheim studeer onder die eerste violis van sy vader se orkes, Franz Amon. Toe sy vader eendag ontdek dat sy seun in die geheim viool oefen het hy hom 'n loesing gegee en gewaarsku dat hy die musiek uit hom gaan slaan. Dit wil voorkom asof die ouer Strauss se doelwit hiermee was om sy seun die ontberinge van 'n musikante-lewe te spaar, eerder as om wedywering tussen vader en seun te verhoed. Dit was eers toe die vader sy gesin vir 'n minnares (Emilie Trampusch) verlaat het dat die seun met die ondersteuning van sy moeder ten volle kon konsentreer op 'n loopbaan as komponis.

Strauss het kontrapunt en harmonie onder die teoretikus Professor Joachim Hoffmann, wat 'n privaat musiekskool besit het, studeer. Sy talente is ook erken deur die komponis Joseph Drechsler, wat hom onderrig het in harmonie. Dit was gedurende hierdie tyd dat hy sy enigste gewyde werk, "Tu qui regis totum orbem" (1844), gekomponeer het. Sy ander vioolonderwyser, Anton Kollmann, wat die ballet-répétiteur van die Weense hofopera was, het ook uitstekende getuigskrifte vir hom geskryf. Hierna het hy die Weense owerhede genader en aansoek gedoen vir 'n lisensie om opvoerings te kan gee. Hy het aanvanklik 'n klein orkes gestig en sy lede by die Zur Stadt Belgrad taverne gerekruteer, waar musikante wat werk gesoek het maklik gehuur kon word.

Johann Strauss in sy jonger dae
Strauss aan die begin van sy loopbaan
Strauss en Johannes Brahms, afgeneem in Wene
  • [[Media:|"The Blue Danube"]] ([[:Image:|lêerinligting]]) — (beta)
    • Probleme om na lêer te luister? Sien die mediahulp.

Alhoewel Strauss in die laat-19de eeu in groot aanvraag was het hy kompetisie ontvang van Karl Michael Ziehrer en Émile Waldteufel; laasgenoemde was baie gewild in Parys. Phillip Fahrbach het ook verhoed dat die jonger Strauss die posisie van KK Hofballmusikdirektor kry toe hy die aanvanklik vir die pos aansoek doen. Die Duitse operette-komponis Jacques Offenbach, wat opgang gemaak het in Parys, was ook 'n mededinger.

Strauss is bewonder deur verskeie ander prominente komponiste: Richard Wagner het een keer erken dat hy van die wals "Wein, Weib und Gesang" (Wyn, Vroue en Sang) Op.333 gehou het. Richard Strauss (nie familie nie) het tydens die skryf van sy Der Rosenkavalier-walse die volgende opmerking gemaak: "Hoe kan ek die laggende genie van Wene vergeet?"

Johannes Brahms was 'n persoonlike vriend van Strauss; laasgenoemde het sy wals getiteld "Seid umschlungen, Millionen!" (Opus 443) opgedra aan hom. 'n Staaltjie word in die biografie van beide meesters vertel dat Strauss se vrou Adele vir Brahms genader het met 'n versoek dat hy haar waaier teken. Dit was gebruiklik vir die komponis om 'n paar mates uit sy mees gewildste musiek aan te bring en dan sy naam aan te bring. Brahms het egter 'n paar mates uit die Blou Donau aangebring en daaronder geskryf: "Ongelukkig nie deur Johannes Brahms nie."

Die bekendste van Strauss se operettes is Die Fledermaus, Eine Nacht in Venedig en Der Zigeunerbaron. Verskeie temas uit sy operettes is verwerk vir dansstukke (soos bv. die "Cagliostro-Walzer" Op.370 (uit Cagliostro in Wien), "O Schöner Mai" Walzer Op.375 (uit Prinz Methusalem), "Rosen aus dem Süden" Walzer Op.388 (uit Das Spitzentuch der Königin), en "Kuss-Walzer" op. 400 (uit Der lustige Krieg)) en het bekend geword. Strauss het ook 'n opera getiteld Ritter Pázmán geskryf en was besig om 'n ballet getiteld Aschenbrödel te skryf toe hy in 1899 tot sterwe gekom het.

Standbeeld van die Walskoning in Stadtpark, Wene

Strauss is gediagnoseer met longonsteking, en het op 3 Junie 1899 in Wene op 73-jarige ouderdom tot sterwe gekom. Hy is begrawe in die Zentralfriedhof. Hy was ten tyde van sy dood besig om sy ballet Aschenbrödel te komponeer.

As gevolg van die werk van Clemens Krauss, wat 'n spesiale orkesprogram bestaande uit slegs Strauss-werke in 1929 saam met die Weense Filharmoniese Orkes opgevoer het, word die musiek van Strauss nou gereeld opgevoer tydens die jaarlikse Weense Nuwejaarskonsert. Prominente Strauss interpreteerders sluit Willi Boskovsky - wat die Vorgeiger tradisie voortgesit het om met die viool in die hand te dirigeer- soos gebruiklik was in die Strauss-familie, sowel as Herbert von Karajan, Carlos Kleiber, Lorin Maazel, Zubin Mehta en Riccardo Muti in. In 1987 het die Nederlandse violis en dirigent André Rieu ook 'n Johann Strauss-orkes geskep.

Die hoofartikel vir hierdie afdeling is: Lys van werke deur Johann Strauss II.
  1. Oorspronklike navorsing, soos dit voorkom op die Eng. Wikipedia
  2. . Geargiveer vanaf op 7 Oktober 2011. Besoek op7 Junie 2012.
  3. Fantel 1972, p. 75.
  4. Gartenberg 1974, p. 124
  5. Gartenberg 1974, p. 121
  6. Gartenberg 1974, p. 126
  7. Fantel 1972, p. 76.
  8. . www.naxos.com.
  9. . Besoek op14 April 2009.
  10. Jacob 1940, p. 226.
  11. . Besoek op3 Oktober 2008.[dooie skakel]
  12. Rubey, Norbert. Seid umschlungen, Millionen!. Diletto Musicale, Doblinger.
  13. Jacob 1940, p. 227.
  14. Traubner 1983, p. 131.
  15. Jacob 1940, p. 341.
  • Fantel, Hans (1972).. William Morrow & Company.
  • Gartenberg, Egon (1974). Johann Strauss – The End of an Era. Pennsilvanië Staatsuniversiteit-drukkers. ISBN 978-0-271-01131-8.
  • Jacob, Heinrich Eduard (1940). Johann Strauss, Father and Son: A Century of Light Music. Greystone Press.
  • Traubner, Richard (1983).. Garden City, New York: Doubleday. ISBN 978-0-385-13232-9.
  • Weitlaner, Juliana (2019). Johann Strauss. Father and Son. Their Illustrated Lives. Prague: Vitalis. ISBN 978-3-89919-648-1.
  • Gänzl, Kurt (2001). The Encyclopedia of Musical Theatre (3 Volumes). New York: Schirmer BooksISBN 978-0028649702

Publikasie datum: September 26, 2021

johann, strauss, gebore, johann, baptist, strauss, oktober, 1825, junie, 1899, bekend, johann, strauss, jonger, seun, duits, sohn, oostenrykse, komponis, ligte, musiek, vernaam, dansmusiek, operette, meer, walse, polkas, kwadrilles, ander, soorte, dansmusiek, . Johann Strauss II gebore Johann Baptist Strauss 25 Oktober 1825 3 Junie 1899 ook bekend as Johann Strauss jr die Jonger die Seun Duits Sohn was n Oostenrykse komponis van ligte musiek vernaam dansmusiek en operette Hy het meer as 500 walse polkas kwadrilles en ander soorte dansmusiek sowel as verskeie operettes en n ballet geskryf Gedurende sy leeftyd het hy bekendgestaan as Die Walskoning Hy was grootliks verantwoordelik vir die popularisasie van die wals in Wene in die 19de eeu Van Johann Strauss se bekendste werke is die Blou Donau die Keiser Wals Verhale uit die Weense Woude en die Tritsch Tratsch Polka Van sy operettes is Die Fledermaus en Der Zigeunerbaron veral bekend Johann Strauss IIGeboreJohann Baptist Strauss 25 Oktober 1825 Wene OostenrykSterf3 Junie 1899 Wene Oostenryk HongaryeBeroepKomponisEggenootHenrietta Treffz 1862 1878 Angelika Dittrich Strauss was die seun van Johann Strauss sr en sy eerste vrou Maria Anna Streim Sy twee jonger broers Josef en Eduard Strauss was ook komponiste van ligte musiek alhoewel hulle nie so bekend soos hulle broer geword het nie Inhoud 1 Spelling van Strauss se van 2 Vroee lewe 3 Musikale teestanders en bewonderaars 4 Verhoogwerke 5 Afsterwe en nalatenskap 6 Werke 7 Notas 8 Verwysings 9 Verdere leeswerk 10 Eksterne skakelsSpelling van Strauss se van WysigAlhoewel die naam Strauss dikwels in naslaanwerke met n ss Strauss gespel word het Strauss sy naam geskryf met n lang s en n ronde s Strauſs welke n plaasvervanger is vir die Fraktur ss wat gebruik word in antieke manuskripte Sy familie het hom Schani genoem afgelei van die Italiaanse naam Gianni n verkleinvorm van Giovanni die Italiaanse ekwivalent van Johann 1 Vroee lewe Wysig Sy vader Johann Strauss sr uitgebeeld in n ets uit 1835 Strauss is op 25 Oktober 1825 uit n Katolieke gesin in St Ulrich naby Wene nou n deel van Neubau Oostenryk gebore as die seun van die komponis Johan Strauss sr en sy eerste vrou Maria Anna Streim Sy oupagrootjie aan vaderskant was n Hongaarse Jood n feit wat die Nazi s wat Strauss se musiek as tipies Duits geprys het later probeer verberg het 2 Sy vader wou nie gehad het dat hy n musikant word nie maar eerder n bankier Nietemin het Strauss jr as kind die viool in die geheim studeer onder die eerste violis van sy vader se orkes Franz Amon Toe sy vader eendag ontdek dat sy seun in die geheim viool oefen het hy hom n loesing gegee en gewaarsku dat hy die musiek uit hom gaan slaan 3 Dit wil voorkom asof die ouer Strauss se doelwit hiermee was om sy seun die ontberinge van n musikante lewe te spaar eerder as om wedywering tussen vader en seun te verhoed 4 Dit was eers toe die vader sy gesin vir n minnares Emilie Trampusch verlaat het dat die seun met die ondersteuning van sy moeder ten volle kon konsentreer op n loopbaan as komponis 5 Strauss het kontrapunt en harmonie onder die teoretikus Professor Joachim Hoffmann wat n privaat musiekskool besit het studeer Sy talente is ook erken deur die komponis Joseph Drechsler wat hom onderrig het in harmonie Dit was gedurende hierdie tyd dat hy sy enigste gewyde werk Tu qui regis totum orbem 1844 gekomponeer het Sy ander vioolonderwyser Anton Kollmann wat die ballet repetiteur van die Weense hofopera was het ook uitstekende getuigskrifte vir hom geskryf Hierna het hy die Weense owerhede genader en aansoek gedoen vir n lisensie om opvoerings te kan gee 6 Hy het aanvanklik n klein orkes gestig en sy lede by die Zur Stadt Belgrad taverne gerekruteer waar musikante wat werk gesoek het maklik gehuur kon word 7 Musikale teestanders en bewonderaars Wysig Johann Strauss in sy jonger dae Strauss aan die begin van sy loopbaan Strauss en Johannes Brahms afgeneem in Wene Media The Blue Danube Image leerinligting speel in blaaier beta Probleme om na leer te luister Sien die mediahulp Alhoewel Strauss in die laat 19de eeu in groot aanvraag was het hy kompetisie ontvang van Karl Michael Ziehrer en Emile Waldteufel laasgenoemde was baie gewild in Parys 8 Phillip Fahrbach het ook verhoed dat die jonger Strauss die posisie van KK Hofballmusikdirektor kry toe hy die aanvanklik vir die pos aansoek doen Die Duitse operette komponis Jacques Offenbach wat opgang gemaak het in Parys was ook n mededinger 9 Strauss is bewonder deur verskeie ander prominente komponiste Richard Wagner het een keer erken dat hy van die wals Wein Weib und Gesang Wyn Vroue en Sang Op 333 gehou het 10 Richard Strauss nie familie nie het tydens die skryf van sy Der Rosenkavalier walse die volgende opmerking gemaak Hoe kan ek die laggende genie van Wene vergeet 11 Johannes Brahms was n persoonlike vriend van Strauss laasgenoemde het sy wals getiteld Seid umschlungen Millionen Opus 443 opgedra aan hom 12 n Staaltjie word in die biografie van beide meesters vertel dat Strauss se vrou Adele vir Brahms genader het met n versoek dat hy haar waaier teken Dit was gebruiklik vir die komponis om n paar mates uit sy mees gewildste musiek aan te bring en dan sy naam aan te bring Brahms het egter n paar mates uit die Blou Donau aangebring en daaronder geskryf Ongelukkig nie deur Johannes Brahms nie 13 Verhoogwerke WysigDie bekendste van Strauss se operettes is Die Fledermaus Eine Nacht in Venedig en Der Zigeunerbaron Verskeie temas uit sy operettes is verwerk vir dansstukke soos bv die Cagliostro Walzer Op 370 uit Cagliostro in Wien O Schoner Mai Walzer Op 375 uit Prinz Methusalem Rosen aus dem Suden Walzer Op 388 uit Das Spitzentuch der Konigin en Kuss Walzer op 400 uit Der lustige Krieg en het bekend geword Strauss het ook n opera getiteld Ritter Pazman 14 geskryf en was besig om n ballet getiteld Aschenbrodel te skryf toe hy in 1899 tot sterwe gekom het 15 Afsterwe en nalatenskap Wysig Standbeeld van die Walskoning in Stadtpark Wene Strauss is gediagnoseer met longonsteking en het op 3 Junie 1899 in Wene op 73 jarige ouderdom tot sterwe gekom Hy is begrawe in die Zentralfriedhof Hy was ten tyde van sy dood besig om sy ballet Aschenbrodel te komponeer 15 As gevolg van die werk van Clemens Krauss wat n spesiale orkesprogram bestaande uit slegs Strauss werke in 1929 saam met die Weense Filharmoniese Orkes opgevoer het word die musiek van Strauss nou gereeld opgevoer tydens die jaarlikse Weense Nuwejaarskonsert Prominente Strauss interpreteerders sluit Willi Boskovsky wat die Vorgeiger tradisie voortgesit het om met die viool in die hand te dirigeer soos gebruiklik was in die Strauss familie sowel as Herbert von Karajan Carlos Kleiber Lorin Maazel Zubin Mehta en Riccardo Muti in In 1987 het die Nederlandse violis en dirigent Andre Rieu ook n Johann Strauss orkes geskep Werke WysigDie hoofartikel vir hierdie afdeling is Lys van werke deur Johann Strauss II Notas Wysig Oorspronklike navorsing soos dit voorkom op die Eng Wikipedia The story of the forgery in 1941 of the entry for the marriage of Johann Michael Strauss to Rosalia Buschin Geargiveer vanaf die oorspronklike op 7 Oktober 2011 Besoek op 7 Junie 2012 Fantel 1972 p 75 Gartenberg 1974 p 124 Gartenberg 1974 p 121 Gartenberg 1974 p 126 Fantel 1972 p 76 Emile Waldteufel Bio Albums Pictures Naxos Classical Music www naxos com The Viennese Operetta Besoek op 14 April 2009 Jacob 1940 p 226 Vienna Tickets Johann Strauss Besoek op 3 Oktober 2008 dooie skakel Rubey Norbert Seid umschlungen Millionen Diletto Musicale Doblinger Jacob 1940 p 227 Traubner 1983 p 131 15 0 15 1 Jacob 1940 p 341 Verwysings WysigFantel Hans 1972 The Waltz Kings William Morrow amp Company Gartenberg Egon 1974 Johann Strauss The End of an Era Pennsilvanie Staatsuniversiteit drukkers ISBN 978 0 271 01131 8 Jacob Heinrich Eduard 1940 Johann Strauss Father and Son A Century of Light Music Greystone Press Traubner Richard 1983 Operetta A Theatrical History Garden City New York Doubleday ISBN 978 0 385 13232 9 Weitlaner Juliana 2019 Johann Strauss Father and Son Their Illustrated Lives Prague Vitalis ISBN 978 3 89919 648 1 Verdere leeswerk WysigGanzl Kurt 2001 The Encyclopedia of Musical Theatre 3 Volumes New York Schirmer Books ISBN 978 0028649702Eksterne skakels WysigWikimedia Commons bevat media in verband met Johann Strauss II n Volledige lys van Strauss se komposisies Lys van Strauss se verhoogwerke met die datum teaterinligting en skakels Lys van Strauss se werke by die Indeks tot Opera en Ballet Bronne Aanlyn Musiek en media deur Johann Strauss II op die International Music Score Library Project www kreusch sheet music net gratis bladmusiek deur Strauss Johann Strauss II in die Internet rolprentdatabasisOntsluit van https af wikipedia org w index php title Johann Strauss II amp ol,