×
Jèrriais

Jèrriais (Frans: jersiais of soms ook français normand de Jersey) is die Normandiese dialek, wat op die Kanaaleiland Jersey nog steeds as omgangstaal gepraat word.

Jèrriais
Gepraat in: Jersey
Gebied: Kanaaleilande
Totale sprekers: 2 874
Taalfamilie: Indo-Europees
Romaans
Wes-Romaans
Galloiberies
Galloromaans
Gallorhaeties
Oïl
Normandies
Jèrriais
Skrifstelsel: Latynse alfabet
Amptelike status
Amptelike taal in: Jersey
Gereguleer deur: geen
Taalkodes
ISO 639-1: -
ISO 639-2: -
ISO 639-3:
Nota: Hierdie bladsy kan IFA fonetiese simbole in Unicode bevat.
Besoekers van Jersey word op die lughawe in Jèrriais en Engels verwelkom
Tweetalige uithangbord by 'n supermark
Die taalkundige erfenis van straatname word in Engels, Frans en Jèrriais verduidelik

Die eilandtaal word deur die regering van Jersey amptelik erken, alhoewel dit tans nie as amptelike taal dien nie. Daarnaas erken ook die Britannies-Ierse Raad Jèrriais as een van die streektale van Britse eilande, naas die taal van die Kanaaleiland Guernsey, Iers-Gaelies, Wallies, Skots-Gaelies, Skots, Ulster-Skots, Manx en Kornies.

Die Jèrriais-klasse op Jersey se skole kan op vrywillige basis bygewoon word.

Elemente van Jersey se inheemse Normandiese taal is in die eiland se plek- en straatname te vinde. Die museums, lughawe, seehawens en sommige parogieë gebruik twee- of drietalige borde en kennisgewings.

Volgens die sensus van die jaar 2001 praat 2 874 inwoners of twee persent van die totale bevolking Jèrriais as huistaal of maak soms van die taal gebruik. Tot by 15 persent van die bevolking kan gesprekke in Jèrriais min of meer volg. Vir die eerste keer is in 2001 'n toenemende gebruik van die taal by kinders en jongmense vasgestel.

Hierdie versameling kortverhale het in 1890 verskyn

Alhoewel Jèrriais vandag 'n minderheidstaal is, bly dit tot in die 19de eeu die omgangstaal van die grootste deel van die bevolking, en selfs in die tyd voor die Tweede Wêreldoorlog verstaan sowat die helfte van Jersey se inwoners die inheemse taal.

Met die uitsondering van 'n aantal gunstelingtekste beskik die taalgemeenskap van Jersey nog nie oor 'n Bybelvertaling nie, aangesien Frans steeds as die kerktaal gebruik is. Op die platteland is preke soms in Jèrriais gehou of verduidelik.

Geleerde kringe word in die 19de eeu bewus van die verval van Jèrriais. Louis Lucien Bonaparte is onder die buitelandse taalkundiges, wat Jersey besoek en in die taal en sy literêre lewe belang stel. Ook Victor Hugo vind die taal tydens sy ballingskap op Jersey belangwekkend en tel sommige skrywers onder sy bekendes en ondersteuners.

Die gesag en invloed van Sir Robert Pipon Marett versterk die beweging wat hom vir 'n standaardisering van die spelling op die grondslag van die Franse ortografie beywer – 'n neiging wat ook deur die Normandiese literêre herlewing op die nabygeleë skiereiland Cotentin gesteun word. Normandiese skrywers op die vasteland neem die digters van Jersey en Guernsey as 'n voorbeeld en begin hulle eie literêre werke uitgee.

Die afwykende, alhoewel onderling verstaanbare, spellings van Guernsey, Jersey en die Normandiese vasteland skep egter 'n probleem. Voorstelle om die spelling van Jèrriais by dié van die Engelse taal aan te pas is reeds gemaak. Dit sou egter nadelige gevolge vir die literêre tradisie hê wat al meer as twee eeue bestaan. Jèrriais het egter die Engelse th as digraaf vir sy eie dentale frikatief oorgeneem.

Met die toenemende verengelsing in die 20ste eeu is stappe gedoen om die inheemse taal te bewaar. Verenigings het maatreëls getref; manuskripte met glossariums uit die 19de eeu uit die werk van Philippe Langlois, A. A. Le Gros en Thomas Gaudin is hersien en uitgebrei, en in 1924 deur die Société Jersiaise onder die titel "Glossaire du Patois Jersiais" uitgegee.

'n Kwartaallikse tydskrif verskyn min of meer gereeld vanaf die jaar 1952, 'n omvangryke Jèrriais-Franse woordeboek is deur Frank Le Maistre saamgestel en verskyn in 1966; 'n Engels-Jèrriaise woordelys word in 1972 saamgestel; 'n grammatika word in 1985 gepubliseer. Daarnaas is oudiokassette, brosjures en ander materiaal vrygestel.

Dat George d'la Forge die taal in die Noord-Amerikaanse diaspora bly handhaaf, is nie verbasend nie.

'n Groot aantal inwoners van Jersey raak by die ekonomiese ontwikkeling en ontginning betrokke, wat ook deur die Amerikaanse deelstaat New Jersey se naam aangedui word. Die meeste bedrywighede ontwikkel op die gebied van die vissery; vissers van Jersey doen gereeld die hawens van die Gaspé-skiereiland in die Kanadese provinsie Québec aan, en baie maatskappye van Gaspé se visbedryf is aan die begin van die 20ste eeu nog deur ondernemings beheer, wat hulle hoofkwartiere op Jersey het en ook mannekrag van Jersey in diens neem. Die saketaal van die visbedryf is in daardie tyd Jèrriais, en volgens sommige berigte word Jèrriais nog in die sestigerjare op die Gaspé-skiereiland gebesig.

Die gebruik van Jèrriais raak ook tydens die Duitse besetting van die Kanaaleilande in die Tweede Wêreldoorlog gewild. Die inheemse bevolking praat Jèrriais met mekaar sodat nóg die Duitse besetters nóg hulle Franse tolke die gesprekke kan verstaan. Desondanks versterk die sosiale en ekonomiese omwenteling in verband met die oorlog die Engelse invloed ná die bevryding dramaties.

Daar word aangeneem dat die laaste eentalige sprekers van Jèrriais in die vyftigerjare oorlede is.

Bekende sprekers van Jérriais sluit die skryweres Lillie Langtry en die Pre-Raphaelitiese skilder John Everett Millais in.


Indo-Europese tale: Kentum-tale: Italiese tale
Italiese groep Oskies | Umbries | Faliskies | Latyn
Romaanse tale
Iberoromaans Aragonees | Asturies | Galicies | Katalaans | Ladino | Leonees | Portugees | Spaans
Galloromaans Langues d'oil: Frans | Gallo | Lorreins | Normandies (Auregnais | Guernésiais | Jèrriais | Sercquiais) Pikardies | Champenois | Waals | Anglo-Normandies
Oksitaans: Aranees | Auvergnat | Gaskons | Languedokies | Limousin | Provensaals
Frankoprovensaals
Galloitalies Lombardies | Monegaskies | Piëmontees | Venesiaans
Retoromaans Romansch | Ladinies | Friulaans
Italoromaans Dalmaties | Italiaans | Napolitaans
Suid-Romaans Korsikaans | Sardies (Campidanies, Galluraans, Logudories, Sassaries) | Sisiliaans
Balkanromaans Aroemeens | Istro-Roemaans | Meglenoroemaans | Roemeens
Romaanse
Kunstale
Interlingua | Interlingue | Lingua Franca Nova


Publikasie datum: September 01, 2021

jèrriais, frans, jersiais, soms, français, normand, jersey, normandiese, dialek, kanaaleiland, jersey, steeds, omgangstaal, gepraat, word, gepraat, jersey, gebied, kanaaleilandetotale, sprekers, 874taalfamilie, indo, europees, romaans, romaans, galloiberies, g. Jerriais Frans jersiais of soms ook francais normand de Jersey is die Normandiese dialek wat op die Kanaaleiland Jersey nog steeds as omgangstaal gepraat word JerriaisGepraat in Jersey Gebied KanaaleilandeTotale sprekers 2 874Taalfamilie Indo Europees Romaans Wes Romaans Galloiberies Galloromaans Gallorhaeties Oil Normandies Jerriais Skrifstelsel Latynse alfabet Amptelike statusAmptelike taal in JerseyGereguleer deur geenTaalkodesISO 639 1 ISO 639 2 ISO 639 3 Nota Hierdie bladsy kan IFA fonetiese simbole in Unicode bevat Besoekers van Jersey word op die lughawe in Jerriais en Engels verwelkom Tweetalige uithangbord by n supermark Die taalkundige erfenis van straatname word in Engels Frans en Jerriais verduidelik Die eilandtaal word deur die regering van Jersey amptelik erken alhoewel dit tans nie as amptelike taal dien nie Daarnaas erken ook die Britannies Ierse Raad Jerriais as een van die streektale van Britse eilande naas die taal van die Kanaaleiland Guernsey Iers Gaelies Wallies Skots Gaelies Skots Ulster Skots Manx en Kornies Die Jerriais klasse op Jersey se skole kan op vrywillige basis bygewoon word Elemente van Jersey se inheemse Normandiese taal is in die eiland se plek en straatname te vinde Die museums lughawe seehawens en sommige parogiee gebruik twee of drietalige borde en kennisgewings Volgens die sensus van die jaar 2001 praat 2 874 inwoners of twee persent van die totale bevolking Jerriais as huistaal of maak soms van die taal gebruik Tot by 15 persent van die bevolking kan gesprekke in Jerriais min of meer volg Vir die eerste keer is in 2001 n toenemende gebruik van die taal by kinders en jongmense vasgestel Taalgeskiedenis Wysig Hierdie versameling kortverhale het in 1890 verskyn Alhoewel Jerriais vandag n minderheidstaal is bly dit tot in die 19de eeu die omgangstaal van die grootste deel van die bevolking en selfs in die tyd voor die Tweede Wereldoorlog verstaan sowat die helfte van Jersey se inwoners die inheemse taal Met die uitsondering van n aantal gunstelingtekste beskik die taalgemeenskap van Jersey nog nie oor n Bybelvertaling nie aangesien Frans steeds as die kerktaal gebruik is Op die platteland is preke soms in Jerriais gehou of verduidelik Geleerde kringe word in die 19de eeu bewus van die verval van Jerriais Louis Lucien Bonaparte is onder die buitelandse taalkundiges wat Jersey besoek en in die taal en sy literere lewe belang stel Ook Victor Hugo vind die taal tydens sy ballingskap op Jersey belangwekkend en tel sommige skrywers onder sy bekendes en ondersteuners Die gesag en invloed van Sir Robert Pipon Marett versterk die beweging wat hom vir n standaardisering van die spelling op die grondslag van die Franse ortografie beywer n neiging wat ook deur die Normandiese literere herlewing op die nabygelee skiereiland Cotentin gesteun word Normandiese skrywers op die vasteland neem die digters van Jersey en Guernsey as n voorbeeld en begin hulle eie literere werke uitgee Die afwykende alhoewel onderling verstaanbare spellings van Guernsey Jersey en die Normandiese vasteland skep egter n probleem Voorstelle om die spelling van Jerriais by die van die Engelse taal aan te pas is reeds gemaak Dit sou egter nadelige gevolge vir die literere tradisie he wat al meer as twee eeue bestaan Jerriais het egter die Engelse th as digraaf vir sy eie dentale frikatief oorgeneem Met die toenemende verengelsing in die 20ste eeu is stappe gedoen om die inheemse taal te bewaar Verenigings het maatreels getref manuskripte met glossariums uit die 19de eeu uit die werk van Philippe Langlois A A Le Gros en Thomas Gaudin is hersien en uitgebrei en in 1924 deur die Societe Jersiaise onder die titel Glossaire du Patois Jersiais uitgegee n Kwartaallikse tydskrif verskyn min of meer gereeld vanaf die jaar 1952 n omvangryke Jerriais Franse woordeboek is deur Frank Le Maistre saamgestel en verskyn in 1966 n Engels Jerriaise woordelys word in 1972 saamgestel n grammatika word in 1985 gepubliseer Daarnaas is oudiokassette brosjures en ander materiaal vrygestel Dat George d la Forge die taal in die Noord Amerikaanse diaspora bly handhaaf is nie verbasend nie n Groot aantal inwoners van Jersey raak by die ekonomiese ontwikkeling en ontginning betrokke wat ook deur die Amerikaanse deelstaat New Jersey se naam aangedui word Die meeste bedrywighede ontwikkel op die gebied van die vissery vissers van Jersey doen gereeld die hawens van die Gaspe skiereiland in die Kanadese provinsie Quebec aan en baie maatskappye van Gaspe se visbedryf is aan die begin van die 20ste eeu nog deur ondernemings beheer wat hulle hoofkwartiere op Jersey het en ook mannekrag van Jersey in diens neem Die saketaal van die visbedryf is in daardie tyd Jerriais en volgens sommige berigte word Jerriais nog in die sestigerjare op die Gaspe skiereiland gebesig Die gebruik van Jerriais raak ook tydens die Duitse besetting van die Kanaaleilande in die Tweede Wereldoorlog gewild Die inheemse bevolking praat Jerriais met mekaar sodat nog die Duitse besetters nog hulle Franse tolke die gesprekke kan verstaan Desondanks versterk die sosiale en ekonomiese omwenteling in verband met die oorlog die Engelse invloed na die bevryding dramaties Daar word aangeneem dat die laaste eentalige sprekers van Jerriais in die vyftigerjare oorlede is Bekende sprekers van Jerriais sluit die skryweres Lillie Langtry en die Pre Raphaelitiese skilder John Everett Millais in Jerriais uitgawe van Wikipedia Indo Europese tale Kentum tale Italiese taleItaliese groep Oskies Umbries Faliskies LatynRomaanse taleIberoromaans Aragonees Asturies Galicies Katalaans Ladino Leonees Portugees SpaansGalloromaans Langues d oil Frans Gallo Lorreins Normandies Auregnais Guernesiais Jerriais Sercquiais Pikardies Champenois Waals Anglo Normandies Oksitaans Aranees Auvergnat Gaskons Languedokies Limousin Provensaals FrankoprovensaalsGalloitalies Lombardies Monegaskies Piemontees VenesiaansRetoromaans Romansch Ladinies FriulaansItaloromaans Dalmaties Italiaans NapolitaansSuid Romaans Korsikaans Sardies Campidanies Galluraans Logudories Sassaries SisiliaansBalkanromaans Aroemeens Istro Roemaans Meglenoroemaans RoemeensRomaanse Kunstale Interlingua Interlingue Lingua Franca NovaOntsluit van https af wikipedia org w index php title Jerriais amp ol,