fbpx Isao Hosoe
Wikipedia

Isao Hosoe

Isao Hosoe (* 8 Maart 1942 in Tokio, † 3 Oktober 2015 in Milaan, Italië) was 'n Japannese ruimtevaartingenieur wat hom in 1967 in Italië gevestig en daar 'n loopbaan as ontwerper en dosent gevolg het.

Inhoud

Ontwerpkuns uit die 1990's: Isao Hosoe se espressomaker Mach (regs onder)
Zani, Italië

Isao Hosoe het sy akademiese opleiding as lug- en ruimtevaart-ingenieur aan Tokio se Nihon-universiteit gevolg. As deel van die vereistes vir sy eerste graad het hy in 1965 sy eerste pedaalvliegtuig ontwerp en later sy meestersgraad verwerf. In 1967 het hy 'n loopbaan as ontwerper in die Italiaanse argitek Alberto Rosselli se ateljee Studio Ponti-Fornaroli-Rosselli begin waar hy tot 1974 werksaam was.

In 1985 het hy sy eie ateljee Isao Hosoe Design gevestig. Die ontwerpproses was vir hom soos 'n werwelstorm - vol van onstuimige energie, maar nogtans tot 'n bepaalde graad voorspel- en berekenbaar sodat alle energie in 'n enkele punt saamvloei. Hierdie punt, aldus Hosoe, is die optimale resultaat.

So was daar nooit 'n bepaalde Hosoe-styl nie. Die ontwerper was geesdriftig oor spanwerk en het altyd saam met sy medewerkers, studente en klante 'n oplossing probeer vind wat die beste by 'n spesifieke behoefte gepas het. Sy ontwerpe in 'n verskeidenheid velde soos vervoer, kantoormeubilering, telekommunikasie, elektroniese en huishoudelike toestelle het daarnaas steeds 'n onverwagte eienskap getoon en sodoende bykomende funksies vervul. Hulle is met internasionale pryse en die Italiaanse Compasso d'oro bekroon.

Isao Hosoe was as professor en dosent aan verskeie tersiêre instellings verbonde, waaronder die Politegniese Universiteit in Milaan, die Domus-akademie, die Universiteit La Sapienzia in Rome en die Universiteit van Siena.

Isao Hosoe Design

Tonelli Design

Bisazza

Interna

Isao Hosoe
isao, hosoe, maart, 1942, tokio, oktober, 2015, milaan, italië, japannese, ruimtevaartingenieur, 1967, italië, gevestig, daar, loopbaan, ontwerper, dosent, gevolg, inhoud, loopbaan, doseerwerk, verwysings, eksterne, skakelsloopbaan, wysig, ontwerpkuns, 1990, e. Isao Hosoe 8 Maart 1942 in Tokio 3 Oktober 2015 in Milaan Italie 1 was n Japannese ruimtevaartingenieur wat hom in 1967 in Italie gevestig en daar n loopbaan as ontwerper en dosent gevolg het Inhoud 1 Loopbaan 2 Doseerwerk 3 Verwysings 4 Eksterne skakelsLoopbaan Wysig Ontwerpkuns uit die 1990 s Isao Hosoe se espressomaker Mach regs onder Zani Italie Isao Hosoe het sy akademiese opleiding as lug en ruimtevaart ingenieur aan Tokio se Nihon universiteit gevolg As deel van die vereistes vir sy eerste graad het hy in 1965 sy eerste pedaalvliegtuig ontwerp en later sy meestersgraad verwerf In 1967 het hy n loopbaan as ontwerper in die Italiaanse argitek Alberto Rosselli se ateljee Studio Ponti Fornaroli Rosselli begin waar hy tot 1974 werksaam was In 1985 het hy sy eie ateljee Isao Hosoe Design gevestig Die ontwerpproses was vir hom soos n werwelstorm vol van onstuimige energie maar nogtans tot n bepaalde graad voorspel en berekenbaar sodat alle energie in n enkele punt saamvloei Hierdie punt aldus Hosoe is die optimale resultaat So was daar nooit n bepaalde Hosoe styl nie Die ontwerper was geesdriftig oor spanwerk en het altyd saam met sy medewerkers studente en klante n oplossing probeer vind wat die beste by n spesifieke behoefte gepas het Sy ontwerpe in n verskeidenheid velde soos vervoer kantoormeubilering telekommunikasie elektroniese en huishoudelike toestelle het daarnaas steeds n onverwagte eienskap getoon en sodoende bykomende funksies vervul Hulle is met internasionale pryse en die Italiaanse Compasso d oro bekroon Doseerwerk WysigIsao Hosoe was as professor en dosent aan verskeie tersiere instellings verbonde waaronder die Politegniese Universiteit in Milaan die Domus akademie die Universiteit La Sapienzia in Rome en die Universiteit van Siena Verwysings Wysig WOW Ways of Working 5 Oktober 2015 A Tribute to Isao Hosoe Trickster and Master of Design Besoek op 26 Julie 2019Eksterne skakels WysigIsao Hosoe DesignIsao Hosoe Design Amptelike webtuisteTonelli DesignTonelli Studio Isao HosoeBisazzaDesigners Isao Hosoe Geargiveer 26 Julie 2019 op Wayback MachineInternaIsao Hosoe MilanOntsluit van https af wikipedia org w index php title Isao Hosoe amp ol,