×
Islam

Islam (Arabies: الإسلام, al-ʾIslām, [alʔisˈlaːm],(hulp·inligting)) is een van die drie groot monoteïstiese godsdienste, saam met Christendom en Judaïsme. Volgelinge van Islam staan bekend as Moslems1.

Islam

Lande met noemenswaardige Islamitiese bevolkings
Verspreiding van die oorheersende Islamitiese regskole volgens lande en streke
Die ster en sekelmaan, 'n simbool van Islam
Allah in Arabies, 'n simbool van Islam
'n Kalligrafie van die Sjahada in Arabies – in die vorm van 'n moskee
Biddende Moslems in Kaïro, skildery deur Jean-Léon Gérôme, 1865
Die Kaäba in Mekka
Die Rotskoepel in Jerusalem

Die godsdiens steun op die beweerde verligting van die profeet Mohammed, wat sy "goddelike openbarings" in die Koran neergeskryf het, en die Soenna, die mondelinge oorlewering. Albei staan onder die invloed van heidens-Arabiese, Joodse, Christelike en gnostiese tradisies en leerstellings.

Nes Christendom en Judaïsme is Islam 'n Abrahamitiese geloof en dus glo Moslems dat Adam, Noag, Abraham, Moses en Jesus heilige profete van Allah is. Moslems glo ook dat die mens in die Laaste Oordeel geoordeel sal word op grond van sy handelinge en dienooreenkomstig na die paradys of die hel gestuur sal word. Vir hulle is daar geen ander god as Allah nie, en Mohammed is sy laaste profeet. Allah beteken letterlik "die God" in Arabies.

Die land met die grootste Moslembevolking is Indonesië. Die grootste Moslembevolkings is meestal in Afrika en Asië geleë. Moslems kan hoofsaaklik in twee godsdienstige denominasies verdeel word – Soenniete (75–90%) en Sjiiete (10–20%). Met sowat 1,8 miljard volgelinge wat soveel as 24% van die wêreldbevolking bevat, is Islam dus die tweede grootste godsdiens. Islam is ook die vinnigste groeiende godsdiens ter wêreld.

Inhoud

Die woord Islam beteken onderwerping en wys op die geloofsbeginsels dat 'n aanhanger van Islam homself onderwerp aan Allah (God) se wil.

Vroeë verspreiding van Islam

Die hoofartikel vir hierdie afdeling is: Mohammed.

Volgens Moslems is Islam gegrond op God se openbaringe aan die profeet Mohammed. Dié is omstreeks 571 in die stad Mekka in Arabië gebore en het op sowat veertigjarige leeftyd met sy predikings begin.

Koran en Hadit

Die hoofartikels vir hierdie afdeling is: Koran en Hadit.

Moslems glo dat die profeet Mohammed God se woorde in die Koran van die aartsengel Gabriël ontvang het. Die Koran is die godsdienshandboek van Islam. Die aartsengel Gabriël in 'n menslike gedaante aan Mohammed verskyn terwyl hy in 'n grot naby Mekka gemediteer het. Die nag toe dit gebeur het, staan bekend as Laylat al-Qadr, maar die presiese datum is onbekend en word nie eens in die Koran genoem nie.

Die Vyf Pilare van die Islam

Die hoofartikel vir hierdie afdeling is: Vyf Pilare van die Islam.
  1. Geloof: Die getuienis (sjahada in Arabies) van die Islamitiese geloof dat daar geen ander God as God bestaan nie, en dat Mohammed sy boodskapper is.
  2. Gebed: Moslems kniel gereeld op 'n gebedmat om vyf keer per dag in die rigting van Mekka te bid. Baie matte het deesdae ook 'n spesiale kompas om vir die bidder aan te dui in watter rigting Mekka is. Gebed staan bekend as salaah. Die Vrydaggebed vind op die "dag van versameling" (يوم الجُمْعَة, Jaum al-djoem'a) in die moskee plaas.
  3. Liefdadigheid: Moslems wat genoeg geld het, moet hulle aalmoese (zakaat) aan verarmde mense skenk.
  4. Vas: Tydens die maand Ramadan, die negende maand van die Islamitiese jaar moet Moslems vas (pwasa). Na hierdie vas kom die Eid-oel-Fiter-fees.
  5. Pelgrimstog (hadj): Moslems moet die stad van Mekka in Saoedi-Arabië minstens een keer besoek.

Mekka, Medina, Jerusalem en Hebron vorm die vier heilige stede van Islam.

Mekka

Die hoofartikel vir hierdie afdeling is: Mekka.

Die groot moskee in Mekka is om die Kaäba gebou. In die muur van die Kaäba is die Swart Steen, wat volgens die Moslems uit die hemel geval het as 'n teken van die eerste verbond tussen God en die mensdom.

Die Kaäba is Islam se heiligste plek. Elke Moslem wat gesond en vry van skuld is en die reis kan bekostig, moet die pelgrimstog na Mekka minstens een keer in sy lewe onderneem om die Kaäba en ander heilige plekke te besoek.

Medina

Die hoofartikel vir hierdie afdeling is: Medina.

Die Moskee van die Profeet bevat die graf van die profeet Mohammed en maak dié stad die tweede heiligste binne Islam. Dit vorm deel van die jaarlikse hadj van Moslems.

Jerusalem

Die hoofartikel vir hierdie afdeling is: Jerusalem.

Jerusalem (القُدس; al-Quds, "die Heilige") word in Islam as 'n heilige plek beskou, aangesien die profeet Mohammed volgens oorlewering na 'n gebed op 'n rots van hier na die hemel opgevaar het. Tot in die jaar 624 het die Moslems in die rigting van Jerusalem gebid.

Omar, die tweede regmatige kalief, word na die Arabiese verowering van Jerusalem in die jaar 637 deur die patriarg van die stad uitgenooi om by die heilige plekke te bid. Hy wys dit egter van die hand om nie die gevoelens van die Christene te krenk nie. Die Islamitiese heersers van Jerusalem belemmer dan ook nóg voor nóg na die Kruistogte die pelgrimstogte van Christelike gelowiges na Jerusalem.

Hebron

Die hoofartikel vir hierdie afdeling is: Hebron.

In Hebron is die Grot van die Patriarge geleë wat van die stad die vierde heiligste in Islam maak.

Die hoofartikel vir hierdie afdeling is: Lys van Islamitiese feeste en herdenkings.

Eid-oel-Adha (Offerfees) en Eid-oel-Fiter (Suikerfees) is die twee heiligste feeste in Islam en word deur Moslems wêreldwyd algemeen aanvaar. Daarbenewens vier aparte Islamitiese groeperinge nog verskillende feeste; van hulle het verskeie oorspronge en tradisies. Van die vernaamste feeste en herdenkings sluit in Asjoera, Laylat al-Qadr en Mawlid an-Nabi.

  • Soenniete
  • Sjiiete
  • Volks-Islam
  • Wahabi
  • Ibadi
  • Salafisme
  • Alawitisme
  • Alevitisme
  • Ahl-e Haqq (Yarsani)
Sien ook: Soefisme
  1. Daar word soms na Moslems verwys as "Mohammedane". Die term word egter as beledigend ervaar aangesien dit suggereer dat hulle die profeet Mohammed aanbid, wat nie die geval is nie. Die term het in elk geval in Afrikaans grootliks in onbruik verval.
  1. . Islam: Empire of Faith (in Engels). Public Broadcasting Service. vanaf die oorspronklike op 3 November 2019. Besoek op18 Desember 2010.
  2. (ar)(en) quran.com:
  3. (en) Islam in Indonesia: Contrasting Images and Interpretations, bl. 68, Kees van Dijk – 2013
  4. (en) .
  5. (en) Lippman, Thomas W. (7 April 2008). . U.S. News & World Report. Besoek op24 September 2013.
  6. Burke, Daniel (4 April 2015). (in Engels). CNN. vanaf die oorspronklike op 15 Mei 2020. Besoek op18 April 2015.
  7. (en) Amirul Hadi. Islam and state in Sumatra: a study of seventeenth-century Aceh. p. 128. ISBN 978-9004129825.
  8. (en) Marjo Buitelaar. Fasting and feasting in Morocco: women's participation in ramzan. p. 64. ISBN 978-0-85496-321-8.
  9. (in Engels). Encyclopædia Britannica. vanaf die oorspronklike op 28 Maart 2020. Besoek op13 Januarie 2019.

Algemeen

Islam in Suid-Afrika

  • (af) in Die Burger
  • (af)
  • (af)
  • (en)
  • (af) Raad van Moslem Teoloë in KZN
  • (en)

Moslemkultuur

Islamitiese skakels

  • (en)
  • (nl)
  • (nl)
  • (nl)

Opposisie teen Islam

  • (en)
  • (en)

Publikasie datum: Augustus 07, 2021

islam, arabies, الإسلام, ʾislām, alʔisˈlaːm, luister, hulp, inligting, drie, groot, monoteïstiese, godsdienste, saam, christendom, judaïsme, volgelinge, staan, bekend, moslems1, lande, noemenswaardige, itiese, bevolkings, verspreiding, oorheersende, itiese, re. Islam Arabies الإسلام al ʾIslam alʔisˈlaːm luister hulp inligting is een van die drie groot monoteistiese godsdienste saam met Christendom en Judaisme Volgelinge van Islam staan bekend as Moslems1 Islam Lande met noemenswaardige Islamitiese bevolkings Verspreiding van die oorheersende Islamitiese regskole volgens lande en streke Die ster en sekelmaan n simbool van Islam Allah in Arabies n simbool van Islam n Kalligrafie van die Sjahada in Arabies in die vorm van n moskee Biddende Moslems in Kairo skildery deur Jean Leon Gerome 1865 Die Kaaba in Mekka Die Moskee van die Profeet Mohammed in Medina Die Rotskoepel in Jerusalem Grot van die Patriarge in Hebron Die godsdiens steun op die beweerde verligting van die profeet Mohammed wat sy goddelike openbarings in die Koran neergeskryf het en die Soenna die mondelinge oorlewering Albei staan onder die invloed van heidens Arabiese Joodse Christelike en gnostiese tradisies en leerstellings Nes Christendom en Judaisme is Islam n Abrahamitiese geloof en dus glo Moslems dat Adam Noag Abraham Moses en Jesus heilige profete van Allah is 1 Moslems glo ook dat die mens in die Laaste Oordeel geoordeel sal word op grond van sy handelinge en dienooreenkomstig na die paradys of die hel gestuur sal word Vir hulle is daar geen ander god as Allah nie en Mohammed is sy laaste profeet 2 Allah beteken letterlik die God in Arabies Die land met die grootste Moslembevolking is Indonesie 3 Die grootste Moslembevolkings is meestal in Afrika en Asie gelee Moslems kan hoofsaaklik in twee godsdienstige denominasies verdeel word Soenniete 75 90 en Sjiiete 10 20 Met sowat 1 8 miljard volgelinge wat soveel as 24 van die wereldbevolking bevat is Islam dus die tweede grootste godsdiens Islam is ook die vinnigste groeiende godsdiens ter wereld 4 5 6 Inhoud 1 Betekenis van die woord Islam 2 Geskiedenis 2 1 Vroee verspreiding van Islam 2 2 Koran en Hadit 3 Gebruike en rituele in Islam 3 1 Die Vyf Pilare van die Islam 4 Heilige plekke 4 1 Mekka 4 2 Medina 4 3 Jerusalem 4 4 Hebron 5 Feeste en herdenkings 6 Groeperinge in Islam 7 Islamitiese mistisisme 8 Notas 9 Verwysings 10 Eksterne skakels 10 1 Algemeen 10 2 Islam in Suid Afrika 10 3 Moslemkultuur 10 4 Islamitiese skakels 10 5 Opposisie teen IslamBetekenis van die woord Islam WysigDie woord Islam beteken onderwerping en wys op die geloofsbeginsels dat n aanhanger van Islam homself onderwerp aan Allah God se wil Geskiedenis WysigVroee verspreiding van Islam Wysig Die hoofartikel vir hierdie afdeling is Mohammed Volgens Moslems is Islam gegrond op God se openbaringe aan die profeet Mohammed Die is omstreeks 571 in die stad Mekka in Arabie gebore en het op sowat veertigjarige leeftyd met sy predikings begin Koran en Hadit Wysig Die hoofartikels vir hierdie afdeling is Koran en Hadit Moslems glo dat die profeet Mohammed God se woorde in die Koran van die aartsengel Gabriel ontvang het Die Koran is die godsdienshandboek van Islam Die aartsengel Gabriel in n menslike gedaante aan Mohammed verskyn terwyl hy in n grot naby Mekka gemediteer het Die nag toe dit gebeur het staan bekend as Laylat al Qadr maar die presiese datum is onbekend en word nie eens in die Koran genoem nie 7 8 Gebruike en rituele in Islam WysigDie Vyf Pilare van die Islam Wysig Die hoofartikel vir hierdie afdeling is Vyf Pilare van die Islam Geloof Die getuienis sjahada in Arabies van die Islamitiese geloof dat daar geen ander God as God bestaan nie en dat Mohammed sy boodskapper is Gebed Moslems kniel gereeld op n gebedmat om vyf keer per dag in die rigting van Mekka te bid Baie matte het deesdae ook n spesiale kompas om vir die bidder aan te dui in watter rigting Mekka is Gebed staan bekend as salaah Die Vrydaggebed vind op die dag van versameling يوم الج م ع ة Jaum al djoem a in die moskee plaas Liefdadigheid Moslems wat genoeg geld het moet hulle aalmoese zakaat aan verarmde mense skenk Vas Tydens die maand Ramadan die negende maand van die Islamitiese jaar moet Moslems vas pwasa Na hierdie vas kom die Eid oel Fiter fees Pelgrimstog hadj Moslems moet die stad van Mekka in Saoedi Arabie minstens een keer besoek Heilige plekke WysigMekka Medina Jerusalem en Hebron vorm die vier heilige stede van Islam 9 Mekka Wysig Die hoofartikel vir hierdie afdeling is Mekka Die groot moskee in Mekka is om die Kaaba gebou In die muur van die Kaaba is die Swart Steen wat volgens die Moslems uit die hemel geval het as n teken van die eerste verbond tussen God en die mensdom Die Kaaba is Islam se heiligste plek Elke Moslem wat gesond en vry van skuld is en die reis kan bekostig moet die pelgrimstog na Mekka minstens een keer in sy lewe onderneem om die Kaaba en ander heilige plekke te besoek Medina Wysig Die hoofartikel vir hierdie afdeling is Medina Die Moskee van die Profeet bevat die graf van die profeet Mohammed en maak die stad die tweede heiligste binne Islam Dit vorm deel van die jaarlikse hadj van Moslems Jerusalem Wysig Die hoofartikel vir hierdie afdeling is Jerusalem Jerusalem الق دس al Quds die Heilige word in Islam as n heilige plek beskou aangesien die profeet Mohammed volgens oorlewering na n gebed op n rots van hier na die hemel opgevaar het Tot in die jaar 624 het die Moslems in die rigting van Jerusalem gebid Omar die tweede regmatige kalief word na die Arabiese verowering van Jerusalem in die jaar 637 deur die patriarg van die stad uitgenooi om by die heilige plekke te bid Hy wys dit egter van die hand om nie die gevoelens van die Christene te krenk nie Die Islamitiese heersers van Jerusalem belemmer dan ook nog voor nog na die Kruistogte die pelgrimstogte van Christelike gelowiges na Jerusalem Hebron Wysig Die hoofartikel vir hierdie afdeling is Hebron In Hebron is die Grot van die Patriarge gelee wat van die stad die vierde heiligste in Islam maak Feeste en herdenkings WysigDie hoofartikel vir hierdie afdeling is Lys van Islamitiese feeste en herdenkings Eid oel Adha Offerfees en Eid oel Fiter Suikerfees is die twee heiligste feeste in Islam en word deur Moslems wereldwyd algemeen aanvaar Daarbenewens vier aparte Islamitiese groeperinge nog verskillende feeste van hulle het verskeie oorspronge en tradisies Van die vernaamste feeste en herdenkings sluit in Asjoera Laylat al Qadr en Mawlid an Nabi Groeperinge in Islam WysigSoenniete Sjiiete Volks Islam Wahabi Ibadi Salafisme Alawitisme Alevitisme Ahl e Haqq Yarsani Islamitiese mistisisme WysigSien ook SoefismeNotas WysigDaar word soms na Moslems verwys as Mohammedane Die term word egter as beledigend ervaar aangesien dit suggereer dat hulle die profeet Mohammed aanbid wat nie die geval is nie Die term het in elk geval in Afrikaans grootliks in onbruik verval Verwysings Wysig People of the Book Islam Empire of Faith in Engels Public Broadcasting Service Geargiveer vanaf die oorspronklike op 3 November 2019 Besoek op 18 Desember 2010 ar en quran com 1 en Islam in Indonesia Contrasting Images and Interpretations bl 68 Kees van Dijk 2013 en PBS Islam Empire of Faith Faith Islam Today en Lippman Thomas W 7 April 2008 No God But God U S News amp World Report Besoek op 24 September 2013 Burke Daniel 4 April 2015 The world s fastest growing religion is in Engels CNN Geargiveer vanaf die oorspronklike op 15 Mei 2020 Besoek op 18 April 2015 en Amirul Hadi Islam and state in Sumatra a study of seventeenth century Aceh p 128 ISBN 978 9004129825 en Marjo Buitelaar Fasting and feasting in Morocco women s participation in ramzan p 64 ISBN 978 0 85496 321 8 Hebron in Engels Encyclopaedia Britannica Geargiveer vanaf die oorspronklike op 28 Maart 2020 Besoek op 13 Januarie 2019 Eksterne skakels WysigWikimedia Commons bevat media in verband met Islam Algemeen Wysig en Islam Encyclopaedia Britannica Besoek op 13 Januarie 2019 nl Sentrum vir Islam in Europa CIE Universiteit Gent Belgie nl Islam en burgerskap nl Islamitiese dialoog en inligtingsentrum Belgie nl KifKif Interkulturele werf van Vlaandere de en Islam in Wes Europa Islam uit Suid Asie nl Startpagina Islam nl Inderhoud met Olivier Roy by NOVA en Die rol van Islam in Slawerny in AfrikaIslam in Suid Afrika Wysig af Moslems herdenk 200 jaar van Islam in Die Burger af Man Werk 9 Jaar om Koran in Afrikaans oor te Skryf af Moslemgemeenskap van die Strand en South Africa Many Muslims One Islam af Jamiatul Ulama Raad van Moslem Teoloe in KZN en Radio IslamMoslemkultuur Wysig af Operasie Timboektoe vir Bewaring van Moslem Kultuurskat af Gabeba Baderoon Eers die vlakte nou die wereld in Boekwurm en Bo Kaap en iziko bo kaap museum en Bo Kaap Cape Town op owls werfIslamitiese skakels Wysig en Al Yaqeen com nl https fitrahtawheed nl nl Al Islaam com Grootste Islamitiese werf van Nederland nl Islamlinks Werf met skakels na baie Islamitiese werweOpposisie teen Islam Wysig en Dhimmi com n Internasionale burgerregtebeweging vir slagoffers van Jihad en Islamitisering en Open directory projek met skakels na werwe wat krities staan teenoor IslamOntsluit van https af wikipedia org w index php title Islam amp ol,