×
Israel

Israel, ook Israël (Hebreeus: יִשְׂרָאֵל, Yisrā'el; Arabies: إِسْرَائِيل, Isrāʼīl), amptelik die Staat Israel (Hebreeus: מְדִינַת יִשְׂרָאֵל, Medīnat Yisrā'el, [mediˈnat jisʁaˈʔel],(hulp·inligting); Arabies: دولة إسرائيل, Dawlat Isrāʼīl, [dawlat ʔisraːˈʔiːl]), is 'n demokratiese grondwetlike republiek in die Midde-Ooste en antieke tuisland van die Jode. Dit oorvleuel gedeeltelik met Palestina, tuisland van die Palestyne. Israel word begrens deur Sirië en Libanon in die noorde, Jordanië in die ooste, Egipte in die suidweste en die Middellandse See in die weste. Die amptelike hoofstad is Jerusalem, die setel van die presidentswoning, regeringskantore, hooggeregshof en die parlement (Knesset). Die sentrum van ekonomiese en tegnologiese aktiwiteit is Tel Aviv; hier is ook die meeste ambassades gesetel.

Staat Israel
  • מְדִינַת יִשְׂרָאֵל(Hebreeus)
Vlag Wapen
Volkslied: הַתִּקְוָה Hatikvah
(Hebreeus vir: "Die Hoop")
Hoofstad Jerusalem (gedeeltelik erken)

31°47′N35°13′O /31.783°N 35.217°O /31.783; 35.217

Grootste stad Jerusalem
Amptelike tale Hebreeus en Arabies
Regering Unitêre parlementêre
grondwetlike republiek
Isaac Herzog
Naftali Bennett
Onafhanklikheid
• Verklaar
• Erken
van die Mandaat van Palestina
14 Mei 1948
11 Mei 1949
Oppervlakte
- Totaal

- Water (%)

20 770 / 22 072a km2 (150ste)
8 019 / 8 522 myl2
2,71 (2015)
Bevolking
- 2017-skatting
- 2008-sensus
- Digtheid

9 368 770 (99ste)
7 412 200
424 / km2 (35ste)
BBP (KKP)
- Totaal
- Per capita
2021-skatting

$399,488 miljard (51ste)
$42 570 (34ste)

BBP (nominaal)
- Totaal
- Per capita
2021-skatting

$446,708 miljard (31ste)
$47 602 (19de)

MOI (2019) 0,919 (19de) –baie hoog
Gini (2016) 39(48ste) –medium
Geldeenheid Nuwe sikkel (₪) (ILS)
Tydsone
- Somertyd
IST (UTC+2)
IST (UTC+3)
Internet-TLD .il
Skakelkode +972
a 20 770 is Israel binne die Groen Lyn. 22 072 sluit in die geannekseerde Golanhoogtes en Oos-Jerusalem.

Inhoud

'n Israelse vlag waai in die Negev-woestyn
Internasionale erkenning van Israel

As gevolg van Zionisme, wat 'n Joodse tuisland in die destydse Britse mandaat vir Palestina geëis het, is die moderne staat Israel op 14 Mei 1948 uitgeroep en feitlik onmiddellik deur Arabiese lande aangeval.

Die geskiedenis van dié land tot op hede was en bly omstrede en die vroeë jare van die 21ste eeu word gekenmerk deur aanvalle op Israeli burgers deur Palestynse vegters en 'n gepaardgaande determinasie van die regering van Israel om 'n totale skeiding in die alledaagse lewe tussen die Palestyne, wat grotendeels nie Israeli burgers is nie, en die burgers van Israel te bewerkstellig. Nie-Joodse burgers van Israel, waaronder sowat een miljoen Arabiessprekende mense, geniet wel burgerskap en stemreg.

Sedert 13 Junie 2021 regeer die Bennett-Lapid-kabinet met Naftali Bennett van die Nuwe Regs-party as Eerste Minister.

Topografiese kaart van Israel

Israel strek oor 'n lengte van 470 kilometer in noord-suidelike rigting, terwyl dit tussen 15 en 135 kilometer wyd is. Die land word in die noorde deur Libanon, in die ooste deur Sirië en Jordanië, en Egipte in die suidweste begrens. Die land het 'n kuslyn langs die Middellandse See in die weste en aan die suide die Golf van Eilat, wat ook as die Golf van Akaba bekend staan. In die ooste vloei die Jordaanrivier.

Alhoewel die land baie klein is, is daar verskillende klimaatsones. Die beboste noorde het 'n gematigde klimaat, terwyl die suide baie warm en woestynagtig is. Sowat die helfte van Israel se oppervlak word deur woestyne soos die Negev beslaan. Die kusgebiede langs die Middellandse See en die Jordaanvallei is subtropiese gebiede. Die Dooie See aan die Israel-Jordaanse grens is die laagste plek onder seespieël ter wêreld.

Gedurende die Sesdaagse Oorlog het Israel in 1967 die Wesoewer (Engels: West Bank) van die Hasjemitiese Koninkryk van Jordanië, die Golanhoogtes van Sirië en die Sinai-skiereiland van Egipte verower. Israel het sy troepe en setlaars op die Sinai-skiereiland in 1982 en dié in die Gasastrook tot 12 September 2005 onttrek. Die toekomstige status van die Wesoewer, die Gasastrook en die Golanhoogtes is tans nie duidelik nie.

Die totale oppervlak van Israel, sonder die gebiede wat in 1967 verower is, beslaan 20 770 vierkante kilometer. Een persent hiervan is wateroppervlaktes.

Die totale oppervlak van alle gebiede wat tans deur Israel beheer word, ook Oos-Jerusalem en die Golanhoogtes, is 22 145 vierkante kilometer. As die Wesoewer ingesluit word, wat reeds gedeeltelik selfregerende status verkry het, beslaan Israel se oppervlak 28 023 vierkante kilometer.

Daar is vier metropolitaanse gebiede in Israel (2017):

  • Tel Aviv en omgewing met 3 854 000 inwoners
  • Jerusalem en omgewing met 1 254 000 inwoners
  • Haifa en omgewing met 924 000 inwoners
  • Be'er Sheva en omgewing met 377 000 inwoners
Ná eeue van diskriminasie en vervolging – die foto toon Joodse kinders wat die slagoffers van 'n anti-Joodse pogrom in Rusland geword het – het Joodse mense in Israel 'n nuwe tuiste gevind

Met 'n bevolking van sowat 8,5 miljoen is Israel tans die 97ste mees bevolkte land in die wêreld.

Sowat 91 persent van die bevolking is verstedelik. Die Joodse godsdiens en Westerse modernisme oefen die grootste invloede op die huidige Israelse samelewing uit, alhoewel ook ander godsdienste en kulture van die Midde-Ooste 'n rol speel. Israelse burgerskap kan deur geboorte of inburgering verkry word. Ook dubbele burgerskap word erken, onder meer in die geval van Amerikaanse Jode, wat hulle in Israel gevestig het en ingeburger is.

Die reg op godsdiensvryheid word in die Israelse grondwet gewaarborg, en die groot aantal heilige plekke in die land word deur die betrokke godsdienstige gemeenskappe beheer. Vrye toegang daarin en beskerming teen ontwyding daarvan word deur 'n aantal wette beheer.

Amptelike statistiek verdeel die bevolking in burgers van Joodse en nie-Joodse afkoms. In die jaar 2004 was 81 persent van alle Israelse burgers van Joodse afkoms (uitgesluit die bevolking van die besette gebiede).

Die Joodse bevolking word verdeel in:

  • die sogenaamde Watikim of bewoners van die Jisjoev, dit wil sê die ou Joodse nedersettings, wat reeds voor die stigting van die Staat Israel bestaan het, en burgers, wat voor die stigting van die staat geïmmigreer het;
  • die sogenaamde Olim, dit wil sê mense wat hulle ná die stigting van die Staat Israel in die land gevestig het; en
  • die sogenaamde Tsabarim, dit wil sê burgers wat in Israel gebore is.
Die hawestad Haifa, met die Baha’i-wêreldsentrum, Heiligdom van die Baha’i in die voorgrond

26 persent van alle nie-Arabiese burgers het ten minste een ouer wat in Israel gebore is, 37 persent is Israeli's van die eerste generasie, 27 persent is immigrante uit Westerse lande en 42 persent het vanuit Asië of Afrika na Israel gekom.

Daar is ook klein minderhede Droese (1,5 persent), Armeniërs, Baha’i, Alawiete, Ahmadi en Tsjerkesse. Meer as die helfte van die 170 000 Arabiese Bedoeïene het tans 'n vaste woonplek, terwyl die ander die tradisie van 'n nomadiese leefwyse bewaar het. Hulle bly egter in bepaalde gebiede van die land.

Sowat een miljoen immigrante het uit die gebiede van die voormalige Sowjetunie gekom, waarvan meer as 'n driekwart miljoen in die tydperk tussen 1989 en 1999.

Meer as 220 000 Israeli's het hulle in nedersettings in die Wesoewer-gebied gevestig. In 2005 het sowat 7 500 setlaars hulle aan die Gasastrook onttrek.

Hebreeus en Arabies was reeds in die tydperk van die Britse mandaat oor Palestina naas Engels die amptelike tale. Ivrit, die moderne Hebreeus, is die huistaal van die meeste Israelse burgers, terwyl sowat een miljoen Arabies as moedertaal praat. Arabiese skole gebruik Arabies as onderwystaal, en die taal is naas Engels ook 'n belangrike vak in Hebreeuse skole. Amptelike dokumente soos wette is in Hebreeus en Arabies beskikbaar.

Mense in Israel het een van die hoogste lewensverwagtings ter wêreld, met 80,9 jaar vir vroue en 76,7 jaar vir mans.

Die Wesmuur, 'n oorblyfsel van die Joodse Tempel, en die goue koepel van die Tempelberg in Jerusalem

In Augustus 2013 was 75,1 persent van Israel se bevolking Joods; dit maak van Israel die enigste land ter wêreld met 'n Joodse meerderheid. Van die Joodse bevolking beskou ses persent hulself as Charedim of ultra-ortodokse Jode; nege persent as vrome Jode; 34 persent as Joodse tradisionaliste en 51 persent as sekulêre Jode.

Sowat 2 persent van Israel se bevolking is Christene, 17 persent Moslems, 1,4 persent Droese en 4,1 persent andere. Die Rooms-Katolieke Kerk is die grootste Christelike kerk in Israel met sowat 75 000 lede. 'n Klein minderheid Jode – na ramings sowat 4 000 lidmate in 80 gemeentes – is Messiaanse Jode, wat die Joodse kultuur en die meeste leerstellings van die Joodse godsdiens aanvaar, maar nogtans Jesus van Nasaret as Messias beskou. Hulle word deur ander Jode meestal as Christene beskou.

Van die sowat 20,7 persent Israelse Arabiere is 14,6 Soennise Moslems. 'n Klein minderheid van Moslems behoort tot die Ahmadiyyah-hervormingsbeweging, wat tolerante en vreedsame aspekte van die Islamitiese geloof beklemtoon. Daar is ook 'n klein minderheid van enkele honderd Bahá'í, veral in Haifa en omgewing, waar ook sommige van hulle belangrikste heiligdomme te vinde is. Daar bestaan 'n klein Samaritaanse gemeente van sowat 800 lidmate wat in Israel en op die besette Wesoewer woon.

Sendingwerk is in Israel verbode.

Ekonomiese geskiedenis

Hiperinflasie in die vroeë 1980's: hierdie 10 000 sheqalim-banknoot van 1984 is in die volgende jaar deur 'n banknoot ter waarde van 10 Nuwe sikkel met dieselfde ontwerp vervang

Toe die onafhanklikheidsoorlog in 1948 uitbreek, is die Joodse bevolking in die Britse mandaatgebied Palestina op sowat 600 000 beraam. Nogtans het hierdie minderheid 'n besliste invloed op die land se ekonomie uitgeoefen. Dit was veral omdat ondernemings in Joodse besit die Britse leër en ander geallieerde magte, wat tydens die Tweede Wêreldoorlog in die Midde-Ooste gestasioneer was, van benodigde basiese goedere voorsien het. In 'n tyd, toe miljoene Joodse burgers in Europa slagoffers van die Nasionaalsosialistiese verdelgingsbeleid geword het, het die Britse mandaatgebied ekonomiese voorspoed ervaar wat later die materiële basis vir Israel se ontwikkeling sou vorm.

Die tydperk tussen 1948 en 1972 was 'n periode waartydens immigrasie van Joodse burgers uit alle wêrelddele tot vinnige bevolkingsgroei gelei het. Terwyl kapitaal in groot hoeveelhede uit die buiteland ingevoer is, het die totale Bruto nasionale produk (BNP) en die BNP per capita buitengewoon sterk groei getoon. Die BNP het in hierdie tydperk jaarliks met 'n gemiddeld van 10,4 persent toegeneem.

Hierdie groei het in die volgende periode tussen 1973 en 1986 verstadig tot sowat twee persent. Die BNP per capita het selfs gestagneer, en terwyl die periode tussen 1948 en 1972 nog deur 'n enkelsyfer-inflasiekoers gekenmerk is, het dié koers dramaties versnel tot 'n maksimum van 445 persent in 1984. In enkele jare – 1975, 1983 en 1984 – is Israel se bronne van korttermynfinansiering byna volledig uitgeput om die tekort op die betalingsbalans te dek.

Die regering het in Julie 1985 ekonomiese noodmaatreëls toegepas om die hiperinflasie, wat die ekonomiese oorlewing van die land bedreig het, te bowe te kom. Laat in 1985 het die inflasiekoers skerp gedaal tot 20 persent. Nog merkwaardiger was die sukses wat met die vermindering van die begrotingstekort behaal is. Teen die begin van die 1986 fiskale jaar was dit byna nul.

Die noodmaatreëls het 'n einde gemaak aan 'n periode van veerien jaar waartydens die ekonomie deur stygende inflasie, waardeverlies van Israel se geldeenheid en groot begrotingstekorte ontwrig is. Ekonomiese stabiliteit is ook verseker wat benodig is om alle strukturele tekortkominge, wat die groei van die ekonomie sedert 1973 bemoeilik het, uit die weg te ruim.

Kenmerke

Die Azriely Centre in Tel Aviv, die ekonomiese spil van Israel

Israel het sedert sy stigting in 1948 van 'n agrariese ekonomie met sosialistiese elemente (met kibboetsim of kollektiewe gemeenskappe en die invloedryke vakbondvereniging Histradoet as belangrikste rolspeler in sosiaal-politiese opsig) tot 'n uitvoergerigte ope markekonomie met 'n sterk hoëtegnologiebedryf ontwikkel. Met die Europese Unie, die Verenigde State en die Volksrepubliek China as belangrikste handelsvennote is Israel volledig in die wêreldekonomie geïntegreer en het in 2010 by die OESO aangesluit.

Israel beskik oor min natuurlike hulpbronne en beperkte watervoorrade, maar het ongeag sy relatief klein oppervlakte 'n gediversifiseerde ekonomie. In die groot metropolitaanse gebiede van Tel Aviv, Haifa en Jerusalem het 'n moderne dienste- en hoëtegnologiebedryf ontstaan waar talle globale ondernemings filiale gestig het. Israel is die derde belangrikste land van oorsprong na die VSA en die Volksrepubliek China van tegnologiemaatskappye waarvan die aandele aan die New Yorkse NASDAQ-aandelebeurs genoteer word. Die twee grootste aanlegte van die Amerikaanse mikroskyfie-vervaardiger Intel buite die VSA is in Jerusalem en Kirjat Gat gesetel.

Israel is 'n geïsoleerde nywerheidsland temidde van onderontwikkelde Arabiese lande en afhanklik van invoere van ru-olie, steenkool, voedsel, ongeslypte diamante en wapentuig. Sy hoofsaaklike uitvoere is geslypte diamante, hoëtegnologie-produkte, wapentuig, sagteware, artsenymiddels, chemiese produkte, sagtevrugte, groente en blomme. Die belangrikste nywerhede is metale, elektroniese en biochemiese toerusting, halfgeleiers, verwerkte voedsel, chemiese en verwante produkte en vervoertoerusting. Die land se dienstesektor is hoogs ontwikkel, en sy diamantenywerheid is een van die belangrikste verskaffers van geslypte en gepoleerde diamante ter wêreld. Israel is een van die internasionale sentrums van sagtewareontwikkeling en 'n gewilde toeristebestemming.

Nywerheidstreke in die sentrum van die land kontrasteer met periferiese gebiede in die noorde en suide van die land wat op 'n hoogs ontwikkelde landbousektor en kleiner nywerhede steun. Kenmerkend vir die landboubedryf in hierdie landsdele is dat daar nog steeds kollektiewe ondernemings soos kibboetsim en mosjawim bestaan. Die landbousektor se bydrae tot die bruto binnelandse produk (BBP) het egter tot sowat twee persent gedaal.

In Israel vorm hoogs opgeleide en globaal georiënteerde spesialiste saam met meer behoudende godsdienstige bevolkingsgroepe en etniese minderhede, wat dikwels slegs 'n marginale rol in die ekonomiese lewe speel, 'n heterogene bevolking wat uitdagings aan die sosioekonomiese beleid van die land bied. Terwyl die per capita-BBP tans sowat 84 persent van die gemiddeld vir alle OESO-lidlande beloop, is die persentasie arm huishoudings dubbel so groot.

Bruto geografiese produk, buitelandse handel en betalingsbalans

Nywerheidsone in Kirjat Gat
Airport City-besigheidspark, Ben Gurion Internasionale Lughawe, Tel Aviv

Israel se bruto geografiese produk het in 2004 145 miljard VSA-dollar beloop, wat gelykstaan aan 'n per capita-inkomste van sowat 20 000 VSA-dollar. Ná die einde van die Koue Oorlog het Israel se ekonomie voordeel getrek uit die immigrasie van talle wetenskaplikes en ander akademies opgeleide werkers uit die voormalige Sowjetunie en die uitbreiding na nuwe markte. Die ekonomiese groeikoers het sedert 1996 weens die dalende aantal nuwe immigrante en die regering se streng monetêre beleid effens verstadig. Die inflasiekoers het in 1999 skerp begin daal.

Israel se lopende rekening van die betalingsbalans is vroeër deur 'n permanente tekort gekenmerk wat goed gemaak is deur die invloei van kapitaal uit die buiteland en staatslenings. Sowat die helfte van Israel se buitelandse skuldlas is van Amerikaanse oorsprong. Die Verenigde State verskaf finansiële en ekonomiese hulp aan Israel en waarborg saam met lande soos byvoorbeeld Duitsland Israelse lenings of verskaf self lenings teen 'n lae rentekoers. Dié twee lande is waarborge vir die soewereiniteit van die Staat Israel, en hulle bystand werk ook die negatiewe gevolge van die Arabiese boikotte en sanksies teen.

Weens die lae vlak van ekonomiese integrasie met die omliggende Arabiese buurlande bestaan handelsbande hoofsaaklik met oorsese lande. In- en uitvoere beloop respektiewelik 43 en 40 persent van die BBP. In die afgelope jare was daar 'n merkwaardige oorskot op die lopende rekening van die betalingsbalans. Israel se ekonomie het in 2010 en 2011 met respektiewelik 4,6 en 4,8 persent sterker gegroei as dié van ander nywerheidslande. Die groeikoers het in 2012 verswak tot 2,9 persent, maar sal in 2013 volgens ramings van die Internasionale Monetêre Fonds weer versnel tot 3,3 persent. Die werkloosheidsyfer het in Julie 2013 ses persent beloop – die laagste persentasie in twintig jaar.

Die Europese Unie is tans die belangrikste handelsvennoot vir Israel. Die belangrikste bilaterale handelsvennote is die Verenigde State en die Volksrepubliek China. Daarnaas word die meeste goedere uit Duitsland, België, Switserland en Italië ingevoer, die belangrikste bestemmings vir uitvoere is België, Indië, die Verenigde Koninkryk, Nederland en Duitsland.

Toerisme

In 2010, 2011 en 2012 het rekordgetalle besoekers in Israel aangekom. In 2012 het die getal toeriste met 0,6 persent toegeneem tot meer as 3,5 miljoen.

Rang Land Getal besoekers in 2012 Styging teenoor 2011
1 Verenigde State 610 000 +4%
2 Russiese Federasie 590 000 +20%
3 Frankryk 300 000 0%
4 Duitsland 230 000 +4%
5 Verenigde Koninkryk 208 000 -6%

Israel se uiteenlopende kultuur spruit uit die verskeidenheid van sy bevolking. Jode uit diaspora-gemeenskappe dwarsoor die wêreld het hul kulturele en godsdienstige tradisies met hulle saamgebring, wat 'n smeltkroes van Joodse gebruike en gelowe geskep het. Arabiese invloede is in baie kulturele sfere aanwesig, soos argitektuur, musiek, en kookkuns. Israel is die enigste land ter wêreld waar die lewe om die Joodse kalender wentel. Werk- en skoolvakansies word bepaal deur die Joodse vakansiedae, en die amptelike rusdag is Saterdag, die Joodse Sabbat.

  1. Erkenning deur ander VN-lidlande: Australië (Wes-Jerusalem), Rusland (Wes-Jerusalem), Tsjeggië (Wes-Jerusalem), Honduras, Guatemala, Nauru, en die Verenigde State.
  1. (de) [Grondwet: Israel – Nasiestaat van die Joodse Volk](PDF). SWP. (PDF) vanaf die oorspronklike op 16 Junie 2020. Besoek op16 Junie 2020.
  2. (en) . BBC. 15 Desember 2018. vanaf die oorspronklike op 22 Januarie 2020.
  3. (en) . www.mid.ru. 6 April 2017. vanaf die oorspronklike op 11 Junie 2020.
  4. (en) . Jerusalem Post. 6 Desember 2017. vanaf die oorspronklike op 3 Maart 2020. Besoek op6 Desember 2017. The Czech Republic currently, before the peace between Israel and Palestine is signed, recognizes Jerusalem to be in fact the capital of Israel in the borders of the demarcation line from 1967." The Ministry also said that it would only consider relocating its embassy based on "results of negotiations.
  5. (en) . The Times of Israel. 29 Augustus 2019. vanaf die oorspronklike op 3 Desember 2019.
  6. (es) . Infobae. 24 Desember 2017. vanaf die oorspronklike op 17 April 2020.
  7. (en) . Israel National News. 29 Augustus 2019. vanaf die oorspronklike op 11 Junie 2020.
  8. (en) . The New York Times. 6 Desember 2017. vanaf die oorspronklike op 17 Junie 2020. Besoek op6 Desember 2017.
  9. (en) . OESO. Besoek op8 Julie 2021.
  10. (en) . Israeliese Sentrale Buro vir Statistiek. Besoek op20 Februarie 2017.
  11. (en) (PDF). Israel Central Bureau of Statistics. 28 Desember 2008. Besoek op12 Mei 2014.
  12. (en) . Internasionale Monetêre Fonds. April 2021. Besoek op8 Julie 2021.
  13. (en) (PDF). United Nations Development Programme. 2020. Besoek op8 Julie 2021.
  14. (en) . Wêreldbank. Besoek op8 Julie 2021.
  15. (de)
  16. (en) . OESO. 7 September 2010. vanaf die oorspronklike op 16 Mei 2020. Besoek op22 Julie 2016.
  17. (de) WirtschaftsWoche, nommer 28, 8 Julie 2013, bl. 34
  18. (en) . National Research University Higher School of Economics. Besoek op18 April 2012.
  19. (en) Mendel, Yonatan; Ranta, Ronald (2016). . Routled. p. 137. ISBN 978-1-317-13171-7. early settlers found it useful and suitable to imitate, adopt, adapt and later appropriate local customs, traditions, symbols and words. This was the principal process that we have unearthed in the book, and which changed in style, volume and recognition with time and with the shifting political environment in Palestine/Israel, yet was kept in the DNA of what Jewish-Israelis perceive as 'Israeliness'. It was an ongoing love-hate tango with the Arab-Palestinian 'other', which on the one hand represented the opposite of the 'self', and on the other hand, its presence was a mandatory ingredient in the creation of many of the customs, traditions and practices considered as local and as Israeli […] the line of thinking according to which the Arab-Palestinian influence on Hebrew culture has been dramatically reduced following the creation of Israel as an independent state in 1948, is simply inaccurate and does not reflect the reality of Jewish-Arab-Palestinian relations. Not only were the early relations between settlers and Arab-Palestinians important – we would say essential – to our understanding of modern life in Israel and to Jewish-Israeli identity and culture, but the fascination leading to adaptation of Arab and Arab-Palestinian cultures did not end in 1948, it is in fact an ongoing process […] many of the customs and traditions, which Jewish-Israelis define as belonging to the Israeli way of life and that represent 'Israeliness', are based on those early relations and cultural appropriations.
  20. (en) Mendel, Yonatan; Ranta, Ronald (2016). . Routledge. pp. 140–141. ISBN 978-1-317-13171-7. Jewish-Israeli identity and culture […] have had a wide range of influences, among these were also Arab and Arab-Palestinian elements. When we looked at them in greater detail through Israeli food, Israeli dance, Israeli music, or Israeli symbols, we found – somewhere in their very root – also an Arab component. This is a unique influence not only because the Arab-Palestinian influence is common in different cultural fields, but because it seems that these influences are the least noted […] Arab and Arab-Palestinian influence is much more important in understanding Jewish-Israeli identity and culture than given credit or recognised, and that it had an effect – at times basic and at times more profound – on the deferent cultural fields that constitute what Jewish-Israelis perceive as 'Israeliness' and the Israeli way of life. We believe that due to political reasons, the Arab influence on Israeli culture has been underestimated and overlooked […] presentation of the Jewish and Arab identity and culture as two binaries is misleading. The two identities should be viewed more accurately as a scale with overlapping points, while acknowledging that – despite the conflict and at times because of the conflict – it is hard to admit that at the end of many Hebrew sentences sits an Arab smoking a 'nargilah' and that the Arab-Palestinian 'Other' is actually at the very heart of the Jewish-Israeli 'Self'… Jewish-Israelis and Arab-Palestinians share a number of similarities and points of contact that allow for easier diffusion of culture and symbols. These include, for example the presence of large communities of Jews who have originated in Arab countries and the increasing visibility and involvement of Arab-Palestinians in Israeli politics, economy and society. It is therefore expected that this proximity will result in constant cultural diffusion.
  21. (en) Ran, Ami (25 August 1998). . Ministry of Foreign Affairs. Besoek op6 September 2007.
  22. (en) Brinn, David (23 October 2005). . ISRAEL21c. Besoek op20 March 2012.
  23. (en) . Israel Ministry of Foreign Affairs. Besoek op26 June 2009.
  24. (en) . Israel Ministry of Foreign Affairs. Geargiveer vanaf op 14 August 2007. Besoek op16 September 2007.
Algemeen

Publikasie datum: Augustus 28, 2021

israel, israël, hebreeus, yisrā, arabies, ائ, يل, isrāʼīl, amptelik, staat, hebreeus, ינ, medīnat, yisrā, mediˈnat, jisʁaˈʔel, luister, hulp, inligting, arabies, دولة, إسرائيل, dawlat, isrāʼīl, dawlat, ʔisraːˈʔiːl, demokratiese, grondwetlike, republiek, midde,. Israel ook Israel Hebreeus י ש ר א ל Yisra el Arabies إ س ر ائ يل Israʼil amptelik die Staat Israel Hebreeus מ ד ינ ת י ש ר א ל Medinat Yisra el mediˈnat jisʁaˈʔel luister hulp inligting Arabies دولة إسرائيل Dawlat Israʼil dawlat ʔisraːˈʔiːl is n demokratiese grondwetlike republiek in die Midde Ooste en antieke tuisland van die Jode Dit oorvleuel gedeeltelik met Palestina tuisland van die Palestyne Israel word begrens deur Sirie en Libanon in die noorde Jordanie in die ooste Egipte in die suidweste en die Middellandse See in die weste Die amptelike hoofstad is Jerusalem die setel van die presidentswoning regeringskantore hooggeregshof en die parlement Knesset 1 Die sentrum van ekonomiese en tegnologiese aktiwiteit is Tel Aviv hier is ook die meeste ambassades gesetel Staat Israel מ ד ינ ת י ש ר א ל Hebreeus دولة إسرائيل Arabies Vlag WapenVolkslied ה ת ק ו ה Hatikvah Hebreeus vir Die Hoop source source track track track track track track track track track track track track track track track track Hoofstad Jerusalem 1 gedeeltelik erken fn 1 31 47 N 35 13 O 31 783 N 35 217 O 31 783 35 217Grootste stad JerusalemAmptelike tale Hebreeus en ArabiesRegering President Eerste minister Unitere parlementere grondwetlike republiek Isaac Herzog Naftali BennettOnafhanklikheid Verklaar Erken van die Mandaat van Palestina 14 Mei 1948 11 Mei 1949Oppervlakte Totaal Water 20 770 22 072a km2 150ste 8 019 8 522 myl2 2 71 2015 9 Bevolking 2017 skatting 2008 sensus Digtheid 9 368 770 10 99ste 7 412 200 11 424 km2 35ste BBP KKP Totaal Per capita 2021 skatting 399 488 miljard 12 51ste 42 570 12 34ste BBP nominaal Totaal Per capita 2021 skatting 446 708 miljard 12 31ste 47 602 12 19de MOI 2019 0 919 13 19de baie hoogGini 2016 39 14 48ste mediumGeldeenheid Nuwe sikkel a href ISO 4217 html title ISO 4217 ILS a Tydsone Somertyd IST UTC 2 IST UTC 3 Internet TLD ilSkakelkode 972a 20 770 is Israel binne die Groen Lyn 22 072 sluit in die geannekseerde Golanhoogtes en Oos Jerusalem Inhoud 1 Geskiedenis 2 Geografie 3 Demografie 4 Godsdiens 5 Ekonomie 5 1 Ekonomiese geskiedenis 5 2 Kenmerke 5 3 Bruto geografiese produk buitelandse handel en betalingsbalans 5 4 Toerisme 6 Kultuur 7 Sien ook 8 Notas 9 Verwysings 10 Bronnelys 11 Eksterne skakelsGeskiedenis Wysig n Israelse vlag waai in die Negev woestyn Internasionale erkenning van Israel As gevolg van Zionisme wat n Joodse tuisland in die destydse Britse mandaat vir Palestina geeis het is die moderne staat Israel op 14 Mei 1948 uitgeroep en feitlik onmiddellik deur Arabiese lande aangeval Die geskiedenis van die land tot op hede was en bly omstrede en die vroee jare van die 21ste eeu word gekenmerk deur aanvalle op Israeli burgers deur Palestynse vegters en n gepaardgaande determinasie van die regering van Israel om n totale skeiding in die alledaagse lewe tussen die Palestyne wat grotendeels nie Israeli burgers is nie en die burgers van Israel te bewerkstellig Nie Joodse burgers van Israel waaronder sowat een miljoen Arabiessprekende mense geniet wel burgerskap en stemreg Sedert 13 Junie 2021 regeer die Bennett Lapid kabinet met Naftali Bennett van die Nuwe Regs party as Eerste Minister Geografie Wysig Topografiese kaart van Israel Israel strek oor n lengte van 470 kilometer in noord suidelike rigting terwyl dit tussen 15 en 135 kilometer wyd is Die land word in die noorde deur Libanon in die ooste deur Sirie en Jordanie en Egipte in die suidweste begrens Die land het n kuslyn langs die Middellandse See in die weste en aan die suide die Golf van Eilat wat ook as die Golf van Akaba bekend staan In die ooste vloei die Jordaanrivier Alhoewel die land baie klein is is daar verskillende klimaatsones Die beboste noorde het n gematigde klimaat terwyl die suide baie warm en woestynagtig is Sowat die helfte van Israel se oppervlak word deur woestyne soos die Negev beslaan Die kusgebiede langs die Middellandse See en die Jordaanvallei is subtropiese gebiede Die Dooie See aan die Israel Jordaanse grens is die laagste plek onder seespieel ter wereld Gedurende die Sesdaagse Oorlog het Israel in 1967 die Wesoewer Engels West Bank van die Hasjemitiese Koninkryk van Jordanie die Golanhoogtes van Sirie en die Sinai skiereiland van Egipte verower Israel het sy troepe en setlaars op die Sinai skiereiland in 1982 en die in die Gasastrook tot 12 September 2005 onttrek Die toekomstige status van die Wesoewer die Gasastrook en die Golanhoogtes is tans nie duidelik nie Die totale oppervlak van Israel sonder die gebiede wat in 1967 verower is beslaan 20 770 vierkante kilometer Een persent hiervan is wateroppervlaktes Die totale oppervlak van alle gebiede wat tans deur Israel beheer word ook Oos Jerusalem en die Golanhoogtes is 22 145 vierkante kilometer As die Wesoewer ingesluit word wat reeds gedeeltelik selfregerende status verkry het beslaan Israel se oppervlak 28 023 vierkante kilometer Daar is vier metropolitaanse gebiede in Israel 2017 Tel Aviv en omgewing met 3 854 000 inwoners Jerusalem en omgewing met 1 254 000 inwoners Haifa en omgewing met 924 000 inwoners Be er Sheva en omgewing met 377 000 inwonersDemografie Wysig Na eeue van diskriminasie en vervolging die foto toon Joodse kinders wat die slagoffers van n anti Joodse pogrom in Rusland geword het het Joodse mense in Israel n nuwe tuiste gevind Met n bevolking van sowat 8 5 miljoen is Israel tans die 97ste mees bevolkte land in die wereld Sowat 91 persent van die bevolking is verstedelik Die Joodse godsdiens en Westerse modernisme oefen die grootste invloede op die huidige Israelse samelewing uit alhoewel ook ander godsdienste en kulture van die Midde Ooste n rol speel Israelse burgerskap kan deur geboorte of inburgering verkry word Ook dubbele burgerskap word erken onder meer in die geval van Amerikaanse Jode wat hulle in Israel gevestig het en ingeburger is Die reg op godsdiensvryheid word in die Israelse grondwet gewaarborg en die groot aantal heilige plekke in die land word deur die betrokke godsdienstige gemeenskappe beheer Vrye toegang daarin en beskerming teen ontwyding daarvan word deur n aantal wette beheer Amptelike statistiek verdeel die bevolking in burgers van Joodse en nie Joodse afkoms In die jaar 2004 was 81 persent van alle Israelse burgers van Joodse afkoms uitgesluit die bevolking van die besette gebiede Die Joodse bevolking word verdeel in die sogenaamde Watikim of bewoners van die Jisjoev dit wil se die ou Joodse nedersettings wat reeds voor die stigting van die Staat Israel bestaan het en burgers wat voor die stigting van die staat geimmigreer het die sogenaamde Olim dit wil se mense wat hulle na die stigting van die Staat Israel in die land gevestig het en die sogenaamde Tsabarim dit wil se burgers wat in Israel gebore is Die hawestad Haifa met die Baha i wereldsentrum Heiligdom van die Baha i in die voorgrond 26 persent van alle nie Arabiese burgers het ten minste een ouer wat in Israel gebore is 37 persent is Israeli s van die eerste generasie 27 persent is immigrante uit Westerse lande en 42 persent het vanuit Asie of Afrika na Israel gekom Daar is ook klein minderhede Droese 1 5 persent Armeniers Baha i Alawiete Ahmadi en Tsjerkesse Meer as die helfte van die 170 000 Arabiese Bedoeiene het tans n vaste woonplek terwyl die ander die tradisie van n nomadiese leefwyse bewaar het Hulle bly egter in bepaalde gebiede van die land Sowat een miljoen immigrante het uit die gebiede van die voormalige Sowjetunie gekom waarvan meer as n driekwart miljoen in die tydperk tussen 1989 en 1999 Meer as 220 000 Israeli s het hulle in nedersettings in die Wesoewer gebied gevestig In 2005 het sowat 7 500 setlaars hulle aan die Gasastrook onttrek Hebreeus en Arabies was reeds in die tydperk van die Britse mandaat oor Palestina naas Engels die amptelike tale Ivrit die moderne Hebreeus is die huistaal van die meeste Israelse burgers terwyl sowat een miljoen Arabies as moedertaal praat Arabiese skole gebruik Arabies as onderwystaal en die taal is naas Engels ook n belangrike vak in Hebreeuse skole Amptelike dokumente soos wette is in Hebreeus en Arabies beskikbaar Mense in Israel het een van die hoogste lewensverwagtings ter wereld met 80 9 jaar vir vroue en 76 7 jaar vir mans Godsdiens Wysig Die Wesmuur n oorblyfsel van die Joodse Tempel en die goue koepel van die Tempelberg in Jerusalem In Augustus 2013 was 75 1 persent van Israel se bevolking Joods dit maak van Israel die enigste land ter wereld met n Joodse meerderheid Van die Joodse bevolking beskou ses persent hulself as Charedim of ultra ortodokse Jode nege persent as vrome Jode 34 persent as Joodse tradisionaliste en 51 persent as sekulere Jode Sowat 2 persent van Israel se bevolking is Christene 17 persent Moslems 1 4 persent Droese en 4 1 persent andere Die Rooms Katolieke Kerk is die grootste Christelike kerk in Israel met sowat 75 000 lede n Klein minderheid Jode na ramings sowat 4 000 lidmate in 80 gemeentes is Messiaanse Jode wat die Joodse kultuur en die meeste leerstellings van die Joodse godsdiens aanvaar maar nogtans Jesus van Nasaret as Messias beskou Hulle word deur ander Jode meestal as Christene beskou Van die sowat 20 7 persent Israelse Arabiere is 14 6 Soennise Moslems n Klein minderheid van Moslems behoort tot die Ahmadiyyah hervormingsbeweging wat tolerante en vreedsame aspekte van die Islamitiese geloof beklemtoon Daar is ook n klein minderheid van enkele honderd Baha i veral in Haifa en omgewing waar ook sommige van hulle belangrikste heiligdomme te vinde is Daar bestaan n klein Samaritaanse gemeente van sowat 800 lidmate wat in Israel en op die besette Wesoewer woon Sendingwerk is in Israel verbode Ekonomie WysigEkonomiese geskiedenis Wysig Hiperinflasie in die vroee 1980 s hierdie 10 000 sheqalim banknoot van 1984 is in die volgende jaar deur n banknoot ter waarde van 10 Nuwe sikkel met dieselfde ontwerp vervang Toe die onafhanklikheidsoorlog in 1948 uitbreek is die Joodse bevolking in die Britse mandaatgebied Palestina op sowat 600 000 beraam Nogtans het hierdie minderheid n besliste invloed op die land se ekonomie uitgeoefen Dit was veral omdat ondernemings in Joodse besit die Britse leer en ander geallieerde magte wat tydens die Tweede Wereldoorlog in die Midde Ooste gestasioneer was van benodigde basiese goedere voorsien het In n tyd toe miljoene Joodse burgers in Europa slagoffers van die Nasionaalsosialistiese verdelgingsbeleid geword het het die Britse mandaatgebied ekonomiese voorspoed ervaar wat later die materiele basis vir Israel se ontwikkeling sou vorm 15 Die tydperk tussen 1948 en 1972 was n periode waartydens immigrasie van Joodse burgers uit alle werelddele tot vinnige bevolkingsgroei gelei het Terwyl kapitaal in groot hoeveelhede uit die buiteland ingevoer is het die totale Bruto nasionale produk BNP en die BNP per capita buitengewoon sterk groei getoon Die BNP het in hierdie tydperk jaarliks met n gemiddeld van 10 4 persent toegeneem Hierdie groei het in die volgende periode tussen 1973 en 1986 verstadig tot sowat twee persent Die BNP per capita het selfs gestagneer en terwyl die periode tussen 1948 en 1972 nog deur n enkelsyfer inflasiekoers gekenmerk is het die koers dramaties versnel tot n maksimum van 445 persent in 1984 In enkele jare 1975 1983 en 1984 is Israel se bronne van korttermynfinansiering byna volledig uitgeput om die tekort op die betalingsbalans te dek Die regering het in Julie 1985 ekonomiese noodmaatreels toegepas om die hiperinflasie wat die ekonomiese oorlewing van die land bedreig het te bowe te kom Laat in 1985 het die inflasiekoers skerp gedaal tot 20 persent Nog merkwaardiger was die sukses wat met die vermindering van die begrotingstekort behaal is Teen die begin van die 1986 fiskale jaar was dit byna nul Die noodmaatreels het n einde gemaak aan n periode van veerien jaar waartydens die ekonomie deur stygende inflasie waardeverlies van Israel se geldeenheid en groot begrotingstekorte ontwrig is Ekonomiese stabiliteit is ook verseker wat benodig is om alle strukturele tekortkominge wat die groei van die ekonomie sedert 1973 bemoeilik het uit die weg te ruim Kenmerke Wysig Die Azriely Centre in Tel Aviv die ekonomiese spil van Israel Israel het sedert sy stigting in 1948 van n agrariese ekonomie met sosialistiese elemente met kibboetsim of kollektiewe gemeenskappe en die invloedryke vakbondvereniging Histradoet as belangrikste rolspeler in sosiaal politiese opsig tot n uitvoergerigte ope markekonomie met n sterk hoetegnologiebedryf ontwikkel Met die Europese Unie die Verenigde State en die Volksrepubliek China as belangrikste handelsvennote is Israel volledig in die wereldekonomie geintegreer en het in 2010 by die OESO aangesluit 16 Israel beskik oor min natuurlike hulpbronne en beperkte watervoorrade maar het ongeag sy relatief klein oppervlakte n gediversifiseerde ekonomie In die groot metropolitaanse gebiede van Tel Aviv Haifa en Jerusalem het n moderne dienste en hoetegnologiebedryf ontstaan waar talle globale ondernemings filiale gestig het Israel is die derde belangrikste land van oorsprong na die VSA en die Volksrepubliek China van tegnologiemaatskappye waarvan die aandele aan die New Yorkse NASDAQ aandelebeurs genoteer word Die twee grootste aanlegte van die Amerikaanse mikroskyfie vervaardiger Intel buite die VSA is in Jerusalem en Kirjat Gat gesetel 17 Israel is n geisoleerde nywerheidsland temidde van onderontwikkelde Arabiese lande en afhanklik van invoere van ru olie steenkool voedsel ongeslypte diamante en wapentuig Sy hoofsaaklike uitvoere is geslypte diamante hoetegnologie produkte wapentuig sagteware artsenymiddels chemiese produkte sagtevrugte groente en blomme Die belangrikste nywerhede is metale elektroniese en biochemiese toerusting halfgeleiers verwerkte voedsel chemiese en verwante produkte en vervoertoerusting Die land se dienstesektor is hoogs ontwikkel en sy diamantenywerheid is een van die belangrikste verskaffers van geslypte en gepoleerde diamante ter wereld Israel is een van die internasionale sentrums van sagtewareontwikkeling en n gewilde toeristebestemming Nywerheidstreke in die sentrum van die land kontrasteer met periferiese gebiede in die noorde en suide van die land wat op n hoogs ontwikkelde landbousektor en kleiner nywerhede steun Kenmerkend vir die landboubedryf in hierdie landsdele is dat daar nog steeds kollektiewe ondernemings soos kibboetsim en mosjawim bestaan Die landbousektor se bydrae tot die bruto binnelandse produk BBP het egter tot sowat twee persent gedaal In Israel vorm hoogs opgeleide en globaal georienteerde spesialiste saam met meer behoudende godsdienstige bevolkingsgroepe en etniese minderhede wat dikwels slegs n marginale rol in die ekonomiese lewe speel n heterogene bevolking wat uitdagings aan die sosioekonomiese beleid van die land bied Terwyl die per capita BBP tans sowat 84 persent van die gemiddeld vir alle OESO lidlande beloop is die persentasie arm huishoudings dubbel so groot Bruto geografiese produk buitelandse handel en betalingsbalans Wysig Nywerheidsone in Kirjat Gat Airport City besigheidspark Ben Gurion Internasionale Lughawe Tel Aviv Israel se bruto geografiese produk het in 2004 145 miljard VSA dollar beloop wat gelykstaan aan n per capita inkomste van sowat 20 000 VSA dollar Na die einde van die Koue Oorlog het Israel se ekonomie voordeel getrek uit die immigrasie van talle wetenskaplikes en ander akademies opgeleide werkers uit die voormalige Sowjetunie en die uitbreiding na nuwe markte Die ekonomiese groeikoers het sedert 1996 weens die dalende aantal nuwe immigrante en die regering se streng monetere beleid effens verstadig Die inflasiekoers het in 1999 skerp begin daal Israel se lopende rekening van die betalingsbalans is vroeer deur n permanente tekort gekenmerk wat goed gemaak is deur die invloei van kapitaal uit die buiteland en staatslenings Sowat die helfte van Israel se buitelandse skuldlas is van Amerikaanse oorsprong Die Verenigde State verskaf finansiele en ekonomiese hulp aan Israel en waarborg saam met lande soos byvoorbeeld Duitsland Israelse lenings of verskaf self lenings teen n lae rentekoers Die twee lande is waarborge vir die soewereiniteit van die Staat Israel en hulle bystand werk ook die negatiewe gevolge van die Arabiese boikotte en sanksies teen Weens die lae vlak van ekonomiese integrasie met die omliggende Arabiese buurlande bestaan handelsbande hoofsaaklik met oorsese lande In en uitvoere beloop respektiewelik 43 en 40 persent van die BBP In die afgelope jare was daar n merkwaardige oorskot op die lopende rekening van die betalingsbalans Israel se ekonomie het in 2010 en 2011 met respektiewelik 4 6 en 4 8 persent sterker gegroei as die van ander nywerheidslande Die groeikoers het in 2012 verswak tot 2 9 persent maar sal in 2013 volgens ramings van die Internasionale Monetere Fonds weer versnel tot 3 3 persent Die werkloosheidsyfer het in Julie 2013 ses persent beloop die laagste persentasie in twintig jaar Die Europese Unie is tans die belangrikste handelsvennoot vir Israel Die belangrikste bilaterale handelsvennote is die Verenigde State en die Volksrepubliek China Daarnaas word die meeste goedere uit Duitsland Belgie Switserland en Italie ingevoer die belangrikste bestemmings vir uitvoere is Belgie Indie die Verenigde Koninkryk Nederland en Duitsland Toerisme Wysig In 2010 2011 en 2012 het rekordgetalle besoekers in Israel aangekom In 2012 het die getal toeriste met 0 6 persent toegeneem tot meer as 3 5 miljoen Rang Land Getal besoekers in 2012 Styging teenoor 20111 Verenigde State 610 000 4 2 Russiese Federasie 590 000 20 3 Frankryk 300 000 0 4 Duitsland 230 000 4 5 Verenigde Koninkryk 208 000 6 Kultuur WysigIsrael se uiteenlopende kultuur spruit uit die verskeidenheid van sy bevolking Jode uit diaspora gemeenskappe dwarsoor die wereld het hul kulturele en godsdienstige tradisies met hulle saamgebring wat n smeltkroes van Joodse gebruike en gelowe geskep het 18 Arabiese invloede is in baie kulturele sfere aanwesig 19 20 soos argitektuur 21 musiek 22 en kookkuns 23 Israel is die enigste land ter wereld waar die lewe om die Joodse kalender wentel Werk en skoolvakansies word bepaal deur die Joodse vakansiedae en die amptelike rusdag is Saterdag die Joodse Sabbat 24 Sien ook WysigLys van nedersettings in Israel KnessetNotas Wysig Erkenning deur ander VN lidlande Australie Wes Jerusalem 2 Rusland Wes Jerusalem 3 Tsjeggie Wes Jerusalem 4 Honduras 5 Guatemala 6 Nauru 7 en die Verenigde State 8 Verwysings Wysig 1 0 1 1 de Grundgesetz Israel Nationalstaat des judischen Volkes Grondwet Israel Nasiestaat van die Joodse Volk PDF SWP Geargiveer PDF vanaf die oorspronklike op 16 Junie 2020 Besoek op 16 Junie 2020 en Australia recognises West Jerusalem as Israeli capital BBC 15 Desember 2018 Geargiveer vanaf die oorspronklike op 22 Januarie 2020 en Foreign Ministry statement regarding Palestinian Israeli settlement www mid ru 6 April 2017 Geargiveer vanaf die oorspronklike op 11 Junie 2020 en Czech Republic announces it recognizes West Jerusalem as Israel s capital Jerusalem Post 6 Desember 2017 Geargiveer vanaf die oorspronklike op 3 Maart 2020 Besoek op 6 Desember 2017 The Czech Republic currently before the peace between Israel and Palestine is signed recognizes Jerusalem to be in fact the capital of Israel in the borders of the demarcation line from 1967 The Ministry also said that it would only consider relocating its embassy based on results of negotiations en Honduras recognizes Jerusalem as Israel s capital The Times of Israel 29 Augustus 2019 Geargiveer vanaf die oorspronklike op 3 Desember 2019 es Guatemala se suma a EEUU y tambien trasladara su embajada en Israel a Jerusalen Infobae 24 Desember 2017 Geargiveer vanaf die oorspronklike op 17 April 2020 en Nauru recognizes J lem as capital of Israel Israel National News 29 Augustus 2019 Geargiveer vanaf die oorspronklike op 11 Junie 2020 en Trump Recognizes Jerusalem as Israel s Capital and Orders U S Embassy to Move The New York Times 6 Desember 2017 Geargiveer vanaf die oorspronklike op 17 Junie 2020 Besoek op 6 Desember 2017 en Surface water and surface water change OESO Besoek op 8 Julie 2021 en Home page Israeliese Sentrale Buro vir Statistiek Besoek op 20 Februarie 2017 en The 2008 Israel Integrated Census of Population and Housing PDF Israel Central Bureau of Statistics 28 Desember 2008 Besoek op 12 Mei 2014 12 0 12 1 12 2 12 3 en Israel Internasionale Monetere Fonds April 2021 Besoek op 8 Julie 2021 en Human Development Report 2020 PDF United Nations Development Programme 2020 Besoek op 8 Julie 2021 en Gini Index Wereldbank Besoek op 8 Julie 2021 de Bundeszentrale fur politische Bildung bpb Israel Wirtschaftliche Grundzuge und Entwicklungen Besoek op 12 Junie 2018 en Israel s accession to the OECD OESO 7 September 2010 Geargiveer vanaf die oorspronklike op 16 Mei 2020 Besoek op 22 Julie 2016 de WirtschaftsWoche nommer 28 8 Julie 2013 bl 34 en Asian Studies Israel as a Melting Pot National Research University Higher School of Economics Besoek op 18 April 2012 en Mendel Yonatan Ranta Ronald 2016 From the Arab Other to the Israeli Self Palestinian Culture in the Making of Israeli National Identity Routled p 137 ISBN 978 1 317 13171 7 early settlers found it useful and suitable to imitate adopt adapt and later appropriate local customs traditions symbols and words This was the principal process that we have unearthed in the book and which changed in style volume and recognition with time and with the shifting political environment in Palestine Israel yet was kept in the DNA of what Jewish Israelis perceive as Israeliness It was an ongoing love hate tango with the Arab Palestinian other which on the one hand represented the opposite of the self and on the other hand its presence was a mandatory ingredient in the creation of many of the customs traditions and practices considered as local and as Israeli the line of thinking according to which the Arab Palestinian influence on Hebrew culture has been dramatically reduced following the creation of Israel as an independent state in 1948 is simply inaccurate and does not reflect the reality of Jewish Arab Palestinian relations Not only were the early relations between settlers and Arab Palestinians important we would say essential to our understanding of modern life in Israel and to Jewish Israeli identity and culture but the fascination leading to adaptation of Arab and Arab Palestinian cultures did not end in 1948 it is in fact an ongoing process many of the customs and traditions which Jewish Israelis define as belonging to the Israeli way of life and that represent Israeliness are based on those early relations and cultural appropriations en Mendel Yonatan Ranta Ronald 2016 From the Arab Other to the Israeli Self Palestinian Culture in the Making of Israeli National Identity Routledge pp 140 141 ISBN 978 1 317 13171 7 Jewish Israeli identity and culture have had a wide range of influences among these were also Arab and Arab Palestinian elements When we looked at them in greater detail through Israeli food Israeli dance Israeli music or Israeli symbols we found somewhere in their very root also an Arab component This is a unique influence not only because the Arab Palestinian influence is common in different cultural fields but because it seems that these influences are the least noted Arab and Arab Palestinian influence is much more important in understanding Jewish Israeli identity and culture than given credit or recognised and that it had an effect at times basic and at times more profound on the deferent cultural fields that constitute what Jewish Israelis perceive as Israeliness and the Israeli way of life We believe that due to political reasons the Arab influence on Israeli culture has been underestimated and overlooked presentation of the Jewish and Arab identity and culture as two binaries is misleading The two identities should be viewed more accurately as a scale with overlapping points while acknowledging that despite the conflict and at times because of the conflict it is hard to admit that at the end of many Hebrew sentences sits an Arab smoking a nargilah and that the Arab Palestinian Other is actually at the very heart of the Jewish Israeli Self Jewish Israelis and Arab Palestinians share a number of similarities and points of contact that allow for easier diffusion of culture and symbols These include for example the presence of large communities of Jews who have originated in Arab countries and the increasing visibility and involvement of Arab Palestinians in Israeli politics economy and society It is therefore expected that this proximity will result in constant cultural diffusion en Ran Ami 25 August 1998 Encounters The Vernacular Paradox of Israeli Architecture Ministry of Foreign Affairs Besoek op 6 September 2007 en Brinn David 23 October 2005 Israeli Palestinian and Jordanian DJs create bridge for peace ISRAEL21c Besoek op 20 March 2012 en The International Israeli Table Israel Ministry of Foreign Affairs Besoek op 26 June 2009 en Jewish Festivals and Days of Remembrance in Israel Israel Ministry of Foreign Affairs Geargiveer vanaf die oorspronklike op 14 August 2007 Besoek op 16 September 2007 Bronnelys WysigAlgemeen en Israel Encyclopaedia Britannica Besoek op 8 Julie 2021 en Israel Central Intelligence Agency Besoek op 8 Julie 2021 Eksterne skakels WysigWikimedia Commons bevat media in verband met Israel en Toerisme inligting oor Israel op Wikivoyage en Isracast Nuus oor Israel se buitelandse beleid en Israel se Ministerium van ToerismeOntsluit van https af wikipedia org w index php title Israel amp ol,